Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Sondela v S (A204/2009) [2012] ZAFSHC 72 (19 April 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The conviction of the appellant was set aside because the State failed to prove his guilt beyond reasonable doubt. The only evidence linking the appellant to the theft was the testimony of Bodibe, a single witness and co-accused, whose account was inconsistent and uncorroborated. The trial court did not adequately evaluate the evidence or apply the necessary caution required for single witness and co-accused testimony. There was no physical evidence or credible identification linking the appellant to the crime, and the circumstances of his arrest did not support the State's case. The sentence imposed on accused 2 exceeded the statutory maximum and was irregular; the court exercised its inherent review powers to correct this.

Court disposition

Appellant's appeal against conviction succeeds; conviction set aside and replaced with acquittal. Sentence of accused 2 reduced to five years' imprisonment.

Orders

  • Appellant is acquitted and discharged.
  • The sentence of accused 2, Zanele Hugo, is set aside and replaced with five years' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, deemed imposed on 28 April 2009.

02

Material facts

Parties

Petrus Dintwe Sondela

Appellant Counsel: PL van der Merwe

The State

Respondent Counsel: F Pienaar

Amounts and remedies

  • Value of Stolen Property: ZAR 12,000
  • Sentence Imposed on Accused 2 (corrected): ZAR 5

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the conviction was unsafe as it relied solely on the evidence of a single witness, Bodibe, who was also a co-accused and whose testimony was contradictory and not corroborated. The appellant denied involvement, stating he was arrested as a suspect in an unrelated matter and that no physical evidence linked him to the theft. The defence highlighted the failure of the State to call arresting officers and to prove possession of the alleged saw.
Respondent
The State initially contended that Bodibe, having already pleaded guilty and been sentenced, had no motive to falsely implicate the appellant. However, upon questioning by the bench, the State conceded that caution was warranted due to Bodibe's status as a single witness and co-perpetrator, and acknowledged weaknesses in the State's case, including the lack of corroboration and inconsistencies in Bodibe's account.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A) at 179G–180G

    There is no formula for assessing the credibility of a single witness; the trial judge must weigh the evidence and decide if the truth has been told, despite shortcomings.

  2. 02

    R v Ncanana 1948 (4) SA 399 (A) at 405; S v Van Vreden 1969 (2) SA 524 (N) at 531

    Caution must be exercised when considering the evidence of a co-accused testifying for the State, as such a witness may have a motive to incriminate others to benefit themselves.

  3. 03

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 276(1)(i)

    The maximum term of imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act is five years; any sentence exceeding this is irregular.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The conviction of the appellant was set aside because the State failed to prove his guilt beyond reasonable doubt. The only evidence linking the appellant to the theft was the testimony of Bodibe, a single witness and co-accused, whose account was inconsistent and uncorroborated. The trial court did not adequately evaluate the evidence or apply the necessary caution required for single witness and co-accused testimony. There was no physical evidence or credible identification linking the appellant to the crime, and the circumstances of his arrest did not support the State's case. The sentence imposed on accused 2 exceeded the statutory maximum and was irregular; the court exercised its inherent review powers to correct this.

Obiter and limits

  • The mere presence of the appellant at Hostel C on the day of the incident does not justify the inference that he was involved in the theft.
  • The trial court's summary dismissal of the defence versions as 'senseless, excessive and ridiculous' was unsupported and did not constitute a proper evaluation of the evidence.
  • It is inappropriate to deal fully with the merits of accused 2's conviction in the absence of an appeal, but the irregular sentence must be corrected.

Court disposition

Appellant's appeal against conviction succeeds; conviction set aside and replaced with acquittal. Sentence of accused 2 reduced to five years' imprisonment.

  • Appellant is acquitted and discharged.
  • The sentence of accused 2, Zanele Hugo, is set aside and replaced with five years' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, deemed imposed on 28 April 2009.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2012] ZAFSHC 72

VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Appélnommer : A204/2009

In die appél tussen:-

PETRUS DINTWE

SONDELA ..................................................Appellant

en

DIE STAAT ...........................................................................Respondent

CORAM: RAMPAI, R et VAN ZYL, R

UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R

AANGEHOOR OP: 9 MEI 2011

_____________

GELEWER OP: 19 APRIL 2012

[1] Appellant het as beskuldigde 1 saam met ‘n mede-beskuldigde, synde Zanele Hugo (hierinlater na verwys as “beskuldigde 2”), in die Landdroshof, Theunissen, tereggestaan op ‘n aanklag van diefstal. Dit is beweer dat appellant en beskuldigde 2 op of omtrent 28 Desember 2008 en te of naby Leeukop plaas / Beatrix myn in die distrik van Theunissen wederregtelik en opsetlik twee sonpanele en ‘n elektriese skakelaar daarvan ter waarde van R12 000-00, synde die eiendom van Gert Jacobs (hierinlater na verwys as “die klaer”), gesteel het. Appellant en beskuldigde 2 het onskuldig gepleit, maar is beide skuldig bevind soos aangekla.

[2] Vanweë appellant se vorige veroordelings, was die verhoorlanddros van oordeel dat dit waarskynlik tot gevolg sal hê dat dit ‘n vonnis regverdig wat die Landdroshof se jurisdiksie oorskry. Die verrigtinge is gevolglik vir doeleindes van vonnis oorgeplaas na die Streekhof, Welkom. Die Streekhoflanddros het ‘n gewaarmerkte afskrif van die verrigtinge in die Distrikshof nagegaan en bevind dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg geskied het. Die Streekhoflanddros het daarop vir appellant (met in agneming van sy vorige veroordelings) en vir beskuldigde 2 (as eerste oortreder) as volg gevonnis:

Appellant – ses (6) jaar gevangenisstraf in terme van Artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 (hierinlater na verwys as “die Strafproseswet”).

Beskuldigde 2 – ses (6) jaar gevangenisstraf in terme van Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet.

[3] Beide appellant en beskuldigde 2 het daarop aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen hul skuldigbevindings sowel as hul opgelegde vonisse. Hierdie aansoek is deur die Streekhoflanddros van die hand gewys.

[4] Appellant het daarop ‘n petisie tot hierdie hof gerig, welke petisie toegestaan is en verlof aan appellant verleen is om te appelleer teen beide sy skuldigbevinding en sy vonnis. Appellant het op daardie stadium ook `n aansoek om borg gebring en is hy op 17 Maart 2010 op borg vrygelaat hangende die finalisering van hierdie appél. Dit blyk uit die rekord dat beskuldigde 2 ook aanvanklik ‘n petisie wou rig, maar voordat die petisie voor hierdie hof gedien het, het die Departement van Korrektiewe Dienste by wyse van ‘n skrywe, waartoe ‘n skrywe van beskuldigde 2 aangeheg was, aangedui dat beskuldigde 2 nie wil voortgaan met sy petisie nie. Beskuldigde 2 se petisie het derhalwe nooit voor hierdie hof gedien nie.

[5] Wat beide appellant en beskuldigde 2 se skuldigbevindings betref, is hulle skuldig bevind op die basis van die getuienis van ‘n enkelgetuie wat betref die pleging van die misdryf, synde Simon Bodibe (hierinlater na verwys as “Bodibe”), wie aanvanklik ook ‘n mede-beskuldigde van appellant en beskuldigde 2 was. Bodibe het egter voor sy getuienis-aflegging skuldig gepleit op die ten laste gelegde misdryf. Uiteraard het daar toe ‘n skeiding van verhore plaasgevind, waarna Bodibe aldus skuldig bevind is en dienooreenkomstig gevonnis is. Daarna en ten tyde van die verhoor van appellant en beskuldigde 2, het hy as staatsgetuie in hul verhoor getuig. Gegewe dat slegs appellant se skuldigbevinding (en vonnis) tans op appèl voor ons dien, handel ek vervolgens met die meriete van appellant se skuldigbevinding.

[6] Die klaer se onbetwiste getuienis was tot dien effekte dat hy die oggend van 28 Desember 2008 gevind het dat twee sonpanele, tesame met die elektriese sisteem en skakelaar daarvan, welke vasgesweis was teen ‘n windpomp op sy plaas Leeukop, verwyder en gesteel was. Hy het die polisie daarvan in kennis gestel en het hy dieselfde dag die goedere, welke hy geïdentifiseer het as sy eiendom, vanaf die polisie terug ontvang.

[7] Opsommenderwys het Bodibe getuig dat hy, appellant en beskuldigde 2 saam die sonpanele op die plaas vanaf die klaer gesteel het deur dit af te saag waar dit aan die windpomp vasgesweis was. Die sonpanele was binne ‘n ysterraam gewees, maar het hulle die panele uit die ysterrame verwyder en is hulle vandaar na van Beatrix Myn om die sonpanele te gaan verkoop. Bodibe en beskuldigde 2 het die myn binnegegaan en appellant het “buitekant” gewag. By Hostel C het Bodibe en beskuldigde 2 ‘n persoon gekry wat bereid was om een sonpaneel te koop teen R1 000-00, welke sonpaneel hulle toe aan hom verkoop het. Daarvandaan is Bodibe en beskuldigde 2 na Hostel B, oppad waarheen hulle deur sekuriteitsbeamptes genader is en gearresteer is. Ten opsigte van appellant, het Bodibe as volg in sy getuienis in hoof getuig:

“Hulle (verwysende na die sekuriteitsbeamptes) het toe gegaan en beskuldige 1 gaan soek en hulle het hom by C-Hostel gekry en hom ook gearresteer. Hulle het hom gevisenteer en toe het hulle die saag by hom gekry. Dit is hoe hulle hom gearresteer het.”

[8] Volgens appellant se weergawe is hy op 27 Desember 2008 na Beatrix Myn, waar hy deur die nag deelgeneem het aan ‘n dobbelspeletjie waarmee geld gewen kan word. Die volgende oggend het hy na C-Hostel gegaan terwyl hy na die radio geluister het en, soos hy dit stel, “nog gedrink het”. Terwyl hy daar gesit het, het ‘n polisiebeampte opgedaag met ‘n patrollievoertuig en aan hom gesê dat hy hom wil visenteer, aangesien hy ‘n verdagte is ten opsigte van ‘n huisbraak wat plaasgevind het in die kroeg. Hy is toe gevisenteer, maar niks is by hom gevind nie. Die polisiebeampte (wat blyk eerder ‘n sekuriteitsbeampte was) het toe vir appellant gevra om hom te vergesel na die sekuriteitskantoor waar die sekuriteitsbeampte aan hom vrae sou stel. By hierdie sekuriteitskantoor was hy toe saam met Bodibe en beskuldigde 2 gewees. Die sekuriteitsbeampte het toe vrae gevra rondom die sonpaneel wat in Bodibe en beskuldigde 2 se besit gevind is, waarop Bodibe gesê het dat dit sy sonpaneel was wat hy by sy swaer op ‘n plaas gekry het. Die polisie (wat weereens eerder sekuriteitsbeamptes blyk te wees) het toe opgedaag met die persoon wat die een sonpaneel by Bodibe gekoop het, welke persoon toe vir Bodibe uitgewys het as die persoon van wie hy die sonpaneel gekoop het. Bodibe is toe aangesê om die geld uit te haal wat hy vir die sonpaneel ontvang het, ‘n gedeelte waarvan hy uit sy eie skoene gehaal

het en ‘n ander gedeelte waarvan by beskuldigde 2 gevind is. Dit blyk dat die polisie eers op daardie stadium ontbied is en is Bodibe, appellant en beskuldigde 2 toe gearresteer. Volgens appellant het Bodibe op daardie stadium aan die polisie gesê dat hy net vir beskuldigde 2 gehelp het om die sonpanele te verkoop. Op 9 Januarie 2009, ten tyde van ‘n hofverskyning van hulle drie, is Bodibe egter op daardie stadium deur die staatsaanklaer genader, ten tyde van welke gesprek die staatsaanklaer voorgestel het dat Bodibe skuldig pleit, waarna Bodibe die eerste keer vir appellant aangedui het as synde een van die persone wat saam met hom die misdryf gepleeg het. Volgens appellant het hy nie vir Bodibe of beskuldigde 2 voor hul arrestasie geken het nie.

[9] Beskuldigde 2 se weergawe is nie direk relevant vir doeleindes van hierdie appèl nie, aangesien sy appèl nie tans voor ons dien nie en ek in ieder geval oortuig is dat sy skuldigbevinding in orde is. Volledigheidshalwe en ten einde appellant se appèl behoorlik te oorweeg meen ek daar moet tog oorhoofs na sy weergawe verwys word. In ‘n stelling gemaak deur appellant en beskuldigde 2 se regsverteenwoordiger in die Distrikshof, was dit gestel aan Bodibe dat dit beskuldigde 2 se weergawe is dat appellant hom die oggend van die voorval ontmoet het toe beskuldigde 2 uit ‘n taxi geklim het, waarna appellant beskuldigde 2 oortuig het om saam met hom te gaan ten einde die twee sonpanele te gaan verkoop. Ten tyde van beskuldigde 2 se getuienis-aflegging, het hy egter getuig dat hy die oggend van die voorval vir Bodibe teëgekom het toe beskuldigde 2 uit ‘n huurmotor geklim het, waarna Bodibe hom versoek het om saam met hom na die binnekant van die myn te gaan, waar Bodibe geld wou gaan kry, welke geld hy dan aan beskuldigde 2 sou gee om vir Bodibe se vrou te neem, aangesien Bodibe oppad was Lesotho toe. Bodibe het hom oortuig om dit te doen, nadat hy aangebied het om vir hom R20-00 te gee daarvoor. Op beskuldigde 2 se weergawe is die een sonpaneel toe inderdaad verkoop, waarna Bodibe aan hom R300-00 gegee het, as synde die geld wat beskuldigde 2 aan Bodibe se vrou moes gaan gee. Die

polisie (klaarblyklik weereens die sekuriteitsbeamptes) het daarna opgedaag en vir Bodibe gevra waar hy die (oorblywende) sonpaneel, wat hulle nog op daardie stadium in hulle besit gehad het, gekry het. Bodibe het aangedui dat hy dit van sy swaer op die plaas gekry het. Terwyl hulle daar was, het appellant opgedaag. Dit was die eerste keer wat beskuldigde 2 vir appellant gesien het. Hulle is na die sekuriteitskantore geneem waar beskuldigde 2 verneem het dat appellant ‘n verdagte was ten opsigte van ‘n huisbraak wat plaasgevind het by die kroeg. Daarna het Bodibe en beskuldige 2 die geld uitgehaal wat hulle ontvang het. Die polisie het opgedaag en is al drie van hulle gearresteer. Op daardie stadium het Bodibe gesê dat hy vir beskuldigde 2 gehelp het om die sonpanele te verkoop. Op 9 Januarie 2009 by die hof en nadat Bodibe met die staatsaanklaer gepraat het, het hy sy weergawe verander deur te beweer dat dit beskuldigde 2 en appellant was wat saam met hom die misdryf gepleeg het. Volgens beskuldigde 2 het hy geensins vir appellant geken voor hulle arrestasie nie. Bodibe was egter wel aan hom bekend, omdat hulle beide rastifariërs is wat mekaar al by ‘n sekere kerk ontmoet het. Verder het hy en appellant ook mekaar daagliks in die woongebied ontmoet, hoewel hulle nie vriende was nie.

[10] Mnr van der Merwe, namens appellant, het betoog dat Bodibe se getuienis, by behoorlike toepassing van die versigtigheidsreël wat van toepassing is ten opsigte van ‘n enkelgetuie, nie sodanig bevredigend was dat ‘n skuldigbevinding op grond daarvan kon volg nie. Mnr van der Merwe het ook verwys na sekere gebreke in die Staat se saak, deurdat die sekuriteitsbeamptes of polisiebeamptes wie vir appellant gearresteer het, nie as getuies geroep is om te getuig op grond waarvan hy gearresteer is en hoe hy deur Bodibe uitgewys is nie. Daar is ook geen getuienis deur die persone wat appellant gearresteer het met betrekking tot die saag wat na bewering in sy besit gevind sou gewees het nie, gegewe dat appellant ontken dat sodanige saag in sy besit gevind is.

Mnr Pienaar, wie namens die Staat verskyn het, het aanvanklik submissies gemaak op die basis dat Bodibe, gegewe dat hy op die stadium wat hy sy getuienis afgelê het, reeds skuldig gepleit het en reeds gevonnis was, geen motief sou hê om leuens aan die hof te vertel met betrekking tot appellant en beskuldigde 2 se betrokkenheid by die pleging van die misdryf nie. Nadat sekere vrae deur myself en my kollega, Rampai R, aan Mnr Pienaar gestel was, het hy egter, na my mening heeltemal tereg, toegegee dat daar rede is om, soos hy dit gestel het, “nie gemaklik te wees” met die getuienis van Bodibe nie, gegewe dat hy ‘n enkelgetuie en ‘n mede-beskuldigde/mededader is.

[11] Dit is geyk dat daar versigtigheid aan die dag gelê moet word met betrekking tot die oorweging van ‘n enkelgetuie se getuienis, die aard waarvan volledig bespreek is S v SAULS 1981 (3) SA 172 (A) op 179 G – 180 G, die slotsom waarvan as volg opgesom is op 180 E – G:

“There is no rule of thumb test or formula to apply when it comes to a consideration of the credibility of the single witness….. The

trial Judge will weigh his evidence, will consider its merits and demerits and, having done so, will decide whether it is trustworthy

and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth has been told.”

[12] Addisioneel tot voormelde, is dit so dat hoewel Bodibe ten tye van sy getuienis-aflegging reeds skuldig bevind was en gevonnis was, hy steeds ‘n mededader was wat ten gunste van die Staat getuig het. In die verband moet in ag geneem word dat beide appellant en beskuldigde 2 getuig het dat Bodibe se pleit van skuldig klaarblyklik gevolg het nadat hy sekere gesprekke met die staatsaanklaer gehad het in terme waarvan hy onderneem het om appellant en beskuldigde 2 te impliseer as mededaders. Dit kan dus nie buite rekening gelaat word dat hy moontlik ‘n motief kon hê om appellant en/of beskuldigde 2 valslik te inkrimineer ten einde homself te bevoordeel nie. Ten spyte daarvan dat beide appellant en beskuldigde 2 ten tyde van die aanbied van hulle getuienis getuig het rondom die beweerde kontak tussen Bodibe en die staatsaanklaer op 9 Januarie 2009, voortspruitend waaruit Bodibe beide appellant en beskuldigde 2 geïmpliseer het, het appellant en beskuldigde 2 se regsverteenwoordiger hierdie weergawe nooit aan Bodibe gestel het nie. Die feit dat beide van hulle egter daaromtrent getuig het, noodsaak my om ten gunste van hulle te aanvaar dat hulle wel hierdie instruksie aan hul regsverteenwoordiger gegee het, maar die regsverteenwoordiger versuim het om dit aan Bodibe te stel. Hierdie weergawe van appellant en beskuldigde 2, saamgelees met hul beide se weergawe dat Bodibe drie verskillende weergawes op verskillende stadiums voorgehou het met betrekking tot appellant en beskuldigde 2 se betrokkenheid by die pleging van die misdryf, verplig my, na my mening, om wel die versigtigheidsreël ten opsigte van mededaders toe te pas, vanweë die redes en op die wyse vermeld in R v NCANANA 1948 (4) SA 399 (A) op 405, saamgelees met S v VAN VREDEN 1969 (2) SA 524 (N) op 531.

[13] Wanneer Bodibe se getuienis dan geëvalueer word, in sommige opsigte ook in samehang met die getuienis van appellant en beskuldigde 2, blyk die volgende:

Die Verhoorlanddros in die Distrikshof het, soos deur beide Mnr van der Merwe en Mnr Pienaar uitgewys, ‘n ex tempore uitspraak in die aangeleentheid gelewer wat uiters kort was en geensins die getuienis behoorlik evalueer het alvorens tot die volgende gevolgtrekking gekom is wat appellant en beskuldigde 2 se weergawes betref nie:

“(Dit) is sinneloos, dit is buitensporig en belaglik en dit word verwerp as vals bo redelike twyfel”.

Dit is geensins duidelik waarop hierdie bevinding gegrond is nie.

Bodibe het in sy getuienis in hoof getuig dat hy en beskuldigde 2 die sonpanele na die myn gevat het “om hulle te gaan verkoop”. Bietjie later, maar steeds in sy getuienis in hoof, het Bodibe weereens getuig dat hy en beskuldigde 2 die myn binnegegaan het om die sonpanele te gaan verkoop en “beskuldigde 1 was toe buitekant”. Ek sal na die aspek van “buitekant” net hierna terugkeer. Toe Bodibe egter na herondervraging sekere vrae deur die hof gevra is ter opklaring en hy gevra is waarom appellant nie saam met hulle gegaan het om die sonpanele te gaan verkoop nie, het Bodibe getuig dat op die stadium wat hulle die myn binnegegaan het, was dit nie die plan om die sonpanele te gaan verkoop nie, maar slegs om dit in die myn te gaan wegsteek. Dit was eers nadat hulle die myn binnegegaan het, wat hulle ‘n koper teëgekom het. Net daarna het hy weereens getuig dat appellant geweet het dat hulle slegs die sonpanele gaan wegsteek en het hy dus vir hulle gewag dat hulle terugkom. Hierdie getuienis van Bodibe is dus duidelik weersprekend, deurdat hy aan die een kant getuig dat hulle die myn binnegegaan het met die doel om die sonpanele te gaan wegsteek, terwyl hy aan die anderkant getuig het dat hulle die myn binnegegaan het met die doel om die sonpanele te gaan verkoop. Addisioneel tot hierdie weerspreking, val dit na my mening uiters vreemd op dat indien appellant van meet af aan deel was van die groep van drie persone wat die sonpanele vanaf die windpomp verwyder en gesteel het, hy nie ook saam met Bodibe en beskuldige 2 die myn sou binnegaan, hetsy om die sonpanele te gaan wegsteek, hetsy om dit te gaan verkoop nie. Bodibe se getuienis hieromtrent verskaf nie werklik na my mening ‘n redelike of gegronde verduideliking hiervoor nie.

Soos vroeër vermeld, het Bodibe getuig dat hulle appellant “buitekant” gelos het. Dit skep duidelik die indruk dat hy geensins die mynperseel binnegegaan het nie. Hierdie indruk word versterk of bevestig deurdat Bodibe onmiddellik daarna getuig dat hy en beskuldigde 2 by Hostel C binne Beatrix Myn ‘n persoon gekry het wat bereid was om een van die sonpanele te koop. Na my mening regverdig dit dus die afleiding dat “buitekant” ook buite die area waar die hostelle is, is. Teenstrydig hiermee, is dit beide Bodibe en appellant se weergawe dat appellant juis by Hostel C gearresteer is, met ander woorde op ‘n plek wat nie “buitekant” die Beatrix Myn was nie.

Daar is ook geen getuienis oor hoe Bodibe aan die sekuriteitsbeamptes appellant sou beskryf het wat hulle in staat gestel het om hom te identifiseer vir doeleindes van sy arrestasie nie.

Hoewel dit ook deur Bodibe getuig is dat daar ‘n saag by appellant gevind is en Bodibe gepoog het om te getuig dat hy teenwoordig was ten tyde van appellant se arrestasie en dus self die saag gesien het, blyk dit duidelik uit die totaliteit van die getuienis dat Bodibe nie teenwoordig kon gewees het met appellant se arrestasie nie. Dit moet dus gevolglik geag word dat daar geen getuienis deur die Staat aangebied is dat daar inderdaad ‘n saag by appellant aangetref is ten tyde van sy arrestasie wat hom sodoende met die pleging van die misdryf verbind nie.

‘n Verdere probleem in die staatsaak is dat dit uit beide appellant en beskuldigde 2 se getuienis blyk dat appellant gearresteer was as ‘n verdagte ten opsigte van ‘n inbraak wat by die kroeg plaasgevind het en geensins as ‘n verdagte ten opsigte van die onderhawige saak nie.

In samehang met voormelde moet ook in ag geneem word die getuienis van Bodibe self, saamgelees met appellant en beskuldigde 2 se getuienis, waaruit dit blyk dat ten tyde van hulle arrestasie, Bodibe op geen stadium vir appellant geïmpliseer het as een van die persone wat deel was van die pleging van die misdryf nie. Bodibe het aanvanklik aangetoon dat die sonpaneel sy eiendom is, synde wat hy by sy swaer gekry het; daarna het hy aangedui dat hy slegs vir beskuldigde 2 gehelp het om die sonpanele te verkoop en eers ten tyde van ‘n hofverskyning, blyk dit dat hy die eerste keer vir appellant geïmpliseer het.

[14] Die blote feit dat appellant die dag van die voorval by Hostel C teenwoordig was, regverdig nie as enigste redelike afleiding dat hy inderdaad betrokke was by die pleging van die misdryf nie. Ek stem dus met Mnr van der Merwe se betoog in die verband saam. Al wat appellant met die pleging van die misdryf verbind, is Bodibe se bewerings hieromtrent. Selfs beskuldige 2 het getuig dat hy geensins vir appellant geken het voor hul arrestasie nie. Gegewe die onbevredigende getuienis van Bodibe terwyl hy ‘n enkelgetuie is en ook ‘n mede-beskuldigde/mededader is, tesame met die ander tekortkominge in die staatsaak, is ek van oordeel dat die Staat nie bo redelike twyfel appellant se skuld bewys het nie en is appellant geregtig op sy vryspraak. Soos reeds vermeld, is appellant in ieder geval reeds op borgtog vrygelaat hangende die finalisering van hierdie appèl.

[15] Soos reeds vermeld, is daar nie ‘n appèl ten opsigte van beskuldigde 2 voor ons nie. Desnieteenstaande het Mnr Pienaar reeds in sy betoogshoofde versoek dat ons op die basis van ons inherente hersieningsbevoegdheid inmeng met die opgelegde vonnis ten opsigte van beskuldigde 2, deurdat die maksimum termyn gevangenisstraf wat in terme van Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet opgelê kan word, vyf jaar gevangenisstraf is. Die ses jaar gevangenisstraf wat in hierdie geval deur die Streekhoflanddros opgelê is, is dus duidelik onreëlmatig.

[16] Vanweë die omstandighede, meen ek dit is onvanpas en onnodig om volledig met die meriete van beskuldigde 2 se skuldigbevinding te handel. Ek volstaan egter deur te vermeld dat ek tevrede is dat beskuldigde 2 se skuldigbevinding in orde is. Wat die opgelegde vonnis betref, is dit duidelik onreëlmatig en is ek van mening dat ons in terme van ons inherente hersieningsbevoegdheid in terme van Artikel 304(4) van die Strafproseswet, daarmee moet inmeng en dit regstel.

[17] Gevolglik word die volgende bevele gemaak:

Appellant se appèl teen sy skuldigbevinding slaag, die skuldigbevinding word tersyde gestel en vervang met die volgende:

“Appellant word onskuldig bevind en ontslaan.”

Beskuldigde 2, Zanele Hugo, se vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:

“Vyf (5) jaar gevangenisstraf ingevolge Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.”

Laasgenoemde vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 28 April 2009.

_______

C. VAN ZYL, R

Ek stem saam:

M.H. RAMPAI, R

Namens die Appellant Mnr PL van der Merwe

In opdrag van:

Bloemfontein Regssentrum

BLOEMFONTEIN

Namens die Respondent: Adv F Pienaar

Direkteur van Openbare

Vervolgings

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A)

Case cited

R v Ncanana 1948 (4) SA 399 (A)

Case cited

S v Van Vreden 1969 (2) SA 524 (N)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.