S v Tshoko and Another (101/87) [1987] ZASCA 99; [1988] 1 All SA 311 (A) (24 September 1987)
- Citation
- [1987] ZASCA 99
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jacobs, Grosskopf, Smalberger
- Case number
- 101/87
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jacobs, Grosskopf, Smalberger
- Case number
- 101/87
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the presumption under section 10(1)(e) of Act 41 of 1977 placed the burden on the appellants to prove, on a balance of probabilities, that they were unaware the bag contained dagga. The trial court erred in placing the burden on the State, but its credibility findings regarding the witnesses, particularly Sergeant Tidman, remained valid and were not affected by the misdirection. The appellants' version was found improbable due to inconsistencies, lack of supporting witnesses, and the physical circumstances of the bag in the vehicle. The court found no basis to interfere with the sentences imposed, as the trial court exercised its discretion judicially and considered all relevant circumstances.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions and sentences confirmed.
Orders
- The appeals of both appellants are dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
Miriam Tshoko
Appellant Counsel: Adv MaraisFlorence Zuba
Appellant Counsel: Adv MaraisThe State
RespondentAmounts and remedies
- Mass of Dagga Seized: ZAR 2.2
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellants discharged the burden of proving on a balance of probabilities that they were unaware the bag contained dagga.
- 02
Whether the trial court correctly allocated the burden of proof regarding knowledge of the contents of the bag.
- 03
Whether the sentences imposed were appropriate under the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that they were not aware the bag in the vehicle contained dagga, believing it to contain leftover vegetables or fruit from their business. They contended that the trial court erred in placing the burden of proof on the State to prove their knowledge, and that the sentences imposed were unduly harsh given their personal circumstances, including the presence of minor children.
- Respondent
- The State maintained that the presumption under section 10(1)(e) of Act 41 of 1977 placed the burden on the appellants to prove lack of knowledge of the dagga. The State argued that the trial court correctly found the appellants guilty and that the sentences were within the court's discretion, considering the seriousness of the offence and the circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Ngwenya 1979 (2) SA 96
Where dagga is found in or on a vehicle, it is presumed that a person in or in control of the vehicle, or accompanying it, is aware of the dagga and is dealing in it, unless the contrary is proved on a balance of probabilities.
- 02
Rex v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)
An appellate court must respect the trial court's credibility findings unless those findings are affected by a misdirection regarding the burden of proof.
- 03
Twigger v Starweave (Pty) Ltd 1969 (4) SA 369 (N)
If the lower court misapplies the burden of proof, the appellate court must still consider the trial court's credibility findings, provided they are not tainted by the misdirection.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the presumption under section 10(1)(e) of Act 41 of 1977 placed the burden on the appellants to prove, on a balance of probabilities, that they were unaware the bag contained dagga. The trial court erred in placing the burden on the State, but its credibility findings regarding the witnesses, particularly Sergeant Tidman, remained valid and were not affected by the misdirection. The appellants' version was found improbable due to inconsistencies, lack of supporting witnesses, and the physical circumstances of the bag in the vehicle. The court found no basis to interfere with the sentences imposed, as the trial court exercised its discretion judicially and considered all relevant circumstances.
Obiter and limits
- The absence of corroborating witnesses for the appellants' version undermined their credibility.
- The trial court's assessment of witness demeanor and credibility is generally superior to that of an appellate court.
- The fact that the appellants did not remove the bag from the vehicle or place it elsewhere was improbable if they genuinely believed it contained only vegetables.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions and sentences confirmed.
- The appeals of both appellants are dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:MIRIAM TSHOKO Eerste AppellantFLORENCE ZUBA . Tweede AppellantENDIE STAAT RespondentCoram: GROSSKOPF, JACOBS et SMALBERGER, ARRVerhoor: 17 September 1987Gelewer: 24 September 1987
UITSPRAAK
JACOBS, AR :
Die twee appellante (voor die verhoorhof was
hulle onderskeidelik besk 1 en besk 2 en ek sal hulle weer
so..../2
2so noem), is in die Wynbergse landdroshof daaraan skuldig be-vind dat hulle, strydig met die bepalings van art 2(a) van Wet 41 van 1977, in dagga met 'n massa van 2,197 kg handel gedryf het. Beskuldigdes is elk gevonnis tot drie jaar gevangenis-straf waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is vir 'n tyd-perk van drie jaar. 'n Appèl deur beskuldigdes teen sowel die skuldigbevindings as die vonnisse is deur die Provinsiale Af-deling Kaap die Goeie Hoop van die hand gewys asook aansoeke, deur hulle om na hierdie Hof te appelleer. Verlof is egter deur hierdie Hof aan beide beskuldigdes toegestaan om teen die skuldigbevindings sowel as die opgelegde vonnisse te appelleer
Voor die verhoorhof was dit gemene saak dat die twee beskuldigdes, wat deur 'n prokureur verdedig was, op 16
Augustus 1984 in Militêreweg, Steenberg, in 'n Toyota bakkie
gery .../3
3gery het. Besk 1 het bestuur en besk 2 het langs haar op die voorste sitplek gesit. Die twee beskuldigdes was die enigste insittendes en daar was niks agter op die bakkie nie. Dit was verder gemene saak dat omstreeks 20h50 dieaand die voertuig waarin beskuldigdes gery het by 'n padblokkade in Militêreweg voorgekeer is en dat 'n sak met dagga met 'n massa van 2,197 kg voor in die stuurkajuit van die voertuig gevind is. Die dagga was opgemaak in pakkies wat met koerantpapier toegedraai was. Daar was vyftig van die pakkies in die sak. Die beskuldigdes se verweer was dat hulle bewus was van die sak in die stuur-kajuit maar dat hulle nie daarvan bewus was dat die inhoud van die sak uit dagga bestaan het nie.
Die enigste Staatsgetuie was sersant Tidman van
die Suid-Afrikaanse polisie te Mowbray. Hy het getuig dat
hy ..../4
4hy lid was van die groep polisiebeamptes wat die aand die pad-blokkade in Militêreweg beman het. Op 'n stadium het hy weg-beweeg van die padblokkade en ongeveer tien meter daarvan in die middel van die pad gaan staan, Terwyl hy daar gestaan het, het hy opgemerk dat die betrokke Toyota bakkie met twee swart dames daarin stadig deur die blokkade beweeg. Hulle is nie beveel om te stop nie - blykbaar is nie alle voertuie wat deur die blokkade beweeg het gestop nie - maar die getuie het be-sluit om die voertuig "van díe pad af te trek". Hy het die nodige teken gegee en die bestuurder het die voertuig naby waar hy gestaan het,langs die pad tot stilstand gebring. Die sersant het getuig dat hy na díe bestuurder van die voertuíg gestap het. Dit was besk 1. Hy het dadelik opgemerk dat
besk 1 se passasier, besk 2, baie senuweeagtig voorgekom het.
Volgens .... / 55Volgens die getuie het sy rondgekyk (aanvanklik het hy die
woord "omgekyk" gebruik) en effens op haar sitplek rond-
geskuif. Dit het hom agterdogtig gemaak en hy het dadelik
agterom die voertuig gestap na waar besk 2 gesit het. Hy
het 'n flitslig by hom gehad en het opgemerk dat besk 2 besig
was om 'n wit sak, waarin die dagga later gevind was, onder
haar rok uit te trek. Hy het besk 2 se hand vasgegryp en
die sak uit díe voertuig getrek. Hy het díe sak oopgemaak
dit was nie toegebind níe - en het gevind dat dit dagga bevat
Hy het beide beskuldigdes vir 'n verduideliking gevra en albei
het ontken dat hulle iets van die dagga af weet. Eers daar-
na het hy beskuldigdes beveel om uit die voertuig te klim en
is hulle aangehou.
Beide beskuldigdes het onder eed getuig.
Volgens .... /6
6Volgens besk 1 smous sy met vr.ugte en groente en word die bak-kie wat in die onderhawige geval ter sprake is gebruik vir doel-eindes van voormelde besigheid. Verskillende persone bestuur die bakkie en doen besigheid namens haar, en op die betrokkedag is dit bestuur deur haar broer Isipo. Die aand van 16Augustus het sy by haar huis 'n telefoonoproep ontvang dat haar
neef (soms het sy gepraat van haar broer) se huis in die omge-wing van Vishoek aan die brand is. Gedurende kruisondervra-ging deur die Staatsaanklaer het sy verduidelik dat die neef (of broer) in een van 'n klomp tydelike huisies, gemaak van plas-tiese sakke, gewoon het en dat die telefoonoproep wat sy ont-vang het dat die neef (of broer) se huis besig was om af te brand eintlik afkomstig was van iemand anders wat aan haar
bekend is, en wat ook in die plastiekhuisies woon. Verder
het ..../7
7het sy getuig dat sy pas die telefoon neergesit het nadat die berig aan haar oorgedra is, toe Isipo met die betrokke bakkie by haar huis stilgehou het en haar huis binnegekom het. Sy het onmiddellik die sleutels van die bakkie by Isipo geneem, vir besk 2 gevra om haar te vergesel, en vertrek na haar neef (of broer) se woonplek om te gaan uitvind of sy nie hulp kan verleen nie. Die voertuig was nie toegesluit nie en hoewel sy die sak voor in die voertuig gesien het, het sy nie daaraan gedink om dit uit te haal of agterop die bakkie te sit nie. Sersant Tidman en beskuldigdes het saamgestem dat die sak met inhoud ongeveer een meter hoog en ongeveer "twee voet" breed was. Besk 1 het beweer dat persone wat namens haar smous soms groente of vrugte wat na die dag se werk onverkoop is vir
hulleself hou en sy het maar aanvaar dat die inhoud van
die ..../8
8die sak sulke oorskiet bevat en aan Isipo behoort. In Militêreweg het sy die padblokkade gesien en is deur sersant Tidman gewys om stil te hou maar as gevolg van defektiewe rem-me het sy die voertuig eers ongeveer 15 meter verby die blok-kade tot stilstand kon bring. Sers Tidman het toe die voer-tuig van agter genader en, volgens besk 1, het hy omgestap en aan besk 2 se kant van die voertuig gaan staan. Die sersant het toe aan haar gevra of sy 'n bestuurderslisensie het. Verder het hy gevra:
"Hoekom het jy nie daar by daardíe bord stilgehou nie? Kan jy lees? Weet jy nie wat staan daarop geskryf nie?"
Sy het vir die sersant gesê haar remme is foutief en hy het toe vir haar en besk 2 beveel om uit die voertuig te klim,
wat hulle gedoen het. Die sersant het toe die sak,wat nog
steeds .... /9
9steeds in die voertuig was, uitgehaal en oopgemaak en gesê: "Dit is dagga wat hierin is." Daarna het die sersant hulle na die polisiestasie toe geneem. Besk 1 het ontken dat die sak waarin die dagga was onder besk 2 se rok was. Volgens haar het die sak tussen die twee van hulle op die vloer van die bakkie gelê. Sy het getuig dat sy van die polisiestasie af haar huis gebel het om te sê van die moeilikheid waarin hulle was. Toe hulle later tuis kom (borg is die volgende dag aan beskuldigdes toegestaan) was Isipo weg en ten tyde van die verhoor wat op 19 November 1984 geeindig het was hy steeds weg. Besk 2 het in breë trekke besk 1 se weergawe van die gebeure díe betrokke aand beaam. Sy het ontken dat sy te enige tyd senuweeagtig was of dat sy die sak met inhoud
onder haar rok probeer uithaal het of dat die sersant op enige stadium .... / 10
10
stadium haar hand vasgegryp het. Dit het die getuienis wat namens beskuldigdes voorgelê is afgesluit.Nadat die landdros in sy uitspraak 'n breë uit- eensetting van die getuienis wat voor hom afgelê is gegee het gaan hy soos volg voort:
"Al wat die Staat moet bewys en al wat werklik in geskil geplaas is, is of beide beskuldigdes bewus was van die inhoud van die sak, het hulle geweet dat daar dagga in hierdie sak was." (Die onderstreping is my eie.)
Nou ly dit geen twyfel nie dat die landdros
verkeerdelik van mening was dat die bewyslas in die onderhawige geval op die Staat gerus het om te bewys dat beskuldigdes be-wus was dat die inhoud van die sak, wat in die voertuig was wat deur besk 1 bestuur is en waarin besk 2 'n passasier
was, inderdaad dagga was. Die bewyslas het duidelik op
beskuldigdes .... /11
11
beskuldigdes gerus om, op 'n oorwig van waarskynlikhede, te be-wys dat hulle nie bewus was daarvan dat die sak dagga bevat het nie. Dat dit so is blyk duidelik uit hierdie Hof se ver-tolking van die vermoede vervat in art 10(1) (e) van Wet 41 van 1977 in S v Ngwenya 1979 (2) SA 96 waar Jansen AR op bl 102 A-B die regsposisie soos volg uiteensit:
"Dit volg dus dat, as bv in of op 'n voertuig dagga gevind word, dit vermoed word dat 'n persoon op die voertuig of in beheer daarvan of wat dit vergesel in daardie dagga handel gedryf het, dws dat hy van die dagga bewus was, geweet het dat dit dagga is en dat hy beheer daaroor uitgeoefen het met die oog daarop om dit te verkoop, ondanks sy wete dat dit ongeoorloof is". (Die onderstreping hierbo is my eie. )
Die Hof a quo het dan ook tereg bevind dat die landdros in dié verband 'n wanopvatting van die ligging van die
bewyslas gehad het en hierdie bevinding is ook nie voor hierdie
Hof.../12
12
Hof aangeveg nie. Ek kan egter nie met Lategan R saamstem waar hy in die Hof a quo se uitspraak die volgende sê nie:
"Omdat die landdros .... heeltemal mis gevat het oor die basis waarop die getuienis beoordeel moes word .... is ek van oordeel dat hierdie Hof wel in 'n posisie is om, sonder om hom te steur aan enige geloofwaardigheidsbe-vinding van die landdros, 'n bevinding te kan maak oor die waarskynlikhede soos dit gemanifesteer word in die onbetwis-te feite en op die basis van aanname dat die twee beskuldig-des se storie as redelik moontlik aanvaar kan word." (Weer eens is die onderstreping hierbo my eie.)
Ek is van mening dat 'n hof van appèl se benade-ring in 'n geval soos die onderhawige korrek uiteengesit word deur Schmidt: Bewysreg: Tweede Uitgawe op bl 33 waar die ge-leerde skrywer die volgende sê:
"As die laer hof 'n foutiewe opvatting van die ligging van die bewyslas gehad het, moet die appèlhof steeds eersge-noemde se bevindings omtrent geloofwaardigheid in ag neem vir sover dié nie deur sy beskouing van die bewyslas geraak word nie (en inderdaad behoort sy beskouing
van .... / 13
13
van die bewyslas nie sulke bevindings te affekteer nie) om te bepaal of die party wat wel die bewyslas dra hom daarvan gekwyt het."
Vgl ook Twigger v Starweave (Pty) Ltd 1969 (4) SA 369 (N) op 373 D-F.)
Dit is dan ook al dikwels beklemtoon dat die ver-
hoorhof wat die getuies se voorkoms en houding en hulle reaksies op vrae waarneem, in 'n gunstiger posisie is as die hoër hof om geloofwaardigheid te bepaal en dat 'n hof van appèl, wanneer hy die laer hof se feitebevindinge oorweeg, wel deeglik waarde moet heg aan die verhoorhof se bevindings omtrent geloofwaar-digheid vir sover dit op die waarneming van getuies berus. (Vgl Rex v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A).)
In die onderhawige saak sê die landdros die
volgende .... / 14
14
volgende van sers Tidman as getuie:
"Die sersant het 'n goeie indruk op die Hof gemaak. Hy
het sy getuienis op 'n positiewe wyse afgelê. Dit het nie vir die Hof geblyk asof hy sy getuienis aandik nie. Hy het nie vyandig voorgekom nie."
En dan verderaan:
"Die Hof kon geen fout vind met die weergawe van die ser-sant nie en beskou hom as 'n goeie getuie. Die Hof het ook die geleentheid gehad om hom te sien terwyl hy getuie-nis onder eed afgelê het."
Die landdros sê dat besk 1 nie 'n baie goeie in-druk op die Hof gemaak het nie en noem dan twee redes waarom hy dit sê. Die eerste is dat sy op die oog af ietwaf klei getrap het toe sy gevra was om te beduie hoe sy sou moes ry om by die plakkersdorp uit te kom waar haar broer (of neef) se huis was wat na bewering besig was om af te brand. Die ander aspek waarna die landdros verwys is die feit dat sy in
haar .... /15
15
haar hoofgetuienis gepraat het van haar "neef" se huis wat
volgens die boodskap wat sy gekry het aan die brand was en la-
ter verwys sy na die betrokke huis as haar "broer" se huis.
Ek meen egter nie dat die landdros se kritiek op besk 1 se
getuienis vir sover dit bogemelde aspekte betref veel om die
lyf het nie. Wat besk 2 betref sê die landdros dat hy nie
eintlik 'n fout met haar weergawe as sulks kon vind nie en ek
sal aanvaar dat indien die bewyslas op die Staat sou gerus
het om te bewys dat beskuldigdes daarvan bewus was dat die
sak wat hulle in die voertuig gehad het dagga bevat het, dit
miskien moeilik sou gewees het om beskuldigdes se ontkenning
dat hulle bewus was van daardie feit heeltemal te verwerp as
synde nie redelik moontlik waar nie. Dit is egter nie hoe
die saak benader moet word en hoe die landdros die saak moes
benader .... / 16
16
benader het nie. Ek het reeds daarop gewys dat die landdros
sers Tidman as 'n geloofwaardige getuie beskou het. Oor wat
daar naby die padblokkade gebeur het nadat besk 1 die bakkie
tot stilstand gebring het, is beskuldigdes se weergawe heelte-
mal onversoenbaar raet dié van sers Tidman. Adv Marais, wat
namens beskuldigdes voor hierdie Hof verskyn het, het ruiterlik
erken dat hy nie kon aanvoer dat die landdros beskuldigdes se
weergawe in dié verband moes aanvaar het nie. Daar is na my
mening ook sekere waarskynlikhede wat teen beskuldigdes se weer-
gawe indruis. Waarom, sou 'n mens met reg kon vra, sou sers
Tidman as hy met die bestuurder van die voertuig wou praat (want
dit is wat beskuldigdes beweer hy gedoen het) , in die eerste
plek aan die passasier se kant van die voertuig gaan staan?
En indien hy aanvanklík aan die bestuurder se kant gaan staan
het .../17
17
het, soos hy getuig het, waarom sou hy feitlik onmiddellik daarna na besk 2 se kant omgestap het indien daar nie, soos die sersant getuig het, iets in laasgenoemde se optredes of gedrag was wat sy suspisies gewek het nie? Adv Marais het egter betoog dat al sou hierdie Hof tevrede wees dat beskuldigdes se weergawe oor wat daar in die pad gebeur het, verwerp moet word, dit nog nie hulle getuienis dat hulle nie geweet het wat in die sak was onwaarskynlik maak nie. Dit wil ek geredelik toegee raaar dit maak seer sekerlik nie hulle weergawe mëer waarskynlik nie. Daar is na my mening egter heelwat ander faktore teen aan-vaarding van beskuldigdes se verhaal op 'n oorwig van waarskyn-likhede. Ek noem met 'n paar daarvan. In die eerste plek vra 'n mens jouself die vraag af of Isipo (en indien beskul-
digdes se weergawe waar is, is dit nouliks denkbaar dat
die .... / 1818die sak met dagga nie aan hom behoort het nie) die dagga, na-
dat hy by besk 1 se huis stilgehou het net so oop en bloot in
die ongesluite bakkie sou laat lê het? Maar wat miskien meer
belangrik is, is dat dit myns insiens hoogs onwaarskynlik is
dat toe besk 1 die sleutels vra (dit is tog ondenkbaar dat sy
nie vir broer Isipo sou gesê het waarheen sy op pad is nie),
Isipo nie voor hulle vertrek het self die sak dagga uit die
voertuig sou gehaal het nie. As beskuldigdes se storie waar
is sou hulle seker aanvaar het dat die sak oorskiet groente
bevat en sou die verwydering" van die sak deur Isipo uit die
voertuig deur hulle as bloot normaal aanvaar gewees het. 'n
Ander onwaarskynlikheid in beskuldigdes se weergawe is, na my
mening, dat hulle, as hulle gedink het die sak bevat oorskiet
groente, nie self die sak uit die stuurkajuit uitgehaal het
en ... / 19
19
en dit óf agter op die bakkie gesit het óf daar by die huis
neergesit het nie. Ten spyte van beide van hulle se bewering
dat die sak hulle nie gehinder het nie kan dit net nie aanvaar
word nie. Die binnemats van die bakkie van deur tot deur is
135 cm. Dan is daar nog die handrat wat op die vloer van die
bakkie tussen die twee sitplekke gemonteer is. Volgens besk 2
het die sak, wat ongeveer 1 meter lank was, op die vloer van
die bakkie aan die kant waar sy gesit het gelê. Dit is duide-
lik dat die sak net eenvoudig nie in daardie gedeelte van die
bakkie sou ingepas het sonder dat besk 2 die hele tyd met haar
bene feitlik bo-oor die sak raoes gesit het nie. Daar is'net
een ander aspek waarna ek wil verwys. Dit is naamlik die
feít dat besk 1 se neef (of broer) wie sehuis na bewering die
aand aan die brand geraak het nie as getuie geroep is nie.
Ook .... / 20
20
Ook die persoon wat vir besk 2 na bewering sou getelefoonneer het en die nuus van die brand aan haar sou oorgedra het is nie as getuie geroep nie. Volgens besk 1 ken sy laasgenoemde per-soon goed. Ek kan nouliks aanvaar dat beskuldigdes se proku-reur, wetende dat hulle weergawe in belangrike opsigte bots met dié van sers. Tidman en met die besef, so aanvaar ek, dat hulle weergawe onder al die omstandighede prima facie ietwat onwaar-skynlik voorkom, nie voormelde persone as getuies sou geroep het nie as hulle die beskuldigdes se weergawe kon staaf, of mínstens 'n verduideliking gegee het waarom dit nie gedoen is nie. Onder al die omstandighede meen ek dat beskuldigdes hulle nie van die . bewyslas wat op hulle gerus het op 'n oorwig van waarskynlikhede gekwyt het nie. Hulle is dus na my mening tereg skuldig bevind.
Adv Marais het ook gevra dat hierdie Hof met die
opgelegde .... / 21
21
opgelegde vonnisse moet inmeng. As ek hom reg verstaan het, het hy aan die hand gedoen dat in beide gevalle algehele opge-skorte vonnisse meer gepas sou gewees het hoofsaaklik vanweë die feit dat beide beskuldigdes 'n aantal minderjarige kinders het en dat, veral in die geval van besk 1 wat 'n geskeide vrou is, effektiewe gevangenisstraf sal meebring dat die kinders waarskynlik sonder sorg sal wees. Adv Marais kon na geen mistasting aan die kant van die verhoorhof wys nie en het bloot aangevoer dat die opgelegde vonnisse onder al die om-standighede skokkend onvanpas is. Die verhoorhof het alle tersaaklíke omstandighede in ag geneem en hoewel die opgeleg-de vonnisse op die oog af ietwat aan die swaar kant voorkom kan dit nie gesê word dat díe landdros nië sy diskresie op 'n
regterlike wyse uitgeoefen het nie en daar is na my mening geen
grondslag .... /22
22
grondslag wat inmenging deur hierdie -Hof met die uitoefening
van daardie diskresie sou regverdig nie.
Die appèlle van beide beskuldigdes word ge-
volglik afgewys.
H R JACOBS, AR
GROSSKOPF, AR )
stem saam SMALBERGER, AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.