Senator Versekeringsmaatskappy Bpk. vs Huisamen (115/84) [1984] ZASCA 107 (24 September 1984)
The Supreme Court of Appeal found that the evidence of Mrs Grobbelaar was materially contradictory and unreliable, particularly regarding whether the respondent stopped at the red light and whether the light was green in his favour. The court held that the probabilities did not favour either the respondent's or...
Source-derived case information.
- Citation
- [1984] ZASCA 107
- Parties
- Appellant: Senator Versekeringsmaatskappy Beperk; Respondent: Gideon Huisamen
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 115/84
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Court a Quo
- Outcome
- Appeal upheld. Order of absolution from the instance with costs, except for costs relating to unnecessary documents.
- Judges
- Rabie, Joubert, Galgut
- Legal Topics
- Negligence, Burden of Proof, Motor Vehicle Collision, Absolution From the Instance
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Senator Versekeringsmaatskappy Beperk
Appellant
Gideon Huisamen
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Court a Quo
Legal Issues
- 1 Whether the respondent proved that the collision was caused by the exclusive negligence of Smith, the insured driver.
- 2 Whether the evidence of the key witness, Mrs Grobbelaar, was reliable and could support the respondent's version.
- 3 Whether the probabilities supported either party's account of the traffic light sequence at the intersection.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the evidence of Mrs Grobbelaar was materially contradictory and unreliable, particularly regarding whether the respondent stopped at the red light and whether the light was green in his favour. The court held that the probabilities did not favour either the respondent's or Smith's version of events, and there was no sufficient reason to accept one account over the other. The respondent bore the burden of proof to establish that Smith was negligent and that such negligence caused the collision. As the respondent failed to discharge this onus, absolution from the instance should have been granted by the court a quo. The appeal was upheld, the order of...
Court Disposition
Appeal upheld. Order of absolution from the instance with costs, except for costs relating to unnecessary documents.
Orders
- The appeal succeeds with costs, except for costs relating to the preparation and inclusion of pages 9 to 67 in the record before this Court.
- The order of the court a quo is set aside and replaced with an order of absolution from the instance with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
146 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die appèl van:
SENAT OR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK ... appellant en GIDEON HUISAMEN respondent.
Coram: Rabie Hr, Joubert AR et Galgut Wn. AR Datum van verhoor: 27 Augustus 1984. Datum van uitspraak: 24 September 1984
UITSPRAAK
GALGUT Wn. AR:Op Sondagoggend, 15 Junie 1980, om ongeveer 7.15 vm, het daar 'n botsing plaasgevind tussen 'n Datsun motorvoertuig bestuur deur respondent en 'n Mazda motor-
/ voertuig
2
voertuig bestuur deur ene J G Smith.
Respondent, na wie ek sal verwys as die eiser, het beserings opgedoen in die botsing. Die Mazda is deur die appellantmaatskappy verseker ingevolge die bepalings van Wet 56 van 1972. Eiser het derhalwe sy aksie vir skadevergoeding teen appellant ingestel. Ek sai na appellant verwys as die verweerder. Die partye het voor die verhoor op 'n bedrag van R8 003-31 ooreengekom as synde die skadevergoeding waarop eiser geregtig sou wees indien hy sou slaag in die geding. Eiser het inderdaad in die hof a guo geslaag en bovermelde bedrag met koste is aan hom toegeken. Die appèl is teen daardie bevinding.
Die botsing het plaasgevind in die robot-beheerde kruising van Tafelbaaiboulevard en Oswald Pirowlaan, Kaap-stad. Eiser het van oos na wes in Tafelbaaiboulevard gery terwyl Smith van suid na noord beweeg het in Oswald Pirowlaan. Hy het langs die eiland, wat Oswald Pirowlaan in twee verdeel,
/ gery
3
gery. Die straatligte het die betrokke tyd nog gebrand, die uitsig was goed en beide motors se ligte het gebrand.
Eiser het in sy uiteensetting van eis beweer dat die botsing te wyte was aan die uitsluitlike nalatigheid van Smith. Verskeie gronde van nalatigheid is uiteengesit. Die vernaamste daarvan is dat hy versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou en dat hy nagelaak het om behoorlik ag te slaan op 'n rooi verkeerslig wat die kruising waarin die botsing plaasgevind het, beheer. Verweerder het in sy pleit ontken dat Smith nalatig was; in die alternakief, en slegs indien dit bevind sou word dat hy wel nalatig was, het verweerder ontken dat sodanige nalatigheid kousaal tot die botsing by-gedra het. In die verdere alternatief en indien bevind sou word dat Smith wel nalatig was en dat sodanige nalatighêid kousaal tot die botsing bygedra het, is gepleit dat die botsing deels te wyte was aen die skuld van Smlth and deels te wyte aan
/ die
4
die skuld van eiser. Daar is beweer dat eiser in verskeie opsigte nalatig was, die vernaamste waarvan was dat hy versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou en dat hy nagelaat het om enigsins ag te slaan op 'n rooi verkeerslig wat die kruising waarin die botsing plaasgevind het, beheer.
Soos later sal blyk, was. die werklike geskilpunt in die hof a quo, watter een van die twee bestuurders teen die rooi lig die kruising binnegegaan het. Dit is gemene saak dat die lig nie vir beide eiser en Smith groen kon gewees het nie.
Eiser het getuig dat hy die betrokke oggend van plan was om na sy werk by die poskantoor te gaan nadat hy 'n mej Mouton, 'n passassier by hom in die motor, afgelaai het. Voordat hy by die betrokke kruising gekom het, het hy ge-sien die verkeerslig slaan oor van geel na rooi en hy het daar stilgehou totdat die lig weer groen geword het. Hy
/ het 5 het die motor in eerste rat gesit en stadig oorbeweeg en was reeds by die eiland verby toe sy voertuig aan die linker agterkant gestamp word. "Vir 'n fraksie van 'n sekonde" (sy beskrywing) voor die stamp het hy bewus geword van iets aan sy linkerkant maar kon niks doen om die botsing te vermy nie. Hy het ontken dat hy hoegenaamd met Smith gepraat het.
Mev Grobbelaar, wat destyds mej Mouton was en metwie eiser 'n liefdesverhouding gehad het, het daardie oggendas passasier links voor in eiser se motor gesit. Die liefdes-verhouding het kort na die botsing tot 'n einde gekom. Om
redes wat later sal blyk, is dit wenslik orn haar weergaweop te som deur aanhalings uit haar getuienis te gee. Inhoofondervraging kom die volgende voor:
"If you would just tell his Lordship step by step what happened Mrs Grobbelaar?-- When we got to the lights we stopped. When it turned green we carried on again."
"Mr Scholtz;
6
"Mr Scholtz: Are those - sorry yes, when you came there they were red and when they turned green?— Then we moved to cross the inter-section.
Yes?-- When we got halfway to the -you get the isle on the left side; we had just passed that when I saw this white flash coming up towards us.
From which side was this flash coming?— On the left side.
From your left side?— That is right. But before I could warn the driver the car had hit us and I then lost consciousness."
"Was there anything unusual about the manner in which he pulled away from the traffic lights once they turned green in your favour?— No sir."
In kruisondervraging kom die volgende voor.
"I take it that prior to the accident you were watching the road ahead of you?— Yes.
You say that your vehicle came to a stop at the robot?— That is right.
That was because the lights were red against you?— That is right."
"But one thing is clear, isn't it Mrs Grobbelaar, that these lights were never, as you approached the intersection, you can't remember the lights ever having been green?— No."
/ "Again
7
"Again I want to ask you, there ïs no question Mrs Grobbelaar, that you approached this intersection and the light was already green as you approached the intersection?— No.
You are giving your evidence in English but I take it you can speak Afrikaans?-- Yes.
Well?— Quite well."
Op 7 Julie 1980, dit is 22 dae na die ongeluk, is mev Grobbelaar uit eie beweging na die polisie waar sy 'n verklaring onder eed afgelê het. Haar getuienis in dié verband lui:
"Sir, the police didn't approach me, I went after the police.
You went off yourself?— That is right.
Didn't they ask you to come in?-- No, I went to find out what the driver's name was because I wanted to tell him that I was going to take up the case."
And you have in fact also instituted an action, haven't you, against the present defendant for your injuries?— That is right."
Die verklaring (bewysstuk B in die hof a quo) lui so:
/"Op Sondag
8
"Op Sondag 80/6/15 omstreeks 07hl5 was
ek 'n passassier van motorvoertuig CY 122938
Die voertuig was bestuur deur mnr G Huisamen.
Ons het in 'n Westelike rigting met die Nasionale pad beweeg. Ons het die verkeers-ligte te h/v Oswald Pirow en die nas pad genáder. Die verkeerslig was groen in ons guns.
Ons het toe die kruislng binne beweeg. Ons was feitlik deur die kruising toe ek ewe skielik 'n wit motor vanuit die linkerkant sien beweeg. Ek het toe bestuurder gesê dat die motor baie vinnig beweeg. Ek het toe net 'n botsing gevoel en toe verloor ek my bewussyn. Ek het my sleutelbeen en twee ribbes gedurende die ongeluk gebreek en is nog onder hospitaalbehandeling."
In kruisondervraging is die inhoud van bewysstuk B aan haar gestel. Haar antwoorde is veelseggend soos blyk uit die volgende getuienis:
/ "Then
9
"Then it (dit is bewysstuk B) says: 'Ons het die verkeersligte te hoek van Oswald Pirow en die nas. pad genader'. That is also correct, not so?— Yes.
'Die verkeerslig was groen in ons guns' Is that correct?— No, that is not correct.
'Ons het tce die kruising binnebeweeg'. That is correct?— Yes.
You did at somc stage get into the.... — Yes.
'Ons was feitlik deur die kruising toe ek ewe skielik 'n wit motor vanuit die linkerkant sien beweeg' ?-- Ja, dit is reg.
You had no time to warn the driver?-- I didn't sir, that I swear to.
You didn't warn him?— I didn't get a chance to warn him.
You are quite sure of that?— I am positive.
I'm just putting this statement to you Mrs Grobbelaar. 'Ek het toe bestuurder gesê dat die motor baie vinnig beweeg'. You did say that to the police, did you not?— I did say it, because I was - I did think I had said it."
Die teenstrydighede in haar getuienis en in haar verklaring is aan haar gestel. Wat dit betref lui haar getuienis soos volg:
/ When
10
"When I made that statement I admit I was still very much in shock.
In shock? That is on the 7th July 1980, that is almost four weeks after the accident?— I know that.
Did you receive any treatment for shock?— I didn't get anything for shock, no, not from the hospital.
But you went to the hospital?— Yes, I did go.How long were you there?— I was there oné day.
Did you get any treatment for this shock that you say you felt?— No, I didn't get treatment."
Smith het getuig dat hy die more op pad huis toe was nadat hy die hele nag as opsigter by die parlementsgebou gewerk het. In Oswald Pirowlaan het hy eers by 'n motorhawe ongeveer 100 meter van die kruising aangegaan. Toe hy wéer indraai in die laan was die verkeerslig rooi maar omtrent 65 meter vanaf die kruising het dit oorgeslaan na groen in sy rigting. Hy het in die regterkantse baan, langs die eiland, gery en sy spoed was ongeveer 60 k.p.u. Omdat dit Sondagoggend was en hy die moontlikheid voorsien het dat mense deur 'n rooi lig mag ry, het hy stadiger beweeg en
/ sowat
11
sowat 30 meters van die kruising af regs gekyk, waar sy uitsig onbelemmerd was, maar niks gesien nie. As eiser se voertuig by die verkeerslig gestaan het sou hy dit wel gesien het. Vanweë die f eit dat die lig vir hom groen was, het hy voor hom gekyk en die kruising binnegegaan. Die botsing het skielik gekom. 'n Motor het vinnig van die regterkant gekom en hy het die voertuig aan die linkerkant getref. Hy het verder getuig dat hy met eiser gepraat het en aan hom op Engels gevra het: "How can you speed through a red light like that?", waarop eiser gesê het, "I saw nothing". Daar was weer 'n gesprek daarna. Eiser het 'n bruin tassie met 'n ritssluiter uit sy motor gehaal. Hy kon dit nie toe kry nie en het vir hom, Smith, gevra om dit vas te hou, wat hy wel gedoen het, en die ritssluiter is toe toegetrek.
In kruisondervraging het Smith getuig dat hy vir tien jaar nagdiens gedoen het, dat hy gewoond daaraan was en dat dit hom nie geaffekteer het nie.
/ Volgens
12
Volgens 'n tabel wat ingehandig is, blyk dit dat as die lig inderdaad oorgeslaan het toe Smith 65 meter vanaf die kruising was, dit groen sou gewees het toe hy die kruising binnegegaan het.
Die geleerde regter a quo het mev Grobbelaar segetuienis aanvaar. In die verband het hy in sy uitspraakgesê (die letters (a), (b), (c), (d) en (e) is myne):
"Verweerder se advokaat het die getuienls van Grobbelaar aangeval as onge-loofwaardig omdat die getuie volgens sy betoog afgewyk het van haar verklaring aan die polisie. (a) Na die mening van hierdie hof is bewysstuk B nie 'n ondubbelsinnige verklaring nie en sluit dit nie haar weergawe in hierdie hof uit nie, naamlik, dat eiser gestop het voordat hy die kruising binnegegaan het.
(b) Uit ondervinding in hierdie hof blykdit dikwels dat die inhoud en bewoordingvan verklarings wat deur polisiebeamptesopgestel word in verband met moontlike ver-volgings afhang van wat enige betrokkeopsteller as belangrik beskou vir sodanigevervolging, en word die verklaring dien-ooreenkomstig met noukeurigheid en bondig-
heid dikwels in sy eie woorde opgestel.
(c) Vir die opsteller van bewysstuk B magdie feit dat daar eers gestop is, voordat diekruising op 'n groen lig binnegegaan is,
/ nie
13
nie van belang gewees het nie en is die hof nie bereid om Grobbelaar om hierdie rede as ongeloofwaardig te beskou nie. (d) Sy
het 'n goeie indruk as getuie gemaak
Sy het egter in haar getuienis niks
probeer wegsteek nie en soos reeds genoem, is sy uit eie beweging na die polisie waár sy 'n verklaring afgelê het."
Verweerder se advokaat (hy het nie in die hof a quo opgetree nie) het in hierdie hof aan die hand gedoen dat die geleerde regter a quo die getuienis van mev Grobbelaar nie moes aanvaar het nie. Myns insiens is hy korrek en welvir die volgende redes. Weliswaar gebeur dit dat polisie-
beamptes Scms verklarings opstel soos in (b) hierbo uiteengesib.
In hierdie geval, soos blyk uit haar getuienis, het mevGrobbelaar nie aan die polisiebeampte gesê dat eiser gestophet nie. Inderdaad het sy nie eers gesuggereer dat hy nieneergeskryf het wat sy gesê het nie of dat hy haar nieverstaan het nie. Dit volg dat wat in (c) gesê is niegeregverdig is nie.
/ Na
14
Na my mening is wat die regter in (a) gesê. het nie gegrond nie. Hoe meer ek bewysstuk B lees, hoe meer is ek daarvan oortuig dat mev Grobbelaar ten tyde van die ver-klaring, 22 dae na die ongeluk toe die feite vars in haar geheue moes gewees het, uitdruklik gesê het dat toe hulle die kruising nader was die lig groen in hulle guns gewees en dat hulle gevolglik die kruising binnegegaan het. Sy is self polisie toe om haar eie saak te bevorder. Dib is derhalwe moeilik denkbaar, as die lig rooi was en as hulle gestop het, dat sy dit nie aan die polisie sou gesê het nie.
Alhoewel mev Grobbelaar 'n goeie indruk as getuiegemaak het, moet onthou word dat gedrag ("demeanour") in diegetuiebank uiters misleidend kan wees. Kyk S v Kelly,
1980 (3) SA 301 (A) te 308, waar gesê is:
"There is no doubt that demeanour - 'that vague and indefinable factor in estimating a wit-ness's credibility' (per HORWITZ AJ in R v Lekaota, 1947 (4) SA 258 (0) at 263) -
/ can be
15
can be most misleading. The hallmark of a truthful witness is not always a confi-dent and courteous manner or an appearance
of frankness and candour."
In haar getuienis het mev Grobbelaar met klem gesê (sien haar woorde "that I swear to") dat sy nie tyd gehad het om enige waarskuwing aan eiser te gee nie. In haar verklaring het sy gese dat sy wel aan eiser gesê het dat die ander motor baie vinnig beweeg. Toe hierdie teenstrydigheid aan haar gestel is het sy geantwoord: "I was still in a state of shock". Die verklaring is afgelê 22 dae na die botsing en in die lig van haar eie getuienis in verband met die behandeling wat sy gekry het, is hierdie antwoord klaarblyklik onwaar. Dit volg dat die regter se opmerking in (e) hierbo dus nie gegrond is nie. Dit volg ook dat mev Grobbelaar se getuienis onaanvaarbaar is en nie as stawing vir eiser se getuienis kan dien nie.
Die weergawes van eiser en Smith is lynreg teenstrydig met mekaar. Die regter het nie bevind dat een van die twee valse getuienis afgelê het nie.
/ Wat
16
Wat eiser betref, het die regter in sy uitspraak gesê dat eiser 'n man is wat reeds 'n gevorderde leeftyd bereik het; dat hy nie die indruk geskep het van iemand wat on-nodig 'n risiko sou neem nie, veral nie terwyl daar 'n darne met hom in die voertuig is met wie hy op daardie tydstip 'n intieme verhouding gehad het nie, en dat dit on-waarskynlik is dat hy die kruising teen 'n rooi lig sou binnegaan nadat hy daar gestop het. Wat Smith betref, het die regter a quo gesê dat hy die ouderdom van 61 jaar bereik het en nie voorkom as 'n persoon wat opsetlik deur 'n rooi lig sou gaan nie. In die regter se redes vir uitspraak kom die volgende voor:
"Teen hom (Smith) tel egter die feit dat hy die heel nag gewerk het (alhoewel hy sê dat hy daaraan gewoond is); dat hy spoed verminder het nadat die lig vir hom groen geword het om regs te kyk, maar niks gesien het nie en aan-gery het. Hy het toegegee dat toe hy regs gekyk het hy karre vanaf die oostekant sou kon sien op dieselfde distansie vanaf die kruising as wat hy toe was en dat die distansie wat hy moes aflê tot waar die botsing plaasgevind het,
/ korter
17
korter was as dié van 'u voertuig wat in sy
gesigsveld sou gewees het toe hy gekyk het.
Dit wil dus voorkom asof sy oplettendheidsver-
moë ietwat gebrekkig was want volgens die
bevinding van hierdie hof moes eiser se voer-
tuig op daardie stadium óf by die kruising
gestaan het óf reeds inbeweeg het. Laasge-
noemde skyn die waarskynlikste te wees."
Die bovermelde beredenering is foutief in die volgende opsigte. Eerstens het Smith gesê dat hy nie geaffekteer was deur sy nagdiens nie. Tweedens, as hy inderdaad gesien het dat die lig na groen oorgeslaan het toe hy 65 meter vanaf die kruising was, moes dit groen gewees het toe hy die kruising binnegegaan het. Daar kan dus geen sprake van gebrekkige oplettenheidsvermoë wees nie. Derdens, deur te bevind dat eiser wel gestop het en daarna in die kruising inbeweeg het, word iets as bewese aangeneem wat nog bewys moes word. Smith het gesê dat hy na die oostekant gekyk het en as eiser se motor daar gestaan het, sou hy dit gesien het. Daar is geen rede om eiser se getuienis op hierdie aspek te aanvaar en Smith se getuienis te ver-
/ werp
18
werp nie. Derhalwe is dit 'n foutiewe redenasie om enige gevolgtrekking te baseer op 'n bevinding wat nie bewys isnie, naamlik dat eiser wel by die lig gestaan het.Vierdens, die feit dat daar 'n dame in eiser se motor was,
neem die waarskynlikhede nie verder nie. Laastens vind
ek dit onwaarskynlik dat 'n getuie die relaas van die tassie
en die ritssluiter sou uitdink as dit nie gebeur het nie.
Inderdaad is sy getuienis in hierdie opsig nie aangeveg nie.
Eiser se advokaat (hy het nie in die hof a quo opgetree nie) het aan die hand gedoen dat al sou hierdie Hof mev Grobbelaar se getuienis verwerp, die waarskynlikhede is dat Smith nalatig was en dat sy nalatigheid kousaal by-gedra het tot die botsing. Hy het betoog dat die feit dat Smith eiser se voertuig net voor die botsing eers gesien het, bewys dat hy versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou. Hierdie betoog kan nie opgaan nie. Eerstens geld dieselfde ' betoog t.o.v. die eiser. Tweedens is die saak nie op daardie
/ basis
19
basis gevoer nie en is relevante aspekte in daardie opsig nie ondersoek nie. Die saak is binne 'n beperkte bestek gevoer. Dit kom voor uit die volgende aanhaling uit die regter se uitspraak:
"Ondanks die bewerings van nalatigheid in die pleitstukke het die dispuut tussen die partye soos gesien kan word uit die aangehaalde getuienis, binne 'n baie beperkte bestek geval, naamlik, welke een van die twee bestuurders die betrokke kruising teen 'n rooi verkeerslig binnege-gaan het. Dit is nie aangevoer dat die een of ander van die twee bestuurders die botsing kon vermy het nadat albei voer-tuie reeds in die kruising was nie. Geeneen van die twee het die ander blyk-baar betyds gesien om enige stappe te doen om die botsing te vermy nie. Dit was ook nie aangevoer nie dat die een reeds in die kruising was toe die verkeerslig in die guns van die ander na groen oorgeslaan het. Albei bestuurders het volgehou dat hulle die kruising binnegegaan het terwyl daar 'n groen lig in hulle guns was."
Om op te som: Mev Grobbelaar se getuienis moet buite rekening gelaat word. Die bewyslas om te bewys dat Smith teen die rooi lig in beweeg het, het op eiser gerus.
/ Daar.. 20Daar is 'n lynregte teenstrydigheid in die weergawes van
eiser en Smith. Daar is geen rede om die een weergawe teaanvaar teenoor die ander weergawe nie. Dit kan nie geseword dat die waarskynlikhede een van die twee weergawessteun nie. Dit volg dat die regter a quo moes bevind hetdat die eiser sy saak nie bewys het nie en derhalwe moeshy 'n bevel van absolusie van die instansie gemaak het.Kyk National Employers' Mutual General Insurance Associationv Gany, 1931 AA 187 op 199.
Ingesluit in die oorkonde voor hierdie Hof is die
verslae van die geneeshere wat getuienis sou aflê voor diehof a quo. Hulle het nie getuienis afgelê nie want, soosalreeds gesê, het die partye voor die verhoor in die hof a quoop die bedrag van skadevergoeding ooreengekom. Dit was dusnie nodig om hierdie verslae in die oorkonde in te sluit nie.
Onnodige kennisgewings en hospitaalaantekeninge is ook inge-
sluit. Hierdie onnodige dokumente bevat 58 bladsye, naamlikbladsye 9 tot 67. Die appellant is nie geregtig op enige
/ koste 21 koste in verband met dié 58 bladsye nie. Die slotsom is:
(1) Die appèl slaag met koste, behalwe die koste wat betrekking het op die voorbereiding en insluiting van bladsye 9 tot 67 in die oorkonde voor hierdie Hof. (2) Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel. Dit word vervang deur 'n bevel van absolusie van die instansie met koste.
O GALGUT.