Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Van Wyk, S v Lewis (840/01, 849/01) [2002] ZANCHC 2 (25 January 2002)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that in both cases, the State proved only attempted theft and not the completed offence. The accuseds moved the items with the intention to steal but did not deprive the owners of control over the property. In Lewis's case, the accused was interrupted before he could remove the battery from the premises, and in Van Wyk's case, it was unclear why the goods were not removed. The court preferred the appropriation approach, requiring deprivation of the owner's control, over the contrectatio approach. Consequently, the convictions for theft were set aside and replaced with convictions for attempted theft. The sentences were also reduced to reflect the lesser gravity of the offence.

Court disposition

Convictions and sentences for theft set aside and replaced with convictions and sentences for attempted theft.

Orders

  • In S v Van Wyk, the conviction and sentence are set aside and replaced with a conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft. The accused is sentenced to two years' imprisonment, half of which is suspended for five years on condition that he is not convicted of housebreaking with intent to steal, theft, or attempted theft during the period of suspension.
  • In S v Lewis, the conviction and sentence are set aside and replaced with a conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft. The accused is sentenced to 18 months' imprisonment, six months of which are suspended for five years on condition that he is not convicted of housebreaking with intent to steal, theft, or attempted theft during the period of suspension.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Dawid Van Wyk

Respondent

Cedric Desmond Lewis

Respondent

Amounts and remedies

  • Van Wyk Sentence (imprisonment, Suspended Portion): ZAR 1
  • Van Wyk Sentence (imprisonment, Total): ZAR 2
  • Lewis Sentence (imprisonment, Suspended Portion): ZAR 0.5
  • Lewis Sentence (imprisonment, Total): ZAR 1.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Review of Criminal Convictions and Sentences

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State argued that the accuseds committed theft by removing items from their original places and placing them elsewhere with the intention to steal. In Van Wyk's case, goods were found in a bag inside the house, and in Lewis's case, a car battery was moved closer to an exit. The State relied on authorities supporting the contrectatio approach, which holds that physical handling or movement of the item constitutes theft, even if the owner is not deprived of control.
Respondent
The accuseds contended that their actions did not amount to completed theft, as the owners were never deprived of control over the items. They argued that, at most, their conduct constituted attempted theft, as the items were not removed from the premises and the owners retained effective control. They relied on authorities supporting the appropriation approach, which requires deprivation of the owner's control for theft to be complete.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Snyman, Criminal Law, 4th Edition, pp. 492-493; S v Tau 1996(2) SACR 97 (T); S v Newman 1998(1) SACR 95 (T); S v Tekahe 1998(1) SACR 291 (OPA)

    The offence of theft requires that the owner be deprived of control over the property and that the accused appropriates the property for himself.

  2. 02

    Milton, South African Criminal Law and Procedure, Vol 2, 3rd Edition, p. 594; S v Ncube 1998(1) SACR 174 (T)

    The contrectatio approach holds that physical handling or movement of the item may constitute theft, but this is not sufficient if the owner retains control.

  3. 03

    S v Lujaba 1987(1) SA 226 (A)

    Obiter dicta in S v Lujaba 1987(1) SA 226 (A) regarding theft in self-service shops are not directly applicable to cases where the owner retains control.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that in both cases, the State proved only attempted theft and not the completed offence. The accuseds moved the items with the intention to steal but did not deprive the owners of control over the property. In Lewis's case, the accused was interrupted before he could remove the battery from the premises, and in Van Wyk's case, it was unclear why the goods were not removed. The court preferred the appropriation approach, requiring deprivation of the owner's control, over the contrectatio approach. Consequently, the convictions for theft were set aside and replaced with convictions for attempted theft. The sentences were also reduced to reflect the lesser gravity of the offence.

Obiter and limits

  • The division in South African law regarding the act required for theft arises from differing approaches: contrectatio versus appropriation.
  • The court noted that the decision in S v Ncube was incorrect in applying the contrectatio approach and treating mere assumption of control as sufficient for completed theft.
  • Remarks in S v Lujaba regarding theft in self-service shops are obiter and not applicable to the present facts, where the owner retains control.

Court disposition

Convictions and sentences for theft set aside and replaced with convictions and sentences for attempted theft.

  • In S v Van Wyk, the conviction and sentence are set aside and replaced with a conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft. The accused is sentenced to two years' imprisonment, half of which is suspended for five years on condition that he is not convicted of housebreaking with intent to steal, theft, or attempted theft during the period of suspension.
  • In S v Lewis, the conviction and sentence are set aside and replaced with a conviction for housebreaking with intent to steal and attempted theft. The accused is sentenced to 18 months' imprisonment, six months of which are suspended for five years on condition that he is not convicted of housebreaking with intent to steal, theft, or attempted theft during the period of suspension.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2002] ZANCHC 2

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

DATUM GELEWER: 2002-01-25

In die hersieningsake van:

DIE STAAT SAAKNO: 840/01

versus

DAWID VAN

WYK BESKULDIGDE

en

DIE STAAT SAAKNO: 849/01

CEDRIC DESMOND

LEWIS BESKULDIGDE

Coram: MAJIEDT R et

LACOCK

WNR

UITSPRAAK

OP HERSIENING

MAJIEDT R:

Die regsbeginsel wat oorweging verg in hierdie sake is presies dieselfde en om doelmatigheidsredes word die twee sake soos bovermeld saam hanteer in hierdie uitspraak.

In die Van Wyk-aangeleentheid het ek navraag gedoen by die landdros of die Staat wel diefstal van die goedere vermeld in die klagstaat bewys het. In die Lewis-aangeleentheid het my ampsbroeder, Lacock WnR, ‘n soortgelyke navraag gerig aan die landdros. Ek ag dit dienstig om die volledige navraag van my ampsbroeder hier weer te gee:

“Is die skuldigbevinding aan diefstal korrek, gesien die feit dat die eienaar daarvan nooit sy beheer oor die battery ontneem is nie? Daarteenoor ontstaan die vraag ook of gesê kan word dat die beskuldigde in die omstandighede homself regtens die battery toegeëien het. Sien hieraangaande onder andere S v Tau 1996(2) SASV 97(T) en S v Newman 1998(1) SASV 95(T)”.

In albei hierdie aangeleenthede was die beskuldigdes aangekla van huisbraak met die opset om te steel en diefstal en was hulle skuldig bevind soos aangekla. ‘n Verdere gemene deler tussen dié twee sake is dat die Staat in albei gevalle, na my mening, bo redelike twyfel bewys het dat die bepaalde beskuldigde in elke geval die misdryf van huisbraak gepleeg het. Die aspek wat in albei gevalle oorweging verg is of die Staat wel die misdryf diefstal bewys het.

In die Van Wyk-saak was die getuienis namens die Staat dat die klaer die artikels soos vermeld in die klagstaat gevind het in ‘n drasak, welke drasak hy gevind het in die kamer langs die venster waardeur toegang tot die woonhuis verkry is deur die beskuldigde. Die getuienis verder was dat hierdie artikels op verskeie plekke in die huis weggepak was en die afleiding is dus geregverdig dat dit vanuit hulle bêreplekke verwyder is en in die drasak geplaas was deur die beskuldigde. Ek beklemtoon dat die drasak gevind was in die binnekant van die kamer langs die gebreekte venster.

In die Lewis-saak het dit gegaan oor die diefstal van ‘n motorbattery binne-in ‘n motorwerkswinkel. Die getuienis vir die Staat was dat die battery verwyder is van sy oorspronklike plek by die battery-laaier binne-in die werkswinkel waar die eienaar van die werkswinkel dit oornag gelaat het om die battery te herlaai. Die battery is ongeveer 5 meter verder gedra aan die binnekant van die werkswinkel tot naby ‘n roldeur wat toegang tot die werkswinkel bied. ‘n Tweede getuie vir die Staat wat vir die sekuriteitsmaatskappy werk wat die alarmstelsel van die werkswinkel monitor en wat op die toneel opgedaag het in reaksie op die alarm wat afgegaan het, het getuig dat hy inderdaad die beskuldigde opgemerk het binne die werkswinkel waar hy die battery dra tot by die punt waar dit gevind was.

Uit die voorafgaande bondige opsomming van die getuienis in die twee sake is dit duidelik dat die getuienis vir die Staat bloot bewys het dat die beskuldigde wat toegang tot die betrokke gebou verkry het, ‘n artikel of artikels verwyder het van die oorspronklike bergplekke en dit geplaas het by ‘n punt waar hy vermoedelik dit later sou verwyder.

In die Van Wyk-geval is dit nie duidelik waarom die goedere uiteindelik nie verwyder is nie, maar dit is duidelik in die Lewis-aangeleentheid dat die beskuldigde in daardie geval onderbreek is deur die aankoms van die sekuriteitsbeampte en lede van die SAPD wat gereageer het op die alarm binne die werkswinkel wat geaktiveer is deur die beskuldigde se optrede.

In albei gevalle het die landdroste tereg die beskuldigdes se weergawes verwerp as vals bo redelike twyfel.

Die regsvraag wat derhalwe ontstaan is of die Staat op die bewese feite wel die misdryf diefstal bewys het of slegs poging tot diefstal. Daar bestaan tans ‘n interessante meningsverskil in ons reg oor hierdie betrokke aspek. Daar is naamlik gesag dat feite soos in die onderhawige geval wel ‘n voltooide misdryf van diefstal daarstel; sien ondermeer die volgende:

Milton, South African Criminal Law and Procedure, Vol 2, 3de Uitg te 594;

S v Ncube 1998(1) SASV 174(T) te 176 c-d;

Daarteenoor is daar gesag dat ‘n beskuldigde op die bewese feite soos voormeld slegs skuldig is aan poging tot diefstal; sien ondermeer:

Snyman, Strafreg, 4de Uitg te 492-493;

S v Tau 1996(2) SASV 97(T) te 102 a-103 a;

S v Newman en ‘n ander 1998(1) SASV 94(K) te 96-97;

S v Tekahe en ‘n ander 1998(1) SASV 291(OPA) te 292 g- 293 b.

Diefstal is seer sekerlik een van die bekendste gemeenregtelike misdade met die mees algemene voorkoms in ons reg, tog bestaan daar hierdie verdeeldheid aangaande een van die mees basiese elemente van die misdryf, te wete die handeling wat vereis word. Die meningsverskil waarna ek in die voorafgaande paragraaf verwys het, het klaarblyklik sy ontstaan te danke daaraan dat daar twee verskillende benaderings tot die handelingsvereiste by diefstal is.

Die eerste benadering wat in die onderhawige feitestelle sou bevind dat die misdryf diefstal wel bewys is, onderskryf die sogenaamde contrectatio-begrip waarvolgens die handeling by diefstal uit ‘n contrectatio bestaan.

Die tweede benadering wat ‘n misdryf soos in die onderhawige gevalle slegs sou tipeer as poging tot diefstal, ondersteun daarenteen die toe-eieningsbegrip. Voorstanders van die contrectatio-begrip vereis nie dat die eienaar van ‘n saak beheer oor daardie saak hoef te verloor voordat diefstal gepleeg is nie. Daarenteen word by die toe-eieningsbegrip vereis dat die dief die saak onttrek vanuit die eienaar se beheer en self die beheer daarvan oorneem.

Die begrip contrectatio het sy ontstaan uit die Romeinse reg wat die betekenis daaraan geheg het dat ‘n saak op so ‘n manier hanteer moet word dat die dader die saak fisies aanraak; sien ondermeer:

D 47 2 52 20;

D 47 2 52 19;

D 47 2 46 6.

Soos Snyman, Strafreg, 4de Uitg te 490-491, tereg aantoon is die begrip contrectatio in sy suiwer Romeinsregtelike betekenis lankal nie meer haalbaar in ons huidige kommersiële samelewing nie. Diefstal kan tog gepleeg word sonder dat ‘n dader die saak fisies aanraak, soos byvoorbeeld in die geval van diefstal van geld in die vorm van krediet.

Die skrywer Milton in sy aangehaalde werk te 594 voer aan dat dit nie nodig is dat die klaer/eienaar van sy beheer van die saak ontneem hoef te word nie. Hy voer aan dat sò ‘n vereiste sou lei tot te veel tegnikaliteit en dat dit ook contra die Romeinse reg is. Dit is weliswaar so dat ons gemene reg nie die begrip van toe-eiening ken nie, maar meen ek dat ons howe al male sonder tal erkenning gegee het aan die begrip wanneer dit kom by die handeling by diefstal. In dié verband is ek dit eens met Snyman in sy aangehaalde werk te 491, voetnota 28.

Ek verkies die benadering soos vergestalt in die werk van Snyman en die sake van Tau, Newman en Tekahe waarna ek alreeds hierbo verwys het. Ook in hierdie afdeling is daardie benadering in die saak van S v Van den Berg 1979(3) SA1027(NK) te 1035F onderskryf as volg:

“Wat wel ter sake en belangrik is is dat hy (die dief) homself bevoegdheid aangematig het wat ‘n eienaar toekom.”

Die landdros in die Van Wyk-saak steun op S v Ncube waarna ek alreeds hierbo verwys het, as gesag vir haar skuldigbevinding aan diefstal. In daardie saak het die hof beslis dat die beskuldigde hom alreeds aan voltooide diefstal skuldig gemaak het deurdat hy ‘n kartondoos op ‘n oop bakkie opgelig en verskuif het met die doel om dit te steel voordat die polisie hom betrap het. Ek stem saam met Snyman, aangehaalde werk te 493 voetnota 36, dat die beslissing verkeerd is deur die contrectatio-begrip toe te pas en ook deur blote aanmatiging van beheer oor die saak as voldoende vir voltooide diefstal te beskou. Die bestuurder van die bakkie in daardie saak is tog nooit ontneem van beheer oor die kartondoos nie. Dit druis verder heeltemal in teen ‘n mens se regsgevoel dat ‘n beskuldigde in omstandighede soos hierdie skuldig kan wees aan voltooide diefstal, waar ‘n eienaar/besitter steeds volle beheer oor die saak kan uitoefen.

9.1 Die landdros in Lewis se saak steun swaar op die beslissing van S v Lujaba 1987(1) SA226 (A). Hierdie steun is heeltemal misplaas, want Lujaba se saak het gehandel oor diefstal in ‘n selfbedieningswinkel wat op die feite onderskeibaar is van die onderhawige geval, soos ek aanstons sal aantoon. Verder moet in ag geneem word dat die opmerkings van Botha AR in daardie saak onteenseglik bloot obiter dictum was. Op 233E van die verslag sê Botha AR die volgende:

“Met die oog op die feite van die onderhawige saak sou dit geen nut hê om betrokke te raak by ‘n bespreking van die tegniese aspekte van contrectatio en die ander bestanddele van diefstal in ons reg nie. Ek aanvaar dat ‘n skuldigbevinding aan diefstal in beginsel in hierdie geval moontlik is.”

Ek is dit respekvol eens met Stafford R in die Tau-saak waar hy te 102 g hom as volg uitlaat ten aansien van diefstalle uit ‘n selfbedieningswinkel:

“Wanneer die toepaslikheid van beslissings ten opsigte van diefstal vanuit ‘n selfbedieningswinkel oorweeg word, moet in gedagte gehou word dat waar ‘n persoon in ‘n selfbedieningswinkel ‘n artikel byvoorbeeld onder ‘n kledingstuk sou wegsteek, die eienaar se beheer effektiewelik ontneem kan word. Die uitsprake in hierdie beslissings sou waarskynlik anders gewees het indien daar ten opsigte van elke klant in ‘n selfbedieningswinkel verwag sou gewees het om al sy klere uit te trek en sy klere ook behoorlik deursoek geword het, soos wat die geval in casu is.”

9.2 Dieselfde landdros verwys ook na ‘n saak in hierdie Afdeling, S v André Best (CA&R 27/93 gedateer 18/10/1993), waar ‘n Regtersertifikaat blykbaar geweier is en waar die verhoorlanddros ook bevind het dat die diefstal voltooid was in soortgelyke omstandighede as die onderhawige. Die saaklêer in Best bevat slegs die Regtersertifikaat en geen ander dokumente nie – dit is dus van geen nut hoegenaamd nie.

In albei hierdie gevalle dus is ek die mening toegedaan dat die Staat bloot poging tot diefstal bewys het. Die eienaars van die onderskeie sake is nie van beheer van die sake ontneem nie. In die een geval was dit as gevolg van die onderbreking deur die sekuriteitsbeampte en polisiebeamptes en in die ander geval is dit nie op rekord waarom die beskuldigde nie die artikels heeltemal verwyder het nie. Feit van die saak egter is dat die skuldigbevindings soos tans op rekord nie kan bly staan nie en behoort dit ter syde gestel en vervang te word met skuldigbevindings aan poging tot diefstal.

‘n Verdere aspek wat oorweging verg in die lig van my bevinding in die voorafgaande paragraaf is die kwessie van vonnis.

In Van Wyk se saak is die beskuldigde ‘n vonnis van twee jaar gevangenisstraf opgelê. Hy het een vorige veroordeling vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal gedurende 1999 waarvoor hy 12 maande gevangenisstraf opgelê is wat in geheel opgeskort is op bepaalde voorwaardes.

Die beskuldigde Lewis is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf waarvan 6 maande opgeskort is vir 5 jaar onderhewig aan sekere voorwaardes. Dié beskuldigde het een vorige veroordeling wat tersaaklik mag wees te wete kwaadwillige beskadiging van eiendom waarvoor hy in 1990 vier houe met ‘n ligte rottang opgelê is.

Ek is van mening dat die vonnisse te swaar is gegewe die mindere misdryf van poging tot diefstal.

In die saak van STAAT TEEN DAWID VAN WYK word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel en vervang met die volgende:

Die beskuldigde word skudig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en poging tot diefstal en word gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.

In die saak van die STAAT TEEN CEDRIC DESMOND LEWIS word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel en vervang met die volgende:

Die beskuldigde word skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en poging tot diefstal en word gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande opgeskort word vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.

___

SA MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

HJ LACOCK

WAARNEMENDE REGTER

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Tau 1996(2) SACR 97 (T)

Case cited

S v Newman 1998(1) SACR 95 (T)

Case cited

S v Tekahe 1998(1) SACR 291 (OPA)

Case cited

S v Ncube 1998(1) SACR 174 (T)

Case cited

S v Lujaba 1987(1) SA 226 (A)

Case cited

S v Van den Berg 1979(3) SA 1027 (NC)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.