Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Pholoana (78/2006) [2006] ZAFSHC 134 (1 September 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the murder committed by the accused did not fall under section 51(1)(a) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, as it was not premeditated, but under section 51(2)(a)(i), which prescribes a minimum sentence of 15 years' imprisonment. The court considered the brutality of the offence, the accused's previous convictions for violent crimes, and the interests of society, particularly the prevalence of violence against women in domestic relationships. Although the accused pleaded guilty, expressed remorse, and was provoked by jealousy and intoxicated, the court held that these factors were insufficient to constitute substantial and compelling circumstances justifying a lesser sentence. The aggravating factors outweighed the mitigating ones, and the court imposed a sentence above the statutory minimum to reflect the seriousness of the crime and the need for deterrence.

Court disposition

The accused was convicted of murder and sentenced to 25 years' imprisonment.

Orders

  • The accused is sentenced to 25 years' imprisonment for murder.

02

Material facts

Parties

Die Staat

Applicant

Geelbooi Pholoana

Defendant Counsel: Adv. Bezuidenhout

Amounts and remedies

  • Monthly Income of Accused: ZAR 1,000
  • Number of Stab Wounds Inflicted: 42
  • Length of Sentence Imposed: years 25

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Law Trial / Sentencing After Guilty Plea

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State argued that the murder was not premeditated and therefore falls under section 51(2)(a)(i) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, which prescribes a minimum sentence of 15 years' imprisonment unless substantial and compelling circumstances exist. The State presented evidence of the brutality of the crime, including multiple stab wounds and the cutting of the deceased's throat, and highlighted the accused's previous convictions for violent offences. The State contended that the interests of society demand a severe sentence to deter similar crimes, especially those arising from domestic relationships.
Respondent
The defence submitted that the accused pleaded guilty, showed genuine remorse, and had no prior convictions for murder. It was argued that the accused was provoked by jealousy and intoxicated at the time of the offence, which should be considered as mitigating factors. The defence also pointed out that the accused had spent a year in custody awaiting trial, was a productive member of society, and supported dependents. The defence requested the court to find substantial and compelling circumstances to justify a sentence less than the statutory minimum.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A) at 540G

    The seriousness of the offence, the interests of society, and the personal circumstances of the accused must be balanced in sentencing.

  2. 02

    S v Van Vuuren 1983 (1) SA 12 (A) at 20d-e; S v Calitz 1990 (1) SACR 119 (A); S v Henry 1999 (1) SACR 13 (A) at 20d-e

    Provocation and intoxication may be considered as mitigating factors but do not exclude criminal liability.

  3. 03

    S v Jack 1982 (4) SA 736 (A)

    Previous convictions for violent offences are aggravating factors in sentencing.

  4. 04

    S v Malgas 2001 (2) SA 1222 (SCA)

    The court must impose the minimum sentence prescribed by law unless substantial and compelling circumstances exist.

  5. 05

    S v Roslee 2006 (1) SACR 537 at 545e-f

    There is no onus on the accused to prove substantial and compelling circumstances, but such circumstances must be placed before the court for consideration.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the murder committed by the accused did not fall under section 51(1)(a) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, as it was not premeditated, but under section 51(2)(a)(i), which prescribes a minimum sentence of 15 years' imprisonment. The court considered the brutality of the offence, the accused's previous convictions for violent crimes, and the interests of society, particularly the prevalence of violence against women in domestic relationships. Although the accused pleaded guilty, expressed remorse, and was provoked by jealousy and intoxicated, the court held that these factors were insufficient to constitute substantial and compelling circumstances justifying a lesser sentence. The aggravating factors outweighed the mitigating ones, and the court imposed a sentence above the statutory minimum to reflect the seriousness of the crime and the need for deterrence.

Obiter and limits

  • The court noted the alarming increase in murders of women in domestic relationships and emphasized the need for severe sentences to deter such crimes.
  • The court acknowledged the accused's personal circumstances but found that the interests of society and the seriousness of the offence must prevail.
  • The court reiterated that provocation and intoxication, while mitigating, do not absolve the accused of criminal responsibility.

Court disposition

The accused was convicted of murder and sentenced to 25 years' imprisonment.

  • The accused is sentenced to 25 years' imprisonment for murder.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2006] ZAFSHC 134

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr: 78/2006

In die saak van:

DIE

STAAT

en

GEELBOOI

PHOLOANA

_____________

UITSPRAAK: MILTON, Wnd R

AANGEHOOR OP: 28 AUGUSTUS 2006

GELEWER OP: 1 SEPTEMBER 2006

AGTERGROND:

[1] U, Mnr. Pholoana, die beskuldigde hierin, is aanvanklik twee aanklagtes ten laste gelê, naamlik een van moord en een van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

[2] Voor aanvang van die verhoor is die klagte ten opsigte van die aanranding teruggetrek teen u deur die Staat.

[3] AANKLAG 1

Die aanklag op moord het soos volg gelees:

“Deurdat die beskuldigde op of omtrent die 20 Augustus 2005 te Glen in die distrik van Bloemfontein wederregtelik vir Novelakhe Alina Ntsane ‘n 26 – jarige vrou gedood het.”

[4] U is deur Adv. Bezuidenhout verteenwoordig en het skuldig gepleit op ‘n klag van moord en ‘n skriftelike pleitverduideliking ingehandig in terme van artikel 112(2), Wet no. 51 van 1977 gemerk Aanhangsel “A”.

[5] U verklaring in terme van Artikel 112(2) lees soos volg:

“1.

1.1 Ek is ‘n meerderjarige man (geboorte datum: 18 Desember 1975) en die beskuldigde in bogenoemde saak.

1.2 Ek lê hierdie verklaring vrywillig af terwyl ek by my volle positiewe is en nie onbehoorlik daartoe beïnvloed is nie.

2.

Ek pleit hiermee skuldig aan die aanklag een, naamlik moord en erken dat ek op Saterdag, 20 Augustus 2005 te Glen in die distrik van Bloemfontein wederregtelik en opsetlik vir Novelakhe Alina Ntsane ‘n ses-en-twintigjarige vrou gedood het.

3.

3.1 Ek en Novelakhe Alina Ntsane (hierna verwys as die “oorledene”) was in ‘n saamwoon verhouding vir ongeveer ‘n jaar en twee maande.

3.2 Ek het sedert die jaar 2003 gewerk te “Two-bob-a-day”, ‘n winkel wat geleë is te Glen.

3.3 Op die betrokke dag, naamlik Saterdag, 20 Augustus 2005 het ek gewerk en het deur die loop van die dag vyf sorgumbier gedrink alvorens ek teen ongeveer 14:00 van diens af gekom het.

3.4 Ek het die oorledene by gemelde winkel aangetref. Ek het terwyl ons by die winkel vertoef het 12 x 340 ml Black Label kannetjies bier gedrink en drie sopies Klipfontein brandewyn. Ek het op ‘n stadium gemerk dat die oorledene besig was om ‘n man wie aan my bekend was as ene “Russian” te liefkoos. Ek het ook gesien dat Russian ‘n kaart met beltyd vir ‘n selfoon gekoop het. Ek het op daardie stadium nie geweet waarom hy die beltyd gekoop het nie. Dit dien vermeld te word dat die oorledene op ‘n stadium voor gemelde dag aan my te kenne gegee het dat sy by Russian se ouerhuis wou gaan woon en ons verhouding wou beeïndig. Sy het egter steeds saam met my aan huis gewoon en het ek aanvaar dat die probleem uitgesorteer was.

3.5 Ek en die oorledene het die winkel verlaat. Op pad na ons woning het ek die oorledene gekonfronteer oor die beltyd wat Russian gekoop het. Ons het in ‘n woordewisseling betrokke geraak. EK het oorledene se handsak deursoek en op die kaart met beltyd afgekom.

3.6 Ons het in ‘n hewige woordewisseling betrokke geraak oor die beltyd en of sy en Russian ‘n verhouding gehad het. Ek het tydens die woordewisseling vir ene Bahedile geskakel vanaf my selfoon en haar versoek om haar kind wat ons op daardie stadium vergesel het te kom haal omrede ek en die oorledene baklei het.

3.7 Ek was woedend vir die oorledene en het in my woedebui my sakmes geneem en haar herhaaldelike kere op haar liggaam daarmee gesteek.

3.8 Bahedile het later daar opgedaag en het gedreig dat sy die polisie gaan bel. Ek het vir haar gesê dat sy maar die polisie kon bel. Bahedile het die polisie gebel en is toe met die kind daar weg.

3.9 Ek was steeds woedend. Op ‘n stadium het ene Johannes Mohlaki daar verby geloop en ek het om nader geroep. Ek het hom vertel wat gebeur het. Ek het ook aan hom gesê dat ek nou gaan klaarmaak; betekende vir haar en myself. Ek sou die oorledene se keel afsny met die mes waarna ek myself sou gaan ophang. Johannes is toe daar weg.

3.10 Ek het die oorledene se keel afgesny. Ek het daarna na die oorledene se pa se huis gegaan waar ek ‘n tou wou kry om myself op te hang. Alvorens ek myself kon ophang het die polisie daar opgedaag en was ek gearresteer

4.

Hoewel ek daardie dag ontsettend kwaad was vir die oorledene en ek geïntoksikeerd was, kon ek onderskei tussen reg en verkeerd en het ek ook die vermoë beskik om my handelinge dienooreenkomstig in te rig en geweet dat my handeling verkeerd is. Ek het geweet dat my optrede die oorledene se dood kon meebring en het ek steeds met my optrede voortgegaan ten spyte van hierdie besef, en ten spyte van Johannes en Bahedile se versoeke dat ek nie met my optrede moet voortgaan nie.

5.

Ek wens ook om die volgende formeel te erken:

5.1 Die identiteit van die oorledene, naamlik Novelakhe Alina Ntsane;

5.2 Dat die oorledene geen verdere beserings opgedoen het vandat haar liggaam vanaf die toneel verwyder is tot en met die hou van die lykskouing deur Dokter H B Burbu;

5.3 Die inhoud en korrektheid van die lykskouingsverslag soos saamgestel deur Dokter Burbu.

5.4 Dat die oorledene beswyk het as gevolg van snywonde aan haar nek.

6.

Ek besef dat my optrede verkeerd was en het opregte berou daaroor.”

[6] Die hof is tevrede dat u al die elemente van die misdryf erken het asook die ketting getuienis en is gevolglik skuldig bevind aan moord.

[7] Die Staat het daarna die lykskouingsverslag ingehandig as Aanhangsel “B” waarby ingesluit is ‘n reeks foto’s van die oorledene se lyk welke duidelik veelvuldige beserings op die oorledene se lyf aantoon.

[8] Die Staat het daarna vorige veroordelings teen u bewys welke deur u ook erken is. Volgens u vorige veroordelings is u op 4 Maart 1998 skuldig bevind aan vier klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, twee aanklagtes van huisbraak met op die opset om aan te rand en aan twee klagtes van diefstal. Die klagtes is almal saam geneem vir doeleindes van vonnis en is u 18 maande korrektiewe toesig opgelê.

[9] Voordat die verdediging en die Staat hulle betoë voorgelê het, het die hof ‘n versoek aan hulle gerig om die hof toe te spreek of die misdryf van moord waaraan u skuldig bevind is, ‘n misdryf is soos bedoel in terme van artikel 51(1)(a) of artikel 51(2)(a)(i) van die Strafwysigingswet 105 van 1997.

[10] Die wetgewer het duidelik verskil tussen moord wat beplan en voorbedag is soos omskryf in Bylae 2, Deel 1 van genoemde wet en moord onder omstandighede omskryf in Bylae 2, Deel II gemaak.

[11] Dit is van uiterste belang om te bepaal onder welke artikel die misdryf van moord ressorteer, aangesien dit die minimum straf affekteer wat die hof moet oplê indien die hof geen wesenlike of dwingende omstandighede bevind soos bedoel in artikel 3(a) van dieselfde wet.

[12] Na oorweging van die betoë van u verteenwoordiger en die Staat en die regspraak wat voorgelê is, waarvoor die hof hulle dank verskuldig is, is ek oortuig dat die misdryf van moord waaraan u skuldig bevind is, nie onder artikel 51(1)(a) ressorteer nie en moet u in terme van artikel 51(2)(a)(i) gestraf word. Hierdie hof is dus verplig om in terme van hierdie genoemde artikel, ‘n minimum vonnis op te lê.

[13] Die hof se diskresionêre funksie word hierdeur egter ingekort en mag die hof slegs daarvan afwyk indien die hof uit die feite wat voor die hof geplaas is wesenlike of dwingende omstandighede vind wat ‘n mindere vonnis sal regverdig.

VONNIS

[14] Daar is drie basiese elemente wat die hof moet oorweeg met die oplê van ‘n vonnis, naamlik:

i. Die ernstigheid van die misdryf;

ii. U, die beskuldigde;

iii. Die belange van die gemeenskap.

Sien S v ZINN 1969 (2) SA 537 A op 540 G.

14.1 Ernstigheid van die misdyf

Dat moord ‘n ernstige misdryf is, verg weinig motivering. Die oorledene, ‘n weerlose slagoffer, is wreedaardig en koelbloedig aangeval en 42 keer oor haar hele liggaam met ‘n mes gesteek voordat haar keel afgesny is soos ‘n dier. Die aanval op die oorledene moes ‘n redelike tyd geduur het wat nie alleen vreesaanjaend moes gewees het nie, maar ook uiters pynlik. Die oorledene het duidelik probeer keer om haarself te beskerm, wat blyk uit die wonde op haar regter hand en op albei van haar arms by die polse soos aangetoon op die lykskouingsverslag. Die neem van ‘n mens se lewe word verafsku en kan en behoort dit nie in ‘n beskaafde gemeenskap geduld te word nie destemeer binne in gesinsverhouding soos hier van toepassing is.

14.2 Die beskuldigde

14.2.1 U, het u persoonlike omstandighede onder eed op rekord geplaas, naamlik dat u 31 jaar oud is, ongetroud en geen kinders het nie. U hoogste skolastiese vlak is Standerd 5. U het ten tye van die misdryf gewerk vir ‘n R1 000,00 per maand waarmee u die oorledene en u oorlede suster se twee klein kinders onderhou het. U was reeds 14 maande in ‘n saambly verhouding met die oorledene voor haar dood. U het getuig dat u berou het aan die daad en is skaam vir wat u gedoen het veral teenoor die oorledene se familie wat in die hof verteenwoordig was. U het ook erken dat u hierdie betrokke dag enorme hoeveelheid van ‘n verskeidenheid alkoholiese drank ingeneem het. Ten spyte van die feit dat u al die beweerde drank ingeneem het was die hof oortuig dat u al die elemente van die misdryf behoorlik erken het en aanspreeklik is vir die ten las gelegde misdryf.

Al u persoonlike faktore moet in ag geneem word aangesien elke beskuldigde ‘n unieke mens is. Sien S v DU TOIT 1979 (3) SA 846 A op 857 H – 858 A en S v DE KOCK 1997 (2) SASV 171 T op 183 h – j.

14.2.2 Verder moet daar oorweging geskenk word aan die rede of motief wat aanleiding gegee het tot die sinnelose en wrede moord. Hierdie blyk ‘n tipiese geval van ‘n “passion crime” en die motief blykens provokasie te wees wat voortgespruit het uit jaloesie. Provokasie kan nooit skuld uitsluitend wees nie maar kan wel in ag geneem ter strafversagtend. Sien verder ook S v VAN VUUREN 1983 (1) SA 12 A op 20 d – e, en sien ook verder S v CALITZ 1990 (1) SASV 119 (A) en S v HENRY 1999 (1) SASV 13 A 20 d – e.

14.2.3 Die hof kan nie ignoreer dat u nie onbekend is met geweld nie wat duidelik blyk uit u vorige veroordelings en waar, uitgesluit twee misdrywe, almal geweld by betrokke was. Hierdie kan aanduidend wees dat u ‘n gewelddadige karakter mag hê, maar nie noodwendig nie. Sien S v JACK 1982 (4) SA 736 (A). U is dus nie ‘n eerste oortreder voor die hof vandag wat ‘n geweldsmisdaad aanbetref nie.

14.3 Die belang van die gemeenskap

Die belang van die gemeenskap weeg deesdae baie swaar met betrekking tot geweld in die algemeen en veral geweld wat voortspruit uit gesins- of liefdesverbintenisse. Hierdie hof sal sy plig versuim indien daar nie ferm ten hierdie tipe van oortreders opgetree word nie om die boodskap duidelik te laat uitgaan dat die plaag van geweld en minagting vir ‘n mens se lewe nie meer geduld sal of kan word nie. Op 10 Mei 2006 was daar ‘n koerantberig wat in die Volksblad verskyn het waarin daar berig was daar in die vorige drie maande 13 gevalle van moorde gerapporteer was op vrouens. Skokkend om die minste te sê en dra u nou by tot die statistiek. ‘n Vrou is swakker as ‘n man en staan weerloos teen enige geweld wat deur ‘n man toegepas word hetsy met of sonder ‘n wapen.

Dit is ook duidelik dat die wetgewer met die bepalings wat tans van toepassing is vir die minimum strawwe, ‘n boodskap oordra dat onbeheerste doellose geweld swaar gestraf moet word.

[15] U is nie ‘n eerste oortreder voor die hof vandag nie, soos reeds gesê en alhoewel u die hof meegedeel het dat die vorige veroordelings op verskeie dae gepleeg was toon die misdrywe asof dit op een dag gepleeg was en waarvoor een vonnis opgelê is.

[16] Die hof is dus verplig om ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op te lê in terme van artikel 52(2)(b)(i) maar het die hof ‘n diskresie om ‘n swaarder straf op te lê indien die hof van mening is dat ‘n swaarder straf regverdig is. Aan die ander kant kan die hof ook gevangenisstraf oplê wat minder is as 15 jaar indien die hof oortuig is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van die mindere vonnis voorgeskryf regverdig. Sien S v MALGAS 2001 (2) SA 1222 (SCA).

[17] Daar is geen bewyslas op die beskuldigde om wesenlike en dwingende omstandighede te bewys nie maar moet die beskuldigde sulke omstandighede voor die hof plaas vir oorweging. Sien S v ROSLEE 2006 (1) SASV 537 op 545 e – f. Namens u is betoog dat u ‘n eerste oortreder is wat moord aanbetref, en dat u skuldig gepleit het en dat u inderdaad berou toon en dat u reeds ‘n jaar in gevangenis deurgebring het terwyl u verhoorafwagtend was en dat u ten tye van die pleging van die misdryf ‘n inkomste genererende burger was. Verder dat drank ‘n groot rol gespeel het in u oordeelsvermoë en dat u opgetree het as gevolg van provokasie voortspruitend uit jaloesie.

[18] Die hof het noukeurig aandag gegee aan u persoonlike en individuele omstandighede maar beskou hulle nie voldoende om te kwalifiseer as wesenlik en dwingend nie. Inteendeel om in hierdie geval ‘n mindere straf op te lê sal die toepassing van geregtigheid tot minagting bring. Sien S v MATOMA 1981 (3) SA 838 A op 842 H – 843 A.

[19] Op die weersinwekkende feite wat betrekking het op die saak moet die hof beoordeel of lewenslange gevangenisstraf nie dalk die enigste gepaste vonnis sal wees nie. Die versagtende faktore deur u voorgelê, teenoor die verswarende faktore teenwoordig moet opgemeet word, terwyl die oogmerke van vonnis nie uit die oog verloor moet word nie, naamlik afskrikking, voorkoming, hervorming en vergelding.

Die swaarste element wat teen u weeg is die afskuwelike en aanstootlike misdryf wat deur u gepleeg is en verg dit ‘n welverdiende straf. Sien S v NKAMBULE 1993 (1) SASV 136 A op 147 g – i.

Die gemeenskapsbelange weeg dus in hierdie geval sterker as u, die beskuldigde.

[20] Nietemin is die hof bereid om u persoonlike omstandighede in ag te neem wat ‘n balans sal verseker en nie die gemeenskap se belang oorbeklemtoon nie. Sien S v QUANDU EN ANDER 1989 (1) SA 517 (AA).

[21] Gevolglik word u gevonnis soos volg:

Klagte 1: 25 jaar gevangenisstraf.

____

D. MILTON, Wnd R

/em

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

Case cited

S v Du Toit 1979 (3) SA 846 (A)

Case cited

S v De Kock 1997 (2) SACR 171 (T)

Case cited

S v Van Vuuren 1983 (1) SA 12 (A)

Case cited

S v Calitz 1990 (1) SACR 119 (A)

Case cited

S v Henry 1999 (1) SACR 13 (A)

Case cited

S v Jack 1982 (4) SA 736 (A)

Case cited

S v Malgas 2001 (2) SA 1222 (SCA)

Case cited

S v Roslee 2006 (1) SACR 537

Case cited

S v Matoma 1981 (3) SA 838 (A)

Case cited

S v Nkambule 1993 (1) SACR 136 (A)

Case cited

S v Quandu en Andere 1989 (1) SA 517 (A)

Case cited

Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.