Seakhumuzi NM Security BK v Water (1505/2006) [2006] ZAFSHC 23 (8 September 2006)
The court found that the respondent acted unilaterally and in breach of the written service agreement by deducting amounts from the monthly contract price owed to the applicant. The alleged oral agreement regarding repayment of the overpaid amount was not proven and, in any event, would be void and unenforceable due...
Source-derived case information.
- Citation
- [2006] ZAFSHC 23
- Parties
- Applicant: Seakhumuzi NM Security BK; Respondent: Sedibeng Water
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Judgment Date
- 8 September 2006
- Case Number
- 1505/2006
- Procedural Posture
- Urgent Application / Final Determination of Urgent Application for Payment and Interim Relief Pending Arbitration
- Outcome
- Application granted. Respondent ordered to pay the deducted amounts and prohibited from further deductions pending arbitration.
- Judges
- C. Van Zyl, R
- Legal Topics
- Contractual Dispute, Set Off, Arbitration Clause, Specific Performance
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Seakhumuzi NM Security BK
Applicant
Sedibeng Water
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Final Determination of Urgent Application for Payment and Interim Relief Pending Arbitration
Legal Issues
- 1 Whether the respondent was entitled to unilaterally deduct amounts from the monthly contract price owed to the applicant.
- 2 Whether a binding oral agreement existed between the parties regarding repayment of alleged overpayments.
- 3 Whether the dispute regarding alleged overpayment and set-off should be referred to arbitration in terms of the written agreement.
Ratio Decidendi
The court found that the respondent acted unilaterally and in breach of the written service agreement by deducting amounts from the monthly contract price owed to the applicant. The alleged oral agreement regarding repayment of the overpaid amount was not proven and, in any event, would be void and unenforceable due to the contract's non-variation clause requiring written amendments. The respondent's defence of set-off was not properly pleaded or substantiated, and the alleged debt was not liquidated as its existence and amount were in dispute. The dispute regarding overpayment and set-off falls squarely within the arbitration clause of the agreement and must be referred to arbitration....
Court Disposition
Application granted. Respondent ordered to pay the deducted amounts and prohibited from further deductions pending arbitration.
Orders
- Respondent is ordered to pay the amount of R671,958.40 to the applicant.
- Pending finalisation of arbitration proceedings to be instituted by the respondent within 60 days, the respondent is ordered to pay the full contract price due to the applicant within five working days of invoice and is prohibited from making any further deductions or set-off against the contract price.
Full Case Text
Judgment text and source record
103 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr.: 1505/2006
In die saak tussen:
SEAKHUMUZI NM SECURITY BK Applikant
en
SEDIBENG WATER Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK: VAN ZYL, R
AANGEHOOR OP: 22 JUNIE 2006
GELEWER OP: 8 SEPTEMBER 2006
[1] Applikant en respondent het op of omtrent 22 November 2001 ân skriftelike diensverskaffingsooreenkoms met mekaar gesluit, ân afskrif waarvan aangeheg is tot die funderende verklaring as Aanhangsel âSNM1â.
[2] Dit is gemeensaak dat ooreenkomstig die bepalings van die skriftelike ooreenkoms, die partye onder andere op die volgende tersaaklike terme ooreengekom het:
1. Applikant het onderneem om sekuriteitsdienste aan respondent te lewer en opgeleide personeel te voorsien aan respondent vir die verrigting van die dienste gespesifiseer in Aanhangsel âBâ tot die ooreenkoms;
2. Respondent het onderneem om applikant te vergoed vir die sekuriteitsdienste en wel ooreenkomstig Aanhangsel âAâ tot die ooreenkoms, welke kontraksprys tans die bedrag van R197 701,16 (BTW ingesluit) per maand beloop;
3. Applikant het respondent maandeliks in terme van klousule 4.4 van die ooreenkoms gefaktureer en is die bedrag verskuldig deur respondent aan applikant stiptelik betaal tot einde Oktober 2005;
3. Respondent het in terme van klousule 4.5 van die ooreenkoms onderneem om applikant te betaal binne vyf werksdae na datum van faktuur;
4. Die termyn van die ooreenkoms is aanvanklik op ooreengekom as synde 5 jaar te wees, welke tydperk op 31 Oktober 2006 verstryk, met ân opsie aan applikant om die ooreenkoms vir ân verdere 5 jaar te verleng;
5. Ooreenkomstig klousule 10 van die ooreenkoms moet alle dispute wat ontstaan tussen applikant en respondent in terme van klousules 4, 5, 7 en 9 van die ooreenkoms, vir arbitrasie verwys word.
[3] Dit is voorts gemeensaak dat applikant gedurende of ongeveer Junie 2004 in kennis gestel is deur die Private Security Industry Regulatory Authority (PSIRA) dat applikant aangekla word van die oortreding van sekere regulasies van PSIRA se gedragskode deurdat applikant na bewering gedurende Julie 2003 ene M.S. Mokolutlo aangewend het as ân sekuriteitsbeampte terwyl hy nie as ân sekuriteitsbeampte geregistreer was nie en voorts dat applikant na bewering vals inligting en/of dokumentasie sou verskaf het aan sekuriteitsbeamptes in diens van applikant en ook aan PSIRA met betrekking tot die opleiding van applikant se sekuriteitsbeamptes en die kwalifikasies behaal deur sodanige sekuriteitspersoneel. Aldus applikant het applikant hom nie skuldig gemaak aan hierdie beweerde oortredings nie en het applikant sekere verduidelikings in die funderende stukke uiteengesit ter ondersteuning van sy onskuld met betrekking tot die beweerde oortredings. Applikant het egter ân prokureur geraadpleeg met betrekking tot die aangeleentheid, waarop applikant deur die prokureur geadviseer is dat in die lig van die omvang van die saak, die regskoste van applikant sodanig sal wees dat dit meer sinvol is om die koste te bespaar deur skuldig te pleit op die klagtes en ân boete ten opsigte daarvan te betaal. ân Skrywe waarin hierdie advies en verduideliking uiteengesit is, is deur applikant se voormelde prokureur aan respondent gerig op 18 November 2004, ân afskrif waarvan aangeheg is tot die funderende aansoekstukke as Aanhangsel âSNM3â. Applikant het voortspruitend uit voormelde advies wel skuldig gepleit, is skuldig bevind en sekere boetes opgelê, welke deur applikant betaal is.
[4] Dit is voortspruitend uit voormelde skuldigbevindings wat die dispuut klaarblyklik tussen die partye ontstaan het. Respondent ontken dat applikant skuldig gepleit het vanweë die advies wat applikant van sy voormelde prokureur ontvang het. Aldus respondent was applikant voorsien van sekere getuienis en/of bewyse met betrekking tot applikant se wangedrag en is dit die rede waarom applikant skuldig gepleit het, synde dat applikant wel skuldig is en besef het dat hy geen verweer teen die aanklagte het nie.
[5] Verder voortspruitend uit voormelde skuldigbevindings, het respondent tot die gevolgtrekking gekom dat hy applikant te veel betaal het in terme van die ooreenkoms en dat die bedrag van R806 350,08 deur applikant aan respondent terugbetaalbaar is. Dit word deur applikant ontken en beweer applikant dat respondent eensydiglik tot die gevolgtrekking gekom het. Dit is applikant se saak dat nieteenstaande die feit dat applikant deur middel van sy lede en ook deur middel van sy regsverteenwoordigers verskeie vertoë aan respondent oor die aangeleentheid gerig het en dit ook bespreek is tydens vergaderings gehou op 22 September 2005 en 31 Oktober 2005, respondent eensydiglik en strydig met die terme van die skriftelike ooreenkoms sedert die einde van November 2005 begin het om ân bedrag van R67 195,84 van die ooreengekome maandelikse kontraksprys deur respondent aan applikant verskuldig, af te trek. Hierdie bedrag is ook maandeliks gedurende die daaropvolgende maande aldus deur respondent van die kontraksprys aan applikant verskuldig afgetrek en is slegs die balans van applikant se fakture betaal.
Hierteenoor is dit respondent se saak dat daar gedurende die vergadering van 31 Oktober 2005 ooreengekom is tussen die partye dat respondent die bedrag van R806 350,08 te veel aan applikant betaal het, dat laasgenoemde bedrag derhalwe aan respondent terugbetaalbaar is deur applikant en voorts dat die bedrag betaal sal word by wyse van ân maandelikse aftrekking teen die ooreengekome kontraksprys in die bedrag van R67 195,84 ten einde die verskuldigheid binne twaalf maande te delg. Aldus respondent is daar voorts tydens hierdie vergadering ooreengekom dat respondent se prokureur ân skulderkenning sal opstel wat deur applikant onderteken sou word en welke skulderkenning die terme van voormelde mondelinge ooreenkoms sou reflekteer. Aldus respondent was daar egter ân oponthoud met die opstel van die skulderkenning en is dit eers op 7 Februarie 2006 aan applikant verskaf, maar het applikant geweier om dit te teken.
[6] Op grond van voormelde feite, het applikant die volgende bewerings in paragraaf 10 van sy funderende verklaring gemaak:
â10.
Applikant is geadviseer dat:
10.1 respondent strydig met die ooreenkoms optree en regtens geen basis het om eensydiglik gelde te verreken teen dit wat respondent aan applikant in terme van die ooreenkoms verskuldig is nie;
10.2 in die lig van die dispuut tussen applikant en respondent met betrekking tot die vraag of enige gelde deur respondent aan applikant te veel betaal is en wat die omvang van sodanige âoorbetalingâ is, dit vir arbitrasie verwys moet word ten einde ân beslissing daaroor te bekom;
10.3 die respondent gekies het om die ooreenkoms in stand te hou en dit nie gekanselleer het nie en dat respondent klaarblyklik kontrakbreuk pleeg deur strydig met die skriftelike ooreenkoms nie die volle ooreengekome kontraksprys aan applikant maandeliks oor te betaal nie maar eie rigting toe te pas en sonder ân beslissing deur ân arbiter eensydiglik die bedrag vanaf die kontraksprys af te trek.â
[7] Die regshulp wat deur applikant gevorder word, is in wese ân kombinasie van finale en tussentydse regshulp. Die finale regshulp wat versoek word, is dat respondent beveel word om die bedrag van R335 979,20 deur respondent afgetrek vanaf die ooreengekome kontraksprys aan applikant verskuldig vir die maande November 2005, Desember 2005, Januarie 2006, Februarie 2006 en Maart 2006 aan applikant te betaal, tesame met enige verdere bedrae deur respondent vanaf die ooreengekome kontraksprys afgetrek na uitreiking van die aansoek.
Daar is ook ân aansoek vir tussentydse regshulp, synde dat respondent verbied word om enige verdere gelde af te trek of af te sit teen die ooreengekome kontraksprys, hangende die finalisering van arbitrasie verrigtinge deur applikant teen die respondent ingestel te word binne 60 dae na verlening van die hofbevel.
Applikant versoek ook dat respondent gelas word om die koste van die aansoek te betaal.
[8] Soos reeds hierbo vermeld, is respondent se verweer tot dien effekte dat die partye mondelings ooreengekom het dat die bedrag van R806 350,08 te veel deur respondent aan applikant betaal is en dat applikant dit derhalwe aan respondent moet terugbetaal, asook dat mondelings ooreengekom is dat voormelde terugbetalings sal geskied by wyse van 12 maandelikse paaiemente ten bedrae van R67 195,84. In die betoogshoofde van Mnr. Dlavane, wie namens respondent verskyn het, word respondent se verweer egter aangepas en/of uitgebrei as synde een van skuldvergelyking te wees, welke verweer nie pertinent in sodanige woorde in die opponerende stukke geopper is nie. In die verband lees paragraaf 5 van Mnr. Dlavane se betoogshoofde as volg:
âAt a meeting of the 31st October 2005 Applicant and Respondent agreed on the said amount owing and the need that same is to be refunded to Respondent monthly at
R67 195,84 as a set-off against Respondentâs claim. That a set-off is possible in such an instance vide:â (waarna na sekere gesag verwys word.)
[9] Gegewe bogenoemde, is daar heeltemal tereg deur Mnr. De Wet, namens applikant, in paragraaf 6 van sy betoogshoofde uitgewys dat daar `n dispuut tussen die partye bestaan met betrekking tot die vrae of:
â6.1 applikant enigsins oorbetaal is, en dien wel;
6.2 respondent eensydiglik die bedrag van R806 350,08 wat na bewering te veel aan applikant betaal is, bepaal het;
6.3 respondent eensydiglik besluit het om R67 195,84 maandeliks vanaf applikant se kontraksprys af te trek.â
Mnr. De Wet het betoog dat bogemelde dispute tipies die dispute is waarvoor die partye in klousule 10 van die skriftelike ooreenkoms voorsiening gemaak het om deur arbitrasie opgelos te word.
[10] Met betrekking tot die vraag of daar ân mondelinge ooreenkoms gesluit is soos beweer deur respondent, al dan nie, blyk daar op sigwaarde ân feite dispuut ten opsigte hiervan op die aansoekstukke te bestaan. As die bewerings met betrekking tot hierdie beweerde mondelinge ooreenkoms en die omliggende feite en omstandighede, van nader beskou word, blyk die volgende egter:
1. Respondent het duidelik aanvaar dat applikant inderdaad skuldig is aan die dissiplinêre klagtes deur PSIRA, nieteenstaande applikant se verduideliking dat hy vir doelmatigheidsredes geadviseer is om skuldig te pleit en nie omdat hy skuldig was nie, welke bewerings van applikant ook deur sy destydse prokureur gestaaf word.
2. Applikant beweer dat daar ten tyde van die vergaderings gehou op 22 September 2005 en 31 Oktober 2005 besprekings was oor die beweerde oorbetaling wat deur respondent aan applikant gemaak is en dat daar ooreengekom is dat respondent se interne oudit-afdeling applikant se vertoë sal oorweeg, die redes vir applikant se skuldig pleit in aanmerking sal neem en dan tot ân finale beslissing sal kom. (Funderende verklaring, p. 13, paragrawe 8.1 en 8.2).
Hierteenoor beweer respondent dat respondent nooit onderneem het om enige versoek gemaak deur applikant te laat oorweeg deur respondent se interne oudit-afdeling nie en is daar reeds op daardie vergadering ooreengekom dat die bedrag R806 350,08 te veel betaal is aan applikant en dat applikant dit aan respondent sal terugbetaal in maandelikse paaiemente van R67 195,84. (Opponerende verklaring, p. 65 tot 66, paragraaf 2.7).
Na my mening word applikant se weergawe egter gestaaf en respondent se weergawe weerspreek deur die skrywe van respondent, gedateer 6 Februarie 2006, aangeheg as Aanhangsel âSNM4â tot die funderende verklaring, waarin daar onder andere as volg vermeld word:
âInternal audit has completed its investigation as agreed in the meeting dated 22 September 2005 and 31 October 2005.â
âInternal Audit recommends that the total amount of R806 350,08 (Eight Hundred And six Thousand, Three Hundred and Fifty Eights Cents) in respect of over-payment made, which was contrary to service level agreement, should be refunded back to Sedibeng Water.â
(Opponerende verklaring, Aanhangsel âSNM4â, p. 47 tot 48.)
Die bewoording van hierdie skrywe van respondent is duidelik tot die effek dat die interne oudit eers op daardie stadium, synde 6 Februarie 2006, finaal afgehandel was en dat daar eers op daardie stadium ân aanbeveling was dat die bepaalde bedrag aan respondent terugbetaal moes word. Dit strook met applikant se weergawe en is nie versoenbaar met respondent se weergawe nie.
3. Die feit dat die skulderkenning op 7 Februarie 2006, synde een dag na laasgenoemde skrywe, aan applikant verskaf is vir ondertekening, is na my mening verder bevestigend daarvan dat daar nie reeds op die vergadering van 31 Oktober 2005 enige ooreenkoms met betrekking tot die verskuldigde bedrag en/of die terugbetaling daarvan en/of die wyse van terugbetaling daarvan, bereik is nie.
4. Indien applikant en respondent wel ân ooreenkoms bereik het met betrekking tot die beweerde verskuldigde bedrag en die terugbetaling daarvan deur applikant aan respondent, is daar geen verklaarbare rede waarom applikant dan sou geweier het om die skulderkenning te onderteken op die stadium wat dit aan applikant vir ondertekening voorgelê was nie. Die feit dat applikant geweier het om dit te onderteken, is na my mening weereens in ooreenstemming met applikant se weergawe dat daar nie ân ooreenkoms ten opsigte van enige verskuldigheid deur applikant aan respondent, die bedrag daarvan of die terugbetaling daarvan was nie.
5. Dit is voorts onwaarskynlik dat applikant sou toestem tot die beweerde verskuldigheid en die beweerde reëling met betrekking tot die terugbetaling daarvan, aangesien dit onbetwis uit die aansoekstukke blyk dat hierdie maandelikse aftrekking applikant finansieel sou ruïneer. (Funderende verklaring, p. 16 â 17, paragraaf 12.1 tot 12.4; en Opponerende verklaring p. 67, paragraaf 2.10.)
6. Ten spyte daarvan dat daar in die skriftelike ooreenkoms ân opsie ten gunste van applikant beding is om die ooreenkoms vir ân verdere 5 jaar te verleng, is applikant meegedeel dat die ooreenkoms deur respondent beëindig gaan word op 31 Oktober 2006. Hierdie voorgenome (eensydige) kansellasie van die ooreenkoms/nie-verlenging van die ooreenkoms strook met die wyse waarop die maandelikse betalingsbedrag bereken is, synde 12 paaiemente ten bedrae van R67 195,84 wat dan teen 31 Oktober 2006 die totale bedrag van R806 350,80 sou teweegbring.
7. Inaggenome dat daar verskeie senior beamptes namens respondent die vergadering op 31 Oktober 2005 bygewoon het, kom dit uiters vreemd voor dat daar nie behoorlike bevestigende beëdigde verklarings deur sodanige beamptes geliasseer is nie, veral inaggenome dat die beweerde mondelinge ooreenkoms wat op die vergadering bereik is, die wese van respondent se verweer daarstel. Daar is ook nie deur respondent gepoog om enige notule van sodanige vergadering tot die aansoekstukke aan te heg en/of eers te beweer dat daar nie sodanige notule bestaan nie.
[12] In die vooropstelling is die waarskynlikhede na my mening oorweldigend ten gunste van applikant dat daar nie ân mondelinge ooreenkoms tussen applikant en respondent bereik is soos deur respondent beweer nie en dat respondent eensydiglik besluit het dat applikant oorbetaal is, wat die bedrag van die oorbetaling is en hoe dit terugbetaal moet word. Na my mening is hierdie ân geval waar respondent se weergawe ten opsigte hiervan, ten spyte van die oënskynlike feite dispuut daaromtrent, verwerp kan word as gevolg van die inherente geloofwaardigheid van applikant se feitelike bewerings en die inherente onwaarskynlikheid van respondent se bewerings. (Sien PLASCON-EVANS PAINTS v VAN RIEBEECK PAINTS [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (AD) op 634 F â 635 C.)
[13] Addisioneel tot laasgenoemde bevinding, moet daar ook op gelet word dat die skriftelike ooreenkoms in ieder geval die volgende terme bevat:
1. Klousule 11 van die ooreenkoms lees as volg:
âALTERATIONS/CHANGES TO CONTRACT
11.1 No alteration or change or cancellation of this agreement or any of its appendices will be valid unless it is in writing and signed by both parties to this agreement.â
2. Klousule 12 lees as volg:
âTOTAL AGREEMENT
12.1 This agreement as well as the appendices mentioned in this agreement and attached to this agreement, states the total agreement between the parties regarding the subject of the agreement, and the parties acknowledge that no understanding, guarantee or commitment exist between the parties, which is not contained in this agreement.â
Klousule 4.4 van die ooreenkoms lees as volg:
â4.4 The service provider will invoice the client on a monthly basis for the fees due as per the contract inclusive of VAT (Value Added Tax) at the applicable rate.â
4. Klousule 4.5 van die ooreenkoms lees as volg:
â4.5 The client agrees to pay such fees to the service provider not later that 5 (five) working days of the date of the invoice.â
[14] Dit is dus duidelik dat die beweerde mondelinge ooreenkoms waarop respondent poog om te steun ân wysiging van beide klousules 4.4 en 4.5 van die skriftelike ooreenkoms daarstel, deurdat dit tot gevolg sal hê dat die volle ooreengekome en gefaktureerde bedrag daardeur verminder word of gelde daarteen in skuldvergelyking afgetrek word en applikant dan vir sodanige mindere bedrag deur respondent betaal word. Gegewe die inhoud van klousule 12 van die skriftelike ooreenkoms, saamgelees met klousule 11 daarvan, sal sodanige beweerde mondelinge ooreenkoms in ieder geval nietig en onafdwingbaar wees. In die verband is dit nou geykte reg dat ân bepaling in ân kontrak wat mondelinge wysiging van die kontrak verbied (soos klousule 11 in die geval), geldig en afdwingbaar is en tot gevolg het dat ân daaropvolgende mondelinge ooreenkoms ter wysiging van die skriftelike ooreenkoms, van nul en gener waarde is.
Sien S.A. SENTRALE KO-OP GRAANMAATSKAPPY BEPERK v SHIFREN EN ANDERE 1964 (4) SA 760 (A) op 766 H tot 767 D:
âWaar partye so 'n bepaling in hul kontrak ingelyf het, d.w.s. 'n bepaling wat nie slegs ander bedinge nie, maar ook homself teen mondelinge wysiging heet te beveilig, kan ek geen rede vind waarom die een party nie die ander daaraan gebonde kan hou nie. Hul klaarblyklike doel met so 'n bepaling is om te waak teen die geskille en bewysmoeilikhede wat by mondelinge ooreenkomste kan ontstaan. Om albei daarteen te beskerm kom hulle uitdruklik ooreen dat mondelinge wysigende ooreenkomste, ook wat die verskansende beding self betref, al word hul animo contrahendi aangegaan, tussen hul van nul en gener waarde sal wees. Indien 'n party, uit hoofde juis van 'n mondelinge wysiging, belet sou word om hom op so 'n beding te beroep, sou ons hier met 'n soort kontrak te doen hê wat sonder meer nie deur 'n hof afgedwing word nie. Dit sou 'n opvallende afwyking wees van die elementêre en grondliggende algemene beginsel dat kontrakte wat vryelik en in alle erns deur bevoegde partye aangegaan is, in die openbare belang afgedwing word.... Om genoemde redes moet die eerste vraag hierbo genoem, nl. of hierdie kontrak mondeling gewysig kan word, na my mening ontkennend beantwoord word.â
Sien ook HNR PROPERTIES CC AND ANOTHER v STANDARD BANK OF SA LTD 2004 (4) SA 471 (SCA) op 479 B â E.
[15] Wat betref respondent se verweer van skuldvergelyking wat in die betoogshoofde namens respondent aangespreek word, is dit ân vereiste dat sodanige verweer gepleit en bewys moet word op dieselfde wyse as ân verweer van betaling. (Sien SCHIERHOUT v UNION GOVERNMENT (MINISTER OF JUSTICE) 1926 AD 286 op 290; sien ook MAHOMED v NAGDEE 1952 (1) SA 410 (AD) op 416
G â H. Na my mening het respondent in hierdie aangeleentheid nie spesifiek en pertinent skuldvergelyking as ân verweer in sy opponerende verklaring openbaar nie. Selfs indien ten gunste van respondent aanvaar sou word dat hy wel gepoog het om dit te doen en dat daar dus geag moet word aan hierdie prosedurele vereiste voldoen te wees, is daar steeds sekere vereistes wat deur respondent bewys moes word alvorens respondent suksesvol kan wees met die verweer van skuldvergelyking. Hierdie vereistes kan as volg saamgevat word:
âA party wishing to rely on set-off must allege and proof the following:
the indebtedness of the plaintiff to the defendant;
that the defendantâs debt is also due and legally payable;
that both debts are liquidated debts; and
that the reciprocal debt was owed by the plaintiff to the defendant.â
(Sien AMLERâS PRECEDENTS OF PLEADINGS, 6th Edition, HARMS, op p. 312 tot 313.)
Wat die vereiste van likiditeit betref, moet sodanige vordering aan die volgende voldoen:
âFor set-off to operate the defendant must be in the position to say âthe plaintiff owes me a debtâ, rather than âI have a claim against himâ. That is to say that the debt must be liquidated in the sense described by Innes CJ in Treasurer-General v Van Vuren 1905 TS 582 589:
âThe law requires that a debt which it is desired to oppose by way of set-off must be of a liquidated nature. It need not be liquid in the sense in which that word is now used in our practice. According to Vinnius, if not admitted by the other side it must be capable of easy and speedy proof. Pothier says a debt is liquidated when it is evident that it is due, and to what amount....ââ
(Sien: THE LAW OF CONTRACT, R H Christie, 4th Edition, op p. 554.)
[16] Na my mening voldoen respondent se beweerde skuldvergelykende vordering teen applikant nie aan bogemelde vereistes nie, in besonder nie aan die vereistes dat dit ân gelikwideerde vordering moet wees nie. Of applikant enige betaling aan respondent verskuldig is, en indien wel, wat die bedrag daarvan is, is juis wat in dispuut is tussen die partye en ooreenkomstig klousule 10 van die skriftelike ooreenkoms vir arbitrasie verwys moet word. Gevolglik is ek van mening dat respondent nie suksesvol kan wees met hierdie verweer nie en nie geregtig was om op die basis van skuldvergelyking die maandelikse aftrekkings kon maak nie.
[17] In die vooropstelling is ek van mening dat die maandelikse aftrekkings wat respondent tot op hede gemaak het en klaarblyklik voornemens is om steeds in die toekoms te maak totdat die bedrag van R806 350,08 deur applikant aan respondent terugbetaal is, eensydige en onregmatige optrede daarstel aan die kant van respondent, welke optrede `n verbreking van die terme van die skriftelike ooreenkoms gesluit tussen die partye, daarstel. Dit is duidelik dat die dispuut tussen die partye `n dispuut daarstel soos voorsien in klousule 10 van die skriftelike ooreenkoms en het Mnr. Dlavane ook sodanig toegegee beide in sy betoogshoofde en ten tyde van die aanhoor van die aansoek. Tot tyd en wyl die dispuut tussen die partye by wyse van arbitrasie besleg is, is applikant gevolglik in terme van die skriftelike ooreenkoms geregtig om maandeliks die volle ooreengekome kontraksprys vanaf respondent te ontvang en is respondent verplig om dit aldus aan applikant oor te betaal.
[18] Wat die instel van die arbitrasieverrigtinge betref, het die Kennisgewing van Mosie verwys na arbitrasieverrigtinge wat deur applikant teen respondent ingestel staan te word. Die partye was dit egter eens ten tyde van die aanhoor van die onderhawige aansoek dat sodanige arbitrasieverrigtinge inderdaad deur respondent ingestel sal moet word. Gevolglik sal die bevel wat ek voornemens is om te maak, verwys na arbitrasieverrigtinge wat deur respondent ingestel staan te word.
[19] Volledigheidshalwe word vermeld dat gegewe die datum waarop hierdie uitspraak gegee word, ek aanvaar dat bereken tot en met einde Augustus 2006, respondent tot op datum reeds 10 maande se aftrekkings gemaak het en derhalwe tans die bedrag van R671 958,40 aan applikant verskuldig is.
[20] In die vooropstelling word die volgende bevele verleen:
Respondent word beveel om die bedrag van
R671 958,40 (seshonderd een en sewentig duisend negehonderd agt en vyftig rand en veertig sent) aan applikant te betaal.
2. Hangende die finalisering van arbitrasieverrigtinge ingestel te word deur respondent teen applikant ooreenkomstig klousule 10 van die skriftelike ooreenkoms gesluit tussen die partye, gedateer 22 November 2001, welke arbitrasieverrigtinge ingestel moet word binne 60 (sestig) dae na verlening van hierdie bevel, word respondent:
2.1 beveel om die volle kontraksprys verskuldig aan applikant in terme van en voortspruitend uit voormelde skriftelike ooreenkoms te betaal en wel binne 5 (vyf) werksdae na datum van applikant se faktuur soos ooreengekom; en
verbied om enige verdere geld af te trek van of in skuldvergelyking te bring teen die ooreengekome kontraksprys deur respondent aan applikant verskuldig in terme van die voormelde skriftelike ooreenkoms.
3. Respondent word beveel om die koste van die aansoek te betaal.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die applikant: Adv. P.J.T. de Wet
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. M.A. Dlavane
S Silent Prokureurs
c/o N.W. Phalatsi & Partners
/em