S v Tieties (CA&R 135/03) [2004] ZANCHC 26 (26 August 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 26
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock R, Musi WnR
- Case number
- CA&R 135/03
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock R, Musi WnR
- Case number
- CA&R 135/03
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appeal court found that the sentencing magistrate had properly considered the appellant's personal circumstances, the seriousness of the offence, and the interests of the community. The appellant had a long history of similar offences, including fourteen convictions for dishonesty-related crimes over six years, and had previously received warnings about the possibility of being declared a habitual criminal. Despite opportunities for rehabilitation and employment, the appellant continued to commit offences, including the theft of a firearm, which posed a significant risk to public safety. The court held that the declaration as a habitual criminal was justified and that there were no prospects of success in the appeal. Accordingly, condonation for the late filing and continuation of the appeal was refused.
Court disposition
Application for condonation is dismissed; appeal fails.
Orders
- The application for condonation is refused.
02
Material facts
Parties
Samuel Tieties
Appellant Counsel: In personThe State
Respondent Counsel: Adv CG JansenAmounts and remedies
- Value of Stolen Firearm: ZAR 5,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Declaration as Habitual Criminal and Application for Condonation
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's application for condonation for late filing and continuation of appeal should be granted.
- 02
Whether the declaration of the appellant as a habitual criminal under section 286 of the Criminal Procedure Act was appropriate.
- 03
Whether the sentencing court properly exercised its discretion in declaring the appellant a habitual criminal.
Party arguments
- Applicant
- The appellant sought condonation for the late filing and continuation of his appeal, arguing that his declaration as a habitual criminal was excessively harsh and that the sentencing court failed to properly consider his personal circumstances and the nature of his previous convictions.
- Respondent
- The respondent opposed the condonation and defended the habitual criminal declaration, contending that the appellant's extensive history of similar offences justified the court's decision and that all relevant factors, including the seriousness of the current offence and the interests of the community, were properly considered.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v M 1982 (1) SA 589 (A) at 592 G
An appeal court will not lightly interfere with the sentencing discretion of a trial court unless the sentence is disturbingly inappropriate or the court misdirected itself.
- 02
Section 286(1) of the Criminal Procedure Act, 1977
A court may declare a person a habitual criminal if convinced that the person habitually commits crimes and the community ought to be protected from him.
- 03
S v Stiff 2000 (2) SACR 430 (NC)
It is not necessary for the court to investigate the nature of previous offences before declaring a person a habitual criminal; reliance on the record of previous convictions is sufficient.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appeal court found that the sentencing magistrate had properly considered the appellant's personal circumstances, the seriousness of the offence, and the interests of the community. The appellant had a long history of similar offences, including fourteen convictions for dishonesty-related crimes over six years, and had previously received warnings about the possibility of being declared a habitual criminal. Despite opportunities for rehabilitation and employment, the appellant continued to commit offences, including the theft of a firearm, which posed a significant risk to public safety. The court held that the declaration as a habitual criminal was justified and that there were no prospects of success in the appeal. Accordingly, condonation for the late filing and continuation of the appeal was refused.
Obiter and limits
- The regular commission of crimes with stolen firearms is well known and poses a danger not only to property but also to the safety and lives of others.
- Warnings to offenders about the consequences of continued criminal conduct may have little deterrent effect if the individual is committed to a criminal lifestyle.
Court disposition
Application for condonation is dismissed; appeal fails.
- The application for condonation is refused.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno: / Case number: CA&R 135/03
Datum verhoor: / Date heard: 26/08/2004
Datum gelewer: / Date delivered: 26/08/2004
In die saak van:
TIETIES, SAMUEL Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: Lacock R et Musi WnR
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK R:
Die appellant het op 15 Desember 1999 in die Distrikshof te Upington, skuldig gepleit op ân aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Dit was hom ten laste gelê dat hy op 18 September 1999 en te of naby die hoek van Mark- en Bassonstraat, Upington, die woning van ene Hendrik Heyman oopgebreek en binnegegaan het met die opset om goedere daarin te steel, en dat hy toe en daar wederegtelik ân reeks goedere wat aangegee is op ân bylae tot die klagstaat, gesteel het. In die ondervraging gehou kragtens art 112 van die Strafproseswet van 1977, het die appellant slegs erken dat hy ân vuurwapen aldus gesteel het. Die Staat het nie hierdie pleit soos aangebied, aanvaar nie, en is die saak uitgestel vir verhoor. Vir redes wat vir doeleindes van hierdie uitspraak ontersaaklik is, is die appellant eers op 20 November 2001 skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en die diefstal van ân vuurwapen ter waarde van R5 000.00.
Na sy skuldigbevinding en nadat sy vorige veroordelings aan die lig gekom het, is die appellant vir vonnis na die Streekhof verwys.
Op 18 Desember 2001 het die appellant in die Streekhof verskyn, en is hy deur die Streekhoflanddros kragtens die voorskrifte van art 286 van die Strafproseswet van 1977 tot ân gewoontemisdadiger verklaar.
Die applikant doen nou eerstens aansoek vir kondonasie vir die laat liassering en voortsetting van sy appél.
Indien daar enige vooruitsigte op sukses in sy appél was, sou ek waarskynlik kondonasie soos versoek toegestaan het.
Vervolgens handel ek met die meriete van die appél.
Tydens vonnisoplegging was die appellant regsverteenwoordig deur ân prokureur. Dit blyk uit die oorkonde dat laasgenoemde die persoonlike omstandighede van die appellant volledig voor die Hof geplaas het.
Voorts blyk dit uit die oorkonde dat die Verhoorlanddros die persoonlike omstandighede van die appellant volledig en behoorlik oorweeg het tydens vonnisoplegging.
Dit blyk ook dat die Verhoorlanddros behoorlik oorweging geskenk het aan die aard en erns van die misdryf wat die appellant gepleeg het, asook die belange van die gemeenskap.
Myns insiens kan nie gesê word dat die Landdros hom in enige opsig wanvoorgelig of andersinds ân mistasting begaan het nie.
Die appél is ooglopend gemik teen die verklaring van die appellant as gewoontemisdadiger soos hierbo aangetoon. Die vraag ontstaan vervolgens of gesê kan word dat hierdie vonnis skokkend onvanpas is of, anders gestel, sodanig swaar is dat gesê kan word dat geen redelike Hof ân soortgelyke vonnis sou oplê nie.
Dit is geykte reg dat ân Hof van appél nie ligtelik inmeng met die diskresie uitoefening van ân Verhoorhof by die oplê van vonnis nie. Sien S v M 1982 (1) SA 589 (A) te 592 G.
Art 286 (1) van die Strafproseswet, lees as volg:
âBehoudens die bepalings van subartikel (2), kan 'n hoër hof of 'n streekhof wat 'n persoon aan een of meer misdrywe skuldig bevind, indien die hof oortuig is dat genoemde persoon uit gewoonte misdrywe pleeg en dat die gemeenskap teen hom beskerm behoort te word, hom 'n gewoontemisdadiger verklaar, in plaas van die oplegging van 'n ander straf vir die misdryf of misdrywe waaraan hy skuldig bevind word.â
Uit die bewoording van die artikel blyk dit dat ân Hof geoorloof is om sy diskresie kragtens hierdie artikel uit te oefen indien die Hof oortuig is dat die beskuldigde uit gewoonte misdrywe pleeg en dat die gemeenskap teen hom beskerm behoort te word.
Dit is gesaghebbend in hierdie Hof neergelê dat dit nie nodig is vir ân Hof om ân ondersoek te onderneem na die aard van die vorige misdrywe waaraan ân persoon skuldig bevind is en soos blyk uit sy rekord van vorige veroordelings alvorens die Hof hom tot ân gewoontemisdadiger kan verklaar nie. Sien S v Stiff 2000 (2) SASV 430 (NK). Die Landdros was dus heeltemal geregverdig om hom te verlaat op die lys van vorige veroordelings van die appellant soos blyk uit sy kriminele rekord vir doeleindes van die oorweging van die vraag of hy hom tot ân gewoontemisdadiger moes verklaar.
Die Landdros het korrek die vorige veroordelings van die appellant as volg opgesom:
âDie klomp vorige veroordelings is letterlik, sonder dat ek dit oorbeklemtoon, soos ân meulsteen om u nek. U kom al vanaf 1987 op ân eentonige wyse voor die hof. Trouens, tussen 1987 en 1993, was u 14 keer skuldig bevind aan oneerlikheidsmisdrywe. En u was die gebruiklike ligte strawwe opgelê. ân Hou met ân ligte rotang vir ân heel paar kere vir huisbrake. In 1988 is u selfs na ân verbeteringshof gestuur ⦠toevallig deur die streekshof ⦠en toe was dit nou al die 6de skuldig bevinding. Uiteindelik word u uitgeplaas, ân vergunnig op 28 Desember 1989. daardie vergunning het eers verstryk op 1 Januarie 1993, maar in 1990, toe is u alweer besig met diefstalle. Sommer 4 van hulle. By daardie geleenthede vonnis die hof vir u een en ân halwe jaar op elke aanklag ⦠nou, daar was 4 aanklagte gewees ⦠dit is 6 jaar tronkstraf. En die hof kom vir u verder tegemoet om te gelas dat 6 maande op elke aanklag moet saamloop. Met ander woorde, u kry toe 4 jaar tronkstraf. Twee word opgeskort. Daardie opgeskorte vonnisse is op 25 Februarie 1993 in werking gestel, want by daardie geleentheid, 1993, ⦠en dit is nou nog binne die 4 jaar tydperk waarop u gevonnis was, nê ⦠het u alweer heen gegaan en 6 klagtes van huisbraak gaan pleeg. Want dit was afsonderlike MAS nommers gewees. Die eerste drie huisbrake waarop u 6 jaar gekry het weer nadat die hof dit saam geneem het, weer nadat die hof vir u kans gegee het. Dit was 6 jaar gevangenisstraf en u was gewaarsku van die bepalings van art 286. Die hof het nog gelas dat die klagtes saam geneem word. Dit is op saak RC32/93.
Dan is daar ook nog ân ander MAS nommer. Uiteindelik laat hulle vir u vry op 22 Julie 1998. Toe was u darem ten minste vir so 5 jaar in aanhouding. U word op parool vrygelaat op 22 Julie 1998. Die parooltydperk verstyk op 4 Julie 1999, en op 18 September 1999 ⦠ek het netnou ân fout gemaak toe ek gesê het dat u nog op parool was, die parool het darem net verstyk. Twee en ân half maande nadat die parool verstyk het, toe pleeg u alweer die huidige huisbraak, en dit terwyl u gewerk het en terwyl u ân inkomste gehad het. En terwyl u as ân sekuriteitswag gewerk het.â
Hierdie reeks vorige veroordelings (veertien in totaal) van die appellant gepleeg oor ân periode van ongeveer ses jaar, saamgeneem met die tersaaklike oortreding waarvoor hy tot gewoontemisdadiger verklaar is, is myns insiens aanduidend daarvan dat hy uit gewoonte misdrywe van hierdie aard pleeg. Die Landdros se bevinding hieraangaande het hy as volg formuleer:
âEk is bevrees dat daar net een straf is wat hierdie hof kan oplê, en dit is nadat die hof bevind het dat u uit gewoonte misdade pleeg, ek het die hele sinario geskets. U het ân klomp vorige veroordelings. 14 In ân tydperk 6/7 jaar se tyd, alle toepaslike strawwe, tegemoedkomende strawwe, selfs die waarskuwing van verklaring tot ân gewoontemisdadiger. En u het werk gekry, u het ân goeie inkomste gehad en u gaan voort en u gaan breek in die nag in en u gaan steel ân vuurwapen uit ân kluis. Ek is bevrees dat die hof moet bevind dat u uit gewoonte misdade pleeg en dat u in daardie sin ân gevaar vir die gemeenskap inhou.â
Die verdere vraag wat beantwoording verg, is naamlik of die gemeenskap teen die appellant beskerm behoort te word.
Dat die appellant ooglopend geen respek het vir die goed van ân ander nie, blyk duidelik uit sy reeks van vorige veroordelings. Myns insiens was die Landdros ook heeltemal geregverdig om in ag te neem dat die appellant in hierdie laaste misdryf wat hy gepleeg het, ân vuurwapen gesteel het. Die hoeveelheid misdade wat gereeld gepleeg word met gesteelde vuurwapens, is wel bekend. Dat dit ân gevaar nie alleen vir die goed van andere inhou nie, maar ook vir hul veiligheid en selfs lewens, spreek vanself.
Die appellant het ook reeds voor die pleeg van hierdie laaste misdryf, waarskuwing gehad dat, indien hy nie homself regruk nie, hy tot gewoontemisdadiger verklaar kan word. Hierdie waarskuwing het ooglopend geen effek op die appellant gehad nie, en het hy bloot voortgegaan met sy misdadige handelinge.
Uit hoofde van die voorgaande is ek van mening dat daar geen vooruitsigte op sukses in die appél is nie.
Bygevolg word die volgende bevel verleen:
DIE AANSOEK OM KONDONASIE WORD VAN DIE HAND GEWYS.
___
HJ Lacock
REGTER
Ek stem saam.
CJ Musi
WAARNEMENDE
REGTER
Namens appellant: In persoon
Namens respondent: Adv CG Jansen
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.