S v Williams (10/2007) [2008] ZANCHC 19 (18 April 2008)
- Citation
- [2008] ZANCHC 19
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C J Olivier
- Case number
- 10/2007
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C J Olivier
- Case number
- 10/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the mechanical recording of the trial proceedings was lost and could not be reconstructed. The accused was not responsible for the loss of the record or the failure to reconstruct it. Without the record, neither the magistrate nor the reviewing court could properly consider the grounds for appeal or condonation. This effectively denied the accused his constitutional right to appeal. The accused provided a reasonable explanation for the delay in applying for leave to appeal, which was not disputed by the State. The later affidavit in which the accused claimed he could no longer remember his own version did not form part of the original application and did not affect the outcome. Consequently, the conviction and sentence were set aside, and the matter was referred to the Director of Public Prosecutions for consideration of a fresh prosecution.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; matter referred for possible fresh prosecution.
Orders
- The accused's conviction for murder and the sentence of 15 years' imprisonment are set aside.
- It is ordered that the record and a copy of this judgment be submitted to the local Director of Public Prosecutions for consideration of a fresh prosecution on the relevant charge.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantHilton Williams
RespondentAmounts and remedies
- Original Sentence (years Imprisonment): ZAR 15
03
Procedural history
Posture
Review Application / Special Review After Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the absence of the trial record prevents the accused from exercising his constitutional right of appeal.
- 02
Whether the conviction and sentence should be set aside due to the lost record and inability to reconstruct it.
- 03
Whether the accused provided a reasonable explanation for the delay in applying for leave to appeal.
Party arguments
- Applicant
- The accused argued that he had submitted his application for leave to appeal within the prescribed period after conviction and sentence, but it was not properly processed by a correctional services official. He explained the delay was due to administrative failures and that other inmates experienced similar issues. He contended that he should have been convicted of culpable homicide, not murder, and raised several grounds regarding the sentence.
- Respondent
- The State did not present any evidence to contradict the accused's explanation for the delay or to challenge his grounds for appeal. There was no opposition to the accused's claims regarding the administrative failures or the inability to reconstruct the record.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Thobakgale and Others 1998 (1) SACR 703 (WLD)
For proper adjudication of a condonation application, the accused must show reasonable prospects of success in the application for leave to appeal and in the appeal itself.
- 02
Section 35(3)(o) of the Constitution, 108 of 1996
The absence of a trial record may prevent an accused from exercising the constitutional right of appeal.
- 03
S v Zondi 2003 (2) SACR 227 (WLD)
If the accused cannot provide grounds for appeal due to lack of record or memory, the court cannot speculate about possible grounds for interference.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the mechanical recording of the trial proceedings was lost and could not be reconstructed. The accused was not responsible for the loss of the record or the failure to reconstruct it. Without the record, neither the magistrate nor the reviewing court could properly consider the grounds for appeal or condonation. This effectively denied the accused his constitutional right to appeal. The accused provided a reasonable explanation for the delay in applying for leave to appeal, which was not disputed by the State. The later affidavit in which the accused claimed he could no longer remember his own version did not form part of the original application and did not affect the outcome. Consequently, the conviction and sentence were set aside, and the matter was referred to the Director of Public Prosecutions for consideration of a fresh prosecution.
Obiter and limits
- Poor administration at the Upington Magistrate's Office leads to situations where records are lost, causing frustration and despair among the public and those involved in criminal justice, especially in serious cases.
- The accused's later inability to recall his own version, while potentially raising questions about his bona fides, did not form part of the information before the magistrate at the time of the condonation application and thus did not affect the decision.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; matter referred for possible fresh prosecution.
- The accused's conviction for murder and the sentence of 15 years' imprisonment are set aside.
- It is ordered that the record and a copy of this judgment be submitted to the local Director of Public Prosecutions for consideration of a fresh prosecution on the relevant charge.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saak No: 10/2007
Datum gelewer: 18/04/2008
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
HILTON
WILLIAMS
UITSPRAAK
OP HERSIENING
Olivier R:
Die beskuldigde is op 27 Maart 2002 in die Streekhof te Upington skuldig bevind aan moord en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.
Op 15 November 2006 het die betrokke streeklanddros, by oorweging van Å aansoek om kondonasie en om verlof om te appelleer, gelas dat die aangeleentheid op spesiale hersiening gestuur word, en wel omdat dit geblyk het dat die meganiese opname van die destydse verrigtinge in die streekhof verlore is en dat die oorkonde op geen wyse gerekonstrueer kan word nie.
Die dokumentasie in die bogemelde aansoeke is op 6 Desember 2005 deur die Klerk van die Landdroshof te Upington ontvang. Die beskuldigde het as rede vir hierdie vertraging aangevoer dat hy wel destyds binne die voorgeskrewe periode van 14 dae ná sy skuldigbevinding en vonnis in die gevangenis Šaansoek om verlof tot appèl oorhandig het aan ene mnr S D Freeman, Šbeampte wat aldaar in diens van die Departement van Korrektiewe Dienste was. Volgens die beskuldigde het mnr Freeman by daardie geleentheid aan hom verduidelik dat hy Šgeruime tyd sou moes wag vir terugvoering.
Toe die beskuldigde volgens hom egter later besef het dat ander gevangenes wat later as hy stappe geneem het om aansoek te doen om verlof tot appèl al terugvoering ontvang het, het hy besef dat mnr Freeman nie sy aansoek om verlof tot appèl behoorlik geprosesseer en hanteer het nie en het hy dadelik stappe geneem om die onderhawige aansoek om kondonasie en verlof tot appèl ingedien te kry.
Volgens die beskuldigde het dieselfde lot destyds meerdere ander gevangenes se aansoeke om verlof tot appèl getref.
Hierdie beweringe van die beskuldigde sou op die oog af na my oordeel Å behoorlike verduideliking vir die vertraging daargestel het. Daar is nie namens die Staat enigiets aangebied ter weerlegging daarvan nie en gevolglik sal daar aanvaar moet word dat hierdie beweringe van die beskuldigde korrek is.
Vir die behoorlike beregting van die aansoek om kondonasie sou die beskuldigde egter ook moes aangetoon het dat daar redelike vooruitsigte van sukses in sy aansoek om verlof tot appèl en in Šappèl sou wees (sien S v Thobakgale and Others 1998 (1) SACR 703 (WLD)).
Die beskuldigde het as gronde van appèl teen sy skuldigbevinding aangevoer dat hy eintlik aan strafbare manslag skuldig bevind moes gewees het, oënskynlik op die basis dat hy die perke van noodweer oorskry het. Hy het ook Šverskeidenheid van gronde ten aansien van die vonnis uiteengesit.
Die probleem was egter dat die streeklanddros wat die saak verhoor het, niks meer daarvan kon onthou nie. Sonder insae in die oorkonde sou die betrokke streeklanddros dus nie kon oorweeg of die beskuldigde se gronde op die afgelegde getuienis redelike vooruitsigte op sukses sou inhou nie. As gevolg hiervan was die streeklanddros dus nie in staat om die beskuldigde se aansoek om verlof tot kondonasie te beslis nie (en sou hy ook nie in staat gewees het om die aansoek om verlof tot appèl te beslis nie).
Die afwesigheid van die oorkonde het dus, op die inligting wat voor die streeklanddros gedien het, in effek verhoed dat die beskuldigde sy grondwetlike reg van appèl uitoefen (sien artikel 35(3)(o) van die Grondwet, 108 van 1996).
Daar is geen aanduiding dat die beskuldigde self te blameer is vir die feit dat die bande weg is of vir die onvermoë van alle betrokkenes om Šrekonstruksie te bewerkstellig nie (vergelyk S v van Staden, Šongerapporteerde uitspraak op hersiening in hierdie afdeling onder saaknommer 105/2007, gelewer op 28 Maart 2008).
Op die inligting wat voor die streeklanddros gedien het, sou die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis dus tersyde gestel moes word en was die streeklanddros korrek om die saak onder sodanige bepaalde omstandighede op spesiale hersiening te stuur.
Hierdie Hof het reeds voorheen verwys na die feit dat swak administrasie by die Upington Landdroskantoor lei tot hierdie tipe situasies. Die frustrasie en wanhoop wat dit op alle waarskynlikhede veroorsaak by die publiek daarbuite en by alle persone wat betrokke is by misdaad-ondersoek en regspleging, veral by ernstige misdade soos hierdie, spreek vanself.
Wat dit in hierdie geval vererger, is die feit dat die beskuldigde in Šlatere beëdigde verklaring (rondom die vraag of die rekord gerekonstrueer kon word) aangevoer het dat hy nou ook niks meer van sy eie weergawe kan onthou nie; terwyl hy dit net meer as 2 jaar tevore nog goed genoeg kon onthou het om gronde van appèl te kon formuleer.
Hierdie tipe ommeswaai sou natuurlik Å vraagteken oor die beskuldigde se bona fides kon plaas.
Dit sou verder, indien dit deel sou gewees het van die inligting wat voor die streeklanddros gedien het op die stadium toe die beskuldigde aansoek gedoen het om kondonasie en om verlof tot appèl, in effek beteken het dat die beskuldigde op sy eie weergawe geen gronde van appèl hoegenaamd aangevoer het nie, dit wil sê stellings oor in watter opsigte die skuldigbevinding en vonnis op die getuienis aanvegbaar sou gewees het. In sulke omstandighede sou die beskuldigde natuurlik nie voldoen het aan die vereiste gestel in artikel 309B(3)(a) van die Strafproseswet, 51 van 1977, nie (sien ook S v Zondi 2003 (2) SACR 227 (W) op 240i-241b).
Die beskuldigde sou ook nie in sulke omstandighede werklik kon aantoon dat hy benadeel is deur die afwesigheid van die oorkonde of Å rekonstruksie nie. Hy sou nie daarop geregtig gewees het dat die Streeklanddros moes spekuleer oor die vraag of die oorkonde of rekonstruksie nie dalk gronde vir inmenging sou opgelewer het nie (sien S v Zondi, 2003 (2) SACR 227 (WLD) op 240i-241b).
Die feit is egter dat dié latere weergawe van die beskuldigde nie deel uitgemaak het van die beskuldigde se aansoek nie. In dié omstandighede word hierdie Hof eintlik geen ander keuse gelaat nie as om die skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel. Niks sou natuurlik die Direkteur van Openbare Vervolgings verhoed om in sodanige omstandighede opnuut vervolging teen die beskuldigde in te stel nie en vir hierdie doeleindes sal gelas word dat die stukke in hierdie aangeleentheid, asook hierdie uitspraak, aan die plaaslike Direkteur van Openbare Vervolgings voorgelê word vir die oorweging daarvan om die beskuldige opnuut te vervolg.
Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak:
Die beskuldigde se skuldigbevinding aan moord en die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel.
Dit word gelas dat hierdie stukke, sowel as Šafskrif van hierdie uitspraak, aan die plaaslike Direkteur van Openbare Volgings voorgelê word vir oorweging daarvan om die beskuldigde opnuut op die betrokke aanklag te vervolg.
________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.