Snyman v Snyman (25/1992) [1994] ZASCA 70 (20 May 1994)
- Citation
- [1994] ZASCA 70
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Kumleben, Nicholas
- Case number
- 25/1992
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Kumleben, Nicholas
- Case number
- 25/1992
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the breaches of the rules regarding the preparation and filing of the record were egregious and that no satisfactory explanation was provided for the delays and errors. The failures were solely attributable to the appellant's attorneys, whose conduct was described as shockingly negligent and inexcusable. The court found that the explanations offered were either wholly inadequate or entirely absent, and that the record remained defective even after multiple attempts to rectify it. The court reaffirmed the principle that condonation may be refused in cases of flagrant breaches, regardless of the merits of the appeal or the fact that the blame lies with the attorneys. Accordingly, the application for condonation was dismissed with costs, including the costs of the appeal and two counsel.
Court disposition
Application for condonation dismissed with costs, including costs of appeal and costs of two counsel.
Orders
- The appellant's application for condonation of non-compliance with the rules is dismissed.
- The appellant is ordered to pay the costs of the application, including the costs of the appeal and the costs of two counsel.
02
Material facts
Parties
Johannes Paulus Snyman
AppellantHester Snyman
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Application for Condonation of Non Compliance With Court Rules
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether condonation should be granted for the appellant's non-compliance with the rules regarding the filing of the record.
- 02
Whether the failures and delays in preparing and submitting the record can be excused given the conduct of the appellant's attorneys.
- 03
Whether the merits of the appeal should be considered in light of the procedural breaches.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the failures in preparing and submitting the record were solely attributable to his attorneys and not to himself. He submitted that the record was eventually filed, albeit late and with defects, and requested condonation for the non-compliance. He contended that the delays and errors were due to lack of experience and the complexity of the task, and that further delay or prejudice would result from attempting to rectify the defects again.
- Respondent
- The respondent opposed the application for condonation, arguing that the breaches of the rules were flagrant and that no acceptable explanation was provided for the delays and errors. The respondent submitted that the conduct of the appellant's attorneys was inexcusable, that the record remained defective even after replacement, and that the court should refuse condonation regardless of the merits of the appeal.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Tshivhase Royal Council and Another v Tshivhase and Another; Tshivhase and Another v Tshivhase and Another [1992] ZASCA 185; 1992 (4) SA 852 (A) at 859E-F
Condonation for non-compliance with court rules may be refused in cases of flagrant breaches, especially where no acceptable explanation is provided, even if the blame lies solely with the attorney.
- 02
Blumenthal and Another v Thomson NO and Another 1994 (2) SA 118 (A) at 121C-D
Lack of experience by an attorney is not a valid excuse for procedural failures in the preparation of appeal records.
- 03
Federated Employers Fire & General Insurance Co Ltd and Another v McKenzie 1969 (3) SA 360 (A) at 362F-H
General considerations applicable to applications for condonation require a full and acceptable explanation for all delays and breaches.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the breaches of the rules regarding the preparation and filing of the record were egregious and that no satisfactory explanation was provided for the delays and errors. The failures were solely attributable to the appellant's attorneys, whose conduct was described as shockingly negligent and inexcusable. The court found that the explanations offered were either wholly inadequate or entirely absent, and that the record remained defective even after multiple attempts to rectify it. The court reaffirmed the principle that condonation may be refused in cases of flagrant breaches, regardless of the merits of the appeal or the fact that the blame lies with the attorneys. Accordingly, the application for condonation was dismissed with costs, including the costs of the appeal and two counsel.
Obiter and limits
- The court noted that the replacement of volume 18 of the record at a late stage, without explanation or application for condonation, constituted serious dereliction of duty by the appellant's attorneys.
- The court observed that lack of experience in preparing appeal records does not excuse procedural failures, especially where the errors are extensive and fundamental.
- The court remarked that the application for condonation deserved only summary treatment given the persistent and unexplained failures by the attorneys.
Court disposition
Application for condonation dismissed with costs, including costs of appeal and costs of two counsel.
- The appellant's application for condonation of non-compliance with the rules is dismissed.
- The appellant is ordered to pay the costs of the application, including the costs of the appeal and the costs of two counsel.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 25/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
JOHANNES PAULUS SNYMAN Appellant
enHESTER SNYMAN Respondente
CORAM: BOTHA, KUMLEBEN ARR et NICHOLAS Wnd AR
DATUM VAN VERHOOR: 2 MEI 1994
DATUM REDES VERSTREK: 20 MEI 1994
UITSPRAAK BOTHA AR:-2 Op 2 Mei 1994 het die Hof 'n bevel uitge-reik waarvolgens die appellant se aansoek om kondona-sie van die nie-nakoming van die Reëls van hierdie Hof van die hand gewys is met koste, insluitende die koste van die appèl en die koste van twee advokate. Daar is toe aangedui dat die redes vir die bevel later verstrek sou word. Hier volg hulle.Die versuim om aan die Reëls te voldoen, het betrekking op die indiening van die oorkonde by die Griffier, ingevolge Reël 5(4). Soos weldra sal blyk, is 'n oorkonde aanvanklik betyds ingedien, maar dit was gebrekkig; dit is later (baie later) in die geheel vervang deur 'n nuut-saamgestelde oorkonde; en nog later is een volume daarvan weereens vervang. Die appellant het self geen skuld aan hierdie verloop van sake nie. Dit is uitsluitlik te wyte aan die prokureurs wat namens hom opgetree het. Wat dit betref, het NESTADT AR soos volg opgemerk, in
3
Tshivhase Royal Council and Another v Tshivhase andAnother; Tshivhase and Another v Tshivhase andAnother [1992] ZASCA 185; 1992 (4) SA 852 (A) op 859E-F:
"This Court has often said that in cases of flagrant breaches of the Rules, especially where there is no acceptable explanation therefor, the indulgence of condonation may be refused whatever the merits of the appeal are; this applies even where the blame lies solely with the attorney (see, for example, P E Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA 794 (A) at 799D-H)."
Hierdie benadering is onlangs weer toegepas inBlumenthal and Another v Thomson NO and Another 1994
(2) SA 118 (A) op 121I-122B.
In die huidige geval het die onvermoë van
die appellant se prokureurs om 'n behoorlike oorkonde
saam te stel en in te dien verregaande afmetingsaangeneem, en is geen aanvaarbare verduidelikingdaarvan aangebied nie. Die opvallendste kenmerk vandie aansoek is dat daar ten opsigte van sommige4 aspekte van die prokureurs se optrede verduidelikings gegee is wat hopeloos ontoereikend is om die Hof in staat te stel om te begryp wat werklik gebeur het, en dat daar in ander opsigte van hulle optrede, wat van wesenlike belang is vir die beregting van die aan-soek, geen poging eers aangewend is om enige verdui-deliking hoegenaamd aan te bied nie. Met inagneming van die welbekende algemene oorwegings wat in aan-soeke van hierdie aard toepaslik is (sien bv Federa-ted Employers Fire & General Insurance Co Ltd and Another v McKenzie 1969 (3) SA 360 (A) op 362F-H), is die huidige 'n geval waar kondonasie geweier moes word sonder dat daar ingegaan word op die appellant se vooruitsig op sukses in die appèl.Dit is onnodig om al die besonderhede uiteen te sit van die droewige beeld van die proku-reurs se optrede wat uit hulle beëdigde verklarings in die aansoek na vore kom. Die aansoek verdien5 inderwaarheid nie meer as kortaf behandeling nie. Ek volstaan dus met enkele hooftrekke.Die uitspraak in die aksie tussen die partye, wat in die Afdeling Kaap die Goeie Hoop verhoor is, is gelewer op 8 November 1991. Daarna het die appellant aansoek gedoen om verlof om te appelleer. Op 12 Desember
1991 het die verhoorregter 'n uitspraak gelewer waarin verlof toegestaan is om na hierdie Hof te appelleer. Die respondent se prokureur het skriftelik toegestem tot 'n verlenging van die tyd waarbinne die oorkonde ingedien moes word, tot 10 April 1992. Die appellant se Kaapstadse prokureur, mnr Wood, het die taak op hom geneem om self die oorkonde te probeer saamstel. Op 9 April het Wood die resultaat van sy poging versend aan mnr Buchner, die appellant se prokureur in Bloemfontein. Die kronologiese verloop van die gebeure daarna, soos dit blyk uit die stukke, was soos volg:
6
(1) 10 April 1992: Die oorkonde wat saamgestel is deur Wood word, in die tydelike afwesig-heid van kantoor van Buchner, deur laasge-noemde se sekretaresse ontvang en ingedien by die Griffier, wat dit aanvaar. (2) 25 Augustus 1992: Buchner word deur die Griffier se kantoor in kennis gestel dat die aansoek om verlof om te appelleer en die verhoorregter se uitspraak daarop nie in die oorkonde gevind kan word nie, en hy word versoek om aandag daaraan te gee. (3) 28 September 1992: Buchner dra hierdie inligting oor aan Wood en versoek hom om die ontbrekende dokumente beskikbaar te maak. (4) 30 November 1992: Wood gaan met verlof vir twee maande, met instruksies aan 'n kandidaat-prokureur op sy staf om in sy
7 afwesigheid aandag te gee aan die oor-konde.
(5) 2 Desember 1992: Buchner rig 'n skrywe aan Wood waarin hy berig dat hy die oorkonde nagegaan het en op talle probleme afgekom het. 'n Lang memorandum word aangeheg met 'n lys van talle foute en tekortkominge in die oorkonde. (6) 19 Januarie 1993: Buchner rig 'n skrywe aan Wood waarin hy verwys na die groot aantal probleme in die oorkonde en sê dat die foute nie reggestel kan word voordat opdragte ontvang word ten opsigte van die memorandum van 2 Desember 1992 nie. (7) 21 Februarie 1993: Buchner en Wood kom ooreen dat die oorkonde nie reggestel kan word deur net verbeteringe daaraan aan te bring nie, en dat Buchner van vooraf aan
8 opnuut die oorkonde sal voorberei en saam-stel.
(8) 13 Julie 1993: Buchner stuur afskrifte van die nuut opgestelde oorkonde aan Wood. (9) 1 September 1993: Die nuwe oorkonde word by die Griffier ingedien, tesame met 'n versoekskrif van Wood waarin gevra word om kondonasie van die laat indiening van 'n behoorlike oorkonde.
(10) 2 September 1993: Die Griffier gee kennis aan die partye dat die appellant se betoogshoofde ingedien moet word voor 26 Oktober 1993 en die respondent s'n voor 30 Desember 1993. (11) Voor 26 Oktober 1993 (die presiese datum is onbekend) verwittig die advokaat wat opge-dra is om die appellant se betoogshoofde op te stel vir Wood dat die nuwe oorkonde
9 steeds in verskeie opsigte nie voldoen aan die voorskrifte van Reël 5 nie, dat die gebreke onverwyld reggestel moet word, dat die eerste versoekskrif om kondonasie ontoereikend was, en dat 'n nuwe versoek-skrif onmiddellik ingedien moet word.
(12) 25 November 1993: 'n Tweede versoekskrif om kondonasie word by die Griffier inge-dien, hierdie keer van die appellant self (hy het toe pas vir die eerste keer verneem van die probleme met die oorkonde). Aange-heg daarby is 'n beëdigde verklaring van Wood en afskrifte van die eerste petisie en al die aanhangsels daarby. (13) 11 Januarie 1994: Die Griffier stel die partye in kennis dat die appèl ter rolle geplaas is vir verhoor op 2 Mei 1994. (14) 31 Januarie 1994: Volume 18 (die laaste
10 band) van die oorkonde in die Griffier se kantoor word vervang deur 'n nuwe volume 18. (15) 20 April 1994: Buchner dien by die Grif-fier 'n inhoudsopgawe in van die stukke van die tweede versoekskrif (wat, met die bestrydende veklarings, altesaam 91 bladsye beslaan wat nie agtereenvolgens genommer is nie), tesame met 'n brief waarin versoek word dat 'n afskrif gestuur moet word aan elk van die voorsittende regters, met die oog op die appêl wat aangehoor staan te word op 2 Mei 1994.Soos uit die voorgaande opsomming blyk, was die eerste oorkonde, wat Wood voorberei het, in so 'n mate defektief dat dit in die geheel vervang moes word. Wood sê dat hy sedert 1963 praktiseer en dat hy uitgebreide ondervinding het van litigasie in die11 landdroshof en die Hooggeregshof, maar dat hy nie tevore ervaring gehad het van die voorbereiding van 'n oorkonde vir 'n appèl in hierdie Hof nie. Gebrek aan ervaring is op sigself nie 'n geldige verskoning nie (sien bv Blumenthal se saak supra op 121C-D), maar in ieder geval kan dit nie die soort foute in die oorkonde verklaar wat uiteengesit word in Buchner se memorandum genoem in paragraaf (5) hierbo nie. Uit die ellelange lys blyk onder andere die volgende: die inhoudsopgawe is in talle opsigte sowel onvolle-dig as foutief; talle bladsye in die oorkonde is glad nie genommer nie, of verkeerd genommer; die bladsye is nie deurlopend genommer nie, maar asof die oorkonde uit verskillende afdelings bestaan; talle blanko bladsye is ingebind; talle bladsye is wegge-laat; talle bladsye is onleesbaar; en so meer. Die beeld is een van skokkende slordigheid. Dáárvoor het Wood nie eens probeer om 'n verduideliking of 'n
12
verskoning aan te bied nie.Wat die tweede oorkonde betref, blyk dit uit paragrawe (7) en (8) hierbo dat dit Buchner bykans vyf maande gevat het om dit voor te berei. Sy verduideliking van die tydsverloop is ontoereikend. Hy sê dat die hervoorbereiding 'n "enorme taak" was, maar verstrek geen feite waarvolgens die juistheid van hierdie aanspraak getoets kan word nie. Hy sê dat sy taak bemoeilik is deurdat hy nie betrokke was by die saak in die hof a quo nie, maar voeg terselfder-tyd by dat, behalwe die dokumentasie ten opsigte van die aansoek om verlof om te appelleer, geen nuwe dokumente of bewysstukke in die gewysigde oorkonde ingevoeg is nie; dit is slegs "gewysig en aangepas" om te voldoen aan die vereistes ten opsigte van formaat en gehalte. 'n Mens kan nie verstaan hoekom die proses so lank geneem het nie. Daarbenewens was die nuwe oorkonde steeds in verskeie opsigte defek-13 tief, soos blyk uit paragraaf (11) hierbo. Buchner sê niks van die foute wat die advokaat gevind het nie (daar is nie 'n nuwe verklaring van hom by die tweede versoekskrif nie). Wood verwys slegs na die advokaat se advies, sonder om te verduidelik wat die foute is. Terwyl hy nie die Hof daaroor in sy vertroue neem nie, verklaar hy eenvoudig dat sommige van die foute nie reggestel kan word sonder om weereens die hele oorkonde te vervang nie, en dan sê hy: "Due to the unfortunate history of this matter this option ap-pears to be unviable as it will result in further delay and will prejudice all parties." Die implika-sie is dat hierdie Hof genoeë moet neem met 'n defek-tiewe oorkonde sonder dat hy ingelig word oor wat die defekte is en hoe hulle ontstaan het. So 'n benader-ing kan nie gedoog word nie.Vir die vertragings tussen die ander ge-beure wat genoem word in die genommerde paragrawe van
14
die opsomming hierbo word daar merendeels geen ver-staanbare of aanvaarbare verduideliking gegee nie. Byvoorbeeld: ten opsigte van die maand wat verloop het tussen (2) en (3) sê Buchner slegs dat hy ge-durende September 1992 sy opwagting by die Griffier gemaak het om hom "van die probleem met die oorkonde te vergewis"; ten opsigte van die twee maande tussen (3) en (4) sê Wood dat hy gedink het die ontbrekende dokumente kan maklik net bygevoeg word, maar hy rep geen woord van hoekom hy niks daaraan gedoen het nie; van die maand en 'n half tussen (8) en (9) sê Wood net dat hy die nuwe oorkonde deurgelees het en 'n versoekskrif van stapel gestuur het; en ten opsigte van die inhoudsopgawe in (15) word niks deur Buchner of Wood gesê oor hoekom dit eers kort voor die ver-hoor van die appèl ingedien is, op 'n stadium toe dit te laat was om die stukke wat by die regters was te nommer en die inhoudsopgawe dus van geen werklike nut15 was nie.Ten slotte openbaar die vervanging van volume 18 van die oorkonde op 31 Januarie 1994 (para-graaf(14) hierbo) die ernstigste pligsversuim van die appellant se prokureurs, wat ten sterkste veroordeel moet word. In die nuwe volume 18 is die uitspraak van die hof a quo op die aansoek om verlof om te appelleer vir die eerste keer in die oorkonde opge-neem. Soos ons reeds gesien het (paragrawe (2) en (3)), het die Griffier reeds op 25 Augustus 1992
hieroor navraag gedoen en het Buchner op 28 September 1992 vir Wood daarvan in kennis gestel. Die onver-klaarde vertraging om die betrokke uitspraak in die oorkonde te kry, is erg genoeg, maar daar is 'n verdere aspek daaraan verbonde wat ontstellend is. Toe die nuwe oorkonde wat deur Buchner voorberei is, op 1 September 1993 by die Griffier ingedien is, het dit gepaard gegaan met 'n brief van Buchner aan die
16
Griffier, gedateer 31 Augustus 1993, waarin die
volgende gesê word:
"Volgens ons instruksies bestaan daar nie 'n Uitspraak ten opsigte van die Aansoek om Verlof tot Appêl nie, en ter bevestiging hiervan heg ons aan afskrif van skrywe ontvang vanaf ons korrespondent, mnre Ince, Wood en Raubenheimer, die inhoud wat spreek vir sigself:"
Die skrywe van Wood, wat aangeheg is en ook gedateer
is 31 Augustus 1993, lui soos volg:
"We refer to the above matter and confirm that apart from the Court Order granting leave to appeal on pages 1287 and 1288 of the Amended Record, no other judgment or court order regarding the granting of leave to appeal was made."
Dit is verstommend dat Wood so 'n verkeerde stellingkon gemaak het. Die betrokke uitspraak was nie 'nblote formaliteit nle; dit beloop 12 bladsye en bevat
'n breedvoerige bespreking van sowel die redes waaromverlof toegestaan is as van tussentydse bevelerakende die opskorting en tenuitvoorlegging van17 onderskeie gedeeltes van die regshulp wat in die hoofuitspraak verleen was. Dit is duidelik dat die verkeerde inligting verstrek is in antwoord op 'n navraag van die Griffier ten opsigte van die nuwe oorkonde wat aangebied is, en die afleiding moet gemaak word dat die Griffier nie die nuwe oorkonde sou aanvaar het sonder die uitspraak en sonder daar-die inligting nie. Wood en Buchner moes albei bewus gewees het van die Griffier se standpunt. Ten spyte daarvan het nie een van hulle die skrywes van 31 Augustus 1993 onder die aandag van hierdie Hof ge-bring ten einde die fout te verduidelik of verskoning daarvoor aan te bied nie (die skrywes is deur die Griffier voor die Hof geplaas). Instede daarvan word volume 18 eenvoudig vervang deur 'n nuwe volume waarin sekere dokumente weggelaat word (hoofde van argument in die hof a quo) en die uitspraak ingevoeg word; die bladsye word hernommer op so 'n manier dat18 die verwysings in die advokate se betoogshoofde in die appél na gedeeltes van die hoofuitspraak a quo in dieselfde volume nie opgevolg kan word nie. vir die gepeutery met die oorkonde op so 'n laat stadium van die prosedure word nie alleen geen verduideliking verskaf en geen kondonasie aangevra nie; inteendeel swyg mnre Buchner en Wood daaroor en laat die Hof volkome in die duister oor wat hulle gedoen het. Hulle optrede in hierdie opsig is onverskoonbaar en kan nie gekondoneer word nie.Om die voorgaande redes is die bevel uit-gereik wat aan die begin van hierdie uitspraak genoem is .
A S BOTHA AR
KUMLEBEN ARSTEM SAAM NICHOLAS Wnd AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.