Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Struis (121/04) [2004] ZANCHC 19 (7 May 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the accused, by his own admission, picked up a cassette player in good working condition, recognized it belonged to someone else, and sold it without knowing the owner or having permission. This conduct satisfied the elements of theft, as he unlawfully and intentionally appropriated property belonging to another. The initial release of the accused from prison was based on a mistaken interpretation of the evidence and legal opinion. Given the extraordinary circumstances—namely, the accused's premature release and the time already served—the court exercised its inherent jurisdiction to suspend the remainder of the sentence, finding it unreasonable and unjust to re-incarcerate the accused. The conviction was confirmed, but the sentence was amended to reflect a substantial suspension.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence amended to twelve months' imprisonment, ten months suspended for five years on condition of no further theft-related offences.

Orders

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with twelve (12) months' imprisonment, of which ten (10) months are suspended for five (5) years on condition that the accused is not convicted of theft or any offence involving theft committed during the period of suspension.
  • The sentence is backdated to 23 February 2004.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Ivan Struis

Respondent

Amounts and remedies

  • Value of Cassette Player (as Per Complainant): ZAR 989
  • Amount Paid by Complainant (installments): ZAR 800
  • Intended Sale Price by Accused: ZAR 250

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Automatic Review After Conviction and Sentence in the Magistrate's Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State argued that the accused unlawfully and intentionally appropriated a cassette player belonging to another, having admitted to picking it up and selling it, and that his actions satisfied the elements of theft. The magistrate relied on the accused's own version, which indicated awareness that the item belonged to someone else and that he had no right or permission to appropriate or sell it.
Respondent
The accused contended that he found the cassette player in a ditch and believed it did not belong to anyone, thus lacking the intent to steal or awareness of unlawfulness. The opinion from the Director of Public Prosecutions suggested that the accused did not have the requisite intent or consciousness of unlawfulness at the time of his actions.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Abrahams & Another 1998 (1) SASV 314 (K)

    Theft is the unlawful and intentional appropriation of a movable item in commerce belonging to another.

  2. 02

    S v Abrahams & Another 1998 (1) SASV 314 (K)

    An accused who appropriates property knowing it belongs to another, even if the owner is unknown, and sells it without permission, satisfies the elements of theft.

  3. 03

    Inherent jurisdiction of the High Court

    Where extraordinary circumstances arise, the court may exercise its inherent jurisdiction to suspend part of a sentence in the interests of justice.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the accused, by his own admission, picked up a cassette player in good working condition, recognized it belonged to someone else, and sold it without knowing the owner or having permission. This conduct satisfied the elements of theft, as he unlawfully and intentionally appropriated property belonging to another. The initial release of the accused from prison was based on a mistaken interpretation of the evidence and legal opinion. Given the extraordinary circumstances—namely, the accused's premature release and the time already served—the court exercised its inherent jurisdiction to suspend the remainder of the sentence, finding it unreasonable and unjust to re-incarcerate the accused. The conviction was confirmed, but the sentence was amended to reflect a substantial suspension.

Obiter and limits

  • The court emphasized that the only reason for amending the sentence was the exceptional circumstances of the accused's premature release, not any defect in the conviction or original sentence.
  • The court noted that the proper procedure when finding property is to deliver it to the police, and failure to do so may indicate unlawful appropriation.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence amended to twelve months' imprisonment, ten months suspended for five years on condition of no further theft-related offences.

  • The conviction is confirmed.
  • The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with twelve (12) months' imprisonment, of which ten (10) months are suspended for five (5) years on condition that the accused is not convicted of theft or any offence involving theft committed during the period of suspension.
  • The sentence is backdated to 23 February 2004.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 19

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

Saakno: / Case number: 121/04

Datum gelewer: / Date delivered: 07/05/2004

In die saak van:

DIE

STAAT

teen

STRUIS, IVAN Beskuldigde

Coram: Kgomo RP et Lacock

R

UITSPRAAK

OP HERSIENING

LACOCK R:

Die beskuldigde is in die Landdroshof, Hopetown, skuldig bevind aan diefstal van ‘n kassetspeler, en is gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf.

Nadat die saak op outomatiese hersiening aan Tlaletsi R voorgelê is, het hy die volgende navraag aan die Landdros gerig:

“It would appear from the record that the magistrate accepted the accused’s evidence that he picked up the Cassette/CD player in ditch/furrow (‘sloot’) and did not know the owner thereof, but nevertheless he sold it. The object was still in good condition.

The reasons for conviction in view of the above and intent to steal are requested.”

Uit die oorkonde blyk dit dat, nadat die klagte aan die beskuldigde gestel is, hy skuldig gepleit het daarop. Tydens die ondervraging kragtens art 112 (1) (b) van die Strafproseswet van 1977, het die beskuldigde verduidelik dat hy die kassetspeler langs ‘n sloot opgetel en aan ene Dirkie verkoop het. Hierop het die Landdros ‘n pleit van onskuldig notuleer en het die Staat getuienis aangebied.

Die Landdros het die beskuldigde op sy eie weergawe skuldig bevind. Die tersaaklike gedeelte van die Landdros se uitspraak, en wat ‘n korrekte weergawe van die getuienis weerspieël, lees as volg:

“U ontken dat u mededelings sou gemaak het aan mede gevangenes. So die weergawe waarop die Hof steun is juis u eie weergawe. U sê u het die kassetspeler nie gesteel nie, maar opgetel in ‘n sloot in 7de Laan. Dit was klaarblyklik ‘n nuwe kassetspeler. Die klaer betaal nou nog R800 daarop af, volgens hom is die waarde R989. Dit was ‘n nuwe item gewees, dit het nog gespeel. Dit is ook die weergawe van Ben Johnson. Op u eie weergawe was dit ‘n skaflike item. U het dit verkoop en was van plan om dit verkoop vir R250. Die feit dat dit ‘n item was wat weggegooi is, moet ignoreer word. U sê self klaarblyklik dat dit aan iemand behoort, maar nie geweet aan wie dit behoort. U sê dat optelgoed, hougoed is en dat u dit kan vat. U het dit opgetel in 7de Laan, daar is huise daar naby.

U het nie geweet aan wie dit behoort nie. Die korrekte prosedure sou gewees het om dit na die polisiestasie te bring. Om nou te sê u het nie daaran gedink nie, gaan eenvoudig nie op nie. U is ‘n volwasse persoon en moes geweet dat dit moontlik aan iemand kon behoort.

U het nie geweet wie die eienaar daarvan was nie. U het dit ook verkoop. U mentaliteit blyk baie duidelik daarop dat u minstens moes geweet het dat dit aan iemand anders moes behoort.

U het geen reg of toestemming gehad om dit toeëien nie, dit is nie asof u die eienaar daarvan was en dit verkoop. U het u in hierdie omstandighede skuldig gemaak aan diefstal.”

In sy antwoord op die voormelde navraag van Tlaletsi R, argumenteer die Landdros as volg: Diefstal is die wederregtelike en opsetlike toe-eiening van ‘n roerende saak in commercio wat aan ‘n ander behoort. Die kassetspeler het aan iemand (hoewel onbekend) behoort en dit het die beskuldigde toegegee. Hy het dit vir homself toegeeiën deur dit te neem en aan ‘n derde te verkoop. Die kassetspeler was nie ‘n res nullius of res derelictae nie. Die neem en toe-eiening daarvan sonder toestemming was, ex post facto en objektief beskou, wederregtelik. Die beskuldigde het die opset gehad om die eienaar van die kassetspeler van sy eiendomsreg te ontneem. Gevolglik het hy hom skuldig gemaak aan diefstal.

Hierdie benadering van die Landdros blyk ooreenkomstig die reg te wees. Sien S v Abrahams & ‘n Ander 1998 (1) SASV 314 (K).

Nadat Tlaletsi R die Landdros se redes ontvang het, het hy die saakrekord na die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings verwys vir ‘n regsmening. Op 23 April 2004 is ‘n opinie van die kantoor van die DOV ontvang met die slotopmerking was as volg lees: “Derhalwe kan ek nie die skuldigbevinding ondersteun nie.”

Ten tye van die ontvangs van hierdie mening deur die Griffier van hierdie Hof, was Tlaletsi R afwesig met waarneming in die Arbeidshof, en is die saak na my verwys vir verdere hantering.

Op ontvangs van die saakrekord het ek vlugtig na die navraag, die Landdros se redes en die opinie van die Staatsadvokaat gekyk. In par 14 van die regsmening is die volgende gesê:

“Die beskuldigde het onder die indruk verkeer dat die kassetspeler aan niemand behoort nie en daarom het hy dit opgetel en vir hom gevat. Na my mening het hy nie die opset gehad om te steel nie en ook nie wederregtelikeheidbewussyn ten tyde van sy handeling nie.”

Ek het (soos later geblyk het, verkeerdelik) aanvaar dat hierdie stelling ‘n korrekte weergawe van die getuienis weerspieël, en was tevrede dat die slotsom waartoe die advokaat gekom het, korrek was.

Aangesien ek op daardie stadium onder buitengewone werksdruk verkeer het, en besef het dat ek waarskynlik nie binne die volgende twee weke ‘n hersieningsuitspraak in hierdie saak sou kon skryf nie, en aangesien die beskuldigde toe reeds vir ‘periode van twee maande in die gevangenis was, het ek die Griffier versoek om te reël vir die onmiddellike vrylating van die beskuldigde uit die gevangenis. Dit het ek gedoen op die voormelde oortuiging dat die skuldigbevinding ter syde gestel moes word.

Op Woensdag, 5 Mei 2004, het ek die saakrekord hierin deurgelees ten einde my hersieningsuitspraak te skryf. Tot my onsteltenis het ek onmiddellik besef dat die voormelde stelling van die staatsadvokaat nie deur die getuienis ondersteun word nie. Trouens dit blyk uit die getuienis dat die beskuldigde by herhaling erken het dat toe hy die kassetspeler, en wat in ‘n goeie werkende toestand was, langs die pad opgemerk en opgetel het, besef het dat dit aan iemand behoort. Hy het egter nie geweet wie die eienaar daarvan was nie. Die beskuldigde het dus besef dat dit die kassetspeler van ‘n ander (onbekende) persoon was, en dat hy vir homself die goed van ‘n ander toeeïen toe hy dit in besit geneem en later verkoop het. Die Staat het vervolgens die nodige opset om te steel bewys. (Sien S v Abrahams & ‘n Ander (supra)).

Die dilemma wat nou ontstaan het, is dat ek verkeerdelik die beskuldigde uit die gevangenis laat vrylaat het. Ek het vasgestel dat hy reeds op 29 April 2004 vrygelaat is.

Dit kom my voor dat een van twee uitweë nou gevolg kan word: Óf die nodige stappe moet geneem word om die beskuldigde weer in hegtenis te neem sodat hy die res van sy gevangenisstraf kan uitdien, óf daardie gedeelte van die gevangenisstraf wat die beskuldigde nog moet uitdien, kan voorwaardelik opgeskort word.

Om nou weer die beskuldigde te laat arresteer en verder aan te hou, kom my uiters onredelik en onbillik voor.

Gevolglik meen ek dat ek my inherente bevoegdheid behoort uit te oefen in belang van billike regspleging en daardie gedeelte van die vonnis wat die beskuldigde nog moes uitdien, op te skort. Die beskuldigde was op 23 Februarie 2004 gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf, en is hy op 29 April 2004 vrygelaat. Hy het dus net meer as twee maande van sy vonnis uitgedien.

Graag wil ek beklemtoon dat daar myns insiens nie andersinds met die vonnis die beskuldigde opgelê, ingemeng kon word nie, en dat die vonnis soos deur die Landdros opgelê alleen ter syde gestel en gewysig word as gevolg van die buitengewone omstandighede van die saak soos hierbo uiteengesit.

Bygevolg word die volgende bevele hierin verleen:

DIE SKULDIGBEVINDING WORD BEKRAGTIG.

DIE VONNIS DIE BESKULDIGDE OPGELÊ WORD TER SYDE GESTEL EN VERVANG MET DIE VOLGENDE:

“Twaalf (12) maande gevangenisstraf waarvan tien (10) maande opgeskort word vir ‘n periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan diefstal of ‘n misdryf waarvan diefstal ‘n element is en wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie.”

DIE VONNIS WORD TERUG DATEER NA 23 FEBRUARIE 2004.

_____

HJ Lacock

REGTER

Ek stem saam.

FD Kgomo

REGTER-PRESIDENT

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Abrahams & Another 1998 (1) SASV 314 (K)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.