Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Swarts (26/88) [1989] ZASCA 16 (21 March 1989)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that, although there are rare exceptions to the rule that only facts existing at the time of sentencing may be considered on appeal, this case does not warrant such an exception. The appellant's ability to make restitution, even if established after sentencing, does not justify further reduction of the sentence. The lower court had already taken into account all relevant mitigating factors, including the appellant's youth, lack of previous convictions, family circumstances, and willingness to repay the stolen amount. A substantial portion of the sentence was suspended, reflecting the court's consideration of these factors. The seriousness of the offence and the interests of the community preclude further leniency. Accordingly, the appeal is dismissed.

Court disposition

Appeal dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the lower court stands.

02

Material facts

Parties

Carol Dawn Swarts

Appellant Counsel: Jordaan

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Amount Stolen: ZAR 12,016.19
  • Suspended Sentence (years): 2.5
  • Total Sentence (years): 3.5
  • Bail Amount: ZAR 1,000
  • Monthly Restitution Offer: ZAR 100
  • Restitution Paid by Appellant's Father: ZAR 10,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the appellant's ability to make restitution existed prior to sentencing, as her father would have provided the funds had he known of her predicament. Therefore, the facts regarding restitution should not be considered as arising after sentence. Alternatively, even if these facts are considered to have arisen after sentencing, the case is so exceptional that the appellate court should take them into account. Counsel relied on decisions from the former Rhodesian courts and submitted that justice required consideration of these facts.
Respondent
The respondent argued that the general rule is that an appellate court must decide sentence appeals based on facts existing at the time of sentencing, not on new circumstances arising thereafter. The respondent relied on South African precedent, including R v Verster, S v Hobson, and R v Kruger, which establish that later facts are not admissible except in rare, exceptional cases. The respondent submitted that the facts presented by the appellant do not constitute such an exception and that the sentence imposed was appropriate.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Verster 1952 (2) SA 231

    An appellate court must generally decide sentence appeals according to the facts existing at the time of sentencing, not according to new circumstances arising afterwards.

  2. 02

    Goodrich v Botha and Others 1954 (2) SA 540 (A)

    Exceptions to the general rule may exist in wholly exceptional cases where the interests of justice demand consideration of later facts.

  3. 03

    S v Marx 1989 (1) SA 222 (A)

    Where co-accused are sentenced differently in separate trials, later facts may be considered to avoid injustice.

  4. 04

    S v Immelman 1978 (3) SA 726 (A)

    The interests of the community must be weighed against personal mitigating factors when determining sentence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that, although there are rare exceptions to the rule that only facts existing at the time of sentencing may be considered on appeal, this case does not warrant such an exception. The appellant's ability to make restitution, even if established after sentencing, does not justify further reduction of the sentence. The lower court had already taken into account all relevant mitigating factors, including the appellant's youth, lack of previous convictions, family circumstances, and willingness to repay the stolen amount. A substantial portion of the sentence was suspended, reflecting the court's consideration of these factors. The seriousness of the offence and the interests of the community preclude further leniency. Accordingly, the appeal is dismissed.

Obiter and limits

  • The court noted that, in wholly exceptional circumstances, later facts may be considered on appeal, but such cases are rare and must be justified by the interests of justice.
  • The court observed that the appellant's offer to repay the stolen amount at R100 per month was not satisfactory given the magnitude of the theft and the need for deterrence.

Court disposition

Appeal dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the lower court stands.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1989] ZASCA 16

Saak No 26/88

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

CAROL DAWN SWARTS Appellant

enDIE STAAT RespondentCoram: HOEXTER, KUMLEBEN et EKSTEEN, ARRVerhoor: 10 Maart 1989Gelewer: 21 Maart 1989

2

UITSPRAAK

EKSTEEN: AR :Die appellante, 'n 26 jarige vrou, is in 'n streek-hof daarvan aangekla dat sy oor 'n tydperk van sowat ses maande 'n bedrag van R12016.19 van verskeie mense gesteel het. Hierop het sy skuldig gepleit en sy is tereg skuldig bevind.Uit dit wat die aanklaer, na skuldigbevinding, aan die landdros meegedeel het blyk dit dat die appellante in diens van 'n firma Doves en Kloppers was; dat sy namens die firma van hul klante geld ontvang het, en dit wederregtelik vir haarself toege-eien het. Doves en Kloppers het onder-neem om dié van hulle klante wat as klaers op die klagstaat verskyn, te vergoed, sodat Doves en Kloppers vir alle prak-tiese doeleindes as die enigste klaer beskou kan word.Die appellante, wat 'n eerste oortreder was, het geen regsverteenwoordiging voor die landdros gehad nie, en is skýnbaar slegs deur haar man in die hof bygestaan. Na

3 skuldigbevinding het die landdros sekere vrae aan haar gestel

wat in die eerste instansie daarop gerig was om uit te vindwat sy met al die gesteelde geld gemaak het. Sy het in diehof vertel dat sy ver van haar werk gebly het en dat symeeste van die geld gebruik het om haar motor te onderhou.Wat sy met die res van die geld gemaak het, blyk nie uit dieoorkonde nie.

Later in die ondervraging vra die landdros aan die

appellante of sy enige rede kon aanvoer waarom hy haar nietronk toe moet stuur nie. Sy antwoord deur te verwys nahaar man en haar twee jong kindertjies. Haar man is toeopgeroep en vrae is aan hom gestel klaarblyklik om uit tevind of hy en die appellante nie vir Doves en Kloppers konvergoed vir die gesteelde geld nie. Die landdros doen aandie hand dat hulle appellante se motor verkoop en dat haarman geld probeer leen teen sekuriteit van sy assuransie-polisse, en die geld dan "kom inbetaal". Die vrae van die

landdros in dié verband het dit nie duidelik laat blyk, of4 indien volle restitusie gedoen sou word, hy noodwendig enige

opgelegde tydperk van gevangenisstraf in sy geheel sou opge-skort het, of nie. Die saak is gevolglik van 27 Mei 1987 na26 Junie 1987 uitgestel ten einde die appellante en haar mandie geleentheid te bied om die geld bymekaar te maak.Toe die verhoor op 26 Junie hervat is, moes die appeliante die hof meedeel dat ten spyte van al hulle pogings hulle nie daarin kon slaag om die geld te bekom nie. Sy sê dat hulle sonder sukses by verskeie banke geld probeer leen het, en dat hulle ook nie enige gelde teen die polisse kon leen nie, daar die afkoopwaarde daarvan te min was. Sy het, soos voorheen, aangebied om die gesteelde bedrag teen R100 per maand terug te betaal. Hiermee was die landdros nie tevrede nie, en vonnis hy haar tot 3 ½ jaar gevangenisstraf. Borg van R1000 is aan haar toegestaan hangende 'n appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling.By aanhoor van die appèl in die hof a. quo is 'n aansoek om verdere getuienis in die saak aan te voer namens5 die appellante gedoen, en in hierdie verband is die beëdigde

verklarings deur die appellante, haar prokureur, haar man enhaar vader voor die hof a quo geplaas. In haar beëdigdeverklaring het die appellante beweer dat voor haarvonnisoplegging sy en haar man by vyf verskillendebankinstellings - wat sy by name noem - aansoek gedoen het ompersoonlike lenings, teen sekuriteit van assuransiepolisse,maar dat al hul aansoeke afgekeur is. Omdat sy skaam wasvir wat sy gedoen het, het sy vir geeneen van haarfamilielede van haar penarie vertel nie. Nadat sy gevonnisis, egter, het haar man vir haar vader daarvan vertel, en diéhet onmiddellik reëlings getref om R10000 te bekom wat

inderdaad by haar prokureurs in trust inbetaal is. Die hofa quo het die aansoek om toelating van verdere getuienis vandie hand gewys, en wel

"om die eenvoudige rede dat omstandighede wat na vonnisoplegging ontstaan nie deur 'n hof van appèl in ag geneem kan word nie. Sien R v Verster 1952 (2) SA 231 ; S v Hobson 1953 (4) SA 464 (A); R v Kruger 1959 (2) SA 223 (T)."

6 Die hof het hierop voortgegaan om die meriete te

oorweeg, en tot die gevolgtrekking gekom dat in die lig vandie feit dat sy geen vorige veroordelings het nie, sy slegs

26 jaar oud is, sy twee jong kindertjies het wat 'n ernstigeknou sou kry indien hul moeder 'n lang termyn gevangenisstraf

sou moes ondergaan, dat sy en haar man dit klaarblyklik nie

breed gehad het nie, en dat sy geredelik haar misstap erkenhet en haar bereidwilligheid verklaar het om die geld teenR100 per maand terug te betaal, 'n gedeelte van die landdrosse vonnis opgeskort moes gewees het. Hulle het bygevolg dievonnis van 3 ½ jaar gevangenisstraf bekragtig maar beveeldat 2 ½ jaar daarvan opgeskort word vir 5 jaar op voorwaardedat die appellante nie skuldig bevind word aan diefstalgedurende die tydperk van opskorting gepleeg nie. Metverlof van die hof a quo kom die appellante nou in verderehoer beroep teen haar vonnis.

Op appèl is dit voor ons aangevoer dat die hof a

quo fouteer het deur nie die feite in die beedigde

7 verklarings wat appellante voorgelê het in aanmerking te geneem het by oorweging van die appèl nie. In die verband is gesteun op die uitsprake van R v Zindoga 1980 (2) SA 991 (R.A.), en S v Drummond 1979 (1) SA 565 (R.A.). Albei hierdie gewysdes is uitsprake van die destydse Rhodesiese Hof. Wat ons eie howe betref is dit duidelik in Verster se saak ( supra ) gestel dat

"'n Uitspraak is reg of verkeerd volgens die feite wat ten tyde van die uitspraak bestaan, nie volgens nuwe omstandighede wat later ontstaan nie. Indien sulke latere omstandighede 'n vonnis wat in 'n straf-saak opgelê is, onuitvoerbaar maak, of die uitvoer-ing daarvan onwenslik maak, is dit 'n saak vir voor-legging aan, en oorweging deur, die uitvoerende ge-sag van die Staat - die Gevangenisraad, of die Minister van Justisie, of die Goewerneur-generaal; en 'n appèl is nie die gepaste manier om hierin 'n remedie te soek nie" (per Fagan AR op p. 236).

Vergelyk ook S v Hobson (supra).

In die saak van Goodrich v Botha and Others 1954 (2) SA 540 (A) wys Schreiner AR (op p. 546 A-B) daarop dat die geleerde Regters in Verster en Hobson se sake in die

8 algemeen gepraat het, en sluit hy nie die moontlikheid uit

dat daar tog uitsonderlike gevalle kan wees waar 'n hof vanappêl geregtig sou wees om later ingetrede feite inaanmerking te nêem, soos bv waar sulke feite onbetwis is, ofwaar die partye daartoe instem.

In S v Immelman 1978 (3) SA 726 (A) verwys Corbett

AR op p. 730 G-H weereens na

"the general rule that this Court must decide the guestion of sentence according to the facts in existence at the time when the sentence was imposed and not according to new circumstances which came into existence afterwards ( R v Hobson 1953 (4) SA 464 (A) at 466 A)

en vervolg hy dat

"even if there are exceptions to this ruie (see Goodrich v Botha and Others 1954 (2) SA 540 (A) at 546 A-C), this case does not appear to constitute such an exception."

In S v Marx 1989 (1 ) SA 222 (A), het hierdie Hof

9 wel 'n later ongetrede feit in aanmerking geneem by oorweging

van 'n appèl teen vonnis. Daar is twee persone saam aangeklavan bedrog. Hulle het aanvanklik albei skuldig gepleit,maar, nadat die appellant sy pleit na een van skuldigverander het, is hy skuldig bevind en gevonnis. Daarna hetdie verhoor teen sy medebeskuldigde voortgegaan. Hy islater ook skuldig bevind en gevonnis. Sy vonnis was egterheelwat ligter as dié van die appellant. Hierdie feit hetdan ook die grondslag gevorm van sy appèl na hierdie Hof, enis sy vonnis dienooreenkomstig versag. In sy uitspraak sêSmalberqer AR (op p. 226 B-E):

"Vonnis word bepaal na aanleiding van feite en om-standighede wat ten tyde van vonnisoplegging bekend is. Slegs in uitsonderlike gevalle kan feite wat eers na vonnisoplegging bekend word op appèl in aanmerking geneem word. Waar gelyke misdadigers in aparte verhore verskillend gevonnis word, is dit vanselfsprekend dat die vroeëre vonnis bekend sal wees wanneer die latere vonnis opgelê word. Daar kan dus behoorlik daarop ag geslaan word, ook later op appèl. Wat gebeur egter as die eerste vonnis die swaarder vonnis is? Kan die latere, ligter vonnis in aanmerking geneem word by die aanhoor van

10

die appèl teen die vroeëre, swaarder vonnis? Logies en in beginsel blyk daar geen grondige rede te wees waarom dit nie gedoen kan word nie. Trou-ens, dit sou afwykend wees, en tot onbillikheid lei sou dit nie die geval wees nie. Dit is ook reeds in vorige sake gedoen (vgl S v Shadaya 1977 (4) SA 108 (R.A.))."

Diè uitspraak in Marx se saak bied dus nou gesag vir die beginsel dat hierdie Hof wel in uitsonderlike gevalle feite wat na vonnisoplegging ingetree het op appèl in aanmerking kan neem. Dit blyk ook uit opmerkings van Steyn AR in S v V en 'n Ander 1989 (1) SA 532 (A) op pp. 544 D -545 H. Soos uit albei hierdie gewysdes blyk, moet dit egter beklemtoon word dat 'n hof slegs in heel uitsonderlike omstandighede waar die belange van geregtigheid dit gebiedend maak, geregtig sou wees om feite wat na oplegging van vonnis ingetree het in aanmerking te neem op appèl. Die algemeen geldende reël bly nog dat sulke feite nie ontvanklik is vir oorweging nie.

Mnr Jordaan , wat namens die appellante voor ons

11

opgetree het, het 'n tweërlei betoog aan ons voorgehou. In die eerste plek het hy betoog dat alhoewel beide die appellante en die landdros by vonnisoplegging van mening was dat die appellante nie oor die vermoë beskik het om restitusie te doen nie, hulle inderwaarheid verkeerd was, omdat, indien die appellante se vader voor vonnisoplegging van die gebeure sou geweet het, hy die geld dadelik aan haar beskikbaar sou gestel het. So gesien, aldus die betoog, was haar vermoë om restitusie te doen nie 'n later ingetrede feit nie, maar een wat reeds voor vonnis bestaan het, en dus behoort sy die geleentheid gegun te word om hierdie feite voor die hof te plaas. Tweedens voer hy aan dat, selfs al sou hierdie Hof daardie feite as later ingetrede beskou, is die onderhawige geval so uitsonderlik dat die hof dit in elk geval in aanmerking sal neem.Dit skyn vir my onnodig te wees om hierdie betoe te oorweeg want selfs in die veronderstelling (a) dat die hof hier wel met 'n later ingetrede omstandigheid te make het en

12

(b) dat in al die omstandighede hierdie geval as 'nuitsonderlike geval aangemerk kan word, soos in die aangehaalde beslissings bedoel, is ek egter van oordeel dat 'n hof kwalik 'n ligter vonnis kon opgelê het as wat die hof a quo gedoen het nie. Die appellante se oortreding was 'n vry ernstige een. Sy het 'n groot bedrag geld stelselmatig oor 'n tydperk van ses maande van haar werkgewer gesteel. Die hof. a quo het volle gewig verleen aan al die versagtende aspekte wat die appellante persoonlik raak, en 'n groot deel van die vonnis wat die landdros opgelê het voorwaardelik opgeskort. Waar hierdie Hof dan ook die belange van die gemeenskap in gedagte moet hou meen ek nie dat ons geregtig sou wees om die opgelegde vonnis enigsins verder te versag nie.

Die appèl word bygevolg van die hand gewys.

HOEXTER, AR ) J.P.G. EKSTEEN, ARKUMLEBEN, AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Verster 1952 (2) SA 231

Case cited

S v Hobson 1953 (4) SA 464 (A)

Case cited

R v Kruger 1959 (2) SA 223 (T)

Case cited

R v Zindoga 1980 (2) SA 991 (R.A.)

Case cited

S v Drummond 1979 (1) SA 565 (R.A.)

Case cited

Goodrich v Botha and Others 1954 (2) SA 540 (A)

Case cited

S v Immelman 1978 (3) SA 726 (A)

Case cited

S v Marx 1989 (1) SA 222 (A)

Case cited

S v Shadaya 1977 (4) SA 108 (R.A.)

Case cited

S v V en 'n Ander 1989 (1) SA 532 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.