Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Roses (822/2001) [2001] ZANCHC 3 (22 March 2001)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the accused's right to legal representation was properly explained and understood, and that the requirements set out in relevant case law were satisfied. The conviction was justified based on circumstantial evidence, despite the absence of stolen goods in the accused's possession. However, the sentence imposed was found to be shockingly inappropriate for a juvenile first offender. The community service condition was rendered impractical due to the accused's subsequent incarceration on unrelated charges. The court set aside the original sentence and replaced it with a wholly suspended sentence of 24 months' imprisonment, conditional on the accused not being convicted of similar offences during the suspension period.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence set aside and replaced.

Orders

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence is set aside and replaced with 24 months' imprisonment, wholly suspended for 5 years on condition that the accused is not convicted of housebreaking with intent to commit an offence or theft during the period of suspension.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Tshepo Roses

Respondent

Amounts and remedies

  • Value of Stolen Goods: ZAR 5,000
  • Original Sentence (years, Suspended): 3
  • Revised Sentence (months, Suspended): 24

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Review of Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The reviewing judge raised concerns regarding the accused's age, lack of legal representation, and the severity of the sentence. It was questioned whether the accused, being only 16 at trial, could adequately defend himself against expert testimony and whether he was prejudiced by not being advised to appoint legal counsel. The judge also queried the sufficiency of evidence for theft, the harshness of the three-year suspended sentence, and the appropriateness of the community service hours imposed.
Respondent
The magistrate provided reasons confirming that the accused's right to legal representation was explained in the presence of his guardian and sister, both of whom understood and agreed that the accused wished to conduct his own defence. The requirements set out in relevant case law were met, and the conviction was justified based on circumstantial evidence. However, the Director of Public Prosecutions agreed that the sentence was unduly harsh and recommended a reduction and modification of the community service conditions.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Radebe; S v Mbonami

    An accused's right to legal representation must be clearly explained, and the accused must understand the implications of self-representation, especially if a minor.

  2. 02

    S v Rudman and another; S v Mthwana

    A conviction may be justified on circumstantial evidence if the accused fails to provide a reasonable explanation for the circumstances.

  3. 03

    General sentencing principles

    Sentences for juvenile first offenders must be proportionate and consider the offender's age and prospects of rehabilitation.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the accused's right to legal representation was properly explained and understood, and that the requirements set out in relevant case law were satisfied. The conviction was justified based on circumstantial evidence, despite the absence of stolen goods in the accused's possession. However, the sentence imposed was found to be shockingly inappropriate for a juvenile first offender. The community service condition was rendered impractical due to the accused's subsequent incarceration on unrelated charges. The court set aside the original sentence and replaced it with a wholly suspended sentence of 24 months' imprisonment, conditional on the accused not being convicted of similar offences during the suspension period.

Obiter and limits

  • The addition of a community service condition was praiseworthy, but in the present circumstances, its enforcement would be impractical.
  • The court does not question the appropriateness of community service as a sentencing option for juveniles, but practical considerations must be taken into account.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence set aside and replaced.

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence is set aside and replaced with 24 months' imprisonment, wholly suspended for 5 years on condition that the accused is not convicted of housebreaking with intent to commit an offence or theft during the period of suspension.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2001] ZANCHC 3

VERSLAGWAARDIG:JA/NEE

SIRKULEER ONDER LANDDROSTE:JA/NEE

SIRKULEER ONDER REGTERS:JA/NEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.:822/2002

DATUM:22-03-2001

In die Hersieningsuitspraak van:

DIE

STAAT

teen

TSHEPO

ROSES

CORAM: MAJIEDT R et WILLIAMS WnR

U

I T S P R A A K

WILLIAMS WnR:

1. Kgomo RP het op hersiening navraag gedoen aan die landdros, die strekking waarvan as volg is:

“1. Die beskuldigde was ‘n kind van 16 jaar tydens die verhoor. Het die landdros nie besef dat hy, al is dit ook met die bystand van sy voog, nie die mas teen die vingerafdrukdeskundige sou opkom nie? Sy kruisondervraging was ook heeltemal ontoeganklik. Waarom is hy nie aangeraai om ‘n regsverteenwoordiger aan te stel nie? Is hy nie ernstig deur hierdie versuim benadeel nie?

2. Daar is niks in beskuldigde se besit gevind nie. Is daar bewys dat hy alles wat uit die biblioteek vermis is gesteel het?

3. Is 3 jaar gevangenisstraf, alhoewel dit voorwaardelik opgeskort is, nie buitensporig swaar nie?

4. Is die korrektiewe toesig werksure vanaf 08h00 tot 16h00 nie te lank vir ‘n 17-jarige nie? Moet die tydperk van een jaar waaroor die korrekitewe diens verrig moet word nie frustrerend uitgerek nie?”

Nadat die landdros sy redes verskaf het, is ook ‘n regsmening deur advokaat de Nysschen van die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings met die oorkonde deurgestuur. Die regsmening is baie volledig en behulpsaam en ek wil my dank uitspreek hieroor.

Ek is tevrede dat die beskulidgde se reg tot regsverteenwoordiging aan hom verduidelik is sowel as die feit dat hy die Regshulpraad kan kontak, sou hy nie ‘n verteenwoordiger kan bekostig nie. Hierdie inligting is aan hom gegee in die teenwoordigheid van sy voog, sy 27 jarige suster en albei het bevestig dat hulle dit verstaan, maar dat die beskuldigde sy eie verdediging wil waarneem. Die vereistes soos uiteengesit vir S v Radebe; S v Mbonami en S v Rudman and another, S v Mthwana is aan voldoen en is die beskuldigde nie in hierdie opsig benadeel nie.

Ek is ook verder tevrede dat die omstandigheidsgetuienis in hierdie saak van so ‘n aard is dat in die afwesigheid van ‘n redelike moontlike weergawe vanaf die beskuldigde, die landdros geregtig was om die afleiding te maak dat beskuldigde die goedere beskryf in die klagstaat gesteel het, al was hierdie goedere nie in sy besit gevind nie.

Ek is dus van mening dat die beskuldigde se skuldigbevinding tereg geskied het.

Die probleem hier ontstaan met die vonnis opgelê aan die beskuldigde.

Hy is gevonnis ten opsigte van die huisbraak met die opset om te steel en diefstal van goedere ter waarde van ongeveer R5 000,00 tot drie(3) jaar gevangenisstraf opgeskort vir vyf(5) jaar op voorwaarde; i) dat hy nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om ‘n misdryf te pleeg in die tydperk van opskorting nie en, ii) dat hy daagliks vir een jaar vanaf 1 Augustus 2001 tot en met 31 Julie 2002 gemeenskapdiens verrig by die Vryburg hospitaal vanaf 08h00 tot 13h00 en weer vanaf 14h00 tot 16h00.

Die beskuldigde was ten tye van die oplegging van vonnis 17 jaar oud en te tye van die pleeg van die misdryf 15 jaar oud. Hy is ook ‘n eerste oortreder.

Die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings stem saam dat die vonnis in die omstandighede skokkend swaar is en beveel aan dat dit verminder word na 18 maande gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik opgeskort word vir 5 jaar en dat die opskortingsvoorwaarde rakende gemeenskapsdiens moet lees “gemeenskapsdiens vir ‘n tydperk van 1 jaar vanaf Maandag tot Vrydag tussen 08h00 tot 13h00 en 14h00 tot 16h00.”

Die landdros het aan die einde van sy redes daarop gewys dat die beskuldigde huidiglik in die gevangenis verkeer terwyl hy sy verhoor afwag op ‘n aanklag van verkragting waarvoor hy gedurende Desember 2001 gearresteer is. Tydens die voormelde arrestasie was die beskuldigde verhoorafwagtend op ‘n aanklag van besit van dagga waarvoor hy gedurende Oktober 2001 gearresteer is.

Die gevolg hiervan is dat die beskuldigde tot op die datum toe die landdros sy redes verskaf het, nog nie begin het om die gemeeskapsdiens by Vryburg hospitaal te verrig nie.

Gegewe die moontlikheid dat die beskuldigde vir ‘n aansienlike tyd nog in die gevangenis mag verkeer óf as verhoorafwagtende óf as gevonnisde op een of albei van die voormelde aanklagte, sal daar geen sin in wees om die opskortingsvoorwaarde ten aansien van gemeenskapsdiens te bekragtig nie. Hiermee word die gepastheid van só ‘n opskortingsvoorwaarde in die onderhawige geval geensins betwyfel nie, inteendeel die landdros het ‘n prysenswaardige benadering gevolg deur só ‘n opskortingsvoorwaarde toe te voeg.

Ek is dit eens met die regsmening van Adv. De Nysschen dat die vonnis skokkend onvanpas is en dat inmenging op hersiening geregverdigd is. Inaggenome egter die feit dat die opskortingsvoorwaarde ten aansien van gemeenskapsdiens om praktiese oorweginge nou wegval, meen ek dat die voorgestelde vonnis van 18 maande gevangenisstraf in geheel opgeskort te lig sal wees.

Die skuldigbevinding word bekragtig. Die vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:

“Vier-en-twintig (24) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir ‘n tydperk van 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om ‘n misdryf te pleeg of diefstal wat gepleeg word gedurende die tydperk van opskorting nie.”

______

C.C

WILLAIMS

WAARNEMENDE

REGTER

Ek stem saam.

_______

S.A.

MAJIEDT

REGTER

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Radebe

Case cited

S v Mbonami

Case cited

S v Rudman and another

Case cited

S v Mthwana

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.