Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Ralph [2006] ZAFSHC 121 (31 August 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the trial magistrate erred by convicting the appellant on the alternative charge without considering whether the main charge was proven. The evidence, when properly assessed, established that the appellant committed indecent acts with the complainant, a boy under the age of 19, over a period of several years, thus proving the main charge under section 14(1)(b) of Act 23 of 1957. The conviction was amended accordingly. Regarding sentence, the original sentence of seven years' imprisonment exceeded the statutory maximum of six years for the offence. The court considered the appellant's personal circumstances, the nature of the relationship, and the seriousness of the offence, and determined that a sentence of four years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of Act 51 of 1977, allowing for correctional supervision, was appropriate.

Court disposition

Conviction and sentence set aside and replaced with conviction on the main charge and a sentence of four years' imprisonment under section 276(1)(i) of Act 51 of 1977.

Orders

  • The conviction on the alternative charge is set aside and replaced with a conviction on the main charge: contravention of section 14(1)(b) of Act 23 of 1957.
  • The sentence is set aside and replaced with four years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of Act 51 of 1977.

02

Material facts

Parties

Norman Peter Ralph

Applicant Counsel: Adv. N. Snellenburg

The State

Respondent Counsel: Adv. J. Botha

Amounts and remedies

  • Imprisonment Term Imposed: 4
  • Statutory Maximum Imprisonment Term: 6
  • Maximum Fine Permitted: ZAR 6,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the evidence did not prove the commission of any offence under section 14(1)(b) of Act 23 of 1957, raising doubts about whether the alleged acts ever occurred. He highlighted contradictions and improbabilities in the complainant's testimony, emphasized the lack of corroboration, and questioned the forensic nurse's expertise and findings. He further contended that the complainant was essentially a single witness whose evidence was not sufficiently supported.
Respondent
Counsel for the State conceded that the conviction on the alternative charge was legally incorrect if the main charge was proven. He submitted that the evidence overwhelmingly established a homosexual relationship between the appellant and the complainant over a long period, with the acts qualifying as indecent acts under section 14(1)(b). He requested that the conviction be amended to the main charge and argued that the sentence should reflect the seriousness of the offence and the breach of trust by the appellant.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 83 of Act 51 of 1977

    An alternative charge should only be considered after a finding that the main charge is not proven; this is the purpose of alternative charges.

  2. 02

    Section 304(2)(c)(1) read with section 309(3) of Act 51 of 1977; S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A)

    On appeal, the conviction may be amended to the main charge if the evidence supports it.

  3. 03

    Section 276(1)(i) of Act 51 of 1977

    Sentences must not exceed statutory maximums and should be appropriate to the seriousness of the crime and the interests of the community.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the trial magistrate erred by convicting the appellant on the alternative charge without considering whether the main charge was proven. The evidence, when properly assessed, established that the appellant committed indecent acts with the complainant, a boy under the age of 19, over a period of several years, thus proving the main charge under section 14(1)(b) of Act 23 of 1957. The conviction was amended accordingly. Regarding sentence, the original sentence of seven years' imprisonment exceeded the statutory maximum of six years for the offence. The court considered the appellant's personal circumstances, the nature of the relationship, and the seriousness of the offence, and determined that a sentence of four years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of Act 51 of 1977, allowing for correctional supervision, was appropriate.

Obiter and limits

  • The court expressed concern over the admission of the social worker's evidence on the merits, noting it was irregular and should not have been considered.
  • The facts of the case differ from typical instances of child molestation, as the relationship developed over a long period with strong emotional bonds.
  • The court acknowledged the trauma experienced by both the complainant and the appellant as a result of the events and subsequent proceedings.

Court disposition

Conviction and sentence set aside and replaced with conviction on the main charge and a sentence of four years' imprisonment under section 276(1)(i) of Act 51 of 1977.

  • The conviction on the alternative charge is set aside and replaced with a conviction on the main charge: contravention of section 14(1)(b) of Act 23 of 1957.
  • The sentence is set aside and replaced with four years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of Act 51 of 1977.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2006] ZAFSHC 121

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Appèl Nr. : A33/2005

In die appèl tussen:

NORMAN

PETER RALPH Applikant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: CILLIé, R et EBRAHIM, R

_____________

UITSPRAAK: CILLIé, R

AANGEHOOR OP: 14 AUGUSTUS 2006

GELEWER OP: 31 AUGUSTUS 2006

[1] Die appellant het in die Streekhof tereggestaan op ‘n hoofklagte van oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 met ‘n alternatiewe klagte van onsedelike aanranding. Die streeklanddros het die appellant skuldig bevind aan die alternatiewe klagte. In die uitspraak word geen redes vermeld waarom die hoofklagte verbygegaan was nie. Trouens dit is duidelik uit die uitspraak dat die vraag of die hoofklagte bewese is nooit oorweeg was nie. Dit is regtens foutief. ‘n Alternatiewe klagte kom juis eers onder oorweging na ‘n bevinding dat die hoofklagte nie bewese is nie. Dit is die hele doel van die stel van klagtes in die alternatief. (Vergelyk artikel 83 van Wet 51 van 1977.) Die advokate wat namens die appellant en die Staat verskyn het was dit eens dat as die hoofklagte wel deur die getuienis bewese was die skuldigbevinding aan die alternatiewe klagte om hierdie rede alreeds nie regtens korrek is nie. Wat egter meer is, is dat die advokate dit eweneens eens is dat die getuienis, al word dit aanvaar, in elk geval nie ‘n skuldigbevinding op die alternatiewe klagte bewys nie. Dit is oorweldigend duidelik uit die getuienis dat die klaer op sy eie weergawe reeds deurgaans ‘n gewillige deelnemer was aan die beweerde seksuele dade waarna weldra verwys sal word. Daar is dus van onsedelike aanranding met al die elemente wat daarvoor vereis word, geen sprake nie. Mnr.

Botha, namens die Staat het gevolglik versoek dat die skuldigbevinding verander moet word na een van oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 synde die hoofklagte. Sou die getuienis gemelde oortreding bewys is so ‘n werkswyse op appèl natuurlik geoorloof. Vergelyk artikel 304(2)(c)(1) gelees met artikel 309(3) van Wet 51 van 1977, S v DU TOIT 1966 (4) SA 627 (A), Hiemstra S.A. STRAFPROSES, 6de Uitgawe, bladsy 238.

[2] Mnr. Snellenburg, namens die appellant voer egter aan dat die getuienis selfs nie ‘n oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 bewys nie en wel omdat daar twyfel moet wees of die beweerde dade wat die klagte sou daarstel ooit plaasgevind het. Dit maak dit nodig om in meer besonderhede na die inhoud van die klagstaat sowel as die getuienis te verwys.

[3] Die beweringe teen die appellant, soos vervat in die klagstaat, is dat hy vir ‘n periode strekkende vanaf 1997 tot 2004 ‘n reeks onsedelike dade met die klaer, ‘n seun onder die ouderdom van 19 jaar, gepleeg het. Dit is nie nodig om die presiese aard daarvan weer te gee nie. Dit is duidelik en deur almal so aanvaar dat die beweerde dade kwalifiseer as onsedelike dade wat voldoende sou wees vir ‘n oortreding van artikel 14(1)(b) voormeld.

[4] Die klaer was tydens die verhoor 14 jaar oud. Sy getuienis was dat vanaf ongeveer 7-jarige ouderdom die appellant, wat ‘n aangetroude familielid was, hierdie dade met hom gepleeg het. Dit blyk uit die oorkonde dat die appellant op daardie stadium ongeveer 30 jaar oud was. Die getuienis van die klaer laat min twyfel dat daar oor hierdie periode wat bes as ‘n homoseksuele verhouding beskryf kan word, tussen die appellant en die klaer bestaan het. Die klaer self het getuig dat die appellant dikwels geskenke aan hom gegee het. Dit is duidelik dat dit die klaer welgeval het. Hulle het saam op visvanguitstappies gegaan en ander vermaaklikheid bygewoon. Hierdie verhouding het volgens die klaer soos seker in alle verhoudinge goeie en slegte tye beleef.

[5] Dit blyk uit die getuienis van die klaer se moeder dat sy eendag ‘n pornografiese tydskrif in die klaer se sportsak ontdek het. Toe sy hom hieroor konfronteer het die klaer verduidelik dat hy dit by ‘n vriend, ene Pieter, sou gekry het. Op haar versoek dat hulle na Pieter se ouers moet gaan sodat sy hulle daarvan kan inlig sê die klaer toe dat hy dit by die appellant gekry het. Na verdere druk op die klaer deur die vader en moeder het die klaer gebieg en alles onthul. ‘n Klagte is toe by die Polisie teen die appellant gelê.

[6] ‘n “Forensic nurse” het die klaer daarna ondersoek. Al van belang wat sy gevind het was ‘n rooierige verkleuring om en tregtervorming van die anus. Volgens haar dui dit op kroniese penetrasie van die anus.

[7] As deel van die Staat se saak op die meriete is die ongewone gedoen om die getuienis van ‘n maatskaplike werkster aan te bied. Hierdie maatskaplike werkster het met die klaer ‘n onderhoud gevoer en ‘n volledige verslag opgestel. Dit is as bewysstuk ingehandig as deel van die Staat se saak op die meriete. Hierin verhaal die maatskaplike werkster in groot besonderhede watter effek die gebeure op die klaer gehad het. Dit is duidelik uit haar getuienis dat sy van die standpunt uitgaan dat die gebeure wel plaasgevind het. Hierdie getuienis is natuurlik ontoelaatbaar op die meriete van die saak. Dit is onbegryplik hoe so ‘n onreëlmatigheid in ‘n streekhof kon plaasvind. Mnr. Botha namens die Staat het ook tereg toegegee dat daardie getuienis van die maatskaplike werkster vir soverre dit beoog om te dien as getuienis van die gebeure self, ontoelaatbaar is. Ek meen dat hierdie getuienis in die geheel ter oorweging van die meriete van die aangeleentheid buite rekening gelaat moet word.

[8] Die appellant het in sy getuienis ontken dat daar enige onsedelike dade tussen hom en die klaer plaasgevind het. Sy verduideliking is dat dit bloot ‘n platoniese vriendskap was en dat die klaer se familie hom wil benadeel met valse beweringe omdat daar nooit ‘n goeie verhouding tussen hulle was nie.

[9] Mnr. Snellenburg, namens die appellant het in ‘n sterk betoog gewys op verskeie weersprekings en onwaarskynlikhede in die klaer se getuienis. Hy betoog voorts dat die klaer in effek eintlik ‘n enkel getuie is vir wie se getuienis daar weinig, indien enige, stawing is. Hy beklemtoon verder dat die “forensic nurse” nie tekens van ‘n beweerde onsedelike daad wat volgens die klaer enkele dae voor haar ondersoek plaasgevind het gevind het nie. Mnr. Snellenburg het ook bedenkinge oor die deskundigheid van die “forensic nurse” geopper.

[10] Ek het oorweging gegee aan hierdie betoog van Mnr. Snellenburg. Nieteenstaande die geldigheid van sekere fasette van die kritiek geopper teen die Staat se saak laat die oorweging van die geheel van die toelaatbare getuienis werklik geen ander gevolgtrekking nie as dat hier oor ‘n lang tydperk ‘n homoseksuele verhouding tussen die klaer en die appellant was. Nog minder kan daar twyfel wees dat tydens hierdie verhouding die dade inderdaad plaasgevind het waaroor die klaer getuig het. Dit is duidelik uit die getuienis dat daar selfs tydens die verhoor nog ‘n sterk emosionele band tussen die klaer en die appellant bestaan het. So byvoorbeeld getuig die appellant self op vrae as volg:

“...ek het op daardie stadium baie lief, baie vir daardie kind begin te omgee. Ek het dit wel, ek het wel vir hom omgegee, baie omgegee.”

Vergelyk oorkonde, bladsy 128 reël 8 en verder.

Die appellant en die klaer het volgens die getuienis vir weke lank saam weggegaan. So ook het die klaer vir tye alleen by die appellant in sy woonplek gebly. Dit is ook duidelik dat die klaer aanvanklik erg huiwerig was om die appellant te inkrimineer. Dit was alleen na druk op hom van sy ouers en onderhoude met die maatskaplike werkster dat hy sover gekry was om ‘n klagte te lê en getuienis teen die appellant af te lê. Dit alles spreek teen ‘n sameswering van die familie en die klaer om die appellant valslik te betrek so as wat die appellant te kenne wou gee.

[11] Die gebeure wat die grondslag lê vir ‘n skuldigbevinding aan oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 is dus bewese.

Die skuldigbevinding behoort dienooreenkomstig verander te word.

[12] Vonnis: Die appellant is gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Hy kom in hoër beroep ook teen die opgelegde vonnis. ‘n Skuldigbevinding aan oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 voorsien ‘n maksimum van 6 jaar gevangenisstraf met of sonder ‘n boete van hoogstens R6 000. Die opgelegde vonnis oorskry dit natuurlik en kan om daardie rede alleen nie gehandhaaf word nie. Die appellant is klaarblyklik ‘n begaafde en talentvolle persoon. Hy het ‘n BA graad en daarna ‘n BTh (teologie) voltooi. Tydens die gebeure was hy ‘n pastorale hulp by ‘n NG Gemeente en tydens die verhoor in diens by die Church of God of Prophecy. Hy gee ook musieklesse. ‘n Ervare maatskaplike werker van Korrektiewe Dienste het op versoek van die Staat ‘n voorvonnisverslag opgestel en getuienis aangebied. Volgens die getuie is die appellant “goed afgerond” en baie professioneel. Hy het ‘n baie positiewe en gunstige indruk op die betrokke getuie gemaak. Volgens die getuie is die appellant ‘n geskikte persoon vir korrektiewe toesig. Dit sou volgens die verslag die appellant in staat stel om deel te hê in spesiale behandelingsprogramme. Die maatskaplike werker het egter op grond van die volgende oorweging nie korrektiewe toesig aanbeveel nie:

“It is also important that the sentence must be in line with the seriousness of the crime. This crime is very serious and the community has an outcry against crime of a sexual nature with children as the victims. The crime was committed over a period of seven years, which makes it even more serious. There is also a very strong movement towards evaluating anal intercourse with a male person as rape. It is therefore obvious that the sentence of correctional supervision will not be in line with the seriousness of the crime. Such a sentence will send the wrong message to the community, a message that sexual offences against children are not seen in a serious light.”

Die verslag sluit dan af met die volgende:

“This office is of the opinion that the sentence of direct imprisonment in terms of section 27(6)(1)(b) of the Criminal Procedure Act would be the most suitable sentence. This is because of the serious nature of the crime and the interest of the community. It is however possible to administer a sentence of correctional supervision upon the accused and if the court is of the opinion that such a sentence would be the most suitable sentence in this case it can indeed be imposed.”

In mondelinge getuienis het die besondere getuie as volg getuig:

“... he is not a hard type of person, he is not a person that has a personality that will handle imprisonment positively. His personality is of such a manner that imprisonment will be a great shock to him as a person, imprisonment will break him down as a person for sure. The fact that he has been convicted of a sexual offence even more so, because of the fact that prisoners know what crimes a person was convicted of when he enters the prison and the moment that it’s sexual offences against children, our experience is that prisoners are even more harsh on that person.”

Vergelyk oorkonde bladsy 191, reël 9 – 18.

Mnr. Botha, namens die Staat het in betoog daarop gewys dat die appellant die vertroue wat die klaer in hom gehad het geskend het. Hy het ook uitgewys dat die appellant valslik volstaan by ‘n ontkenning van die voorvalle. Ek het deeglik oorweging gegee aan al bogemelde. Die vraag na ‘n gepaste vonnis in hierdie besondere omstandighede het my werklik heelwat nadenke besorg. Hierdie is nie die gewone tipe gevalle van ‘n beskuldigde wat rondloop en jong kinders molesteer soos wat ongelukkig te dikwels aangetref word nie. Vergelyk S v K 1995 (2) SASV 555 (O) en S v R 1995 (2) SASV 590 (A). Die onderhawige feite val veel eerder in die kategorie van S v R 1993 (1) SASV 209 (A) en S v V 1993 (1) SASV 736 (O).

Dit is duidelik dat hier ‘n “liefdesverhouding” oor ‘n lang periode tussen die klaer en die appellant ontwikkel het met sterk emosionele bande tussen hulle. Die feit dat die klaer eventueel teen hom gedraai het onder druk van sy ouers soos die appellant dit gesien het, was duidelik vir hom erg traumaties. Eweneens so vir die klaer. Die getuienis dui aan dat die klaer nadat die gebeure op die lappe gekom het sielkundige behandeling moes ondergaan. Andersyds is daar begrip vir die klaer se moeder se verontwaardiging oor wat die appellant haar jong seun aangedoen het. Dit kom my voor asof die geregverdigde eis dat appellant deeglik gestraf moet word enersyds, en die daarstel van ‘n geleentheid vir die appellant om onder korrektiewe toesig behandeling te ondergaan en te rehabiliteer andersyds, met mekaar versoen kan word deur aan die appellant gevangenisstraf op te lê waaruit hy op die gepaste tydstip na goeddunke van die gesaghebbers by Korrektiewe Dienste onder korrektiewe toesig ontslaan kan word. Artikel 276(1)(i) van Wet 51 van 1977 is juis ontwerp vir sulke gevalle. Dit sal meebring dat die appellant wel vir ‘n periode gevangenisstraf moet ondergaan. Ek sou dit graag wou vermy maar het tot die gevolgtrekking gekom dat, hoe jammer ookal, die appellant nie na behore gestraf sal word sonder dat hy ‘n periode gevangenisstraf moet uitdien nie.

[13] Die skuldigbevinding en vonnis word gevolglik tersyde gestel en vervang met die volgende:

Skuldig aan die hoofklagte, oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957.

Vier (4) jaar gevangenisstraf opgelê ingevolge artikel 276(1)(i) van Wet 51 van 1977.

____

C.B. CILLIé, R

Ek stem saam.

______

S. EBRAHIM, R

Namens die appellant: Adv. N. Snellenburg

In opdrag van:

Schoeman Maree Ingelyf

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. J. Botha

Kantoor van die Direkteur:

Openbare Vervolgings

/EM

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A)

Case cited

S v K 1995 (2) SASV 555 (O)

Case cited

S v R 1995 (2) SASV 590 (A)

Case cited

S v R 1993 (1) SASV 209 (A)

Case cited

S v V 1993 (1) SASV 736 (O)

Case cited

Section 14(1)(b) of Act 23 of 1957

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 83 of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 304(2)(c)(1) of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 309(3) of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 276(1)(i) of Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.