S v Rive (31/84) [1985] ZASCA 110 (27 September 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 110
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Hoexter, Nicholas
- Case number
- 31/84
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Hoexter, Nicholas
- Case number
- 31/84
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court had overemphasized the interests of the community and failed to properly consider the appellant's personal circumstances and alternative sentencing options. The appellant was a young mineworker with a minor quantity of cannabis in his possession and a history of previous convictions, but the facts did not justify unbroken imprisonment. The court held that periodic imprisonment was a more appropriate sentence, given the appellant's employment and ability to arrange his working hours to serve the sentence over weekends. The appeal succeeded, and the sentence was substituted with 500 hours of periodic imprisonment under section 285 of the Criminal Procedure Act.
Court disposition
Appeal upheld; sentence of two years' imprisonment set aside and replaced with 500 hours of periodic imprisonment.
Orders
- The appeal is upheld.
- The sentence of two years' imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to undergo 500 hours of periodic imprisonment in terms of section 285 of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977.
02
Material facts
Parties
Louis Francois Rive
Appellant Counsel: EbersohnThe State
RespondentAmounts and remedies
- Periodic Imprisonment Hours: 500
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence Only
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court overemphasized the interests of the community at the expense of the appellant's personal circumstances in sentencing.
- 02
Whether the sentence of two years' imprisonment was appropriate given the facts and previous convictions.
- 03
Whether alternative sentencing options such as referral to a rehabilitation centre or periodic imprisonment should have been considered.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant argued that the trial court erred in its approach to sentencing by placing undue emphasis on the interests of the community and failing to properly consider the appellant's personal circumstances. It was submitted that the removal of the appellant from society was not necessary for public protection, and that the magistrate did not adequately consider alternatives to direct imprisonment, such as referral to a rehabilitation centre under section 296(1) or periodic imprisonment under section 285 of the Criminal Procedure Act. The sentence imposed was argued to be excessively harsh and disproportionate.
- Respondent
- The respondent maintained that the appellant's repeated offences justified a custodial sentence and that the interests of the community warranted a strong deterrent. The respondent argued that the trial court's discretion should not lightly be interfered with, especially given the appellant's history of similar convictions and the ineffectiveness of previous suspended sentences and rehabilitation conditions.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Du Toit, Straf in Suid-Afrika, p. 92
Sentencing must balance the interests of the community with the personal circumstances of the offender, and custodial sentences should not be imposed where alternatives are appropriate.
- 02
S v Erwee 1982 (3) SA 1057 (A)
Courts are encouraged to make greater use of periodic imprisonment, especially where it is suitable to the offender's circumstances and does not unduly disrupt employment.
- 03
S v Nagel 1970 (2) SA 483 (T); S v Bhadoo 1971 (1) SA 53 (N)
The interests of the community as an aggravating factor are most relevant where the crime is inherently harmful to society, such as dealing in drugs, rather than mere possession.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court had overemphasized the interests of the community and failed to properly consider the appellant's personal circumstances and alternative sentencing options. The appellant was a young mineworker with a minor quantity of cannabis in his possession and a history of previous convictions, but the facts did not justify unbroken imprisonment. The court held that periodic imprisonment was a more appropriate sentence, given the appellant's employment and ability to arrange his working hours to serve the sentence over weekends. The appeal succeeded, and the sentence was substituted with 500 hours of periodic imprisonment under section 285 of the Criminal Procedure Act.
Obiter and limits
- The court noted that South Africa faces a shortage of skilled workers, and removing the appellant from society for two years would not serve the interests of the community.
- The court observed that previous suspended sentences and rehabilitation conditions had not been effective, but that periodic imprisonment would allow the appellant to maintain employment while serving his sentence.
- The court encouraged trial courts to consider periodic imprisonment more frequently, despite potential administrative challenges.
Court disposition
Appeal upheld; sentence of two years' imprisonment set aside and replaced with 500 hours of periodic imprisonment.
- The appeal is upheld.
- The sentence of two years' imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to undergo 500 hours of periodic imprisonment in terms of section 285 of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LOUIS FRANCOIS RIVEenDIE STAAT
Saak Nr 31/84 mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
LOUIS FRANCOIS RIVE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JANSEN, HOEXTER ARRet NICHOLAS WAR
VERHOOR: 13 September 1985GELEWER: 27 September 1985
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n appèl teen vonnis in 'n strafsaak.Die appellant is 'n 25-jarige mynwerker. Op 13 Mei 1982is hy in die landdroshof te Klerksdorp aan 'n oortreding
van art 2(b) van Wet 41 van 1971 skuldig bevind. Uit die
aangevoerde getuienis blyk dat die appellant met 1½ gram
dagga in sy besit deur die polisie betrap is. Hom is 'nvonnis van twee jaar gevangenisstraf opgelê. Die appellantse daaropvolgende appèl teen sowel skuldigbevinding asvonnis is na 'n voltallige regbank van die TransvaalseProvinsiale Afdeling verwys. Laasgenoemde het die appèlafgewys. Verlof om teen die vonnis alleen te appelleeris egter deur die HOOFREGTER verleen.
Voor vonnisoplegging is daar by die verhoordrie vorige veroordelings weens oortreding van art 2(b)van Wet 41 van 1971 teen die appellant bewys. Ten opsigtevan gemelde vorige veroordelings is die volgende vonnisseonderskeidelik opgelê:-
(1) Op 3.
(1) Op 10 Januarie 1974 lyfstraf van ses houe met 'n ligte rottang. (2) Op 5 November 1974 twee jaar gevangenis= straf in geheel voorwaardelik opgeskort vir drie jaar. (3) Op 22 Oktober 1977 twee jaar gevangenis= straf in geheel opgeskort vir drie jaar. Een van die opskortingsvoorwaardes was -
"dat hy nie die behandeling bySpringkell Kliniek staak alvorenshy vrygestel word deur die psigiaterin bevel van die saak nie."
Wat betref die vonnis op 22 Oktober 1977 opgelê en metbetrekking tot die hierbo aangehaalde opskortingsvoorwaardehet die landdros by vonnisoorweging die aandag gevestig opdie "rehabilitasie-oogmerk" daarvan en hom toe soos volguitgelaat:-
"Maar dit is ook duidelik dat hierdieopgeskorte vonnis nie tot enige nut was nie."
In sy redes vir vonnis het die landdros vervolgens sekerefaktore teen mekaar opgeweeg:-
"Dit is so dat getrag moet word by vonnis=oplegging om so min moontlik inbreuk te maak
op
4.
op kosbare mense materiaal, op ekonomiesegebied asook sosiale gebied. Nou is dit sodat die belange van die gemeenskap ook op 'nsekere stadium sterk na vore moet tree en watdaar dus nou hier dus inbreuk gemaak is opbelange van die gemeenskap, as die belangevan die gemeenskap gesteur word soos inhierdie geval, dan is dit so dat die belangevan die individu, van die persoon, dan vaagweglater in die agtergrond geskuif moet word.Die Hof is van oordeel dat gevangenisstrafin u geval 'n onafwendbare gevolg moet wees.Onder die omstandighede word u gevonnis tottwee jaar gevangenisstraf".
Mnr Ebersohn wat op bekwame wyse die appèl namens dieappellant beredeneer het, het betoog dat uit hoofde vansekere beweerde mistastings by straftoemeting deur die verhoor=hof begaan hierdie Hof met die opgelegde vonnis moet inmeng.In die eerste plek het hy aangevoer dat die verhoorhof seredes vir vonnis op die gevolgtrekking dui enersyds dat daarby vonnisoorweging 'n oor-aksentuering van die gemeenskaps=belang was, en andersyds dat daar aan die appellant sebesondere posisie nie behoorlik oorweging geskenk is nie.
Hierby
5.
Hierby aansluitend is dan ook betoog dat met inagnemingvan al die omstandighede van die geval beskerming van diepubliek nouliks die verwydering van die appellant uit diemaatskappy geverg het; en dat die landdros ietwat onkritiesgevangenisstraf as die aangewese en onvermybare strafaangemerk het sonder dat hy meer gepaste alternatiewe (en in besonder die moontlikheid òf van verwysing na 'n rehabi=litasiesentrum ingevolge art 296(1) òf van periodiekegevangenisstraf ingevolge art 285 van die Strafproseswet,51 van 1977) oorweeg het. Tweedens het die appellant seadvokaat ter oorweging gegee dat die ppgelegde vonnis sobuitensporig swaar is dat geen redelike hof dit sou opgelêhet nie.
Wat betref die verhoofhof se opweging van diegemeenskapsbelang teen dié van die veroordeelde in die saakis dit natuurlik korrek dat, na gelang van omstandighede,
eersgenoemde
6.
eersgenoemde belangriker as laasgenoemde mag wees. Wategter beklemtoon moet word is dat gemeenskapsbelang asverswarende faktor sterker na vore tree wanneer die misdaadin sy wese sodanig is dat beskerming van die gemeenskapdaarteen noodsaaklik is. Kyk: Du Toit, Straf in Suid-Afrika,bl 92. Gaan dit oor 'n misdaad wat vir die gemeenskapinherent verderflik is (soos bv die kweek van of smous metdagga) sal die belange van die maatskappy klaarblyklik meergewig dra as by die geval van 'n misdaad waardeur die ge=meenskapsbelang nie so direk en nadelig getref word nie(soos bv die blote besit van dagga). Met hierdie oorwegingsin gedagte moet die kernfeite van die onderhawige geval inoënskou geneem word. Ofskoon sy vorige veroordelings dieafleiding veroorloof dat die appellant na alle waarskynlik=heid 'n gewoonteroker van dagga is, is die massa van diedagga in sy besit gevind uiters gering. Die appellantstaan in 'n vaste diensbetrekking as 'n mynwerker. Dit is
oorbekend
7.
oorbekend dat ons land 'n nypende tekort aan geskooldewerkskragte ondervind. Die appellant onderhou sy moeder.In hierdie omstandighede, so meen ek, sal die gemeenskaps=belang allermins gedien word deur die ononderbroke gevange=houding van die appellant vir 'n tydperk van twee jaar.
Ek hou deeglik voor oë dat die appellant drievorige veroordelings weens dieselfde misdryf op sy kerfstokhet; en dat strafoplegging 'n funksie is wat hom nie totmaklike formulering leen nie. Desnietemin is ek van oordeeldat die appellant se advokaat gelyk het en dat die verhoorhofby vonnisoorweging dermate die maatskappybelang oorbeklemtoonen die besondere posisie van die appellant geringgeskat hetdat hy by straftoemeting nie 'n behoorlike diskresie uitgeoefenhet nie. Dit bring'mee dat hierdie Hof regtens verplig isom met die vonnis in te gryp en om in verband daarmee 'n eieen ongedwonge diskresie te laat geld. In die lig van laas=genoemde bevinding is dit onnodig om oorweging te skenk aan
mnr
8.
mnr Ebersohn se betoog dat die opgelegde vonnis van twee jaargevangenisstraf teenoor die vonnis wat hierdie Hof asverhoorhof sou opgelê het, in growwe wanverhouding staan.
By die voorwaardelike opskorting van die vonniswat die appellant op 22 Oktober 1977 opgelê is, was psigia=triese behandeling van die appellant juis een van dieopskortingsvoorwaardes. Met die oog daarop is ek van oordeeldat in die onderhawige geval verwysing na 'n rehabilitasie=sentrum ingevolge art 296(1) van die Strafproseswet nie asvonnis sou deug nie. Periodieke gevangenisstraf betekengewoonlik in die praktyk dat 'n veroordeelde sy straf oornaweke, wanneer hy nie werk nie, sal uitdien. Hierdie vormvan gevangenisstraf is bygevolg uiters geskik vir veroordeeldeswat gewoonweg gedurende naweke nie in diens staan nie. Dieappellant se advokaat het ons meegedeel.dat die appellantmet sy werkgewer sy werksure sodanig sal kan reel dat hy nieoor naweke aan diens sal wees nie. In S v Erwee 1982(3)
SA 1057 (A)
9.
SA 1057(A) het dit gegaan oor vonnis by 'n derde oortredingweens motorbestuur onder die invloed van sterk drank. HierdieHof het die opgelegde vonnis van een jaar gevangnisstraftersyde gestel en met 'n vonnis van 700 ure periodieke ge=vangenlsstraf vervang. Met verwysing na die beslissings inS v Nagel 1970(2) SA 483(T) op 484 en S v Bhadoo 1971(1)SA 53 (N) op 54, laat DIEMONT, Wn AR hom op 1064H soos volguit:-
"Die Howe het al meermale in die verlede ingewysdes aangemoedig om meer dikwels vanperiodieke gevangenisstraf gebruik te maak,al skep dit somtyds administratiewe probleme."
Met inagneming van al die omstandighede van die onderhawigegeval is ek van mening dat periodieke gevangenisstraf veeleerder as ononderbroke gevangehouding 'n gepaste strafvonnisdaarstel; en dat geregtigheid sou geskied as 'n periode van
500 ure bepaal was.
Die
10.
Die appèl slaag. Die vonnis van twee jaargevangenisstraf word vervang deur 'n bevel dat die appellantingevolge art 285 van die Strafproseswet, 51 van 1977,500 ure periodieke gevangenisstraf moet ondergaan.
G G HOEXTER, AR
JANSEN, AR ) Stem saamNICHOLAS, WAR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.