S v Petzer and Another (712/89) [1991] ZASCA 54; [1992] 1 All SA 99 (A) (21 May 1991)
- Citation
- [1991] ZASCA 54
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Hoexter, Krieger
- Case number
- 712/89
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Hoexter, Krieger
- Case number
- 712/89
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellants' version of events was fabricated and that they went to the complainant's house with the intention to assault him, not merely to retrieve car keys. The evidence of the state witnesses was accepted as credible and reliable, with minor discrepancies deemed immaterial. The first appellant actively participated in the assault and encouraged the second appellant. The sentences imposed by the Transvaal Provincial Division exceeded the jurisdiction of the magistrate's court and were therefore invalid. The court held that, given the seriousness and brutality of the assault, a custodial sentence was appropriate, but limited to the jurisdictional maximum. The application to admit further evidence was refused as the requirements for such admission were not met and the evidence was not sufficiently exceptional or relevant to the sentencing.
Court disposition
Appeal against conviction by the first appellant dismissed; appeal against sentences by both appellants upheld; sentences substituted.
Orders
- The first appellant's appeal against conviction is dismissed.
- The appeal against the sentences imposed by the Transvaal Provincial Division succeeds.
- The sentences imposed by that court are set aside and replaced with sentences of twelve months' imprisonment for each appellant, six months of which are suspended for three years on condition that they are not convicted of assault with intent to do grievous bodily harm committed during the period of suspension.
- The application to admit further evidence is refused.
02
Material facts
Parties
Henry Antonie Petzer
Appellant Counsel: de VosJohannes Jacobus Cornelius Petzer
Appellant Counsel: de VosThe State
RespondentAmounts and remedies
- Fine Imposed by Magistrate's Court (each Appellant): ZAR 200
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence in the Transvaal Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellants were correctly convicted of assault with intent to do grievous bodily harm.
- 02
Whether the sentences imposed by the Transvaal Provincial Division exceeded jurisdiction and were appropriate.
- 03
Whether further evidence should be admitted on appeal.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that the magistrate erred in accepting the evidence of the state witnesses and rejecting their own version. They contended that they went to the complainant's house only to retrieve car keys, not to assault him. They further argued that the assault was a continuation of a fight that started at a party, with substantial provocation present. They also submitted that mandatory imprisonment was inappropriate given their lack of previous convictions, stable employment, family responsibilities, and intoxication at the time. Additionally, they sought to introduce further evidence to mitigate sentence.
- Respondent
- The State maintained that the evidence of the complainant and other witnesses was credible and established that the appellants went to the complainant's house with a common purpose to assault him. The State argued that the assault was premeditated and brutal, not merely a continuation of a prior altercation. The State opposed the admission of further evidence, contending that the requirements for such admission were not met and that the sentences imposed were justified by the seriousness of the offence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Staatspresident en 'n Ander v Lefuo 1990(2) SA 679(A) at 691C-692D
Leave to adduce further evidence on appeal is granted only in exceptional cases and usually requires a satisfactory explanation for the failure to present such evidence at trial.
- 02
S v Louw 1990(3) SA 116(A) at 126B
A court of appeal may not impose a sentence exceeding the jurisdiction of the trial court.
- 03
S v Marx 1989(1) SA 222(A) at 226B-C
Sentencing must be based on facts and circumstances known at the time of sentencing; facts arising thereafter are only considered in exceptional circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellants' version of events was fabricated and that they went to the complainant's house with the intention to assault him, not merely to retrieve car keys. The evidence of the state witnesses was accepted as credible and reliable, with minor discrepancies deemed immaterial. The first appellant actively participated in the assault and encouraged the second appellant. The sentences imposed by the Transvaal Provincial Division exceeded the jurisdiction of the magistrate's court and were therefore invalid. The court held that, given the seriousness and brutality of the assault, a custodial sentence was appropriate, but limited to the jurisdictional maximum. The application to admit further evidence was refused as the requirements for such admission were not met and the evidence was not sufficiently exceptional or relevant to the sentencing.
Obiter and limits
- Minor discrepancies between state witnesses are to be expected and do not undermine their credibility.
- The payment of compensation after conviction does not necessarily indicate genuine remorse.
- The fact that the appellants had no previous convictions and were under the influence of alcohol was considered, but did not outweigh the seriousness of the offence.
Court disposition
Appeal against conviction by the first appellant dismissed; appeal against sentences by both appellants upheld; sentences substituted.
- The first appellant's appeal against conviction is dismissed.
- The appeal against the sentences imposed by the Transvaal Provincial Division succeeds.
- The sentences imposed by that court are set aside and replaced with sentences of twelve months' imprisonment for each appellant, six months of which are suspended for three years on condition that they are not convicted of assault with intent to do grievous bodily harm committed during the period of suspension.
- The application to admit further evidence is refused.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak Nr 712/89 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPLèFDELING)
In die saak tussen:
HENRY ANTONIE PETZER Eerste AppellantenJOHANNES JACOBUS CORNELIUS PETZER Tweede Appelant- en -DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, VIVIER ARR et KRIEGLER Wnd AR. VERHOOR: 13 Mei 1991. GELEWER: 21 Mei 1991.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...2.
VIVIER JA:Die twee appellante is in die Landdroshof op Kriel skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en is elkeen gevonnis tot 'n boete van R200 of twee maande gevangenisstraf plus 'n verdere vier maande gevangenisstraf wat vir drie jaar opgeskort is. Die appellante het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen hul skuldigbevindings geappelleer maar die appèl is van die hand gewys en elkeen se vonnis is verswaar tot drie jaar gevangenisstraf waarvan die helfte vir drie jaar opgeskort is. Met die nodige verlof appelleer die eerste appellant na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis en die tweede appellant teen sy vonnis alleen.Die staatsaak teen die twee appellante by hulle verhoor in die Landdroshof kan as volg saamgevat
3/...3.
word. Op Vrydagaand 27 Mei 1988 was die twee appellante, wat broers is, by 'n partytjie aan huis van ene Ockert Barnard, waar laasgenoemde se broer, Jacobus Barnard, ene Bornman, sowel as die klaer ook teenwoordig was. Daar is kwaai gedrink op die partytjie, wat reeds om ongeveer ses-uur die middag begin het. Kort voor drie-uur die nag, nadat die eerste appellant reeds huis toe was, het daar 'n bakleiery ontstaan tussen die tweede appellant en die klaer, in die loop waarvan laasgenoemde die tweede appellant met 'n besemstok geslaan en self 'n vuishou op die oog gekry het. Jacobus Barnard en Bornman het die klaer vir behandeling na die dokter geneem en hom daarna by sy huis gaan aflaai. Voordat die klaer egter sy voordeur kon bereik, het die twee appellante in 'n motor daar opgedaag. Die tweede appellant het
4/...4.
hom teruggeroep en toe die klaer by die voorhekkie van sy perseel kom, het die tweede appellant hom by die hekkie uitgeruk en hom met die vuis bygedam. Die klaer is platgeslaan maar het daarin geslaag om weer orent te kom deur aan die draadheining vas te hou. Hy het half oor die draad beland. Die eerste appellant het hom egter van die draad weggeruk sodat die tweede appellant hom verder met die vuis kon bykom. Volgens Bornman het die tweede appellant toe die klaer "geslaan en geslaan en aangehou slaan". Bornman het die eerste appellant gevra om sy broer te keer maar sy antwoord, volgens Bornman, was: "Nee, los hom dat hy hom dood donder". Die klaer het sy bewussyn verloor en stil op die grond gelê, waarop die tweede appellant die tuinslang gaan haal en hom natgespuit het. Volgens Jacobus Barnard het die eerste appellant die klaer se
5/...5.
kop opgelig sodat die tweede appellant hom kon natspuit. Nadat die eerste appellant vir oulaas aan die klaer gesê het: "Ons donder jou dood" en die tweede appellant hom op sy gesig getrap het, het die twee appellante vertrek.Die klaer het as gevolg van die aanranding twee frakture van die kakebeen opgedoen wat deur 'n operasie met 'n plaat geheg is. Hy het ook 'n operasie vir 'n ernstige wangbesering ondergaan, maar ek sal hierdie besering buite rekening laat vanweë die moontlikheid dat dit vroeër die aand opgedoen is. Daarbenewens het hy 'n sny aan die pinkie van sy regterhand opgedoen toe hy weggeruk is van die draadheining. Die sny het drie of vier hegsteke vereis. Die appellant se hele kunsgebit is gebreek.
6/...6.
Die eerste appellant het by die verhoor getuig dat hy reeds die partytjie om ongeveer agt-uur die aand verlaat het voordat die moeilikheid tussen die klaer en die tweede appellant begin het. Om kwart-voor-drie die nag het die tweede appellant hom by sy huis gebel en gevra dat hy hom moet kom haal omdat die ander gaste hom gepak het. Toe hy by Ockert Barnard se huis kom, het hy die tweede appellant vol bloed aangetref. Die tweede appellant het aan hom gesê dat die klaer hom met 'n besemstok geslaan het. Hy het die tweede appellant aangesê om in sy motor te klim en huis toe te ry, waarop laasgenoemde hom meegedeel het dat die klaer sy motorsleutels het. Hy en die tweede appellant het gevolglik na die klaer se huis gery om die motorsleutels te kry. Toe hulle daar aankom, het die tweede appellant uitgeklim en met
7/...7.
die klaer by die voorhekkie gaan praat. Die klaer het eerste na die tweede appellant geslaan maar hy het mis geslaan, sy balans verloor en geval. Die tweede appellant het die klaer opgetel en vir hom gesê om te stop, Die klaer het egter weer na die tweede appellant geslaan en hom hierdie keer raak geslaan. Die tweede appellant het daarna "in selfverdediging" na die klaer geslaan. Die eerste appellant het toe vir die eerste keer uit sy motor geklim en vir sy broer gesê om op te hou met die bakleiery en om in sy motor te gaan sit. Op hierdie stadium het die klaer op die grond gelê. Die eerste appellant het die bloed van die klaer se gesig afgewas en hom gehelp om by sy voordeur te kom. Hy het die deurklokkie gelui en toe 'n lig in die huis aangaan, het hy omgedraai en weggery. Hy het geensins die klaer aangerand nie. Vanaf die klaer
8/... 8.
se huis is hulle na Ockert Barnard se huis waar hy die tweede appellant afgelaai het om na sy motorsleutels te soek terwyl hy self die tweede appellant se spaarsleutels gaan haal het.Die tweede appellant se getuienis was dat, nadat hy op die partytjie in 'n bakleiery met die klaer betrokke geraak het, hy die eerste appellant gebel en hom gevra het om hom te kom help omdat hy aangeval word. Toe die eerste appellant daar kom, het hy aan hom gesê dat die klaer sy motorsleutels het. Daarom, en ook omdat hy wou weet waarom die klaer vroeër die aand na hom met 'n besemstok geslaan het, het hy en die eerste appellant in laasgenoemde se motor na die klaer se huis gery. Daar het hy die klaer na die hek geroep en vir hom gevra waarom hy hom met die besemstok geslaan het. Die klaer het geantwoord deur hom met
9/...9.
die vuis te slaan en hy het in noodweer teruggeslaan. Die eerste appellant het hom toe aangesê om in die motor te klim, waarna die eerste appellant die klaer met die tuinslang natgespuit en opgetel en na sy huis gehelp het.Die Landdros het die twee appellante se weergawe dat hulle na die klaer se huis gegaan het om die motorsleutels te kry, verwerp. Die Landdros het bevind dat hulle na die klaer se huis is met die gemeenskaplike oogmerk dat die tweede appellant hom kon aanrand. Die Landdros het die getuienis van die staatsgetuies Jacobus Barnard, Bornman en die klaer se vrou, wat die aanranding uit die huis gesien het, aanvaar en die getuienis van die twee appellante verwerp. Die Landdros het bevind dat die eerste appellant die klaer van die draad weggetrek het sodat
10/...10.
die tweede appellant hom verder kon aanrand en dat hy die tweede appellant aangehits en hom ten volle met die optrede van die tweede appellant versoen het.By die verhoor van die appèl voor hierdie Hof het die twee appellante aansoek gedoen dat die Hof ingevolge art 22 van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 sekere verdere getuienis toelaat. Vir redes wat later volg,is die aansoek afgewys.Mnr de Vos, namens die twee appellante, het betoog dat die Landdros fouteer het deur die getuienis van Jacobus Barnard, Bornman en die klaer se vrou oor die aanranding te aanvaar en dié van die twee appellante te verwerp. In hierdie verband het mnr de Vos eerstens betoog dat die waarskynlikhede daarop dui dat die twee appellante die betrokke nag na die klaer se huis gegaan het om die tweede appellant se
11/...11.
motorsleutels te kry en nie om hom aan te rand nie. Die appellante se eie getuienis dui op die teendeel. Die tweede appellant het aanvanklik in sy getuienis gesê dat hy na die klaer se huis gegaan het om hom te vra waarom hy hom vroeër die aand met 'n besemstok geslaan het en dat sy eerste woorde aan die klaer voor laasgenoemde se huis was om te verneem waarom die klaer hom vroeër die aand geslaan het. Indien hy slegs na sy sleutels gesoek het, sou mens verwag dat hy dadelik daaroor navraag sou gedoen het toe hy by die klaer kom. Geeneen van die appellante het egter getuig dat hulle enige navraag oor sleutels aan die klaer gerig het nie. In kruisondervraging deur die aanklaer het tweede appellant sy vorige getuienis verander en toe ontken dat hy hoegenaamd oor die vroeëre bakleiery met die klaer wou praat. Hierdie ontkenning is
12/...12.
onaanvaarbaar in die lig van sy uitdruklike voorafgaande getuienis. Die eerste appellant se getuienis toon ook dat hulle nie sleutels by die klaer wou gaan vra nie. Indien hy wel sleutels by die klaer gaan soek het, sou hy nie daarna, sonder om die klaer daaromtrent te gevra het, sy broer by Ockert Barnard se huis afgelaai het om na die sleutels te soek, of self die spaarsleutels by die tweede appellant se huis gaan haal het nie. Die Landdros het, na my mening, tereg bevind dat die appellante se weergawe dat hulle motorsleutels by die klaer wou gaan haal, 'n versinsel is.Mnr de Vos het voorts betoog dat daar wesenlike weersprekings is tussen die getuienis van die klaer se vrou, aan die een kant, en dié van Jacobus Barnard en Bornman, aan die ander kant, en dat daar gevolglik nie op hulle getuienis bo redelike twyfel
13/...13.
bevind kan word dat die eerste appellant enigsins deelgeneem het aan die aanranding nie. Die weersprekings waarop gesteun word, handel almal met wat elke appellant presies sou gedoen of gesê het, of met die presiese verloop van die gebeure. So het die klaer se vrou getuig dat die tweede appellant die klaer weggetrek het van die draad terwyl Jacobus Barnard en Bornman getuig het dat dit die eerste appellant was. Die aanranding het vlak voor Jacobus Barnard en Bornman plaasgevind - volgens eersgenoemde twee meter van hom af - en reg onder 'n straatlig. Die klaer se vrou, daarenteen, het ongeveer tien meter daarvandaan in haar sitkamer van agter 'n gaasdeur die gebeure dopgehou. Verder was haar uitsig gedeeltelik deur 'n boom versper. Eersgenoemde twee getuies het gevolglik 'n beter geleentheid gehad vir 'n betroubare waarneming. Hulle
14/...14.
staaf mekaar in elke wesenlike opsig. Die Landdros het hul getuienis as geloofwaardig aanvaar en daar is onvoldoende rede om met hierdie bevinding in te meng. Ek vind dit nie nodig om afsonderlik met elke opsig waarin hulle getuienis van mekaar verskil, te handel nie. Die verskille is nie wesenlik nie en is van die soort wat verwag kan word. Dit doen, na my mening, geen afbreuk aan hul geloofwaardigheid nie. Daar is verder geen grond vir die betoog dat hulle waarnemingsvermoë in enige opsig aangetas was deur drank wat hulle vroeer die aand by die partytjie gedrink het nie.
Wat die eerste appellant se weergawe betref, is ek nie verbaas dat die Landdros dit verwerp het nie. Sy getuienis dat hy die indruk gevorm het dat tweede appellant slegs in noodweer handel, is 'n opsigtelike
15/...15.
leuen. Dieselfde geld vir sy getuienis dat die klaer op die grond beland het omdat hy mis geslaan en sy balans verloor het. Sy getuienis dat die tweede appellant die klaer gevra het om op te hou om na hom te slaan; dat hy in die motor bly sit het terwyl die ander twee "besig was om te baklei", sowel as sy getuienis oor hoe hy die klaer agterna gehelp het om by sy voordeur te kom, is so onwaarskynlik dat dit met reg as leuenagtig verwerp is. Na my mening het die Landdros tereg bevind dat die eerste appellant self deelgeneem het aan die aanranding op die klaer en hom verder met die laakbare optrede van die tweede appellant vereenselwig het. Hy is gevolglik tereg skuldig bevind.Ek kom nou by die appèl teen die vonnisse. Die advokate was dit eens dat die vervangende vonnis
16/...16.
wat deur die Hof a quo opgelê is, ongeldig is omdat dit die Verhoorhof se jurisdiksie van 12 maande gevangenisstraf oorskry. Sien S v Louw 1990(3) SA 116(A) op 126 B. Daar is namens die appellante betoog dat verpligte gevangenisstraf onvanpas is omdat die aanranding op die klaer niks meer as 'n voortsetting was van die bakleiery wat reeds op die partytjie begin het nie en dat daar gevolglik 'n groot mate van provokasie aanwesig was. Daar is verder daarop gewys dat beide appellante geen vorige veroordelings het nie, goeie werk het, families het om te onderhou en sterk onder die invloed van drank was.Die gebeure by die klaer se huis toon, na my mening, onteenseglik dat die twee appellante daarop uit was om nie net verder te baklei nie, maar om wraak te neem vir wat by die partytjie gebeur het. Die klaer
17/...17.
het geen weerstand van enige aard gebied nie, óf omdat hy toe reeds genoeg gehad het, òf, meer waarskynlik, omdat hy swaar onder die invloed van drank was. Hy is platgeslaan en toe hy weer orent kom en hulpeloos teen die draad gehang het, is hy weggetrek sodat die aanranding voortgesit kon word. Die tweede appellant het daarna nie opgehou slaan voordat die klaer bewusteloos en ernstig beseer op die grond neergesak het nie. Daarna is die klaer nog in sy gesig getrap. Dit is koelbloedige, genadelose en barbaarse optfede van heeltemal 'n ander aard as dié tussen twee persone wat by 'n partytjie handgemeen raak. Die optrede van die twee appellante was vooraf beplan en daar was genoeg tyd vir besinning. Alhoewel dit in die guns van die eerste appellant tel dat hy nie self na die klaer geslaan of geskop het nie, het hy voortdurend die
18/...18.
tweede appellant aangehits. Die eerste appellant het ook nie die provokasie van die vroeere bakleiery ervaar nie en het waarskynlik minder gedrink as die ander. Soos ek reeds daarop gewys het, was sy getuienis dat hy reeds om ongeveer agt-uur die aand die partytjie verlaat het. Gevolglik behoort, na my mening, dieselfde vonnis vir beide appellante opgelê te word. Met behoorlike inagneming van al die versagtende faktore waarna ons verwys is, is ek van mening dat die aanranding op die klaer in so 'n ernstige lig beskou moet word dat reg slegs sal geskied indien verpligte gevangenisstraf vir beide appellante opgelê word. 'n Gepaste vonnis is, na my mening, een van 12 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande gevangenisstraf opgeskort word.
Ek kom ten slotte by die redes waarom
19/...19.
die aansoek om verdere getuienis by wyse van beëdigde verklarings voor hierdie Hof te plaas, geweier is.Die verdere getuienis was dié van Ockert Barnard, by wie se huis die partytjie die betrokke aand gehou is, die klaer en 'n maatskaplike werkster, mej E M J van der Merwe. Laasgenoemde se twee beëdigde verklarings het slegs betrekking op vonnis.Die beginsels waarvolgens aansoeke om verdere getuienis te lei, deur hierdie Hof oorweeg word, is welbekend. Sien Staatspresident en 'n Ander v Lefuo 1990(2) SA 679(A) op 691C-692D en S v Louw, supra, op 123F-124G. Die uitgangspunt is dat verlof om verdere getuienis te lei, slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word. Gewoonlik moet aan sekere basiese vereistes voldoen word voordat verlof verleen word. Wat die beoogde getuienis van Ockert Barnard betref,
20/...20.
bevredig die aansoek nie die eerste van hierdie vereistes nie. Daar is naamlik geen redelik aanvaarbare verduideliking waarom sy getuienis, wat
beskikbaar was, nie aangebied is nie. Die blote feit dat eerste appellant sy eie verdediging waargeneem het, is onvoldoende. Volgens alle aanduidings was hy deeglik bewus van sy reg om stawende getuienis te lei, afgesien daarvan dat hy deur die Landdros uitdruklik daaromtrent ingelig is. Die nuwe getuienis van die klaer het te doen met die aanvaarding van 'n bedrag ter skikking van 'n eis vir skadevergoeding wat die klaer teen die twee appellante ingestel het en is klaarblyklik bekom ten einde omstandighede ter verligting van vonnis te skep wat nie tydens die verhoor bestaan het nie. Die skikking is aangegaan nadat die appèl in die Hof a quo afgehandel is. Die
21/...
21.
nuwe getuienis van die maatskaplike werkster spruit uit 'n ondersoek na die tweede appellant se vermoë om sy minderjarige kinders te versorg, wat sy gedoen het met die oog op 'n egskeidingsaksie tussen hom en sy eggenote. Hierdie ondersoek is gedoen nadat die appèl in die Hof a quo afgehandel is. In S v Marx 1989(1) SA 222(A) wys SMALBERGER AR, op bl 226 B-C, daarop dat vonnis bepaal word na aanleiding van feite en omstandighede wat ten tyde van vonnisoplegging bekend ' is, en dat feite wat daarna bekend word, slegs in uitsonderlike omstandighede op appèl in aanmerking geneem kan word. Ek beskou nie die omstandighede waaronder die nuwe getuienis van die klaer en die maatskaplike werkster aangebied word, as enigsins uitsonderlik nie. Wat die klaer se nuwe getuienis betref, lyk dit my na 'n poging om deur die betaling van
22/...
22.
vergoeding die skyn van berou te verwek. By die verhoor was daar geen teken te bespeur van so 'n gesindheid nie. Wat betref die maatskaplike werkster se getuienis, is daar niks nuuts in wat nie ten tyde van die verhoor vasgestel kon gewees het nie. Weens hierdie redes is die aansoek afgewys.
Die volgende bevel word gemaak:- 1. Die eerste appellant se appel teen sy skuldigbevinding word afgewys.
2. Die eerste en tweede appellante se appèl teen hul vonnisse wat deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling opgelê is, slaag. Die vonnisse wat deur daardie Hof opgelê is, word tersyde gestel en met die volgende vonnisse vervang :- Elke appellant word gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf waarvan ses maande gevangenisstraf vir drie jaar opgeskort wprd op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word nie aan aanranding met
23/...23.
die opset om ernstig te beseer wat gedurênde die tydperk van opskorting gepleeg word.
" W. VIVIER AR.
HOEXTER AR)
KRIEGLER Wn AR) Stem saam.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.