Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Swan v Kommissaris van die Hof van Klein Eise Bloemfontein en Anders (A170/09) [2010] ZAFSHC 136 (21 October 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the proceedings before the third respondent were irregular because the hearing was restarted de novo without proper explanation or compliance with section 10 of the Small Claims Courts Act. The previous commissioner had completed the hearing and only the judgment was outstanding, yet no adequate reasons were provided for the substitution. Furthermore, the third respondent communicated with the second respondent outside the presence of the applicant before judgment was delivered, which constituted a gross irregularity and undermined the fairness of the proceedings. These actions justified the setting aside of the proceedings and remitting the matter for proper determination in accordance with the Act.

Court disposition

The appeal succeeded. The proceedings before the Small Claims Court commissioner were set aside due to gross irregularity.

Orders

  • The decision of the first respondent dated 30 June 2009 is reviewed and set aside.
  • The second respondent is ordered to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

P J Swan

Appellant Counsel: Adv. J.J. Buys

Kommissaris van die Hof van Klein Eise Bloemfontein

Respondent

Hein Sander

Respondent Counsel: Adv. B.J. Smal

Karabo Jacob Tau

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Appeal From Decision of Small Claims Court Commissioner

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that the proceedings before the third respondent, acting as commissioner, were irregular because the hearing was restarted de novo without proper explanation or compliance with section 10 of the Small Claims Courts Act. The applicant further contended that the commissioner communicated with the second respondent outside the presence of the applicant before judgment was delivered, which constituted a gross irregularity and possible bias. The applicant maintained that these actions undermined the fairness of the proceedings and justified review and setting aside of the decision.
Respondent
The second respondent argued that the initial commissioner was no longer employed by the Small Claims Court, necessitating the substitution. The third respondent claimed that his communication with the second respondent after the hearing was merely a casual inquiry about the respondent's car and did not influence the outcome. The respondents denied any mala fides or prejudice and submitted that the proceedings were conducted in accordance with the relevant statutory provisions.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    REX v Maharaj 1960 (4) SA 256 (N)

    A judicial officer must not communicate with any party or witness outside the presence of the other parties; such conduct constitutes a fatal irregularity.

  2. 02

    S v Roberts 1999 (4) SA 915 (HHA)

    Any discussion between a presiding officer and a party or witness outside the presence of the other parties warrants setting aside the proceedings.

  3. 03

    Small Claims Courts Act 61 of 1984, section 46

    Section 46 of the Small Claims Courts Act provides grounds for review where there is lack of jurisdiction, bias, mala fides, or gross irregularity in proceedings.

  4. 04

    Small Claims Courts Act 61 of 1984, section 10

    Section 10 of the Small Claims Courts Act requires that if a commissioner is unable to complete a hearing, the matter must commence de novo before another commissioner, with reasons communicated to the parties.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the proceedings before the third respondent were irregular because the hearing was restarted de novo without proper explanation or compliance with section 10 of the Small Claims Courts Act. The previous commissioner had completed the hearing and only the judgment was outstanding, yet no adequate reasons were provided for the substitution. Furthermore, the third respondent communicated with the second respondent outside the presence of the applicant before judgment was delivered, which constituted a gross irregularity and undermined the fairness of the proceedings. These actions justified the setting aside of the proceedings and remitting the matter for proper determination in accordance with the Act.

Obiter and limits

  • The court noted that state officials should only be subject to adverse cost orders where mala fides are established, which was not the case here.
  • The possible unavailability of the initial commissioner must be clarified before any rehearing is conducted.

Court disposition

The appeal succeeded. The proceedings before the Small Claims Court commissioner were set aside due to gross irregularity.

  • The decision of the first respondent dated 30 June 2009 is reviewed and set aside.
  • The second respondent is ordered to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2010] ZAFSHC 136

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Appèlnommer : A170/09

In die appèl van:-

P

J SWAN .................................................................................Appellant

en

KOMMISSARIS VAN DIE HOF VAN ............................1ste Respondent

KLEIN EISE

BLOEMFONTEIN

HEIN SANDER ...............................................................2de Respondent

KARABO JACOB TAU ..................................................3de Respondent

CORAM: HANCKE, R et CILLIé, R

AANGEHOOR OP: 18 OKTOBER 2010

_____________

UITSPRAAK DEUR: HANCKE, R

GELEWER OP: 21 OKTOBER 2010

[1] Applikant doen aansoek om ‘n bevel met die volgende bepalings:

1. Dat die besluit van die eerste respondent soos vervat in bylaag “I” tot hierdie Kennisgewing van Mosie en gedateer 30 Junie 2009 hersien en tersyde gestel word;

2. Dat die eerste en tweede respondente gesamentlik en afsonderlik met mekaar asook gesamentlik en afsonderlik met sodanige ander respondente en persone wat hierdie aansoek mag bestry, gelas word om die koste te betaal.

[2] Dit is van belang om te let op die bepalings van artikel 46 van die Wet op Howe vir Klein Eise, Nr. 61 van 1984 (“gemelde Wet”) wat handel met die omstandighede waaronder ingemeng kan word:

“Gronde vir hersiening-

Die gronde waarop die verrigtinge van ‘n hof voor ‘n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika op hersiening geneem kan word is-

gebrek aan regsbevoegdheid by die hof;

belang by die geding, vooroordeel, kwaadwilligheid of die pleging van ‘n misdryf bedoel in dele 1 – 4, of artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het) van hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004 deur die Kommissaris; en

growwe onreëlmatigheid in verband met die verrigtinge.”

Die vraag in hierdie saak is of die applikant ‘n saak uitgemaak het vir hersiening soos bedoel in artikel 46 van gemelde Wet.

[3] Dit blyk uit die stukke dat die tweede respondent die applikant gedagvaar het vir terugbetaling van ‘n deposito ten opsigte van ‘n huurooreenkoms wat beëindig is. Die applikant het die deposito teruggehou weens beweerde skade veroorsaak deur die tweede respondent aan die eiendom, welke skade herstel moes word. Die aangeleentheid was aanvanklik deur ‘n ander Kommissaris, mnr. Kgwale, op 24 Mei 2009 aangehoor. Tydens die verhoor is getuienis deur beide die applikant en die tweede respondent aangebied en was die aangeleentheid uitgestel vir ‘n bevinding en uitspraak na 30 Junie 2009.

[4] Op 30 Junie 2009 het die derde respondent, Karabo Jacob Tau, die verrigtinge waargeneem en het die verhoor de novo begin sonder om enige redes te verskaf waarom hy in die plek van die vorige Kommissaris optree. Daar is nie duidelikheid waarom die derde respondent as Kommissaris oorgeneem het nie. Volgens die tweede respondent is die

aanvanklike Kommissaris nie meer in diens by die Hof vir Klein Eise nie “indien my kolleksie korrek is”.

[5] Die applikant voer aan dat hy nie beswaar gemaak het teen die derde respondent nie, aangesien hy onder die indruk was dat slegs die uitspraak gelewer sou word. Verdermeer was die applikant nie gereed om die aangeleentheid de novo te hanteer nie en het hy as ‘n leek nie geweet wat hom te doen staan in die betrokke omstandighede nie.

[6] Dit is van belang om te let op die bepalings van artikel 10 van gemelde Wet wat soos volg lui:

“Prosedure in geval van afwesigheid of onvermoë van Kommissarisse-

Wanneer ‘n Kommissaris weens afwesigheid of onvermoë nie in staat is om die verhoor van ‘n aksie te voltooi nie, moet daardie verhoor de novo voor ‘n ander Kommissaris ‘n aanvang neem.”

Daar is geen aanduiding dat die huidige Kommissaris dit mondelings op rekord geplaas het waarom sy voorganger “weens afwesigheid of onvermoë nie in staat is” om die saak af te handel nie. Inderwaarheid was die verhoor reeds voltooi gewees en was slegs die Kommissaris se uitspraak uitstaande. Al het hy ook die diens verlaat, was daar minstens ‘n morele plig gewees om uitspraak te lewer. Indien hy weens onvermoë nie in staat was om die uitspraak te lewer nie, was dit noodsaaklik gewees om dit so aan die partye mee te deel en hulle ‘n geleentheid te gee om submissies daaromtrent te maak. Die feit dat laasgenoemde nie geskied het nie, stel na my mening ‘n onreëlmatigheid daar.

[7] Gevolglik behoort die verrigtinge tersyde gestel te word en ondersoek ingestel word waarom die vorige Kommissaris nie uitspraak gelewer het nie. Slegs indien dit vasstaan dat voldoen is aan artikel 10 van gemelde Wet en dit dienooreenkomstig aan die partye meegedeel is, kan die verhoor de novo voor ‘n ander Kommissaris ‘n aanvang neem.

[8] Daar is ook ‘n verdere onreëlmatigheid. Dit is gemene saak tussen die partye dat die derde respondent, na afloop van die verrigtinge, maar voordat uitspraak gelewer was, in die afwesigheid van die applikant en sonder sy toestemming met die tweede respondent kommunikeer het. Die derde respondent voer aan dat die tweede respondent na die verhoor na buite gegaan het waar sy motor, ‘n outentieke 1967 model Fiat 600, geparkeer was en hom gevra het of dit nie te koop was nie. Die volgende dag het die tweede respondent uitspraak in die guns van die derde respondent verleen.

[9] Ten opsigte van die kommunikasie tussen ‘n voorsittende beampte en ‘n getuie, verklaar Broome RP (waarmee Holmes R) saamstem in REX v MAHARAJ 1960 (4) SA 256 (N) op 258 C die volgende:

“It is elementary that a judicial officer should have no communication whatever with either party in a case before him except in the presence of the other, and no communication with any witness except in the presence of both parties. For that reason the conviction must be set aside.”

In laasgenoemde saak het die landdros ‘n mediese dokter na sy kamers geroep en sekere aspekte van die saak bespreek ten opsigte van die aanklag teen die beskuldigde, naamlik bestuur onder die invloed van drank.

[10] Wat kommunikasie tussen die voorsittende beampte en ‘n aanklaer betref in die afwesigheid van die beskuldigde, verklaar Howie, A.R. in S v ROBERTS 1999 (4) SA 915 (HHA) op 922 F – G die volgende:

“That is so fundamentally important that the discussion between the magistrate and the prosecutor in the instant case warranted on its own, without anything more, the setting aside of the sentence. Had such a discussion occurred before conviction in this matter, there can be no question but that the conviction would have been fatally irregular.”

[11] Bogemelde optrede van die derde respondent, naamlik om met die tweede respondent oor sy motor te onderhandel kort na afhandeling van die verhoor en voor lewering van uitspraak, is na my mening ‘n growwe onreëlmatigheid wat op sigself tersyde stelling regverdig. Daarmee saam moet ook in gedagte gehou word dat dit die applikant se saak was dat die derde respondent deurgaans tydens die verhoor bevooroordeeld, kwaadwillig en kortaf teenoor hom opgetree het.

[12] In die lig van die voorgaande feite is ek tevrede dat applikant daarin geslaag het om ‘n growwe onreëlmatigheid in verband met die verrigtinge aan te toon soos bedoel in artikel 46 (c) van gemelde Wet. As gevolg van die slotsom waartoe ek gekom het, is dit nie nodig om met die ander gronde van hersiening, geopper deur mnr. Buys namens die applikant, te handel nie.

[13] Dit beteken dus dat die moontlike onbeskikbaarheid van Kommissaris Kgwale eers uitgeklaar moet word waarna, indien nodig, die verrigtinge de novo voor ‘n ander Kommissaris ‘n aanvang moet neem.

[14] Wat koste betref, is eerste en derde respondente funksionarisse van die Staat teen wie ‘n kostebevel slegs geregverdig kan word indien daar mala fides teenwoordig is. Geen sodanige omstandighede is hier aangetoon nie. Daar was dan ook geen rede waarom die applikant nie die gewone

kostebevel, as synde die suksesvolle party teen die onsuksesvolle party, synde die tweede respondent behoort te kry nie.

[15] Bygevolg word die volgende bevele verleen:

1. ‘n Bevel ingevolge bede 1 van die Kennisgewing van Mosie.

2. Tweede respondent word gelas om die koste van die aansoek te betaal.

____

S.P.B. HANCKE, R

Ek stem saam.

____

C.B. CILLIé, R

Namens die appellant: Adv. J.J. Buys

In opdrag van:

Hefer Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Verw: WJ BOTHA/mjvr/SWA1/0001

Namens die 2de respondent: Adv. B.J. Smal

Van Pletzen Lambrechts Prokureurs

Verw: F van Pletzen

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

REX v Maharaj 1960 (4) SA 256 (N)

Case cited

S v Roberts 1999 (4) SA 915 (HHA)

Case cited

Small Claims Courts Act 61 of 1984

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Prevention and Combating of Corrupt Activities Act 12 of 2004

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.