Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Seeikoei (CA&R 57/2008) [2008] ZANCHC 64 (14 October 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the complainant had sufficient opportunity to observe the appellant during the incident, provided a detailed and consistent description, and reliably identified him shortly after the attack. The presence of a surgical glove in the appellant's possession supported the complainant's observation of the attacker's light-colored hand. The appellant's version was found to be improbable and inconsistent. There were no grounds to interfere with the trial court's findings of fact and credibility. The conviction for attempted robbery with aggravating circumstances was justified and the appeal was dismissed.

Court disposition

The appeal is dismissed and the conviction is confirmed.

Orders

  • The appeal fails.
  • The conviction for attempted robbery with aggravating circumstances is confirmed.

02

Material facts

Parties

Patrick Seeikoei

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Sentence Imposed by Trial Court (years Imprisonment): 7

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not involved in the incident and that his identification by the complainant was unreliable. He claimed to have arrived in Delportshoop by chance while traveling from Vryburg to Kimberley and denied any participation in the attack. He further suggested that the police planted the surgical glove found in his possession and challenged the reliability of the complainant's description and identification.
Respondent
The State maintained that the complainant had ample opportunity to observe the appellant during the attack, provided a detailed description matching the appellant's appearance and clothing, and reliably identified him shortly after the incident. The State argued that the presence of the surgical glove corroborated the complainant's observation of the attacker's light-colored hand and that the appellant's version was improbable and contradicted by the evidence.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) at 705

    An appeal court will not lightly interfere with the factual and credibility findings of a trial court unless they are clearly wrong.

  2. 02

    S v Hadebe and Others 1997 (2) SA 642 (A) at 654f

    The evidence of a single witness must be approached with caution, especially where identification is in dispute.

  3. 03

    S v Monyane and Others 2008 (1) SACR 543 (SCA) at 547j-548a

    The reliability of identification evidence depends on the witness's opportunity for observation, the circumstances, and the accuracy of the description.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the complainant had sufficient opportunity to observe the appellant during the incident, provided a detailed and consistent description, and reliably identified him shortly after the attack. The presence of a surgical glove in the appellant's possession supported the complainant's observation of the attacker's light-colored hand. The appellant's version was found to be improbable and inconsistent. There were no grounds to interfere with the trial court's findings of fact and credibility. The conviction for attempted robbery with aggravating circumstances was justified and the appeal was dismissed.

Obiter and limits

  • The court noted that minor discrepancies in the description of clothing do not undermine the reliability of identification where the core features are consistent.
  • The appellant's explanation for his presence in Delportshoop was found to be highly improbable and did not create reasonable doubt.

Court disposition

The appeal is dismissed and the conviction is confirmed.

  • The appeal fails.
  • The conviction for attempted robbery with aggravating circumstances is confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2008] ZANCHC 64

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saak No: Ca&R 57/2008

Saak Aangehoor: 10/10/2008

Datum gelewer: 14/10/2008

In die saak tussen:

Patrick Seeikoei Appellant

en

Die Staat Respondent

Coram: Olivier R et Steyn WnR

UITSPRAAK

Olivier R:

Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan poging tot roof met verswarende omstandighede en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou met verlof in hoër beroep teen die skuldigbevinding.

Dit is geykte reg dat ‘n Hof van appèl nie ligtelik sal inmeng met die feite- en geloofwaardigheidsbevindinge van ‘n verhoorhof nie en slegs so sal doen waar dit duidelik verkeerd is (sien R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) op 705, S v Hadebe and Others 1997 (2) SA 642 (A) op 654f en S v Monyane and Others 2008 (1) SACR 543 (SCA) op 547j-548a).

Die Staat se saak was kortliks dat die klaer die betrokke aand vanaf sy besigheid in Delportshoop na sy woning gery het in sy bakkie, toe hy ‘n manspersoon opgemerk het wat stadig aanstap in dieselfde rigting as waarin hy gery het. By sy huis aangekom, het die klaer sy bakkie parkeer en terugbeweeg na die hek van die perseel om dit toe te maak. Op daardie stadium was die betrokke persoon ook reeds omtrent by die hek en het hy die klaer aan sy arm gegryp, ‘n metaal- voorwerp (wat die klaer aanvaar het ‘n vuurwapen was) teen sy kop gedruk en gesê hy soek geld. Nog ‘n man, wat agter struike weggekruip het, het toe uitgekom en van agter die klaer teen sy kop getik met ‘n kierie of ‘n stok en vir hom gesê “ek het jou”.

Die klaer het op daardie stadium opgemerk dat daar ook twee persone by sy vrou was, en dat sy ook aangehou is met wat voorgekom het ‘n vuurwapen te wees.

Die eerste persoon, dit wil sê die persoon wat eerste die klaer aangeval het, het toe die klaer gelos en in die rigting van die bakkie beweeg om te gaan voel of die deur daarvan gesluit was. Op daardie stadium het die klaer losgeruk en geskree om hulp. Al vier die persone het toe in verskillende rigtings op vlug geslaan.

Die polisie is ontbied en met hul aankoms het die klaer aan hulle rapporteer dat hy en sy vrou deur vier mans aangeval is en het hy aan hulle ‘n beskrywing gegee van die eerste aanvaller.

Dit was gemenesaak dat die polisie toe die appellant in die omgewing van ‘n motorhawe of vulstasie aangetref het, ongeveer 400 meter vanaf die klaer se woning. Die appellant is toe agter in ‘n polisievangwa vervoer na die huis van die klaer, waar laasgemelde hom uitgeken het as die eerste persoon wat hom aangeval het.

Die appellant het ontken dat hy enigsins by die voorval betrokke was. Sy weergawe was dat hy vanaf Vryburg na Kimberley onderweg was met saamrygeleenthede, dat hy in dié proses in Delportshoop afgelaai is en dat hy kort daarna deur die polisie gearresteer is.

Dit is so dat die getuienis van die klaer met versigtigheid beoordeel moes word, beide omdat hy ‘n enkelgetuie was en, veral, omdat sy getuienis in geskil was vir soverre dit die identiteit van die appellant betref het.

Die streeklanddros het bevind dat die klaer ‘n goeie getuie was, maar het in elk geval ook versigtige oorweging verleen aan die vraag of die klaer se uitkenning van die appellant nie alleen geloofwaardig was nie, maar inderdaad ook betroubaar.

In hierdie verband is dit van belang, eerstens, dat dit duidelik uit die getuienis blyk dat die klaer voldoende tyd gehad het om die betrokke aanvaller waar te neem. Hy het hom eerstens in die straat waargeneem, terwyl hy aangedrentel het in die rigting van die klaer se huis. Daar was ‘n goeie rede waarom die klaer op daardie stadium reeds die moeite gedoen het om versigtig te kyk na die persoon, naamlik dat die klaer ook vroeër die slagoffer van ‘n roof was.

By die hek het die klaer hom weer op ‘n afstand van 5 tot 6 meter waargeneem en gesien hoe die aanvaller “vroetel so aan sy hande”. Dit was onbetwis dat daar ook voldoende beligting was, in die vorm van ‘n straatlig.

Die klaer het weer die geleentheid gehad om behoorlik na die aanvaller te kyk op die stadium toe hy van hom wegbeweeg het na die voertuig.

Dit blyk verder duidelik uit die getuienis van die klaer dat hy en die betrokke aanvaller in die proses van die aanval by tye baie naby mekaar was en afstand sou dus ook nie ‘n probleem kon gewees het vir waarneming nie.

Dat die klaer die aanvaller behoorlik waargeneem het, blyk dan ook uit sy beskrywing van die kenmerke waaraan hy die appellant as die betrokke aanvaller geëien het toe hy hom weer in die polisievoertuig waargeneem het. Die klaer het haarfyn beskryf hoe die aanvaller ongeveer net so lank soos hyself was, dat sy gesig donker en skraal gelaatstrekke vertoon het, dat hy ‘n yl baard gehad het en wat sy kleredrag was.

Dit is so dat die een polisiebeampte se beskrywing van die hemp wat die appellant ten tye van sy arrestasie aangehad het, tot ‘n mate verskil het van die beskrywing van die hemp wat die klaer in sy getuienis verstrek het. Hierdie verskil gaan egter maar bloot oor die presiese kleur en breedte van die strepe op die hemp. Dit staan egter nog steeds vas dat die appellant gearresteer is in ‘n gestreepte hemp, en dat die klaer ook getuig het dat die eerste aanvaller ‘n gestreepte hemp gedra het.

Verder is die appellant gearresteer in ‘n vaal hoed en ‘n blou broek, presies soos wat die klaer hom in sy getuienis en aan die polisie beskryf het.

Van wesenlike belang as stawing vir die klaer se uitkenning van die appellant as die eerste aanvaller, is die getuienis van staatsweë dat daar in een van die broeksakke van die appellant ‘n “wit, deurskynende chirurgiese handskoen” gevind is. Dit sluit perfek aan by die getuienis van die klaer dat dit hom opgeval het dat die eerste aanvaller se “hand was lig van kleur”, terwyl die aanvaller self donker van kleur was.

Die Staat se getuienis was verder, by monde van twee polisiebeamptes, dat hulle die appellant aangetref het waar hy uitasem was en gehyg het, en dat sy hart vinnig geklop het. Alhoewel die appellant aanvanklik ontken het dat sy hart vinnig sou geklop het en te kenne gegee dat hy heeltemal rustig was toe die polisie by hom aangekom het, het hy later toegegee dat dit miskien reg kon wees, en aangevoer dat hy geskok was.

Die appellant het probeer te kenne gee, klaarblyklik, dat die polisie die handskoen nie in sy sak gekry het nie, maar dit bloot daar op die toneel, waar die appellant aangebring is by die klaer se huis en gevisenteer is, tevoorskyn gebring het en toe te kenne gegee het dat dit in sy sak gekry is. Dit is totaal vergesog dat die polisiebeamptes, wat glad nie eers die appellant geken het nie, ‘n begeerte sou hê om hom op so ‘n wyse valslik te inkrimineer, en dan toevallig ook nog ‘n gepaste wit handskoen byderhand sou gehad het om dit mee te doen.

Die strydigheid tussen Konstabel Mothudi se getuienis en sy verklarings oor wie van die polisiebeamptes die handskoen gevind het, is na my oordeel bevredigend verduidelik en was nie verder van wesenlike belang nie

In hierdie verband moet dit in gedagte gehou word dat die klaer nie in sy beskrywing aan die polisie gemeld het dat die eerste aanvaller ‘n handskoen

aangehad het nie. Inteendeel, dit was ook nie die klaer se getuienis nie. Hy was baie duidelik daaroor dat hy nie kon sê

of die aanvaller inderdaad ‘n handskoen gedra het nie, en bloot maar kon opmerk dat die aanvaller se hand heelwat ligter van kleur as die aanvaller self was. Dit was teen hierdie agtergrond dat hy in kruisverhoor gesê het, toe vir hom gevra is wat die aanvaller se hand so lig van kleur sou laat lyk het, “Al wat ek kan dink is dat hy ‘n handskoen aangehad het”.

Die appellant was ook in ander opsigte duidelik ‘n swak getuie. Hy het homself weerspreek oor meerdere aspekte. Hy het sy regsverteenwoordiger se stellings weerspreek met betrekking tot of hy binne of buite die polisievoertuig was op die stadium toe die klaer hom uitgeken het.

Die appellant se weergawe met betrekking tot hoe hy op Delportshoop beland het, was totaal onwaarskynlik. Daar is geen rede waarom hy sou besluit het om ‘n roete (vanaf Vryburg na Kimberley) te volg wat dubbeld sover was as wat nodig was nie. Teen hierdie agtergrond is dit insiggewend dat hy dan ook, toe die polisiebeamptes met hulle aankoms by hom wou weet vanwaar hy gekom het, nie in staat was om ‘n korrekte aanduiding te gee van die rigting waaruit hy daar sou aangekom het indien hy van Vryburg gekom het nie.

Na my oordeel bestaan daar geen gronde vir inmenging in die streeklanddros se feite- en geloofwaardigheidsbevindinge nie.

Dit is so dat die klaer klaarblyklik nie self die voorwerp wat die appellant teen sy kop gedruk het, waargeneem het nie, maar bloot kon sê dat dit soos metaal gevoel het en dat hy aanvaar het dat dit ‘n vuurwapen was. Die betrokke voorwerp is egter duidelik teen die kop van die klaer gedruk om by hom die indruk te wek dat dit ‘n vuurwapen was, terwyl daar van hom geld geëis is. In elk geval is dit op die getuienis duidelik dat die appellant opgetree het as een van ‘n groep van vier persone, wat opgetree het om die klaer en sy vrou te onderwerp, en dat daar in elk geval ook minstens een ander vuurwapen betrokke was.

In die lig van die voorgaande kan die appèl na my mening nie slaag nie en word die volgende bevel gemaak:

Die appèl misluk en die skuldigbevinding word bekragtig.

________

C J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Ek stem saam:

E J S STEYN

WAARNEMENDE

REGTER

Nms Applikant:

In opdrag van:

Nms Respondente

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

Case cited

S v Hadebe and Others 1997 (2) SA 642 (A)

Case cited

S v Monyane and Others 2008 (1) SACR 543 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.