Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v van Wyk (A58/2013) [2013] ZAFSHC 68 (9 May 2013)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the trial court had properly considered all relevant factors in sentencing, including the absence of aggravating circumstances, the respondent's lack of danger to the community, and the highly unusual facts of the case. The sentence of corrective supervision was in line with established precedent and did not warrant interference. There were no reasonable prospects of success for the State's appeal, as the sentencing discretion was exercised judiciously and the outcome was balanced and appropriate.

Court disposition

The State's application for leave to appeal is dismissed.

Orders

  • The State's application for leave to appeal against sentence is refused.

02

Material facts

Parties

Die Staat

Applicant Counsel: Honey Prokureurs

Pieter Christiaan van Wyk

Respondent Counsel: Die Direkteur: Openbare Vervolgings

03

Procedural history

  1. Posture

    Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Against Sentence by the State Under Section 310 a of the Criminal Procedure Act, Heard in Chambers.

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State argued that the sentence of corrective supervision was unduly lenient given the seriousness of the offence, and that the trial court failed to properly consider aggravating factors. The State submitted that the interests of justice required a custodial sentence and sought leave to appeal the sentence imposed.
Respondent
The respondent contended that the circumstances of the case were highly unusual, that he was not a danger to the community, and that the trial court had properly exercised its discretion in imposing corrective supervision. He argued that there were no reasonable prospects of success for the State's appeal and that the sentence was balanced and in line with precedent.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Attorney-General, Venda v Maraga 1992 (2) SASV 594 (V)

    An appeal court will only interfere with a sentence if the sentencing discretion was exercised unreasonably, improperly, or in a manner that shocks the sense of justice.

  2. 02

    S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A)

    First offenders should be kept out of prison if possible, especially where the facts are unusual and the offender is not a danger to the community.

  3. 03

    S v Potgieter 1994 (1) SASV 61 (A); S v Larsen 1994 (2) SASV 149 (A); S v Ingram 1995 (1) SASV 1 (A); S v Marx 2009 (2) SASV 562 (OKA)

    Corrective supervision under section 276(1)(h) is appropriate where removal from the community is not required, even for serious offences.

  4. 04

    S v Naidoo and Others 2003 (1) SASV 347 (HHA)

    Sentencing in culpable homicide cases covers a wide spectrum and is one of the most difficult tasks in criminal justice.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the trial court had properly considered all relevant factors in sentencing, including the absence of aggravating circumstances, the respondent's lack of danger to the community, and the highly unusual facts of the case. The sentence of corrective supervision was in line with established precedent and did not warrant interference. There were no reasonable prospects of success for the State's appeal, as the sentencing discretion was exercised judiciously and the outcome was balanced and appropriate.

Obiter and limits

  • The facts of this case are highly unusual and unlikely to recur with the respondent.
  • Sentences that appear shocking or inappropriate must be scrutinized for misdirection, but no such misdirection occurred here.
  • The guidelines laid down by the Supreme Court of Appeal and other High Courts were followed in the trial court's sentence.

Court disposition

The State's application for leave to appeal is dismissed.

  • The State's application for leave to appeal against sentence is refused.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2013] ZAFSHC 68

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Appèl Nr: A58/2013

In die saak tussen:-

DIE STAAT ...............................................................................Applikant

en

PIETER CHRISTIAAN VAN WYK ........................................Respondent

_____________

UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R

GELEWER OP: 9 MEI 2013

[1] Hierdie is ‘n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A van die Strafproseswet om teen ‘n vonnis van ‘n

Streekhof te appelleer gerig aan ‘n Regter in kamers. Die applikant is aan strafbare mansslag skuldig bevind en tot korrektiewe

toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1951 gevonnis.

[2] Die feite is nie in geskil: Die applikant is deur oorledene, ‘n prostituut, genader en gevra vir besigheid. Hy het ingestem en hulle is na sy woonstel. Hulle het ‘n drankie geniet en toe gemeenskap gehad. Toe vra sy dat hy ‘n kunsmatige penis of dildo uit haar handsak haal en in haar kan druk, wat hy gedoen het. Dit blyk toe of oorledene dit baie geniet en sy byt vir applikant. Hy het haar weggedruk van hom af en het haar mond toegedruk. Sy is van versmoring dood. Volgens die getuienis van die

dokter, as hy sy hand 10 sekondes korter oor haar mond gehou het, sou sy moontlik nie gesterf het nie. Applikant was ten tye van die voorval op “Anti-Booze” medikasie en saam met die drank wat hy ingeneem het kon dit ‘n invloed op sy gedrag gehad het.

[3] Die verhoofhof het by vonnis oplegging in ag geneem dat (i) geen wapen is gebruik nie; (ii) applikant het oorledene op geen ander wyse aangevra nie; (iii) oorledene het geen ander beserings opgedoen nie; (iv) drank het ‘n rol gespeel. Die verhoorhof het die volgende beslissings in ag geneem.

[4] In S v Noordien 1990 (2) SASR 253 (K) het die beskuldigde sy vriendin verwurg. Hy is aan strafbare manslag skuldig bevind en tot 6 jaar gevangenisstraf gevonnis wat op uitgebreide voorwaardes opgeskort is. Die beskuldigde in daardie saak het vir ‘n landdros vertel dat hy die oorledene gesê het dat sy die enigste vrou is wat hy ooit liefgehad het. Die afleiding uit die mediese getuienis was dat oorledene se hart gaan staan het as gevolg van die druk op haar nek.

[5] In S v Potgieter 1994 (1) SASV 61 (A) was die feite dat die beskuldigde oor ‘n periode van ses jaar onderwerp is aan afbrekende optrede van die oorledene, haar man. Sy is op die dag van die moord deur oorledene aangerand. Sy is deur die verhoorhof aan moord skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. Die Appèlhof vind dat haar omstandighede sodanig is dat dit nie nodig is dat sy uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie, en verwys die saak na die verhoorhof terug vir oorweging van oplegging van korrektiewe toesig onder artikel 276(1)(h).

[6] In S v Larsen 1994 (2) SASV 149 (A) het beskuldigde haar man doogeskiet na neerhalende optrede van sy kant af oor baie jare. Sy is op verhoor aan moord skuldig bevind en tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan helfte opgeskort is. Daar was ‘n geskiedenis van aanrandings deur oorledene op die appellant oor die laaste drie jaar (157b-c). Die Appèlhof vind dat sy nie in die kategorie persone val wat uit die gemeenskap verwyder moet word nie (157e-f), en verwys die saak na die verhoorhof terug vir oorweging van oplegging van korrektiewe toesig.

[7] In S v Ingram 1995 (1) SASV 1 (A) het die beskuldigde sy vrou, wat ‘n drankprobleem gehad het, doodgeskiet. Hy is aan moord skuldig bevind en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appèlhof verwys in sy bespreking van vonnis na korrektiewe toesig en toon aan dat die wetgewer onderskei tussen diegegene wat, hoewel hulle gestraf moet word, nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie (9d-e). Die Appèlhof vind dat die omstandighede in daardie saak nie verwydering van die beskuldigde uit die gemeenskap vereis nie, en verwys die saak na die verhoorhof terug vir die oorweging van oplegging van korrektiewe toesig onder artikel 276(1)(h).

[8] In S v Naidoo and Others 2003 (1) SASV 347 (HHA) wys die hof daarop dat daar ‘n wye spektrum gevalle is wat onder strafbare manslag val. Een tipe is waar daar ‘n momentêre verlies aan konsentrasie is, wat ‘n lewensverlies tot gevolg het. Appèlregter Marais sê vonnisoplegging in sodanige geval is een van die moeilikste take in die regspleging (par [45]), en voeg by:

“The outcome will often satisfy neither those close to the deceased nor those close to the accused, being too lenient in the eyes of the former and too severe in the eyes of the latter.”

[9] In S v Marx 2009 (2) SASV 562 (OKA) is die 41-jarige beskuldigde op verhoor skuldig bevind om die moord op sy vrou deur haar met ‘n pistool te skiet. Hy het skuldig gepleit. Op die feite het die verhouding tussen appellant en sy vrou in die loop van hul 19-jaar lange troue agteruitgegaan het sy hom ook in die openbaar verneder. Die verhoorhof het hom tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan die helfte opgeskort is. Die volbank verwys die saak terug vir oorweging van korrektiewe toesig onder artikel 276(1)(h).

[10] In S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A) het Appèlregter Nicholas in sy bespreking van vonnis as relevante faktore beskou die feit dat die beskuldigde geen geskiedenis van geweld het nie en dat hy nie ‘n gevaar vir die gemeenskap daarstel nie en hy voeg by:

“The concatenation of circumstances was highly unusual and is unlikely to occur again.”

Dieselfde kan in die onderhawige saak gesê word.

[11] Artikel 310A (vir sake verhoor in laer howe) en artikel 316B (vir sake verhoor in Hooggeregshowe) is by Wet 107 van 1990 in die Strafproseswet ingevoeg. Die Staat het nog altyd slegs ‘n beperkte reg gehad om sake in hoër beroep te neem. Artikels 317 en 318 handel met omstandighede wat tot hoër beroep kan lei. In Attorney-General, Venda v Maraga 1992 (2) SASV 594 (V) sê oorlede Waarnemende Regter Etienne du Toit (outeur van die bekende Commentary on the Criminal Procedure Act) dat dit duidelik is dat die wetgewer bedoel het dat die magtiging om verlof tot appèl teen vonnis aan die staat toe te staan, spaarsamig uitgeoefen moet word (609a-b). Die beskuldigde moet slegs aan ‘n appèl teen vonnis onderwerp word wanneer daar duidelik redelike vooruitsigte van sukses op appèl is (609c-d). Die geleerde waarnemende regter wys daarop dat by ‘n appèl teen vonnis oefen die hof van appèl beheer uit oor ‘n diskresie wat reeds deur die verhoorhof uitgeoefen is, en slegs waar dit blyk dat daardie diskresie onredelik, onbehoorlik of on-regterlik (“unjudicial”) uitgeoefen is, sal die hof op appèl inmeng (606c-d). Die verhoorhof se diskresie moet so onbeperk moontlik bly (606f). ‘n Hof van appèl sal slegs met ‘n vonnis inmeng as die vonnis wat die hof van appèl meen die juiste vonnis is soveel van die opgelegde vonnis verskil dat van ‘n gevoel van skok ontstaan (607g-h). As die verhoorhof sy diskresie op ‘n onredellike ongebalanseerde wyse uitgeoefen het omdat die vonnis ooglopend onvoldoende, onredelik of ongebalanseerd is (607e-j). Die hof van appèl sal inmeng as die verhoorhof sy diskresie op ‘n willekeurige wyse (“capriciously”) uitgeoefen het (607e-f).

SLOT

[12] Die begin-punt is dat eerste oortreders uit die tronk gehou moet word indien moontlik. Die feite hier is baie ongewoon, en sal waarskynlik nie weer met applikant gebeur nie. Applikant is nie iemand wat uit die gemeenskap verwyder moet word nie.

[13] Daar is sekere vonnisse wat, as jy die vonnis hoor, en die feite oorweeg, duidelik verkeerd lyk. So ‘n vonnis is skokkend onvanpas. Daar is gevalle waar die voorsittende beampte wanvoorligtings begaan het deur belangrike oorwegings buite rekening te laat of om iets te oorbeklemtoon. Dit sien ‘n hof van appèl dadelik raak. Hierdie is nie ‘n geval waar daar enige

wanvoorligtings was nie. Die vonnis volg die riglyne neergelê deur die Hoogste Hof van Appèl en ander Hooggeregshowe. Die vonnis is deurdag en gebalanseerd. Daar is geen redelike vooruitsigte dat ‘n hof van appèl met die vonnis sal inmeng nie.

BEVEL

[14] Die staat se aansoek om verlof tot appèl word van die hand gewys.

_____

KRUGER, R

Uitspraak en Bevel van Regter in kamers: geen verskyning.

Applikant se prokureur: Honey Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Respondent: Die Direkteur: Openbare Vervolgings

/EB

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Noordien 1990 (2) SASR 253 (K)

Case cited

S v Potgieter 1994 (1) SASV 61 (A)

Case cited

S v Larsen 1994 (2) SASV 149 (A)

Case cited

S v Ingram 1995 (1) SASV 1 (A)

Case cited

S v Naidoo and Others 2003 (1) SASV 347 (HHA)

Case cited

S v Marx 2009 (2) SASV 562 (OKA)

Case cited

S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A)

Case cited

Attorney-General, Venda v Maraga 1992 (2) SASV 594 (V)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1951

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 310A

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 276(1)(h)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.