S v Williams (CA&R 81/2008) [2009] ZANCHC 13 (6 February 2009)
- Citation
- [2009] ZANCHC 13
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C J Olivier, S A Majiedt
- Case number
- CA&R 81/2008
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C J Olivier, S A Majiedt
- Case number
- CA&R 81/2008
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant's explanations for his conduct were improbable and contradicted by the evidence, including the procedures for claiming travel and subsistence allowances and the applicant's own actions in forging signatures and submitting duplicate claims. The applicant failed to demonstrate that he was authorized to use private transport or claim allowances on the basis presented. The court held that the applicant acted with fraudulent intent, and his conduct resulted in actual or potential prejudice to the State. The applicant's claims of non-pathological incapacity due to stress were unsupported by expert evidence and inconsistent with his calculated actions. There were no reasonable prospects that another court would reach a different conclusion regarding the convictions. Accordingly, leave to appeal against the refusal of the petition was denied.
Court disposition
Application for leave to appeal against the refusal of the petition is dismissed.
Orders
- The applicant's application for leave to appeal against the refusal of his petition is refused.
02
Material facts
Parties
T V Williams
Applicant Counsel: In PersonThe State
Respondent Counsel: Adv M MashugaAmounts and remedies
- Sentence Imposed (original Conviction): Imprisonment (years): 5
- Suspension of Sentence (years): 2
- Advance Paid to Applicant (r): ZAR 1,000
03
Procedural history
Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Against Refusal of Petition; Consideration of Prospects of Success on Appeal Against Conviction
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant had reasonable prospects of success on appeal against the refusal of his petition regarding convictions for fraud.
- 02
Whether the applicant's explanations for his conduct, including alleged stress and non-pathological incapacity, were credible.
- 03
Whether the applicant's actions amounted to fraudulent misrepresentation and forgery with criminal intent.
- 04
Whether the applicant's conduct resulted in actual or potential prejudice to the State.
Party arguments
- Applicant
- The applicant argued that he was authorized, at least telephonically, to use private transport and claim allowances, and that his actions were not fraudulent. He claimed that stress and emotional problems rendered him non-pathologically incapable at the time of the offences. He further contended that there was no actual or potential prejudice to the State, and that any duplicate claims were due to delays and confusion in processing, not intent to defraud.
- Respondent
- The respondent maintained that the applicant knowingly submitted false claims and forged signatures to obtain travel and subsistence allowances to which he was not entitled. The State argued that the applicant's explanations were inherently improbable, contradicted by objective evidence, and that his conduct was calculated to mislead and cause financial prejudice to the State. The respondent submitted that there were no reasonable prospects of success on appeal.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) [para 26]
An application for leave to appeal against the refusal of a petition is legally permissible.
- 02
S v Mngqibisa 2008 (1) SACR 92 (SCA)
Fraud requires proof of a false representation made with intent to defraud, resulting in actual or potential prejudice.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant's explanations for his conduct were improbable and contradicted by the evidence, including the procedures for claiming travel and subsistence allowances and the applicant's own actions in forging signatures and submitting duplicate claims. The applicant failed to demonstrate that he was authorized to use private transport or claim allowances on the basis presented. The court held that the applicant acted with fraudulent intent, and his conduct resulted in actual or potential prejudice to the State. The applicant's claims of non-pathological incapacity due to stress were unsupported by expert evidence and inconsistent with his calculated actions. There were no reasonable prospects that another court would reach a different conclusion regarding the convictions. Accordingly, leave to appeal against the refusal of the petition was denied.
Obiter and limits
- The court noted that mere evidence of the possibility of non-pathological incapacity due to stress cannot satisfy the burden of proof on a balance of probabilities.
- The court observed that the applicant's explanations were mutually incompatible and did not withstand scrutiny against the objective facts.
- The court remarked that the procedures for claiming allowances are designed to prevent abuse and require strict compliance, which the applicant deliberately circumvented.
Court disposition
Application for leave to appeal against the refusal of the petition is dismissed.
- The applicant's application for leave to appeal against the refusal of his petition is refused.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saak No: CA&R 81/2008
Saak Aangehoor: 02/02/2009
Datum gelewer: 06/02/2009
In die saak tussen:
T V Williams Applikant
en
Die Staat Respondent
Coram: Majiedt R et Olivier R
UITSPRAAK OP APPéL
Olivier R:
Die applikant het in die Streekhof tereggestaan op vier aanklagte van bedrog. Alvier die aanklagte het voortgespruit uit eise om voorskotte en om reis- en verblyftoelaes van die applikant op ân stadium toe hy as staatsaanklaer werksaam was te Kuruman. Die applikant is, ten spyte van sy pleite van onskuldig, op alvier die aanklagte skuldig bevind en is, nadat die aanklagte saamgeneem is vir die doeleindes van vonnis, gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf, waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort is vir ân periode van 5 jaar.
Die streeklanddros het die applikant se aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevindings afgewys, maar aan hom verlof verleen om teen die vonnis te appelleer. Die applikant se daaropvolgende petisie aan die Regter-President van hierdie Afdeling om verlof tot appèl teen sy skuldigbevindings is deur my en my ampsuster Williams R (wat nie tans beskikbaar is om met hierdie aangeleentheid te handel nie) afgewys. Die applikant doen nou aansoek om verlof tot appèl teen die afwysing van sy petisie. In wat volg, sal daar dus, voordat oorweging verleen word aan die vonnis teen die appèl, bepaal word of die applikant redelike vooruitsigte van sukses sou hê met ân appèl teen die afwysing van sy petisie, en dus in effek teen enige van die vier skuldigbevindings. ân Aansoek om verlof om te appelleer teen die afwysing van die appellant se petisie, is regtens geoorloof (sien S v Khoasasa 2003 (1) SASV 123 (HHA) te [para 26]).
AANKLAG 1
Hierdie aanklag het voortgespruit uit ân eis om ân voorskot op reis- en verblyftoelae vir ân kursus wat die applikant vanaf 5 tot 9 Mei 2003 te Upington moes gaan bywoon. Dit is gemenesaak dat die applikant in die betrokke eis te kenne gegee het dat hy van privaatvervoer gebruik sou maak en dat daar inderdaad ân voorskot in die bedrag van R1 000,00 aan die applikant uitbetaal is op daardie basis.
Die volgende verdere feite was òf gemenesaak òf nie ooit ernstig in geskil nie:
Die prosedure wat van toepassing was op eise om voorskotte en om reis- en verblyftoelae deur aanklaers soos die applikant, was dat sodanige eise aan die hoofaanklaer te Upington (op daardie stadium mnr Swarts) gerig moes word. Laasgemelde sou dit dan oorweeg en, indien dit goedgekeur sou word, aanstuur vir oorweging en uitbetaling deur die Nasionale Vervolgingsgesag (âNVGâ). In sommige gevalle, waar ân kursus deur die Justisie Kollege aangebied sou word en daardie instansie self vir die onkoste
daaraan verbonde aanspreeklik sou wees, sou die NVG dan op sy beurt weer die uitbetalings van die Justisie Kollege verhaal (In die lig daarvan dat alvier die aanklagte slaan op wan-voorstellings wat die applikant aan die NVG gemaak het, is dit nie vir doeleindes hiervan tersaaklik of die NVG in die onderhawige gevalle self vir die onkostes van die kursus aanspreeklik sou wees en of dit inderdaad vir die rekening van die Justisie Kollege sou wees nie).
Die applikant het op Vrydag 2 Mei 2003 telefonies reëlings getref dat die staatsvoertuig van die Landdroskantoor, Kuruman, vir hom beskikbaar gehou sou word om vanaf Kuruman na Upington en terug mee te reis. Die applikant het dan ook die betrokke voertuig op Sondag 4 Mei 2003 in besit geneem en dit gebruik om vanaf Kuruman na Upington en terug te reis vir doeleindes van die kursus.
Die kursus is aanvanklik onder die aandag van die applikant en ander aanklaers in die betrokke streek gebring deur mnr Swarts in ân skrywe gedateer 11 April 2003, en in daardie skrywe het mnr Swarts die aanklaers ingelig:
dat vorms vir die eis van reis- en verblyftoelae by die kursus beskikbaar gestel sou word; en
dat alle aanklaers âmust ensure that official transport is available and must assist in transporting colleagues who either do not have access to official transport or unable (sic) to utilize such transportâ.
Op 22 April 2003 het die applikant ân skrywe gerig aan mnr Swarts waarin hy te kenne gegee het dat die lisensie van die
staatsvoertuig van die Landdroskantoor te Kuruman verval het en dat herstelwerk ook aan die betrokke voertuig gedoen moes word, en het die applikant toe te kenne gegee dat hy daarom verlof verlang het om van privaatvervoer gebruik te maak en ân voorskot wou eis, op daardie basis, op sy reis- en verblyftoelae. ân Aansoek om sodanige voorskot het dan ook die betrokke skrywe vergesel.
Op 23 April 2003 het die applikant egter ân soortgelyke aansoek om ân voorskot direk aan die NVG gerig. In daardie aansoek het die applikant, deur die handtekening van me L Koekemoer en mnr Swarts te vervals en deur in handskrif en met behulp van ân stempel die datum van 22 April 2003 daarop aan te bring, voorgegee dat hulle die betrokke aansoek om ân voorskot onderskeidelik nagegaan en goedgekeur het om 22 April 2003.
Wat in geskil was wat hierdie aanklag betref, was basies die volgende:
Die Staat moes bo redelike twyfel bewys dat die applikant se voorstelling dat sy aansoek om ân voorskot goedgekeur is, tot sy kennis vals was.
Die applikant het ook ontken:
dat hy die opset gehad het om te bedrieg; en
dat daar enige nadeel of potensiële nadeel gely is.
Die applikant se weergawe was dat hy, nadat hy in kennis gestel is van die kursus, telefonies in verbinding was met mnr Swarts om, in die lig van die probleme met die staatsvoertuig te Kuruman, verlof te bekom om van privaatvervoer gebruik te maak. Volgens die applikant het mnr Swarts by daardie geleentheid telefonies toegestem tot die gebruik van privaatvervoer en was dit na aanleiding van daardie gesprek, en inderdaad op versoek van mnr Swarts, wat hy die skrywe van 22 April 2003 aan mnr Swarts gerig het.
Die Staat se weergawe, by monde van mnr Swarts, was dat die eerste kontak in hierdie verband tussen hom en die applikant eers op 22 April 2003 was, toe mnr Swarts die gemelde skrywe vanaf die applikant ontvang het. Mnr Swarts het dus ontken dat die applikant
op enige stadium telefonies met hom in kontak was om verlof te bekom om van privaatvoervoer gebruik te maak.
Volgens mnr Swarts het hy geen huiwering gehad om die aansoek in die skrywe van 22 April 2003 te weier nie, en het hy op die een of ander stadium daarna, maar voordat die betrokke skrywe geliasseer is op 2 Mei 2003, die applikant telefonies gekontak om hom in te lig dat daar nie aan hom verlof verleen sou word om van privaatvoervoer gebruik te maak nie. Mnr Swarts se weergawe was verder dat hy ook toe telefonies in kontak was met die aanklaers in die nabygeleë Kathu en Postmasburg, wat ook die kursus sou bywoon, om hulle te versoek om reëlings te tref dat hulle almal met ân staatsvoertuig na die kursus reis.
Ek is van oordeel dat daar geen redelike vooruitsig bestaan dat ân Hof van appél mag bevind dat die applikant se weergawe in hierdie verband redelik moontlik waar was nie.
Dit is, in die eerste plek, na my mening totaal onwaarskynlik dat mnr Swarts, teen die agtergrond van sy skrywe van 11 April 2003 en die uitdruklike versoek daarin dat alle aanklaers sou saamwerk om saam met mekaar in staatsvoertuie na die kursus te beweeg, dan daarna sondermeer sou toestem tot ân versoek dat die applikant van privaatvervoer gebruik maak. Selfs al sou aanvaar word dat die staatsvoertuig te Kuruman totaal onbruikbaar was (wat duidelik nie die geval was nie), is dit duidelik dat minstens die aanklaer te Kathu, mnr Van Deventer, toegang gehad het tot ân staatsvoertuig en in staat sou gewees het om die applikant behulpsaam te wees met ân geleentheid na Upington. Selfs al sou aanvaar word dat Kathu op die reisroete vanaf Kuruman na Upington geleë was, maar Kuruman nie op die reisroete vanaf Kathu na Upington nie, sou dit vir die applikant moontlik gewees het om minstens vanaf Kuruman na Kathu te reis (op watter wyse ookal) en om dan vandaar saam met mnr Van Deventer met ân staatsvoertuig na Upington en terug te beweeg.
Die applikant se skrywe van 22 April 2003 aan mnr Swarts het ook geen melding hoegenaamd gemaak van ân voorafgaande gesprek tussen hom en mnr Swarts ten aansien van die gebruik van privaatvervoer of ân voorskot nie. Inteendeel, die skrywe het met daardie kwessie gehandel asof dit nog nie voorheen tussen die applikant en mnr Swarts bespreek was nie.
Onderaan die betrokke skrywe het mnr Swarts in sy handskrif ân nota aangebring tot die effek dat die aansoek om ân voorskot nie gemagtig is nie. Alhoewel mnr Swarts nie in staat was om te sê op presies welke datum daardie nota aangebring is nie, moes dit op sy getuienis aangebring gewees het minstens voor 2 Mei 2003, toe die betrokke skrywe volgens hom finaal geliasseer is. Die applikant se suggestie dat mnr Swarts die betrokke nota op ân heelwat later stadium aangebring het, klaarblyklik ten einde homself te staaf in sy weergawe dat hy die applikant telefonies ingelig het daarvan dat sy aansoek afgekeur was, is totaal vergesog en ongesubstansieer.
Die feit dat die applikant, die dag nadat hy ân aansoek om privaatvoervoer te gebruik en om ân voorskot aan mnr Swarts gerig
het, dit goedgedink het om ân soortgelyke aansoek direk aan die NVG te stuur (strydig met die prosedure â vereiste dat alle sodanige eise eers na die hoofaanklaer gaan), en om daarin valslik en bedrieglik voor te gee dat mnr Swarts reeds so ân aansoek goedgekeur het, milliteer teen enige geloof aan die kant van die applikant dat mnr Swarts sy aansoek goedgekeur het, of inderdaad sou goedkeur. Inteendeel, dit kan na my oordeel op een van slegs twee moontlikhede
dui, naamlik òf dat die applikant baie goed geweet het dat mnr Swarts reeds verlof om van privaatvervoer gebruik te maak
geweier het òf, minstens, dat die applikant goed geweet het dat mnr Swarts, in die lig van die inhoud van sy skrywe van 11 April 2003, nie sodanige verlof sou verleen nie.
Die applikant het verskillende verduidelikings aangevoer vir die feit dat hy ân vervalste eis direk na die NVG gestuur het:
Hy het aangevoer dat, by telefoniese navraag aan die NVG, dit geblyk het dat laasgemelde nog nie sy eis vanaf mnr Swarts ontvang het nie, en dat dit die rede was waarom hy ook ân eis direk aan die NVG gestuur het. Hierdie verduideliking is na my oordeel totaal strydig met alle waarskynlikhede, en duidelik vals.
Die vervalste eis is aan die NVG gestuur letterlik die dag nadat die eis aan mnr Swarts gestuur is. Dit is totaal onwaarskynlik dat die applikant reeds op daardie stadium sou navraag gedoen het oor of sy eis reeds by die NVG ontvang is, of rede sou gehad het om te vermoed dat dit dalk die geval kon gewees het.
Selfs al sou egter ook aanvaar word dat die applikant wel met die oog op so ân navraag in kontak was met die NVG en sodanige terugvoering ontvang het, sou ân mens verwag het dat hy onmiddellik weer sou gekontak het mnr Swarts, om by hom te verneem waarom sy aansoek nog nie aangestuur is na die NVG nie.
Die ander verduideliking wat die applikant vir hierdie optrede aangevoer het, was dat hy, weens huweliks- en finansiële
probleme, op daardie stadium onder geweldige spanning verkeer het en ontoerekeningsvatbaar was toe hy so opgetree het. Hierdie
verduideliking is tereg deur die streeklanddros verwerp.
Die kliniese sielkundige wat die applikant as getuie geroep het, het self hierdie verduideliking weerspreek en getuig dat die aard van die applikant se optrede, en meer spesifiek die herhaling daarvan, gedui het teen ân toestand soos deur die applikant voorgehou.
Verder het die applikant in elk geval self getuig dat die terapie wat hy by die sielkundige ontvang het tot so ân mate suksesvol was dat hy op ân stadium besluit het om nie meer daarmee voort te gaan nie. Dit wil voorkom asof dit juis op die stadium toe hierdie misdrywe gepleeg is, was dat die applikant gevoel het dat hy nie meer terapie nodig gehad het nie.
Die applikant was in elk geval uiteindelik in getuienis genoodsaak om te erken dat hy, toe hy hierdie handelinge gepleeg het, geweet het dat dit verkeerd was, en het bloot aangevoer dat hy nie kon verduidelik waarom hy so opgetree het nie.
Die voormelde verduidelikings van die applikant was in elk geval inherent onversoenbaar met mekaar, want hy kon nie in dieselfde
asem aan die een kant ontoerekeningsvatbaar opgetree het en aan die ander kant heel berekend gereageer het op terugvoering wat hy vanaf die NVG ontvang het nie.
In sy argument voor ons het die applikant, wat in persoon verskyn het, toegegee dat die bewyslas op hom gerus het om te bewys, op ân oorwig van waarskynlikhede, dat hy nie-patologies ontoerekeningsvatbaar was toe hy die handtekeninge vervals het nie. Sy submissie was egter dat me Towell getuig het dat daar ân moontlikheid bestaan dat uitermatige stres tot sodanige ontoerekeningsvatbaarheid sou kon lei, dat dit vasstaan dat hy wel onder sulke stres gebuk gegaan het en dat hy hom dus van dié bewyslas gekwyt het. Die kort antwoord hierop is natuurlik dat getuienis van ân moontlikheid van so ân toestand per definisie nooit kan beteken dat dit op ân oorwig van waarskynlikhede dan wel bestaan het nie. Me Towell se getuienis rakende die herhalende aard van die applikant se optrede sou eerder daarop neerkom dat, alhoewel dit moontlik is dat stres so ân toestand kan veroorsaak, dit in die geval van die applikant onwaarskynlik was.
Dan is daar ook nog die feit dat die applikant op 2 Mei 2003 reëlings getref het dat die staatvoertuig te Kuruman vir hom beskikbaar gehou word om vanaf Kuruman na Upington en terug mee te reis.
Die applikant se verduideliking hiervoor is dat hy, terwyl hy op daardie stadium met verlof in Kimberley was, probleme met sy
privaatvoertuig ervaar het en besluit het om, in-geval die betrokke voertuig nie betyds gereed sou wees nie, reëlings te tref vir die beskikbaarheid van die staatsvoertuig.
In die lig van die feit dat daar probleme was met die staatsvoertuig te Kuruman, volgens die applikant tot so ân mate dat hy juis daarom aansoek gedoen het om van privaatvervoer gebruik te maak, val dit egter vreemd op dat die applikant nie, toe hy volgens hom probleme met sy voertuig in Kimberley ervaar het, eerder met die aanklaer te Kathu in verbinding sou getree het om te poog om saam met dié ân geleentheid vanaf Kathu na Upington te kry nie.
Daar kan geen twyfel bestaan nie dat die applikant die opset gehad het om te bedrieg. Hy het geweet dat die voorstelling wat hy gemaak het deur die indiening van die vervalste eis die NVG sou beweeg om die eis uit te betaal. Selfs al sou mnr Swarts ook toegestem het tot die gebruik van privaatvervoer (en tot ân voorskot op daardie basis), of al sou die applikant ook by die indiening van die vervalste eis bona fide geglo het dat mnr Swarts wel so sou toestem, sou die indiening van die vervalste eis na my mening minstens tot potensiële nadeel gelei het (sien S v Mngqibisa 2008 (1) SACR 92 (SCA)). Die doel van die vereiste dat skriftelike goedkeuring bestaan wanneer die eis die NVG bereik, naamlik om skriftelik verseker te wees dat goedkeuring wel verleen is, is duidelik verydel.
Volgens my oordeel bestaan daar geen redelike vooruitsig dat ân Hof van appél gronde sou hê om met die streeklanddros se geloofwaardigheids- en feitebevindinge ten aansien van hierdie aanklag in te meng nie.
AANKLAG 2
Hierdie aanklag spruit voort uit dieselfde kursus en hou ten nouste verband met die beweringe wat die grondslag van aanklag 1 vorm. Hier was die beweringe wat die applikant ten laste gelê is:
dat hy reis- en verblyftoelae ten aansien van daardie kursus geeis en ontvang het op die basis dat hy van privaatvervoer gebruik gemaak het daarheen deur te reis vanaf Kimberley na Upington en weer terug na Kimberley;
dat die applikant inderdaad van staatsvervoer gebruik gemaak het vanaf Kuruman na Upington en terug na Kuruman; en
dat die applikant, toe hy die reis- en verblyftoelae op daardie basis geëis het, geweet het dat hy nie geregtig was om so te doen nie.
Feite wat ten aansien van hierdie aanklag gemenesaak of grootliks onbetwis was, was die volgende:
Die applikant was op daardie stadium as aanklaer gestasioneer te Kuruman, maar hy was met verlof in Kimberley.
Hy het inderdaad met die gemelde staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington en terug gereis om die kursus te gaan bywoon.
By die kursus het die applikant ân eisvorm voltooi, vir die eis van reis- en verblyftoelae, asof hy vanaf Kimberley na Upington en terug gereis het met privaatvervoer. Hy het die vorm, waarin uitdruklik verklaar is dat hy gemagtig was om op daardie basis reis- en verblyftoelae te eis, onderteken.
Wat deur die applikant in geskil geplaas is, was of hy enigsins ân wanvoorstelling begaan het, of hy die opset gehad het om te bedrieg en of sy handelinge tot enige nadeel gelei het.
Wat die kwessie van die wanvoorstelling betref, was die applikant se weergawe dat, omdat die gebruik van privaatvervoer volgens hom deur mnr Swarts gemagtig was, hy geen wanvoorstelling gepleeg het nie. Ek het reeds hierbo gehandel met die vooruitsigte dat die applikant ân ander Hof mag oortuig dat mnr Swarts inderdaad sodanige magtiging verleen het. Hoe dit ookal sy, die vraag of mnr Swarts die gebruik van privaatvervoer gemagtig het, was eintlik ontersaaklik vir doeleindes van hierdie aanklag, aangesien die bewering teen die applikant nie was dat die gebruik van privaatvervoer nie gemagtig was nie, maar inderdaad dat hy nie privaatvervoer gebruik het soos voorgegee in die eisvorm nie.
Die applikant se verduideliking vir die feit dat hy tog die staatsvoertuig gebruik het, was dat sy privaatvoertuig onderweg na
Upington onklaar geraak het, dat dit vanaf Olifantshoek teruggesleep is na Kimberley en dat hy toe met ân ander privaatvoertuig van hom vanaf Kimberley na Kuruman gereis het, waar hy die staatsvoertuig geneem het en daarmee na Upington en terug na Kuruman gereis het vir die kursus.
Verskeie vrae ontstaan in hierdie verband. Waarom het die applikant, as hy reeds die Donderdag voor die tyd probleme met die betrokke voertuig ervaar het, tot so ân mate dat hy dringend ân reëling getref het dat die staatsvoertuig te Kuruman beskikbaar gehou word, nie liewer direk
vanaf Kimberley na Kuruman gereis met sy verdagte voertuig om dan vandaar met die staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington te reis nie? Waarom het die applikant nie, toe hy met sy onklaar voertuig terug in Kimberley aangekom het en sy ander privaatvoertuig
beskikbaar was, eerder met laasgemelde voertuig direk na Upington gereis as om daarmee na Kuruman te reis, en vandaar die staatsvoertuig te gebruik nie? Sy verduideliking was dat die ander privaatvoertuig al ân ou voertuig was, maar dit is moeilik verstaanbaar waarom hy kans gesien het om daarmee na Kuruman te reis, maar nie na Upington nie.
Hoe dit ookal sy, dit is onnodig om hieroor tot ân finale bevinding te kom. Selfs al sou die applikant se weergawe in hierdie verband waar gewees het, sou die feit nog bly staan dat hy die toelae geeis het asof hy die heelpad vanaf Kimberley na Upington en terug na Kimberley met sy privaatvoertuig gereis het, wat nie die geval was nie.
Die applikant het verder aangevoer dat mnr Krige, die beampte van Justisie Kollege wat in beheer was by die betrokke kursus, hom gemagtig het om die toelae op hierdie basis te eis. Hierdie verduideliking van die applikant kan duidelik nooit opgaan nie.
In die eerste plek is dit baie duidelik dat mnr Krige nie bevoeg sou gewees het om self enige eis om reis- en verblyftoelae van die applikant, of enige ander aanklaer, goed te keur nie.
Tweedens is hierdie weergawe van die applikant, dit wil sê dat mnr Krige hom asât ware ex post facto gemagtig het om reis- en verblyftoelae te eis op die basis dat hy van privaatvervoer gebruik gemaak het vanaf Kimberley na Upington en weer daarvan gebruik sou maak vanaf Upington terug na Kimberley (dit terwyl die applikant op sy eie weergawe nie privaatvervoer vanaf Kimberley tot by Upington gebruik het nie en ook nie vanaf Upington terug na Kimberley van privaatvervoer gebruik sou maak nie), nooit aan mnr Krige gestel nie.
Die applikant het vir die eerste keer in getuienis, en wel onder kruisverhoor, met die bewering vorendag gekom dat mnr Krige magtiging sou verleen het daarvoor dat die applikant, alhoewel hy te Kuruman gestasioneer was, die toelae sou kon eis vanwaar hy op daardie stadium gebly het (wat volgens die applikant in Kimberley was). Ook hierdie weergawe is natuurlik nooit aan mnr Krige gestel nie. Verder is dit duidelik dat die applikant nie op daardie stadium in Kimberley gebly het of woonagtig was nie, maar slegs hier was met verlof. Dit is op die getuienis baie duidelik dat dit nooit toelaatbaar sou wees om reistoelae te eis vanaf ân plek waar ân beampte met verlof is nie.
Nodeloos om te sê, was daar natuurlik ook geen suggestie dat mnr Krige daarvan bewus gemaak is dat die applikant inderdaad vanaf Kuruman na Upington met ân staatsvoertuig gereis het en weer daarmee sou terugreis na Kuruman nie, of dat die applikant op enige wyse vir mnr Krige ingelig het van sy weergawe met betrekking tot sy voertuig wat onklaar geraak het nie, en sou die applikant dus goed geweet het dat daar in elk geval geen manier gewees het waarop mnr Krige op ân ingeligte basis toestemming sou kon verleen het soos beweer deur die applikant nie.
Die applikant het natuurlik ook nie vir mnr Krige ingelig daarvan dat hy reeds ân voorskot geeis het op die basis dat hy slegs van Kuruman na Upington en terug gebruik sou maak van privaatvervoer nie (dit is ongelukkig nie opgeklaar of die applikant, toe hy die voorskot op daardie basis geëis het, geweet het dat hy met verlof in Kimberley sou wees nie. Indien wel, sou dit beteken dat hy baie goed geweet het dat hy op eie koste vanaf Kimberley terug in Kuruman moes kom, en eers vandaar vergoeding sou kon eis vir die gebruik van privaatvervoer na Upington en terug).
Daar kan geen twyfel bestaan nie dat die applikant die opset gehad het om te bedrieg. Hy het opsetlik die indruk geskep dat hy oor ân heelwat verder afstand van privaatvervoer gebruik gemaak het as wat werklik die geval was. Dit het hy gedoen terwyl hy geweet het dat mnr Krige, en almal wat daarna met sy eis sou werk en betrokke sou wees met die prosessering daarvan, die voorstelling kon of sou glo en daarop sou handel,
Wat nadeel betref, is die betrokke eis om reis- en verblyftoelae uitbetaal en het die applikant uiteindelik vergoeding ontvang vir kilometers wat hy nie met sy privaatvoertuig gery het nie (ook as die feit dat hy ân voorskot ontvang het in berekening gebring word). Die applikant se argument dat hy in elk geval geregtig was op die betrokke vergoeding, om te vergoed vir sy onklaar voertuig, is onsinnig en behoef geen verdere bespreking nie. Dieselfde geld vir sy argument dat die bykomende onkoste verbonde aan die feit dat die Staat ook nog verdere onkoste gehad het vir sy reis met die staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington en terug, ân siviele aangeleentheid tussen hom en die owerhede is.
Ook wat aanklag 2 betref, voorsien ek dus geen redelike vooruitsig dat ân Hof van appèl tot ân ander slotsom mag kom nie.
AANKLAGTE 3 EN 4
Die beweringe in aanklagte 3 was:
dat die applikant, deur weereens die handtekeninge van me Koekemoer en mnr Swarts te vervals, ook by daardie geleentheid voorgegee het dat hulle skriftelik sy aansoek om reis- en verblyftoelae op die basis van privaatvervoer gemagtig het;
dat hy toe inderdaad reis- en verblyftoelae op daardie basis ontvang het; en
dat hy dus nie die voorgeskrewe prosedure gevolg het nie.
Wat aanklag 4 betref was die beweringe teen die applikant dat hy ten aansien van dieselfde reis- en verblyf as waarop aanklag 3 geslaan het, weer reis- en verblyftoelae geëis het sonder om te openbaar dat hy dit reeds geëis het.
Omdat hierdie twee aanklagte dus ook tot ân groot mate ineen-geweef is en saamgaan, word hulle saam oorweeg.
Wat aanklag 3 betref, was die applikant se weergawe die volgende:
Hy het erken dat hy die handtekeninge in die betrokke vorm vervals het en dat hy die reis- en verblyftoelae uiteindelik ontvang het.
Hy het egter aangevoer dat hy telefonies gemagtig was om by daardie geleentheid van privaatvervoer gebruik te maak, dat hy dus geen opset gehad het om te bedrieg nie en dat sy optrede in elk geval tot geen nadeel kon gelei het nie.
Hy het weereens sy emosionele toestand, en beweerde ontoerekeningsvatbaarheid, opgewerp as verduideliking vir die feit dat hy die handtekeninge vervals het.
Wat aanklag 4 betref was die applikant se weergawe soos volg:
Hy het aangevoer dat hy, op ân stadium voordat die eis (wat die onderwerp van aanklag 3 is) uitbetaal is, van die NVG verneem het dat hulle nog nie ân eis ten aansien van die betrokke reis en verblyf ontvang het nie. Volgens die applikant het hy altyd lank gewag vir die prosessering van sodanige eise en het dit bygedra tot die finansiële druk wat hy ervaar het. Dit was volgens hom die rede waarom hy toe nog ân eis aan die NVG gestuur het ten aansien van dieselfde reis en verblyf.
Die applikant se weergawe was verder dat die eis geslaan het op dieselfde reis en verblyf as dié wat die onderwerp van
aanklag 3 was en dat, omdat die gebruik van privaatvervoer by daardie geleentheid in elk geval telefonies gemagtig was, hy ook ten aansien van aanklag 4 geen wanvoorstelling gepleeg het nie, geen opset gehad het om te bedrieg nie en geen nadeel veroorsaak
het nie.
Dit was gemenesaak dat die applikant by daardie geleentheid wel vanaf mnr Swarts mondelinge magtiging verkry het om van privaatvervoer gebruik te maak.
Wat aanklag 3 betref, kan daar na my oordeel geen twyfel bestaan nie dat die applikant die opset gehad het om te bedrieg. Hy het duidelik die handtekeninge vervals om die betrokke beamptes te laat glo dat me Koekemoer en mnr Swarts inderdaad daardie handtekeninge aangebring het. Hy het daardie eis direk aan die NVG gestuur, in plaas daarvan om mnr Swarts se handtekening te verkry. Die applikant het deur hierdie optrede die NVG beweeg om sy eis uit te betaal. Selfs al sou hy telefoniese magtiging gehad het om van privaatvervoer gebruik te maak, sou hierdie optrede van mnr Swarts na my oordeel ongetwyfeld gelei het tot potensiële nadeel, want dit sou weereens die beamptes ontneem het van die kontrolemaatreël van skriftelike goedkeuring deur die hoofaanklaer.
Ook wat aanklag 4 betref is die applikant se weergawe totaal onwaarskynlik.
Die twee eise, dit wil sê die vervalste eisvorm van aanklag 3 en die onderhawige eisvorm, se inhoud verskil in wesenlike opsigte van mekaar. Die applikant se verduideliking hiervoor, naamlik dat hy nie die betrokke besonderhede ingevul het nie, val redelik vreemd op, veral wanneer dit kom by die afstande. Hoe dit ookal sy, op die applikant se eie weergawe het hy afskrifte gehou van alle eise wat hy ingedien het, en die vraag ontstaan waarom hy nie doodeenvoudig ân afskrif gemaak het van die vorige eisvorm en dit ingedien het nie.
Die applikant het ook nêrens op die eisvorm wat die onderwerp van aanklag 4 uitmaak, aangedui dat dit veronderstel was om ân duplikaat te wees nie.
Die applikant se weergawe, naamlik dat hy navraag gedoen het by die NVG, verneem het dat die betrokke eis nog nie daar was nie en toe met mnr Swarts in hierdie verband gekontak het en deur laasgemelde versoek is om die eis weer in te dien, is natuurlik nooit aan mnr Swarts gestel nie. Afgesien hiervan, is die betrokke verduideliking onversoenbaar met verskeie objektiewe feite. Waarom sou die applikant vir mnr Swarts gekontak het oor ân eis wat nog nie die NVG bereik het nie, as hy goed geweet het dat hy daardie eis onreëlmatiglik direk aan die NVG gestuur het en daarop onder andere mnr Swarts se handtekening vervals het? Mnr Swarts sou mos onmiddellik agtergekom het dat daardie eis nog nie voorheen aan hom voorgelê was vir oorweging nie. Hoekom sou mnr Swarts die applikant versoek het om die betrokke eis weer in te dien, en nie eerder dadelik sy eie rekords nagegaan het en kontak gemaak het met die NVG om vas te stel wat van die oorspronklike eis geword het nie?
In elk geval milliteer die inhoud van mnr Swarts se brief van 8 Julie 2003 aan ene mev Victor teen hierdie weergawe van die applikant, want in daardie skrywe het mnr Swarts dit baie duidelik gestel dat hy die tweede eis onderteken het sonder om te weet dat daar ân vorige eis ingedien was ten aansien van dieselfde reis en verblyf.
Na my oordeel kan geen ander afleiding gemaak word nie as dat die applikant sy vorige eis verswyg het met die doel om ân verdere betaling ten aansien van dieselfde reis en verblyf te bekom.
Dit het die potensiaal geskep dat die applikant twee keer vir dieselfde onkostes vergoed kon word en gevolglik het sy optrede minstens tot potensiële nadeel gelei (al is die tweede eis uiteindelik nie uitbetaal nie).
Ook ten aansien van aanklagte 3 en 4 is ek dus van oordeel dat daar geen vooruitsig op sukses met ân appèl teen die betrokke
skuldigbevindings bestaan nie.
VONNIS
In die lig van die slotsom waartoe hierbo gekom is ten aansien van die applikant se petisie om verlof tot appèl teen sy
skuldigbevindings, het ons die appèl teen die vonnis sine die uitgestel om aan die applikant die geleentheid te bied om, sou hy so verkies, by wyse van petisie (tot die President van die Hoogste Hof van Appèl) verlof te probeer bekom om teen hierdie bevindinge te appelleer (sien in dié verband S v Khoasasa, supra, te [par 26]).
Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak:
Die applikant se aansoek om verlof om teen die afwysing van sy petisie te appelleer word geweier.
________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
S A MAJIEDT
Nms Applikant: In Persoon
Nms Respondent: Adv M Mashuga
Namens: Direkteur van Openbare Vervolging, KIMBERLEY
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.