S v Sekonyela (49/95) [1995] ZASCA 145 (27 November 1995)
- Citation
- [1995] ZASCA 145
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Smalberger, Steyn, Olivier
- Case number
- 49/95
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Smalberger, Steyn, Olivier
- Case number
- 49/95
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the only evidence against the appellant was his statement to Efrick Makofane, which did not specify the relevant details to link him to the Odendaalsrus incident. The statement could have referred to the Wesselsbron case or another incident, and there was no corroborating evidence placing the appellant at the scene of the Odendaalsrus crime. The police testimony further indicated that the appellant only provided information regarding the Wesselsbron case and denied involvement in the Odendaalsrus case. The court held that the conviction was not supported by evidence beyond reasonable doubt and that the appellant was entitled to the benefit of the doubt.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
Orders
- The appeal succeeds.
- The convictions and sentences against the appellant are set aside.
02
Material facts
Parties
Senekane Vincent Sekonyela
AppellantThe State
Respondent Counsel: VisserAmounts and remedies
- Sentence for Murder (years): ZAR 22
- Sentence for Assault (months): ZAR 18
- Sentence for Robbery (years): ZAR 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Hearing
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's statement to Efrick Makofane sufficiently linked him to the Odendaalsrus incident beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the conviction and sentence based solely on the appellant's statement were justified.
- 03
Whether the appellant's statement could have referred to another incident, such as the Wesselsbron case.
Party arguments
- Applicant
- The appellant did not testify and relied on the absence of direct evidence linking him to the Odendaalsrus incident. The only evidence against him was his statement to Efrick Makofane, which did not specify the time, place, or companions involved. The appellant denied involvement in the Odendaalsrus case when questioned by police and only provided information regarding the Wesselsbron case.
- Respondent
- The State, represented by Mr Visser, conceded on appeal that the appellant's statement was ambiguous and did not clearly relate to the Odendaalsrus incident. Upon careful review, the State acknowledged that the statement could have referred to the Wesselsbron case or another incident entirely, and that the conviction could not be sustained beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Blom 1939 AD 188
A conviction must be based on evidence that proves the accused's guilt beyond reasonable doubt.
- 02
S v V 1967 (2) SA 17 (A)
Where there is reasonable doubt as to the accused's involvement, the benefit of the doubt must be given to the accused.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the only evidence against the appellant was his statement to Efrick Makofane, which did not specify the relevant details to link him to the Odendaalsrus incident. The statement could have referred to the Wesselsbron case or another incident, and there was no corroborating evidence placing the appellant at the scene of the Odendaalsrus crime. The police testimony further indicated that the appellant only provided information regarding the Wesselsbron case and denied involvement in the Odendaalsrus case. The court held that the conviction was not supported by evidence beyond reasonable doubt and that the appellant was entitled to the benefit of the doubt.
Obiter and limits
- This case illustrates the necessity for courts to exercise caution when evaluating factual evidence, especially where the only link to the crime is an ambiguous statement.
- The traditions of the legal profession require advocates to assist the court in ensuring that justice is done, even if it means conceding points against their own case.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
- The appeal succeeds.
- The convictions and sentences against the appellant are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
NIE RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER: 49/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
IN DIE SAAK TUSSEN:SENEKANE VINCENT SEKONYELA APPELLANTenDIE STAAT RESPONDENTCORAM: SMALBERGER, STEYN et OLIVIER,
ARRVERHOORDATUM: 21 NOVEMBER 1995
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1995
UITSPRAAK OLIVIER, AR:
Hierdie appèl illustreer maar net weer hoe versigtig daar met feite gewerk moet word.
2
Op 2 Desember 1992 het 'n roof en moord plaasgevind op die plaas Rosedale, 8 kilometer vanaf Odendaalsrus. Die 67-jange eienaar, Mnr Du Randt, is om die iewe gebring deur die aanvallers; sy 65-jarige eggenote is gruwelik aangerand en 'n aantal gewere en kledingstukke is uit die huis gesteel. Die aanvallers het buite op die werf 'n kapmes, 'n breekyster en 'n mansskoen agtergelaat. Ek verwys na hierdie gebeure as die Odendaalsrus-saak.Op 13 Oktober 1992 het 'n roof plaasgevind op die plaas Trianon, in die distrik Wesselsbron. Die 75-jarige plaaseienaar, Mnr Le Roux, wat alleen op die plaas gewoon het, is aangerand en vasgebind en in sy huis agtergelaat. Na hierdie gebeure word verwys as die Wesselsbron-saak.
In Februarie 1993 het die appellant 'n verklaring aan sy
3
buurman, ene Efrick Makofane ("Efrick"), met die volgende inhoud gemaak: dat hy op 'n stadium na 'n sekere plaas gegaan het waar 'n blanke opstal is; dat hy nie alleen was nie; dat hy op die werf 'n blanke man vasgegryp het; dat die blanke man terugbaklei het; dat hy gevoel het dat die blanke hom oorweldig; dat hy toe weggehardloop het en dat hy daarna 'n skoot gehoor het.
Appellant is aangekla op drie aanklagte - moord, aanranding en roof - ten aansien van die Odendaalsrus-saak. Saam met hom was Piet Mosioeu en Isaac Shai aangekla.Mosioeu en Shai is skuldig bevind aan die aanklagtes voortspruitende uit die Odendaalsrus-saak maar ook, in 'n ander verhoor, aan die aankïagtes voortspruitende uit die Wesselsbron-saak.
Appellant is in die Odendaalsrus-saak - waaruit hierdie appêl
4
voortspruit - aan die genoemde klagtes skuldig bevind en gevonnis. Op die moordklag is hy 22 jaar gevangenisstraf opgelê, op die aanrandingsklag 18 maande en op die roofklag 8 jaar gevangenisstraf.
Die basis van die skuldigbevindings teen appellant was uit-en-uit die verklaring wat hy aan Efrick gemaak het. Die appellant het nooit self getuig nie. Daar was ook geen ander getuienis teen hom nie. Die hof a quo het aanvaar dat hy volgens die verklaring homself op die misdaadtoneel geplaas het. Die verontskuldigende deel van die verklaring is as leuenagtig verwerp.
Die verhoorhof het sy aansoek om na hierdie Hof te appelleer, afgewys. Dit is egter deur hierdie Hof toegestaan.
By die verhoor van die appèl het Mnr Visser, wat, soos in die verhoor, namens die Staat opgetree het, getrou aan die hoogste
5
tradisies van die advokatuur, die hof meegedeel dat hy nou bedenkinge koester oor die korrektheid van die skuldigbevidinge. Hy het aangevoer dat hoewel almal by die verhoor (hyself inkluis) aanvaar het dat die appellant se reedsgenoemde verklaring aan Efrick betrekking het op die Odendaalsrus-saak, dit by 'n angsvallige bestudering van die rekord blyk dat daar nooit sodanige verband gelê is nie en dat die verklaring moontlik op die Wesselsbron-saak of selfs 'n heel ander insident betrekking kon hê. Mnr Visser het tereg aangevoer dat as sy bedenkinge steek hou, die appellant die voordeel van die twyfel moet ontvang en dat die appèl moet slaag.
'n Noukeurige studie van die rekord toon aan dat Mnr Visser se bedenkinge goed gefundeer is. Uit die rekord blyk die volgende: (i) Appellant het nie aan Efrick gesê waar en wanneer hy met die
6
blanke gestoei het en wie saam met hom was nie; hy het nooit gesê dat Mosioeu en Shai op die betrokke geleentheid saam met hom was nie. (ii) Toe Efrick en appellant na die polisie gaan, was dit om Isaac Shai te gaan verkla. (iii) By die Welkom-polisie aangekom, het appellant die beamptes aldaar meegedeel dat Shai gesoek word in verband met die Wesselsbron-saak. Efrick (wie se getuienis as geloofwaardig deur die verhoorhof aanvaar is) het getuig dat hy geen twyfel daaroor het dat appellant vir Shai gaan verklap het nie. Uit die voorgaande volg dat appellant se mededelings oor Shai met die Wesselsbron-saak verband hou.
(iv) Appellant het die kapswaard, breekyster en mansskoen wat op
7
die Du Randt-werf gevind is, as die eiendom van Shai geïdentifiseer. Nêrens het hy ooit verklaar waar hy aan hierdie kennis kom nie. Dit hou nie noodwendig verband met die Odendaalsrus-saak nie. (v) Speurderkonstabel Kolobe van die Welkom roof- en moordafdeling het getuig dat appellant aan hom gesê het dat hy inligting aan die poïisie wii gee in verband met 'n gewapende roofsaak van Wesselsbron. Appellant het gesê dat Mosioeu en Shai by die Wesselsbron-saak betrokke was. (vi) Kolobe het aan appellant gevra of hy moontlik vir hom inligting het in verband met die Odendaalsrus-saak, waarop appellant ontkennend geantwoord het. Uit hierdie getuienis van die appellant kan die afleiding
8
allermins gemaak word dat hy by die Odendaalsrus-saak betrokke was. Daar is geen ander getuienis om hom aan daardie saak te verbind nie. Mens kan wel spekuleer dat dit die onderhawige saak is, want volgens sy verklaring aan Efrick het hy in die nag op die plaaswerf met 'n blanke man gestoei, toe weggehardloop en later 'n skoot hoor afgaan. Uit die getuienis blyk dat Mnr Du Randt in die nag van 2 Desember 1992 buite op sy werf met 'n haelgeweer geskiet is. Hierdie oënskynlike ooreenkoms tussen die bewese feite en appellant se verklaring is egter te vaag om sy aandadigheid bo redelike twyfel te bewys. Daar is, benewens alle ander vaaghede, geen getuienis dat daar tydens die aanval in die Wesselsbron-saak, nie ook 'n skoot afgegaan het nie. In elk geval is daar nie eers feite waarop 'n mens kan aflei dat die gebeure deur appellant aan Efrick
9
vermeld, op die Wesselsbron-saak betrekking het. Vir al wat onsweet en op die getuienis voor ons kon daardie gebeure op 'n heel
ander plek en tyd afgespeel het.
Die appèl slaag en die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde
gestel.
SMALBERGER, AR )
)STEM SAAM
STEYN, AR )
P J J OLIVIER, AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.