Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Taljaard v Mulder and Another (5267/2006) [2009] ZAFSHC 5 (29 January 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found the plaintiff and his witnesses credible and accepted their version that the payment of R200,000.00 was made by bank cheque in accordance with the settlement agreement. The absence of documentary proof was explained by the passage of time and loss of records, and the defendant failed to present any evidence to rebut the plaintiff's case. The court held that the probabilities favoured the plaintiff's version, and that the writ of execution was issued without proper basis. The burden of proof shifted to the defendant, who failed to discharge it. Consequently, the writ was set aside and the defendant was ordered to pay costs.

Court disposition

Plaintiff's claim upheld; writ of execution set aside; first defendant ordered to pay costs.

Orders

  • The writ of execution against movable property in case number 858/1995 dated 17 August 2006 and issued on 12 September 2006 is set aside.
  • The first defendant is ordered to pay the costs of this action, including the costs of the application under case number 4742/2006 as per the court order dated 23 November 2006.

02

Material facts

Parties

Johannes Bernardus Taljaard

Plaintiff Counsel: Adv. W.J. Edeling

Sharon Margaret Mulder

Defendant Counsel: Adv. S Grobler

Sheriff for the District Wesselsbron

Defendant

Amounts and remedies

  • Settlement Amount Ordered to Be Paid: ZAR 260,000
  • Outstanding Balance in Dispute: ZAR 200,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Final Judgment After Hearing of Evidence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff argued that he paid the outstanding balance of R200,000.00 to the first defendant or her attorneys before or on 1 August 1995, as required by the settlement agreement incorporated into the divorce order. He presented oral evidence and supporting testimony from two bank officials regarding the issuance and payment of a bank cheque for the amount. He explained the lack of documentary proof due to the passage of time and loss of records, but maintained that the payment was made and that the writ of execution was therefore unfounded.
Respondent
The first defendant contended that the outstanding balance of R200,000.00 was never paid into her attorneys' account or to her, as stipulated in the settlement agreement. She relied on the absence of documentary proof and denied receipt of the funds. She did not present oral evidence but relied on pleadings and a brief affidavit opposing an earlier application, maintaining that the writ of execution was valid.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Ex parte Minister of Justice: In re R v Jacobson and Leavy 1931 AD 466 at 478

    In civil proceedings, the party bearing the burden of proof must establish its case on a balance of probabilities. If the evidence presented calls for an answer and none is provided, it may constitute conclusive proof.

  2. 02

    Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002, s15; Evidence Amendment Act 45 of 1988, s3(1)(c)

    The court may admit electronic evidence if, considering the circumstances and statutory provisions, it is in the interests of justice to do so.

  3. 03

    Govan v Skidmore 1952 (1) SA 732 (N) at 734C-D

    In making factual findings in civil cases, the court may select the most plausible conclusion from the probabilities, even if it is not the only reasonable one.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found the plaintiff and his witnesses credible and accepted their version that the payment of R200,000.00 was made by bank cheque in accordance with the settlement agreement. The absence of documentary proof was explained by the passage of time and loss of records, and the defendant failed to present any evidence to rebut the plaintiff's case. The court held that the probabilities favoured the plaintiff's version, and that the writ of execution was issued without proper basis. The burden of proof shifted to the defendant, who failed to discharge it. Consequently, the writ was set aside and the defendant was ordered to pay costs.

Obiter and limits

  • The absence of documentary evidence in circumstances where records are lost over time does not necessarily defeat a party's case if credible oral evidence is presented.
  • The defendant's failure to testify or present evidence in rebuttal was a significant factor in the court's assessment of probabilities.

Court disposition

Plaintiff's claim upheld; writ of execution set aside; first defendant ordered to pay costs.

  • The writ of execution against movable property in case number 858/1995 dated 17 August 2006 and issued on 12 September 2006 is set aside.
  • The first defendant is ordered to pay the costs of this action, including the costs of the application under case number 4742/2006 as per the court order dated 23 November 2006.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2009] ZAFSHC 5

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr: 5267/2006

In die saak tussen:

JOHANNES BERNARDUS TALJAARD Eiser

en

SHARON MARGARET MULDER 1e Verweerder

DIE BALJU VIR DIE DISTRIK WESSELSBRON 2e Verweerder

UITSPRAAK: FISCHER,

WND R

AANGEHOOR OP: 18 en 19 MAART 2008, 22 JULIE 2008

en 10 OKTOBER 2008

GELEWER OP: 29 JANUARIE 2009

[1] Hierdie uitspraak is voorberei na ontvangs van skriftelike hoofde van betoog deur die advokate laat in Oktober 2008 en ‘n mondelinkse bevestiging deur Mnr Edeling, namens eiser, laat in November 2008, dat hy nie van voornemens was om te repliseer nie. Die Eiser, ‘n boer van Wesselsbron in die Vrystaat Provinsie, het ‘n aksie ingestel teen sy gewese eggenote (die Eerste Verweerder) asook die Balju vir die distrik Wesselsbron (die Tweede Verweerder) waarin hy geëis het dat ‘n lasbrief tot uitwinning van roerende bates wat op 12 September 2006 deur die Griffier van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, Vrystaatse Provinsiale Afdeling, uitgereik is, opgehef en tersyde gestel word.

[2] Die tersaaklike feite wat tot die uitreiking van vermelde lasbrief en die huidige aksie aanleiding gegee het, is kortliks die

volgende. Die Eiser en Eerste Verweerder is op 13 Julie 1995 onder saaknommer 858/1995 in die Hooggeregshof van Suid Afrika, Vrystaatse

Provinsiale Afdeling, ingevolge ‘n finale egskeidingsbevel, geskei. ‘n Akte van dading wat tussen die partye gesluit is, is ook ‘n bevel van die Hof gemaak. Ingevolge vermelde akte van dading is die bewaring van die partye se twee minderjarige dogters aan Eiser toegeken en het Eiser ook onderneem om ‘n bedrag van R260 000.00 aan Eerste Verweerder te betaal en wel as volg:

“i. Die bedrag van R60 000.00 op datum van toestaan van die finale egskeidingsbevel;

ii. Die bedrag van R200 000.00 voor of op 1 Augustus 1995. Alle betalings te geskied te kantore van die Verweerderes se prokureurs van rekord, Mnre. Symington & De Kok, p/a Tweede Vloer, NBS Gebou, Elizabethstraat, Posbus 760, Bloemfontein. Indien enige van die betalings voormeld nie stiptelik geskied sal die volle balans uitstaande onmiddellik opeisbaar en betaalbaar wees.”

[3] Eiser het, ingevolge die bepalings van voormelde akte van dading, die bedrag van R60 000.00 deur middel van ‘n banktjek op 13 Julie 1995 aan die prokureursfirma Symington & De Kok oorhandig. Volgens Eerste Verweerder het Eiser versuim om die balans van R200 000.00 ingevolge die bepalings van die akte van dading voor of op 1 Augustus 1995 te betaal, welke versuim aanleiding gegee het tot die uitreiking van ‘n lasbrief tot uitwinning van roerende bates op 12 September 2006 (dit wil sê meer as elf jaar nadat voormelde balans, ingevolge die egskeidingsbevel soos saamgelees met die akte van dading, opeisbaar en betaalbaar geword het). Op 23 November 2006, en na aanleiding van ‘n aansoek wat deur Eiser geloods is onder saaknommer 4742/2006, het Beckley R, by ooreenkoms tussen die partye, gelas dat hangende die uitslag en finale beregting van die huidige aksie vir tersydestelling en opheffing van die lasbrief tot uitwinning van roerende goedere, die lasbrief, onder andere, opgeskort word. Eiser het daarna die huidige aksie ingestel en is dit sy saak dat voormelde uitstaande balans van R200 000.00 inderdaad op of omtrent 1 Augustus 1995 aan sy gewese eggenote, die Eerste Verweerder hierin, betaal is en dat daar derhalwe geen grondslag bestaan vir die uitreiking van die lasbrief nie.

[4] Die Eerste Verweerder het op haar beurt gepleit dat die uitstaande balans van R200 000.00 voor of op 1 Augustus 1995 aan die

kantore van Symington & De Kok Prokureurs uit hoofde van die bepalings van die kontrak [sic] tussen die partye, betaal moes word en dat dit tot op datum van uitreiking van die lasbrief, nog nie betaal is nie.

[5] Die Eiser asook mnr. Dawid Jacobus Strauss (Strauss), ‘n bankamptenaar huidiglik in die diens van Absa Bank en mnr. Allen

George Robert Reid (Reid), ‘n afgetrede bankamptenaar het namens Eiser getuienis afgelewer. Van belang in hierdie verband is dat geen getuienis deur en/of namens Eerste Verweerder afgelê is nie behalwe vir ‘n kort beëdigde verklaring ter opponering van die aansoek onder saaknommer 4742/2006 waarin daar, in ooreenstemming met die verweerskrif, ‘n algehele ontkenning vervat word. Dit is gemene saak tussen die partye dat Tweede Verweerder geen belang by die saak het nie. Ek sal later terugkeer na hierdie belangrike besluit/versuim aan die kant van Eerste Verweerder aangesien dit verband hou met die relevante bewysmaatstaf en die waarskynlikhede.

[6] Die getuienis van die Eiser kan kortliks soos volg saamgevat word. Hy is ‘n sakeman en boer van beroep van die distrik van

Wesselsbron en was vir 15 jaar met die Eerste Verweerder getroud. Daar is twee minderjarige dogters, te wete Vanessa en Nicolene uit die huwelik tussen die partye gebore en is die partye op 13 Julie 1995 geskei. Ingevolge ‘n akte van dading wat tussen die partye aangegaan is, is die bewaring van die twee minderjarige dogters aan Eiser toegeken terwyl hy terselfdertyd onderneem het om voormelde bedrae op voor of op die datums soos vermeld aan Eerste Verweerder te betaal. Die eerste betaling van R60 000.00 het inderdaad op datum van egskeiding geskied by wyse van ‘n banktjek terwyl die uitstaande balans van R200 000.00 daarna en voor of op 1 Augustus 1995, en weereens per banktjek aan Eerste Verweerder betaal is. Hierdie getuienis stem ooreen met die bewerings soos vervat in die besonderhede van vordering asook die beëdigde verklaring ter ondersteuning van voormelde vroeëre aansoek.

[7] Die feite en omstandighede wat tot die betaling van voormelde balans aanleiding gegee het is buitengewoon en van wesenlike belang aangesien hierdie Hof van mening is dat daar wesenlike stawing vir Eiser se weergawe hierin te vinde is. Volgens Eiser was hy besig om mielies te stroop en het hy op datum van egskeiding nie oor voldoende kontantfondse beskik om Eerste Verweerder ten volle te betaal nie. Hy was voor en na die egskeiding besig om mielies te stroop en het hy van die mielies vir kontant by sekere silo’s afgelewer. Een van die kopers, ene mnr. Engelbrecht, het aan Eiser ‘n kontanttjek ten bedrae van R300 000.00 oorhandig, welke tjek Eiser by sy eie bank, die destydse Volkskas Bank te Wesselsbron, gereël het om onmiddellik te laat wissel. Hy het daarna die kontantopbrengs daarvan in ‘n sogenaamde bewaringskluis in voormelde bank gebêre. Volgens Eiser het Strauss, die gewese rekenmeester van die destydse Volkskas Bank te Wesselsbron, hom kort daarna geskakel met die versoek dat Eiser die voormelde kontantbedrag aan die bank beskikbaar stel omrede die bank op daardie stadium ‘n kontanttekort gehad en Strauss bewus was van die kontant waaroor Eiser beskik het. Strauss self het later getuig dat die bank op daardie stadium ‘n beperking

gehad het op die hoeveelheid kontant wat die bank in sy eie kluis kon aanhou en dat die bank boeterente daarop aan die Reserwebank sou moes betaal indien die beperkings van tyd tot tyd oorskry word. Die Hof sal hierinlater kortliks met Strauss se getuienis in hierdie verband handel.

[8] ‘n Banktjek ter waarde van R200 000.00 is daarna en op versoek van Eiser, deur Strauss ten gunste van of prokureurs Symington & De Kok, alternatiewelik Eerste Verweerder getrek en ook onder andere deur Strauss onderteken. Eiser kon nie pertinent onthou aan wie die tjek uitgemaak is nie maar het toegegee dat hy 80% daarvan oortuig was dat die tjek inderdaad ten gunste van voormelde prokureursfirma uitgemaak is soos bedoel in terme van akte van dading. Die tjek is volgens Eiser na ‘n kassiere in dieselfde bank geneem waar dit “inbetaal” is. Strauss het later in hierdie verband getuig oor die presiese wyse waarop daar met hierdie tjek gehandel is en sal die Hof hierinlater kortliks met hierdie relevante stukkie getuienis handel.

[9] Eiser het daarna nie weer van Eerste Verweerder in verband met die beweerde uitstaande balans gehoor nie tot en met die ontvangs van die lasbrief deur middel van Tweede Verweerder op 26 September 2006 nie.

[10] Wat Eerste Verweerder se persoonlike omstandighede betref het Eiser getuig dat sy voor die egskeiding op ‘n dag van haar

persoonlike besittings ingepak het en sonder waarskuwing die gemeenskaplike woning op die plaas verlaat het terwyl die twee minderjarige dogters in Eiser se sorg agtergelaat is. Volgens Eiser het Eerste Verweerder haar intrek in ‘n meenthuis in Bloemfontein geneem, die woning met nuwe meublement gemeubileer, ‘n nuwe BMW motor aangekoop, later ‘n groot vyf-slaapkamer woning betrek en ook

‘n afleweringsbesigheid begin. Eerste Verweerder het etlike maande later Eiser geskakel met die versoek om haar met die aankoop van buitebande vir een van die besigheid se voertuie behulpsaam te wees omrede sy nie oor voldoende fondse beskik het nie. Eiser het maande daarna verneem dat die besigheid inderdaad tot niet is. Eerste Verweerder het ook intussen getrou met ene mnr. Mulder wat, volgens Eiser self nie ‘n vermoënde man was nie. Eiser het sy getuienis in hoof daarna afgesluit met besonderhede oor die identiteit van individue, bankamptenare en instansies by wie hy navraag gedoen het oor die beskikbaarheid van die nodige dokumentêre bewys van betaling van die balans van R200 000.00, aangesien sy eie dokumentasie nie meer beskikbaar was nie. Dit is na bewering onder andere in ‘n brand en na aanleiding van ‘n inbraak by sy huis verloor. Dit blyk dat verskeie bankamptenare insluitende. Strauss geen brondokumente, vanweë die verloop van tyd kon opspoor nie. Ook nie Eiser se eie boekhouer nie.

[11] Die kruisondervraging deur mnr. Grobler het grotendeels gefokus op die vraag oor of die tjek ten gunste van prokureurs Symington & De Kok uitgemaak en oorbetaal is, alternatiewelik Eerste Verweerder. Eiser het by herhaling bevestig dat hy sowat 80% daarvan oortuig was dat die tjek inderdaad aan die prokureursfirma oorbetaal is en indien nie dan wel aan sy gewese eggenote. Dit blyk dat hierdie mondelingse weergawe tot ‘n groot mate ooreenstem met dit wat vervat is in Eiser se verklaring ter ondersteuning van die vroeëre aansoek soos vermeld. Ek is van mening dat die kruisondervraging van mnr. Grobler nie as sulks Eerste Verweerder se saak enigsins verder geneem het nie en dat Eiser as ‘n geloofwaardige getuie oorgekom het.

[12] Strauss, die voormalige rekenmeester van die destydse Volkskas Bank te Wesselsbron (nou Absa Bank), het getuig dat hy die partye goed geken het en dat hulle op ‘n stadium huisvriende was. Hyself was geskok oor die skielike verbrokkeling van die huwelik en die wyse waarop Eerste Verweerder, sonder waarskuwing, die gesamentlike woning verlaat het. Hy staaf grotendeels die weergawe van Eiser in soverre dit betrekking het op die kontantvoorskot aan die bank uit Eiser se bewaringstrommel en die daaropvolgende trekking van die banktjek ten bedrae van R200 000.00. Strauss kon ook nie pertinent onthou ten gunste van wie die tjek uitgemaak is nie behalwe dat hy goed kan onthou dat die einste tjek met die partye se egskeiding en skikkingsakte verband hou. Strauss het in detail verduidelik wat met die tjek daarna gebeur het en dat dit in of die rekening van of prokureurs Symington & De Kok, alternatiewelik Eerste Verweerder by hulle eie bank gedeponeer was aangesien dit deur die normale kanale deur die banksisteem gevoer is. Hy getuig dat hy, vanweë te bank se interne kontrole, enige probleem en/of wanbetaling van die relevante tjek sou opgespoor het indien die tjek nie deur een van die vermelde nemers ontvang en gedeponeer is nie.

[13] Van verdere belang wat Strauss se getuienis betref is dat Eerste Verweerder hom persoonlik ‘n maand of twee voordat die lasbrief uitgereik is, en gedurende 2006, geskakel het en uitdruklik gevra het of daar nog bewyse bestaan aldan nie van die betaling van voormelde bedrag van R200 000.00. Hy het teenoor haar bevestig dat hy nie sodanige bewyse kon opspoor nie waarop die gesprek beëindig is. Eerste Verweerderes se eggenoot, mnr. Mulder het Strauss kort daarna ook geskakel om te bevestig dat daar inderdaad geen verdere dokumentêre bewyse van betaling bestaan nie. Strauss het dit nie nodig geag om hierdie gesprekke met Eiser op te neem nie en die volgende wat hy van die aangeleentheid verneem het is toe die Eiser hom geskakel het oor die onverwagte lasbrief en die moontlike bestaan van dokumentêre bewyse van betaling. Strauss het sy getuienis in hoof afgesluit deur te bevestig dat hyself, as gevolg van die verloop van tyd en na verskeie pogings, geen bewyse kon opspoor nie.

[14] Tydens kruisondervraging deur mnr. Grobler namens Eerste Verweerder het Strauss die volgende te sê gehad oor die lasbrief:

“Dit was vir my snaaks gewees want ek weet ons het die geld inbetaal. Dit was vir my ... ek was stomgeslaan eintlik.”

[15] Daar bestaan geen ooglopende rede waarom Strauss nie die ware feite, soos wat hy dit kan onthou, sou aanpas en/of verdraai nie en het die Hof die indruk gekry dat ook hierdie getuie as geloofwaardig beskou kan word. Sy onvermoë om na die verloop van elf jaar te onthou ten gunste van wie die tjek getrek is, doen geensins afbreek aan sy geloofwaardigheid nie.

[16] Reid, ‘n afgetrede uitvoerende beampte van Absa Bank, het, met verwysing na ‘n dokument, synde bewysstuk “C” wat deur middel van hom ingehandig is, getuig. Hierdie bewysstuk blyk ‘n afskrif van bankstate van die destydse Volkskas Bank te Wesselsbron te wees welke inligting klaarblyklik datainligting uitmaak wat vanaf ‘n rekenaar bekom is. Mnr. Grobler het namens Eerste Verweerder beswaar gemaak teen hierdie getuienis aangesien dit, volgens hom, op hoorsê getuienis neerkom. In hierdie verband het mnr. Grobler die Hof verwys na die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, Wet 25 van 2002. Hierdie Hof het te kenne gegee dat die getuienis voorwaardelik toegelaat sou word en dat die Hof later oor die toelaatbaarheid daarvan aldan nie sou besluit. Reid het getuig dat daar, volgens die inligting soos vervat in bewysstuk “C”, ‘n banktjek in die bedrag van R200 000.00 getrek is te Volkskas Bank Wesselsbron, aan ‘n ander ongeïdentifiseerde bank vir betaling aangebied is en dat hierdie tjek inderdaad op 2 Augustus 2005 ten gunste van ‘n ongeïdentifiseerde nemer uitbetaal is. Hy het verduidelik dat wanneer ‘n kliënt (soos in hierdie geval Eiser), ‘n banktjek versoek, die betrokke bank sodanige tjek dan sal trek en die bank se eie tjekrekening krediteer waarna dieselfde rekening later gedebiteer sal word wanneer sodanige tjek vir betaling deur die

nemer daarvan aangebied word. Hy het verder getuig dat ‘n banktjek altyd gekruis word as synde nie oordraagbaar nie en dat so ‘n tjek ook nie andersins oor die toonbank verhandel kan word nie. Die betrokke banktjek sou alleenlik ontmoet word deur betaling deur een bankinstansie aan ‘n ander soortgelyke instansie en dat daar met veiligheid aanvaar kan word dat die R200 000.00 alleenlik tot krediet van die nemer van die betrokke tjek uitbetaal is.

[17] Hierdie Hof het klaarblyklik ‘n diskresie om sodanige getuienis toe te laat. Indien die bepalings van artikel 15 van voormelde wet saamgelees word met artikel 3(1)(c) van die Wysigingswet op Bewysreg, Wet 45 van 1988 blyk dit dat ‘n hof met inagneming van die bepalings en omstandighede soos daarin vervat, sodanige getuienis kan toelaat indien die Hof van oordeel is dat die getuienis in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word.

[18] Reid is nie gekruisondervra nie en daarna het Eiser sy saak gesluit. Mnr. Grobler het, na ‘n kort verdaging, Eerste Verweerder

se saak ook gesluit sonder om enige getuienis aan te bied en dit ten spyte van verskeie stellings tydens kruisondervraging oor wat Eerste Verweerder sou kom getuig het. Ek is van mening dat, inaggenome verskeie relevante faktore soos byvoorbeeld die onbetwiste feitelike agtergrond wat aanleiding gegee het tot die trek van die tjek, die betrokkenheid van die bank en meer spesifiek die getuie Strauss, die tydsverloop alvorens ‘n lasbrief uitgereik is en ten laaste die feit dat Eerste Verweerder nie kom getuig het nie, dit beslis in die belang van geregtigheid is dat Reid se getuienis asook die inhoud van bewysstuk “C” toegelaat behoort te word en word dit aldus toegelaat.

SIEN: Maize Board v Hart 2005 (5) SA 480 (O) te 487 H – 489 G

[19] Die advokate is dit eens dat Eiser die bewyslas dra en dat hy alleenlik sou kon slaag met sy saak indien hierdie Hof op ‘n oorwig van waarskynlikhede oortuig is dat Eiser se weergawe van die feite (synde betaling van die bedrag van R200 000.00) die waarskynlikste in die omstandighede blyk te wees.

SIEN: Pillay v Krishna & Another 1946 (AD) 946 te 952 en 955

SIEN OOK: Vermaak v Parity Insurance Co. Ltd (in liquidation) 1966 (2) SA 312 (W) te 3146

[20] Uit die getuienis moet daar ‘n afleiding omtrent die geskilpunte gemaak word, naamlik was daar betaling aldan nie en moet

die afleiding noodwendig standhoudend met al die bewese feite wees. Die afleiding wat gemaak word moet die waarskynlikste afleiding wees soos Selke R dit in Govan v Skidmore 1952 (1) SA 732 (N) te 734 C – D gestel het:

“... In finding facts or making inferences in a civil case, it seems to me that one may, as Wigmore conveys in his work on Evidence …, by balancing probabilities select a conclusion which seems to be the more natural, or plausible conclusion from amongst several conceivable ones, even though that conclusion be not the only reasonable one.”

SIEN OOK: Sasria Ltd v Slabbert Burger Transport (Pty) Ltd [2008] ZASCA 73; 2008 (5) SA 270 (SCA) te 272 J – 273 A

[21] Die Eiser, asook die twee getuies wat namens hom kom getuig het, het ‘n goeie indruk op hierdie Hof gemaak en inaggenome die omstandighede van hierdie saak en veral die tydsverloop kan hierdie Hof geen rede vind om hulle getuienis te verwerp nie.

[22] Mnr. Grobler het namens Eerste Verweerder aangevoer dat aangesien Eiser geen getuienis, dokumentêr of andersins, aangebied het dat die gelde in die rekening van of prokureurs Symington & De Kok, alternatiewelik Eerste Verweerder inbetaal is nie, eiser hom derhalwe nie van sy bewyslas gekwyt het nie. Hierdie argument moet egter oorweeg word in die konteks van nie alleenlik

Eerste Verweerder se versuim om self te kom getuig nie maar ook die onbetwiste weergawe van Eiser soos gestaaf deur die twee getuies

Strauss en Reid. Die volgende is veral belangrik in hierdie verband: (1) Prokureurs Symington & De Kok was te alle tersaaklike tye die prokureurs van rekord namens en ten behoewe van Eerste Verweerder en sou, inaggenome die bepalings van die akte van dading, nog op rekord gewees het op 1 Augustus 1995 synde die relevante sperdatum vir betaling; (2) Die akte van dading se relevante bepaling het pertinent gestipuleer dat indien betaling nie stiptelik geskied “sal die volle balans uitstaande onmiddellik opeisbaar en betaalbaar wees”; (3) Geen stappe hoegenaamd is deur die prokureurs na verval van die sperdatum geneem nie; (4) Hierdie Hof moet aanvaar dat, in die afwesigheid van getuienis tot die teendeel, Eerste Verweerder op hoogte van haar regte ingevolge die akte van dading moes gewees het; (5) Die Eerste Verweerder het, vir redes wat nooit aan hierdie Hof openbaar is nie, eers meer as elf jaar nadat die

balans opeisbaar en betaalbaar geword het, regstappe geneem; (6) Die uitreiking van die lasbrief is voorafgegaan deur twee telefoonoproepe

aan die bankamptenaar Strauss, welke oproepe, in die omstandighede, verdag voorkom; (7) Eerste Verweerder het klaarblyklik te alle tersaaklike tye finansieel swaar gekry; (8) Die afwesigheid van beskikbare dokumentêre bewyse is in die omstandighede

verstaanbaar en nie onwaarskynlik nie; (9) ‘n Banktjek ten bedrae van R200 000.00 is inderdaad in omstandighede gewissel wat ooreenstem met die waarskynlikhede en ook as sulks geloofwaardigheid aan Eiser se saak verleen.

[23] In die omstandighede bevind hierdie Hof dat die Eiser, wat die bewyslas dra, in die omstandighede, daarin geslaag het om ‘n

weerleggingslas op die Eerste Verweerder te plaas. Dit volg dat Eerste Verweerder die plig gehad het om te sorg dat daar geen oorwig ten gunste van Eiser bly staan aan die einde van die saak nie. Om dit anders te stel, die gevolgtrekking wat Eerste Verweerder gepleit het, naamlik dat daar nie betaling plaasgevind het nie moes dus minstens net so waarskynlik wees as die gevolgtrekking wat Eiser gepleit en getuienis oor gelewer het naamlik dat betaling inderdaad plaasgevind het.

[24] Die beskikbaarheid van bewysmateriaal soos byvoorbeeld brondokument wat betrekking het op die oorspronklike betaling raak

nooit die bewyslas ten opsigte van hierdie vraag nie maar raak wel die mate van bewysmateriaal wat ‘n party moet voorlê om aan die maatstaf te voldoen.

SIEN: Inyati Resources Ltd v Thorne 1984 (2) SA 551 (C) te 564 A – D

[25] Hierdie Hof bevind dat Eiser as bewyslasdraer getuienis en bewyse gelewer het wat in die besonderse omstandighede van hierdie

saak ‘n antwoord van wesenlikheid geverg het en dat hierdie getuienis in die afwesigheid van weerleggende getuienis, afdoende

bewys daarstel van die geskilpunt soos gepleit deur Eiser. Sien Ex parte Minister of Justice: In re R v Jacobson and Leavy 1931 AD 466 te 478 waar Appèlregter Stratford dit soos volg gestel het:

“If the party on whom lies the burden of proof, goes as far as he reasonably can in producing evidence and that evidence “calls for an answer” then, in such case, he has produced prima facie proof, and, in the absence of an answer

from the other side, it becomes conclusive proof …”.

[26] Hierdie Hof bevind, in die omstandighede, dat Eerste Verweerder op waarskynlikhede die balans van R200 000.00 voor of op 1 Augustus 2005 ontvang het. Gevolglik word die volgende bevel gemaak:

Die lasbrief tot uitwinning van roerende bates in saaknommer 858/1995 gedateer 17 Augustus 2006 en uitgereik op 12 September 2006 word opgehef en tersyde gestel.

Eerste Verweerder word gelas om die koste van hierdie aksie te betaal wat insluit die koste van die aansoek onder saaknommer

4742/2006 soos vervat in die hofbevel gedateer 23 November 2006.

_____

P.U. FISCHER, WND R

NAMENS DIE EISER: Adv. W.J. Edeling

In opdrag van:

Mnre E G Cooper Prokureurs

BLOEMFONTEIN

NAMENS DIE 1e VERWEERDER: Adv. S Grobler

Mnre McIntyre & Van Der Post

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Maize Board v Hart 2005 (5) SA 480 (O) at 487H–489G

Case cited

Pillay v Krishna & Another 1946 AD 946 at 952 and 955

Case cited

Vermaak v Parity Insurance Co. Ltd (in liquidation) 1966 (2) SA 312 (W) at 3146

Case cited

Govan v Skidmore 1952 (1) SA 732 (N) at 734C-D

Case cited

Sasria Ltd v Slabbert Burger Transport (Pty) Ltd [2008] ZASCA 73; 2008 (5) SA 270 (SCA) at 272J–273A

Case cited

Inyati Resources Ltd v Thorne 1984 (2) SA 551 (C) at 564A-D

Case cited

Ex parte Minister of Justice: In re R v Jacobson and Leavy 1931 AD 466 at 478

Case cited

Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Evidence Amendment Act 45 of 1988

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.