Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Standard Kredietkorporasie Bpk. v Jot Motors (Edms) Bpk. (118/84) [1985] ZASCA 96; [1986] 1 All SA 329 (A) (25 September 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the respondent, who repaired the vehicle at the request of Marogane, was in lawful possession and entitled to a right of retention until compensated for the repair costs. The respondent's knowledge of the appellant's ownership and the terms of the hire purchase agreement did not amount to mala fides, nor did it constitute acting against express instructions. Clause 3(a) of the agreement required the buyer to keep the vehicle free from liens, but did not prohibit necessary repairs or the possibility of a lien arising from unpaid repair costs. The indemnity clause in the discounting agreement did not affect the respondent's entitlement to a right of retention. The court found no basis to overturn the decision in Brooklyn House Furnishers and dismissed the appellant's arguments. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

02

Material facts

Parties

Standard Kredietkorporasie Beperk

Appellant Counsel: Kuper

JOT Motors (Eiendoms) Beperk h/a Vaal Datsun

Respondent Counsel: Roux

Amounts and remedies

  • Total Purchase Price of Vehicle: ZAR 18,783.53
  • Trade in Value of Old Vehicle: ZAR 8,000
  • Balance Payable in Instalments: ZAR 10,783.53
  • Respondent's Repair Expenses: ZAR 10,774.67
  • Estimated Post Repair Value of Vehicle: ZAR 12,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the respondent was aware of the hire purchase agreement and the appellant's ownership of the vehicle. Clause 3(a) of the agreement required the buyer to keep the vehicle free from any lien or encumbrance. The respondent, knowing this, could not claim a right of retention. Furthermore, the respondent was not a bona fide possessor and did not have the owner's consent to perform the repairs. The appellant also contended that any enrichment resulting from the repairs was not unjust and that the indemnity clause in the discounting agreement precluded the respondent from claiming a right of retention.
Respondent
The respondent maintained that it was in lawful possession of the vehicle and entitled to a right of retention until compensated for the repair costs. The respondent argued that the circumstances under which the repairs were performed were normal for the motor industry and that the identity of the true owner was irrelevant. The respondent denied mala fides and asserted that the appellant was enriched by the repairs, which increased the vehicle's value. The respondent also disputed the relevance of the indemnity clause to its claim for retention.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons, 1970 (3) SA 264

    A person who repairs property at the request of someone other than the owner may acquire a right of retention against the true owner, provided the repairs were performed in good faith and not contrary to express instructions.

  2. 02

    Tyre & Motor Supply Co., Ltd v Leibrandt, 1926 CPD 421

    If a possessor knows that the property does not belong to the person instructing the repairs, and acts contrary to express instructions, he may be denied a right of retention.

  3. 03

    United Building Society v Smookler's Trustees, 1906 TS 623

    The mere fact that repairs are performed at the request of someone other than the owner does not automatically preclude a right of retention, unless the repairer acts mala fide or against express instructions.

  4. 04

    Hire Purchase Agreement, clause 3(a)

    Contractual clauses requiring the buyer to keep goods free from liens do not necessarily prevent a repairer from acquiring a right of retention, unless the repairer is aware of and acts against express prohibitions.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the respondent, who repaired the vehicle at the request of Marogane, was in lawful possession and entitled to a right of retention until compensated for the repair costs. The respondent's knowledge of the appellant's ownership and the terms of the hire purchase agreement did not amount to mala fides, nor did it constitute acting against express instructions. Clause 3(a) of the agreement required the buyer to keep the vehicle free from liens, but did not prohibit necessary repairs or the possibility of a lien arising from unpaid repair costs. The indemnity clause in the discounting agreement did not affect the respondent's entitlement to a right of retention. The court found no basis to overturn the decision in Brooklyn House Furnishers and dismissed the appellant's arguments. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Obiter and limits

  • The term 'lien' is not recognized as an Afrikaans legal term and is unnecessary in Afrikaans legal terminology.
  • The distinction between necessary and useful expenses was not decisive in this case, as the respondent's entitlement to a right of retention did not depend on this classification.
  • The court declined to reconsider the correctness of the Brooklyn House Furnishers decision, finding no compelling reason to do so.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 96

Saak nommer 119/84E du P.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

STANDARD KREDIETKORPORASIE BEPERK Appellant

en

JOT MOTORS (EIENDOMS) BEPERK

h/a VAAL DATSUN Respondent

Coram: RABIE, HR., KOTZé, JOUBERT, HEFER et BOSHOFF, ARR.

Verhoordatum: Leweringsdatum:

5 September 1985. 25 September 1985

UITSPRAAK

RABIE, HR:

Die/

2Die appèl in hierdie saak is gerig teen 'n uit-spraak van Coetzee, R. (met wie waarnemende regtersSlomowitz en Weyecs saamgestem het) in die TransvaalseProvinsiale Afdeling. Die uitspraak is gerapporteer:kyk JOT Motors (Edms) Bpk h/a Vaal Datsun v. StandardKredietkorporasie Bpk , 1984(2) S.A. 510(T.)Voordat ek die appèl behandel, voel ek my genoopom eers kortliks kommentaar te lewer op wat die geleerderegter in die tweede sin van sy uitspraak, waarin hy sêwaarom die saak gaan, sê. Die sin lui (bl. 511 B-C):

"Dit gaan oor retensieregte, wat ek verkiesom liens te noem, 'n woord wat in díe om-gangstaal, buite en binne die howe, so al-gemeen gebruik word dat dit lankal reeds

ingeburger geraak het."

"Lien"/ .....

3

"Lien" is 'n Engelse woord wat aan die Franse taal ontleen

is. Ek het nog nooit in 'n hof, of elders, gehoor dat die

woord deur 'n Afrikaanssprekende in die sin van retensíereg

gebruik word nie, en my kollegas se ondervinding is díe-

selfde. Geen woordeboek in die Land gee die woord as 'n

Afrikaanse woord, of selfs as 'n woord van vreemde oorsprong

wat soms ook in Afrikaans gebruik word, aan nie, en ek is

op navraag deur die hoofredakteur van die gesaghebbende

Woordeboek van die Afrikaanse Taal (gewoonlik tot W.A.T,

afgekort) meegedeel dat die redaksie oor geen inligting

beskik wat toon dat die woord enigsins in Afrikaans ge-

bruik word of bekend is nie. Na my mening moet besluit

word dat die woord "lien" geen aanspraak op erkenning

as 'n regsterm in Afrikaans het nie, en ek wi 1 byvoeg dat

na/

4

na my mening ons Afrikaanse regsterminologie ook nie

behoefte aan clie woord het nie.

Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die appêl

en begin met 'n uiteensetting van die feite van die saak

Respondent (JOT Motors (Edms) Beperk) het op

26 Junie 1980 'n gebruikte Leyland Super Buffalo-voertuig

op huurkoop aan ene Isaac Marogane teen 'n totale koopprys

van R18 783-53 verkoop. Marogane het 'n voertuig waarop

'n waarde van R8 000 geplaas is, ingeruil en hy moes die

balans van R10 787-53 in 24 maandelikse paaiemente af-

betaal. Respondent het sy regte onder die ooreenkoms

aan appellant gesedeer. Hierdie sessie het ingevolge 'n

sg. algemene verdiskonteringsooreenkoms wat respondent en

appell.ant in 1978 met mekaar aangegaan het, geskied

Volgens/......5Volgens hierdie ooreenkoms sou respondent ooreenkomste

wat hy sluit met persone wat voertuie by hom op huurkoop

koop, aan appellant sedeer en sou appellant ook eienaar

van die betrokke voertuie word. Dit is gemene saak

tussen die partye dat appellant eienaar geword het van

die bogemelde voertuig wat respondent aan Marogane ver-

koop het. Marogane het in September 1980 aan respondent

opdrag gegee om die voertuig te herstel. Respondent het

die werk gedoen en volgens die stukke in die saak blyk dit

gemene saak te wees dat respondent se ui tgawes met betrekking

tot die herstelwerk R10 774-67 beloop het. Marogane het

respondent nie betaal vir die werk wat aan die voertuig

gedoen is nie, en hy het ook versuim orn die paaiemente wat

hy ingevolge die huurkoopooroenkoms moes betaal aan appellant

te/......

6

te betaal. Appellant het die ooreenkoms vanwee hierdie

versuim van Marogane op 15 Februarie 1982 gekanselleer, en

op 11 Maart 1982 het hy in die Witwatersrandse Plaaslike

Afdeling aansock gedoen om 'n bevel wat respondent sou ver-

plig om die voertuig aan hom, as die eienaar daarvan, af te

gee. Appellant het Marogane as tweede respondent in die

aansoek gevoeg en het 'n kostebevel teen hom aangevra.

Marogane het geen stukke voor die hof gelê nie en die hof

(Kirk-Cohen, R.) het geen bevel teen hom gegee nie. Hy

is ook nie 'n party by hierdie appèl nie.

In paragraaf 11 van sy bogemelde aansoek sê

appellant (in die beëdigde verklaring van die bestuurder

van sy tak op Vereeniging, mnr Oawid Muller) dat toe respon-

dent onderneem het om die voertuig te herstel, hy (respondent)

bewus/..

7bewus was van die bepalings van die bogemelde huurkoopoor-eenkoms van 20 Junie 1980 en geweet het dat Marogane in-gevolge klousule 3(a) van daardie ooreenkoms die voertuigvry van enige retensiereg moes hou en die voertuig aanappellant moes afgee indien hy die ooreenkoms verbreek.Die relevante gedeelte van klousule 3(a) van die ooreenkomslui soos volg:

" . . . . The Buyer shall keep the goods inhis custody and shall maintain the goodsin good order and repair, exempt from anylien or encumbrance."

Respondent het die aansoek teengestaan. Sy bestuurder,mnr Eric Roux, sê in 'n beëdigde verklaring dat respondentin regmatige besit van die voertuig is en 'n retensieregteenoor appellant daarop uitoefen tot tyd en wyl hy vergoedword vir die koste wat hy aan die herstel van die voertuig

bestee/ 8bestee het. Roux sê verder in sy beëdigde verklaring

dat die voertuig "feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos

as 'n vragmotor" was voordat dit herstel is; dat die waarde

van die voertuig ná die herstelwerk minstens R12 000 is en

dat appellant met minstens R12 000 ten koste van respondent

verryk is. Roux sê ook dat die bewerings in paragraaf 11

van Muller se beedigde verklaring (hierbo vermeld) "irrelevant"

is en dat respondent die opdrag om die voertuig te herstel,

aanvaar het "in omstandighede wat normaal is vir die

motorbedryf en in besonder dat die vraag wie die ware

eienaar van die voertuig is, nie ter sprake kom nie."

Appellant het nie 'n repliserende verklaring voor die hof

gelê nie.

In/.......

9

In die aansoek in die Witwatersrandse Plaaslike

Afdeling het Kirk-Cohen, R. , bevind dat toe respondent

die voertuig herstel het, hy kennis gedra het van appellant

se eiendomsreg en van die bepalings van die huurkoopooreenkoms

en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg kon aanspraak maak

nie. Die geleerde regter het tot hierdie bevinding ge-

raak op grond van 'n passasie wat in die uitspraak van

hierdie hof in die saak Brooklyn House Furnishers (Pty)

Ltd. v. Knoetze and Sons, 1970(3) S.A. 264 voorkom.

In die betrokke passasie het Botha, A.R., met betrekking

tot die feit dat die respondent geglo het dat die persoon

(mev. Bond) wat aan hom die opdrag gegee het om die meubels

te berg die eienaar daarvan was, onder meer gesê (bl. 2 76

F-G) :

"Indien/.........

10

"Indien die respondent van die ware toe-drag van sake bewus sou gewees het, kon ditdie posisie moontlik verander het, maar hyhet inderdaad te goeder trou geglo datmev. Bond die eienares van die meubels was,en het op daardie grondslag met haar ge-kontrakteer. (Vgl. United Building Societyv. Smookler's Trustees, supra, op bl. 633)".

In die betrokke passasie in die United Building Society-saak (1906 T.S.) word o.m. gesê:

"It may well be that if a builder hadnotice that he was building on land whichdid not belong to his employer he vvouldbe in a pos.i tion analogous to that of amala fide possessor, and would have nojus re tentionis against the true owner."

In die uitspraak van die hof a quo ( 1984 ( 2 ) S . A.510) word tereg daarop gewys (op bl. 513 B-D) dat Botha A.R.,in die Brooklyn House Furnishers-saak, supra, nie beslis

het/

11

het dat die posisie van die respondent wel anders sou ge-wees het indien hy geweet het dat mev. Bond nie die eienaarwas van die meubels wat hy onderneem het om te berg nie,maar dat hy bloot die moontlikheid geopper het dat dit sokon wees en nie die vraag bespreek het nie. Direk nadat hyhierop gewys het, het Coetzee, R . , egter voortgegaan om tesê (bl. 513 D-E):

"Die regte van 'n mala fide besitter is dusbaie pertinent op die voorgrond en daarvanhang die huidige beslissing af. Dit isdan ook hoe dit voor ons geargumenteer is ."

Hierdie woorde gee te kenne, soos dit my voorkom, (a)dat respondent as 'n mala fide besitter van die voertuigbeskou moet word , en (b) dat in die hof a quo albei partyehulle saak voorgedra het op die grondslag dat respondent

as/

12

as 'n mala fide besitter van die voertuig aangesien moet word

Wat (b) betref, is daar in Roux se beëdigde verklaring

geen erkenning dat respondent as 'n mala fide besitter

beskou kan word nie. In hierdie hof is namens respondent

betoog dat hy nie as 'n mala fide besitter beskou kan word

nie, en daar is nie toegegee dat daar in die hof a quo

anders betoog is nie. Ek moet ook byvoeg dat daar nie in

hierdie hof namens appellant gesê is dat respondent in die

a quo toegegee het dat hy as 'n mala fide besitter

van die voertuig beskou kun word nie . Wat (a) betref,

word daar nie in die uitspraak gesê op welke gronde die

hof besluit het om respondent as 'n mala fide besitter van

die voertuig te beskon nie. Vermoedelik is so bevind -

ek kan nie aan 'n ander moontlike rede dink nie - omdat

respondent/........

13

respondent , toe hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen

het, geweet het dat appellant, en nie Marogane nie, die

eienaar van die voertuig was, en omdat hy van die inhoud

van kiousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms bewus was.

'n Ander punt wat ek in hierdie verband wil noem , is dat

daar nie in die uitspraak uitdruklik gesê word of die hof

respondent se uitgawes aan die herstel van die voertuig

as noodsaaklike uitgawes (impensae necessariae) of slegs

as nuttige uitgawes (impensae utiles) beskou het nie.

Coetzee, R. , verwys op twee plekke in sy uitspraak (op bl

115 C-D en E-F) na die herstelwerk as "noodsaaklike her-

stelwerk", en 'n mens sou dus geneig wees om te dink dat

hy/.......

14

hy die herstelkoste ook as noodsaaklike uitgawes sou be-

skou het - veral ook in die lig van die onbetwiste bewering

in die beëdigde verklaring van Roux dat die voertuig

"feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos as a vragmotor"

was toe respondent gevra is om dit te herstel . Dit is

egter nie duidelik dat die geleerde regter die uitgawes as

noodsaaklike ui tgawes beskou het nie, want, as hy dit so

beskou het, is dit ietwat moeilik om te verstaan waarom hy

'n lang bespreking gewy het aan die vraag of 'n mala fide

besitter - wat, soos blyk uit gesag wat in sy uitspraak

aangehaal word, 'n retensiereg ten opsigte van noodsaaklike

uitgawes het - ook 'n retensiereg op grond van nuttige uit-

gawes kan verkfy.

Mnr/......

15 & 16

Mnr Kuper, namens appellant, het by die aanvang

van sy betoog in hierdie hof gesê dat dit onsuiwer is om

van iemand soos respondent wat in opdrag van iemand anders

'n saak in ontvangs te neem en herstel en dit dan bly be-

hou totdat hy vir sy uitgawes vergoed is, as 'n possessor

(hetsy bona fide of mala fide) van die saak te praat.

Hierdie stelling opper vrae waaroor daar nie in hierdie

saak beslis hoef te word nie, en ek gaan voort om die

res van die advokaat se betoog te bespreek. Hy voer aan

dat die uitgawes wat respondent aangegaan het slegs

nuttige uitgawes was, en nie noodsaaklike uitgawes nie,

maar dat die nie nodig is om hierdie vraag te beslis

nie aangesien dit irrelevant is . Sy betoog is dat

iemand/.......

17iemand soos respondent wat 'n voertuig herstel 'n retensieregdaarop kan verwerf slegs indien hy bona fide is - bonafide in die sin dat hy glo dat die persoon met wie hy kon-trakteer die eienaar van die voertuig is - of indien dieeienaar toegestem het dat die herstelwerk gedoen word.(Ons is veruys na Tyre & Motor Supply Co., Ltd v. Leibrandt, 1926 C.P.D, 421; Ford v. Reed Uros, 1922 T.P.D. 266;Anderson & Co. v. Pienaar & Co., 1922 T.P.D. 435; Phillipsand Gordon v. Adams, 1923 E.D.L. 104; Rencken v. Snyman, 1946 N.P.D. 551; Knoll v. S.A. Flooring Industries Ltd,1951(1) S.A. 404(T.) en die Brooklyn House Furnishers-saak,supra.) Respondent, se mnr Kuper, was nie bona fide nieen het ook nie appellant se toestemming gehad om dieherstelwerk te doen nie, en gevolglik kan hy nie op 'n

retensiereg/

18

retensiereg aanspraak maak nie. Respondent se gebrek aan

bona fides, lui die betoog, is daarin geleë dat hy geweet

het dat die voertuig nie aan Marogane behoort nie en dat hy

van die inhoud van k.lousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms

bewus was.

Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie.

Respondent is deur Marogane gevra om die voertuig te herstei

en het op regmatige wyse in besit daarvan gekom. Sy

besit daarna sal ook regmatig wees, tensy gesê kan word

dat dit daarna vanweë sy beweerde mala fides onregmatig

vis-á-vis appellant geword het. Die blote feit dat 'n

saak in opdrag van iemand anders as die eienaar daarvan

herstel word, bring nie mee dat die persoon wat die her-

stelwerk doen nie 'n retensiereg teenoor die eienaar kan

verwerf/.........

19

verwerf nie (kyk die Brooklyn House Furnishers-saak , supra. )Die vraag is of respondent se kennis van appellant seeiendamsreg en van die inhoud van klousule 3(a) van diehuurkoopooreenkoms die posisie in die onderhawige gevalverander. Na my mening is die antwoord "nee". Klousule3(a) , wat ek geriefshalwe weer aanhaal , bepaal :

"The Buyer shall keep the goods in hiscustody and shall maintain the goods ingood order and repair, exempt from anylien or encumbrance."

Hierdie woorde hou nie in dat Marogane nie die voertuiguit sy besit mag laat as dit nodig sou wees om herstelwerkdaaraan te laat doen nie. Hy moes die voertuig in 'n goeietoestand hou en daar moes by die aangaan van die ooreenkomsnoodwendig voorsien gewees het - veral aangesien dit 'n

gebruikte/..........

20

gebruikte voertuig was wat verkoop is - dat dit van tyd tot tyd

vir Marogane nodig kon word om die voertuig te laat her-

stel. Ingevolge die ooreenkoms moes Marogane sorg dat

die voertuig in 'n goeie toestand bly, en na my mening

hou klousule 3(a) niks meer in nie as dat Marogane moes

sorg dra dat hy betaal vir herstelwerk wat hy laat doen

sodat daar nie 'n retensiereg ten opsigte van die voertuig

teenoor appellant kan ontstaan nie. Dit hou nie in dat

'n persoon wat herstelwerk aan die voertuig doen nie 'n

retensiereg kan verwerf nie. In hierdie verband moet daar

ook vermeld word dat daar niks in die stukke te vind is

wat enigsins die gevolgtrekking regverdig dat respondent

geweet het, of moes verwag het, dat Marogane hom nie vir die

herstelwerk sou, of kon, betaal nie. Mnr Kuper het aange-

voer/.......

21

voer dat die beslissing in die bogemelde saak Tyre & Motor

Supply Co., Ltd. v. Leibrandt, 1926 C.P.D. 421 sterk steun

verleen aan sy betoog dat respondent nie bona fide was toe

hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen het nie en dat

hy om daardie rede 'n retensiereg op die voertuig ontsê

moet word. In daardie saak het die hof bevind dat die

betrokke garage-eienaar 'n motor herstel het terwyl hy

bewus was van 'n ooreenkoms waaruit geblyk het - aldus die

bevinding van die hof - dat indien hy die motor sou her-

stel, hy dit teen die "express instructions" van die per-

soon wat hy as die eienaar van die motor beskou het, sou

doen; dat hy dus nie bona fide was toe hy dit herstel het

nie en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg op die motor

kon/.........

22

kon aanspraak maak nie. Die bepaling in die ooreenkoms

op grond waarvan die hof beslis het dat die garage-eienaar

die motor teen die "express instructions" van die persoon

wat hy as die eienaar van die motor beskou het (hoewel hy

nie inderdaad die eienaar was nie), herstel het, het soos

volg gelui : "The hirer agrees during the period of the hire

of the aforementioned car, that he will purchase all tyres,

tubes, spare parts and have a.Ll repai rs done to the car by

the vendor's firm." Aangesien die garage-eienaar nie die

"vendor's firm" was nie, is beslis dat die herstelwerk wat

hy gedoen het in stryd met die "express instructions" van

die gewaande eienaar geskied het en dat hy dus nie bona

fide was nie. Gardiner, R.P., het in die loop van sy

uitspraak (waarmee Jones, R., saamgestem het) gesê

(bl./.........

23

(bl. 427):

"If a garage proprietor at the instanceof my chauffeur repairs my car , well knowingthat I hnve forbidden my chauffeur to haveany repairs executed, I do not think thatthe garage proprietor can set up a lienagainst me, He cannot improve my caragainst my express instructions, and thenretain it until I pay."

Ek vind dit nie nodig om op die korrektheid al dan nievan hierdie beslissing in te gaan nie, want al sou aanvaarword dat die hof se opvatting van die betekenis en uit-werking van die bepaling in die ooreenkoms wat ek hierboaangehaal het juis was, meen ek nie dat dit op die onder-hawige geval van toepassing is en dat daar op grond vanklousule 3(a) gesê kan word dat respondent se herstelwerkaan die voertuig teen die "express instructions" of ver-

bod/

24

bod van appellant geskied het nie. Appellant se betoog

dat respondent mala fide opgetree het en dat hy om daardie

rede nie op 'n retensiereg kan aanspraak maak nie, kan

derhalwe na my mening nie slaag nie.

Mnr Kuper het verder betoog dat appellant nie

verryk, of onregmatig verryk, sal wees indien sy voertuig

aan hom gelewer sou word sonder dat hy respondent vir sy

uitgawes vergoed het nie, en, verder, dat indien appellant

wel verryk sal word, sy verryking nie ten kos te van respon-

dent sal geskied nie. Gevolglik , aldus die betoog, moet

bevind word dat respondent nie op 'n retensiereg geregtig

is nie. Hierdie betoog berus op die siening dat die

beslissing van hierdie hof in die Brooklyn House Furnishers-

saak, supra - waar 'n dergelike betoog geopper is maar nie

deur/...........

25

deur hierdie hof aanvaar is nie - verkeerd is. Mnr Kuperhet ons dan ook gevra om daardie beslissing te heroorweegen te bevind dat dit verkeerd is. Ek vind dit voldoendeom te sê dat appellant se betoog my nie daarvan oortuighet dat ons moet bevind dat die beslissing in daardie saakverkeerd is nie .Appellant se laaste betoog berus op die bepalingsvan klousule 6 van die bogemelde algemene verdiskonterings-ooreenkoms. Dit lui soos volg:

"I/We (d.w.s. JOT- Motors (Pty) Ltd)

hereby indemnify you and undertake to

hold you harmless against any claim, loss

or expense which you may sustain in consequence

of any condition or warranty expressed or

implied in an Agreement as to the quality,

description, fitness for any purpose or

otherwise of the Goods or in respect of

any obligation for service replacement or

maintebance/

26

maintenance in relation to the Goods or inrespect of any other cause arising out ofsuch Agreement."

Die betoog lui dat die uitgawes wat respondent aangegaanhet om die voertuig te herstel , uitgawes is wat in verbandstaan met 'n "obligation for service replacement or maintenance'soos in klousule 6 bedoel ; dat respondent kragtens dièklousule verplig is om appellant skadeloos te stel watsulke uitgawes betref; dat die herstelwerk aan die voertuigdus geen ongeregverdigde verryking vir appellant meebringnie, en dat respondent gevolglik nie op 'n retensiereg opdie voertuig teenoor appellant kan aanspraak maak nie.

Die betoog is ongegrond. Die klousule slaan, wat die onder-

hawige geval betref, op verpligtinge ten opsigte van "service

replacement/

27

replacement or maintenance" wat vir respondent ingevolge

die bogemelde huurkoopooreenkoms mag ontstaan. Dit het nie

betrekking op 'n geval soos dié waarmee ons in hierdie

saak te doen het nie.

Die appèl word met koste afgewys, insluitende

die koste van twee advokate.

P J RABIEHOOFREGTER

KOTZE, AR.

JOUBERT, AR. Stem saamHEFER, AR.

BOSHOFF, AR.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons, 1970 (3) SA 264

Case cited

United Building Society v Smookler's Trustees, 1906 TS 623

Case cited

Tyre & Motor Supply Co., Ltd v Leibrandt, 1926 CPD 421

Case cited

Ford v Reed Bros, 1922 TPD 266

Case cited

Anderson & Co v Pienaar & Co, 1922 TPD 435

Case cited

Phillips and Gordon v Adams, 1923 EDL 104

Case cited

Rencken v Snyman, 1946 NPD 551

Case cited

Knoll v SA Flooring Industries Ltd, 1951 (1) SA 404 (T)

Case cited

Hire Purchase Agreement, clause 3(a)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

General Discounting Agreement, clause 6

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.