Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Seboko v S (A36/2011) [2012] ZAFSHC 100 (21 May 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The trial court committed two material misdirections: first, by applying the prescribed minimum sentence for unlawful possession of a firearm without proper notice to the accused and without proof that the firearm was semi-automatic and in working condition; second, by accepting the complainant's evidence at sentencing, which contradicted the appellant's unchallenged plea explanation. These irregularities entitled the appellate court to reconsider the sentences afresh. Taking into account the appellant's personal circumstances, the mitigating factors, and the seriousness of the offences, the appellate court found that the sentences imposed were shockingly severe and inappropriate. The sentences were set aside and replaced with five years' imprisonment for housebreaking with intent to steal and theft, and three years' imprisonment for unlawful possession of a firearm and ammunition, to run concurrently and deemed imposed on 13 May 2009.

Court disposition

Appeal against sentence succeeds. Sentences imposed by the trial court are set aside and replaced.

Orders

  • The sentence of eight years' imprisonment for housebreaking with intent to steal and theft is set aside and replaced with five years' imprisonment.
  • The sentences for unlawful possession of a firearm and ammunition are taken together for sentencing purposes and replaced with three years' imprisonment.
  • The sentences are to run concurrently.
  • The sentences are deemed to have been imposed on 13 May 2009.

02

Material facts

Parties

Putsoane Joseph Seboko

Appellant Counsel: P. van der Merwe

The State

Respondent Counsel: S. Mthethwa

Amounts and remedies

  • Appellant's Monthly Income Before Offence: ZAR 1,700
  • Amount Allegedly Owed by Complainant to Appellant: ZAR 3,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the charge sheet did not refer to the prescribed minimum sentence under the Criminal Law Amendment Act, and the trial court only mentioned it during sentencing. This constituted an irregularity, and the court should have approached sentencing as if no prescribed minimum applied. The appellant also contended that the State failed to prove the firearm was semi-automatic and in working condition, which was necessary for the minimum sentence to apply. Furthermore, the trial court erred by accepting the complainant's evidence at sentencing, which contradicted the appellant's unchallenged plea explanation. The appellant's personal circumstances and mitigating factors warranted a lesser sentence.
Respondent
The State conceded that the trial court erred by applying the prescribed minimum sentence without proper notice and without proof that the firearm was semi-automatic and in working condition. The State agreed that the sentence imposed for counts 2 and 3 was shockingly severe and inappropriate. The State also acknowledged the irregularity in the trial court's acceptance of the complainant's evidence at sentencing, which prejudiced the appellant.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Ndlovu 2003 (1) SACR 331 (SCA)

    Where the charge sheet does not refer to the prescribed minimum sentence and no mention is made during conviction, the court must approach sentencing as if no prescribed minimum applies.

  2. 02

    Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

    The State bears the onus to prove all elements of the offence, including that the firearm is semi-automatic and in working condition, for the minimum sentence to apply.

  3. 03

    Section 220, Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Where the State closes its case based on formal admissions, the accused's plea explanation stands unchallenged and must be accepted by the court.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The trial court committed two material misdirections: first, by applying the prescribed minimum sentence for unlawful possession of a firearm without proper notice to the accused and without proof that the firearm was semi-automatic and in working condition; second, by accepting the complainant's evidence at sentencing, which contradicted the appellant's unchallenged plea explanation. These irregularities entitled the appellate court to reconsider the sentences afresh. Taking into account the appellant's personal circumstances, the mitigating factors, and the seriousness of the offences, the appellate court found that the sentences imposed were shockingly severe and inappropriate. The sentences were set aside and replaced with five years' imprisonment for housebreaking with intent to steal and theft, and three years' imprisonment for unlawful possession of a firearm and ammunition, to run concurrently and deemed imposed on 13 May 2009.

Obiter and limits

  • The fact that the appellant stole a firearm and ammunition is aggravating, given the prevalence of crimes involving stolen firearms, but in this case, the firearm was not used in further offences.
  • The trial court's procedure of calling the complainant as a witness at sentencing, after the State had closed its case on formal admissions, was irregular and prejudicial to the accused.

Court disposition

Appeal against sentence succeeds. Sentences imposed by the trial court are set aside and replaced.

  • The sentence of eight years' imprisonment for housebreaking with intent to steal and theft is set aside and replaced with five years' imprisonment.
  • The sentences for unlawful possession of a firearm and ammunition are taken together for sentencing purposes and replaced with three years' imprisonment.
  • The sentences are to run concurrently.
  • The sentences are deemed to have been imposed on 13 May 2009.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2012] ZAFSHC 100

VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Appélnommer : A36/2011

In die appél tussen:-

PUTSOANE JOSEPH

SEBOKO ...............................................Appellant

en

DIE STAAT ...........................................................................Respondent

_____________

CORAM: VAN ZYL, R et MATHEBULA, WND R

UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R

GELEWER OP: 21 MEI 2012

[1] Appellant het in die Streekhof, Senekal, tereggestaan op drie aanklagte, synde:

Aanklag 1, huisbraak met die opset om te steel en diefstal, deurdat dit beweer is dat appellant op of omtrent 7 November 2008 wederregtelik en opsetlik die huis van Buti Lekitlane oopgebreek of oopgemaak het met die opset om die goed daarin te steel en toe daar wederregtelik en 1 x 9mm Pietro Beretta pistool, 18 x 9mm patroonrondtes en 2 x Bells Whiskey, die eiendom of in die regmatige besit van Buti Lekitlane, gesteel het.

Onwettige besit van ‘n vuurwapen, deurdat dit beweer is dat appellant op of omtrent 7 November 2008 tot 10 November 2008 wederregtelik in besit was van bogemelde pistool.

Onwettige besit van ammunisie, deurdat dit beweer is dat appellant op of omtrent 7 November 2008 tot 10 November 2008 wederregtelik in besit was van bogemelde patroonrondtes.

[2] Appellant het regsverteenwoordiging geniet in die hof a quo. Hoewel appellant aanvanklik skuldig gepleit het, het sy regsverteenwoordiger aangedui dat die pleit nie ooreenkomstig sy instruksies is nie, waarop hy ‘n kort konsultasie met appellant gehad het. Daarna het appellant aangedui dat hy onskuldig pleit, maar het sy regsverteenwoordiger aangedui dat appellant wel sekere erkennings in terme van Artikel 115(2)(b) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, wens te maak, welke erkennings as formele erkennings genotuleer kan word ooreenkomstig die bepalings van Artikel 220 van voormelde Wet. Ingevolge hierdie formele erkennings, het appellant die wesenlike elemente van elk van die drie aanklagte erken. Appellant het egter beweer dat hy die misdrywe gepleeg het aangesien die klaer aan hom die bedrag van R3 000-00 geskuld het vir ‘n selfoon wat appellant aan die klaer verkoop het. Na aanleiding van voormelde formele erkennings het die Staat sy saak gesluit. Daarna het appellant ook sy saak gesluit.

[3] Voortspruitend uit die formele erkennings wat appellant gemaak het, is appellant daaropvolgend skuldig bevind op al drie aanklagte. Daarna is appellant ten opsigte van aanklag 1 gevonnis tot agt (8) jaar gevangenisstraf. Aanklagte 2 en 3 is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is appellant ten opsigte daarvan ook gevonnis tot agt (8) jaar gevangenisstraf. Die verhoorhof het gelas dat die opgelegde vonnisse samelopend uitgedien moet word.

[4] Appellant het by die verhoorhof aansoek gedoen om verlof om teen die opgelegde vonnisse te appelleer, maar is die aansoek van die hand gewys. Appellant het daarop ‘n petisie tot hierdie hof gerig waarin hy aansoek gedoen het om verlof om teen die opgelegde vonnisste appelleer. Hierdie petisie is aldus toegestaan en is die onderhawige appèl dus slegs teen die opgelegde vonnisse gerig.

[5] Mnr Pretorius, wie die betoogshoofde namens appellant opgestel het, het in sy betoogshoofde uitgewys dat die klagstaat nie enige verwysing na die voorgeskrewe minimum vonnis in terme van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997 (hierinlater na verwys as “die Strafregwysigingswet”), ten opsigte van aanklag 2, bevat nie. Daar was ook geen verwysing daarna ten tyde van die uitspraak ten opsigte van die skuldigbevindings nie en het die verhoorhof die eerste keer daarna verwys ten tyde van die aanhoor van die betoë wat betref vonnisoplegging. Mnr Pretorius het aan die hand gedoen dat dit ‘n onreëlmatigheid daarstel en moes die verhoorhof onder die omstandighede die oorweging van ‘n gepaste vonnis benader het asof daar nie ‘n voorgeskrewe minimum vonnis is nie. Mnr van der Merwe, wie namens appellant ten tyde van die beregting van die appèl verskyn het, het laasgenoemde betoog herhaal. Hy het aan die hand gedoen dat aangesien dit uit die uitspraak ten opsigte van vonnis blyk dat die verhoorhof ‘n voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf ten opsigte van aanklag 2 as vertrekpunt gebruik het, die hof misgetas het wat dit betref, met die resultaat dat ‘n vonnis opgelê is wat skokkend swaar en onvanpas is.

Mnr Mthethwa, namens die Staat, het tereg toegegee dat die verhoorhof onder die omstandighede fouteer en misgetas het deur die oorweging van ‘n gepaste vonnis ten opsigte van aanklag 2 te oorweeg op die basis dat daar ‘n voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf is. Hy het dus toegegee dat die opgelegde vonnis van agt jaar gevangenisstraf ten opsigte van aanklagte 2 en 3, skokkend swaar en onvanpas is.

[6] Wanneer die oorkonde bestudeer word, is dit duidelik dat die klagstaat inderdaad geen verwysing na enige voorgeskrewe minimum vonnis in terme van die Strafregwysigingswet bevat nie. Daar is ook geen melding daarvan gemaak ten tyde van die uitspraak wat die skuldigbevinding betref nie. Dit is die eerste keer ten tyde van die betoë met betrekking tot vonnis vermeld. Dit is nou deur regspraak deur die Hoogste Hof van Appél vasgelê dat onder sodanige omstandighede ‘n verhoorhof die oorweging van ‘n gepaste vonnis moet oorweeg asof daar geen voorgeskrewe minimum vonnis ten opsigte van die tersaaklike oortreding bestaan nie. Sien S v NDLOVU 2003 (1) SASV 331 (SCA). In die onderhawige geval het die verhoorhof dus duidelik fouteer deur die oorweging van ‘n gepaste vonnis ten opsigte van aanklag 2 te benader op die basis dat ‘n voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf van toepassing is. Hierdie foutering is voortgesit in die verhoorhof se oorweging van die aansoek om verlof om te appelleer, waar dit duidelik weereens verkeerdelik die verhoorhof se beslissing beïnvloed het.

[7] Addisioneel tot voormelde, het Mnr van der Merwe ook tereg uitgewys en betoog dat daar ‘n verdere mistasting deur die verhoorhof begaan is, deurdat die onus op die Staat gerus het om te bewys dat die pistool hierin ter sprake inderdaad ‘n semi-outomatiese vuurwapen is wat in werkende toestand verkeer. Die Staat se versuim om dit te bewys is ‘n verdere rede waarom die verhoorhof nie geregtig was om die vonnis te oorweeg op die basis van ‘n voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf nie.

[8] Voormelde mistastings het derhalwe tot gevolg dat ons as Hof van Appél opnuut kan oorweeg wat ‘n gepaste vonnis ten opsigte van aanklagte 2 en 3 is.

[9] Wat betref die agt (8) jaar gevangenisstraf met betrekking tot die aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal, het Mnr van der Merwe betoog dat gegewe die persoonlike omstandighede van appellant en die versagtende faktore hier aanwesig, die vonnis skokkend swaar en onvanpas is. Hoewel Mnr Pretorius in die betoogshoofde aan die hand gedoen het dat ses (6) jaar gevangenisstraf ‘n gepaste vonnis is, het Mnr van der Merwe betoog dat vyf (5) jaar gevangenisstraf ‘n meer gepaste vonnis sal wees.

[10] Daar is ‘n verdere aspek wat na my mening oorweeg moet word by die beslissing van hierdie appèl. Dit blyk uit die oorkonde dat die verhoorhof, op eie inisiatief, onmiddellik voor vonnisoplegging die klaer as getuie geroep het. Op vrae deur die hof aan die klaer gestel, het hy getuig dat hy nie enige selfoon van appellant gekoop het nie en het hy dus ontken dat hy enige geld aan appellant verskuldig is. Dit het tot gevolg gehad dat die verhoorhof by sy oorweging van ‘n gepaste vonnis die aangeleentheid hanteer het op die basis dat daar inderdaad geen transaksies tussen appellant en die klaer plaasgevind het soos deur appellant beweer nie en dat hy dus die misdrywe, in besonder wat aanklag 1 betref, uit “greed” gepleeg het.

[11] Na my mening stel bogemelde werkswyse van die verhoorhof ‘n onreëlmatigheid daar. Waar die Staat in die onderhawige geval sy saak gesluit het voortspruitend uit appellant se pleitverduideliking en die formele erkennings deur hom gemaak, het dit tot gevolg dat appellant se bewering dat die klaer aan hom geld verskuldig was, onbetwis gestaan het en aldus deur die hof aanvaar moes word. Die prosedure om die klaer voor vonnisoplegging as getuie te roep en dan getuienis wat die klaer aanbied wat teenstrydig was met die weergawe van die appellant te aanvaar en appellant se weergawe te verwerp, is onreëlmatig. Die verhoorhof (en die Staat) was gebonde, onder hierdie omstandighede, aan die inhoud van appellant se pleitverduideliking. Toe ek ten tyde van die argumentering van die appèl hierdie aspek aan beide Mnre van der Merwe en Mthethwa geopper het, het beide van hul betoog en toegegee dat die verhoorhof se bevinding hieromtrent ‘n onreëlmatigheid daarstel, wat tot gevolg gehad het dat hy die klaer se getuienis in die verband verkeerdelik ten koste van appellant in oorweging geneem het by die oorweging van ‘n gepaste vonnis. Voortspruitend uit sy toegewing het Mnr Mthethwa dan aan die hand gedoen dat ses (6) jaar gevangenisstraf ‘n

gepaste vonnis ten opsigte van aanklag 1 is.

[12] Wat appellant se persoonlike omstandighede betref, blyk dit dat hy 23 jaar oud was, ongetroud en met geen kinders. Hy het Graad 10 op skool geslaag. Hy was woonagtig saam met sy moeder en sy twee jonger broers. Onmiddellik voor die voorval het appellant stukwerk verrig ten opsigte waarvan hy R1 700-00 per maand verdien het.

Wat na my mening strafversagtend ten gunste van appellant inwerk, is die feit dat hy in wese skuldig gepleit het, wat aanduidend is daarvan dat hy verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar en daardeur ook berou toon. Verder is hy ‘n algeheel eerste oortreder en was hy ook 6 maande verhoorafwagtend.

[13] Teenoor voormelde versagtende faktore, is dit wel so, soos ook deur die verhoorhof in sy uitspraak uitgewys, dat hierdie misdrywe ernstige misdrywe is wat hoogty vier deur die hele land. Veral wat aanklag 1 betref, is lede van die gemeenskap geregtig daarop om te verwag dat ander persone hul privaatheid en eiendom sal respekteer, wat nie gedoen word wanneer ‘n persoon huisbraak met die opset om te steel en diefstal pleeg nie.

Addisioneel tot laasgenoemde, is ek ook van mening dat die feit dat appellant juis ‘n vuurwapen en ammunisie gesteel het ten tyde van aanklag 1, ook strafverswarend inwerk ten opsigte van aanklag 1, vanweë die feit dat misdrywe waarby gesteelde vuurwapens en ammunisie gebruik word hoogty vier en dikwels aanleiding gee tot die pleging van baie ernstige ander misdrywe. Terselfdertyd hou ek egter voor oë dat in die onderhawige geval die vuurwapen en ammunisie nie gebruik was by die pleging van ander of verdere misdrywe nie.

[14] Na ‘n deeglike en gebalanseerde oorweging van al die relevante feite en omstandighede, in besonder wat betref die drie elemente van strafoplegging, is ek van mening dat die onderstaande vonnisse gepaste vonnisse is in hierdie omstandighede.

[15] Gevolglik slaag appellant se appèl teen die opgelegde vonnisse, die opgelegde vonnisse word tersyde gestel en vervang met die volgende:

Ten opsigte van aanklag 1, word appellant gevonnis tot vyf (5) jaar gevangenisstraf.

Aanklagte 2 en 3 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en word appellant gevonnis tot drie (3) jaar gevangenisstraf.

Dit word gelas dat voormelde vonnisse samelopend uitgedien moet word.

Dit word voorts gelas dat voormelde vonnisse geag moet word opgelê te gewees het op 13 Mei 2009.

_______

C. VAN ZYL, R

Ek stem saam:

______

M.A. MATHEBULA, WND R

Namens die Appellant: Mnr P. van der Merwe

In opdrag van:

Regssentrum

BLOEMFONTEIN

Namens die Respondent: Adv S. Mthethwa

Direkteur van Openbare

Vervolgings

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Ndlovu 2003 (1) SACR 331 (SCA)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.