Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Snyman [2003] ZAFSHC 29 (13 November 2003)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant's explanation for her absence on 1 October 2002 was credible and corroborated by her friend, who had notified three named court officials of her illness. The evidence established that the appellant took reasonable steps to inform the court and that her failure to appear was not due to fault on her part. The court held that, in light of the constitutional requirement for a reasonable possibility, the conviction under section 170(2) (which should have been section 188) was incorrect. The absence of reasons for conviction by the magistrate further undermined the validity of the proceedings. Accordingly, the appeal succeeded, and both the conviction and sentence were set aside.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

Orders

  • The conviction and sentence against the appellant are set aside.

02

Material facts

Parties

Cornelia Gertruide Aletta Snyman

Appellant Counsel: P.R. Cronje

The State

Respondent Counsel: P. De Kock

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that her absence from court on 1 October 2002 was due to illness. She made reasonable efforts to inform the court of her inability to attend by instructing her friend to notify relevant court officials. The appellant contended that these actions demonstrated that her failure to appear was not due to fault on her part, and therefore she should not have been convicted under section 170(2) or section 188 of the Criminal Procedure Act.
Respondent
The respondent maintained that no official notification of the appellant's illness was received by the prosecutor or the court on 1 October 2002. The State argued that the appellant failed to comply with her obligation to appear and did not provide a sufficient explanation to negate fault, justifying her conviction and sentence for failure to appear.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 188(1) and 170(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    A person summoned to attend criminal proceedings who fails to do so commits an offence unless the court is convinced there is a reasonable possibility that the failure was not due to fault on their part.

  2. 02

    S v Singo [2002] ZACC 10; 2002 (2) SACR 160 (CC)

    The evidentiary burden requires the accused to show a reasonable possibility that their failure to appear was not due to fault.

  3. 03

    Van Aswegen v De Clerq 1960 (4) SA 875 (A); Magistrates' Court Rule 67(3)(b)

    Magistrates are obliged to provide full reasons for conviction and sentence, especially upon receipt of a notice of appeal.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant's explanation for her absence on 1 October 2002 was credible and corroborated by her friend, who had notified three named court officials of her illness. The evidence established that the appellant took reasonable steps to inform the court and that her failure to appear was not due to fault on her part. The court held that, in light of the constitutional requirement for a reasonable possibility, the conviction under section 170(2) (which should have been section 188) was incorrect. The absence of reasons for conviction by the magistrate further undermined the validity of the proceedings. Accordingly, the appeal succeeded, and both the conviction and sentence were set aside.

Obiter and limits

  • Magistrates must strive to provide complete reasons for their decisions, as required by procedural rules, particularly when an appeal is lodged.
  • Failure to provide reasons after a hearing is a procedural defect that must be remedied upon receipt of a notice of appeal.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

  • The conviction and sentence against the appellant are set aside.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2003] ZAFSHC 29

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Appèl Nr. 56/2003

In die saak tussen:

CORNELIA GERTRUIDE ALETTA SNYMAN Appellante

en

DIE STAAT Respondent

_________________

CORAM: LOMBARD et VAN COPPENHAGEN, RR

AANGEHOOR OP: 20 OKTOBER 2003

UITSPRAAK DEUR: LOMBARD, R

GELEWER OP: 13 NOVEMBER 2003

Die tersaaklike agtergrond van hierdie appèl is kortliks die volgende:

Die appellante was die klaagster in ‘n onderhoudsaak teen haar gewese eggenoot, Mnr Leon Edwin Snyman in die landdroshof te Welkom (Saak No. F32/02). Ex facie die oorkonde wil dit voorkom asof die beskuldigde (Snyman) vir die eerste keer op 1 Maart 2002 in die hof moes verskyn, maar dat die verhoor daarna op verskeie kere uitgestel was tot, onder meer, 17 September 2002 op welke datum die volgende nota op die oorkonde verskyn:

“OP : 17/9/02

ADD LANDDROS : MNR MOLEELE

STAATSAANKLAER :

MEV BREEDT

TOLK :

MNR MOILOA

VERDEDIGING : IP

U/s 1/10/2002 L/A ondersoek Cornelia Snyman gew 8:30 C-Hof.”

(Oorkonde p.5)

(Dit kan net volledigheidshalwe gemeld word dat op 24 Junie 2002, een van die uitgestelde datums ‘n lasbrief vir arrestasie teen die appellant vanweë haar afwesigheid gemagtig was.)

(ii) Daarna is sy ingevolge die bepalings van artikel 170(2) van die Strafproseswet opgeroep om op 22 Oktober 2002 in ‘n summiere ondersoek te verskyn ten einde haar wanverskyning op 24 Junie en 1 Oktober te verduidelik. Na aanhoor van mondelingse getuienis is sy ten aansien van haar wanverskyning op 24 Junie onskuldig bevind, maar ten aansien van haar wanverskyning op 1 Oktober skuldig bevind en tot 18 dae gevangenisstraf gevonnis. Sy kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding en vonnis.

Dit is gemeensaak dat appellante verkeerdelik ingevolge die bepalings van artikel 170(2) van die Strafproseswet “aangekla”, skuldig bevind en gevonnis was – die ondersoek moes ingevolge die bepalings van artikel 188 van die Strafproseswet plaasgevind het. Die advokate was dit egter eens dat ingevolge die bepalings van artikel 270 van die Strafproseswet die appellante tereg aan ‘n oortreding van laasgenoemde artikel skuldig bevind en gevonnis kon word. Die vraag is egter of die skuldigbevinding in orde is.

Die appellante se relaas aangaande die gebeure op 1 Oktober is in ‘n neutedop dat sy gedurende die aand van 30 September 2002 “baie siek geword het en heeltemal ingegee het”. Die volgende oggend (1 Oktober) was sy nog steeds baie siek en aangesien haar telefoon “leeg was” het sy haar huishulp gestuur om haar vriendin mev. Emilia Engelbrecht te gaan telefoneer met die versoek om “die hof” van haar ongesteldheid te verwittig. Later dieselfde dag het mev. Engelbrecht haar geskakel en bevestig dat sy met mnr. Zim, mnr. Reggie en landdros Coetzee by “die hof” gepraat het soos deur die appellante versoek en dat Reggie sou gesê het dat “hy gaan nou af hof toe en hy sal die Aanklaer sê dat ek nie by die hof kan wees nie, dat ek siek is” (oorkonde p. 12).

Mev. Emilia Charlotte Laura Engelbrecht het getuig dat sy ‘n vriendin van die appellante is en dat laasgenoemde se huishulp, ene Maggie, haar op die oggend van 1 Oktober na haar werk geskakel het met die versoek om “die hof” te skakel en mee te deel dat sy nie sal kan verskyn nie aangesien sy siek was. Sy het eers met mnr. Reggie gepraat, daarna met mnr. Zim en laastens met landdros Coetzee wie haar meegedeel het dat as die appellante die volgende oggend beter sou wees en “kan praat” sy haar voor nege-uur moet skakel. Sy het daarna die appellante teruggeskakel en gerapporteer dat sy die betrokke persone in kennis gestel het van haar onvermoë om die verrigtinge by te woon.

Namens die Staat het mev. Henriëtte Breedt getuig en die hof meegedeel dat sy op 1 Oktober die aanklaer was toe daar ‘n tweede lasbrief teen die appellante in die namiddag uitgereik was – tot op daardie stadium het sy geen boodskap ontvang dat die appellante siek sou wees nie.

Mnr. Makanene Samuel Zim is verbonde aan die siviele afdeling van die landdroskantoor te Welkom. Volgens die siviele hofboek moes die appellante op 3 Oktober 2002 in die siviele hof veskyn het (Saak No. 4846/99). Na ontvangs van ‘n boodskap dat die appellante nie by die hof daardie dag kon wees nie en versoek het dat die saak tot 10 Oktober uitgestel moet word, het hy dienooreenkomstige reëlings met die betrokke landdros getref. Hy het beklemtoon dat in dieselfde siviele hofboek daar geen inskrywing betreffende die appellante se verskyning op 1 Oktober 2002 was nie. Hy het in kruisverhoor op ‘n vraag of hy op 1 Oktober 2002 “oor mev. Snyman” geskakel was, as volg geantwoord:

“Nee, ek kan nie onthou dat sy my op 1 Oktober geskakel het nie.”

(Oorkonde p.50).

Die verhoorhof se uitspraak op skuldigbevinding hierin lees as volg:

“Op die klag van 1 Oktober, sonder om tyd te mors, dit is inderdaad in Engels `evident’ dat die skuld is aan die beskuldigde se kant.

Beskuldigde word SKULDIG bevind op oortreding van Artikel 170 van die Strafproseswet soos gewysig.”

(Oorkonde p.

52)

Aangesien dit geen redes vir die skuldigbevinding bevat nie is hierdie Hof gevolglik op die beginsels wat, onder andere, in VAN ASWEGEN v DE CLERQ 1960 (4) SA 875 (A) op 882C uiteengesit, aangewese en dit is

“to do its best on such material as it has before it”.

By die deurlees van die getuienis is ek van mening dat mev. Engelbrecht se weergawe deurslaggewend is. Sy staaf nie net die appellante se relaas nie, maar verduidelik ook presies wie sy geskakel en wat sy aan hulle oorgedra het en dat sy nog daardie selfde dag aan die appellante gerapporteer het dat sy met dié drie persone gepraat en hulle van laasgenoemde se situasie meegedeel het. In kruisverhoor is dit geensins aan haar gesuggereer dat sy moontlik ‘n fout met óf die datum en of die betrokke persone kon maak nie – haar getuienis is vir alle praktiese doeleindes onbetwis. Daarteenoor is die weergawe van mev. Breedt en mnr. Zim. Laasgenoemde was myns insiens doelbewus ontwykend toe hy op ‘n vraag geantwoord het dat hy nie kan onthou dat sy, d.w.s. die appellante, hom op 1 Oktober geskakel het nie. Daar was in elk geval geen sodanige suggestie nie. Dieselfde geld tot ‘n mate vir mev. Breedt se getuienis – daar was ook geen suggestie dat enigiemand met haar persoonlik in verbinding sou getree het op 1 Oktober 2002 nie. Afgesien van die inskrywing in die siviele hofboek van 3 Oktober, staan dit in elk geval vas dat die appellante op 1 Oktober moes in die hof verskyn het (Oorkonde p. 5 en 67).

Na sorgvuldige oorweging van die getuienis hierin is ek van mening dat die weergawe van die appellante, soos deur mev. Engelbrecht aangevul en gestaaf, as die waarheid aanvaar moet word en dat waar dit met die Staat verskil laasgenoemde s’n verwerp moet word.

Die vraag wat dus nou beslegting verg is of die appellante op haar weergawe kon skuldig bevind word.

Ingevolge artikel 188(1) is dit, in kort, ‘n misdaad vir ‘n persoon wat gedagvaar is om strafverrigtinge by te woon en dan versuim om dit te doen – vir so ‘n “oortreding” is die bepalings van artikel 170(2) mutatis mutandis van toepassing. Artikel 170(2) lees in ‘n verkorte vorm as volg:

“(2) Die hof kan, indien oortuig dat die in subartikel (1) bedoelde beskuldigde versuim het om op die plek en op die datum en op die tyd te verskyn ............... wanneer hy voor die hof gebring word, op ‘n summiere wyse ondersoek instel na sy versuim om aldus te verskyn of aldus aanwesig te bly en, tensy die beskuldigde die hof oortuig dat sy versuim nie aan skuld aan sy kant te wyte was nie, hom weens die in subartikel (1) bedoelde misdryf skuldig bevind en hom tot ‘n boete van hoogstens R300 of gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens drie maande veroordeel.”

(My beklemtoning)

In S v SINGO [2002] ZACC 10; 2002 (2) SACR 160 (CC) op 177 is die grondwetlikheid van artikel 72(4) van die Strafproseswet onder die loep geneem. Die slotparagraaf van die Hof se uitspraak lees as volg: (Ngcobo R):

“[43] Striking down s 72(4) without more would leave a vacuum in the present legislative structure which is designed to deal with conduct that hinders the administration of justice. In this regard, it is important to bear in mind that s 72(4) deals with the case of an accused who has failed to comply with the warning to appear in court. There is no other provision that deals with such an accused. An accused who is released on bail is dealt with under s 67 of the CPA. A witness who fails to appear in court after being subpoenaed or warned to appear in court, is dealt with under s 188 of the CPA. It is true that Parliament could remedy the situation, but as we observed in Manamela, that takes time and in the interim a gap will remain. In all the circumstances, I consider it appropriate to read in words necessary to establish an evidentiary burden. This is less invasive than simply to strike down s 72(4).”

Die Hof het, onder andere, gelas dat:

“3. Section 72(4) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, is to be read as though the words “there is a reasonable possibility that” appear therein between the words “that” and “his failure”.”

Die bewoording van die tersaaklike gedeeltes van artikel 72(4) en artikel 170(2) is identies. Dit is myns insiens net logies dat die wysiging van eersgenoemde nou noodwendig ook laasgenoemde tref en dat die tersaaklike gedeelte daarvan nou geag moet word om as volg te lees:

“... tensy die beskuldigde die hof oortuig dat daar ‘n redelike moontlikheid is dat sy versuim nie aan skuld aan sy kant te wyte was nie.”

Die skuldvereiste wat hier ter sprake is word deur Snyman, Strafreg 4de Uitg. op p.141 as volg verduidelik:

“Die hele vraag na skuld kan herlei word tot een eenvoudige vraag, naamlik “kon ‘n mens in alle billikheid van X verwag het om die pleeg van die onreg te vermy?””

Dit behoef myns insiens geen betoog dat op die aanvaarde getuienis hierin daar geen sprake kan wees van enige skuld aan die appellante se kant om nie die hofverrigtinge op 1 Oktober by te woon nie – allermins nog dat daar “’n redelike moontlikheid was”. Sy het vanweë haar onvermoë om op die betrokke dag die hofverrigtinge by te woon haar vriendin versoek om drie persone wat sy by name genoem het by die hof te telefoneer en van haar probleme te verwittig. Sy het later dieselfde dag bekragtiging ontvang dat haar vriendin met al drie die persone in verbinding was – wat meer moes of kan sy in dié omstandighede gedoen het?

Die skuldigbevinding is myns insiens dus verkeerd. Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis moet dus slaag.

Ek wil net terloops opmerk dat, soos alreeds aangedui, die verhoorlanddros se uitspraak ten opsigte van die skuldigbevinding slegs uit ‘n paar sinne bestaan sonder om, uit die aard van die saak, enige volledige redes daarvoor te verstrek. Ek het begrip vir die feit dat hierdie verrigtinge nie die roete van ‘n gewone appèl gevolg het nie, maar wil nogtans beklemtoon dat landdroste deurgaans moet streef om volledige redes vir sy of haar skuldigbevinding en vonnis te verskaf – hulle word in elk geval verplig om dit na ontvangs van ‘n kennisgewing van appèl te doen (Landdroshofreël 67(3)(b)). Indien ‘n landdros dus sou versuim of nalaat om volledige redes na afhandeling van ‘n verhoor te verskaf, is dit in elk geval nadat ‘n kennisgewing van appèl geliasseer is verpligtend. In die onderhawige geval het laasgenoemde ook nie gebeur nie. Sien, onder andere, S v NTJABA 2000 (2) SACR 218; S v CALITZ EN ‘N ANDER 2003 (1) SASV 116 (HHA).

Die appèl teen die skuldigbevinding slaag. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

_____

D.J. LOMBARD, R

EK STEM SAAM

_____

G. VAN COPPENHAGEN, R

Namens Appellante: Adv. P.R. Cronje

i.o.v.

Naudes

Namens Respondent: Adv. P. De Kock

Direkteur: Openbare Vervolgings

/scd

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Singo [2002] ZACC 10; 2002 (2) SACR 160 (CC)

Case cited

Van Aswegen v De Clerq 1960 (4) SA 875 (A)

Case cited

S v Ntjaba 2000 (2) SACR 218

Case cited

S v Calitz en 'n Ander 2003 (1) SASV 116 (HHA)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.