S v Williams (79/94) [1995] ZASCA 25 (27 March 1995)
- Citation
- [1995] ZASCA 25
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Smalberger, Vivier, Olivier
- Case number
- 79/94
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Smalberger, Vivier, Olivier
- Case number
- 79/94
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the trial court had properly considered all relevant sentencing options, including corrective supervision, and had not committed any misdirection or irregularity. The seriousness of the offence, involving an attempt to defeat or obstruct the course of justice by a state prosecutor, justified a custodial sentence. The appellant's personal circumstances, while significant, did not outweigh the interests of justice and the need for deterrence. The sentence imposed was not disturbingly inappropriate, and there were no grounds for appellate interference. Accordingly, the appeal against sentence was dismissed.
Court disposition
Appeal against sentence dismissed.
Orders
- The appeal against sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Winston John Williams
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Imprisonment (years): 4
- Suspended Portion (years): 2
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the sentence imposed by the trial court was disturbingly inappropriate or justified interference on appeal.
- 02
Whether corrective supervision was properly considered as a sentencing option.
- 03
Whether the appellant's personal circumstances warranted a lighter sentence.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the sentence of four years' imprisonment, half suspended, was unduly harsh given his personal circumstances, including being a first offender, loss of career, and adverse consequences following conviction. He contended that the trial court failed to properly consider corrective supervision as an alternative to direct imprisonment.
- Respondent
- The respondent maintained that the offence was serious, involving abuse of a position of trust by a state prosecutor, and that the trial court had properly weighed all sentencing options, including corrective supervision. The respondent argued that there was no misdirection or irregularity justifying appellate interference, and that the sentence was not disturbingly inappropriate.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mene and Another 1988 (3) SA 641 (A) at 666A
Appellate courts may only interfere with sentences where there is a material misdirection, irregularity, or the sentence is disturbingly inappropriate.
- 02
Section 276(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977
Corrective supervision must be considered as a sentencing option, but the trial court retains discretion to reject it if inappropriate in the circumstances.
- 03
S v R 1993 (1) SA 476 (A) at 485H - 486B
Abuse of a position of trust by a prosecutor in the administration of justice aggravates the seriousness of the offence.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the trial court had properly considered all relevant sentencing options, including corrective supervision, and had not committed any misdirection or irregularity. The seriousness of the offence, involving an attempt to defeat or obstruct the course of justice by a state prosecutor, justified a custodial sentence. The appellant's personal circumstances, while significant, did not outweigh the interests of justice and the need for deterrence. The sentence imposed was not disturbingly inappropriate, and there were no grounds for appellate interference. Accordingly, the appeal against sentence was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that offences involving obstruction of justice by officials in positions of trust undermine public confidence in the legal system and require strong deterrence.
- The appellant's lack of genuine remorse was evident from his attempt to distort the facts during mitigation, which weighed against leniency.
Court disposition
Appeal against sentence dismissed.
- The appeal against sentence is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
79/94 N vH
WINSTON TOHN WILLIAMS AppellantenDIE STAAT Respondent
SMALBERGER, AR :
79/94NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
WINSTON JOHN WILLIAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, VIVIER, ARR et
OLIVIER, Wn AR VERHOORDATUM: 20 Maart l995 LEWERINGSDATUM: 27 Maart l995
UITSPRAAK
Die appellant het in die streekhof te Johannesburg skuldig gepleit op 'n aanklag van dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Gepaardgaande daarmee het hy in terme
2
van artikel 112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 die volgende
verklaring gemaak:
"Ek, die ondergetekende, Winston Williams, verklaar hiermee uit my eie vrye wil en sonder onbehoorlike beïnvloeding die volgende:
1. Dat ek gedurende die tydperk 27 Julie 1992 tot 2 Augustus 1992 en te Johannesburg in die síreekafdeling van Suid-Transvaal verkeerdelik en wederregtelik en met die opset om die verloop van die gereg te belemmer met ene D N Jamen, alias Bettie Webb, 'n ooreenkoms aangegaan het om vleeslike gemeenskap met haar te hê; 2. In ruil vir die voorgemelde vleeslike gemeenskap het ek die saakdossier waarin die voorgemelde D N Jamen 'n beskuldigde was in my besit gehou en dit nie aan die poïisie terug besorg nie.
3. Ek erken dat ek 'saak is teruggetrek' op die voorkant van die dossier aangeteken het;
4. Ek erken dat daar tussen myself en die genoemde D NJamen ooreengekom is om op 2 Augustus 1992vleeslike gemeenskap te hê in ruil vir die saakdossier;
3
5. Ek erken verder dat ek op die bovermelde datum na Jamen se woonstel is, die saakdossier aan haar oorhandig het, maar dat ek nie vleeslike gemeenskap met haar gehad het nie. Na die oorhandiging van die dossier is dit deur D N Jamen geskeur; 6. Ek erken dat my langdurige besit van die dossier en my oorhandiging daarvan aan D N Jamen verkeerd en wederregtelik was, dat ek dit gedoen het met die opset om die verloop van die gereg te belemmer en dat my handeling inderdaad die verloop van die gereg belemmer het.
7. Ek erken ek is skuldig soos aangekla."
Hy is skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is.
Die appellant het appèl aangeteken na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling teen beide sy skuldigbevinding en vonnis. Op appèl was dit gemene saak dat die terugtrekking van die saak gemagtig is deur 'n senior staatsaanklaer, en dat indien die dossier nie vernietig was nie dit in die praktyk na die polisie sou
4
teruggegaan het en kon daar bes moontlik later weer met die vervolging voortgegaan word. Die hof a quo het bevind dat, ondanks die appellant se pleit van skuldig, sy handeling slegs op 'n poging neergekom het. Sy skuldigbevinding is dienooreenkomstig verander na een van poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Daar is opnuut oor vonnis besin, en 'n vonnis van vier jaar gevangenísstraf, die helfte waarvan voorwaardelik opgeskort is, is opgelê. Met verlof van die hof a quo kom die appellant nou in hoër beroep slegs teen sy vonnis.
Die appellant is tans 30 jaar oud. Hy is getroud. Daar is een kind uit die huwelik gebore. Hy en sy vrou is van mekaar vervreem. Die appellant moet as 'n eerste oortreder beskou word. Hy beskik oor 'n LLB graad wat hy met deursettingsvermoë onder soms moeilike omstandighede verwerf het. Hy was as staatsaanklaer werksaam toe hy die misdaad gepleeg het. As gevolg van sy skuldigbevinding het hy sy werk verloor. Sy loopbaan in
5
die regte is waarskynlik beëindig en hy sal in die toekoms 'n ander beroepsrigting moet volg. Sy skuldigbevinding hou dus vir hom baie nadelige gevolge in.
Dit is te betwyfel of die appellant opreg berou het oor sy optrede, sy pleit van skuldig ten spyt. Toe hy ter versagting getuig het, het hy die waarheid probeer verdraai deur te beweer dat hy aanvanklik deur die betrokke vrou genader is, en nie sy deur hom nie. Hy moes egter later toegee dat dit nie die geval was nie, Sy optrede in dié opsig is nie te rym met werklike berou nie. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die appellant nie op die ingewing van die oomblik gehandel het nie en oorgenoeg tyd gehad het om oor sy optrede te besin.
Dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg (of 'n poging daartoe) is 'n emstige misdaad (S v Mene and Another 1988(3) SA 641 (A) op 666A). Te meer is dit die geval hier omdat die appellant van 'n verantwoordelike vertrouensposisie
6
misbruik gemaak het met die doel om sy eie selfsugtige drange te bevredig. Hy het in 'n vertrouensposisie gestaan teenoor beide die prokureur-generaal, namens wie hy aangekla het, en die publiek, na wie se belange hy onbevange moes omsien. Staatsaanklaers vervul 'n belangrike rol in die regspleging, en daar moet op hulle eerlikheid en integriteit by die uitvoering van hulle pligte síaatgemaak kan word. Skiet hulle in dié opsig te kort of misbruik hulle hul gesagsposisie om 'n misdaad te pleeg, moet die regspleging noodwendig skade lei omdat die gemeenskap daarin vertroue sal verloor. Die gemeenskapsbelang tree dus sterk na vore by die bepaling van 'n gepaste vonnis. So ook afskrikking, omdat hierdie blykbaar 'n misdaad is wat toenemend voorkom. Dit beteken egter nie dat die appellant se persoonlike omstandighede oor die hoof gesien of te lig aangeslaan moet word nie. Ten einde 'n gepaste vonnis te bepaal, moet sowel alle tersaaklike faktore as die oogmerke van vonnis, ewewigtig in oënskou geneem word.
7
Dit blyk dat die hof a quo nie in die opsig kortgeskiet het nie. Dit het verskillende vonnisopsies, insluitende korrektiewe toesig ooreenkomstig art 276(1) van die Strafproseswet, oorweeg. Die hof het egter tot die gevolgtrekking geraak dat gevangenisstraf aangewese is. Dit is geykte reg dat hierdie Hof níe oor 'n algemene bevoegdheid beskik om met 'n opgelegde vonnis in te meng nie. Inmenging kan alleenlik geskied waar daar 'n wesenlike mistasting of 'n onreëlmatigheid voorkom, of die vonnis ontstellend onvanpas is. Al is die opgelegde vonnis in die onderhawige geval swaar, en ek persoonlik miskien 'n ligter vonnis sou opgelê het, kan dit egíer nie as ontstellend onvanpas beskou word nie. Dit was trouens nooit op appèl betoog die geval te wees nie. Daar kon ook nie op enige uitdruklike mistasting gewys word nie.
Namens die appellant is egter betoog dat die hof a quo net sydelings verwys het na korrektiewe toesig sonder om behoorlik daarop in te gaan. Gevolglik, so is betoog, is inmenging
8
geregverdig. Dit is gemene saak dat korrektiewe toesig as vonnisopsie in die hof a quo geopper en gedebatteer is. Daar is geen rede om te glo dat dit nie behoorlike aandag en oorweging geniet het nie. Die hof a quo het egter tot die slotsom geraak dat dit nie 'n gepaste vonnis in al die omstandighede is nie. Ek is nie oortuig dat daar gefouteer is nie. Maar selfs al sou ons korrektiewe vonnis as 'n geskikter vonnis beskou, sou dit ons nogtans nie vrystaan om die bestaande vonnis daarmee te vervang nie by ontstentenis van een van die aanvaarde gronde vir inmenging (S v R 1993(1) SA 476(A) op 485H - 486B). Aangesien geen sodanige grond bestaan nie, is die onvermydelike gevolg dat die appèl nie kan slaag nie.
Die appèl teen vonnis word van die hand gewys.
JW SMALBERGER APPèLREGTER
VIVIER, AR )
OLIVIER, Wn AR) Stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.