Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Stuurman en Andere (487/91) [1992] ZASCA 34 (23 March 1992)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the murder was premeditated, exceptionally brutal, and committed by appellants who were all hardened criminals with extensive histories of violent offences. The attack was planned and executed with direct intent, and the victim was a defenceless inmate. The alleged mitigating factors, including the influence of prison subculture, dagga consumption, depression, and remorse, were either unsupported by evidence or insufficient to outweigh the aggravating circumstances. The court held that the death sentence was the only appropriate punishment to satisfy the objectives of retribution, deterrence, prevention, and, given the appellants' backgrounds, rehabilitation was not a realistic prospect. The appeal was dismissed and the death sentences confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed; death sentences confirmed for all four appellants.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The death sentence in respect of each of the four appellants is confirmed.

02

Material facts

Parties

Stoffel Stuurman

Appellant

Willem van Niekerk

Appellant

Lucas van Rooyen

Appellant

Jannie Pieters

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the murder was influenced by the prison subculture and the negative impact it had on them, which should be considered as a mitigating factor. They also contended that the consumption of dagga prior to the offence diminished their culpability. Additional arguments included personal circumstances such as depression and alleged remorse, and that some appellants acted under the influence of others.
Respondent
The State maintained that the murder was premeditated, brutal, and committed with direct intent by hardened criminals. The State argued that there was no credible evidence of coercion, fear, or diminished capacity due to prison subculture or dagga. The aggravating factors, including the appellants' violent criminal histories and the nature of the offence, far outweighed any mitigating circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 277 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, as amended by Act 107 of 1990

    The death sentence should only be imposed if it is the only appropriate punishment, considering both aggravating and mitigating circumstances and the purposes of sentencing.

  2. 02

    S v Malgas 1991 (1) SA 284 (A)

    A proper factual basis must be established to show that prison subculture or external influences reduce moral blameworthiness.

  3. 03

    S v May, unreported Appellate Division case no. 232/91

    Remorse may be considered a mitigating factor only if it is genuine and supported by the facts.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the murder was premeditated, exceptionally brutal, and committed by appellants who were all hardened criminals with extensive histories of violent offences. The attack was planned and executed with direct intent, and the victim was a defenceless inmate. The alleged mitigating factors, including the influence of prison subculture, dagga consumption, depression, and remorse, were either unsupported by evidence or insufficient to outweigh the aggravating circumstances. The court held that the death sentence was the only appropriate punishment to satisfy the objectives of retribution, deterrence, prevention, and, given the appellants' backgrounds, rehabilitation was not a realistic prospect. The appeal was dismissed and the death sentences confirmed.

Obiter and limits

  • The court noted that mere participation in gang activity or prison subculture does not automatically reduce moral blameworthiness unless substantiated by credible evidence.
  • The influence of dagga was found to be exaggerated and did not materially affect the appellants' capacity or culpability.
  • Remorse expressed long after the offence and contradicted by enthusiastic participation in the crime carries little weight as mitigation.

Court disposition

Appeal dismissed; death sentences confirmed for all four appellants.

  • The appeal is dismissed.
  • The death sentence in respect of each of the four appellants is confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1992] ZASCA 34

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING)

SAAKNR: 487/91 In die appèl van:

STOFFEL STUURMAN 1ste Appellant

WILLEM VAN NIEKERK 2de AppellantLUCAS VAN ROOYEN 3rde AppellantJANNIE PIETERS 4de Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: E.M GROSSKOPF, MILNE ARR et VAN COLLER WndAR

Aangehoor: 28 Februarie 1992 Gelewer: 23 Maart 1992

2 UITSPRAAKVAN COLLER WndAR:

Die vier appellante is op 12 Desember 1988 in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling deur Klopper WndR en twee assessore skuldig bevind aan moord. Geen versagtende omstandighede is bevind nie en elkeen van die vier appellante is ter dood veroordeel. Eerste, tweede en derde appellante is ook skuldig bevind aan roof, en vierde appellant aan diefstal. Eerste en derde appellante is elkeen tot 1½ jaar gevangenisstraf gevonnis en tweede appellant tot een jaar gevangenisstraf. Ten aansien van die diefstal is vierde appellant tot ses maande gevangenisstraf gevonnis. Die appellante se aansoeke om verlof om te appelleer is deur Klopper WndR van die hand gewys. Kragtens

3

artikel 19 van Wet 107 van 1990 ("die nuwe Wet") is die doodvonnisse van die vier appellante heroorweeg deur die paneel wat ingevolge die nuwe Wet aangestel is. Die paneel het ingevolge artikel 19(10) bevind dat die doodvonnis waarskynlik die vier appellante opgelê sou gewees het indien artikel 277 van die Strafproseswet 51 van 1977, soos vervang deur die nuwe Wet, ten tye van vonnisoplegging in werking was. Die saak kom gevolglik nou voor ons ingevolge artikel 19(12) van die nuwe Wet.

Die nuwe benadering ten aansien van die, doodvonnis en die taak van hierdie hof in verband daarmee is in 'n hele aantal beslissings uiteengesit. Dit is onnodig om dit te herhaal. Die vraag wat uiteindelik oorweeg moet word is of, met inagneming van die versagtende en verswarende omstandighede en die doeleindes van vonnis, die doodvonnis die enigste gepaste straf is vir die moord wat gepleeg is. Indien nie, moet dit deur n ander vonnis vervang word.4 Die vier appellante was saam met twee ander beskuldigdes aangekla en verhoor. Laasgenoemde twee, wat tereggestaan het as beskuldigdes drie en vyf, is ook aan moord skuldig bevind. Versagtende omstandighede is in hul geval bevind en hulle is gevangenisstraf opgelê. Die misdrywe waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is het plaasgevind op 30 Julie 1987 in die gevangenis te Kroonstad. Die appellante en beskuldigdes drie en vyf was almal lede van die 26 bende. Die beskuldigdes was saam in 'n sel waarin daar ongeveer 25 gevangenes was. Dit blyk uit die getuienis dat die oorledene 'n lid van die "Big 5" bende was. Hy het op die dag van sy dood sy intrek geneem in die sel waarin die beskuldigdes was. Luidens die getuienis wat deur die verhoorhof aanvaar is, het die volgende gedurende die aand van 30 Julie gebeur. Daar was aanvanklik geen moeilikheid nie. In die loop van die aand het die beskuldigdes, asook 'n persoon met die naam van Os,

na die badkamer van die sel gegaan. Na 'n ruk het hulle uitgekom en na 'n gevangene, Freddie Abrahams, gegaan. Abrahams is gedreig en geld,5 dagga en grondboontjiebotter is van hom geneem. Daarna is die beskuldigdes weer terug na die badkamer waar dagga gerook is. Die grondboontjiebotter is daar geëet, wapens is uitgedeel en daar is besluit om die oorledene te dood. Die oorledene is direk daarna met skerp voorwerpe aangeval. Die aanval is deur eerste appellant gelei. Volgens die getuienis van die geneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing uitgevoer het, was die oorledene ongeveer 25 jaar oud. Daar was 119 steekwonde op sy liggaam. Aan die linkerkant van die borskas was daar 28 wonde en aan die regterborskas 23. Daar was ook wonde aan die buik. Die meeste van die wonde aan die buik en borskas het gepenetreer tot in die onderliggende organe. Drie van die wonde in die linkerborskas het tot in die hart gepenetreer. Volgens die geneesheer was die oorsaak van dood die steekwonde in die hart en in die groot slagaar vanaf die hart.

Eerste en derde appellante het albei erken dat hulle die oorledene gesteek het, en die verhoorhof het bevind dat6 beide die direkte opset gehad het om dood te maak. Hoewel tweede appellant erken het dat hy 'n hef van 'n mes by hom gehad het, het hy ontken dat hy deelgeneem het aan die aanval op die oorledene. Die hof a quo het egter sy getuienis as vals verwerp en bevind dat hy n mes in die aanval op die oorledene gebruik het. Ook in sy geval is bevind dat hy die direkte opset gehad het om dood te maak.

Vierde appellant het ontken dat hy aan die aanranding op die oorledene deelgeneem het. Die verhoorhof het egter bevind dat hy 'n mes op die oorledene gebruik het, en dat hy die opset gehad het om die oorledene dood te maak. Alhoewel dit nie uitdruklik vermeld word nie, is dit duidelik uit die uitspraak dat ook wat vierde appellant betref, daar bevind is dat hy die direkte opset gehad het om die oorledene te dood.

Die enigste motief vir die aanval op die oorledene wat in die getuienis na vore gekom het, is dat die 26 bende hom nie

7

in die sel wou gehad het nie aangesien hy 'n lid was van die "Big 5" bende. In sy getuienis ter versagting, het eerste appellant getuig dat die 26 en die "Big 5" bendes nie langs dieselfde vuur sit nie en dat daar dikwels moeilikheid tussen die twee groepe was. Die oorledene het volgens hom nie toestemming gehad om in die sel te slaap nie. Alhoewel hy nooit voorheen moeilikheid met die oorledene gehad het nie het eerste appellant getuig dat die rede waarom hy deelgeneem het aan die aanval op die oorledene, 'n algemene wraaklus teen die lede van die "Big 5" groep was. Eerste appellant het voorts getuig dat derde appellant wel moeilikheid met die oorledene gehad het. Derde appellant het dit egter in sy getuienis ontken.

Alvorens die strafverswarende- en strafversagtende faktore nagegaan word is dit nodig om kortliks na die persoonlike omstandighede van elkeen van die appellante te verwys. Eerste appellant het getuig dat hy tot standerd 3 op skool gevorder het en dat hy reeds sedert 1976 n lid van die 268 bende is. Hy het die rang van inspekteur gehad. Ten tye van die verhoor was hy 31 jaar oud. Eerste appellant het n lang lys vorige veroordelings wat vanaf 1976 dateer. Die meeste van hierdie veroordelings is ten opsigte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy was ook skuldig bevind aan roof en verkragting. In 1978 en in 1983 is hy skuldig bevind aan ontsnapping.

Tweede appellant het getuig dat hy tot standerd 8 op skool gevorder het. Ten tye van die verhoor was hy 27 jaar oud. Hy was vir 'n tydperk van vier maande voor die voorval 'n lid van die 26 bende en het die rang van soldaat beklee. Soos eerste appellant, het tweede appellant ook 'n lang lys vorige veroordelings. Hy het hom sedert 1974 dikwels skuldig gemaak aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is in 1981 skuldig bevind aan ontsnapping en hy het hom ook skuldig gemaak aan diefstal en huisbraak.

Daar is nie duidelikheid aangaande derde appellant se9 ouderdom nie, maar hy was waarskynlik ongeveer 48 jaar oud ten tye van die verhoor. Hy het getuig dat hy geen skoolopleiding gehad het nie. Hy was 'n kaptein in die bende-rangorde. Sy vorige veroordelings strek oor 'n lang tydperk sedert 1953. Hy is reeds in 1954 na 'n verbeteringskool gestuur. Hy het hom dikwels aan diefstal, asook huisbraak en ernstige aanranding skuldig gemaak. Nadat hy in 1976 aan roof skuldig bevind is, is hy tot gewoontemisdadiger verklaar. In 1985 is hy weereens tot gewoontemisdadiger verklaar. Hy is ook twee keer skuldig bevind aan ontsnapping.

Vierde appellant het nie by die verhoor getuienis ter versagting afgelê nie. Dit blyk egter uit die getuienis dat hy 'n sersant in die 26 bende was. Hy was ten tye van die verhoor 25 jaar oud. Hy het ook 'n lang lys vorige veroordelings en is op verskeie geleenthede skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed te berokken. In 1984 is hy skuldig bevind aan openbare geweld.

10

Die verswarende omstandighede in hierdie saak spreek vir sigself. 'n Wrede en koelbloedige moord is op 'n weerlose gevangene gepleeg. Die appellante het opgetree met die direkte opset om dood te maak. Die oorledene het op sy bed gelê toe hy onverwags deur die appellante met skerp voorwerpe aangeval is. Dit is duidelik uit die getuienis dat hier nie impulsiewe optrede was nie. Daar is in die badkamer beplan om die oorledene dood te maak. Al vier die appellante is geharde misdadigers wat gereeld met die gereg in botsing gekom het. Dit is baie duidelik uit hul vorige veroordelings dat hulle geweldenaars is.

Wat strafversagtende faktore aanbetref is daar eerstens namens al vier die appellante aangevoer dat die dood van die oorledene die gevolg was van die gevangenis-subkultuur en die nadelige invloed daarvan op hulle. Dit is egter nodig dat 'n beskuldigde 'n behoorlike feite-basis daarstel wat aantoon dat die invloed van die subkultuur sy morele

11blaamwaardigheid verminder het. Sien S v Malgas 1991 (1) SASV 284 op 293 H - J en S v May, ongerapporteerde Appèlhofsaak nr 232/91 op 14 en 15. Daar is geen getuienis dat enigeen van die appellante uit vrees of dwang meegedoen het aan die doodmaak van die oorledene nie. Eerste appellant het die leiding geneem in die gebeure en derde appellant het ander aangespoor tot deelname. Tweede en vierde appellante het ontken dat hulle die oorledene aangerand het. Tweede appellant het nie beweer dat hy 'n vrees vir bende-optrede gehad het nie. Sy getuienis is trouens dat eerste appellant geen invloed op hom gehad het nie. Vierde appellant het met sy ontkenning van deelname tot aan die einde van die saak volhard en hy het ook nie getuienis ter versagting afgelê nie. Die vereiste feite-basis is nie in die onderhawige saak gelê nie en daar het geen onus op die Staat gerus om die afwesigheid van 'n nadelige invloed te.bewys nie. Die feit dat hier 'n bende-optrede teen 'n lid van 'n ander bende was, is ook as strafversagtende faktor aangevoer. Die oorledene het hom12 die gramskap van die appellante op die hals gehaal omdat hy in die sel waarin hulle was, kom slaap het. Tot watter mate die oorledene enige seggenskap gehad het aangaande sy slaapplek is nie duidelik nie. Bende-optrede teen die oorledene in hierdie omstandighede kan geensins 'n strafversagtende faktor wees nie, selfs al sou dit moontlik beskou kan word as 'n faset van 'n sogenaamde gevangenis sub-kultuur.

Dit is verder namens eerste, tweede en derde appellante aangevoer dat hulle tydens die pleeg van die misdryf onder die invloed van dagga was en dat dit in aanmerking behoort geneem te word as n strafversagtende faktor. Dagga is wel gerook voordat die moord gepleeg is. Wat eerste appellant betref, blyk dit uit sy getuienis dat die besluit om die oorledene aan te val by sy bed geneem was voordat die dagga geroof is en voordat dit in die badkamer gerook is. Die getuienis wat eerste appellant gegee het aangaande die effek van die dagga dui ook nie daarop dat dit enige invloed op13 hom gehad het ten tye van die pleeg van die moord nie. Tweede appellant het getuig dat hy die betrokke dag dagga gerook het, en dat hy al 'n geruime tyd dagga rook. Volgens sy getuienis het die dagga hom slegs 'n bietjie dronkerig laat voel. Die getuienis toon nie aan dat die dagga enige invloed op hom gehad het met betrekking tot sy deelname aan die moord op die oorledene nie. Derde appellant het getuig dat hy reeds teen llvm die oggend van die gebeure dagga gerook het. Hy het getuig dat hy ook gedurende die aand dagga gerook het. Die laaste keer wat hy dagga gerook het was saam met eerste en tweede appellante en beskuldigde vyf in die badkamer. Volgens derde appellant maak dagga n mens se "gedagte dom" en maak dit die brein dood. Jy kan nie normaal dink nie. Voordat die oorledene aangerand is het die

dagga ook die uitwerking op hom gehad. Die verhoorhof het bevind dat dit duidelik blyk uit derde appellant se getuienis dat die dagga geen wesenlike uitwerking op sy vermoëns gehad het wat sy optrede minder laakbaar maak nie. Na my mening is hierdie bevinding nie aanvegbaar nie. Derde14 appellant het samehangend en in besonderhede sy weergawe van die gebeure gegee, en daar het niks met sy geheue geskort nie. Na my oordeel is die dagga-inname oordryf. Die invloed van dagga is tereg nie namens vierde appellant as 'n versagtende faktor aangevoer nie. Volgens die getuienis rook hy nie dagga nie. Ek is van mening dat alhoewel dagga voor die pleging van die misdaad gerook is, die getuienis geen verband tussen die rook van die dagga en die pleeg van die misdryf aantoon nie. Dagga kan dus in die onderhawige geval nie as versagtende faktor geld nie.

Ander faktore wat as versagtende faktore ten aansien van die individuele appellante aangevoer is, is die volgende. Eerste appellant het getuig dat hy ongelukkig in die Kroonstad gevangenis was, aangesien hy 'n kleurling is en tussen swart gevangenes aangehou is. Sy pogings om 'n oorplasing te kry was nie suksesvol nie en uit moedeloosheid het hy al gepoog om homself om die lewe te bring. Ten tye van die moord het hy nog steeds die gevoel van depressie15 ervaar. Ook wat die beweerde depressie betref is daar geen getuienis aangebied wat enige verband aantoon tussen die depressie en die doodmaak van die oorledene nie. Dit kan dus nie as versagtende faktor geld nie. Dit is namens derde appellant aangevoer dat hy opgetree het onder invloed van eerste appellant. Daar is op gewys dat eerste appellant die leidende rol gespeel het by die pleging van die misdaad en dat hy die hoogste rang in die sel gehad het. Volgens die getuienis het derde appellant self 'n hoë rang beklee, naamlik dié van kaptein. Die getuienis toon nie aan dat hy enigsins deur eerste appellant of deur laasgenoemde se optrede beïnvloed is nie. Derde appellant het gedurende kruisondervraging getuig dat hy skuldig gepleit het omdat hy berou het vir die ding wat hy gedoen het. Hierdie getuienis was nie deur die staat betwis nie, en ten spyte van bedenkinge aangaande die egtheid daarvan kan dit as versagtende faktor in

derde appellant se guns aanvaar word. Dit moet egter beoordeel word in die lig van derde appellant se optrede tydens die moord. Volgens sy eie getuienis het16 hy, nadat hy die oorledene gesteek het, geskree "up". Hiermee het hy bedoel dat die ander moet aangaan met die aanval op die oorledene. Hierdie entoesiastiese betrokkenheid by hierdie wrede moord oorskadu die berou wat eers lank na die dood van die oorledene geopenbaar is en waarop aanspraak gemaak word.

Dit blyk uit die getuienis dat eerste appellant na die moord op die oorledene nog 'n gevangene van die betrokke sel wou aanrand. Vierde appellant het vir die gevangene in die bresse getree en eerste appellant versoek om dit nie te doen nie. Aan hierdie versoek is gehoor gegee. Hierdie optrede kan as 'n versagtende faktor in vierde appellant se guns in aanmerking geneem word. Ook in sy geval word hierdie faktor egter tot 'n baie groot mate deur die verswarende faktore oorskadu. Dit is duidelik uit die getuienis dat vierde appellant reeds vanaf die oggend van die betrokke dag optrede teen die oorledene in gedagte gehad het.17 Daar moet vervolgens oorweeg word of, met inagneming van bogemelde strafversagtende- en strafverswarende faktore, die doodvonnis die enigste gepaste straf is. By die beslissingvan hierdie vraag moet die doelstellinge van bestraffing, naamlik vergelding, afskrikking, voorkoming en hervorming voor oë gehou word. Die vorige veroordelings van al vier die appellante toon aan dat daar van hervorming weinig sprake kan wees. Al vier die appellante is geweldenaars en 'n gevaar vir hul medegevangenes. Die enkele strafversagtende faktore wat wel aanwesig is word geheel en al oorskadu deur die verswarende faktore. 'n Afskuwelike, wrede en koelbloedige moord is deur 'n bende gepleeg op 'n weerlose gevangene. Die misdaad was na my oordeel van so 'n aard dat ten aansien van al vier die appellante hierdie as 'n uiterste geval beskou moet word. Die verdere vereistes van afskrikking, voorkoming en vergelding kan na my mening slegs deur die doodvonnis bevredig word.

Die appël word van die hand gewys en die doodvonnis ten18 opsigte van elkeen van die vier appellante word bekragtig.

VAN COLLER WndARE M GROSSKOPF AR ) stem saam.MILNE AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Malgas 1991 (1) SA 284 (A)

Case cited

S v May, unreported Appellate Division case no. 232/91

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Act 107 of 1990

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.