Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Oosthuizen (311/84) [1985] ZASCA 115 (12 November 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court erred in convicting the appellant of murder. The evidence showed that the appellant stabbed the deceased in the living room but did not pursue or participate in the subsequent fatal attack outside the flat. There was no proof that the appellant inflicted the fatal wounds or had the intention to kill. The evidence supported a conviction for assault with intent to do grievous bodily harm, not murder. The court substituted the conviction and imposed a sentence of three years' imprisonment, considering the appellant's personal circumstances and the interests of society.

Court disposition

Conviction and sentence for murder set aside; substituted with conviction for assault with intent to do grievous bodily harm and sentence of three years' imprisonment.

Orders

  • The conviction of murder and sentence of 17 years' imprisonment are set aside.
  • The appellant is convicted of assault with intent to do grievous bodily harm.
  • The appellant is sentenced to three years' imprisonment.

02

Material facts

Parties

Phillip Oosthuizen

Appellant Counsel: Pretorius

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Original Sentence (years Imprisonment): 17
  • Substituted Sentence (years Imprisonment): 3

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant did not challenge the trial court's findings on witness credibility or the evaluation of evidence. He conceded that the trial court correctly rejected the appellant's alibi as not reasonably possible. The main argument was that the evidence did not establish that the appellant caused the fatal wounds or had the intention to kill, and that the conviction for murder was not justified.
Respondent
The State argued that the appellant entered the premises at the head of a group, stabbed the deceased in the living room, and participated in a joint attack with a common purpose to assault the deceased. The State maintained that the appellant's conduct was causally linked to the death and supported the conviction for murder and the sentence imposed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Benjamin and Another, 1980(1) SA 950 (A)

    A conviction for murder requires proof of a causal link between the accused's conduct and the death of the deceased, as well as the requisite intent.

  2. 02

    Section 258(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Where the evidence does not establish intent to kill or causation, a conviction for assault with intent to do grievous bodily harm may be substituted.

  3. 03

    Section 322(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    An appellate court is empowered to substitute its own conviction and sentence where the trial court erred in law or fact.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court erred in convicting the appellant of murder. The evidence showed that the appellant stabbed the deceased in the living room but did not pursue or participate in the subsequent fatal attack outside the flat. There was no proof that the appellant inflicted the fatal wounds or had the intention to kill. The evidence supported a conviction for assault with intent to do grievous bodily harm, not murder. The court substituted the conviction and imposed a sentence of three years' imprisonment, considering the appellant's personal circumstances and the interests of society.

Obiter and limits

  • The trial court failed to adequately consider the evidence of Geduld Swarts regarding the sequence of injuries and the appellant's conduct.
  • The facts omitted in previous judgments, such as S v Benjamin, are instructive in assessing causation and intent in group violence cases.

Court disposition

Conviction and sentence for murder set aside; substituted with conviction for assault with intent to do grievous bodily harm and sentence of three years' imprisonment.

  • The conviction of murder and sentence of 17 years' imprisonment are set aside.
  • The appellant is convicted of assault with intent to do grievous bodily harm.
  • The appellant is sentenced to three years' imprisonment.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 115

Saaknommer: 311/84WHN

PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

en

DIE STAAT Respondent

JOUBERT, AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING

In die saak tussen:

Coram: JANSEN, JOUBERT, ARR. et NICHOLAS Wn. AR.

Verhoor: 17 September 1985Gelewer: 12 November 1985

UITSPRAAKJOUBERT, AR.

/Op

2

Op 7 September 1983 is die appellant, 'n 25jarige Kleurlingman, saam met drie ander Kleurlingmansin die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor 'n hofbestaande uit VIVIER R en twee assessore op twee aan=klagte aangekla waarop hulle almal onskuldig gepleit het.Die eerste aanklag is een van poging tot moord ten aansienwaarvan die appellant onskuldig bevind is. Die tweedeaanklag is dat hulle Saterdagoggend 8 Mei 1982 die oor=

ledene Jacobus Scheepers in die woonbuurt Riverview in diedistrik Worcester vermoor het. Die appellant is op 21September 1983 skuldig bevind aan moord met versagtendeomstandighede waarvoor hy op 22 September 1983 17 jaar

/gevangenisstraf ...

3

gevangenisstraf opgelê is. Met verlof ingevolge art316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977 kom dieappellant na hierdie Hof in hoër beroep teen sy skuldig=bevinding en vonnis.

OP 10 Mei 1982 het die distriksgeneesheer drVan Heerden 'n nadoodse ondersoek op die liggaam van die

oorledene gedoen. Die oorledene het 'n hele aantal

ergsteekwonde opgedoen sodat „hy redelik verniel is". Dit

het gepaard gegaan met aansienlike bloeding. Diehoofoorsaak van die oorledene se dood was die insakkingvan sy twee longe wat deur steekwonde nrs 8 en 18 ver=

oorsaak is. Steekwond nr 8 wat die regterlong binne=

gedring het, was voor op die bors toegedien. Steekwond 18

/wat 4

wat die linkerlong binnegedring het, was links agter

op die rug toegedien. Enigeen van hierdie twee steek=

wonde kon die dood van die oorledene veroorsaak het.

In hierdie hof het Advokaat Pretorius

namens die appellant, tereg na my mening, nie die verhoor=

regter se bevindings betreffende geloofwaardigheid van

getuies bevraagteken nie. Volgens die verhoorregterwas die appellant 'n baie swak en onoortuigende getuie.Advokaat Pretorius het ook nie die verhoorregter seevaluasie van die getuienis aangeveg nie. Hy hettoegegee dat die verhoorregter tereg die appellant sealibi as verweer verwerp het as nie redelik moontlikwaar nie.

/Dit

5

Dit was gemene saak dat die twee strydendebendes, die Born Free Kids en die Cape Town Scorpions,die betrokke aand met aanval en teenaanval in die woon=buurt Riverview en omgewing bedrywig was. Die oorledenehet na bewerihg met die Cape Town Scorpions geheul terwyldie appellant 'n leidende rol by die Born Free Kids sougespeel het.

Die oorledene het saam met sy moeder SophieScheepers in woonstel 4 op die grondvloer van Riverview=woonstelblok N gewoon. Die voordeur van die woonstel iste sien op foto E 1. Die voordeur verleen direk toegangtot die voorhuis of voorkamer. Vanuit laasgenoemde isdaar 'n kamerdeur wat toegang verleen tot die enigste

/slaapkamer

6

slaapkamer in die woonstel. Punt A op foto E 1 isdie venster van die voorhuis terwyl punt B die slaap=kamer se venster is. Indien mens by die kamerdeuruitgaan, kan mens òf regs deur die voorhuis na die voor=deur òf links deur die voorhuis na die kombuis gaan.Daar is 'n gang tussen die kombuis en die voorhuis met

'n opening in die deurgang wat omtrent 3 voet breed issonder 'n deur. Die agterdeur/kombuisdeur is te sienOp foto E 2.

Volgens die aanvaarbare getuienis wasdie relevante gebeure betreffende die doodslag vandie oorledene kortliks soos volg. Die betrokke aandhet die oorledene en sy vriendin Sylvia Boer saam in

/'n

7

'n bed in die voorhuis geslaap terwyl Sophie Scheepersnog in die kombuis doenig was. Geduld Swarts het indie slaapkamer geslaap. Daar was 'n geklop aan dieagterdeur en toe Sophie Scheepers dit oopmaak, het dieappellant die kombuis betree en gevra waar die oorledenewas. Agter die appellant was 'n groep manne wat agterhom die kombuis binnegestorm het. Hulle het almal

skerp wapens in hul hande gehad. Sy het geweldig geskrik.

Sy het die oorledene wakker geskree. Sy het by die voor=deur uitgevlug. Haar geskree het Sylvia Boer en dieoorledene wakker gemaak en hulle het toe op die bed ge=staan. Die appellant was voor hul bed met 'n mes insy hand. Die appellant het haar van die bed geruk endie oorledene met sy mes gesteek. Sy het by die

/voordeur ........

8

voordeur uitgevlug toe ander persone die voorhuis vanuitdie kombuis binnestorm. Geduld Swarts het wakker ge=word toe die elektriese lig in sy kamer aangeskakel worden die oorledene in sy slaapkamer is. Daar was 'n gatin die oorledene se kop en sy been het gebloei. Die

oorledene was van groot vrees bevange. Wat van

belang is, soos ek sal aantoon, is dat Geduld Swarts die

kamerdeur net toegedruk het sonder om dit te grendel of

te sluit. Hy het 'n rumoer in die woonstel gehoor.Iemand het 'n ruit van die slaapkamer se venster gebreeken probeer om die slaapkamer binne te kom. Die oor=

ledene het uit die slaapkamer gehardloop om by diekombuisdeur uit te vlug terwyl Geduld Swarts deur die

/voorhuis

9

voorhuis by die voordeur uitgehardloop het. Toe hybuitekant die woonstel is, het hy na 'n rukkie gesienhoe die oorledene om die hoek van die woonstelblok waardie bloekombome is, hardloop en die trappe opgaan nawaar punt E op foto E 1 is. Drie persone was kort opdie hakke van die oorledene. Hulle het die oorledenein die hardloop van agter gesteek. Hulle is saam metdie oorledene die trappe op waar hulle hom gesteek het.Daar het toe 'n groep van ongeveer 15 gewapende manne omdieselfde hoek van die woonstelblok gekom maar hulle hetnie die trappe opgehardloop nie. Hulle het onder opdie grond by die trappe gewag totdat die drie aanvallers

van die oorledene die trappe afgekom het. Hulle het toe

almal saam die toneel verlaat. Die oorledene het bo

/die

10

die trappe gelê vanwaar hy verwyder is om per ambulansvervoer te word na 'n hospitaal.

Na my oordeel het die verhoorhof tereg aan diehand van die aanvaarbare getuienis bevind dat die appellantdie betrokke aand die woonstel binnegegaan het aan die spits

van 'n groep persone en dat die appellant in die voorhuis

die oorledene met 'n mes gesteek het. Die verhoorhof het

ook tereg bevind dat die aanval op die oorledene in die

woonstel gedoen is in die uitvoering van 'n gemeenskaplikedoel om die oorledene aan te rand. Hierdie aanval op

die oorledene in die woonstel was die eerste fase van dieaanval op hom. Die verhoorhof het egter nie voldoende

/rekening..

11

rekening gehou met die getuienis van Geduld Swarts datdie oorledene slegs 'n gat in sy kop en in sy been gehadhet toe die oorledene by hom in die slaapkamer gekom hetnie. Op die stadium toe die oorledene in die slaap=

kamer was, het hy volgens Geduld Swarts se getuienis

nog nie een van die noodlottige steekwonde nrs 8 en 18

opgedoen nie. Insgelyks het die verhoorhof geen ag

geslaan op die getuienis van Geduld Swarts nie dat hy diekamerdeur slegs toegedruk het en nie gesluit het nienadat die oorledene die slaapkamer binnegestorm het.Hierdie getuienis is van die uiterste belang omdat daarniks was om die appellant te verhinder om die slaapkamer

/binne

12

binne te gaan indien hy sy aanval op die oorledene wouvoortsit deur hom na die slaapkamer te agtervolg nie.Hierdie getuienis dien as feitebasis vir die enigsteredelike afleiding dat die appellant op daardie stadiumnie van voorneme was om die oorledene te agtervolg enaan te rand nie. Hierdie getuienis dien ook as feite-

basis vir die verdere redelike afleiding dat die appellant

nie die opset gehad het om die oorledene te vermoor nie.

Vergelyk in hierdie opsig die feite wat uitgelaat is uitdie uitspraak in S v Benjamin en 'n Ander, 1980(1) SA950 (A) soos dit in die Hofverslag gerapporteer is. Dieuitgelate feite wat betrekking gehad het op die omstandig=hede waarvolgens die beweerde poging tot moord gepleeg

/sou

13

sou gewees het, is aangehaal in S v Moloto, 1982(1)SA 844 (A) soos blyk op bl 854 H tot 856 C.

Daar is geen getuienis voorhande dat, toedie oorledene uit die slaapkamer en die woonstel gevlughet en die tweede fase van die aanranding op hom plaas=gevind het, die appellant die oorledene agtervolg en

aangerand het nie. Ofskoon Geduld Swarts by punt D

foto E 1 gestaan het en ofskoon daar 'n elektriese

lig op die trappe by punt E op foto E 1 geskyn het, het

hy nie die appellant onder die drie agtervolgers van dieoorledene bespeur nie. Windvogel wat vir

die appellant getuig het en die appellant ken, het die drieagtervolgers identifiseer en die appellant was nie een

/van

14

van hulle nie. Daar is ook geen getuienis voorhandedat die appellant homself bevind het in die groep van 15persone wat om die woonstelblok se hoek tot onder by dietrappe gekom het nie. Insgelyks is daar geen getuienisvoorhande dat die appellant die 3 agtervolgers op enigewyse ondersteun, aangemoedig of gehelp het nie. Geen

getuienis toon aan dat die appellant hom met die optredevan die 3 agtervolgers op enige wyse vereenselwig het nie.Na my oordeel het die verhoorhof derhalwe fouteer deur tebevind dat die Staat daarin geslaag het om te bewys datdaar 'n kousale verband tussen die optrede van dieappellant en die dood van die oorledene bestaan het.

/Gevolglik

15

Gevolglik het die verhoorhof fouteer om die appellant

skuldig te bevind aan moord op die oorledene. Waarin

die Stáat wel geslaag het, is om te bewys dat die appellant

skuldig is aan aanranding met die opset om die oorledene

ernstig te beseer. Dit is in terme van art 258(b) van

die Strafproseswet 51 van 1977 'n geoorloofde skuldigbevind=

ing op die tweede aanklag van moord in die onderhawige

geval.

In die lig van hierdie foute deur die ver=

!

hoorhof by die skuldigbevinding van die appellant opdie tweede aanklag van moord is hierdie Hof bevoeg interme van art 322(1) van die Strafproseswet 51 van 1977

/om

16

om in te gryp wat die skuldigbevinding en vonnisbetref deur sy eie mening vir die van die verhoorhofte substitueer. Die persoonlike omstandighede vandie appellant asook sy vorige veroordelings is volledigvoor hierdie Hof sodat hierdie Hof bevoeg is om self 'nbevoegde vonnis op te lê sonder om dit na die verhoorhofterug te verwys. Die appellant is sedert 15 Junie 1984op borg vrygelaat. Na inagneming van al die relevantefaktore wat op die appellant betrekking het asook aldie tersaaklike feite in die onderhawige geval met inbegripvan die belange van die samelewing is ek van oordeel dathierdie Hof 'n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf as 'nbehoorlike en gepaste vonnis behoort op te lê.

/Die

17

Die resultaat is dan soos volg:Die appellant se skuldigbevinding aan moord en syvonnis van 17 jaar gevangenisstraf met betrekking totaanklag 2 word tersyde gestel en vervang deur 'n skuldig=bevinding aan aanranding met die opset om ernstig tebeseer waarvoor gevangenisstraf van 3 iaar opgelê word.

C P JOUBERT, AR.

JANSEN AR ) Stem saam.NICHOLAS Wn AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Benjamin and Another, 1980(1) SA 950 (A)

Case cited

S v Moloto, 1982(1) SA 844 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.