Suid-Afrikaanse Onderwysunie v Departementshoof: Departement van Onderwys Vrystaat (1897/2004) [2004] ZAFSHC 148 (28 October 2004)
The court found that the respondent's decision to implement section 6A of the Employment of Educators Act via Circular 22 of 2004 constituted administrative action that is reviewable under the Promotion of Administrative Justice Act. The exclusion of temporary educators from competing for permanent posts was not...
Source-derived case information.
- Citation
- [2004] ZAFSHC 148
- Parties
- Applicant: Suid-Afrikaanse Onderwysunie; Respondent: Departementshoof: Departement van Onderwys Vrystaat
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 1897/2004
- Procedural Posture
- Review Application / First Instance Judgment
- Outcome
- Application granted in part; respondent's administrative action set aside and costs awarded to applicant.
- Judges
- Kruger R
- Legal Topics
- Promotion of Administrative Justice Act, Unfair Dismissal, Employment of Educators Act, Procedural Fairness, Temporary Employment, Public Service Appointments
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Suid-Afrikaanse Onderwysunie
Applicant
Departementshoof: Departement van Onderwys Vrystaat
Respondent
Procedural Posture
Review Application / First Instance Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the respondent's Circular 22 of 2004 unlawfully excluded temporary educators from applying for permanent posts.
- 2 Whether the respondent's implementation of section 6A of the Employment of Educators Act constituted unfair administrative action.
- 3 Whether temporary educators have the right to compete for permanent posts before their positions are filled by new entrants or those with a break in service.
Ratio Decidendi
The court found that the respondent's decision to implement section 6A of the Employment of Educators Act via Circular 22 of 2004 constituted administrative action that is reviewable under the Promotion of Administrative Justice Act. The exclusion of temporary educators from competing for permanent posts was not rationally connected to the purpose of section 6A, which was intended to address staffing shortages in rural areas, not to remove temporary educators from the system. The respondent failed to provide a rational or fair basis for excluding temporary educators, and the administrative action was therefore grossly unreasonable and unfair. The court declined to address the...
Court Disposition
Application granted in part; respondent's administrative action set aside and costs awarded to applicant.
Orders
- The respondent is interdicted from making any appointments to vacant posts currently occupied by temporary educators from applicants who applied for permanent posts pursuant to Circular 22 of 2004 and/or the advertisement placed on 6 June 2004.
- It is declared that the respondent may not invoke section 6A of the Employment of Educators Act, 1998, to fill posts already occupied by temporary educators without first affording those temporary educators the opportunity to compete for appointment to those posts.
Full Case Text
Judgment text and source record
108 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak No: 1897/2004
In die saak tussen:
SUID-AFRIKAANSE ONDERWYSUNIE Applikant
en
DIE DEPARTEMENTSHOOF:
DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VRYSTAAT Respondent
UITSPRAAK: KRUGER R
AANGEHOOR OP: 29 SEPTEMBER 2004
GELEWER OP: 28 OKTOBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die applikant vra dat respondent se omsendbrief 22 van 2004 wat poste beskikbaar gestel het aan applikante wat pas gekwalifiseer het of wat ân diensonderbreking vir langer as ân jaar gehad het, (dus met uitsluiting van tydelike opvoeders wat tans tydelike poste beklee) tersyde gestel word. Applikant vra dat verklaar word dat daardie prosedure ongrondwetlik is en applikant vra dat tydelike opvoeders wat in derglike poste is daardie poste behou totdat hulle ook die geleentheid gegun is om mee te ding vir aanstelling in daardie poste. Die begrip âtydelike opvoedersâ word in hierdie uitspraak gebruik in die sin van tydelike opvoeders wat tans poste beklee.
[2] Die gewraakte omsendbrief 22 van 2004 se eerste twee paragrawe lees:
ïgIn terms of Section 6A of the Employment of Educators Act, 1998; as amended, the Free State Department of Education envisages filling a number of vacant educator posts by placing candidates (1st time appointments and those who have a break in service for more than one year) in these posts.
The Department has vacancies in 5 Districts in the Province in Secondary and Primary Schools for qualified, unemployed educators. A list of vacancies indicating the number of all post per district, post requirements and the reference number without linking any post to any school / town, is available at the District Office for perusal.â
[3] Aanvanklik was die applikant se locus standi in geskil maar daardie punt is by die verhoor laat vaar. Die punt van wanvoeging wat in respondent se advokaat se betoogshoofde geneem is, is ook laat vaar.
[4] Mnr. Roberts wat saam met Mnr. Naidoo vir respondent verskyn het se hoofpunt was die volgende:
Applikant se saak is dat respondent ân besluit geneem het deur omsendbrief 22 van 2004 te publiseer.
Daardie besluit is gebaseer op artikel 6A van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998. (âdie Indiensnemingswetâ)
Applikant se hele saak is gegrond op die onbillikheid om artikel 6A te implimenteer.
Dus moet applikant aansoek doen om ân hersiening van daardie besluit.
Dit doen applikant nie.
[5] Dit is nie nodig vir ân applikant by ân hersiening om reël 53 te gebruik nie. Die doel van reël 53 is om aansoeke vir hersiening te vergemaklik en om te verseker dat hulle op ân spoedige en geordende wyse aangebied word. Dit gee slegs mindere en bykomende voordele aan die respondent. Dit gee werklike voordele aan die applikant, voordele wat die applikant mag geniet en gebruik tot die mate wat applikant in besondere omstandighede nodig ag. Sien JOCKEY CLUB OF SOUTH AFRIA v FORBES [1992] ZASCA 237; 1993 (1) SA 649 (A) op 662 G â H per Kriegler, Wnd. AR.
[6] Dus was dit nie nodig vir ân applikant om sy aansoek as ân hersieningsaansoek ingevolge reël 53 in te klee nie. Dit is duidelik dat dit die applikant se saak is dat die besluit van die respondent om artikel 6A van die Indiensnemingwet te implementeer op die wyse wat hy gedoen het, tersyde gestel moet word.
[7] Artikel 6A sluit sekere kategorieë uit wanneer sekere poste gevul word. Die oogmerk van die Wetgewer met artikel 6A word deur Hattingh R in FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE: VRYSTAAT EN âN ANDER v DIE DEPARTEMENTSHOOF: DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VRYSTAAT, (saak no. 2064/2004) in par. 27 weergegee. Daar handel Hattingh R met die euwel wat reggestel moet word by wyse van hierdie artikel:
âVerafgeleë skole ondervind probleme om opvoeders te lok om vakante poste aldaar te vul, en sal dit die Onderwys Departement in staat stel om sodanige opvoeders te identifiseer en in daardie poste aan te stel; en
Hierdie proses sal die versekering dra dat daar ân billike distribusie van goed gekwalifiseerde opvoeders is en meewerk om studente wat beurse verwerf het of studielenings aangegaan het in gepaste vakatures aan te stel.
In beide gevalle sal die aanstellings geskied sonder die aanbeveling van ân beheerliggaamâ
[8] Applikant sê die kern van die geskil in saak 2064 het gewentel rondom die uitleg en betekenis van artikel 6A. Applikant sê vir doeleindes van hierdie saak hoef die meriete en uitleg van artikel 6A nie herbeoordeel te word nie. Mnr. du Toit wat vir die applikant verskyn het sê dat hierdie saak begin by omsendbrief 22 van 2004 wat tydelike opvoeders uitsluit. In omsendbrief 22 van 2004 word ân uitnodiging slegs gerig aan (i) nuwe toetreders en (ii) opvoeders wat ân diensonderbreking van ten minste ân jaar gehad het. Die gevolg, sê Mnr. du Toit, is dat tydelike opvoeders nou geheel en al uit die sisteem verwyder word en hulle kan slegs weer na een jaar diensonderbreking toetree.
[9] Ingevolge die Indiensnemingswet 1998 het die respondent die volgende opsies wanneer dit kom by die vul van vakante poste:
Tydelike opvoeders kan die poste vul en by herhaling aangestel word ten einde deurlopende onderrig te verseker. ân Tydelike opvoeder is vir alle relevante doeleindes ân opvoeder soos gedefinieer in die Indiensnemingwet.
ïen Oop vakaturelys kan gepubliseer word waarkragtens elkeen wat glo dat hy kwalifiseer vir bepaalde en geïdentifiseerde poste daarvoor aansoek kan doen. Die onderwysdepartement ontvang die aansoeke, ân kortlys word saamgestel, aanbevelings word gemaak aan die respondent wat dan aanstellings kan maak ooreenkomstig die bepalings van artikel 6(3) van die Indiensnemingswet. Op hierdie wyse word die pos permanent gevul.
ïen Geslote vakaturelys word gebruik wanneer die respondent oordeel dat daar botallige opvoeders is wat die poste wel kan vul en
aanstellings slegs uit daardie geledere gemaak word. ân Botallige opvoeder is een wat weens bedryfsvereistes sy pos verloor het maar steeds op die diensstaat van die respondent bly. Dit gebeur wanneer daar rasionalisasie plaasvind. In sodanige gevalle kry daardie persone voorkeur. Slegs botallige opvoeders aldus geïdentifiseer mag dan aansoek doen.
Die respondent kan gebruik maak van artikel 6A van die Indiensnemingwet. Daarvolgens kan hy sonder aanbeveling van ân beheerliggaam maar slegs nadat hy met hulle geraadpleeg het, nuwe toetreders tot die onderwysberoep en opvoeders wat ân breuk van minstens een jaar in hulle diens gehad het direk in vakante poste aanstel. Die respondent is nie verplig om artikel 6A te volg nie. Hier is ân diskresie. Dit is gemene saak.
[10] Applikant sê dat die respondent op laasgenoemde proses besluit het by wyse van omsendbrief 22 van 2004 (naamlik om artikel 6A te gebruik). Dit is teen hierdie administratiewe optrede van die respondent wat die applikant ten behoewe van die tydelike opvoeders hierdie aansoek loods. Dit word soos volg in die applikant se advokaat se betooghoofde gestel:
ïg4. Die gevolge van die respondent se besluit om van art 6A gebruik te maak, is gemeensaak:
Tydelike opvoeders, wat tans die poste beklee, mag nie aansoek doen vir sulke poste nie en mag nie daarin aangestel word nie, vir die eenvoudige feit dat hulle nie nuwe toetreders is nie en, omdat hulle in diens is, nie in die kategorie van diensonderbrekers van minstens een jaar val nie. Dit het onder meer die absurde en diskriminerende gevolg dat studente wat aan die einde van 2003 afstudeer het en intussen tydelike aanstellings as werknemers van die respondent bekom het, nie ingevolge hierdie proses aansoek kan doen of aangestel mag word nie. Dit is die gevolg van respondent se keuse-uitoefening deur nie die oop vakaturelys opsie te volg nie
Tydelike opvoeders wie se poste nou gevul staan te word deur nuwe toetreders, verloor hulle aanstellings en hulle inkomste. Hulle word tot die werklose klas verdoem.
Daar is geen onmiddellike vooruitsig dat sulke tydelike opvoeders weer tot die stelsel sal mag toetree nie: tydelik opvoeders wat uit diens uit gestel word op hierdie wyse, word die ban gedoen uit Vrystaatse openbare onderwys, want hulle sal slegs weer ân aanstelling by die respondent kan kry indien:
Hulle vir meer as een jaar werkloos was;
Die respondent die prosedure volg wat ân oop vakaturelys inhou, ân prosedure wat die applikant aanvoer nie spoedig weer gevolg gaan word nie en die tydstip waarvan die respondent ân stilswye handhaaf.
Die respondent het sy administratiewe handeling verrig op ân tydstip toe die tydelike opvoeders in sy diens was (m.a.w. die termyne waarvoor hulle aangestel was, was nie verstreke nie). Daar is geen getuienis dat:
die tydelike opvoeders hulle werk onbevredigend doen nie of nie gekwalifiseer is vir die werk wat hulle doen nie;
die stelsel van tydelike opvoeders moeilik is om te administreer, of iets dergeliks nie;
Daar by bepaalde afgeleë of skole naby aan stedelike gebiede ongevulde poste is of poste is wat beklee word deur opvoeders wat nie gepas gekwalifiseer is vir sulke poste nie en dat dit slegs daardie poste is wat tans adverteer word nie;
Tydelike opvoeders nie meer aan hulle doel voldoen nie;
Daar enige regverdiging is om ân groep bestaande (tydelike) werknemers bykans in sy geheel te vervang met nuwe toetreders nie.â
[11] Mnr. du Toit sê die kernpunt is die vraag na billikheid van hierdie optrede wat 1200 tydelike opvoeders werkloos laat. Hy sê dat verskeie fundamentele regte in die Handves van Menseregte deur hierdie optrede aangetas word nl.:
Gelykheid;
Billike arbeidsoptrede;
Menswaardigheid;
Die reg om vryelike professie te beoefen;
Die reg op billike administratiewe optrede.
[12] Die posisie van tydelike opvoeders in die sisteem word deur die applikant in die funderende eedsverklaring beskryf:
ïgTydelike opvoeders, waarvan daar tans sowat 1200 in die Vrystaat op posvlak 1 is en waarvan die lys âHPS3â sulke lede van die applikant bevat, vervul dus ân kardinale rol in die grondwetlike verpligting van die staat om onderwys te voorsien en die verpligting om in die beste belang van die leerder op te tree.â
[Die respondent ontken die syfer 1200, en sê dat die getal wissel.]
Vakatures word onmiddellik aan die respondent gerapporteer en goedkeuring word gevra om die pos te vul (hoewel die respondent ook behoort te weet van die vakature uit hoofde van die feit van bedanking, ens. wat deur ander kanale aan hom bekend gemaak word).
Nadat goedkeuring verleen is vir die vulling van die pos sal dan die prinsipaal en/of beheerliggaam van ân skool gebruiklik ân geskikte kandidaat identifiseer wat die pos tydelik kan vul en by die distrikskantoor aanbeveel dat sodanige kandidaat ân tydelike aanstelling ontvang.
Sonder enige uitsondering wat aan my bekend is, maak die respondent op sterkte van hierdie aanbeveling die tydelike aanstelling in die vakante pos. Dit beteken egter nie dat die pos nie meer vakant is nie. Dit is eers gevul as daar weer ân permanente aanstelling gemaak sou word.
Tydelike aanstellings word gebruiklik gemaak tot aan die einde van die betrokke skoolkwartaal.
[Die respondent sê dat die tydelike opvoeder ân dokument kry wat die aanvang en beëindiging van sy diens aandui.]
Wanneer die aanstelling gemaak is, is die tydelike opvoeder ân opvoeder in terme van die bepalings van die Indiensnemingwet. Dit volg dat daar ân verskeidenheid van potensiële kandidate vir ân tydelike pos kan wees: Gekwalifiseerde beurshouers wat nog geen ander aanstelling gekry het nie; ander pasgekwalifiseerde opvoeders wat nog nie ân aanstelling gekry het nie, opvoeders met ân onderbreking in diens van minder as een jaar; opvoeders met ân onderbreking in diens van langer as een jaar; broodwinners, ens.
In uitsonderlike gevalle mag dit gebeur dat die voorgeskrewe prosedure vir die vul van vakante poste voltooi word binne die bestek van die skoolkwartaal waarbinne ân tydelike opvoeder aangestel word. In so ân geval sou die tydelike opvoeder se diens tot ân einde kom indien hy of sy nie suksesvol vir die pos aansoek gedoen het nie. Indien hy of sy die suksesvolle kandidaat was word die pos dan permanent deur so ân opvoeder beklee.
In die oorgrote meerderheid van gevalle word tydelike aanstellings gedoen vir ân skoolkwartaal en word die voorgeskrewe prosedure vir die permanente aanstelling van opvoeders etlike skoolkwartale later in werking gestel. Dit het die gevolg dat, aan die einde van ân gegewe kwartaal, honderde vakante poste gevul word deur tydelike opvoeders.
Die ideale situasie is dat, voor die verstryking van ân skoolkwartaal, die tydelike aanstellings hernu word. Dit gebeur egter selde. Soms word die her-aanstellingsbrief gedurende die skoolvakansie wat volg op die kwartaal waarin die diens prakties verstryk, gestuur en dus eers prakties ontvang by heropening van die skool. In praktyk rapporteer die prinsipaal aan die einde van ân kwartaal of voor verstryking van ân tydelike opvoeder se aanstelling aan die distrikskantoor dat die betrokke vakature steeds bestaan en of die tydelike opvoeder wat die vakante pos beklee steeds beskikbaar is om die vakature te vul. Die proses word op hierdie wyse kwartaaliks herhaal totdat die pos in ân vakaturelys adverteer word en dan ooreenkomstig die voorgeskrewe prosedure gevul word. Die opvoeder wat die pos tydelik beklee het word, weer aangestel, tensy daardie opvoeder te kenne gegee het dat hy of sy nie verder beskikbaar is vir aanstelling nie. In effek geskied die âheraanstellingâ van die tydelike opvoeder dus meganies outomaties.
Selfs al het die her-aanstellingsbrief nie die skool of betrokke opvoeder bereik teen die begin van die nuwe kwartaal nie, meld sodanige opvoeder sonder uitsondering aan en gaan voort om sy of haar opvoedingswerk te doen. Die her-aanstellingsbrief sal egter sonder uitsondering uiteindelik ontvang word vanaf die Departement.â
Behalwe soos hierbo aangedui, word hierdie bewerings nie in die antwoordende eedsverklaring weerspreek nie.
[13] Die respondent se verweer word in sy antwoordende eedsverklaring vervat:
ïgOne must have regard for the manner in which temporary educators are appointed. Temporary educators have not been appointed in accordance with the provisions of PAM and the Employment of Educators Act by complying with all the procedures which the Applicant has at all times and in particular in Case No: 2064/04 stated should be complied with before an appointment is made. Such temporary educators were merely appointed by the Department of Education after a Governing Body or a school principal has identified such particular person. These temporary educators now claim that they have certain vested rights. As against this, it is the duty of the Respondent to weigh up the interest of the unemployed educators who either had a break of one year in service or the educators who studied with bursaries funded by the Respondent and who are unemployed;â
[14] Die deponent tot die antwoordende eedsverklaring sê dat die proses van aanstellings van tydelike opvoeders ân onbillike tipe proses is:
ïgThe appointment of temporary educators is done on an unfair basis, being unfair to the other unemployed educators by virtue of the fact that the process which is followed is not that as prescribed by the Act and PAM and the particular school and/or Governing Body of such school decide where they want to advertise, to whom they want to advertise and who they want to invite to apply for such posts and decide themselves who to appoint. This in my view is unfair if regard is had for Section 7 of the Employment of Educators Act and Section 195(5) of the Constitution of the Republic of South Africa Act;â
[15] Mnr. du Toit sê dat die vooroordeel van die respondent duidelik uit hierdie stellings blyk, wat daarop dui dat dit sy begeerte is om tydelike opvoeders in die ban te doen en werkloos te laat en geen geleentheid te gee om vir permanente poste aansoek te doen nie.
[16] Applikant se saak is dat tydelike opvoeders die reg het om mee te ding vir poste. Omsendbrief 22 van 2004 sluit tydelike opvoeders op onbillike wyse uit.
[17] Mnr. Roberts sê dat die respondent eenvoudig sy funksies onder die wet uitgevoer het; artikel 6A bepaal dat hy so mag optree. Hy het binne sy magte opgetree ingevolge die wet; artikel 6A gee hom die mag om te doen presies wat hy gedoen het. Mnr. Roberts sê dat die applikant se argument in wese is dat die respondent besluit het om artikel 6A te gebruik, inbreuk maak op applikant se regte ingevolge die Grondwet. Maar, sê hy, applikant vra nie dat arikel 6A ongrondwetlik verklaar word nie. Artikel 6A bestaan en dit mag gebruik word.
[18] Wat die Promotion of Administrative Justice Act 3 van 2000 (âPAJAâ) betref, sê Mnr. Roberts dat daardie wet nie van toepassing is nie want dit geld slegs as ân amptenaar sy magte oorskry het. Sy argument is:
Hier was geen besluit nie, of;
As daar ân besluit was, is die regsmiddels wat PAJA bied nie gepas vir hierdie geval nie.
[19] Mnr. Roberts sê die respondent het nie die Wet geadministreer nie, maar dit bloot geïmplimenteer. Mnr. Du Toit sê deur te besluit om artikel 6A toe te pas het die respondent administratief opgetree en dit kan tersyde gestel word.
[20] Mnr du Toit sê artikel 6A het sy plek binne die sisteem. Dit kan gebruik word in landelike gebiede waar daar ân tekort is wat op ân geskikte wyse aangespreek kan word deur toepassing van artikel 6A. (Dit is in ooreenstemming met wat Hattingh R beslis in saak no. 2064.) Mnr du Toit sê egter dat die respondent nie sê dat dit by die onderhawige geval, die prosedures voortspruitend uit omsendbrief 22 van 2004, gaan om ân landelike gebied nie. ân Streep word getrek deur tydelike opvoeders se moontlikhede. Artikel 6A mis die rasionaal vir sy bestaan as dit toegepas word soos wat omsendbrief 22 van 2004 bepaal sê Mnr. du Toit.
[21] Die applikant se saak is dat tydelike opvoeders ook billik moet kan deelneem, kan kompeteer. As die pos dan nie gevul word nadat dit in ân oop vakaturelys geadverteer is nie kan die respondent sê dat dit buite ân stedelike gebied val, en hy aan almal (insluitende tydelike opvoeders) se regte voldoen het deur dit tot hul beskikking te plaas. Op daardie stadium het hy dan die reg om artikel 6A te gebruik. Daar kan dan geen beswaar teen daardie prosedure wees nie.
[22] Die kernpunt van die applikant se beswaar is dat tydelike opvoeders nie die kans gegun word om billik te kan deelneem aan die aanstellingsproses nie. Hulle word eenvoudig uit die sisteem verwyder.
[23] Die besluit van die respondent om artikel 6A te implimenteer by wyse van omsendbrief 22 van 2004 was na my mening ân administratiewe besluit wat hersienbaar is. Sien PRESIDENT OF THE RSA AND OTHERS v SA RUGBY FOOTBALL UNION AND OTHERS 2000 (1) SA 1 (KH) par. 142; TRANSNET LTD v GOODMAN BROTHERS (PTY) LTD [2000] ZASCA 151; 2001 (1) SA 853 (HHA) par. 34.4 en PENNINGTON v FRIEDGOOD AND OTHERS 2002 (1) SA 251 (K) op 259 par. 20 (c) waar die hof sê:
ïgWhat falls to be considered is, inter alia, the source of the power exercised, the nature of such power, its subject-matter, whether it involves the exercise of a public duty, and how closely it is related on the one hand to policy matters which are not administrative, and on the other to the implementation of legislation, which is.â
Dit is duidelik dat die besluit van die applikant om artikel 6A te implementeer by wyse van omsendbrief 22 van 2004 administratiewe optrede was wat hersienbaar is.
[24] Die volgende vraag is of hierdie besluit inderdaad tersyde gestel moet word. Dit is ân hersieningsgrond dat ân persoon op ân grof onredelike wyse optree. Sien in hierdie verband TRINITY BROADCASTING (CISKEI) v INDEPENDENT COMMUNICATIONS AUTHORITY OF SOUTH AFRICA 2004 (3) SA 346 (HHA) waar gehandel word met artikel 6(2) van die Promotion of Administrative Justice Act 3 van 2000 en waar die president van die hoogste hof van appèl (par. 21 op bls. 354 â 355) sê:
ïgIn the application of that test, [die rasionaliteitstoets] the reviewing Court will ask: is there a rational objective basis justifying the connection made by die administrative decision-maker between the material made available and the conclusion arrived at?â
[25] Deur omsendbrief 22 van 2004 in werking te stel het die respondent bewerkstellig dat tydelike opvoeders uit die sisteem uitgesluit word. Hierdie is na my mening nie ân oogmerk wat rasioneel verbind kan word met artikel 6A nie. Artikel 6A is op die Wetboek geplaas om voorsiening te maak vir ân verkorte prosedure by landelike gebiede waar onderwysers nie wil gaan nie. Daar is nie ân basis dat dit vir enige ander oogmerk bedoel was nie. Op die stukke en op die verwere aangevoer deur die respondent wil hy daardie bepaling nou gebruik vir alle gevalle omdat hy sê die tydelike indiensnemers op ân onbillike wyse aangestel word. Die gronde wat hy aanvoer toon dit nie. Die rasionele grondslag waarop artikel 6A gebruik kan word is vir landelike gebiede, nie omdat tydelike opvoeders in alle gevalle op onbillike wyse aangestel word nie. Indien hulle op onbillike wyse aangestel word is dit die departement se taak om daardie prosedure reg te stel ten einde toe te sien dat die aanstellings op regmatige wyse geskied, nie om eenvoudig ân streep deur die kategorie te trek nie. Dit is onbillike optrede wat nie rasioneel verbind is met die Wet waaruit die magtiging voortspruit nie.
[26] Aangesien ek hierdie aangeleentheid kan beslis, en beslis, op ân nie-grondwetlike punt, naamlik onbillike administratiewe optrede, handel ek nie met die grondwetlike punte deur applikant geopper nie. (S v MHLUNGU AND OTHERS [1995] ZACC 4; 1995 (3) SA 867 (KH); ZANTSI v COUNCIL OF STATE, CISKEI AND OTHERS [1995] ZACC 9; 1995 (4) SA 615 (KH) par. 2, 3, 5 en 7.
[27] Die respondent het hom aan onbillike administratiewe optrede skuldig gemaak deur omsendbrief 22 van 2004 uit te reik.
[28] Die applikant voer aan dat die geskil oor die regte van tydelike opvoeders by wyse van ân verhoor beslis sal moet word. Ingevolge artikel 186(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 stel dit ân onbillike ontslag daar indien ân werknemer redelikerwys van die werkgewer verwag het om ân vaste termyn dienskontrak op dieselfde of soorgelyke voorwaardes te hernu waar die werkgewer dit nie hernu nie. Dit kan net oorweeg word met verwysing na spesifieke werknemers; vandaar dat Mnr. du Toit sê dat daardie aangeleentheid in ân verhoor beslis sal moet word.
[29] Applikant vra ook die volgende bevel:
ïgDat, hangende die afhandeling van ân geding ingestel te word binne 30 dae, welke geding die reg op spesifieke nakoming van tydelike opvoeders vir hernuwing van hulle dienskontrakte totdat hulle aan ân proses kan deelneem wat hulle in staat sal stel om te kompeteer vir permanente poste wil afdwing, die respondent gelas word om die tydelike aanstellings te verleng.â
[30] Hierdie regshulp is gegrond op artikel 186(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat onder sekere omstandighede regte op hernuwing aan werknemers gee wat vir ân vaste termyn aangestel is. Elke sodanige geval hang van die feite daarvan af. Indien tussentydse regshulp hier toegestaan sou word, sou die tydelike werknemers se posisie moontlik kunsmatig versterk word. Elke individuele opvoeder se saak sal op eie meriete in die Arbeidshof gevoer moet word na gelang van die omstandighede. Applikant het nie ân saak uitgemaak vir hierdie regshulp nie. Die applikant was wel wesenlik suksesvol, en koste volg daardie resultaat.
[31] Die Hof gelas dus:
(1) Dat die respondent verbied word om enige aanstellings te maak in vakante poste wat tans beklee word deur tydelike opvoeders, uit aansoekdoeners wat aansoek gedoen het vir permanente poste voortspruitend uit die prosedures vervat in die respondent se Omsendskrywe 22 van 2004 en/of die advertensie wat geplaas was op 6 Junie 2004.
(2) Dat verklaar word dat die respondent nie die bepalings van artikel 6A van die Wet op Indiensneming van Opvoeders, 1998, mag aanwend om poste te vul wat reeds deur tydelike opvoeders gevul word nie, sonder om nie eers aan tydelike opvoeders die geleentheid te gun om te kompeteer vir aanstelling in daardie poste nie.
(3) Dat die respondent die koste van die aansoek betaal.
_____________
A KRUGER, R
Namens Applikant: Advokaat JI Du Toit
i.o.v.
Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens Respondent: Advokate MG Roberts S.C. & VM Naidoo
Staatsprokureur
/ecoetzee