Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Scheffers v S (103/2014) [2015] ZANCHC 47 (30 January 2015)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the trial court's conviction of the appellant for murder was supported by credible eyewitness testimony and forensic evidence, including blood found on the appellant's clothing. The identification of the appellant was reliable, as witnesses knew him prior to the incident and observed him under adequate lighting. However, the court held that there was insufficient evidence to support a finding of premeditation. The appellant's actions were consistent with impulsive conduct rather than a planned killing. As a result, the prescribed sentence of life imprisonment was not applicable, and the matter was remitted to the trial court for reconsideration of sentence in accordance with the minimum sentence for murder without premeditation.

Court disposition

The appeal against conviction fails and the conviction for murder is confirmed. The appeal against sentence succeeds; the sentence of life imprisonment is set aside and the matter is remitted for reconsideration of sentence.

Orders

  • The appeal against the conviction for murder is dismissed and the conviction is confirmed.
  • The appeal against the sentence of life imprisonment is upheld; the sentence is set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for reconsideration of sentence in accordance with the prescribed minimum sentence for murder without premeditation.

02

Material facts

Parties

Jaco Kwaaiman Scheffers

Appellant Counsel: J P Cloete

The State

Respondent Counsel: J Mabaso

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant denied involvement in the death of the deceased, contending he was not present with his co-accused on the night in question and only encountered the deceased after the incident. His counsel attacked the reliability of the prosecution witnesses, highlighting contradictions between their testimony and police statements, and argued that the identification of the perpetrator was in dispute and should be approached with caution.
Respondent
The respondent maintained that the evidence of Lubbe, Adams, and Maropeng was credible and sufficient to identify the appellant as the person who inflicted the fatal wounds. The respondent conceded that the finding of premeditation was incorrect but argued that the conviction for murder was justified and that the matter should be remitted for reconsideration of sentence in light of the correct minimum sentence.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

    Appellate courts should be slow to interfere with factual findings of the trial court, especially where the trial court had the opportunity to observe witnesses.

  2. 02

    S v Raath 2009 (2) SACR 46 (C)

    Premeditation and direct intent (dolus directus) are not synonymous; premeditation implies planning, but direct intent does not necessarily require it.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the trial court's conviction of the appellant for murder was supported by credible eyewitness testimony and forensic evidence, including blood found on the appellant's clothing. The identification of the appellant was reliable, as witnesses knew him prior to the incident and observed him under adequate lighting. However, the court held that there was insufficient evidence to support a finding of premeditation. The appellant's actions were consistent with impulsive conduct rather than a planned killing. As a result, the prescribed sentence of life imprisonment was not applicable, and the matter was remitted to the trial court for reconsideration of sentence in accordance with the minimum sentence for murder without premeditation.

Obiter and limits

  • The court noted that contradictions in police statements are often due to their inherent incompleteness and do not necessarily reflect dishonesty or poor observation by witnesses.
  • The court emphasized that the absence of premeditation does not diminish the seriousness of the crime, but affects the applicable minimum sentence.

Court disposition

The appeal against conviction fails and the conviction for murder is confirmed. The appeal against sentence succeeds; the sentence of life imprisonment is set aside and the matter is remitted for reconsideration of sentence.

  • The appeal against the conviction for murder is dismissed and the conviction is confirmed.
  • The appeal against the sentence of life imprisonment is upheld; the sentence is set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for reconsideration of sentence in accordance with the prescribed minimum sentence for murder without premeditation.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2015] ZANCHC 47

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Hoë Hof, Kimberley)

Rapporteerbaar: Nee

Sirkuleer onder Regters: Ja

Sirkuleer onder Landdroste: Nee

Sirkuleer onder Streeklanddroste: Nee

Saak No: CA&R 103/2014

Saak Aangehoor: 26/01/2015

Datum gelewer: 30/01/2015

In die saak tussen:

SCHEFFERS,

JACO KWAAIMAN Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: Lacock R et Olivier R

UITSPRAAK

Olivier R:

[1]. Die appellant Mnr Jaco Scheffers het saam met twee ander beskuldigdes, die een sy broer Mnr Pieter Scheffers en die ander Mnr

Ronnie Hendricks, in die Streekhof te De Aar tereggestaan op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord. Die appellant is skuldig bevind op die aanklag van moord, maar vrygespreek op die aanklag van roof, terwyl sy twee medebeskuldigdes op beide aanklagte vrygespreek is.

[2]. Daar is bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is en dat dit dus vir vonnisdoeleindes ressorteer het onder die bepalings van Deel I van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet . Die voorgeskrewe vonnis vir so ‘n moord is lewenslange gevangenisstraf, en dit is die appellant inderdaad opgelê nadat bevind is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede was wat ‘n afwyking van daardie voorgeskrewe vonnis regverdig het nie.

[3]. Die oorledene is dood weens drie steekwonde wat hy aan sy nek opgedoen het tydens ‘n voorval laat die nag van 23 September

2010 in die Residentia woongebied te De Aar.

[4]. Dit was die vervolging se saak, hoofsaaklik by monde van Me Emmarentia Lubbe, Mnr Isak Gordon Adams en Me Glenys Christie Maropeng, dat die appellant en sy twee medebeskuldigdes daardie nag die oorledene gekonfronteer het, eers in ‘n stegie of ‘n sogenaamde gang en daarna in ‘n straat genaamd Patryslaan. Die appellant sou geld van die oorledene geëis het, terwyl sy medebeskuldigdes die oorledene toe onderskeidelik met ‘n byl en ‘n mes bedreig het. Die getuienis was dat die oorledene toe weggehardloop het, dat die appellant hom gejaag het, dat die oorledene geval het en opgestaan het en verder gehardloop het, maar dat hy uiteindelik geval het waar die appellant hom toe daar die voormelde fatale beserings toegedien het.

[5]. Die appellant het in pleitverduideliking betrokkenheid by die dood van die oorledene ontken. Uit stellings in kruisverhoor aan die staatsgetuies het dit geblyk dat sy saak was dat hy nie die betrokke aand saam met sy medebeskuldigdes beweeg of verkeer het nie en geensins betrokke was by die gebeure in die stegie of in Patryslaan nie, en dat hy eers na afloop van alles afgekom het op die oorledene waar hy reeds beseer gelê het.

[6]. Mnr. Cloete, die advokaat vir die appellant, het sy aanval op die skuldigbevinding in sy betoogshoofde beperk tot kritiek op die getuienis van Lubbe, Adams en Maropeng en het betoog dat die weersprekings in hulle getuienis, en in veral die geval van Adams en Maropeng tussen hulle getuienis en hulle polisieverklarings, gesien moet word teen die agtergrond daarvan dat die identiteit van die persoon wat die oorledene gedood het in geskil was en dat hulle getuienis daarom versigtig benader moes gewees het.

[7]. Daar was inderdaad weersprekings, ondermeer oor waarmee die appellant gewapen sou gewees het toe hy agter die oorledene aan is en oor of hy, toe hy die oorledene uiteindelik die beserings sou toegedien het, op of langs die oorledene sou gesit het terwyl die oorledene daar gelê het.

[8]. Adams het in sy verklaring glad nie die naam van die appellant vermeld as een van die persone wat die oorledene gekonfronteer het nie. Hy het in sy verklaring bloot die appellant se broer (en medebeskuldigde) geïdentifiseer as die persoon wat die oorledene met die mes bedreig het voordat die oorledene weggehardloop het. Hy het hom egter nie in sy verklaring uitgelaat oor of hy enige van die ander twee persone wat die oorledene gekonfronteer het herken het of sou kon identifiseer nie. Die betrokke verklaring lyk na ‘n tipiese voorbeeld van die berugte onvolledigheid van baie polisieverklarings, wat immers nie bedoel is om ‘n presiese en volledige weergawe te wees van wat die getuie mag getuig nie , eerder as na ‘n aanduiding van Adams se gebrekkige waarnemings of van sy oneerlikheid. Adams het in elk geval toe weggehardloop en het nie die toediening van die fatale beserings waargeneem nie.

[9]. Maropeng, wat wel ook hierdie deel van die gebeure aanskou het en wat vir Lubbe daarin gestaaf het dat die appellant die persoon was wat die oorledene die steekwonde toegedien het, het in haar polisieverklaring na die persoon wat die oorledene gedood het verwys

as ‘n onbekende persoon. Sy het egter in haar getuienis verduidelik dat sy dit so gestel het omdat sy nie die appellant by name geken het nie, hoewel sy hom al voorheen oor ‘n lang periode periodiek in De Aar gesien het.

[10]. Wat betref die kritiek teen die getuienis van Lubbe en Maropeng oor waarmee die appellant gewapen sou gewees het toe hy agter die oorledene aan is, was dit gemenesaak dat die oorledene as gevolg van steekwonde beswyk het. Die byl sou volgens die getuienis ook aan die een kant daarvan ‘n skerp punt, in teenstelling met die plat lem of kapgedeelte aan die ander kant, gehad het. Of die steekwonde daardeur, of met ‘n mes, toegedien is of kon gewees het, was nie die geskilpunt nie. Die geskilpunt was bloot wie dit toegedien het, en nie waarmee nie.

[11]. Die Streeklanddros het al drie hierdie getuies waargeneem en het hulle beskou as geloofwaardige getuies. Hierdie geleentheid wat die Streeklanddros gehad het om in die atmosfeer van die verhoor die getuies persoonlik waar te neem is juis die vernaamste rede waarom daar nie op appél ligtelik ingemeng sal word met ‘n verhoorhof se feitebevindinge nie .

[12]. Ook in die lig van wat volg, is ek hoegenaamd nie oortuig dat die Streeklanddros verkeerd was in haar bevinding dat die appellant die persoon was wat die oorledene gedood het nie.

[13]. Beide Lubbe en Adams het die appellant voor die voorval reeds vir jare geken en het verduidelik op watter basis. Dit opsigself al verlaag die risiko van ‘n foutiewe identifikasie aansienlik .

[14]. Alhoewel die beligting in die stegie swak was, was Patryslaan, en die spesifieke plek daar waar die oorledene gedood is, helder verlig.

[15]. Al drie hierdie getuies het die geleentheid gehad om die drie aanvallers nie net in die stegie waar te neem nie, maar ook daarna in Patryslaan, waar hulle ondermeer gesien het hoe die appellant se broer die oorledene met ‘n mes bedreig het; iets wat nie van die kant van die betrokke medebeskuldigde in geskil was nie.

[16]. Lubbe en Maropeng het daarna nog aanskou hoe die appellant die oorledene gejaag het tot waar hy hom gedood het, en het dus nog verdere geleentheid gehad om hom waar te neem.

[17]. Beide van hulle was redelik naby toe hulle die toediening van die steekwonde aanskou het.

[18]. Lubbe se beskrywing van die appellant se blou Dickey langbroek en wit tekkies is nie alleen onbetwis gelaat nie, maar is inderdaad gestaaf deur die getuienis van Sersant Roelofse, wat die appellant kort ná die voorval by ‘n taverne gearresteer het en hom so geklee aangetref het.

[19]. Die forensiese getuienis was dat daar toe bloed van die oorledene op daardie broek en tekkies, en ook op die appellant se hemp, was.

[20]. Dan is daar die getuienis van Mnr De Bruin dat hy die drie beskuldigdes wel vroeër die aand saam aangetref het by ‘n

taverne in die omgewing, strydig met die stelling namens die appellant dat hy nooit daardie aand saam met die ander twee beskuldigdes beweeg of verkeer het nie. De Bruin se getuienis was verder dat hy toe na ‘n ander taverne geloop het, waar die beskuldigde Hendricks hom met ‘n byl probeer kap het voordat die appellant die byl geneem het en die appellant en die ander twee beskuldigdes toe daar weg is, dit wil sê steeds die drie van hulle saam.

[21]. De Bruin se getuienis was dat die appellant later teruggekeer het, dat hy toe senuweeagtig was en dat De Bruin toe bloed op die appellant se tekkies waargeneem het. Die appellant is, soos reeds gemeld, by daardie taverne aangetref met, onder andere, die tekkies met bloed daarop.

[22]. De Bruin het laastens getuig dat hy later ook aangehou is en dat hy toe op ‘n stadium in dieselfde sel as die appellant aangehou is. Sy getuienis was dat die appellant daar vir hom gesê het dat hy valslik moes verklaar dat die appellant die hele aand saam met hom by die taverne was, omdat die appellant dit volgens hom so getuig het in sy borgaansoek.

[23]. Geen rede is voorgehou vir waarom hierdie getuienis van De Bruin nie aanvaar moes gewees het nie.

[24]. ‘n Transkripsie van die getuienis van die appellant tydens die borgaansoek toon duidelik dat hy wel daar beweer het dat hy die hele aand saam met De Bruin verkeer het, net soos wat hy vir De Bruin in die sel gaan vertel het.

[25]. Ek meen dat die Streeklanddros korrek was in die bevinding dat daar ‘n verdoemende prima facie saak teen die appellant uitgemaak is deur die vervolging, waarop die appellant verkies het om nie onder eed te antwoord nie. Sy verduideliking, by monde van sy destydse regsverteenwoordiger, dat die oorledene se bloed op sy klere beland het toe hy op hom afgekom waar hy gelê het en reeds beseer was, is nie getuienis onder eed nie. Dit beteken dat die getuienis van Lubbe en Maropeng oor hoe die oorledene se bloed op die appellant se klere beland het, die enigste getuienis onder eed daaroor is en onweerlê bly.

[26]. Of die appellant op die oorledene gesit het toe hy hom beseer het of langs sy kop gehurk of gekniel het, maak nie saak nie, want op enige so ‘n wyse sou die oorledene se bloed inderdaad op die appellant se klere en skoene kon gekom het.

[27]. Na my oordeel is daar dus geen basis vir inmenging met die bevinding dat die appellant die persoon is wat die oorledene die fatale beserings toegedien het nie.

[28]. Daar is ook nie gronde vir inmenging met die bevinding dat die moord gepleeg is met die direkte opset om te dood nie; nie met al die steekwonde in ‘n area soos die nek en in die afwesigheid van ‘n ander verduideliking van die kant van die appellant nie.

[29]. Ek meen egter dat daar geen gronde was vir die bevinding van voorbedagte rade nie. Dat die appellant die oorledene ongeprovokeerd

aangeval het, regverdig nie die afleiding dat hy die dood van die oorledene beplan het nie. Alhoewel hy die voordeel van die twyfel

gekry het op die aanklag van roof, is alle aanduidings dat hy wel beoog het, en moontlik selfs beplan het, om geld by die oorledene te vat. Sy kru eis dat die oorledene geld oorhandig, met die aanvanklike konfrontasie en voordat die oorledene begin vlug het, en sy krappery in die oorledene se sak nadat hy hom beseer het, dui daarop. Daar is egter geen enkele aanduiding dat die appellant

verder ook in elk geval boonop die dood van die oorledene vooraf besluit of beplan het nie. Indien dit die geval was, sou ‘n

mens verwag het dat hy die oorledene reg aan die begin al sou aangeval het, en nie eers bloot sou geëis het dat die oorledene

sy geld moes oorhandig nie.

[30]. Die getuienis van Lubbe dat die appellant, om homself te bewapen, eers die byl by die beskuldigde Hendricks gevat het voordat hy die oorledene agterna gesit het, militeer ook teen so ‘n afleiding. Indien die appellant van die begin af beplan het om self die oorledene te dood, sou hy homself van die begin af bewapen het.

[31]. Dat die appellant, toe die oorledene besluit het om weg te hardloop, hom gejaag het en toe gedood het, regverdig ook nie, alleenstaande of selfs saam met die ander getuienis, ‘n afleiding van voorbedagte rade nie. Dit is ewe versoenbaar met impulsiewe optrede.

[32]. Dat die appellant die oorledene die wonde toegedien het met die direkte opset om hom te dood, sou ook nie noodwendig beteken dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is nie.

“Dolus directus and premeditation / preplanning are not synonymous. While premeditation obviously results in dolus directus, the converse is not true.” .

[33]. In die afwesigheid van ‘n bevinding van voorbedagte rade, sou die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf nie van toepassing gewees het nie. Daar is in elk geval geen aanduiding dat enige van die appellant of sy medebeskuldigdes vooraf ingelig is dat dit die saak vir die vervolging sou wees dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is en dat daar dus ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf voorgeskryf sou wees uit die geval van ‘n skuldigbevinding van moord nie. Me Mabaso, die advokaat vir die respondent, het dan ook heel tereg toegegee dat die bevinding van voorbedagte rade foutief was.

[34]. Daar is namens die appellant aan die hand gedoen, met welke submissie Me Mabaso saamgestem het, dat die aangeleentheid, in die geval van ‘n bekragtiging van die skuldigbevinding maar ‘n inmenging met die bevinding van voorbedagte rade, na die Streeklanddros terug verwys moet word vir die heroorweging van vonnis teen die agtergrond van ‘n voorgeskrewe vonnis van 20 (twintig) jaar gevangenisstraf, in die lig daarvan dat die appellant se vorige veroordelings een van moord insluit . Ek meen dat dit inderdaad in die omstandighede die wenslike bevel sou wees.

[35]. In die omstandighede word die volgende bevele dus hierin gemaak:

1. DIE APPÈL TEEN DIE

SKULDIGBEVINDING MISLUK EN DIE APPELLANT SE SKULDIGBEVINDING OP DIE AANKLAG VAN MOORD WORD BEKRAGTIG.

2. DIE APPÈL TEEN DIE VONNIS SLAAG, DIE VONNIS VAN LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF WORD TERSYDE GESTEL

EN DIE AANGELEENTHEID

WORD VIR DIE HEROORWEGING VAN VONNIS NA DIE STREEKLANDDROS TERUGVERWYS.

_____

C

J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Ek stem saam.

______

H

J LACOCK

Nms Applikant/Eiser: Adv. J P Cloete

Nms Respondent/Verweerder: Adv. J Mabaso

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

Case cited

S v Raath 2009 (2) SACR 46 (C)

Case cited

Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.