S v van Wyk (8/2007) [2007] ZAFSHC 22 (8 March 2007)
- Citation
- [2007] ZAFSHC 22
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hattingh, R, van der Merwe, R
- Case number
- 8/2007
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hattingh, R, van der Merwe, R
- Case number
- 8/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that, due to the administrative failures resulting in the loss of the original record and the inability to reconstruct the missing portions, it was impossible to determine whether the proceedings and conviction were lawful. The accused was not at fault for the missing record. In accordance with established legal principles, where the record is irretrievably incomplete, the conviction and sentence must be set aside to prevent prejudice to the accused and uphold the integrity of the judicial process.
Court disposition
Conviction set aside.
Orders
- The conviction of Petrus van Wyk is set aside.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantPetrus van Wyk
Respondent03
Procedural history
Posture
Review Application / Special Review
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the conviction and sentence can stand when the record of proceedings is materially incomplete and cannot be reconstructed.
- 02
Whether the accused's rights have been prejudiced due to the missing record.
Party arguments
- Applicant
- The State did not oppose the setting aside of the conviction, acknowledging that the record was materially incomplete and could not be reconstructed, making it impossible to determine whether the proceedings and conviction were in accordance with the law.
- Respondent
- The accused was prejudiced by the administrative failures resulting in the loss of the record, and without fault on his part, it cannot be determined if his conviction was lawful. He sought the setting aside of the conviction.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Joubert 1991 (1) SA 119 (A) at 126
Where the record of proceedings is lost or materially defective and cannot be reconstructed, the conviction and sentence must be set aside.
- 02
S v Fredericks 1992 (1) SASV 561 (K)
The same principle applies in cases of automatic review under the Criminal Procedure Act, where the record is irretrievably incomplete.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that, due to the administrative failures resulting in the loss of the original record and the inability to reconstruct the missing portions, it was impossible to determine whether the proceedings and conviction were lawful. The accused was not at fault for the missing record. In accordance with established legal principles, where the record is irretrievably incomplete, the conviction and sentence must be set aside to prevent prejudice to the accused and uphold the integrity of the judicial process.
Obiter and limits
- Administrative incompetence in record-keeping can seriously prejudice parties and undermine the justice system.
- The accused should not suffer consequences for failures in the administration of justice beyond his control.
Court disposition
Conviction set aside.
- The conviction of Petrus van Wyk is set aside.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 8/2007
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PETRUS
VAN WYK
______________
CORAM: HATTINGH, R et VAN DER MERWE, R
UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R
GELEWER OP: 9 MAART 2007
[1] Die administratiewe onbeholpenheid en gebreke wat blyk uit die rekord van hierdie verrigtinge, het ten minste een van die partye hiertoe ernstig benadeel. Dit het óf veroorsaak dat ân skuldige ongestraf moet uitgaan óf dat ân persoon wat vrygespreek moes word, vir ân lang tyd daarna in hegtenis aangehou is.
[2] Die beskuldigde in hierdie saak is in die landdroshof te Excelsior verhoor op ân aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die verhoor is waargeneem deur ân landdros afkomstig van Ladybrand. Op 2 Augustus 2005 is die beskuldigde skuldig bevind soos aangekla. As gevolg van ân lang lys van beweerde soortgelyke vorige oortredings deur die beskuldigde, is die beskuldigde ingevolge die bepalings van Artikel 116(1)(b) van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977 na die streekhof verwys vir doeleindes van vonnis. Die beskuldigde is vanaf datum van sy skuldigbevinding in hegtenis aangehou.
[3] Die beskuldigde het gevolglik op 1 Desember 2005 vir die eerste keer in die streekhof verskyn. Dit het toe geblyk dat die getikte oorkonde van die verrigtinge in die landdroshof wat in die streekhof voorgelê is, wesenlik onvolledig was. Ten minste die gehele kruisondervraging en herondervraging van die tweede (en laaste) staatsgetuie en die gehele hoofgetuienis van die beskuldigde het ontbreek. Hierna het die betrokke streeklanddroste herhaaldelik gepoog om die volledige oorkonde te verkry en is die saak vir daardie rede herhaaldelik uitgestel. Uiteindelik, nadat die streekhof die getuienis van die klerk van die hof en die kantoorbestuurder van die landdroshof te Excelsior aangehoor het, het dit geblyk dat die oorspronklike notule op ân onbekende wyse na Ladybrand geneem is vir doeleindes van die oortik daarvan en dat die oorspronklike notule sowel as die ontbrekende bladsye van die getikte oorkonde op ân onverklaarbare wyse verdwyn het en nie gevind kan word nie. Die verhoorlanddros het ook bevestig dat dit nie moontlik is om die ontbrekende gedeelte van die getikte oorkonde te rekonstrueer nie. Daar is geen rede om laasgemelde stelling te betwyfel nie. Die saak is gevolglik op 1 Februarie 2007 na hierdie Hof verwys vir spesiale hersiening. Op daardie datum is die beskuldigde ook op waarskuwing vrygelaat hangende die uitslag van die hersiening.
[4] Dit is bekende reg dat wanneer in gevalle van outomatiese hersiening ingevolge die Strafproseswet of strafappèlle dit blyk dat ân verlore of wesenlik defektiewe oorkonde van die verrigtinge nie gerekonstrueer kan word nie, die betrokke skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel moet word. Sien S v JOUBERT 1991(1) SA 119 (A) op 126 en S v FREDERICKS 1992 (1) SASV 561 (K). Na my mening moet dieselfde beginsel geld by ân geval soos die onderhawige. Sonder dat die beskuldigde enige skuld daaraan het, is dit nie moontlik om te bepaal of die verrigtinge in die landdroshof of die beskuldigde se skuldigbevinding ooreenkomstig die reg is nie.
[5] Gevolglik word die skuldigbevinding ter syde gestel.
________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
____
G.A. HATTINGH, R
/em
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.