Sueclare Enterprises (Edms) Beperk h/a Crescent Motors v Mokhera (CA&R 133/2000) [2001] ZANCHC 6 (24 April 2001)
The court found that the respondent had discharged the burden of proof on a balance of probabilities that the vehicle was stolen, based on overwhelming evidence including falsified engine and chassis numbers, a fraudulent address, and a modus operandi common in similar cases. The police were justified in seizing the...
Source-derived case information.
- Citation
- [2001] ZANCHC 6
- Parties
- Appellant: Sueclare Enterprises (Edms) Beperk h/a Crescent Motors; Respondent: Dinkwetse Jane Mokhera
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- CA&R 133/2000
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court
- Outcome
- Appeal dismissed with costs.
- Judges
- S.A. Majiedt, J.C. Van der Walt
- Legal Topics
- Warranty Against Eviction, Ownership Dispute, Criminal Seizure, Burden of Proof
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Sueclare Enterprises (Edms) Beperk h/a Crescent Motors
Appellant
Dinkwetse Jane Mokhera
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court
Legal Issues
- 1 Whether the police lawfully seized the vehicle under section 20 of the Criminal Procedure Act.
- 2 Whether the continued seizure of the vehicle by the police is lawful.
- 3 Whether the respondent is entitled to succeed on the warranty against eviction cause of action.
Ratio Decidendi
The court found that the respondent had discharged the burden of proof on a balance of probabilities that the vehicle was stolen, based on overwhelming evidence including falsified engine and chassis numbers, a fraudulent address, and a modus operandi common in similar cases. The police were justified in seizing the vehicle under section 20 of the Criminal Procedure Act, and the continued seizure was lawful given the ongoing investigation and the likelihood of criminal prosecution. The warranty against eviction applied, as the respondent could not lawfully possess the vehicle and it would not be returned. The appellant's criticisms of the witnesses and arguments regarding delay and lack...
Court Disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
88 paragraphs
16
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.CA&R 133/2000:
DATUM:24-4-2001
In die saak tussen:
SUECLARE ENTERPRISES (EDMS) BEPERK Appellant
h/a CRESCENT MOTORS
en
DINKWETSE JANE MOKHERA Respondent
CORAM: VAN DER WALT R et MAJIEDT R:
_______________________________________________________
U I T S P R A A K
MAJIEDT R:
Die Appellant, ân motorhandelaar, kom in hoër beroep teen ân bevel verleen in die landdroshof teen die Appellant, wat die Verweerder a quo was, ingevolge waarvan die bedrag van R56 000.00 plus rente teen 15% p.a aan Respondent (wat die Eiser a quo was) betaal moet word.
Die Respondent se eis is ten aansien van die koopprys van ân wit Toyota Venture 2.2 motorvoertuig met registrasienommer SZY 057T (hierin verder na verwys as âdie voertuigâ) wat Appellant aan die Respondent verkoop het op 11 Oktober 1996.
Op 20 Januarie 1998 het lede van die SA Polisiediens se Motorvoertuig diefstaleenheid beslag gelê op die voertuig (toé natuurlik in die Respondent se besit) uit hoofde van die bevoegdhede verleen in artikel 20 van die Strafproseswet, 51 van 1977.
By die aanvang van die verhoor voor die landdros het die partye (baie wyslik en sinvol moet dit dadelik vermeld word), ooreengekom dat die geskilpunte wat bereg moet word deur die landdros die volgende is: -
Het die polisie regmatiglik beslag gelê op die voertuig 20 Januarie 1998; en
Is die volgehoue beslaglegging daarvan regmatig en dus regtens geoorloofd.
Word beide dié vrae bevestigend beantwoord, moes die Respondent slaag in sy eis en omgekeerd;daaroor was die partye dit eens. Die Respondent het die getuienis van ene Botes, voorheen ân polisieman verbonde aan die SAPD se motorvoertuigdiefstal eenheid te Kaapstad en ten tyde van getuienislewering werksaam in die versekeringsbedryf en Kaptein Verster, hoof van die SAPD se motorvoertuig diefstaleenheid te Kimberley, aangebied. Die Appellant het sy saak gesluit sonder om enige getuienis aan te bied. Die landdros het hierdie onweerspreekte getuienis aanvaar, aangesien hy beide getuies se getuienis as geloofwaardig bevind het. Ek is tevrede dat daar geen basis hoegenaamd bestaan om die landdros se voormelde bevinding aan te veg nie. Mnr. Schreuder, wat voor ons, soos ook a quo, vir die Appellant verskyn, het op onoortuigende wyse, ân submissie in sy betoogshoofde gemaak dat dié twee getuies nie goeie getuies was nie. Ek sal later pertinent handel met hierdie submissie, maar kan noual reeds opgemerk word dat daar geen meriete hoegenaamd in só ân submissie is nie.
Op die voormelde basis dus, kan die agtergrondfeite soos dit blyk uit die twee getuies se getuienis bondig as volg opgesom word: -
Gedurende April 1996 het ene Ntswane, wat beweer het dat hy die eienaar van die voertuig was, in Soweto ân klagte gelê dat dit gesteel is en het sekere enjin-en onderstelnommers van die voertuig aan die polisie verskaf.
Ongeveer ân week later is die voertuig teruggevind deur die polisie â op daardie stadium het die voertuig nie onderstel- en enjinnommers gehad nie, aangesien dit verwyder (d.w.s. afgeskuur of afgevyl) was.
Ntswane het die voertuig by die SAPD te Soweto uitgeken as sy eiendom en is wat bekend staan as SAP Fin nommers aan die voertuig geallokeer deur die SAPD; hierdie nommers word gewoonlik deur die SAPD toegeken aan ân (voorheen gesteelde) voertuig waarvan die enjin â en onderstelnommers verwyder is, ten einde die voertuig terug te plaas in die algemene handelsverkeer.
Gedurende 1996 en 1997 het die polisie bewus geword van ân landwye modus operandi waarvolgens hierdie sogenaamde SAP Fin nommers op bedrieglike wyse aangewend was deur motordiewe om die indentifikasie van gesteelde voertuie te verbloem en sulke gesteelde voertuie weer in die algemene handelsverkeer teruggeplaas te kry, synde voertuie wat op oënskynlike regmatige wyse in die oënskynlike eienaar se naam geregistreer word.
Voortspruitend uit wydlopende ondersoeke, waarby ongeveer 250 motorvoertuie betrokke is, na hierdie suspisieuse modus operandi, het die getuie Botes op die spoor van die voertuig in casu beland â uit sy ondersoeke het dit geblyk dat die onderstel â en enjinnommers wat Ntswane destyds aan die polisie in Soweto verskaf het toe hy die voertuig gedurende April 1996 as gesteel aangemeld het, inderwaarheid valse nommers was en nie bestaan het nie. Ook die registrasiedokumente waarop dié nommers verskyn het was dus vals.
Die aangeleentheid is na die Kimberley eenheid van Kaptein Verster oorgeplaas â hy was dan ook die ondersoekbeampte in die saak.
Verster het later uit sy verdere ondersoeke vasgestel dat Ntswane ook ân vals woonadres aan die polisie verskaf het toe hy die voertuig as gesteel aangemeld het.
Die saakdossier en die ondersoek is intussen oorgeplaas na ân spesiale taakspan te Soweto, wat op gekoördineerde wyse al hierdie sake vanaf hierdie sentrale punt ondersoek.
Wat betref die eerste geskilpunt waarna ek hierbo verwys het, aanbetref, is die bepalings vervat in artikel 20 van die Strafproseswet, van kardinale belang.
Dié artikel lees as volg: -
â20 Die staat kan, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Hoofstuk, op enigiets (in hierdie Hoofstuk ân voorwerp genoem) beslag lê â
wat betrokke is by of op redelike gronde vermoed word betrokke te wees by die pleging of vermeende pleging van ân misdryf, hetsy binne die Republiek of elders; â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦ â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â
Dit staan vas dat, indien daar ân redelike verdenking bestaan dat die voertuig wel gesteel is, die polisie geregtig was om uit hoofde van artikel 20 se bepalings, op die voertuig beslag te lê. Die partye het dan ook tydens die verhoor en by hierdie appél die aangeleentheid uit hierdie hoek benader.
9. Die Appellant het grootliks sy aanval op die landdros se uitspraak gerig op die tweede geskilpunt, d.w.s. die volgehoue beslaglegging op die voertuig.
Dit is egter nodig om redelik volledig met die eerste geskilpunt ook te handel.
10. Die respondent se eis is geformuleer:-
10.1 op die basis van die waarborg teen uitwinning; en
10.2 in die alternatief, op ân opsetlike alternatiewelik nalatige wanvoorstelling gemaak deur die Appellant aan die Respondent tot die effek dat die Appellant regtens bevoeg was om die voertuig te verkoop.
Tydens die verhoor het die alternatiewe eis (supra) beswaarlik ter sprake gekom en is die saak in Respondent se guns beslis op grond van sy eisoorsaak van die waarborg teen uitwinning.
Dit is derhalwe slegs nodig om hierdie eisoorsaak te oorweeg in hierdie uitspraak.
Dit staan vas in ons reg dat ân koper wel uitgewin word wanneer beslaglegging op die koopsaak ingevolge artikel 20 geskied en dit blyk dat die koopsaak nie aan die koper terugbesorg sal word nie;
Sien: Vrystaat Motors v Henry Blignault (Edms) Bpk 1996(2) SA 448 (A) te 459 A-B.
Die Respondent moes uiteraard op ân oorwig van waarskynlikhede bewys dat die Staat (die polisie) geregtig was om op die voertuig beslag te lê deurdat die jurisdiksionele feite vervat in artikel 20 wel bestaan het;
Sien: Minister van Wet en Orde v Datnis Motors 1989(1) SA 926(A) te 934 G; 935F.
Ek is die mening toegedaan dat die Respondent wel hom van hierdie bewyslas gekwyt het. Die waarskynlikhede is na my mening oorweldigend dat die voertuig ân gesteelde voertuig is, omrede :
Die voertuig se enjin-en onderstelnommers was verwyder (afgeskuur of afgevyl) reeds in 1996 al toe Ntswane dit as gesteel aangemeld het â soos die getuienis aandui, ontstaan die vermoede alreeds dat dit ân gesteelde voertuig is; en
Die nommers van die enjin en onderstel van die voertuig soos dit op die registrasiedokument verskyn wat Ntswane
destyds voorgelê het aan die polisie, is vals en bestaan daar volgens Toyota Suid-Afrika inderdaad nie só ân voertuig nie; en
Ntswane het ân vals woonadres verskaf aan die polisie toe hy destyds die âdiefstalâ van die voertuig gerapporteer het; en
Hierdie is ân modus operandi wat redelik algemeen voorgekom het â daar is ongeveer 250 sulke gevalle landwyd bekend aan die polisie; 14 van hierdie gevallle is Kimberley â sake; en
Uit hoofde van die voorafgaande is die afleiding geregverdig dat Ntswane heel waarskynlik op slinkse wyse die SAP Fin nommer bekom het om die voertuig âregmatiglikâ terug in die handelsverkeer te plaas en die feit dat dit inderwaarheid ân gesteelde voertuig is, te verbloem.
Vervolgens ontstaan die vraag: is die volgehoue beslaglegging op die voertuig deur die polisie regmatig? Artikel 31(1)(a) en (b) van die Strafproseswet wat hier van belang is, lees as volg:
â31(1)(a)Indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met ân artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so ân voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van ân hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so ân persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so ân persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit.
Indien niemand so ân voorwerp wettiglik mag besit nie of indien die polisiebeampte belas met die ondersoek nie weet van iemand wat so ân voorwerp wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat verbeur.â
Dit blyk uit die getuienis van Kaptein Verster dat die ondersoek steeds aan die gang is en dat ân strafregtelike vervolging moontlik nog mag volg. Mnr. Schreuder het veral gesteun op twee aspekte vir sy submissie dat die volgehoue beslaglegging nie regmatig is nie, te wete: -
dat geen nuwe feite aan die lig gekom het sedert die aanvanklike teruggawe van die voertuig aan Ntswane wat die aanvaklike beslaglegging, volgehoue beslaglegging en die instel van ân strafregtelike vervolging regverdig nie; en;
dat vanweë die tydsverloop dit onbillik en onredelik is van Staatsweë om die voertuig steeds onder beslaglegging te hou.
Ek het alreeds aangedui waarom ek meen die waarskynlikhede oorweldigend is dat ân afleiding geregverdig kan word dat die voertuig wel gesteel is. Verder is mnr. Schreuder nie korrek dat geen nuwe feite aan die lig gekom het sedert April 1996 nie â dit blyk tog duidelik uit die getuienis dat die polisie eers hierná vasgestel het dat: -
Ntswane ân registrasiedokument verskaf het wat valse enjin â en onderstelnommers bevat het, en
Hy ook ân vals woonadres verskaf het.
Die polisie het ook eers ná April 1996 bewus geword van hierdie slinkse werkswyse wat vry algemeen voorgekom het, veral in die Soweto area, waarvolgens SAP Fin nommers op bedrieglike wyse bekom word.
Die moontlikhede van ân vervolging van Staatsweë kan nie uitgesluit word nie. Die ondersoek duur weliswaar lank, maar is dit heeltemal te verstane, inaggenome die volgende feite: -
daar is ongeveer 250 soortgelyke sake wat ondersoek word (14 daarvan is Kimberley-sake);
Ntswane moet klaarblyklik die hoofverdagte wees en moet die polisie hom opspoor, aangesien hy ân vals adres verskaf het;
Die oorspronklike enjin â en onderstelnommers van die voertuig is verwyder en bemoeilik en vertraag dit ongetwyfeld die ondersoek.
Mnr. Schreuder steun op die beslissings in Choonara v Minister of Law & Order 1992(1) SASV 239(W) en die Datnis â saak (supra), vir sy submissies oor die tydsverloop soos hierbo uiteengesit. In Choonara se saak is, heeltemal tereg, beslis dat elke saak op sy eie meriete beslis moet word ( te 247F). In dié verband kan ook verwys word na: Ntoyakhe v Minister of Safety & Security & others 1999(2) SASV 349 (OK) te 355 i-j waar Erasmus R hom as volg uitlaat:-
âConsiderations of fairness and reasonableness which underlie our criminal justice system, dictate that the criminal proceedings contemplated in section 31 shall be instituted within a reasonable time. What constitutes a reasonable period will of course depend on the facts of each case.â
Ek meen nie dat die ondersoek hierin onredelik lank duur nie. Verder moet natuurlik in gedagte gehou word dat die tydsverloop bepaal moet word met verwysing na die datum waarop die aksie ingestel is deur die Respondent, d.w.s. 24 April 1998;
Sien: Director of Hospital Services v Mistry 1979(1) SA 626(A) te 636;
Ntoyakhe (supra) te 356 b en ook te 357b.
Die Datnis-beslissing (supra) waarop mnr. Schreuder ook steun, is onderskeidbaar op die feite van die onderhawige geval, aangesien in daardie saak (anders as hier) die vervolgingsgesag alreeds geweier het om ân vervolging in te stel en, veral van belang, daar nooit in daardie saak (soos hier wel gebeur het) vasgestel is of die enjin- en onderstel nommers wat op die voertuie se registrasiedokumente verskyn vals of eg was nie. Soos mnr. Erasmus, wat vir die Respondent voor ons verskyn, tereg aanvoer ondersteun daardie beslissing eerder die Respondent se saak, aangesien die Appélhof by monde van Van Heerden AR as volg beslis:
âDit volg dus dat indien met ân voertuig se nommers gepeuter is, soos met die Datsun 1800 en Datsun 1400 gebeur het, en valse nommers op Nkomo en mej. Brown se registrasiedokumente voorgekom het, die afleiding dat die voertuie gesteel is en gesteel gebly het feitlik onafwendbaar isâ
(te 936 I-937A).
Ook die beslissing van Erasmus en ân ander v Minister van Wet en Orde 1991(1) SA 453 (OPA) waarop mnr. Schreuder steun is onderskeidbaar op die feite. In daardie saak was die Eisers regmatige besitters uit hoofde van ân ius retentionis vir noodsaaklike verbeterings aangebring aan die voertuie waarop beslag gelê is deur die polisie â hulle is dus geregtig op teruggawe van die voertuie alhoewel dit bekend mag wees dat dit gesteelde voertuie is.
Mnr. Schreuder het kritiek uitgespreek teen beide die getuies Botes en Verster se getuienis, veral t.o.v. die wyse waarop hulle die strafsaak ondersoek het. Sodanige kritiek hou, myns insiens, nie rekening met die logistieke probleme wat ondervind is nie en verloor ook buite die oog die feit dat veral Botes afleidings gemaak het aangaande die verloop van die vroeëre gebeure rondom Ntswane en die voertuie, afleidings wat myns insiens heeltemal geregverdigd is op die feite.
Wat van belang is, is nie deur wie, wanneer of waar die voertuig gesteel is nie, maar wel of daar redelike gronde bestaan dat die voertuig ân gesteelde voertuig is. Ek is van mening dat die getuienis voor die landdros op die waarskylikhede oorweldigend bewys het dat:
die voertuig ân gesteelde voertuig is en dat die Respondent dit nie wettiglik kan besit nie; en die voertuig in alle waarskynlikheid uiteindelik aan die wettige eienaar teruggegee sal moet word of aan die Staat verbeurd verklaar sal moet word as die wettige eienaar nie gevind kan word nie.
Dit volg dus dat die landdros korrek was in sy bevinding dat die aanvanklike beslaglegging en volgehoue beslaglegging op die voertuig deur die polisie regmatig was en is.
Ek sou derhalwe die appél afwys met koste.
____________________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam. Die appél word afgewys met koste.
______________________
J.C. VAN DER WALT