Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Slabbert N.O. and Another v Ukufisa Investment Holdings (Edms) Bpk and Others (66906/2014) [2014] ZAGPPHC 1023 (19 December 2014)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The application fails because Discovery Life, the insurer, was not joined as a party, and the applicants' right of recourse lies against Discovery Life, not the respondents. The evidence shows that Discovery Life paid the proceeds to the respondents, who were not the designated beneficiaries according to the policy documentation. However, the applicants must pursue their claim for unjust enrichment or entitlement to the proceeds directly against Discovery Life. The buy and sell agreement does not override the necessity to join the insurer in disputes over policy proceeds. The court finds no basis to grant relief against the respondents in the absence of Discovery Life as a party.

Court disposition

Application dismissed with costs, including costs of two counsel.

Orders

  • The application is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

02

Material facts

Parties

Mathilda Slabbert N.O.

Applicant

Mathilda Slabbert

Applicant

Ukufisa Investment Holdings (Edms) Bpk

Respondent

Johannes Wilhelm Wessels

Respondent

Johannes Jurie Janse Van Vuuren

Respondent

Kevin Evans BK

Respondent

Kevin Garth Evans

Respondent

Die Meester van die Hooggeregshof

Respondent

Amounts and remedies

  • Insurance Policy Proceeds (policy 3001): ZAR 14,750,000
  • Insurance Policy Proceeds (policy 2970): ZAR 2,300,000
  • Outstanding Amount Paid to Applicant: ZAR 7,399,687.85

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / First Instance

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicants contend that the proceeds of the insurance policies, specifically R2,300,000 and R14,750,000, should have been paid to the estate of the deceased, Mathilda Slabbert's late husband, as per the buy and sell agreement. They argue that the agreement and the insurance policy documentation indicate the estate as the beneficiary, and seek an order that the respondents pay these amounts into a trust account pending further litigation for recovery.
Respondent
The respondents maintain that they were the rightful owners and beneficiaries of the insurance policies, as per the buy and sell agreement and the policy terms. They argue that Discovery Life paid the proceeds to them in accordance with the agreement, and that the applicants' claim lies against Discovery Life, not the respondents. They further contend that the application is fatally defective due to non-joinder of Discovery Life.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    General principles of civil procedure

    A party seeking relief regarding insurance proceeds must join the insurer if the dispute concerns the payment or entitlement to such proceeds.

  2. 02

    McAlphine v McAlphine NO 1997(1) SA 736 (A)

    Where a buy and sell agreement is in place, the terms of the agreement and the policy documentation determine the entitlement to insurance proceeds.

  3. 03

    McAlphine v McAlphine NO 1997(1) SA 736 (A)

    A pactum successorium may be recognised in commercial arrangements to maintain continuity and exclude outsiders, but its validity and effect depend on the specific terms and public policy considerations.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The application fails because Discovery Life, the insurer, was not joined as a party, and the applicants' right of recourse lies against Discovery Life, not the respondents. The evidence shows that Discovery Life paid the proceeds to the respondents, who were not the designated beneficiaries according to the policy documentation. However, the applicants must pursue their claim for unjust enrichment or entitlement to the proceeds directly against Discovery Life. The buy and sell agreement does not override the necessity to join the insurer in disputes over policy proceeds. The court finds no basis to grant relief against the respondents in the absence of Discovery Life as a party.

Obiter and limits

  • The court notes that a buy and sell agreement fixing the price of an asset years before death may not reflect its true value at the time of death, potentially prejudicing other beneficiaries.
  • Clause 5.5 of the agreement allows for interim valuations, which mitigates concerns about fixed asset values in the estate.
  • The court expresses no view on whether the agreement constitutes a true pactum successorium as defined in precedent, but highlights the need for law reform in this area.

Court disposition

Application dismissed with costs, including costs of two counsel.

  • The application is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2014] ZAGPPHC 1023

SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

GAUTENG AFDELING, PRETORIA

SAAKNOMMER: 66906/2014

DATE: 19 DECEMBER 2014

NOT REPORTABLE

NOT OF INTEREST TO

OTHER JUDGES

In die saak tussen:

MATHILDA SLABBERT N.O. ….............................................................................Eerste Applikant

MATHILDA SLABBERT..........................................................................................Tweede Applikant

v

UKUFISA INVESTMENT HOLDINGS (EDMS) BPK..........................................Eerste Respondent

JOHANNES WILHELM WESSELS......................................................................Tweede Respondent

JOHANNES JURIE

JANSE VAN VUUREN...........................................................Derde Respondent

KEVIN EVANS BK....................................................................................................Vierde Respondent

KEVIN GARTH EVANS............................................................................................Vyfde Respondent

DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.....................................................Sesde Respondent

AANGEHOOR: 9 Oktober 2014

GELEWER: 19 Desember 2014

UITSPRAAK

A.A.LOUW R

Inleiding

[1] Die eerste en tweede applikante is me. Mathilda Slabbert in haar persoonlike hoedanigheid asook haar hoedanigheid as eksekutrise van die boedel van haar voormalige man, oorlede op 8 Februarie 2014, wat ‘n kwart van die aandele in die eerste respondent gehou het.

[2] Die tweede, derde en vierde respondente het elkeen ook 25% van die aandele gehou. Trouens, hul hou dit steeds.

[3] Sentraal tot die dispuut staan ‘n koop-en verkoopooreenkoms gedateer 16 Mei 2013. Die partye daartoe is die genaamde vier aandeelhouers in die eerste respondent.

[4] In hierdie ooreenkoms word “lewensversekeraar” gedefinieer as Discovery Life. Verder word “versekerde” gedefinieer as ‘n lid of verteenwoordiger van ‘n lid, na gelang van die geval, wat lewensdekking verkry met ‘n polis wat uitgeneem word.

[5] Bogenoemde is klousules 3.2 en 3.3 van die ooreenkoms aanhangsel “A4” tot die funderende eedsverklaring.

[6] Verder word die beëindigingsmaand in klousule 3.15 gedefinieer. Dit is die maand waarin lidmaatskap beëindig word as gevolg van die ongeskiktheid of dood van ‘n lid.

[7] Die volgende klousule is klousule 4 wat as volg lees:

"4. VERKOOP

4.1 As die lidmaatskap van ‘n lid of verteenwoordiger van ‘n lid, na geiang van die geval, beëindig word deur afsterwe of ongeskiktheid, word die voormalige lid se aandele en eis volgens die voorwaardes van dié ooreenkoms aan die oorblywende lede verkoop in die verhouding waarin die oorblywende lede se aandeelhouding tot mekaar staan. Sodanige verkoop van die aandele

word outomaties van krag wanneer die lidmaatskap beëindig word.

4.2 As ‘n sterfte- of ongeskiktheidsvoordeel nie met die beëindiging van lidmaatskap na afsterwe of ongeskiktheid van ‘n lid of verteenwoordiger van ‘n lid, na geiang van die geval, betaal word kragtens die voorwaardes van die polis nie en die versuim om die voordeel te betaal volg op enige optrede of versuim van die voormalige lid, kan die verkoop van die aandele wat in 4.1 genoem word-

4.2.1 nie deur die voormalige lid afgedwing word teen die ander lid nie,

4.2.2 deur die ander lid afgedwing word teen die voormalige lid.

4.3 As die lewensversekeraar kennis gee dat daar nie enige sterfte- of ongeskiktheidsvoordeel kragtens die polis betaal gaan word nie en die oorblywende lede versuim om die voormalige lid, in geval van 4.2 voor of op die laaste besigheidsdag van die maand waarin die oorblywende lede kennisgewing van die nie-betaling van voordele ontvang het, skriftelik kennis te gee van die voomeme om voort te gaan met die verkoop volgens 4.1, verval die ooreenkoms.

4.4 Indien die versekeraar net ‘n persentasie van die dekkingsbedrag as ongeskiktheidsvoordeel betaal, word ingestem dat

daardie bedrag deur die oorblywende lid of lede aan ‘n trust oorgedra word om te verseker dat daardie fondse beskerm word. Die gedeeltelike ongeskikte lid sal nie onder hierdie omstandighede enige van sy aandele verkoop nie. Die aandele sal slegs verkoop word by voile ongeskiktheid of dood van die lid.

4.5 Daar word ooreengekom dat enige premies wat terugbetaal word as gevolg van enige “PayBack” voordeel wat deel vorm van die polisse wat uitgeneem was om hierdie ooreenkoms te befonds in terme van paragraaf 6.1 nie saf lei to die koop of verkoop van enige aandele of lidmaatskap in terme van paragraaf 4.1 nie. Enige terugbetaling in terme van die “PayBack” voordeel sal toevallig geag word en het geen effek op hierdie ooreenkoms nie. ”

[8] In die geval van onder andere dood word die koopprys van die aandele soos volg bepaal:

“5.

KOOPPRYS

5.1 Die lede dui met hul handtekeninge in die bylae die koopprys vir ‘n voormalige lid se aandele en eis aan, soos dit geld wanneer die ooreenkoms onderteken word en die koopprys is gevolglik die bedrag wat in die bylae aangebring is

en verder:

“5.5 'n Lid kan versoek dat ‘n spesiale tussentydse waardasie gedoen word, met dien verstande dat ‘n waardasie nie gedoen kan word voordat drie maande na die laaste aantekening in die bylae verstryk het nie, tensy die lede skriftelik instem tot ‘n nuwe waardasie binne daardie tydperk. ”

[9] Dit kom daarop neer dat soos per aanhangsel “A” tot die kontrak die koopprys van elke lid se aandeelhouding bepaal is op R12,5 miljoen.

[10] Duidelik om daarvoor voorsiening te maak dat ‘n lid se aandele aangekoop kan word is 'n essensiële lewensplan by Discovery Life gedateer 1 Junie 2013 uitgeneem. Die hoofversekerde in terme van hierdie polis is Mnr DJ Slabbed (“die oorledene”) en die versekerde bedrag is R14 750 000, 02. Die eienaars van die polis is die tweede, derde en vierde respondente.

[11] Van kardinale belang is dat op p 5 van die polis die begunstigde se besonderhede bepaal is as “Estate”; die verwantskap met die lid is bepaal as “Boeder en die persentasie van die voordeel wat dan betaalbaar sou wees aan die lid of die boedel van die lid is 100%.

[12] Ek sal na hierdie polis met ‘n afkorting verwys as polis “3001”.

[13] ‘n Soortgelyke polis is op dieselfde datum uitgereik waarvan al die wesenlike besonderhede dieselfde is behalwe dat die eienaar van die polis aangedui is as die eerste respondent en die versekerde bedrag R2,3 miljoen is (polis 2970).

Huidige geskil

[14] In plaas daarvan dat die bogemelde bedrae oorbetaal is aan die boedel van die oorledene is die bedrae oorbetaal aan die eerste, tweede, derde en vierde respondente.

[15] Die applikante eis in hierdie aansoek onder andere die volgende in bede 4 van die kennisgewing van mosie:

“4. That Respondents be ordered to pay the amounts of R2 300 000,00 and R14 750 000,00 which were paid over by Discovery to Respondents into the trust account of Terblanché - Pistorius incorporated of 23 Dr Beyers Naude Street, Middeiburg, Mpumalanga for investments in terms of Section 78(2)(A) of the Attorneys Act, pending the finalisation of the action/application to be instituted by Applicants

for the recovery of the proceeds of the said policies. ”

[16] Tydens argument is dit toegegee dat ‘n gedeelte van die bedrag van R14 750 000 aan die applikant betaal is en dat die uitstaande bedrag ten opsigte daarvan slegs R7 399 687, 85 beloop.

[17] Hoe dit ookal sy, is die geskilpunt wie geregtig is op die opbrengs van die versekeringspolisse.

Bespreking

[18] Nadat hierdie aansoek afgelewer is het Discovery Life dit goed gedink om die volgende brief aan die eerste applikant te rig:

“Estate late DJ Slabbert Per email

23 September 2014

Policy Number: 5[...] Claim Number: 2[...]

To whom it may concern.

This letter serves to confirm that the Estate was not nominated as the beneficiary on the abovementioned policy.

The beneficiary should reflect as None Selected and was captured as the Estate in error.

The benefit was payable to the owners Mr JW Wessels, ID number 6[...], Kevin Evans CC, CK 85/12736/23 and Mr J J Janse Van Vuuren, ID number 5[...] as per the buy and sell agreement stipulated at application stage of the policy.

Should you have any further queries regarding this matter, please do not hestitate to contact us on [...].

Kind regards,

Catherine Poggenpoel

Call Centre Manager

Discovery Life Claims" (my emphasis)

[19] Dit is duidelik dat Discovery Life die voordeel van polisse 2970 en 3001 verkeerdelik uitbetaal het aan die respondente wat nie die begunstigdes van daardie polisse was nie.

[20] Die eintlike verhaalsreg van die applikante lê dus teen Discovery Life en nie teen die respondente nie. Discovery Life behoort dan ‘n eis vir onregmatige verryking ten opsigte van daardie partye te hê, sou dit aan al die vereistes van so ‘n eis voldoen.

[21] Dit is dus fataal vir die huidige aansoek dat Discovery Life nie as ‘n party gevoeg is nie.

[22] Ek wil tog obiter die volgende opmerkings maak aangaande ‘n pactum successorium:

(a) In 1997 het Nienaber AR in ‘n minderheidsuitspraak die volgende gesê:

"... dealing with partnership or co-ownership or other instances of a close personal commercial relationship where it is in the interest of the parties concerned to maintain, as far as possible, the status quo and to exclude strangers even after the demise of one of the parties, the clause under attack is designed to regulate, with immediate legal effect, their future affairs. There is clearly a need to recognise agreements of this sort. In cases of doubt the Courts should be astute to support rather that to frustrate the parties in their intention. ”1

(b) In die meerderheidsuitspraak is die volgende passasie:

“Where the pactum forms part of a larger commercial transaction between the parties, a case could be made out for relaxation of the rule. This is a matter that should perhaps engage the attention of those responsible for initiating law reform."2

[23] Een rede hoekom die huidige ooreenkoms moontlik as teen die openbare belang gesien mag word (en ek spreek my nie daaroor uit of die koop-en verkoopooreenkoms ‘n ware pactum successorium is soos deur Nienaber AR in sy uitspraak gedefinieer nie) is dat dit jare voor die oorledene se dood ‘n prys vaslê vir die verkoping van ‘n bate in sy boedel. Dit mag, en is heel waarskynlik nie, meer ‘n verteenwoordigende waarde van die bate in sy boedel nie. Dit kan lei tot die benadeling van ander begunstigdes in die boedel.

[24] In hierdie geval, na my mening, is hierdie probleem uitgeskakel deur klousule 5.5 van die koop-en verkoopooreenkoms wat ek reeds in para 8 hierbo aangehaal het.

Gevolgtrekking

[25] Die belangrikste rede waarom hierdie aansoek nie kan slaag nie is dat Discovery Life nie gevoeg is nie en nie ‘n kans gehad het om te verduidelik of die voordele van die versekeringspolisse aan die korrekte begunstigdes uitbetaal is al dan nie. Ek heg geen waarde aan die brief van Discovery Life wat ek hierbo aangehaal het nie aangesien dit natuurlik nie onder eed is nie en ook maar ‘n baie kriptiese uiteensetting bevat.

[26] Die applikante se verhaalsreg lê teen Discovery Life. Selfs indien die eis sou slaag teen die eerste tot vyfde respondente, is daar nie ‘n saak uitgemaak waarom so ‘n vonnis nie op daardie stadium bevredig sou kon word nie.

[27] In al die omstandighede is ek van oordeel dat die aansoek nie kan slaag nie.

Bevel:

Die aansoek word van die hand gewys met koste insluitende die koste van twee advokate.

A.A. LOUW

REGTER

VAN DIE HOOGGEREGSHOF

1 McAlphine v McAlphine NO 1997(1) SA 736 (A) at 758 C - D

2 At 753 I

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

McAlphine v McAlphine NO 1997(1) SA 736 (A)

Case cited

Attorneys Act, Section 78(2)(A)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.