Download PDF

South Africa Judgment

High Courts - Eastern Cape

S v Witbooi (070079) [2008] ZAECHC 121 (8 May 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The magistrate failed to conduct the plea procedure in accordance with the requirements of section 112 of the Criminal Procedure Act. The accused, an unsophisticated person, was not afforded a fair opportunity to explain her actions and was led into a guilty plea through coercive questioning. The magistrate summarily rejected her explanation without hearing evidence and did not properly inform her of her rights. These irregularities are so serious that they vitiate the proceedings. The conviction and sentence are therefore set aside as the accused did not receive a fair trial.

Court disposition

Conviction and sentence set aside.

Orders

  • The conviction and sentence are set aside.

02

Material facts

Parties

Die Staat

Respondent

Magadalene Witbooi

Applicant

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Review of Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The accused was led to plead guilty under undue pressure from the magistrate, who failed to properly consider her explanations and summarily rejected her account without hearing evidence. The accused was not given a fair opportunity to present her case, and the plea procedure was irregular.
Respondent
The State accepted the accused's version only in part, asserting that she was found at a tavern and not merely searching for food. The State did not challenge the procedural fairness directly but relied on the magistrate's findings.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 112 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    A conviction based on a guilty plea must be preceded by a proper inquiry to ensure the accused admits all elements of the offence freely and voluntarily.

  2. 02

    S v Mkhize 1978 (1) SA 264 (N)

    Where the conduct of the presiding officer deviates materially from proper procedure, the proceedings are rendered null and void.

  3. 03

    S v Lebogo 1991 (1) SACR 273 (T)

    An accused must be afforded a fair opportunity to explain their actions and must not be bullied or led into admissions.

  4. 04

    S v Mathebula 1997 (1) SACR 10 (T)

    If the record reveals that the accused is unsophisticated and was not properly assisted, the conviction cannot stand.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The magistrate failed to conduct the plea procedure in accordance with the requirements of section 112 of the Criminal Procedure Act. The accused, an unsophisticated person, was not afforded a fair opportunity to explain her actions and was led into a guilty plea through coercive questioning. The magistrate summarily rejected her explanation without hearing evidence and did not properly inform her of her rights. These irregularities are so serious that they vitiate the proceedings. The conviction and sentence are therefore set aside as the accused did not receive a fair trial.

Obiter and limits

  • The conduct of the magistrate in this matter serves as a warning against bullying or leading accused persons into admissions, especially when they are unsophisticated.
  • It is in the interests of justice that cases involving vulnerable accused persons be handled with patience and proper inquiry.

Court disposition

Conviction and sentence set aside.

  • The conviction and sentence are set aside.

Source and reliance status

High Courts - Eastern Cape

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

High Courts - Eastern Cape

Judgment

[2008] ZAECHC 121

FORM A

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN

CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

PARTIES:

DIE

STAAT

TEEN

MAGADALENE

WITBOOI

Case Number: 070079

High Court: SUIDOOS-KAAPSE PLAASLIKE AFDELING

DATE HEARD: 8 May 2008

DATE DELIVERED: 8 May 2008

JUDGE(S): LIEBENBERG R, VAN DER BYL WR

LEGAL REPRESENTATIVES –

Appearances:

For the Appellants(s):

for the Respondent(s):

Instructing attorneys:

Appellant(s)

Respondent(s):

CASE INFORMATION -

Nature of proceedings : Review

Topic:

Key Words:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(SUIDOOS-KAAPSE PLAASLIKE AFDELING)

HERSIENINGSNR: 070079

DATUM GELEWER:

IN DIE SAAK TUSSEN:

MAGADALENE WITBOOI

HERSIENINGS UITSPRAAK

LIEBENBERG, R:

[1] Die beskuldigde is deur die landdros Hankey skuldig bevind aan oortreding van Artikel 50 (1) (a) en (b) van Wet 74 van 1983 deurdat sy haar twee kinders (a) mishandel het en (b) hulle verlaat het. Sy is gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is op sekere voorwaardes.

[2] Toe die saak voor my op hersiening geplaas was, het ek die volgende navrae aan die landdros gerig:

“Die landdros word versoek om haar redes te verstrek vir die skuldigbevinding en vonnis van die beskuldigde. Die landdros word ook versoek om te handel met die volgende:

(a) Die reëlmatigheid van die prosedure wat gevolg is en wat gelei het tot die skuldigbevinding;

(b) Die reëlmatigheid van die prosedure wat gevolg is om die verslag van die welsynsbeampte as getuienis voor te lê.

(c) Die reëlmatigheid van die vonnisprosedure wat gevolg

is.

(d) Die onvolledigheid van die rekord.

(e) Die vraag of die landdros se optrede nie die indruk van bevooroordeelheid by die beskuldigde en in die algemeen kon skep nie.”

[3] Hierdie navrae is op 3 mei 2007 aan die landdros gerig. Tot op datum is die navrae nie beantwoord nie. Die Hooflanddros, Port Elizabeth het die rekord saam met ʼn aantal soortgelyk gevalle aan die Regter President gestuur onder dekking van ʼn brief waarin dit meegedeel word dat die verhoorlanddros reeds ʼn geruime tyd ongesteld is en as gevolg daarvan vir ʼn geruime tyd reeds nie in staat is om met die gevalle te handel nie. Hy versoek dat die gevalle, insluitende die huidige, mee gehandel word sonder die landdros se redes. Weens die geruime tyd wat die saak reeds uitstaande is en die feit dat die beskuldigde steeds in die gevangenis is, is dit in die belang van die regspleging dat aan die hooflanddros se versoek voldoen word.

[4] Weens die gevolgtrekking waartoe ek gekom het met betrekking tot navraag (a) hierbo vind ek dit slegs nodig om daarmee te handel.

[5] Nadat die klag aan die beskuldigde gestel was, lees die rekord soos volg met betrekking tot die pleitprosedure wat deur die landdros gevolg was.

“HOF AAN BESKULDIGDE: Verstaan u die aanklag? --- Geen antwoord hoorbaar.

Wat pleit u? --- Ek pleit skuldig (onduidelik) ek het gegaan om groente te gaan soek ….. (Tussenkoms)

Luister, ek wil weet pleit u skuldig of onskuldig? Skuldig? --- (Onduidelik) gelos by die huis want ek het gaan groente soek … (tussenkoms)

Luister, pleit u skuldig of onskuldig? Skuldig of onskuldig? --- (Onduidelik …. Geraas op band.)

Die hof gaan nou sekere vrae aan u stel. Die doel daarvan is om vas te stel of u al die bewerings in die aanklag erken. Indien die hof na die ondervraging oortuig is dat u dit alles erken, dan kan u skuldig bevind word sonder die aanhoor van getuienis. As ek nie daarvan oortuig is nie, dan sal ek ʼn pleit van onskuldig notuleer en dan kan die aanklaer voortgaan en getuies roep om teen u te kom getuig. Verstaan u? --- Geen antwoord hoorbaar.

Nou praat u in daardie ding, maar u praat hard en duidelik dat ek u kan hoor. Was u op of omtrent 12 Februarie 2006 te of naby Hankey, in die distrik van Hankey in u bewaring, die ma, u was die ma van ʼn 5 maande oue dogter en ʼn 18 maande oue seun, is dit reg? --- Ja.

En dit was ook in die distrik van Hankey, né? --- Ja Edelagbare.

En hulle, volgens die klagstaat, het u hierdie kinders mishandel deurdat u – ek gaan net die een punt eers “skip”, deurdat u hulle verlaat het deurdat u hulle alleen sonder énige versorging by die huis agtergelaat het, is dit reg? --- Ja Edelagbare.

Dit is kinderverlating, né? U moenie u kop knik nie, u moet sê “Ja”. --- Ja.

En dan word daar beweer dat u hulle mishandel het, of toegelaat het dat hulle mishandel word deurdat hulle nie behoorlik gevoed is, kos gekry het, en versorg is nie. Is dit reg? --- Ja, maar ek het nie ʼn inkomste gehad nie.

Dit maak nie saak nie. Deurdat u hulle mishandel het deur hulle nie behoorlik te voed nie. Is dit reg? --- Ja Edelagbare.

Ons gaan nóú ingaan daarop. Deurdat u hulle nie behoorlik gevoed het nie, kos gegee het, of melk gegee het nie, en versorg het nie. --- Ja.

U weet ‘versorg’ is doek skoonmaak en kleertjies was en hulle bad en hulle “burp” u weet, en windjies uitvryf en al daardie dinge né? --- Ja.

Goed, u het nie dit gedoen nie? --- Ek … (tussenkoms)

U het hulle nie gereeld kos gegee, en melk gegee en gekyk dat hulle gevoed is nie. --- Maar ek het nie eintlik gewerk ook, inkomste gehad om hulle te kyk nie. Toe het ek nou groente soek om te kook vir hulle, maar toe het ek nie daardie selfde tyd gedraai nie.

Ge ….. ? --- Toe het ek nie teruggekom daardie selfde tyd nie Edelagbare.

Nie teruggekom nie? --- Ja.

U los hulle alleen? --- Toe soek ek nou groente.

En u vat hulle nie saam nie? Sê vir my, is dit reg om sulke klein babatjies alleen by die huis te los? --- Nee Edelagbare.

Jy vat jou babas oral waar jy gaan, is dit nie? --- Ja Edelagbare.

Ja. En mens kry mos – jy gaan mos kliniek toe as jy nie kan melk hê, as jy nie ʼn inkomste het nie en jy het nie kos vir jou kinders nie, is dit nie? --- Ja.

En u gaan vra vir melk en pap vir hulle, is dit nie? --- Ja Edelagbare.

So het u enige wettige reg, rede of toestemming gehad om hierdie kinders te los en nie te voed nie en te verwaarloos? --- Geen antwoord hoorbaar.

Hm? --- Nee.

Nee. Het u geweet u doen verkeerd? --- Ja.

Aanvaar die staat haar weergawe?

AANKLAER: Ja, net een aspek edelagbare. Sy was “tavern” toe gewees en die polisie het haar by ʼn taverne gekry die dag Edelagbare.

HOF: Ja, ek aanvaar nie dat sy gaan groente soek het nie.

AANKLAER: As sy net dit – (onduidelik) dit – dan sal ek dit so aanvaar Edelagbare.

HOF: Kyk, u sê nou u het gaan groente soek, ek aanvaar dit nie … (tussenkoms) --- Ek het dit … (tussenkoms)

Die staat aanvaar dit nie, en ek aanvaar dit ook nie. --- Ek het dit toe by my – die aartappels gehad, en toe het hulle my gekry, toe ….(tussenkoms)

Ek het dit nie – mevrou, dit is nie deel van die klagstaat se bewerings nie, en ek aanvaar dit ook nie. U het hulle verwaarloos deur hulle te verlaat (onduidelik) verlating, mens gaan nêrens heen sonder jou babas as hulle nie selfversorgend is nie, u verstaan dit? --- Ja Edelagbare.

U I T S P R A A K

HOF: Die hof is oortuig dat u al die bewerings in die aanklag erken, en u word SKULDIG bevind soos aangekla.”

[6] Uit voorgaande gedeelte van die rekord blyk die volgende onreëlmatige optrede deur die landdros:

6.1 Die landdros het nie geluister na wat die beskuldigde wou sê nie, en het haar op onnodig hardhandige wyse daartoe gelei om skuldig te pleit.

6.2 Die landdros het ʼn wyse van ondervraging (oënskynlik ingevolge artikel 112) gevolg waar sy stellings gemaak het met betrekking tot feite waarop die beskuldigde slegs ja moes antwoord.

6.3 Ook in die geval van 6.2 was die optrede van die landdros afdwingend en was sy nie bereid om behoorlik na enige verduideliking van die beskuldigde te luister nie.

6.4 Die verduideliking wat die beskuldigde wel probeer gee het, naamlik, dat sy die kinders by die huis gelaat het om groente te gaan koop, het die landdros summier verwerp sonder dat enige getuienis aangebied is en op grond daarvan dat sy nie die beskuldigde glo nie.

6.5 Deur die beskuldigde skuldig te bevind, oënskynlik op grond daarvan dat sy skuldig gepleit en al die elemente van die misdryf erken het, het die landdros haarself ernstig waningelig.

6.6 Dit blyk voldoende uit die aangehaalde gedeelte van die rekord dat die beskuldigde ʼn ongesofistikeerde persoon is en dat die landdros haar inderdaad in toegewings in geboelie het.

[7] Die optrede van die landdros wyk so ver of van ordentlike regspleging dat die verrigtinge voor haar nietig is.

BEVEL:

Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

_______

H.J. LIEBENBERG

REGTER

VAN DIE HOOGGEREGSHOF

VAN DER BYL, WR:

EK STEM SAAM.

_________

P.C. VAN DER BYL

WAARNEEMENDE

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mkhize 1978 (1) SA 264 (N)

Case cited

S v Lebogo 1991 (1) SACR 273 (T)

Case cited

S v Mathebula 1997 (1) SACR 10 (T)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.