S v Stigling and Another (460/88) [1989] ZASCA 67; [1989] 2 All SA 432 (A) (29 May 1989)
- Citation
- [1989] ZASCA 67
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hefer, EM Grosskopf, Kumleben
- Case number
- 460/88
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hefer, EM Grosskopf, Kumleben
- Case number
- 460/88
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that, although the appellants ought to have foreseen the possibility of the deceased's death due to her advanced age, there was insufficient evidence to prove beyond reasonable doubt that they actually did foresee this consequence. The violence applied was minimal, and there was no direct evidence of subjective foresight. The trial court's reliance on the deceased's age and frailty was not enough to establish the required mens rea for murder. Consequently, the convictions for murder were set aside and replaced with convictions for culpable homicide. The sentences were adjusted accordingly to reflect the lesser offence.
Court disposition
Appeal partially upheld; murder convictions and sentences set aside and replaced with convictions for culpable homicide and sentences of eight years' imprisonment, to run concurrently with sentences on other charges.
Orders
- The appeal succeeds to the extent that the convictions and sentences for murder are set aside.
- The convictions on the first charge are replaced with convictions for culpable homicide.
- The sentences for both appellants on the first charge are replaced with eight years' imprisonment, to run concurrently with the sentences imposed on the second charge.
02
Material facts
Parties
Paul Albertus Stigling
AppellantDennis Valentine
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Appellant 1 Original Sentence (other Charges): ZAR 19
- Appellant 2 Original Sentence (other Charges): ZAR 15
- Revised Sentence for Culpable Homicide (each Appellant): ZAR 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellants subjectively foresaw the possibility of the deceased's death resulting from their conduct.
- 02
Whether the conviction for murder should stand or be replaced with culpable homicide.
- 03
What is the appropriate sentence for the appellants given the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellants argued that, although the appellants ought reasonably to have foreseen the possibility of the deceased's death, there was no proof that they actually did foresee it. Therefore, they should have been convicted of culpable homicide rather than murder.
- Respondent
- The State maintained that the appellants, given the advanced age and frailty of the deceased, must have subjectively foreseen the possibility of her death as a result of their actions, and thus the conviction for murder was appropriate.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v de Bruyn en 'n Ander 1968 (4) SA 498 (A) at 510
For a conviction of murder based on dolus eventualis, it must be proved beyond reasonable doubt that the accused subjectively foresaw the possibility of death resulting from their conduct.
- 02
S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 (A) at 570 B-D
Subjective foresight may be proved by inference, but such inference must be the only reasonable one that can be drawn from the facts.
- 03
S v Bradshaw 1977 (1) P.H. H60
Courts must guard against too readily inferring subjective foresight from objective foreseeability.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that, although the appellants ought to have foreseen the possibility of the deceased's death due to her advanced age, there was insufficient evidence to prove beyond reasonable doubt that they actually did foresee this consequence. The violence applied was minimal, and there was no direct evidence of subjective foresight. The trial court's reliance on the deceased's age and frailty was not enough to establish the required mens rea for murder. Consequently, the convictions for murder were set aside and replaced with convictions for culpable homicide. The sentences were adjusted accordingly to reflect the lesser offence.
Obiter and limits
- The court noted that robbery cases often involve excessive violence, but in this instance, the appellants used minimal force, aiming only to incapacitate the victims to facilitate theft.
- The deceased's frailty and age contributed to her death, but the appellants were not shown to be aware of her specific health conditions beyond her age.
Court disposition
Appeal partially upheld; murder convictions and sentences set aside and replaced with convictions for culpable homicide and sentences of eight years' imprisonment, to run concurrently with sentences on other charges.
- The appeal succeeds to the extent that the convictions and sentences for murder are set aside.
- The convictions on the first charge are replaced with convictions for culpable homicide.
- The sentences for both appellants on the first charge are replaced with eight years' imprisonment, to run concurrently with the sentences imposed on the second charge.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saakno 460/88 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen;PAUL ALBERTUS STIGLING Appellant 1
DENNIS VALENTINE Appellant 2enDIE STAAT RespondentCORAM: HEFER, E M GROSSKOPF, KUMLEBEN, ARR VERHOOR: 12 Mei 1989 GELEWER: 29 Mei 1989
UITSPRAAK HEFER, AROp 9 Maart 1987 het die appellante gepoog om die 88-jarige Mev Huibrecht Boshoff in haar huis in Melville, Johannesburg, te beroof. Sy is gedreig met iets wat gelyk het na 'n vuurwapen maar wat inderdaad 'n speelgoed pistool kon gewees
2
het. Daarna is sy in 'n spens ingestamp waar sy geval het en waar sy en haar huishulp, Mev Xaba, vasgebind en gemuilband is.Hulle is daar gelaat terwyl die appellante in die huis gesnuffel het vir geld. Hulle kon niks vind nie. Appellante het daarop die huis verlaat en op 'n aangrensende perseel ingebreek en 'n aantal artikels gesteel. Intussen was Mev Boshoff en die huishulp nog steeds in die spens. Laasgenoemde het geslaag om haar hande los te wikkel en hulp by bure te gaan soek. Sy en 'n buurvrou is weer die huis binne. Op die spensvloer het hulle Mev Boshoff dood aangetref.Die appellante is kort na die voorval gearresteer en by hulle latere verhoor in die hof a quo is hulle skuldig bevind aan moord op Mev Boshoff, aan 'n poging om Mev Boshoff te beroof en aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal uit die huis op die aangrensende perseel. Die verhoorhof het bevind dat daar nie versagtende omstandighede was ten opsigte van die moord nie en die appellante ter dood veroordeel. Op die ander twee aanklagte is gevangenisstraf opgelê wat, in eerste appellant se
3
geval, 19 jaar en, in tweede appellant se geval, 15 jaar in
totaal beloop. Die huidige appèl is slegs gemik teen die
skuldigbevinding en vonnis op die moordklag.
Wat die skuldigbevinding betref, is die enigste vraag
wat in hierdie hof beredeneer is of die appellante op dievoorgelegde getuienis skuldig is aan moord dan wel aan strafbaremanslag. Die antwoord hang uitsluitlik af van dievoorsienbaarheid vir die appellante van die oorledene se doodiasgevolg van die geweld wat hulle haar aangedoen het. Dieverhoorhof het bevind dat
"... die beskuldigdes vanweë die hoë ouderdom en die tengerheid van die oorledene subjektief voorsien het dat die dood van die oorledene moontlik kon intree as gevolg van hulle handeling en optrede deur haar vas te maak en 'n doek of doeke om haar mond styf vas te bind
Appellante se advokaat het egter aangevoer dat, hoewel die appellante redelikerwys behoort te voorsien het dat die oorledene moontlik kon sterf, dit nie bewys is dat hulle dit inderdaad voorsien het nie; daarom moes hulle skuldig bevind gewees het
4
aan strafbare manslag.Voordat die meriete van die betoog namens die appellante oorweeg word, is dit nodig om kortliks te verwys na die bevindings by die lykskouing wat na haar dood op die liggaam van die oorledene uigevoer is en na die getuienis van die lykskouer daaromtrent. Breinbloeding op vier afsonderlike plekke en tekens van 'n ernstige hartsiekte is gevind. Die lykskouer het die oorsaak van dood as breinbloeding en hartversaking aangegee en verduidelik dat die moontlikheid nie uitgesluit is nie dat die oorledene aan hartversaking weens blote émosionele spanning gesterf het. (Dat dit so is, wil ek dadelik sê, is nie ter sake by die oorweging van appellante se aanspreeklikheid nie. Hulle advokaat het tereg toegegee dat al die omstandighede daarop dui dat hulle onwettige optrede die oorledene se dood veroorsaak het, wat ook al die presiese doodsmeganisme mag gewees het.) Dat die oorledene breinbloeding op vier plekke opgedoen het, skep 'n mate van onsekerheid. Volgens Mev Xaba het sy slegs een maal geval toe die appellante
5
haar gestamp het maar volgens die lykskouer is dit onwaarskynlikdat bloeding op soveel plekke deur 'n enkele val veroorsaak kongewees het Dit skep die indruk dat meer geweld toegepas is aswat hierbo beskryf is. Maar die verhoorhof het Mev Xaba segetuienis aanvaar en die afwesigheid van 'n verduideliking vir aldie bloedings kan die appellante nie tot nadeel strek nie. Dieappèl moet beslis word op die grondslag dat hulle die oorledenenie meer geweld aangedoen het as dié wat reeds beskryf is nie.Dit is nie nodig om uit te wei oor die wesensverskiltussen moord en strafbare manslag of oor die onderskeid tussendolus eventualis en nalatigheid nie. Vir huidige doeleindes isdit voldoende om te verwys na die uiteensetting in S v. de Bruynen 'n Ander 1968(4) SA 498 (A) op 510, S v. Sigwahla 1967(4) SA566 (A) op 570 B-D en S v. Dladla en Andere 1980(1) SA 1 (A) op4 A-B en in gedagte te hou dat dit by laasgenoemde onderskeidinggaan om die verskil tussen sogenaamde objektiewe en subjektiewevoorsienbaarheid (objektief in die sin van voorsienbaarheid aan die hand van "die objektiewe waarskynlikhede, wat op algemene
6
menslike ervaring berus" (per JANSEN AR in Dladla op 4 H), ensubjektief in die sin van 'n beskuldigde se daadwerklikeversiendheid ten opsigte van die moontlike gevolge van syhandeling.) Vir 'n skuldigbevinding aan moord word natuurlikbewys bo redelike twyfel geverg dat die beskuldigde inderdaad diedood van sy slagoffer as 'n moontlike gevolg van sy handelingvoorsien het. Dikwels geskied dit by wyse van afleiding uit diebewese feite en in sulke gevalle kan die objektiewevoorsienbaarheid van die dood in aanmerking geneem word. Wategter nie uit die oog verloor moet word nie, is dat die algemenebenadering tot bewys by wyse van afleiding ook in sulke gevallegeïd. In S v. Sigwahla (supra op 570 E-F) is opgemerk:
"Subjective foresight, like any other factual issue, may be proved by inference. To constitute proof beyond reasonable doubt the inference must be the only one which can reasonably be drawn. It cannot be so drawn if there is a reasonable possibility that subjectively the accused did not foresee, even if he ought reasonably to have done so, and even if he probably did do so."
(Kyk ook S v. Shaik and Others 1983(4) SA 57 (A) op 62 H.)
7
Volgens WESSELS AR in S v. Bradshaw 1977(1) P.H. H60
"(the) court should guard against proceeding too readily from 'ought to have foreseen' to 'must have foreseen' and thence to 'by necessary inference in fact foresaw' the possible consequences of the conduct enquired into. The several thought processes attributed to an accused must be established beyond any reasonable doubt, having due regard to the particular circumstances which attended the conduct being enquired into."
Ek stem met eerbied volmondig saam.Die vraag is nou: is dit in die huidige geval bo redelike twyfel bewys dat die appellante voorsien het dat die oorledene moontlik kon sterf as gevolg van hulle optrede hierbo beskryf? Daar is geen direkte getuienis dat hulle dit inderdaad voorsien het nie; inteendeel, tweede appellant het getuig dat, wat hom betref, dit nie die geval was nie. (Eerste appellant het sy aandadigheid ontken sodat die vraag nie met hom geopper is nie). Dit kom dus daarop neer dat wat oorweeg moet word, is of die enigste redelike afleiding van die bewese feite is dat hulle dit voorsien het. Myns insiens is dit nie.
Wat in hierdie geval sterk na vore tree, is die
8relatief geringe mate van geweld wat op die oorledene toegepas is. Dit is ongelukkig so dat rooftogte waarmee die howe te doen kry deesdae dikwels gepaard gaan met gruwelike geweld; dikwels word die slagoffer dood of ernstig beseer in 'n plas bloed agtergelaat. So 'n geval is die huidige een nie. Die indruk wat die appellante se optrede laat, is dat hulle Mev Boshoff en haar huishulp met die mins-moontlike mate van geweld buite aksie wou stel sodat hulle die huis ongehinderd kon plunder.Dit spreek natuurlik vanself dat dood as gevolg van geringe geweld nie maklik voorsienbaar is nie. Daarom is dit verstaanbaar dat die hof a quo sy bevinding dat die appellante die moontlikheid van die oorledene se dood voorsien het, gebaseer het, nie op die mate van geweld nie, maar op haar ouderdom en tengerheid. Die getuienis dui aan dat die appellante bewus was van haar bejaardheid (hulle wou bv. van Mev Xaba weet waar die "ou vrou" was) maar nie dat hulle geweet het van haar tengerheid of van die feit dat sy nie gesond was nie. Dit is alles faktore wat heelwaarskynlik bygedra het tot haar dood maar, hoewel haar
9
bejaardheid op sigself voldoende rede was waarom die appellante
behoort te voorsien het dat sy moontlik sonder veel geweld kon
sterf, meen ek nie dat hiervan afgelei kan word dat hulle dit
inderdaad voorsien het nie. Daarom meen ek dat die betoog dat
hule skuldig bevind moes gewees het aan strafbare manslag
gehandhaaf moet word.
Wat vonnis betref, het ek reeds aangedui dat eerste
appellant 'n totaal van 19 jaar en tweede appellant 'n totaal van
15 jaar weens die twee ander oortredings opgelê is. Ek meen nie
dat hulle optrede die betrokke dag hulle aanhouding vir langer
tydperke regverdig nie; vandaar die bevel wat ek van voorneme
is om te maak. Dit lui soos volg:
Die appèl slaag tot die mate dat die appellante se skuldigbevindings en vonnisse op die eerste aanklag ter syde gestel word. Die skuldigbevindings op die eerste aanklag word vervang met skuldigbevindings aan strafbare manslag en die vonnisse, in die geval van beide appellante, met gevangenisstraf vir 8 jaar wat sal saamloop met die vonnisse wat hulle op die tweede aanklag opgelê is.
J J F HEFER, AR
E M GROSSKOPF, AR
KUMLEBEN, AR Stem
saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.