Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Potgieter (684/1989) [1991] ZASCA 59 (23 May 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the appellant's conduct constituted extreme recklessness, involving a high-speed chase through urban and suburban areas, repeated disregard for traffic signals, and exposing numerous road users to grave danger. Despite the appellant's youth, lack of prior convictions, and expression of remorse, the seriousness of the offence warranted direct imprisonment. The magistrate had considered alternatives such as periodic imprisonment and fines but rejected them due to the gravity of the offence and the appellant's uncertain employment status. The court found no material misdirection in the sentencing process and confirmed that imprisonment is appropriate for reckless driving in circumstances involving gross negligence or wilful disregard for safety, even where no accident occurs. The appeal was dismissed and the sentence confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence of six months' imprisonment and twelve-month suspension of driver's licence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence of six months' imprisonment is confirmed.
  • The suspension of the appellant's driver's licence for twelve months is confirmed.

02

Material facts

Parties

Johan Hendrik Potgieter

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Imprisonment Term (months): 6
  • Driver's Licence Suspension (months): 12

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court misdirected itself in several respects when imposing sentence, including failing to properly consider the appellant's youth, lack of previous convictions, expression of remorse, and the possibility of imposing periodic imprisonment rather than direct imprisonment. It was submitted that the seriousness of the offence did not justify direct imprisonment and that the magistrate's reasoning contained errors regarding the impact of imprisonment on the appellant's employment prospects and personal circumstances.
Respondent
The respondent contended that the gravity of the offence, involving a dangerous high-speed chase and repeated disregard for traffic signals, justified a custodial sentence. The respondent argued that the appellant's conduct posed a significant risk to the lives and property of other road users, and that the magistrate had properly exercised his sentencing discretion, considering and rejecting alternatives such as periodic imprisonment and fines due to the seriousness of the offence and the appellant's circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rex v Mahametsa 1941 AD 83

    Imprisonment is an appropriate punishment for reckless driving where the conduct involves gross negligence or wilful disregard for the safety of other road users, regardless of whether an accident occurred.

  2. 02

    S v Fraser 1987 (2) SA 859 (A)

    Sentencing discretion must be exercised with reference to the seriousness of the offence and the personal circumstances of the accused; previous decisions serve only as guidelines and not binding precedents for fact comparisons.

  3. 03

    S v Jacobs 1986 (3) SA 781 (A)

    Courts are encouraged to consider periodic imprisonment in suitable cases, but the appropriateness depends on the accused's personal circumstances and the gravity of the offence.

  4. 04

    Ordonnansie 21 van 1966, s 138(2)

    The statutory definition of 'reckless' driving includes intentional or wilful disregard for the safety of persons or property, and does not require that actual harm or consequences result.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the appellant's conduct constituted extreme recklessness, involving a high-speed chase through urban and suburban areas, repeated disregard for traffic signals, and exposing numerous road users to grave danger. Despite the appellant's youth, lack of prior convictions, and expression of remorse, the seriousness of the offence warranted direct imprisonment. The magistrate had considered alternatives such as periodic imprisonment and fines but rejected them due to the gravity of the offence and the appellant's uncertain employment status. The court found no material misdirection in the sentencing process and confirmed that imprisonment is appropriate for reckless driving in circumstances involving gross negligence or wilful disregard for safety, even where no accident occurs. The appeal was dismissed and the sentence confirmed.

Obiter and limits

  • The court reiterated that previous sentencing decisions serve as guidelines and should not be used for direct factual comparison.
  • The statutory definition of 'reckless' driving does not require that actual harm result; intentional disregard for safety suffices.
  • The appellant's confirmation of the correctness of the traffic officer's testimony undermined any challenge to the factual basis of the conviction.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence of six months' imprisonment and twelve-month suspension of driver's licence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence of six months' imprisonment is confirmed.
  • The suspension of the appellant's driver's licence for twelve months is confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 59

LL Saak No 684/1989

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

JOHAN HENDRIK POTGIETER Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, F H GROSSKOPF ARR et

KRIEGLER WN ARVERHOORDATUM: 14 MEI 1991LEWERINGSDATUM: 23 MEI 1991

UITSPRAAK KRIEGLER WN AR:

2.

Hierdie appèl gaan om vonnis. Appellant is in die landdroshof te Sasolburg gevonnis tot ses maande gevangenisstraf weens 'n oortreding van die bepalings van art 138(1) van Ordonnansie 21 van 1966 (0) te wete die roekelose bestuur van 'n motorvoertuig. Sy bestuurderslisensie is ook vir twaalf maande opgeskort. 'n Beroep op die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling om inmenging met die vonnis het misluk maar verlof tot verdere appèl na hierdie hof is deur die hof a quo toegestaan.Die aanklag het voortgespruit uit 'n wilde jaagtog in en buite Sasolburg toe appellant in druk-verkeer 'n agtervolgehde verkeersmotor ontvlug. Dit was nagenoeg 13h00 op Saterdag 3 Desember 1988, appellant se 21ste verjaardag; Appellant, met drie passasiers by hom, bestuur sy vader se Toyota Cressida op so 'n wyse dat 'n verkeerskonstabel; genaamd Coertzen, hom gelas om af te trek. Hy ignoreer die opdrag, gooi die kar in trurat in die aangesig van aankomende verkeer en jaag3. weg. Coertzen sit hom in sy ampsmotor agterna. Appellant jaag in 'n voorstad genaamd Vaalpark in, waar hy in sy dolle vaart oor verskeie randstene ry en by geleentheid vir Coertzen ontglip deur 'n private erf te deurkruis. Toe kies hy koers snelweg toe waar hy in die rigting van Vanderbijlpark jaag met Coertzen agterna. By drie agtereenvolgende kruisings ignoreer hy die rooi verkeerslig en ontwyk ter nouer nood die ander verkeer. By

'n daaropvolgende kruising, beheer deur vierrigting stoptekens, jaag hy ook deur. Hy slaag daarin om teen 'n snelheid van 160 km per uur plus onder Coertzen uit te ry. Etlike ure later let dié hom in Sasolburg op, steeds agter die wiel van die Cressida, en hy word aangekeer.Die daaropvolgende Maandag verskyn hy sonder regsbystand in die Sasolburgse landdroshof en pleit skuldig aan voormelde oortreding. Sy antwoorde op die ondervraging ingevolge art 112(1)(b) van die Straf-proseswet no 51 van 1977 lei daartoe dat 'n pleit van

4.

onskuldig aangeteken word en die verhoor word uitgesteltot die daaropvolgende Maandag, d w s 12 Desember 1988.Op laasgenoemde datum verskyn appellant weer sonderregsbystand. Die Staat bied toe die getuienis aan vanverkeersbeampte Coertzen asook van 'n kollega van homgenaamd Steenkamp. Ondanks voorligting oor sy regtedienaangaande stel appellant geen vrae aan die Staats-getuies nie. By die afsluiting van die Staatsaak wordsy regte aan hom verduidelik. Hy motiveer sy keuse omte swyg met die volgende stelling:

"Nee, die verklaring wat mnr Coertzen en mnr Steenkamp gegee het is die waarheid. Dit is ... (onhoorbaar) die waarheid wat gebeur het, is korrek."

Na skuldigbevindihg en appellant se keuse om tenaansien van vonnis te swyg, word hy deur dié landdrosdeeglik aangaande sy persoonlike omstandighedeondervra. Dit blyk dat hy na skoolverlating in 1985 envoltooiing van sy militêre diensplig twee betreklik

nederige betrekkings as operateur beklee het met

5.

tussenposes van werkloosheid. Ten tyde van die verhoorwas hy weer sowat twee maande lank werkloos maar soukort daarna vir 'n werksonderhoud in Meyerton gaan. Hywas ongetroud en het as afhanklike by sy wewenaar vaderop Sasolburg ingewoon. Na besinning oor die etensuur

lewer die landdros soos volg uitspraak ten aansien vanvonnis:

"Die hof hou in gedagte dat u jonk is, geen vorige veroordelings het nie en ook dat u skuldig gepleit het, dat u houding in die hof deurentyd een was van dat u 'n berou toon van wat u gedoen het. Maar wanneer al hierdie omstandighede saam oorweeg word en daar gekyk word na die erns van die oortreding die graad van roekeloosheid wat u aan die dag gelê het en die gevaar waarin u ander padgebruikers se lewens gestel het, dan kom ek tot die slotsom dat dit net nie moontlik is om u uit die gevangenis te hou nie. Ek het oorweeg om u bestuurderslisensie in te trek. U is egter nog jonk en nadat u u straf ondergaan het wanneer miskien sal die jare rypheid meebring en dan sal u u lisensie in die toekoms meer waardeer. Gevolglik gaan ek dit net vir 'n tydperk wegneem en hopelik sal u dit tot ander insigte bring. Met inagneming van al die omstandighede van hierdie saak, word u dan gevonnis tot SES (6) MAANDE GEVANGENISSTRAF en u bestuurders-

6.

lisensie word opgeskort vir 'n tydperk van twaalf maande met ingang van vandag."

Die daaropvolgende dag word kennisgewing van appèl teen die vonnis gegee en appellant word op borg vrygelaat. Die landdros verstrek uitvoerige redes vir vonnis in die loop waarvan hy na etlike beslissings in dergelike en ander sake verwys. Die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling wys die appèl af maar verleen verlof tot verdere appèl na hierdie afdeling.Voor die provinsiale afdeling en ook in hierdie hof is daar namens appellant aangevoer dat die verhoorhof, blykens sy redes vir vonnis, in verskeie opsigte misgetas het. Dit is nog nodig nog dienlik om die desbetreffende betoog in besonderheid te ontleed. Al sou aanvaar word dat hierdie hof vanweë sodanige beweerde mistastings geroepe is om opnuut oor vonnis te besin, sou daar nie met die opgelegde vonnis ingemeng kon word nie. Ondanks appellant se betreklike jeugdigheid, sy eerste oortrederskap, sy oënskynlike7. berou en die geykte traagheid om so 'n persoon vir 'n

verkeersmisdaad deur gevangesetting aan die geselskap van deurtrapte misdadigers bloot te stel, noop die enormiteit vah appellant se optrede die betrokke middag regstreekse gevangenisstraf. In die hande van 'n onverskillige is 'n motorvoertuig alreeds gevaarlik. Waar daar bowendien voortdurende en herhaalde roekeloosheid teenwoordig is, soos kennelik hier die geval was, is die gemeenskapsrisikos so groot dat die strakheid van tronkstraf aangewese is. Appellant het immers in sy ontvlugting van die gereg die lewens en eiendom van talle padgebruikers aan groot gevaar blootgestel. Daar is wel in hierdie hof namens appellant aangevoef dat verkeersbeampte Coertzen sy getuienis aangedik het omdat die afwesigheid van 'n botsing andersins onverklaarbaar is. Die submissie gaan om twee redes nie op nie. Ten eerste blyk dit uit die hierbo aangeháalde mededeling van die kant van die appellant dat hy uitdruklik die korrektheid van

8.

Coertzen se weergawe beaam het. Ten tweede kom die submissie eintlik op bespiegeling neer. Vanweë die houding wat appellant by die verhoor ingeneem het, is daar nie ingegaan op moontlike ontwykingsaksies deur ander motoristé waardeur die noodlot afgeweer is nie.Dit sou ook geen nuttige doel dien om stapsgewys aanknopingspunte by regterlike uitsprake in ánder (min of meer vergelykbare) sake te soek nie.Hierdie hof het by monde van Nicholas Wn AR in S vFraser 1987 (2) SA 859 (A) 863A-D herbeklemtoon (a) hoe futiel dit is om nïe beginsels nie maar feitevergelykings in besliste sake te probeer vind, en (b), dat by vonnisoplegging ander beslissings bloot dien as riglyne by díe besondere uitoefening van die strafdiskresie. En in beginsel staan dit lank reeds vas dat direkte gevangenisstraf in gepaste omstandig-hede vir die roekelose bestuur van 'n motorvoertuig aangewese is. in Rex v Mahametsa 1941 AD 83 stel Centlivres AR dit soos volg op p 86, onderaan:

9.

"We do not disagree with the view that imprisonment is an appropriate punishment in cases of recklessness, if by 'recklessness' is meant gross negligence or a wilful disregard of the rights of other road users, as for example in the case of numbers of accidents which are caused by the dangerous practice of 'cutting in' or driving round a . blind corner on the wrong side of the road, or passing another car on the crest of a hill." Alhoewel die beginselstelling ondubbelsinnig

is, noop 'n submissie wat namens appellant in hierdiesaak geopper is 'n verduideliking. Daar is naamlikaangevoer dat die geleerde appèlregter se opmerkingsalleen betrekking het op roekeloosheid wat inderdaadongelukke tot gevolg het. Dit was duidelik nie diegeleerde regter se bedoeling nie en die aangehaaldepassasie is nouliks vir sodanige uitleg vatbaar. Diebeginselstelling was dát gevangenisstraf vir roekeloos-heid - in die strenge sin van die woord - toepaslik is.Vervolgens is 'n aantal voorbeelde by wyse vanverduideliking genoem sonder om hoegenaamd te kenne tegee dat gevangenisstraf slegs in sodanige gevalle

10.

toepaslik sou wees. Volledigheidshalwe kan ook genoemword dat daar geen aanduiding in die omskrywing van diewoord "roekeloos" in art 138(2) van Ordonnansie 21 van

1966 te vinde is dat bepaalde gevolge 'n wesenselementuitmaak nie. Dit lui so:

"Sonder om die gewone betekenis van die woord roekeloos' te beperk, word daar geag dat iedereen wat 'n voertuig met opsetlike of moedswillige verontagsaming van die veilig-heid van persone of eiendom bestuur, genoemde voertuig roekeloos bestuur het."

(Kyk ook S v Van Zyl 1969 (1) SA 553 (A).)

Een laaste punt dien vermeld te word. Dit is

of die toepaslike vorm van gevangenisstraf ononderbrokedan wel periodiek is. In S v Jacobs 1986 (3) SA 781

(A) benadruk Trengove AR op 784E "dat die howe in dieverlede reeds by herhaling aangemoedig is om in gepastegevalle van periodieke gevangenisstraf gebruik temaak." Daar is dan ook in hierdie saak namensappellant aangevóer dat periodieke gevangenisstrafeerder dan ononderbfoke gevangenisstraf aangewese was

11.

en dat die verhoorlanddros, blykens sy vonnismotive-ring, dienaangaande misgetas het. Weliswaar is daar enkele sinsnedes in die motivering wat ietwat onvanpas voorkom. Dit doen egter weinig afbreuk aan die prinsipiële suiwerheid van die landdros se benadering. Hy het wel periodieke gevangenisstraf oorweeg maar daarteen besluit (soos ook teen 'n stewige boete en 'n geheel opgeskorte termyn van gevangenisstraf) vanweë die erns van die misdaad en die appellant se persoonlike omstandighede. Ten tydevan vonnisoplegging het appellant geen vaste betrekking gehad wat hy vanweë ononderbroke gevangenisstraf sou verloor nie; hy het geen inkomste gehad wat hy daardeur sou verbeur nie; daar was geen afhanklikes om in aanmerking te neem nie; appellant se vooruitsigte op vaste werk was bra onseker en die mate waartoe hy daarin deur naweekstraf benadeel sou word, was onbekend. Bygevolg en al sou dit as 'n mistasting aan die kant van die landdros aangemerk word dat hy gemeen het dat gevangenisstraf die "angel" uit

12.

die straf sou neem en al het hy appellant se nederige werkstatus ten onregte in berekening geneem, was die slotsom korrek.

Die appèl word afgewys.

J.C.

KRIEGLER WN AR

HEFER ARSTEM SAAM F H GROSSKOPF AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rex v Mahametsa 1941 AD 83

Case cited

S v Fraser 1987 (2) SA 859 (A)

Case cited

S v Jacobs 1986 (3) SA 781 (A)

Case cited

S v Van Zyl 1969 (1) SA 553 (A)

Case cited

Ordonnansie 21 van 1966

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.