Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Steenkamp v GWK Bpk (952/05) [2009] ZANCHC 60 (12 June 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that Steenkamp failed to prove delivery of the sable antelope by traditio longa manu, as there was no evidence that the animals were ever pointed out to him, nor that he was able to exercise physical control over them after the auction. The sale conditions reserved ownership to GWK until full payment, which occurred much later, and there was no indication that the requirements for symbolic delivery were met. Consequently, ownership never passed to Steenkamp, and he did not acquire ownership of the offspring either. GWK, as owner, could not claim a right of retention or act as negotiorum gestor against Steenkamp. The court dismissed Steenkamp's claim and ordered him to pay GWK's costs.

Court disposition

Claim dismissed. Costs awarded against Steenkamp.

Orders

  • The stated questions are answered as set out in paragraph 35 of the judgment.
  • The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs.

02

Material facts

Parties

Hendrik Petrus Steenkamp

Plaintiff Counsel: Adv A van Rhyn SC

GWK Beperk

Defendant Counsel: Adv B Knoetze SC

Amounts and remedies

  • Purchase Price of Sable Antelope (excluding Vat): ZAR 375,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Merits Determination on Stated Case

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Steenkamp argued that he acquired ownership of the sable antelope and their offspring upon purchase at the auction, relying on the principle of delivery by traditio longa manu, given the animals were listed in the catalogue and sold accordingly. He contended that actual physical delivery was not required due to the nature of the transaction and the location of the animals. He sought return of the animals or their value, asserting that GWK's continued possession did not negate his ownership.
Respondent
GWK contended that Steenkamp never acquired ownership because the animals were never delivered to him in the legal sense, nor were they pointed out or placed under his control after the auction. GWK maintained that, per the sale conditions, ownership remained with GWK until full payment, which occurred much later. GWK also asserted a right of retention for expenses incurred in caring for the animals and filed a conditional counterclaim for such costs.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Van der Merwe: Sakereg, 2nd ed. at 300-301; Silberberg & Schoeman's Law of Property, 5th ed. at 175.

    Ownership of movable property is transferred by delivery, which requires both a real agreement and a physical or symbolic act of delivery, such as traditio longa manu, provided strict requirements are met.

  2. 02

    Groenewald v van der Merwe 1917 AD 233 at 239; Xapa v Ntsoko 1919 EDL 177 at 183; Botha v Mazeka 1981 (3) SA 191 (A) at 195C-G.

    Traditio longa manu requires the intention to use this form of delivery, the item being pointed out in the presence of the transferee, the transferee being able to exercise physical control, and clear identification of the item.

  3. 03

    Van der Merwe, Sakereg, 2nd ed. at 711-713; Silberberg & Schoeman's Law of Property, 5th ed. at 413-414; LAWSA, 2nd ed., Vol 15 (Part 2) para 49; Harms, Amler's Precedents of Pleadings, 6th ed. at 261-262; LAWSA, 2nd ed., Vol 17 (Part 1) para 21.

    A right of retention cannot be exercised by an owner over his own property, nor can one be a negotiorum gestor of one's own property.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that Steenkamp failed to prove delivery of the sable antelope by traditio longa manu, as there was no evidence that the animals were ever pointed out to him, nor that he was able to exercise physical control over them after the auction. The sale conditions reserved ownership to GWK until full payment, which occurred much later, and there was no indication that the requirements for symbolic delivery were met. Consequently, ownership never passed to Steenkamp, and he did not acquire ownership of the offspring either. GWK, as owner, could not claim a right of retention or act as negotiorum gestor against Steenkamp. The court dismissed Steenkamp's claim and ordered him to pay GWK's costs.

Obiter and limits

  • A court is bound by the facts agreed in a stated case and cannot go beyond them, but may address legal points arising from those facts even if not explicitly raised by the parties.
  • The strict requirements for traditio longa manu must be satisfied, especially in cases involving valuable movable property such as game animals.
  • The absence of evidence of pointing out or physical control is fatal to a claim of ownership based on symbolic delivery.

Court disposition

Claim dismissed. Costs awarded against Steenkamp.

  • The stated questions are answered as set out in paragraph 35 of the judgment.
  • The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2009] ZANCHC 60

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

[Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley]

Saaknommer: 952/05

Datum Verhoor: 27 Mei 2009

Datum Gelewer: 12 Junie 2009

In die saak van:

HENDRIK

PETRUS STEENKAMP EISER

versus

GWK

BEPERK VERWEERDER

Coram:

MAJIEDT

R

UITSPRAAK

MAJIEDT R:

A. INLEIDING

EN AGTERGROND

Die beginsels van die sakereg soos dit toepassing vind by lewering, eiendomsoordrag, bewaringsretensieregte en saakwaarneming speel ‘n sentrale rol in hierdie aangeleentheid.

Die geskil gaan oor die eienaarskap van drie swartwitpensbokke en hul aanteel. Daarmee saam bestaan daar ‘n dispuut oor die versorgings- en bewaringskostes van die diere.

Die pleitstukke en blootgelegde dokumente is redelik omvangryk, maar het die partye by wyse van ‘n gestelde saak op ‘n ooreengekome feitestel hierdie Hof genader vir ‘n beslissing. Ek het, op aansoek van die partye, gelas dat die aangeleentheid slegs op die meriete nou bereg word en wel, soos ek gesê het hierbo, by wyse van ‘n gestelde saak.

Die Eiser het die voormelde drie bokke op ‘n wildsveiling, gehou deur die Verweerder, aangekoop onderhewig aan die Verweerder se standaard verkoopsvoorwaardes. Ek sal doelmatigheidshalwe hierin verder na die Eiser as “Steenkamp” en na die Verweerder as “GWK” verwys. Ek sal verder na die drie swartwitpensbokke bloot verwys as “die bokke” en na die aanwas daarvan as “die aanteel”. Alhoewel die risiko van verlies en beskadiging van die bokke dadelik by die toeslaan van die bod na Steenkamp oorgegaan het kragtens die

verkoopsvoorwaardes, het die betrokke voorwaardes egter bepaal dat eiendomsreg voorbehou word aan GWK totdat die koopsom betaal is (wat natuurlik tipies die geval is by ‘n koopkontrak soos hierdie). Die vraag of lewering van die bokke ooit aan Steenkamp plaasgevind het en, indien wel, wanneer, is een van die kerndispute in hierdie geding.

Betaling van die koopsom het eers ongeveer 18 maande ná die veiling (en na litigasie tussen die partye) geskied. Die versorgings- en bewaringskostes van die bokke deur GWK aangegaan in die tydperk tussen die veiling en betaling van die koopsom is ‘n gevolglike verdere kerndispuut tussen die partye.

B. GESTELDE SAAK: GEMEENSAAKLIKE FEITE

Dit is nie prakties haalbaar of myns insiens nodig om die partye se ooreenkoms met betrekking tot die gestelde saak ingevolge die bepalings vervat in Hooggeregshofreëls 33(1), (2) en (3) in sy volledige besonderhede weer te gee nie. Ek volstaan met ‘n bondige opsomming daarvan.

GWK is ‘n landboukoöperasie wat ook wildsveilings behartig. Soos maar die algemene praktyk is, het GWK op ‘n veiling gehou op 3 Mei 2003 die bokke as “lot 58” in ‘n katalogus gelys, welke katalogus beskikbaar was vir insae deur voornemende kopers. Wild wat te koop aangebied was op die veiling kon vooraf op die veilingsterrein of elders waar dit aangehou was, besigtig word.

In die onderhawige geval was die bokke elders aangehou.

Die bod is op Steenkamp toegeslaan vir die bokke vir ‘n koopsom van R375 000.00, uitgesluit belasting op toegevoegde waarde. Dié verkoop was onderhewig aan GWK se standaard verkoops-voorwaardes soos vervat in die voormelde katalogus. Ek sal later meer volledig na die tersaaklike verkoopsvoorwaardes verwys wat ‘n belangrike rol speel in die beregting van die geskilpunte.

Op dieselfde datum van die veiling (3 Mei 2003) het Steenkamp ‘n tjek aan GWK uitgemaak vir betaling van die koopsom. Steenkamp het later betaling van die tjek gestaak, waarop GWK voorlopige vonnis verrigtinge begin het wat suksesvol gekulmineer het in ‘n vonnis teen Steenkamp. Laasgenoemde het toe die vonnisskuld betaal op 10 November 2004 aan GWK.

Na betaling van die vonnisskuld soos voormeld het Steenkamp lewering van die bokke en die aanteel versoek van GWK, wat geweier het om aan dié versoek te voldoen alvorens hy vergoed word vir sy uitgawes aangegaan ten aansien van die bewaring en versorging van die bokke. In dié verband het GWK hom beroep op ‘n bewaringsretensiereg. GWK se voormelde weiering het aanleiding gegee tot die onderhawige geding.

Nadat Steenkamp sekuriteit gestel het vir die waarde van GWK se beweerde retensiereg is die bokke en die aanteel by ooreenkoms tussen die partye op 8 Junie 2008 aan Steenkamp gelewer. GWK vorder in ‘n voorwaardelike teeneis die versorgings- en aanverwante kostes op grond van sy voormelde beweerde retensiereg vir die tydperk vanaf 3 Mei 2003 tot 8 Junie 2008. Steenkamp se voormelde besitneming van die bokke het geskied sonder afstanddoening deur GWK van sy regte of verwere teen Steenkamp se vordering (welke insluit die dispuut ten aansien van lewering). Die partye het laastens ooreengekom dat, indien die bokke nie vanaf 3 Mei 2003 tot 8 Junie 2008 deur iemand versorg sou word nie, hulle tesame met die aanteel, tot niet sou gaan.

Ek sluit hierdie afdeling van die uitspraak af deur nou alreeds daarop te wys dat die ooreengekome feitestel dawerend swyg aangaande die vraag of die bokke ná die aankoop daarvan deur Steenkamp ooit aan hom uitgewys is. Alhoewel die partye pertinent verwysing na die inhoud van die pleitstukke ingesluit het by die gemeenskaplike feite, is die pleitstukke ook nie van enige hulp in dié verband nie.

C. GESTELDE

VRAE EN KERNGESKILPUNTE

Die gestelde vrae is as volg:

“13.1 Het die drie oorspronklike Swartwitpensbokke wat op die veiling van 3 Mei 2003 gekoop is op enige stadium vanaf 3 Mei 2003 tot op hede die eiendom van die Eiser geword?

13.2 Indien die antwoord op paragraaf 1 positief is, wanneer het Eiser die eienaar geword?

13.3 Het die Eiser die eienaar van die aanwas van die drie Swartwitpensbokke wat op die veiling van 3 Mei 2003 aangekoop is, geword?

13.4 Indien die antwoord op vraag 3 positief is, wanneer het die Eiser die eienaar van die aanwas geword, te wete:

(a) by die geboorte van elke aanwas; of

(b) by welke ander datum?

13.5 Het Eiser, indien die Verweerder tot 10 November 2004 die eienaar van die drie Swartwitpensbokke met hulle aanwas was, ‘n belang gehad in die bokke wat Verweerder geregtig gemaak het om in terme van die beginsels van ‘n bewaringsretensiereg, noodsaaklike uitgawes ten einde die behoud van die bokke (met aanteel) te verseker (“necessariae impensae” en “utiles impensae”), van Eiser te vorder?

13.6 Of Eiser regtens verplig is om Verweerder se uitgawes aangegaan in terme van sy versorging van die drie Swartwitpensbokke (met aanwas) en waarop sy bewaringsretensiereg gebaseer is, die omvang waarvan nog bewys moet word, te betaal?”

Die kerngeskilpunte wat beregting verg is as volg:

14.1 Die vraag of daar ooit lewering (in ‘n regstegniese sin) van die bokke en aanteel aan Steenkamp plaasgevind het.

14.2 Of Steenkamp eienaar van die bokke en aanteel geword en indien so, wanneer.

14.3 GWK se regsposisie ten aansien van eienaarskap van die bokke en aanteel, sy beweerde bewaringsretensiereg, sy posisie as negotiorum gestor en sy beweerde bewarings- en versorgingskostes.

Tydens die mondelinge betoë het beide advokate, Mnr. Van Rhyn SC vir Steenkamp en Mnr. Knoetze SC vir GWK laat blyk dat hulle ad idem is dat GWK uit hoofde van die bepalings van klousule 5.2 van die verkoopsvoorwaardes, eienaar van die bokke (en aanteel) was tot 10 November 2004 toe Steenkamp die koopsom betaal het. Ek bespreek hierdie en ander tersaaklike klousules vervat in die

verkoopsvoorwaardes hierna in die volgende afdeling van die uitspraak.

D. BEREGTING

VAN GESKILPUNTE

GWK se standaard verkoopsvoorwaardes is van kernbelang in hierdie saak. Soos alreeds aangedui, was die verkoop van die bokke onderhewig aan dié voorwaardes en is die voorwaardes dan ook vervat in die katalogus vir die betrokke veiling op 3 Mei 2003.

17.1 Klousule 5.1 daarvan lees as volg:

“Tensy reëlings tot bevrediging van die GWK, vooraf vir kredietverlening getref is, is alle verkope vir kontant”.

17.2 Klousule 5.2 bepaal:

“Wanneer die bod, in die geval van veilings toegeslaan is, of, in die geval van verkope uit die hand wanneer die staat op die keersy hiervan deur beide Koper en Verkoper onderteken is, gaan die eiendomsreg in die betrokke goedere onmiddellik oor na die GWK en berus die eiendomsreg daarvan by die GWK totdat die koopprys ten volle betaal is” (eie beklemtoning).

17.3 Klousule 6 lui:

“Lewering in die geval van veilings geskied by die vendukrale en in die geval van uit die hand verkope op die eiendom van die Verkoper of ‘n ander plek deur hom aangewys. Die risiko ten opsigte van verlies of beskadiging van goedere gaan oor op die Koper in die geval van veilings wanneer die bod toegeslaan word, en in die geval van verkope uit die hand wanneer die goedere aan die koper uitgewys en geïdentifiseer is” (eie beklemtoning).

Dit val dadelik op uit die voormelde gemeensaaklike feite en die tersaaklike verkoopsvoorwaardes hierbo uiteengesit dat, alhoewel die risiko van

verlies of beskadiging onmiddellik by toeslaan van die bod oorgegaan het op Steenkamp (kragtens klousule 6), is die koopsom eers heelwat láter oorbetaal met die gevolg dat tot dan eiendomsreg in die bokke gevestig het in GWK (ooreenkomstig klousule 5.2). Hierin is die kruks van die geskil tussen die partye geleë.

Ek het vroeër die waarneming gemaak dat nóg die partye se ooreenkoms, nóg die pleitstukke, enige aanduiding hoegenaamd bevat aangaande die vraag of die bokke ooit uitgewys is aan Steenkamp ná die veiling (soos alreeds gesê was die bokke elders aangehou tydens die veiling). Hierdie oorsig bemoeilik tot ‘n aansienlike mate die beregting van die geskilpunte hierin.

Na aanleiding van die dilemma gepostuleer in die vorige paragraaf ag ek dit gerade om nou eers enkele opmerkings te maak aangaande die regsbeginsels by gestelde sake, welke grootliks geyk is. As vertrekpunt is dit eintlik voor die hand liggend dat ‘n geregshof gebonde is aan die partye tot ‘n gestelde saak se ooreenkoms, ingevolge Reël 33(1). Hierdie prosedure is dan ook uitsluitlik die partye se prerogatief (in teenstelling met bv. Reël 33(4)) en hang uitsluitlik af van hul bepaalde ooreenkoms.

Sien: Harms: Civil Procedure in the Superior Courts te par B33.5 (bl B-225) en gesag daar aangehaal.

‘n Gestelde saak berus op ooreenkoms en kan dus nie eensydiglik gewysig word nie;

Harms, ibid.

‘n Geregshof is geregtig om met ‘n regspunt te handel wat die partye self misgekyk het in hul formulering van die geskilpunte, mits dit voortvloei uit die ooreengekome feitestel. ‘n Geregshof kan egter nie buite die ooreengekome feitestel self beweeg nie.

Sien: Paddock Motors (Pty) Ltd v Igesund 1976(3) SA 16(A) te 24 B-D per Jansen AR:

“If e.g. the parties were to overlook a question of law arising from the facts agreed upon, a question fundamental to the issues they have discerned and stated, the Court could hardly be bound to ignore the fundamental problem and only decide the secondary

and dependent issues actually mentioned in the special case. This would be a fruitless exercise, divorced from reality, and may lead to a wrong decision. It follows that the Court cannot be confined in all circumstances to the issues of law explicitly raised in the special case. This does not mean that the Court will always be free to enlarge the issues, whether mero motu or at the request of a party. The question of prejudice may arise, e.g., where a party would not have agreed on material facts, or on only those stated in the special case, had he realized that other legal issues, not stated in the special case, were involved.”

Mnr Van Rhyn het, klaarblyklik omrede hy toe hierdie knelpunt in Steenkamp se saak besef het, aan die einde van sy betoog in repliek versoek dat ek die aspek aangaande die uitwysing van die bokke aan Steenkamp al dan nie, verwys vir mondelinge getuienis indien ek die mening toegedaan sou wees dat ek nie hierdie aspek kan bepaal op die ooreenkoms of op die pleitstukke nie. Hierdie aspek aangaande uitwysing is van belang, omrede Mnr. Van Rhyn namens Steenkamp steun op traditio longa manu as leweringsvorm.

Nadat hy instruksies bekom het, het Mnr. Knoetze beswaar gemaak teen hierdie versoek. Volgens hom is lewering van die bokke (in sy feitelike- en regsbetekenis) van meet af aan en deurgaans konsekwent op die pleitstukke ontken deur GWK. ‘n Deeglike nalees van die pleitstukke bevestig inderdaad die korrektheid van hierdie aanname. Gevolglik kan ek, by ontstentenis van enige ooreenkoms daaraangaande, nie voldoen aan Mnr. Van Rhyn se versoek vir verwysing na mondelinge getuienis nie.

Ek wend my nou na die beregting van die geskilpunte.

Steenkamp se eis berus op ‘n vindikatoriese aksie. Hy beweer dat die bokke sy eiendom is, dat dit in GWK se besit is en vorder hy teruggawe daarvan (en van die aanteel), alternatiewelik die geldwaarde daarvan, sou die bokke nie meer

bestaan nie.

GWK se verwere is:

23.1 dat die bokke nooit aan Steenkamp gelewer is nie en hy nooit eienaar daarvan geword het nie;

23.2 in die alternatief en sou bevind word dat lewering nie ‘n vereiste is vir eiendomsoordrag nie, dat GWK die eienaar van die bokke en aanteel was minstens tot 10 November 2004 toe die koopsom betaal is;

23.3 dat, as voorwaardelike verweer indien bevind word dat Steenkamp wel eienaar van die bokke is, dat GWK noodsaaklike uitgawes aangegaan het om die behoud van die bokke te verseker en dat hy derhalwe ‘n bewaringsretensiereg oor die bokke en aanteel het. Daarmee saam het GWK ‘n voorwaardelike teeneis geliasseer vir die voormelde noodsaaklike uitgawes.

Afgeleide eiendomsverkryging deur lewering behels ‘n bilaterale regshandeling tussen die bestaande eienaar (oordraggewer) en die voornemende eienaar (oordragnemer). Eienaarskap word regtens oorgedra wanneer daar ‘n onderliggende verbintenisskeppende ooreenkoms is en ook ‘n saaklike ooreenkoms (bv. om die eiendom te lewer en te ontvang).

Sien in die algemeen:

Van der Merwe: Sakereg, 2de uitgawe te 300-301;

Silberberg & Schoeman’s Law of Property, 5de uitgawe, te 175.

Die volgende vereistes word in ons reg gestel vir eiendomsoorgang:

25.1 Die saak moet res in commercio wees, d.w.s. regtens vatbaar vir eiendomsreg.

25.2 Die oordraggewer moet regtens bevoeg wees om eiendomsreg oor te dra.

25.3 Die oordragnemer moet regtens bevoeg wees om eiendom van die saak deur oordrag te verkry.

25.4 Die partye moet die bedoeling hê om die eiendom van die saak oor te dra (animus transferendi dominii) asook die bedoeling om die saak te ontvang (animus accipiendi dominii). Wat van belang is, is die bedoeling ten tyde van oordrag.

Van der Merwe, Sakereg, supra

te 303 huldig die mening (waarmee ek saamstem) dat by lewering van roerende sake die vereiste wilsooreenstemming gewoonlik blyk uit die gepaardgaande of voorafgaande verbintenisskeppende ooreenkoms.

25.5 Soms word ‘n iusta causa vir eiendomsoorgang (gewoonlik ‘n verbintenisskeppende ooreenkoms, soos ‘n koopkontrak) ook vereis.

25.6 By ‘n koopkontrak word vereis dat die koopprys betaal moet wees of dat krediet of sekuriteit vir die betaling daarvan verleen is, alvorens eiendomsoorgang kan plaasvind.

25.7 Die eiendomsoordrag moet ‘n bepaalde vorm aanneem.

In die onderhawige geval is veral vereistes 25.4 en 25.6 ter sake.

Die oordragvorm hier ter sake is lewering (traditio), omrede ons hier met roerende sake (wildsbokke) te make het. Mnr. Van Rhyn steun, soos alreeds gesê, op traditio longa manu (lewering met die lang hand). Tydens sy betoog het hy aangevoer dat daadwerklike uitwysing van die bokke nie nodig was nie, omrede die bokke in die katalogus aangeteken was en daarvolgens verkoop is. Mnr. Knoetze, aan die ander kant, het betoog dat juis a.g.v. die gebrek aan uitwysing, hier nie sprake kan wees van traditio longa manu nie.

Lewering met die lang hand vind gewoonlik plaas waar ‘n saak weens sy aard, grootte en gewig nie letterlik oorhandig kan word nie, bv. vee;

Van der Merwe, Sakereg, supra te 317.

Aangesien daar by hierdie wyse van lewering geen duidelik waarneembare daadwerklike verandering van besit is nie, word streng vereistes vir hierdie metode van eiendomsverkryging gestel;

Silberberg & Schoeman’s Law of Property, supra, te 182.

Die vereistes is as volg:

27.1 Die partye moet die bedoeling hê om hierdie vorm van lewering aan te wend.

27.2 Die saak moet duidelik deur die oordraer aan die ontvanger in die teenwoordigheid van die saak uitgewys word.

27.3 Die ontvanger moet ná uitwysing in staat wees om fisieke beheer oor die saak te voer en die bedoeling hê om eienaar van die saak te wees.

27.4 Die saak moet duidelik geïdentifiseer word.

28.1 Die eerste aspek wat oorweging verg ten aansien van traditio longa manu is of die partye die bedoeling gehad het om die bokke op dié bepaalde wyse te lewer en te ontvang.

28.2 Mnr. Knoetze het gesubmitteer dat die verkoopsvoorwaardes nie daarop dui dat dit die partye se bedoeling was dat lewering met die lang hand sou geskied nie. Dit is sy submissie dat die partye direkte fisiese lewering (datio de manu in manum) beoog het. In dié verband steun hy veral op klousules 2, 5.4 en 6 van die voorwaardes. Ek deel nie hierdie siening nie. Ek het alreeds klousule 6 volledig aangehaal hierbo en dit steun nie die betoog voorgehou deur mnr Knoetze nie; inaggenome die feit dat die bokke nie by die vendukrale nie, maar elders aangehou was.

28.3 Klousule 2 lees as volg:

“2. Goedere word VOETSTOOTS verkoop en gelewer en die Koper neem dit aldus in ontvangs en sal nie geregtig wees om betaling van die koopprys te weerhou op grond van enige dispuut of geskil van watter aard ookal tussen die partye nie.”

28.4 Klousule 5.4 bepaal:

“5.4 Hierdie verkoopsvoorwaardes sal nie so uitgelê word dat dit enigsins afbreuk doen aan die reg van die GWK om te weier dat die goedere van sy perseel verwyder word alvorens betaling in kontant of by wyse van ‘n bankgewaarborgde tjek geskied het nie.”

28.5 Hierdie twee aangehaalde klousules ondersteun glad nie mnr Knoetze se betoog nie. Klousule 2 is die bekende voetstootsklousule wat algemeen in koopkontrakte voorkom. Dit het niks te make met die leweringsvorm as sulks nie.

Klousule 5.4 vind glad nie toepassing hier nie, omrede die bokke elders aangehou was en daar derhalwe nie sprake kan wees van verwydering

daarvan vanaf die perseel nie.

28.6 Ek is eerder die mening toegedaan dat, met inagneming van al die tersaaklike feite en omstandighede, traditio longa manu by noodwendige implikasie die enigste haalbare leweringsvorm binne die partye se kontemplasie kon wees en inderdaad was. Die bokke was elders aangehou. Op welke ander wyse as traditio longa manu sou lewering ooit prakties kon geskied?

Klousule 6 is weliswaar problematies in soverre dit bloot bepaal dat “Lewering in die geval van veilings geskied by die vendukrale en in die geval van uit die hand verkope op die eiendom van die Verkoper of ‘n ander plek deur hom aangewys.”

Hierdie probleem doen egter nie afbreuk daaraan dat traditio longa manu in die omstandighede die enigste praktiese haalbare leweringsmetode kon wees nie.

Gevolglik bevind ek op ‘n oorwig van waarskynlikhede dat dit die partye se bedoeling was om lewering met die lang hand te laat plaasvind.

29.1 Die groot struikelblok vir Steenkamp is die feit dat op die pleitstukke en op die ooreengekome feitestel, daar geen aanduiding hoegenaamd is dat die bokke ooit uitgewys is aan hom nadat die bod suksesvol op hom toegeslaan is nie en, daarmee saam, dat hy in staat was om fisieke beheer oor die bokke uit te oefen nie.

29.2 Ek onderbreek myself vlugtig deur daarop te wys dat die algemene reëls ten aansien van die bewyslas ook steeds geld by ‘n gestelde saak onder Reël 33(4);

Sien: Moni v Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk 1992 (2) SA 600 (T) te 604 G – I.

Aldus benader, beteken dit dat die bewyslas ten aansien van lewering en meer bepaald uitwysing, steeds op Steenkamp rus.

30. Daar is verskeie gewysdes waarin beklemtoon word dat uitwysing van die merx ‘n sleutelrol speel by traditio longa manu.

30.1 In Groenewald v van der Merwe 1917 AD 233 was die feite kortliks as volg:

(a) Ene du Toit het ‘n dorsmasjien aan beide Groenewald en Van der Merwe verkoop op verskillende tye. Du Toit is deur albei daarvoor betaal. Die vraag wat die Hof moes beslis was of geldige lewering aan een van die twee kopers gemaak is en, indien wel, aan wie. Groenewald het heel eerste die dorsmasjien by du Toit aangekoop, maar het die dorsmasjien in laasgenoemde se besit gelaat vir meer as ‘n jaar waarna du Toit toe die dorsmasjien aan van der Merwe verkoop het. Die dorsmasjien is egter weereens na hierdie tweede verkoop in du Toit se besit gelaat vir ‘n tydperk van twee maande, waarna van der Merwe dit toe verwyder het.

(b) ‘n Aksie deur Groenewald vir die teruggawe van die dorsmasjien was onsuksesvol in die Provinsiale Afdeling op grond daarvan dat

lewering nie aan hom nie, maar wel aan van der Merwe geskied het. Beide Groenewald en van der Merwe het gesteun op traditio longa manu as leweringsvorm. Die Appèlhof het die Hof a quo se beslissing gehandhaaf en die appèl afgewys.

(c) Die verhoorhof se ratio decidendi (welke steun gevind het op appèl) was dat Groenewald bloot die dorsmasjien in du Toit se besit gelos het sonder ‘n daadwerklike

bedoeling om beheer daaroor uit te oefen. Die Hof het verder bevind dat van der Merwe, aan die ander kant, spesiaal na die plaas uitgery het, die dorsmasjien besigtig het en toe uitdruklik verklaar het dat die dorsmasjien nou sy eiendom is. Hierdie feite het aangetoon dat uitwysing plaasgevind het en dat dit van der Merwe se bedoeling was dat lewering onmiddellik deur uitwysing moes geskied.

(d) Op bladsy 239 lê Innes HR die toepaslike regsreëls van traditio longa manu gesaghebbend as volg neer:

“But physical prehension is not essential if the subject-matter is placed in presence of the would-be possessor in such circumstances that he and he alone can deal with it at pleasure. In that way the physical element is sufficiently supplied; and if the mind of the transferee contemplates and desires so to deal with it, the transfer of possession – that is the delivery – is in law complete. (See Digest 41, 2, 21; Voet 41, 1, 34. Savigny Book 2, sub-secs. 15-17. Pothier, Vol. II, par. 314). When this deposit of the subject-matter in the presence and at the disposition of the new possessor take the place of physical prehension, the delivery is said to be made longa manu, and it constitutes one of the forms of fictitious as distinguished from actual delivery. It is most appropriate to transactions where owing to the weight or bulk of the article concerned, actual delivery is difficult. A resort to it in respect of portable movables would need some very special explanation. Indeed it is obvious that, as in all cases where mental attitude is not clearly evidenced by physical dealing, the principle of traditio longa manu must be cautiously applied. Where there is actual delivery the state of mind of the transferee is in general sufficiently shown by his acts. But where he does not exercise prehension of the subject-matter, his intention must be closely scrutinized, so that there may be no doubt as to his resolve to acquire possession.”

30.2 In Xapa v Ntsoko 1919 EDL 177 het die appellant in die landdroshof dagvaarding uitgereik vir die lewering van vyf beeste wat na bewering aan hom gegee is as lobola vir die troue van die respondent se seun. Die Hof het op appèl as bewese bevind dat die beeste beslis deur die respondent uitgewys is aan die appellant en dat laasgenoemde die beeste in respondent se besit gelaat het slegs omrede hy die nodige magtiging van die owerhede nog moes bekom om die beeste te vervoer. Op appèl het die Hof die landdros se beslissing dat daar nie voldoende lewering was om eiendomsreg te laat oorgaan nie, omver gewerp en beslis dat daar voldoen is aan die vereistes vir lewering met die lang hand.

Sampson R (met wie Hutton R saamgestem het) verklaar as volg daaraangaande te 183:

“There are three main requisites in a symbolic delivery. First, there must be the intention to resort to that form of delivery; secondly, there must be the pointing out in praesenti and the placing at the disposal of the deliveree; and thirdly, there must be the identification or clear ascertainment of the thing delivered.”

30.3 In Botha v Mazeka 1981 (3) SA 191 (A) is die brandmerk van aangekoopte beeste deur die koper (Mazeka) alleen as onvoldoende beskou om lewering met die lang hand daar te stel. Op 195 C – G stel Trengrove AR dit as volg:

“Die appellant beroep hom op traditio longa manu. In dié verband steun hy veral op die feit dat die verse onmiddellik na die kontraksluiting met die respondent se brandyster gemerk is, en daarna in ‘n aparte kamp op die plaas ingejaag en aangehou is. Hierdie feite is natuurlik nie op sigself genome voldoende om eiendomsoorgang tot gevolg te hê nie. Daar is veral twee bykomende vereistes vir eiendomsoorgang in ‘n geval soos die onderhawige. Die eerste is die subjektiewe element. In die onderhawige omstandighede sou die eiendom van die verse nie op die respondent oorgegaan het nie tensy die appellant ook nog die bedoeling gehad het om die eiendom oor te dra (animus transferendi dominii) en die respondent die bedoeling gehad het om dit te ontvang (animus accipiendi dominii). Dit blyk duidelik uit talle gewysdes ….. Hierbenewens moes die respondent ook nog in staat gestel gewees het om fisieke beheer oor die verse uit te oefen nadat hulle gebrandmerk en in die kamp ingejaag is.”

31.1 Wat is die posisie in die onderhawige geval? Daar was geen uitwysing van die bokke na die veiling nie – diè feit is onaangespreek in die ooreengekome feitestel en in die pleitstukke. Ek moet dus ‘n bevinding maak teen Steenkamp op hierdie aspek, want hy dra die bewyslas daaroor. Dit spreek vanself dat die derde en vierde vereistes (par 27.3 en 27.4 hierbo) ook nie aan voldoen is nie.

31.2 Daar is geen aanduiding op die pleitstukke en in die ooreengekome feitestel dat Steenkamp in staat was om fisieke beheer oor die bokke te kan voer nie (inteendeel die teenoorgestelde blyk eerder waar te wees – GWK het deurgaans, totdat die bokke en die aanteel op 8 Junie 2008 fisies aan Steenkamp gelewer is, beheer oor die bokke uitgeoefen) of dat die bokke na die veiling duidelik aan Steenkamp geïdentifiseer is nie.

32. Ek kom derhalwe tot die slotsom dat daar nie op die stukke voor my aan die tweede, derde en vierde vereistes (par. 27.2 tot 27.4 hierbo) voldoen is nie. Lewering met die lang hand is dus nie bewys deur Steenkamp nie.

33. My voormelde bevinding beteken gevolglik dat daar nooit eiendomsoorgang van die bokke aan Steenkamp vanaf GWK plaasgevind het nie. Ek moet byvoeg dat daar glad nie op constitutum possessorium as leweringsvorm gesteun is deur mnr van Rhyn namens Steenkamp nie. Ek is in elk geval die mening toegedaan dat constitutum possessorium glad nie eers oorweging verg as moontlike leweringsvorm nie, gegewe die feite in hierdie saak.

34. In die lig van my voormelde bevindinge is dit nie nodig om verder oorweging te skenk aan GWK se ander verwere nie. Ek volstaan deur bloot die opmerking te maak dat ‘n eienaar in ons Reg:

(a) Nooit op ‘n bewaringsretensiereg ten aansien van sy eie eiendom kan steun nie;

Sien: Van der Merwe, Sakereg, supra te 711 – 713;

Silberberg & Schoeman’s Law of Property, supra te 413 – 414;

LAWSA, 2e uitgawe, Vol 15 (Deel 2) te par 49 (p.31).

(b) ook nooit ‘n negotiorum gestor van sy eie eiendom kan wees nie – dis ‘n contradictio in terminus, want per definisie slaan saakwaarneming as ‘n regskonsep juis op die vrywillige bestuur van ‘n ander se eiendom/sake;

Sien: Harms, Amler’s Precedents of Pleadings, 6e uitgawe te 261 – 262.

In LAWSA, 2e uitgawe, Vol 17 (Deel 1) te par 21 (p.23) word dit as volg gestel:

“The very essence of negotiorum gestio is that one person (the negotiorum gestor) manages the affair or affairs of another person (the dominus negotiorum) without being authorised to do so. There must therefore be at least two parties involved and the affair or affairs in question must pertain to someone other than the gestor him – or herself. The affair which is managed must …… hence be that of another. There is no question of negotorium gestio if a person administers his or her own affairs under the false belief that they are those of another …….”

Sien verder ook in diè verband:

Van Zyl, Negotiorum Gestio te 24-26.

Gevolglik sou GWK as eienaar van die bokke (en die aanteel) hom nooit suksesvol op diè twee verwere, soos voormeld, kon beroep nie.

E. BEANTWOORDING VAN GESTELDE VRAE:

35. Aan die hand van my voormelde bevindinge, beantwoord ek nou die gestelde vrae as volg (ek gebruik die terminologie soos dit verskyn in die gestelde vrae):-

35.1 Die drie oorspronklike Swartwitpensbokke wat op die veiling van 3 Mei 2003 gekoop is het nooit die Eiser se eiendom geword tot op hede nie.

35.2 Hierdie vraag val weg.

35.3 Die Eiser het nie eienaar van die aanwas van die voormelde drie Swartwitpensbokke geword nie (omrede hy nooit eienaar van die Swartwitpensbokke self geword het nie).

35.4 Hierdie vrae val ook weg.

35.5 Eiser het geen belang in die drie Swartwitpensbokke en hul aanwas gehad tot 10 November 2004 wat die Verweerder geregtig sou maak om in terme van die beginsels van ‘n bewaringsretensiereg, noodsaaklike uitgawes ten einde die behoud van die bokke (met aanteel) te versker (“necessariae impensae en utiles impensae”) van Eiser te vorder nie.

35.6 Eiser is onder geen verpligting van regsweë om Verweerder se uitgawes aangegaan in terme van sy versorging van die drie Swartwitpensbokke (met aanwas) en waarop sy retensiereg gebaseer is, die omvang waarvan nog bewys moet word, te betaal nie.

F. SLOTSOM

36. Steenkamp het op grond van die rei vindicatio lewering van die bokke en hul aanteel gevorder, maar vir die redes volledig uiteengesit hierin, het daar nooit lewering met die lang hand van die koopsaak aan hom plaasgevind nie.

Bygevolg moet koste die uitslag volg en behoort Steenkamp vir GWK se koste aanspreeklik gehou te word.

37. Ek reik dus die volgende bevel uit:-

37.1 Die gestelde vrae word beantwoord soos in par. 35 van hierdie uitspraak uiteengesit.

37.2 Die Eiser word gelas om die Verweerder se gedingskoste te betaal.

___

SA MAJIEDT

REGTER

NAMENS EISER : ADV

A VAN RHYN SC

IN OPDRAG VAN : ELLIOT MARIS WILMANS & HAY

NAMENS VERWEERDER : ADV B KNOETZE SC

IN OPDRAG VAN : VAN DE WALL & VENNOTE

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Groenewald v van der Merwe 1917 AD 233

Case cited

Xapa v Ntsoko 1919 EDL 177

Case cited

Botha v Mazeka 1981 (3) SA 191 (A)

Case cited

Paddock Motors (Pty) Ltd v Igesund 1976 (3) SA 16 (A)

Case cited

Moni v Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk 1992 (2) SA 600 (T)

Case cited

High Court Rules 33(1)-(4)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.