Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v S, In Re: S v S (3746/2014) [2015] ZAFSHC 84 (8 May 2015)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant provided an acceptable explanation for his failure to respond to the application and default judgment, given his belief that the divorce order made him sole owner of the property and his lack of legal expertise. The applicant also disclosed a bona fide defence regarding the interpretation of the divorce order and the effect of forfeiture of benefits on property ownership. The court held that there are serious disputes of fact regarding joint ownership and the meaning of the divorce order, which can only be resolved in a fully contested application, potentially with oral evidence. Accordingly, the default judgment was rescinded, and the applicant was granted leave to oppose the main application.

Court disposition

Default judgment rescinded; applicant granted leave to oppose main application.

Orders

  • The default judgment granted against the applicant, D[...] M[...] S[...], on 18 September 2014 under case number 3746/2014 is rescinded.
  • The applicant, DM S[...], is ordered to file his notice of opposition to the main application within ten days from today and thereafter to file any affidavits he wishes to rely on within fifteen days. Failing which, the original order will revive.
  • The costs of this application are to stand over for determination at the main application.
  • The applicant is ordered to pay the wasted costs occasioned by the auction held in respect of the immovable property.

02

Material facts

Parties

D[...] M[...] S[...]

Applicant Counsel: Adv. LA Roux

D[...] S[...]

Respondent Counsel: Adv. WJ Groenewald

Registrar of Deeds, Bloemfontein

Respondent

DT Majiedt N.O.

Respondent

Amounts and remedies

  • Auction Wasted Costs: ZAR 0

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Application to Rescind Default Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that he did not respond to the application or the correspondence because he believed, based on the divorce order and forfeiture of benefits, that he was the sole owner of the property. He claimed to be a layperson with limited legal knowledge and was confused by the legal proceedings. He asserted that he has a bona fide defence and wishes to clarify the meaning of the divorce order.
Respondent
The respondent contended that the applicant received both the correspondence and the application and deliberately failed to respond. She argued that the default judgment was properly granted and denied that the applicant had a bona fide defence. She maintained that she remained a joint owner of the property and that her share could not be forfeited by the divorce order.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Chetty v Law Society, Transvaal, 1985 (2) SA 756 (A) at 764

    A court may rescind a default judgment if sufficient cause is shown, which includes a reasonable explanation for the default and a bona fide defence on the merits.

  2. 02

    Ex parte De Beer 1952 (3) SA 288 (T)

    Forfeiture of benefits in a divorce order may affect a party's entitlement to assets acquired during marriage in community of property, but the precise effect depends on the facts and the nature of the asset.

  3. 03

    Moodley v Moodley (Case No. 7241/2002, unreported, Durban and Coast Local Division)

    The meaning and effect of forfeiture of benefits in divorce proceedings must be determined on a case-by-case basis, and may require oral evidence if disputed.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant provided an acceptable explanation for his failure to respond to the application and default judgment, given his belief that the divorce order made him sole owner of the property and his lack of legal expertise. The applicant also disclosed a bona fide defence regarding the interpretation of the divorce order and the effect of forfeiture of benefits on property ownership. The court held that there are serious disputes of fact regarding joint ownership and the meaning of the divorce order, which can only be resolved in a fully contested application, potentially with oral evidence. Accordingly, the default judgment was rescinded, and the applicant was granted leave to oppose the main application.

Obiter and limits

  • Both parties appear to be laypersons with limited legal knowledge, which contributed to the confusion regarding the legal effect of the divorce order.
  • The costs of the application are to stand over for later determination, as neither party is currently in a financial position to bear the costs of contested motions.
  • The applicant is liable for wasted costs caused by the auction of the property.

Court disposition

Default judgment rescinded; applicant granted leave to oppose main application.

  • The default judgment granted against the applicant, D[...] M[...] S[...], on 18 September 2014 under case number 3746/2014 is rescinded.
  • The applicant, DM S[...], is ordered to file his notice of opposition to the main application within ten days from today and thereafter to file any affidavits he wishes to rely on within fifteen days. Failing which, the original order will revive.
  • The costs of this application are to stand over for determination at the main application.
  • The applicant is ordered to pay the wasted costs occasioned by the auction held in respect of the immovable property.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2015] ZAFSHC 84

SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN

SAAK NOMMER: 3746/2014

In die saak tussen:

D[...] M[...] S[...].......................................................................................................................Applikant

en

D[...] S[...]....................................................................................................................Eerste Respondent

REGISTRATEUR VAN AKTES, BLOEMFONTEIN.........................................Tweede Respondent

D.T MAJIEDT N.O. …..............................................................................................Derde Respondent

In re:

D[...] S[...].................................................................................................................................Applikante

D[...] M[...] S[...]..........................................................................................................Eerste Respondent

CORAM: WILLIAMS, WR

UITSPRAAK DEUR: WILLIAMS, WR

AANGEHOOR OP: 7 MEI 2015

GELEWER OP: 8 MEI 2015

[1] Hierdie is ʼn aansoek om tersydestelling van ʼn verstekvonnis wat deur hierdie hof verleen is op 18 September 2014. Die bevel behels dat ʼn verklarende bevel uitgereik word dat die partye se mede-eienaarskap ten aansien van ʼn sekere eiendom in Heidedal beëindig word. Verder is DT Majiedt aangestel as ʼn ontvanger van die vermelde eiendom met sekere magte.

[2] Die agtergrond tot die aanbring van die aansoek kan kortliks as volg opgesom word:

2.1 Die applikant en respondent is met mekaar getroud binne gemeenskap van goedere op 28 September 1991.

2.2 Gedurende 1996 het beide partye transport geneem van ʼn eiendom te Heidedal, Bloemfontein. Die eiendom is in beide se name op die titelakte en verbandakte geregistreer, as gevolg van hulle huweliksregime.

2.3 Die partye is geskei deur hierdie hof op 29 Maart 2001.

2.4 In die egskeidingsbevel word op rekord geplaas dat die voordele in gemeenskap van goedere verbeurd verklaar word. Hierdie bevel het gevolg op ʼn smeekbede tot dien effekte.

2.5 Na die egskeiding het die applikant voortgegaan om die eiendom te bewoon soos wat hy altyd gedoen het. Hy is weer tydens Januarie 2003 met ene M[...] C[...] getroud, weereens binne gemeenskap van goedere.

(Ek meen derhalwe dat vermelde M[...] ten minste ʼn 50% aandeel in die belang wat applikant in die eiendom hou, verkry het. Dit kom derhalwe voor dat wanvoeging van haar in die hoofaansoek plaasgevind het, aangesien sy beslis ʼn belang in hierdie aangeleentheid het. Ek is egter nie geregtig om nou oor daardie aspek te beslis nie. Ek sit nie as ʼn hof van appèl nie.)

2.6 Dit blyk dat applikant die meerderheid van die koopprys en verbandpaaiemente self betaal het. Die verband is in 2006 afgelos.

Dit was dan ook klaarblyklik die rede waarom hy verbeurdverklaring verlang het.

2.7 Hoe dit ookal sy, het hy gemeen dat hy sedert 2001 die alleen eienaar van die eiendom was, veral in lig daarvan dat respondent geen navraag oor die perseel gedoen het nie, tot en met Maart 2014, toe hy ʼn skrywe van respondent se prokureurs ontvang het tot die effek dat laasgenoemde ʼn mede-eienaar van die eiendom sou wees en dat sy haar halwe aandeel daarin wou verkoop. Aan die applikant is die opsie verleen om dit self te bekom, alternatiewelik dat die eiendom per publieke veiling verkoop word, waarna die netto opbrengs tussen die partye gelykop verdeel sou word.

2.8 Volgens applikant was hy geskok en verbaas toe hy die skrywe ontvang het en het hy na sy destydse prokureurs, Kramer Weihmann & Joubert, gegaan, wat op hulle beurt vir hom na Lipco Law verwys het. Hy het gemeen dat respondent haar belang in die eiendom verloor het as gevolg van die bevel.

2.9 Tydens Augustus 2014 is die hoofaansoek op hom beteken. Hy het nie verstaan wat aangaan nie en herhaal dat wat hom aanbetref, kon die hof nie so ʼn aansoek toestaan nie, weens bogemelde feite. Hy het gedink daar is iets foutief.

2.10 Toe hy later verneem dat die vonnis by verstek toegestaan is, het hy sy huidige prokureurs genader wat hierdie aansoek voorberei het.

2.11 Applikant meld verder dat hy geld moes leen om die litigasie te befonds.

[3] In sy funderende verklaring meld die applikant sy rede waarom hy nie op die skrywe, asook aansoekstukke gereageer het nie. Hy meld verder dat hy ʼn bona fide verweer teen die aansoek het en dat hy ʼn teenaansoek wil loods om sekerheid oor die betekenis van die egskeidingsbevel te verkry.

[4] Die respondent voer aan in haar opponerende stukke dat die applikant beide die skrywe asook die aansoek ontvang het en opsetlik versuim het om daarop te reageer. Sy beweer verder dat die bevel nie foutiewelik verleen is nie. Sy ontken dat die applikant ʼn bona fide verweer het en stel dat sy ʼn mede-eienaar van die vermelde eiendom is. Volgens haar kan haar belang in die eiendom nie verbeur word met ʼn egskeidingsbevel nie.

[5] Daar is na my mening ernstige feitedispute tussen die partye ten aansien van of die respondent ʼn mede-koper of dan mede-eienaar

van die betrokke eiendom sal wees. Verder ook oor die betekenis van die egskeidingsbevel insake die verbeurdverklaring.

[6] Hierdie is egter ontersaaklik in hierdie aansoek en kan geen invloed op my beslissing hê nie.

[7] Ek moet slegs oordeel of die applikant ʼn goeie verduideliking vir sy versuim verskaf het en verder of hy ʼn bona fide verweer openbaar.

[8] Advokaat Roux vir die applikant het in sy argument aangevoer dat die aansoek op Reël 42 van die Hooggeregshofreëls geskoei is. Ek meen nie dat Reël 42 toepaslik in hierdie aansoek kan wees nie. Hy voer egter verder aan dat die hof in terme van die gemenereg geregtig is om ʼn verstekvonnis tersyde te stel indien daar “goeie rede” daarvoor aangetoon word. Hierdie sal insluit ʼn redelike en aanvaarbare verduideliking van sy versuim en dat hy op die meriete ʼn bona fide verweer het. Hy het onder andere verwys na De Wet and Others v Western Bank Ltd 1979(2) SA 1031 A asook na Chetty v Law Society, Transvaal, 1985(2) 756 (A) te 764:

“... but must be considered in terms of the common law, which empowers the court to rescind a judgment obtained on default of appearance,

provided sufficient cause therefore has been shown. The term ‘sufficient cause’ defies precise or comprehensive definition, for many and various factors require to be considered.”

[9] Advokaat Groenewald vir die respondent het ook na die toepaslike gesag in soortgelyke aangeleenthede verwys, Colyn v Tiger Food Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape) 2003 (Vol.

6) SA 1 (SCA) asook De Witts Auto Body Repairs (Pty) Ltd v Fedgen Insurance Company Ltd 1994(4) SA 705 (E) en dan verder Vincollette v Calvert 1974(4) SA 275 (E).

Hy het verder na gesag verwys wat handel oor die betekenis van verbeurdverklaring van die voordele in gemeenskap en betoog dat respondent se aandeel in die betrokke eiendom nie ʼn voordeel van die huwelik in gemeenskap van goedere is wat verbeurd verklaar kan word nie. Hy het die punt beklemtoon dat die respondent se naam ook voorkom in die verbandakte wat sou beteken dat beide sy en die applikant gesamentlik ʼn kontrak met die bank aangegaan het vir die registrasie van die betrokke verband. Volgens sy argument kan die respondent nie haar halwe aandeel in die vaste eiendom verbeur nie. Hy het dan verwys na die saak van Moodley v Moodley, Hoë Hof van Suid-Afrika, Durban en Kus Plaaslike Afdeling (Saaknommer 7241/2002), ongerapporteerd.

[10] Met eerbied is ek nie oortuig deur hierdie argument nie. Daar is juis in die Moodley- saak beslis dat die eiser sy aandeel in ʼn sekere vaste eiendom verbeur het waar hy nie bygedra het tot die onderhoud van die eiendom of belastings en ander uitgawes vir ʼn periode van minstens 6 jaar nie. In vermelde beslissing word verwys na Ex parte De Beer 1952(3) SA 288 T, waar die hof die applikant ʼn egskeiding verleen het waarby verklaar is dat haar man, die respondent, die voordele van die huwelik in gemeenskap van goedere verbeur het. Onder die bates van die gesamentlike boedel was ʼn vaste eiendom wat tydens die huwelik gekoop is en geregistreer is in die respondent se naam. Die applikant het daarna aansoek gedoen vir ʼn bevel in terme waarvan haar man se belang in die vaste eiendom verbeur sou word. Soos gestel, het dit voorgekom dat die respondent nie ʼn enkele pennie vir die eiendom betaal het nie en dat sy vrou inderdaad die eiendom uit haar inkomste afbetaal het. Daar is beslis dat die applikant ʼn prima facie saak vir die regsverligting uitgemaak het. Daar is na my mening geen beletsel vir ʼn party in ʼn egskeidingsgeding om verbeurdverklaring van die teenparty se belang in vaste eiendom te bekom nie.

[11] Dit is egter nie vir my om hieroor te beslis of die meriete van die hoofaansoek bewys is aldan nie. Soos gestel deur advokaat Roux, het ek ʼn diskresie om toe te sien dat reg en billikheid teenoor partye geskied. Hy het in hierdie verband verwys na Wahl v Prinswil Beleggings (Edms) Bpk 1984(1) SA 457 (T) op bladsy 461 H.

[12] Ek is van mening dat die applikant se rede vir sy versuim onder die omstandighede aanvaarbaar is. Hy was immers in besit van ʼn bevel van hierdie hof wat hom miskien regverdiglik laat glo het dat hy die alleeneienaar van die eiendom was. Dit dien vermeld te word dat die respondent self in haar verklaring beweer het dat sy ʼn leek is wat die reg betref en dat sy nie geweet het wat om te doen toe sy in die bevel lees dat verbeurdverklaring toegestaan is nie. Dit kom my voor dat die huidige applikant ook nie juis baie kennis van die reg dra nie ek kan hy ook as ʼn leek op hierdie gebied beskou word.

[13] Ek is verdermeer tevrede dat applikant ʼn bona fide verweer tot die aansoek het. Selfs die regsverteenwoordigers is nie eens oor die betekenis van die bevel nie. Dit is insiggewend dat die relaas van die terrolleplasing van verhoor wat op die respondent op 1 Maart 2001 beteken is, juis meld dat applikant verbeurdverklaring vorder.

Ek meen dat hierdie aspek slegs opgeklaar kan word by wyse van ʼn volle bestrede mosie, selfs indien na mondelinge getuienis verwys moet word.

[14] Wat koste betref, het advokaat Groenewald versoek dat die applikant die koste van die opponering van die aansoek moet betaal, aangesien die opponering nie onredelik is nie. Advokaat Roux aan die anderkant het voorgestel dat die koste moet oorstaan vir latere beregting aangesien die respondent, na sy mening, moes voorsien het dat die aansoek sou slaag en moes sy vooraf toestemming tot tersydestelling verleen het. Beide advokate het egter saamgestem dat die applikant aanspreeklik moet wees vir die verspilde koste teweeggebring deur die veiling van die eiendom.

[15] Ek glo nie een van die partye is finansieel sterk genoeg op hierdie stadium om koste van bestrede mosies te betaal nie. Ek is ook nie op hierdie stadium tevrede dat die respondent korrek opgetree het om hierdie aansoek te opponeer nie. Sy kon voorsien het dat sy nie ʼn hof sou oortuig dat sy geregtig was op die bevel soos verleen nie. Ek, in my diskresie, beveel dat die koste moet oorstaan.

[16] Die volgende bevele word gemaak:

1. Die verstekvonnis wat teen die applikant, D[...] M[...] S[...], op 18 September 2014 deur hierdie hof verleen is onder saaknommer 3746/2014 word tersyde gestel.

2. Die applikant hierin, DM S[...], word gelas om sy kennisgewing van opponering tot die hoofaansoek binne tien dae vanaf vandag te liasseer en daarna binne vyftien dae enige verklarings waarop hy wil steun, te liasseer. By gebrek daaraan sal die oorspronklike bevel herleef.

3. Die koste van hierdie aansoek staan oor vir beregting by die hoofaansoek.

4. Die applikant word gelas om die verspilde koste teweeggebring deur die veiling wat gehou is ten aansien van die vaste eiendom te betaal.

______

A. WILLIAMS, WR

Namens die applikant : Adv. LA Roux

In opdrag van : Callis Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. WJ Groenewald

In opdrag van: McIntyre & Van der Post Prokureurs

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

De Wet and Others v Western Bank Ltd 1979 (2) SA 1031 (A)

Case cited

Chetty v Law Society, Transvaal, 1985 (2) SA 756 (A)

Case cited

Colyn v Tiger Food Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape) 2003 (6) SA 1 (SCA)

Case cited

De Witts Auto Body Repairs (Pty) Ltd v Fedgen Insurance Company Ltd 1994 (4) SA 705 (E)

Case cited

Vincollette v Calvert 1974 (4) SA 275 (E)

Case cited

Moodley v Moodley (Case No. 7241/2002, unreported, Durban and Coast Local Division)

Case cited

Ex parte De Beer 1952 (3) SA 288 (T)

Case cited

Wahl v Prinswil Beleggings (Edms) Bpk 1984 (1) SA 457 (T)

Case cited

High Court Rules

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.