S v Roux (2904/02, PSS131/2002, 50/2002) [2002] ZAWCHC 74; 2007 (1) SACR 379 (C) (2 December 2002)
- Citation
- [2002] ZAWCHC 74
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- CC Williams, NC Erasmus
- Case number
- 2904/02
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- CC Williams, NC Erasmus
- Case number
- 2904/02
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the magistrate's interpretation of section 161 of the Criminal Procedure Act was unduly narrow. The statutory requirement for viva voce evidence must be interpreted broadly to include the use of interpreters or experts who can facilitate communication between the witness and the court. South African courts have long accepted evidence given through interpreters, whether the witness is deaf, mute, or otherwise unable to communicate intelligibly. The purpose of section 161 is not to exclude evidence simply because it is not presented in the usual manner, but to ensure that evidence is intelligible to the court, the accused, and court officials. Provided the interpreter or expert is competent and impartial, and the process is properly supervised, there is no legal obstacle to receiving the complainant's evidence through a speech therapist or similar expert. The matter was remitted to the magistrate to proceed with the trial, using a broad interpretation of section 161 to facilitate the complainant's evidence.
Court disposition
The matter is remitted to the magistrate to proceed with the trial, using a broad interpretation of section 161 to allow the complainant's evidence to be heard with the assistance of a competent interpreter or expert.
Orders
- The magistrate is directed to continue with the trial and to make every effort to hear the complainant's evidence through a broad interpretation of section 161 of the Criminal Procedure Act, including the use of a speech therapist or other competent interpreter.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantAndries Petrus Stefanus Roux
Respondent03
Procedural history
Posture
Special Review / Review of Magistrate's Ruling on Witness Competence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether a child witness with a speech impairment who cannot communicate intelligibly may testify with the assistance of a speech therapist or interpreter.
- 02
Whether section 161 of the Criminal Procedure Act permits evidence to be received through an intermediary interpreter where the witness can speak but is not understood by the court.
- 03
Whether the magistrate's interpretation of section 161 was unduly narrow.
Party arguments
- Applicant
- The State argued that the complainant, a 10-year-old boy with Down syndrome and a speech impairment, might be able to testify meaningfully if assisted by a speech therapist who could interpret his responses for the court. The State submitted that excluding such evidence would be unjust and that the law should be interpreted to allow for expert assistance in communication where necessary.
- Respondent
- The respondent did not present substantive argument in this review. The magistrate had ruled that the complainant was not a competent witness because he could not distinguish truth from lies and could not communicate intelligibly, and that section 161 of the Criminal Procedure Act did not provide for interpretation in such circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 161, Criminal Procedure Act 51 of 1977
Section 161 of the Criminal Procedure Act requires viva voce evidence but is to be interpreted broadly to include non-verbal forms of communication and the use of interpreters where necessary.
- 02
Section 6(2), Magistrates' Courts Act 32 of 1944
Interpreters are commonly used in South African courts to facilitate communication where the witness's language or mode of expression is not understood by the court or accused.
- 03
R v Ramikolo 1954 (3) SA 255 (O)
A physically handicapped witness who understands the nature of an oath and can communicate in some intelligible form is competent to testify, with the cogency of such testimony for the trial court's assessment.
- 04
Wigmore Evidence (3rd ed), cited in R v Ramikolo
The mode of communication may be interpreted by an intermediary so that the witness's evidence is intelligible to the tribunal.
- 05
Pachcourie v Additional Magistrate, Ladysmith 1978 (3) SA 986 (N); S v T 1973 (3) SA 794 (A)
Evidence may be received through an interpreter, provided the interpreter is competent and impartial, and the process is properly supervised by the court.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the magistrate's interpretation of section 161 of the Criminal Procedure Act was unduly narrow. The statutory requirement for viva voce evidence must be interpreted broadly to include the use of interpreters or experts who can facilitate communication between the witness and the court. South African courts have long accepted evidence given through interpreters, whether the witness is deaf, mute, or otherwise unable to communicate intelligibly. The purpose of section 161 is not to exclude evidence simply because it is not presented in the usual manner, but to ensure that evidence is intelligible to the court, the accused, and court officials. Provided the interpreter or expert is competent and impartial, and the process is properly supervised, there is no legal obstacle to receiving the complainant's evidence through a speech therapist or similar expert. The matter was remitted to the magistrate to proceed with the trial, using a broad interpretation of section 161 to facilitate the complainant's evidence.
Obiter and limits
- Courts should not allow narrow statutory interpretations to become obstacles to the reception of evidence from witnesses with communication impairments.
- The use of interpreters and experts to facilitate testimony is consistent with the principles of fairness and justice in criminal proceedings.
- The competence of the interpreter or expert must be established before the evidence is received, and the process must be supervised to ensure impartiality and accuracy.
Court disposition
The matter is remitted to the magistrate to proceed with the trial, using a broad interpretation of section 161 to allow the complainant's evidence to be heard with the assistance of a competent interpreter or expert.
- The magistrate is directed to continue with the trial and to make every effort to hear the complainant's evidence through a broad interpretation of section 161 of the Criminal Procedure Act, including the use of a speech therapist or other competent interpreter.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar
[PROVINSIALE AFDELING KAAP DIE GOEIE HOOP ]
Hooggeregshof Verw 2904/02 Saaknommer PSS131/2002
Spesiale Hersiening 50/2002
In die saak :
DIE STAAT
Versus
ANDRIES PETRUS STEFANUS ROUX Beskuldigde
_________________
HERSIENINGSUITSPRAAK : 02 DESEMBER 2002
Williams WnR:
Die beskuldigde staan tereg in die Streekhof Paarl op ân aanklag van onsedelike aanranding gepleeg op ân 10 jarige seun met Down sindroom. Die jong klaer, so wil dit voorkom vanuit die oorkonde, is soos in meeste van hierdie tipe sake die Staat se enigste wesenlike getuie ten opsigte van die misdryf.
Gedurende ondervraging vanaf die streeklanddros om te bepaal of die klaer die aard en betekenis van die eed begryp alternatiewelik of hy kan onderskei tussen die waarheid en onwaarheid het dit duidelik geword dat die klaer ân spraakprobleem het daar hy homself nie kon uitdruk in sinne of woorde wat vir die hof sin gemaak het nie. Alhoewel hy kon praat was sy antwoorde onduidelik en het dit soms nie sin gemaak nie. Die probleem wat die hof hier ondervind het kan slegs geillustreer word deur uittreksels uit die oorkonde.
âHOF: Shank ek moet nou hierdie vir jou vra. Het jy al gehoor van eed wat die beteken om die eed te neem? â¦. Ja.
Sê jy ja? ⦠Hy sê ja.
Weet jy wat die beteken om die eed te neem? â¦. Ja.
⦠(onduidelik)
Okay, sê vir my wat dink jy is hierdie eed waarvan ek praat? ⦠⦠(onduidelik)
Onder. Waar het jy gehoor van hierdie eed? ⦠(onduidelik)
Gebou. Gaan jy kerk toe? ⦠Ja.
Vertel my weer van die eed wat sê jy wat is dit? ⦠Gebou ⦠(onduidelik)
Ek weet nie wat enige van daardie woorde beteken nie.
MNR MAARTENS: Ek het gebou hoor met diere en dan die woord bye.
HOF: En bye. En ek sukkel om die konteks van die eed daarby te kry. Kan u enige skakeling en dit wat hy gesê het en die eed?
MNR MAARTENS: Met alle eerbied Agbare en breek my kop. Ek weet nie of u in terme van sinne maar wil begin dink nie, soos wat is die om te sweer nie.
HOF: Maar ek gaan dink probeer dink daaraan maar ek ⦠(onduidelik) Het jy gehoor van sweer Shank. Weet jy wat die beteken om te sweer? ⦠Ja, sweer manne kom en â¦.. (onduidelik) vat jou tronk toe.â
HOF: ân Hof. Wat doen ân mens hier by hierdie plek? ⦠Praat.
Praat.
Praat. Ja, want dit doen ons baie. Nou as jy hier by die hof en daar gesê word vir jou jy moet sweer, jy moet voor God sweer weet jy wat dit beteken? ⦠Nee, die ding is ⦠(onduidelik) en daar ⦠(onduidelik) om sit hier.
Ek moet eerlik sê ek het nie enige van die aspekte verstaan nie. Okay, ek kan probeer om ân ander aspek te â Shank weet jy wat die beteken om die waarheid te praat? ⦠Jok.
Jok. Wat beteken die waarheid? ⦠Pak slae.
Pak slae? ⦠En straf.
En straf? En as â en weet jy wat beteken dit as ân mens leuens vertel of jok? ⦠Jok? ⦠(onduidelik) waarheid, sweer.
Ek het straf gehoor. Watter een dink jy is reg en watter een dink jy is verkeerd Shank. Is dit verkeerd om die waarheid te praat? ⦠Waarheid.
Wat gaan gebeur as ek jok? ⦠⦠(onduidelik) het ⦠(onduidelik) seermaak.
Seermaak. Is daar ander juffrou Haupt is daar enige â het u enige suggesties oor hoe ek die getuie verder moet benader of wat u indruk is van die situasie. Kon u enigiets verstaan?
AANKLAER: Edelagbare, daar is dele wat ek nie kan verstaan nie. Uit die woorde wat hy gebruik kan ek afleidings maak van wat hy bedoel maar ek dink nie dit is seker goed genoeg vir die Hof se doeleindes nie.
HOF: So met ander woorde elkeen van ons sal moet afleidings maak oor wat hy eintlik bedoel.
AANKLAER: Ja.
HOF: Ons hoor een greep en dan moet ons nou aanvaar hy sê dit is wat hy sê.
AANKLAER: Dit is ongelukkig so Edelagbare.â
Die streeklanddros het op grond van hierdie ondersoek beslis dat hy nie kan bepaal of die klaer kan onderskei tussen die waarheid en leuens nie, en dat hy derhalwe ân onbevoegde getuie is.
Vanaf Staatskant is daar aangedui dat die klaer moontlik deur middel van ân spraakterapeut getuienis sou kon aflê wat vir die hof meer sin sou maak en wat dit moontlik sou maak om beter met hom te kommunikeer.
Dit is hierdie aspek wat die probleem veroorsaak het. Volgens die landdros maak artikel 161 van die Strafproseswet, wat handel met getuienislewering, nie vorsiening vir ân geval soos hierdie waar die getuie wel kan praat, maar homself nie sinvol kan oordra nie.
Na sy beslissing het landdros Klopper gelas dat die saak vir spesiale hersiening aan hierdie Hof voorgelê word, om te beslis oor die toelaatbaarheid al dan nie van ân spraakterapeut om die jong klaer se getuienis te interpreteur en oor te dra. Advokaat Geyser van die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging het op uitnodiging van die hof waardevolle insette in hierdie verband gelewer. Hy word bedank daarvoor.
Artikel 161 Wet 51/77 bepaal as volg:-
â(1) n Getuie by strafregtelike verrigtinge lê sy getuienis viva voce af, behalwe waar hierdie Wet of ân ander wet uitdruklik anders bepaal.
In hierdie artikel word die uitdrukking âviva voceâ, in die geval van ân doofstom getuie, geag gebaretaal en, in die geval van ân getuie onder die ouderdom van agtien jaar, geag demonstrasies, gebare of enige ander vorm van nie-verbale uitdrukkings in te sluit.â
Die landdros maak die volgende opmerking ten opsigte van artikel 161(2):
âmaar dit is baie duidelik indien die artikel gelees word dat dit nie voorsiening maak vir ân persoon wat wel viva voce getuig en wat wel ân vorm van verbale uitdrukking gebruik, maar wat nie verstaan word nie.â
Hier wil ek met respek verskil van die streeklanddros. Tolke word algemeen gebruik in ons howe reeds om getuienis oor te dra in ân taal waarmee die beskuldigde en of die hof vertroud is. Artikel 6(2) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 bepaal:
âIndien getuienis in ân strafsaak afgelê word in ân taal waarmee na die mening van die hof die beskuldigde nie genoegsaam vertroud is nie, moet die hof ân bevoegde tolk inroep om sodanige getuienis oor te sit in ân taal waarmee die beskuldigde voorgee of aan die hof blyk genoegsaam vertroud te wees onverskullig of die taal waarin die getuienis afgelê word een van die landstale is en of die beskuldigde se verteenwoordiger met die getuienis gebesigde taal vertroud is al dan nie.â
Die doel en beskrywing van ân tolk word in S v Naidoo 1962(2) SA 625 HHA op 632H by monde van Williamson AR as volg opgesom:
âThe witness being examined is saying something not perhaps understood by the Court or the Court recorder; a species of expert witness is telling the court in a language understood by the Court (and any recorder) what it is the witness is actually saying.â
In R v Ramikolo 1954 (3) SA 255(O) waar die landdros ân stom getuie bevoegd verklaar het om te getuig by wyse van gebaretaal en toe later die saak op hersiening gestuur het aangesien die strafkode destyds slegs voorsiening gemaak het vir viva voce getuienis merk Horwitz R op te 256D:
âIn my view, the magistrate seeks to place too narrow an interpretation on the provisions of sec 220 of the Criminal Code. It is generally accepted that any physically handicapped witness who has the necessary intelligence to understand the nature of an oath and to convey what he wishes to communicate in some intelligible form, whether by writing or by signs or motions, should be regarded as competent to testify, through the cogency of such testimony is a matter for the trial courtâs decision and a presiding officer will receive the evidence with caution.â
Die geleerde regter haal verder aan uit ân voetnota van Wigmore Evidence (3de uitgawe):
âThe mode of communication will usually be in words or other symbols directly intelligible to the tribunal. If the witness cannot employ a mode thus directly intelligible some intermediary may and must be sought who can interpret the witnessâ mode into an ordinary one.â
In Pachcourie v Additional Magistrate, Ladysmith 1978(3) SA 986(N), waar ân doofstom beskuldigde deur middel van ân tolk getuig het wat hom etlike jare geken het en met hom kon kommunikeer deur middel van handgebare en dus op hierdie manier die handgebare vir die hof kon interpreteer, het die hof op hersiening nie fout gevind met die wyse van getuienislewering nie, mits dit deur ân bevoegde en behoorlike gekwalifiseerde tolk aangebied word.
In S v T 1973(3) SA 794(A) het die moeder van ân 5 jarige klaagster wat te sag gepraat het vir die verhoorhof om te hoor opgetree as tolk sodat die hof haar getuienis kon hoor. Die hof op appél het nie kritiek gehad teen die wyse waarop die getuienis oorgedra is aan die hof nie, maar wel ten opsigte van die feit dat
die getuienis oorgedra is deur ân persoon wat nie onpartydig teenoor die saak gestaan het nie as moeder en ook getuie in die saak en
die moeder nie die eed geneem het dat sy die getuienis van die klaagster getrou en korrek aan die hof sou weergee nie.
Daar was dus geen beëidigde getuienis voor die hof oor wat die klaagster sou getuig nie. As gevolg van hierdie redes is die klaagster se getuienis ontoelaatbaar gevind.
Dit is duidelik uit die vooropgestelde dat ons howe oor die jare die aflê van getuienis âviva voceâ wyd interpreteer het. Ek glo dus nie dat die wetgewer beoog het dat artikel 161(2) van die strafproseswet ân numerous clausus daarstel van gevalle waar die uitdrukking âviva voceâ ander vorms van kommunikasie insluit nie. Dit is in elk geval my mening dat strafhowe nie onnodiglik deur nou interpretasies van wetgewing en/of regsbeginsels struikelblokke in die pad plaas by die aanhoor van getuienis van getuies wat nie op die normale wyse hul getuienis kan voorlê nie.
Die oogmerk met hierdie subartikel sou na my mening reeds wees om te verhoed dat getuienis bloot omdat dit nie op gewone wyse verstaanbaar is vir die hof, beskuldigde en hofamptenare nie, uitgesluit word as daar wel ân manier is om die getuienis verstaanbaar te maak.
Daar is myns insiens geen beletsel daarteen om die getuienis van die klaer te ontvang deur middel van ân spraakterapeut of â deskundige nie, mits die persoon in die omstandighede bevoegd is om die getuienis van die klaer oor te tolk.
Daar sal noodwendig eers ondersoek ingestel moet word om te bepaal of die deskundige bevoegd is om die getuienis te tolk, waarna daar met behulp van die (deskundige) tolk ondersoek ingestel moet word of die klaer self bevoeg is om te getuig.
_____
CC WILLIAMS (WNR)
Erasmus R : Ek stem saam.
Dit word gelas dat die Streeklanddros voortgaan met die verhoor en pogings aanwend om deur middel van ân wye interpretasie van art 161 Wet 51/77 om die getuies van die klaer aan te hoor.
NC ERASMUS R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.