S v Van Zyl (CA&R 17/07) [2007] ZANCHC 43 (22 June 2007)
- Citation
- [2007] ZANCHC 43
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock, Williams
- Case number
- CA&R 17/07
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock, Williams
- Case number
- CA&R 17/07
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant, a 52-year-old adult, unlawfully and intentionally grabbed and shook a 10-year-old child after a minor accident involving a bicycle. Although the appellant's actions were reactive, they were not justified and exceeded what was reasonable under the circumstances. The court rejected the application of the de minimis non curat lex rule, emphasizing the special protection afforded to children under South African law and the Constitution. The appellant's conduct was not trivial and warranted a conviction for assault. The appeal was accordingly dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Frederick Jacobus Van Zyl
Appellant Counsel: JJ SchreuderThe State
Respondent Counsel: AH Van HeerdenAmounts and remedies
- Fine Imposed: ZAR 500
- Suspended Imprisonment (months): 3
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction in Magistrate's Court
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted of assaulting the younger child.
- 02
Whether the de minimis non curat lex rule applies to the appellant's conduct.
- 03
Whether the appellant's actions were unlawful and intentional.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his actions towards the children were not sufficiently serious to warrant a conviction for assault, relying on the de minimis non curat lex rule. He claimed he believed he was entitled to grab and shake the children after being struck by their bicycle, and that his conduct was merely reactive and not excessive.
- Respondent
- The respondent contended that the appellant's conduct constituted unlawful and intentional assault, particularly given the age of the children and the manner in which they were handled. The respondent argued that the de minimis rule should not apply, as the appellant's actions were not trivial and the rights and interests of children require special protection under the law.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Snyman, 'Strafreg' (4th edition) at 447
Assault consists of unlawfully and intentionally applying force to the body of another person, or causing another to believe that such force will be applied immediately.
- 02
S v A en 'n Ander, 1993 (1) SASV 600 (A) at 607 e
Courts have a well-established practice of not convicting persons for trivial assaults under the de minimis non curat lex rule.
- 03
S v Van Wyk, 1974 (1) SA 36 (A) at 43 A
In determining whether the de minimis rule applies, all relevant circumstances of the offence must be considered.
- 04
Children's Act 38 of 2005; Constitution of the Republic of South Africa, 1996, section 28
Children's rights and interests are specially protected in South African law, both in legislation and the Constitution.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant, a 52-year-old adult, unlawfully and intentionally grabbed and shook a 10-year-old child after a minor accident involving a bicycle. Although the appellant's actions were reactive, they were not justified and exceeded what was reasonable under the circumstances. The court rejected the application of the de minimis non curat lex rule, emphasizing the special protection afforded to children under South African law and the Constitution. The appellant's conduct was not trivial and warranted a conviction for assault. The appeal was accordingly dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the children testified well under cross-examination, especially considering their young age.
- The judgment emphasized that courts must be vigilant in protecting children from unlawful conduct by adults, even when provoked.
- A stern warning would have sufficed; physical handling was unnecessary and unjustified.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case number: CA&R 17/07
Datum verhoor: / Date heard: 18/06/2007
Datum gelewer: / Date delivered: 22/06/2007
In die appèl:
VAN ZYL, FREDERICK JACOBUS Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
Coram: Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK R:
Die appellant is in die landdroshof, De Aar, skuldig bevind aan aanranding en gevonnis tot betaling van ân boete van R500.00 of 3 maande gevangenisstraf en wat in die geheel voorwaardelik opgeskort is vir ân periode van 2 jaar. Met verlof deur hierdie Hof verleen, kom die appellant nou in hoër beroep teen sy skuldigbevinding.
Die landdros het die appellant op sy eie weergawe van die tersaaklike gebeure, skuldig bevind. Daardie gebeure, en soos voorgehou deur die appellant, kan as volg saamgevat word:
Die appellant was gedurende die dag van 18 Oktober 2005 in ân besigheidsperseel geleë in Alexanderstraat, De Aar. Net toe hy uit hierdie perseel op die sypaadjie tree, het twee seuns van onderskeidelik 13 en 10 jaar oud met ân fiets teen hom vasgery. Die twee seuns het met die fiets op die sypaadjie gery. Die oudste seun was in beheer van die fiets, en die jonger seun was ân passasier wat op die raamwerk voor die saal van die fiets gesit het. Met die botsing het al drie partye geval. Die appellant het hierna eers die ouer kind aan sy klere gegryp, hom nader gepluk en met hom geraas, en daarna die jonger kind voor die bors gegryp, hom geruk en met hom geraas. Die appellant getuig dat hy beide kinders âhardhandigâ hanteer het, maar nie sodanig dat hy hulle klere geskeur het nie.
Die landdros was nie bereid om die weergawes van die kinders naamlik dat, benewens die gryp deur die appellant aan hul klere en dat hy hulle geruk het, hy die ouer een gestamp het dat hy struikel en die jonger een met die vuis teen die kop geslaan het, te aanvaar nie.
Na my mening kon die appellant homself uiters gelukkig ag dat hierdie kinders se getuienis nie aanvaar is nie. Beide was blootgestel aan deurtastende kruisverhoor deur ân ervare prokureur, en hulle het, met inagneming van hul ouderdomme, uitstekend as getuies gevaar. Veral die jonger kind het na my mening goed getuig en deurgaans by sy weergawe gehou en homself in geen wesenlike opsig weerspreek of sy getuienis aangepas nie.
Wat verdermeer eienaardig voorkom is dat die appellant vrygespreek is op die aanranding op die ouer kind, en dit terwyl hy, op sy eie getuienis, die ouer kind op dieselfde wyse aangerand het as die jonger kind!
Hoe dit ookal sy, die vraag ter beantwoording is of die appellant korrek skuldig bevind is aan aanranding op die jonger kind. Na my mening is daar geen gronde waarop ingemeng kan word met hierdie bevinding van die landdros nie.
Aanranding bestaan daaruit dat ân persoon wederregtelik en opsetlik geweld aan die liggaam van ân ander toevoeg (of die laat glo dat geweld hom onmiddellik toegevoeg sal word). Sien Snyman, âStrafregâ (4de uitgawe) te 447.
Die gewaande handelinge van die appellant was ooglopend wederregtelik. Hy het geen regverdiging gehad om die kinders leed aan te doen nie.
Dat hy die opset gehad het om die kinders te gryp en te ruk, is ook bewys. Mnr. Schreuder namens die appellant, het myns insiens tereg toegegee dat die bewering van die appellant naamlik dat hy gedink het dat hy geregtig was om die kinders te ruk en pluk onder die omstandighede, tereg deur die landdros verwerp was.
Uiteindelik het mnr. Schreuder slegs daarop gesteun dat die appellant op sy vryspraak geregtig was op grond, van die âde minimis non curat lexâ leerstuk. âDaar bestaan in ons strafhowe ân goed gevestigde en heilsame praktyk om, met die gebruik van die âde minimisâ-reël, nie mense skuldig te bevind aan onbenullige aanrandings nieâ (S v A en ân Ander, 1993 (1) SASV 600 (A) te 607 e).
Vir doeleindes van die beslissing van hierdie vraag is dit nodig om nie alleen die aard van die misdryf in ag te neem nie, maar ook alle tersaaklike omstandighede waaronder dit gepleeg is. Sien S v Van Wyk, 1974 (1) SA 36 (A) te 43 A. Wat na my mening enersyds tersaaklik is, is dat (a) die appellant niksvermoedend uit ân winkel gestap het op die sypaadjie voor die winkel; (b) hy nie kon verwag het dat hy daar deur ân fiets getref sou word nie; (c) die kinders nie geregtig was om op die sypaadjie te ry met ân fiets nie; (d) die appellant kwaad was omdat hy deur die fiets getref is; en (e) die appellant se daaropvolgende optrede reaktief van aard was.
Hierteenoor moet egter ook in ag geneem word dat (1) die appellant ân volwasse man en boer van 52 jarige ouderdom was; (2) die kinders slegs 13 en 10 jaar oud was; en (3) die appellant op sy eie weergawe, hierdie jong kinders hardhandig hanteer het.
Uiteraard verg die onderhawige vraag ân waarde oordeel. In sekere omstandighede mag ân Hof oordeel dat die leerstuk toepassing vind (Sien S v Bester, 1971 (4) SA 28 (T) en in andere nie (Sien R v Maguire, 1969 (4) SA 191 (R.AD) en S v Schwartz, 1971 (4) SA 30 (T) ).
Na my mening behoort die onderhawige aangeleentheid nie straffeloos verskoon te word kragtens die âde minimisâ-reël nie. Ons hedendaagse bestel verleen, soos te begrepe is in ân beskaafde en demokratiese samelewing, besondere erkenning en beskerming aan kinderregte en die sosiaal/maatskaplike belange van kinders. Hierdie belange en beskerming is nie alleen vervat in wetgewing nie (sien bv. die voorwoord tot die Childrenâs Act, nr. 38 van 2005) maar is ook in die Grondwet van 1996 verskans, en meer bepaald in art. 28 daarvan. Hierdie regte van kinders, en meer bepaald jonger kinders, verg dat die howe onder andere moet waak daarteen dat daar onregmatig teen kinders opgetree word. Na my mening sal dit neerkom op die versuim van hierdie plig indien howe sou toelaat, of gesien word om toe te laat, dat volwassenes hulle vergryp teenoor kinders â soos die appellant gedoen het â bloot omdat ân kind verkeerd opgetree het en die volwassene die slagoffer van daardie verkeerde optrede was. In casu was dit na my mening nie nodig vir die appellant om die jonger kind voor die bors te gryp en te ruk nie. Hy moes homself van hierdie optrede weerhou het. ân Streng vermaning sou voldoende gewees het.
Gesien vanuit die oogpunt van hierdie jong seun, moes dit vir hom ân vreesbevange ervaring gewees het om deur ân volwasse man aan die bors gegryp en geruk te word. Na my mening verdien sy integriteit die beskerming van die reg.
Bygevolg word die volgende bevel hierin verleen:
Die appèl word afgewys.
___
HJ Lacock
REGTER
Ek stem saam.
CC Williams
Namens appellant: Adv JJ Schreuder
Namens respondent: Adv AH Van Heerden (Kantoor van die DOV, Kimberley)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.