Standard Kredietkorporasie Bpk. v Jot Motors (Edms) Bpk. (118/84) [1985] ZASCA 96; [1986] 1 All SA 329 (A) (25 September 1985)
The Supreme Court of Appeal held that the respondent, who repaired the vehicle at the request of Marogane, was in lawful possession and entitled to a right of retention until compensated for the repair costs. The respondent's knowledge of the appellant's ownership and the terms of the hire purchase agreement did not...
Source-derived case information.
- Citation
- [1985] ZASCA 96
- Parties
- Appellant: Standard Kredietkorporasie Beperk; Respondent: JOT Motors (Eiendoms) Beperk h/a Vaal Datsun
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 118/84
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Transvaal Provincial Division
- Outcome
- Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
- Judges
- Rabie, Kotze, Joubert, Hefer, Boshoff
- Legal Topics
- Retention Right, Hire Purchase Agreement, Unjust Enrichment, Bona Fide Possession, Contractual Indemnity
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Standard Kredietkorporasie Beperk
Appellant
JOT Motors (Eiendoms) Beperk h/a Vaal Datsun
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Transvaal Provincial Division
Legal Issues
- 1 Whether the respondent, who repaired a vehicle at the request of a third party, is entitled to exercise a right of retention (lien) against the true owner (appellant).
- 2 Whether knowledge of the owner's rights and the terms of the hire purchase agreement precludes the respondent from claiming a right of retention.
- 3 Whether the expenses incurred by the respondent are necessary or useful and if they justify a right of retention.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the respondent, who repaired the vehicle at the request of Marogane, was in lawful possession and entitled to a right of retention until compensated for the repair costs. The respondent's knowledge of the appellant's ownership and the terms of the hire purchase agreement did not amount to mala fides, nor did it constitute acting against express instructions. Clause 3(a) of the agreement required the buyer to keep the vehicle free from liens, but did not prohibit necessary repairs or the possibility of a lien arising from unpaid repair costs. The indemnity clause in the discounting agreement did not affect the respondent's entitlement to a right of...
Court Disposition
Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
Full Case Text
Judgment text and source record
304 paragraphs
Saak nommer 119/84E du P.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
STANDARD KREDIETKORPORASIE BEPERK Appellant
en
JOT MOTORS (EIENDOMS) BEPERK
h/a VAAL DATSUN Respondent
Coram: RABIE, HR., KOTZé, JOUBERT, HEFER et BOSHOFF, ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
5 September 1985. 25 September 1985
UITSPRAAK
RABIE, HR:
Die/
2Die appèl in hierdie saak is gerig teen 'n uit-spraak van Coetzee, R. (met wie waarnemende regtersSlomowitz en Weyecs saamgestem het) in die TransvaalseProvinsiale Afdeling. Die uitspraak is gerapporteer:kyk JOT Motors (Edms) Bpk h/a Vaal Datsun v. StandardKredietkorporasie Bpk , 1984(2) S.A. 510(T.)Voordat ek die appèl behandel, voel ek my genoopom eers kortliks kommentaar te lewer op wat die geleerderegter in die tweede sin van sy uitspraak, waarin hy sêwaarom die saak gaan, sê. Die sin lui (bl. 511 B-C):
"Dit gaan oor retensieregte, wat ek verkiesom liens te noem, 'n woord wat in díe om-gangstaal, buite en binne die howe, so al-gemeen gebruik word dat dit lankal reeds
ingeburger geraak het."
"Lien"/ .....
3
"Lien" is 'n Engelse woord wat aan die Franse taal ontleen
is. Ek het nog nooit in 'n hof, of elders, gehoor dat die
woord deur 'n Afrikaanssprekende in die sin van retensíereg
gebruik word nie, en my kollegas se ondervinding is díe-
selfde. Geen woordeboek in die Land gee die woord as 'n
Afrikaanse woord, of selfs as 'n woord van vreemde oorsprong
wat soms ook in Afrikaans gebruik word, aan nie, en ek is
op navraag deur die hoofredakteur van die gesaghebbende
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (gewoonlik tot W.A.T,
afgekort) meegedeel dat die redaksie oor geen inligting
beskik wat toon dat die woord enigsins in Afrikaans ge-
bruik word of bekend is nie. Na my mening moet besluit
word dat die woord "lien" geen aanspraak op erkenning
as 'n regsterm in Afrikaans het nie, en ek wi 1 byvoeg dat
na/
4
na my mening ons Afrikaanse regsterminologie ook nie
behoefte aan clie woord het nie.
Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die appêl
en begin met 'n uiteensetting van die feite van die saak
Respondent (JOT Motors (Edms) Beperk) het op
26 Junie 1980 'n gebruikte Leyland Super Buffalo-voertuig
op huurkoop aan ene Isaac Marogane teen 'n totale koopprys
van R18 783-53 verkoop. Marogane het 'n voertuig waarop
'n waarde van R8 000 geplaas is, ingeruil en hy moes die
balans van R10 787-53 in 24 maandelikse paaiemente af-
betaal. Respondent het sy regte onder die ooreenkoms
aan appellant gesedeer. Hierdie sessie het ingevolge 'n
sg. algemene verdiskonteringsooreenkoms wat respondent en
appell.ant in 1978 met mekaar aangegaan het, geskied
Volgens/......5Volgens hierdie ooreenkoms sou respondent ooreenkomste
wat hy sluit met persone wat voertuie by hom op huurkoop
koop, aan appellant sedeer en sou appellant ook eienaar
van die betrokke voertuie word. Dit is gemene saak
tussen die partye dat appellant eienaar geword het van
die bogemelde voertuig wat respondent aan Marogane ver-
koop het. Marogane het in September 1980 aan respondent
opdrag gegee om die voertuig te herstel. Respondent het
die werk gedoen en volgens die stukke in die saak blyk dit
gemene saak te wees dat respondent se ui tgawes met betrekking
tot die herstelwerk R10 774-67 beloop het. Marogane het
respondent nie betaal vir die werk wat aan die voertuig
gedoen is nie, en hy het ook versuim orn die paaiemente wat
hy ingevolge die huurkoopooroenkoms moes betaal aan appellant
te/......
6
te betaal. Appellant het die ooreenkoms vanwee hierdie
versuim van Marogane op 15 Februarie 1982 gekanselleer, en
op 11 Maart 1982 het hy in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling aansock gedoen om 'n bevel wat respondent sou ver-
plig om die voertuig aan hom, as die eienaar daarvan, af te
gee. Appellant het Marogane as tweede respondent in die
aansoek gevoeg en het 'n kostebevel teen hom aangevra.
Marogane het geen stukke voor die hof gelê nie en die hof
(Kirk-Cohen, R.) het geen bevel teen hom gegee nie. Hy
is ook nie 'n party by hierdie appèl nie.
In paragraaf 11 van sy bogemelde aansoek sê
appellant (in die beëdigde verklaring van die bestuurder
van sy tak op Vereeniging, mnr Oawid Muller) dat toe respon-
dent onderneem het om die voertuig te herstel, hy (respondent)
bewus/..
7bewus was van die bepalings van die bogemelde huurkoopoor-eenkoms van 20 Junie 1980 en geweet het dat Marogane in-gevolge klousule 3(a) van daardie ooreenkoms die voertuigvry van enige retensiereg moes hou en die voertuig aanappellant moes afgee indien hy die ooreenkoms verbreek.Die relevante gedeelte van klousule 3(a) van die ooreenkomslui soos volg:
" . . . . The Buyer shall keep the goods inhis custody and shall maintain the goodsin good order and repair, exempt from anylien or encumbrance."
Respondent het die aansoek teengestaan. Sy bestuurder,mnr Eric Roux, sê in 'n beëdigde verklaring dat respondentin regmatige besit van die voertuig is en 'n retensieregteenoor appellant daarop uitoefen tot tyd en wyl hy vergoedword vir die koste wat hy aan die herstel van die voertuig
bestee/ 8bestee het. Roux sê verder in sy beëdigde verklaring
dat die voertuig "feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos
as 'n vragmotor" was voordat dit herstel is; dat die waarde
van die voertuig ná die herstelwerk minstens R12 000 is en
dat appellant met minstens R12 000 ten koste van respondent
verryk is. Roux sê ook dat die bewerings in paragraaf 11
van Muller se beedigde verklaring (hierbo vermeld) "irrelevant"
is en dat respondent die opdrag om die voertuig te herstel,
aanvaar het "in omstandighede wat normaal is vir die
motorbedryf en in besonder dat die vraag wie die ware
eienaar van die voertuig is, nie ter sprake kom nie."
Appellant het nie 'n repliserende verklaring voor die hof
gelê nie.
In/.......
9
In die aansoek in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling het Kirk-Cohen, R. , bevind dat toe respondent
die voertuig herstel het, hy kennis gedra het van appellant
se eiendomsreg en van die bepalings van die huurkoopooreenkoms
en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg kon aanspraak maak
nie. Die geleerde regter het tot hierdie bevinding ge-
raak op grond van 'n passasie wat in die uitspraak van
hierdie hof in die saak Brooklyn House Furnishers (Pty)
Ltd. v. Knoetze and Sons, 1970(3) S.A. 264 voorkom.
In die betrokke passasie het Botha, A.R., met betrekking
tot die feit dat die respondent geglo het dat die persoon
(mev. Bond) wat aan hom die opdrag gegee het om die meubels
te berg die eienaar daarvan was, onder meer gesê (bl. 2 76
F-G) :
"Indien/.........
10
"Indien die respondent van die ware toe-drag van sake bewus sou gewees het, kon ditdie posisie moontlik verander het, maar hyhet inderdaad te goeder trou geglo datmev. Bond die eienares van die meubels was,en het op daardie grondslag met haar ge-kontrakteer. (Vgl. United Building Societyv. Smookler's Trustees, supra, op bl. 633)".
In die betrokke passasie in die United Building Society-saak (1906 T.S.) word o.m. gesê:
"It may well be that if a builder hadnotice that he was building on land whichdid not belong to his employer he vvouldbe in a pos.i tion analogous to that of amala fide possessor, and would have nojus re tentionis against the true owner."
In die uitspraak van die hof a quo ( 1984 ( 2 ) S . A.510) word tereg daarop gewys (op bl. 513 B-D) dat Botha A.R.,in die Brooklyn House Furnishers-saak, supra, nie beslis
het/
11
het dat die posisie van die respondent wel anders sou ge-wees het indien hy geweet het dat mev. Bond nie die eienaarwas van die meubels wat hy onderneem het om te berg nie,maar dat hy bloot die moontlikheid geopper het dat dit sokon wees en nie die vraag bespreek het nie. Direk nadat hyhierop gewys het, het Coetzee, R . , egter voortgegaan om tesê (bl. 513 D-E):
"Die regte van 'n mala fide besitter is dusbaie pertinent op die voorgrond en daarvanhang die huidige beslissing af. Dit isdan ook hoe dit voor ons geargumenteer is ."
Hierdie woorde gee te kenne, soos dit my voorkom, (a)dat respondent as 'n mala fide besitter van die voertuigbeskou moet word , en (b) dat in die hof a quo albei partyehulle saak voorgedra het op die grondslag dat respondent
as/
12
as 'n mala fide besitter van die voertuig aangesien moet word
Wat (b) betref, is daar in Roux se beëdigde verklaring
geen erkenning dat respondent as 'n mala fide besitter
beskou kan word nie. In hierdie hof is namens respondent
betoog dat hy nie as 'n mala fide besitter beskou kan word
nie, en daar is nie toegegee dat daar in die hof a quo
anders betoog is nie. Ek moet ook byvoeg dat daar nie in
hierdie hof namens appellant gesê is dat respondent in die
a quo toegegee het dat hy as 'n mala fide besitter
van die voertuig beskou kun word nie . Wat (a) betref,
word daar nie in die uitspraak gesê op welke gronde die
hof besluit het om respondent as 'n mala fide besitter van
die voertuig te beskon nie. Vermoedelik is so bevind -
ek kan nie aan 'n ander moontlike rede dink nie - omdat
respondent/........
13
respondent , toe hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen
het, geweet het dat appellant, en nie Marogane nie, die
eienaar van die voertuig was, en omdat hy van die inhoud
van kiousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms bewus was.
'n Ander punt wat ek in hierdie verband wil noem , is dat
daar nie in die uitspraak uitdruklik gesê word of die hof
respondent se uitgawes aan die herstel van die voertuig
as noodsaaklike uitgawes (impensae necessariae) of slegs
as nuttige uitgawes (impensae utiles) beskou het nie.
Coetzee, R. , verwys op twee plekke in sy uitspraak (op bl
115 C-D en E-F) na die herstelwerk as "noodsaaklike her-
stelwerk", en 'n mens sou dus geneig wees om te dink dat
hy/.......
14
hy die herstelkoste ook as noodsaaklike uitgawes sou be-
skou het - veral ook in die lig van die onbetwiste bewering
in die beëdigde verklaring van Roux dat die voertuig
"feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos as a vragmotor"
was toe respondent gevra is om dit te herstel . Dit is
egter nie duidelik dat die geleerde regter die uitgawes as
noodsaaklike ui tgawes beskou het nie, want, as hy dit so
beskou het, is dit ietwat moeilik om te verstaan waarom hy
'n lang bespreking gewy het aan die vraag of 'n mala fide
besitter - wat, soos blyk uit gesag wat in sy uitspraak
aangehaal word, 'n retensiereg ten opsigte van noodsaaklike
uitgawes het - ook 'n retensiereg op grond van nuttige uit-
gawes kan verkfy.
Mnr/......
15 & 16
Mnr Kuper, namens appellant, het by die aanvang
van sy betoog in hierdie hof gesê dat dit onsuiwer is om
van iemand soos respondent wat in opdrag van iemand anders
'n saak in ontvangs te neem en herstel en dit dan bly be-
hou totdat hy vir sy uitgawes vergoed is, as 'n possessor
(hetsy bona fide of mala fide) van die saak te praat.
Hierdie stelling opper vrae waaroor daar nie in hierdie
saak beslis hoef te word nie, en ek gaan voort om die
res van die advokaat se betoog te bespreek. Hy voer aan
dat die uitgawes wat respondent aangegaan het slegs
nuttige uitgawes was, en nie noodsaaklike uitgawes nie,
maar dat die nie nodig is om hierdie vraag te beslis
nie aangesien dit irrelevant is . Sy betoog is dat
iemand/.......
17iemand soos respondent wat 'n voertuig herstel 'n retensieregdaarop kan verwerf slegs indien hy bona fide is - bonafide in die sin dat hy glo dat die persoon met wie hy kon-trakteer die eienaar van die voertuig is - of indien dieeienaar toegestem het dat die herstelwerk gedoen word.(Ons is veruys na Tyre & Motor Supply Co., Ltd v. Leibrandt, 1926 C.P.D, 421; Ford v. Reed Uros, 1922 T.P.D. 266;Anderson & Co. v. Pienaar & Co., 1922 T.P.D. 435; Phillipsand Gordon v. Adams, 1923 E.D.L. 104; Rencken v. Snyman, 1946 N.P.D. 551; Knoll v. S.A. Flooring Industries Ltd,1951(1) S.A. 404(T.) en die Brooklyn House Furnishers-saak,supra.) Respondent, se mnr Kuper, was nie bona fide nieen het ook nie appellant se toestemming gehad om dieherstelwerk te doen nie, en gevolglik kan hy nie op 'n
retensiereg/
18
retensiereg aanspraak maak nie. Respondent se gebrek aan
bona fides, lui die betoog, is daarin geleë dat hy geweet
het dat die voertuig nie aan Marogane behoort nie en dat hy
van die inhoud van k.lousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms
bewus was.
Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie.
Respondent is deur Marogane gevra om die voertuig te herstei
en het op regmatige wyse in besit daarvan gekom. Sy
besit daarna sal ook regmatig wees, tensy gesê kan word
dat dit daarna vanweë sy beweerde mala fides onregmatig
vis-á-vis appellant geword het. Die blote feit dat 'n
saak in opdrag van iemand anders as die eienaar daarvan
herstel word, bring nie mee dat die persoon wat die her-
stelwerk doen nie 'n retensiereg teenoor die eienaar kan
verwerf/.........
19
verwerf nie (kyk die Brooklyn House Furnishers-saak , supra. )Die vraag is of respondent se kennis van appellant seeiendamsreg en van die inhoud van klousule 3(a) van diehuurkoopooreenkoms die posisie in die onderhawige gevalverander. Na my mening is die antwoord "nee". Klousule3(a) , wat ek geriefshalwe weer aanhaal , bepaal :
"The Buyer shall keep the goods in hiscustody and shall maintain the goods ingood order and repair, exempt from anylien or encumbrance."
Hierdie woorde hou nie in dat Marogane nie die voertuiguit sy besit mag laat as dit nodig sou wees om herstelwerkdaaraan te laat doen nie. Hy moes die voertuig in 'n goeietoestand hou en daar moes by die aangaan van die ooreenkomsnoodwendig voorsien gewees het - veral aangesien dit 'n
gebruikte/..........
20
gebruikte voertuig was wat verkoop is - dat dit van tyd tot tyd
vir Marogane nodig kon word om die voertuig te laat her-
stel. Ingevolge die ooreenkoms moes Marogane sorg dat
die voertuig in 'n goeie toestand bly, en na my mening
hou klousule 3(a) niks meer in nie as dat Marogane moes
sorg dra dat hy betaal vir herstelwerk wat hy laat doen
sodat daar nie 'n retensiereg ten opsigte van die voertuig
teenoor appellant kan ontstaan nie. Dit hou nie in dat
'n persoon wat herstelwerk aan die voertuig doen nie 'n
retensiereg kan verwerf nie. In hierdie verband moet daar
ook vermeld word dat daar niks in die stukke te vind is
wat enigsins die gevolgtrekking regverdig dat respondent
geweet het, of moes verwag het, dat Marogane hom nie vir die
herstelwerk sou, of kon, betaal nie. Mnr Kuper het aange-
voer/.......
21
voer dat die beslissing in die bogemelde saak Tyre & Motor
Supply Co., Ltd. v. Leibrandt, 1926 C.P.D. 421 sterk steun
verleen aan sy betoog dat respondent nie bona fide was toe
hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen het nie en dat
hy om daardie rede 'n retensiereg op die voertuig ontsê
moet word. In daardie saak het die hof bevind dat die
betrokke garage-eienaar 'n motor herstel het terwyl hy
bewus was van 'n ooreenkoms waaruit geblyk het - aldus die
bevinding van die hof - dat indien hy die motor sou her-
stel, hy dit teen die "express instructions" van die per-
soon wat hy as die eienaar van die motor beskou het, sou
doen; dat hy dus nie bona fide was toe hy dit herstel het
nie en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg op die motor
kon/.........
22
kon aanspraak maak nie. Die bepaling in die ooreenkoms
op grond waarvan die hof beslis het dat die garage-eienaar
die motor teen die "express instructions" van die persoon
wat hy as die eienaar van die motor beskou het (hoewel hy
nie inderdaad die eienaar was nie), herstel het, het soos
volg gelui : "The hirer agrees during the period of the hire
of the aforementioned car, that he will purchase all tyres,
tubes, spare parts and have a.Ll repai rs done to the car by
the vendor's firm." Aangesien die garage-eienaar nie die
"vendor's firm" was nie, is beslis dat die herstelwerk wat
hy gedoen het in stryd met die "express instructions" van
die gewaande eienaar geskied het en dat hy dus nie bona
fide was nie. Gardiner, R.P., het in die loop van sy
uitspraak (waarmee Jones, R., saamgestem het) gesê
(bl./.........
23
(bl. 427):
"If a garage proprietor at the instanceof my chauffeur repairs my car , well knowingthat I hnve forbidden my chauffeur to haveany repairs executed, I do not think thatthe garage proprietor can set up a lienagainst me, He cannot improve my caragainst my express instructions, and thenretain it until I pay."
Ek vind dit nie nodig om op die korrektheid al dan nievan hierdie beslissing in te gaan nie, want al sou aanvaarword dat die hof se opvatting van die betekenis en uit-werking van die bepaling in die ooreenkoms wat ek hierboaangehaal het juis was, meen ek nie dat dit op die onder-hawige geval van toepassing is en dat daar op grond vanklousule 3(a) gesê kan word dat respondent se herstelwerkaan die voertuig teen die "express instructions" of ver-
bod/
24
bod van appellant geskied het nie. Appellant se betoog
dat respondent mala fide opgetree het en dat hy om daardie
rede nie op 'n retensiereg kan aanspraak maak nie, kan
derhalwe na my mening nie slaag nie.
Mnr Kuper het verder betoog dat appellant nie
verryk, of onregmatig verryk, sal wees indien sy voertuig
aan hom gelewer sou word sonder dat hy respondent vir sy
uitgawes vergoed het nie, en, verder, dat indien appellant
wel verryk sal word, sy verryking nie ten kos te van respon-
dent sal geskied nie. Gevolglik , aldus die betoog, moet
bevind word dat respondent nie op 'n retensiereg geregtig
is nie. Hierdie betoog berus op die siening dat die
beslissing van hierdie hof in die Brooklyn House Furnishers-
saak, supra - waar 'n dergelike betoog geopper is maar nie
deur/...........
25
deur hierdie hof aanvaar is nie - verkeerd is. Mnr Kuperhet ons dan ook gevra om daardie beslissing te heroorweegen te bevind dat dit verkeerd is. Ek vind dit voldoendeom te sê dat appellant se betoog my nie daarvan oortuighet dat ons moet bevind dat die beslissing in daardie saakverkeerd is nie .Appellant se laaste betoog berus op die bepalingsvan klousule 6 van die bogemelde algemene verdiskonterings-ooreenkoms. Dit lui soos volg:
"I/We (d.w.s. JOT- Motors (Pty) Ltd)
hereby indemnify you and undertake to
hold you harmless against any claim, loss
or expense which you may sustain in consequence
of any condition or warranty expressed or
implied in an Agreement as to the quality,
description, fitness for any purpose or
otherwise of the Goods or in respect of
any obligation for service replacement or
maintebance/
26
maintenance in relation to the Goods or inrespect of any other cause arising out ofsuch Agreement."
Die betoog lui dat die uitgawes wat respondent aangegaanhet om die voertuig te herstel , uitgawes is wat in verbandstaan met 'n "obligation for service replacement or maintenance'soos in klousule 6 bedoel ; dat respondent kragtens dièklousule verplig is om appellant skadeloos te stel watsulke uitgawes betref; dat die herstelwerk aan die voertuigdus geen ongeregverdigde verryking vir appellant meebringnie, en dat respondent gevolglik nie op 'n retensiereg opdie voertuig teenoor appellant kan aanspraak maak nie.
Die betoog is ongegrond. Die klousule slaan, wat die onder-
hawige geval betref, op verpligtinge ten opsigte van "service
replacement/
27
replacement or maintenance" wat vir respondent ingevolge
die bogemelde huurkoopooreenkoms mag ontstaan. Dit het nie
betrekking op 'n geval soos dié waarmee ons in hierdie
saak te doen het nie.
Die appèl word met koste afgewys, insluitende
die koste van twee advokate.
P J RABIEHOOFREGTER
KOTZE, AR.
JOUBERT, AR. Stem saamHEFER, AR.
BOSHOFF, AR.