Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (3) (245/83) [1985] ZASCA 27 (21 May 1985)
The Supreme Court of Appeal held that the respondent's evidence, supported by other witnesses, established on a balance of probabilities that the appellant's representatives made a misrepresentation that R360 per hectare was the maximum price to be paid for mineral rights in the Settlers area, except for the R400...
Source-derived case information.
- Citation
- [1985] ZASCA 27
- Parties
- Appellant: Trans-Natal Steenkoolkorporasie Beperk; Respondent: Christiaan Frederick van der Merwe
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 245/83
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From the Trial Court Judgment
- Outcome
- Appeal dismissed with costs, including the costs of two counsel.
- Judges
- Kotzé, Trengove, Cillié, Botha, Arr, Vivier
- Legal Topics
- Misrepresentation, Contract Cancellation, Estoppel, Waiver of Rights
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Trans-Natal Steenkoolkorporasie Beperk
Appellant
Christiaan Frederick van der Merwe
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From the Trial Court Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the respondent proved on a balance of probabilities that the appellant's representatives made a misrepresentation regarding the maximum price per hectare to be paid for mineral rights.
- 2 Whether the respondent lost his right of cancellation through waiver or estoppel.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the respondent's evidence, supported by other witnesses, established on a balance of probabilities that the appellant's representatives made a misrepresentation that R360 per hectare was the maximum price to be paid for mineral rights in the Settlers area, except for the R400 group. The trial court's findings on credibility and the evaluation of evidence were not shown to be erroneous, and the appellate court found no reason to interfere. The respondent did not waive his right of cancellation nor was he estopped from exercising it, as he lacked knowledge of higher offers at the relevant times and his conduct did not amount to a waiver. The appeal was...
Court Disposition
Appeal dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
Full Case Text
Judgment text and source record
512 paragraphs
TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK
en
CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK Appellant
CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE Respondent
Coram: KOTZÉ, TRENGOVE, CILLIÉ, BOTHA, ARR et VIVIER, Wn AR
Verhoor: 13 Maart 1985
Gelewer: 21 Mei 1985
UITSPRAAK
KOTZÉ, AR :
Na oorweging van my ampsbroeder VIVIER se
uitspraak /2
-2-
uitspraak, waartoe ek die voordeel van insae gehad het,
het ek tot die besluit gekom dat ek nie kan saamstem dat
die appèl slaag nie. In die besonder kan ek, met eerbied.
my nie vereenselwig met die bevindinge van my ampsbroeder
dat dit nie blyk
"uit die eiser se getuienis-in-hoofdat enige van verweerder se araptenareuitdruklik"
aan die eiser gesê het dat niemand in die betrokke gebied
meer as R360,00 per hektaar sou kry nie en dat die Verhoor-
regter
"se kritiek teen die getuienis vanLategan en Becker nie geregverdig isnie, en dat hy gevolglik onvoldoende
gewig /3
-3-
gewig aan hulle getuienis geheg het."
Of skoon 'n appèl soos die onderhawige, wat af hangvan feite, 'n herverhoor van die geskilpunt verg, het hierdieHof reeds kere sonder tal benadruk dat van 'n verhoorhof seevaluasie van mondelinge getuienis slegs in uitsonderlikegevalle afgewyk word. Hierdie is, na my mening, nie eenvan die betreklike seldsame sake waar omstandighede soosdié na verwys in Parkes v Parkes, 1921 AD 69 op 75 i fof ander faktore daarop dui dat die Verhoorhof 'n foutiewekonklusie bereik het nie. Met inagneming van die geheel-beeld van die getuienis is ek geensins oortuig dat die Hofa quo fouteer het in sy bevinding nie en ek sal trag omdie redes vir my siening so kort as moontlik te stel.
Die /4
-4-
Die betoog wat voor ons aangevoer is ter onder-
steuning van die stelling dat die eiser se getuienis ge-
durende hoof-ondervraging nie pertinent aandui dat
voorstelling gemaak is dat R360,00 per hektaar die hoogste
prys is wat dle verweerder aan boere in die betrokke gebied
sou betaal nie en dat die eiser se getuienis niks meer
as 'n ongeregverdigde afleiding is van wat deur die verweer-
ders se verteenwoordigers op die vergadering gesê is,
berus, na my mening, op 'n verkeerde begrip van onderver-
melde passasie in sy getuienis en veral in gedeeltes (a),
(b) en (c) deur my met emfase aangedui;
"Nou goed mnr. van der Merwe nou vertelvir Sy Edele wat daar bespreek is op
die /5
-5-
die vergadering, gaan maar stadigen vertel sover u kan onthou? -- Onshet toe in mnr. Willie Lategan sekantoor bymekaar gekom en hy hetlangs, hy het agter die lessenaargesit en ek het begin deur te sêons is nie hier met 'n magsvertoonnie, ons kon baie meer gewees hetmaar ons agt verteenwoordig die per-sone wat die petisie geteken hetasook ander boere op die Vlakte.En ek het hom gesê dat ons ontevredeis dat ons nie gelyke behandelingkry nie want daar is nou al personewat kontrakte aangegaan het soveel asR400 per hektaar. Hy het my soortvan in die rede geval en die gesprekoorgeneem en gesê dat hy besef dat in1976 was daar onreëlmatighede met syagente, sy sogenaamde agente in dieveld maar (a) Generaal Mining hetnou besluit op 'n vergadering om onsalmal R360 per hektaar aan te bieden die aanbieding is finaal en daarbygesê dat ons die R360 per hektaar is
sonder /6
-6-
sonder verbruikersindeks U Edele, enhulle wil graag 'n verlenging hê vantwee jaar met 'n verhoging van prospek-teergelde en ons het nou 'n keuse omdie RI50 per hektaar plus verbruikers-indeks te aanvaar en dit so te houof die nuwe kontrak van R360 per hektaarte aanvaar. Op daardie stadium, ekweet nie wie dit was nie, ek neemaan dit was mnr. Wierenga, het homgevra hoe 'n lang tyd is ons gegunom oor hierdie aanbod te besin, enhy het gesê 'n maand tot ses weke.Ek en mnr Marius Buning is daarna uitdie vergadering en met 'n rekenaars-masjientjie gaan rofweg uitwerk asdie verbruikersindeks plus-minus12% is oor die sewe jaar wat sal onsvoordele aan hierdie nuwe aanbod weesen ons het na 'n rukkie teruggekom en ekhet gesê manne dit lyk my ons "score"omtrent R40 per hektaar. (b) En_toe vra ek vir mnr. Lategan, jullebied ons nou R360 per hektaar aan, nouwat van die ouens wat julle dan R400
per /7
7per hektaar aangebied het? Toe sêhy vir my, daardie manne moet ons nounie mee hare kloof nie, hulle is maarnet 'n paar, maar die ander mense sal opdie R360 kontrak vas staan.HOF: Het juile toe aangeneem, lyk ditvir my, dat hulle beleid op daardiestadium was om nie meer te betaal asR360 nie? -- Dit is reg. Op nog 'nvraag wat ek hom persoonlik gevrahet, is en wat nou van die manne watnog nie geteken het nie, verwysendena ons byeenkoms gedurende Januarie1978 waar hy my gevra het om daardiemense, die Groothofs, die Van der Walt,mnr Van der Walt, mnr. Van Baalen enandere te vra om te teken. Ekskuus,U Edele, ek het hom gevra wat nou vandie persone wat nou nog nie getekenhet nie, verwysende na daardie mannewant hy was bewus daarvan dat ek in1978 by hom gewees het oor 'nsekereopsie van 'n sekere J.J. Boshoff,enhy het gesê hierdie manne gaan nouhuil en ons gaan hulle forseer om te
teken /8teken en toe het hy ook vir ons gevraom die ander manne, verwysende na dieR150 per hektaar kontrakte, te oorreedom ook die nuwe aanbod te aanvaar wanthulle wil graag General Mining 'n ver-lenging hê van 2 jaar want daar was 'n bietjie probleme met die mynbedrywig-hede op daardie stadium. Ons hettoe opgestaan en ons het tee gedrinken ons was gelukkig en tevrede datons nou met ordentlike mense te doenhet en ons het nou 'n goeie "deal" ge-doen, ons het dan ook behalwe van dieR400 per hektaar manne is ons darem noudie R360, ons het darem nou bygekom!En toe vra ek hom, toe ons opstaan,by sy tafel, Willie, ek het hom op syvoornaam genoem want ek ken hom, kanjy alles wat jy nou hier gesê het opskrif stel? Toe sê hy man, ons is'n groot maatskappy, en moenie my so'n "stupid" vraag vra nie. Jullekan ons vertrou. En ons is daar weg.MNR GOLDSTEIN: (c) En wat het u toegeglo van hierdie R360, mnr. Van derMerwe? -- Ek het vas geglo dat niemand
meer /9
-9-
meer as R360 per hektaar op die vlaktesal kry nie.
Nou was daar enige twyfel in ugemoed daaroor? -- Geen twyfel nie. "
Mnr Cohen het aangevoer dat die verwysing na "die ander
mense" in (b) van die aangehaalde gedeelte klaarblyklik
slegs betrekking het op die lede van die R150,00 groep
wat nie by die vergadering teenwoordig was nie. Die hele gesprek,
so het hy betoog, was beperk tot diegene wat reeds benoemings-
kontrakte gesluit het. Dit is hoofsaaklik met hierdie
konstruksie van die eiser se getuienis wat ek nie saam
stem nie. Die verwysing na "ons almal" en "ons" in (a}
slaan weliswaar slegs op die eienaars aan wie R150,00 per
hektaar betaalbaar was aangesien die keuse om die bestaande
ooreenkomste /10
-10-
ooreenkomste te behou of die nuwe kontrakte te aanvaar
tot hulle beperk was. Maar reeds in (b) stel die eiser
'n vraag wat wyer strek as die R150,00 groep nl.
"die ouens wat julle ... R400,00 perhektaar aangebied het"
En die antwoord word selfs wyer as dit gestel:
"die ander mense sal op die R360,00vas staan."
Nog die strekking van die vraag nóg die alledaagse betekenis
van die woordgebruik regverdig 'n beperking van "die ander
mense" tot die R150,00 groep. Die "ander mense" verwys,
myns insiens, na al die ander mense in die gebied. Dat
dit /11
-11-
dit so is en dat die gesprek oor 'n breë basis beweeg het
blyk verder uit die eiser se vraag ten aansien van
"die manne wat nog nie geteken het nie"
d w s "die historiese weieraars" waarna telkemale in die
getuienis verwys word. 'n Verdere en baie belangrike
oorweging wat 1ig werp op wat by die vergadering gebeur
het, is dat die eiser
"vas geglo het dat niemand meer asR360,oo per hektaar op die vlaktesal kry nie"
en dat hy
"in (sy) gemoed geen twyfel daaroor"
gehad /12
-12-
gehad het nie (Vgl (c). Steeds gedurende hoof-ondervraging
word die eiser gevra of hy sou geteken het, indien hy geweet
het dat meer as R400,00 aangebied sou word. Sy antwoord
is onbestaanbaar met die betoog dat hy 'n blote afleiding
gemaak het:
"Dan sal ek ... nie geteken het nie ...want die versekering is daar duidelikop die vergadering genoem dat niemandmeer as R 360,00 per hektaar sal krynie. "
Mnr. Cohen het laasgenoemde antwoord as 'n nagedagte ( "af-
terthought") bestempel - 'n onaanvaarbare standpunt tensy
die eiser se geloofwaardigheid (wat, soos later sal blyk,
bo verdenking staan) 'n bevinding van oneerlikheid regverdig.
Bostaande /13
-13-
Bostaande oorwegings dui onteenseglik daarop dat 'n stelling
dat die eiser 'n ongeregverdigde afleiding gemaak het op 'n
wanbegrip van sy getuienis berus. Op die keper bekyk bevestig
die eiser se getuienis gedurende hoof-ondervraging duidelik
dat die beweerde wanvoorstelling wel gedoen is en die wesentlike
vraag wat uiteindelik oorweeg staan te word is of die eiser se getuienis
aanvaar behoort te word en of hy die bewyslas in hierdie verband op
oorwig van waarskynlikhede gekwyt het al dan nie. Alvorens
ek van die wesentlike inhoud van die eiser se getuienis
afstap, behoort vermeld te word dat hy aan deurtastende
kruis-ondervraging onderwerp is en op 'n stadium toegegee
het dat daar by die vergadering van 3 Julie nie 'n wanvoor-
stelling gemaak is nie maar slegs
-14-
'n voorspelling van die toekoms"
Toe die eiser onmiddellik hierna gevra is waaruit dit bestaan
het, het hy as volg geantwoord
"Daar is aan ons gesê of besluit ofwat hy ookal gedoen het, dat niemandmeer as R360 op die Springbokvlakte ofdie Settlers gebied, wat ons dit ookalnoem, sal aangebied word nie en daar-die aanbod is nou finaal."
Kort hierna is enige moontlike misverstand in perspektief
gestel deur vrae wat die Verhoorregter gestel het:
"HOF: Maar u het ook gesê mnr. Vander Merwe in u getuienis, is dit dannie reg nie, dit het gegaan ook datniemand ... (getuie tussenbeide) —
Niemand /15
-15-
Niemand sal meer kry nie, dit is reg,dit het oor die R150 'n hektaar gegaan,die aanbod is aan ons gemaak, R360 'nhektaar en dit is finaal, niemandsal meer kry nie.
Nee maar het hy nie gesê op 'n stadium dat die R360 sal ook geld virdie persone bykomstig tot ... (getuietussenbeide) — Ja tot die vergadering,die mense wat nie daar is nie, watnog op die plase is met die R150 perhektaar.
Nee maar luister nou, ek wil niehê dat ons later moet 'n misverstanddaaroor kry nie, want die R360 salnou geld vir julle wat vir R150 getekenhet? -- Dit is korrek en vir al dieander mense op die Vlakte wat nognie geteken het nie."
Ek kan dus nie akkoord gaan met die stelling dat die eiser
se getuienis die beweerde wanvoorstelling nie bevestig nie.
Die /16
-16-
Die Verhoorregter, wat per slot van rekening gedrenk was
in die verhooratmosfeer en die unieke voordele geniet het
wat die beoordelaar van feite in die reël beskore is, se
bevinding is, na my oordeel, nie 'n bevinding waarvan hierdie
Hof met reg kan afwyk nie. Hierdie oorwegings vereis
verder dat die Regter a quo se ondervermelde indruk met
hoë ontsag bejeën word:
"Die eiser het getuig dat hy uitdrukliken spesifiek die versekering van mnr.Lategan gekry het dat nie meer asR360,00 betaal sal word nie. Nalang en herhaalde ondervraging het hyegter sy getuienis ietwat verander deurte sê dat hy afgelei het van wat daargesê is dat daar nie meer betaalsal word nie. Dit sou hy afgeleihet van die bewering dat die ander
'gaan /17
-17-
'gaan nog huil'. Na my oordeel isdit so dat 'n behoorlike insig in diekruisverhoor toon dat die eiser uitbloot 'n toestand van desperaatheid dieverandering gedoen het in die getuieniswat hy afgelê het. Die desperaatheidhet oënskynlik ontstaan uit die gevoelwat by hom was dat mnr. Cohen niedie antwoorde dat daar uitdruklikewaarborge was wou aanvaar nie. Diebegrippe van wat gesê is, voorstellings,beloftes en indrukke het mekaar vinnigafgewissel en ek het die indrukdat deur die druk van die omstandighededie eiser nie verstandelik vinniggenoeg kon by bly by die vrae nie."
Voorts, soos blyk uit my ampsbroeder VIVIER se
uitspraak, het beide Wierenga en Pretorius (ofskoon in ander
woorde en in verskillende volgorde) getuig dat Lategan
versekering gegee het dat niemand meer as R360,00 sou
kry /18
-18-
kry nie. Wierenga, wat MYBURGH, R beindruk het as in
"alle opsigte bevredigend", het getuig dat nadat Lategan
gesê het die boere wat nog nie geteken het nie "sal huil",
hy in antwoord op die direkte vraag
"sal u meer as R360,00 gee vir enigeenop die vlakte?"
die uitdruklike antwoord gegee het dat
"niemand gaan meer as R360,00 kry nie"
Pretorius , wie se getuienis volgens MYBURGH, R "moeilik
gekritiseer (kan) word", se relaas is as volg
" ... die vraag was ook daar gevra
weer, /19
-19-
weer, sal niemand in die toekomsmeer as R360,00 'n hektaar kry nie enons het die indruk gekry, daar is virons gesê nee R360,00 is die maksimumwat ons kan betaal."
In wese en indien in ag geneem word dat getuienis
na verloop van meer as drie jaar gelewer is en dat verskille
te wagte moet wees, stem die getuienis van die eiser,
Wierénga en Pretorius ooreen. Dat laasgenoemde twee se
belange grotendeels met dié van die eiser ooreenstem is
duidelik en kon MYBURGH, R skaars oor die hoof gesien het
Hierdie faktor beklemtoon hy weliswaar nie maar sy versuim
om dit te doen kan nie tot gevolg hê dat sy indrukke van
die getuies se geloofwaardigheid buite rekening gelaat
word nie.
Ek /20
-20-
Ek gaan nou oor tot my ampsbroeder VIVIER se
bevinding dat MYBURGH, R nie voldoende gevolg aan die
getuienis van Lategan en Becker geheg het nie en meld die
redes waarom ek nie met sy standpunt akkoord gaan nie
Wat Lategan betref was die bevinding dat hy
"vaag en glibberig was ... (en) nie'n gunstige indruk gemaak het nie."
Voor MYBURGH, R en ook voor ons is daar verwys na 'n aantal
"onbevredigende aspekte" van Lategan se getuienis. Som-
mige hiervan het meer om die lyf as ander maar ek vind dit
onnodig om daarmee in besonderhede te handel aangesien
ek, na deurlees van Lategan se getuienis in sy geheel,
sterk /21
-21-
sterk onder die indruk gekom het dat sy getuienis ex facie
die oorkonde onbevredigend is. Ek volstaan met 'n enkele
oovallende voorbeeld;
Lategan het getuig dat hy op 3 Julie 1979, toe hy versoek
het dat daar nie "meer hare gekloof" word oor die R400,00
groep nie, nie in gedagte gehad het dat gemelde groep
selfs 'n hoër aanbod in die omtrek van R420,00 mag ontvang
nie. As hy dit in gedagte sou gehad het, dan sou sy op~
trede teenoor die R150,00 groep op "misleiding" neergekom
het. Die kruisondervraer het hierna aan hom gevra
" Ja ! Maar jou hele punt is jy het niegeweet ten tye van die vergaderingdat u die R400,00 mense gaan verhoog,
dit /22
-22-
dit is wat u nou onder eed vir SyEdele vertel?
Sy antwoord lui:
'Dit is reeds besluit ons gaan hullenie verhoog nie."
Laasgenoemde antwoord word nie deur Becker en Linning in
hulle getuienis bevestig nie en bots inderdaad met 'n memo-
randum wat Becker veertien dae voor die vergadering van
3 Julie aan Linning gerig het, waarin 'n strategie voorgestel
word dat onderhandelinge met die R400,00 groep agterweë
gehou word tot na daar met die R150,00 groep heronderhandel
is en waarvan Lategan kennis gedra het. Die relevante
deel van die memorandum lui:
"2. Dit /23
-23-
"2. Dit moet in gedagte gehou word dat indienons nou moet onderhandel met die 'R400,00per hektaar - eienaars', naamlik diewat op u skedule verskyn, dit wil sêCleverdon, Krinsky, Kriegler en andere,die nuwe prys vir 'n verlenging van1980 tot 1981/2, minstens in dieorde van R420,00 en na R500 per hektaarsal wees.
3. Die probleem word voorsíen dat in die1980/81 jaar daar prospekteerkontraktemet ongeveer 75 ander eienaars, oor
'n gebied groot 21800 hektaar, sal verval.Hierdie eienaars het nog teen R150,00plus V.I.P. in 1975/76 geteken.Teen 'n gemiddelde styging van ongeveer75% in die V.I.P. vanaf 1975/76 tot1980/81, bring dit hul uitkoopprys op'n bedrag van gemiddels ongeveer R260per hektaar. Dus 21800 ha x R260 =R5 668 000.
4. Sou ons dus nou in 1979 met die onge-veer 8 "R400 - eienaars", 'wie saam 'ngebied het groot 3197 hektaar, her-onderhandelings aanknoop teen R 420 per •
hektaar /24
-24-
hektaar, dan sal ons beslis vir die21 800 hektaar ook moet heronderhandelteen minstens R420 PLUS in 1980/81.Sodoende sal ons 'n groot verlies lyin die sin van prys voorsprong',verder inagneming van die feit dat 75eienaars ons beslis sal verwys na dieCleverdon en ander onderhandelings,wat op daardie tydstip wel publiek bekendsal wees.
5. Dit word voorgestel dat ons nou reedsin 1979 begin om met die R150 -eienaars' te heronderhandel, ...."
Lategan se erkenning dat verswyging van 'n moontlike hoër
bedrag op misleiding sou neerkom, kan nie uit die weg
geruim word deur in sy guns te aanvaar dat hy moontlik in
gedagte gehad het dat die saak weens 'n verandering van
strategie tydelik uitgestel word nie. In die lig van
bostaande is Lategan se getuienis dat hy nie "in gedagte
gehad /25
-25-
gehad het" dat 'n hoer aanbod aan die R400,00 groep gerig
mag word nie, net nie aanvaarbaar nie en met die oog op so
ernstige leemte in sy getuienis, is ek geensins oortuig
dat MYBURGH, R verkeerdelik tot die konklusie gekom het
dat Lategan nie 'n bevredigende getuie was nie.
Sover dit Becker se getuienis betref,is ek
insgelyks van oordeel dat daar nie, op appèl, met die Regter
a quo se kritiese benadering iiout gevind kan word nie
MYBURGH, R verwys in sy uitspraak na 'n gesprek wat 'Becker
met die eiser se vader gevoer het, bevind dat die gesprek
"'n blote versinsel is ... en (datdit ... ietwat van 'n duister, 'ndonker wolk, oor sy getuienis"
trek /26
-26-
trek. My ampsbroeder VIVIER meld in sy uitspraak die
strekking van die gesprek en spreek die rnening uit dat dit
'n natuurlikeen te verwagte uitlating is in die omstandighede
waaroor Becker getuig het. Indien ek suiwer op die ge-
skrewe oorkonde moes oordeel, sou ek geneë wees om te beslis
dat die Regter a quo hierdie faset oorbeklemtoon het.
Maar daar bestaan nietemin 'n mate van twyfel oor Becker se
eerlikheid in hierdie verband: hy het verklaar dat hy aan
die voorval gedink het toe die eiser op 25 en 26 Oktober 1982
getuig het maar dat hy dit eers op 3 November 1982 aan die
verweerder se regsverteenwoordigers gemeld het
"want daar was velerlei ander bespre-kinge en ek het dit nie nodig geag
op /27
-27-
op daardie stadium om dit te genoemhet nie."
Steeds gedagtig aan die besonder gunstige geleentheid
wat 'n verhoorregter geniet by die vasstelling van geloof-
waardigheid, is ek geensins oortuig dat Becker se getuienis
verkeerd deur MYBURGH, R aangeslaan is nie.
My ampsbroeder VIVIER heg baie waarde aan Linning
se getuienis en ag sy verklaring dat die beweerde wan-
voorstelling nie gemaak is, en nie gemaak kon gewees het
nie, as 'n gewigtige verklaring. Met die sienswyse dat hy 'n
geloofwaardige getuie is, kan daar, met eerbied, nie fout
gevind word nie - hy word in der waarheid deur MYBURGH, R
beskryf as
"'n....... /28
-28-
"'n baie versigtige getuie en duidelik'n hoogs intelligente persoon."
Maar met betrekking tot sy getuienis dat die wanvoorstelling
nie gemaak was of nie gemaak kon gewees het nie, het ek 'n
mate van twyfel. Gedurende hoof-ondervraging is die vraag
aan hom gestel
"was daar van die verweerder se kantenige voorstel op enige stadium aandie boere gemaak dat in die toekomssal niemand meer as R360,00 per hek-taar in die Settlers-gebied betaalword vir mineraleregte nie?"
Die antwoord was nie 'n besliste ontkenning nie en behels
'n argumentum a priori:" Ek ......../29
-29-
"Ek dink nie die verweerder het ooitso 'n belofte gemaak aan enige groep menseop enige stadium nie. Dit sou heeltemalons besigheid se vaardighede of in elkgeval ons besigheidsvoordele benadeelom so 'n belofte te maak want ons neemsoveel prospekteerkontrakte op oordie hele land en meestal kry ons niksnie so ons moet ons daarteen beskerm,ons kan nie wanneer ons 'n klomp geldgespandeer het en wanneer almal weetdat ons wel 'n vonds gemaak het, opdaardie stadium ons verbind dat almalnou die hoogste prys kan kry wantop daardie stadium skiet die prysenatuurlik geweldig op vir die mensewat nog 'n belowende stuk grond hetmaar nog nie dit verbind het nie."
My indruk, met die deurlees van Linning se getuienis, is
dat hy nie rondborstig wou erken dat die klagte van die
eiser en sy makkers by die vergadering op 3 JUlie 1979
dat /30
-30-
dat die versekering van "gelyke behandeling" van al die
eienaars verbreek is, nie prominent gefigureer het nie,
Aanvanklik, gedurende hoofondervraging, was sy weergawe
dat dit bloot 'n petisie was of
"daar nie 'n bietjie meer uitbetaal"
kon word nie. Gedurende sy vroeë kruisondervraging was
sy getuienis dat daar
"nie sprake oor die pryse op die Vlakteen daardie soort van ding (was) nie,daar was net daardie korswil-navraagoor die mense wat nou nog weier."
Hy het vir 'n geruime tyd volhard met die standpunt dat daarnie sprake was van enige onregverdige behandeling nie, dieboere het komsoebat en daar was net 'n pleidooi dat"ons........./31
-31-
"ons pryse tog maar moet bietjie opsit
... al wat hulle daar kom vra issonder rede ... kom hulle net sê, as-seblief, groot mynmaatskappy, gee virons nou meer geld want die jong boereis gou teen die toue."
Later, egter, het Linning sekere toegewings gemaak wat nie
strook met bovermelde getuienis nie:
"Die redes wat hulle in gedagte gehadhet, die boere, is nou klaarblyklikdie soos uiteengesit in die aanvanklikebrief en die petisie wat die vergader-ing voorafgegaan het? -- Dit iskorrek.
U sê dit is korrek. Nou onsweet dus meneer dat van die boere sekant beskou, die boere daar was omdathulle gevoel het hulle is verontregvanweë die redes uiteengesit in daar-die brief en petisie en ons weetdat van u kant beskou u geweet het dat
ten /32
-32-
ten minste 'van die boere wel daardiemening toegedaan was en dat hulledit as die rede vir die vergaderingbeskou, korrek? — Dit is korrek."
(Die brief en petisie waarna verwys word is die prokureurs-brief met aanhangsel van 12 Junie 1979 waarin dit gestelword dat daar "afgewyk" is van die versekering dat "alleeienaars" R150,00 per hektaar betaal sou word en dat dit 'nsyfer is wat "vasstaan") . Linning het ook, tot 'n mate,aan die einde van die kruisondervraging sekere toegewingsgemaak dat daar wel 'n vraag gevra kon gewees het dat niemandmeer as R360,00 sou kry nie maar hy het volhard in syontkenning datdie bevestigende antwoord betrekking kon gehadhet op persone wat nie lede van die R360,00 groep was nie.
Die /33
-33-
Die betrokke deel van die oorkonde lui
"U sien mnr Wierenga getuig dat hy neteen vraag op daardie vergadering gevrahet en die vraag wat hy gevra het wasna aanleiding van die antwoord 'hullegaan nog huil' en die vraag wat hygevra het was 'Dus niemand sal meeras R360 kry nie?' waarop dit beves-tigend beantwoord is deur mnr. Lategan
— As daar gepraat is van niemanddan was dit beperk tot daardie spesi-fieke groep waarmee ons onderhandelhet. Dit het nie betrekking gehadop enige wyer groep of wyer gebiednie.
Kon daar gepraat gewees het van'niemand'? 'Niemand sou meer krynie', in enige konteks? — Nie inenige konteks nie.
Maar gee u nou aan Sy Edele tekenne dat u elke woord op daardie ver-gadering gehoor het en elke woord kanonthou wat daar gesê is? -- Ek het
reeds /34
-34-
reeds erken dat ek nie elke woord involgorde kan onthou nie.
Nou wil ek weer vir u vra: wasdie woorde gebruik, niemand kry meernie? -- Dit was nie in enige konteksgebruik nie.
Was daardie woorde gebruik?Net op hulleself, niemand kry meer nie?-- Ek kan dit nie onthou dat sulkewoorde gebesig was nie.
Kon dit gebesig gewees het sonderdat u dit gehoor het? — Slegs binnedie konteks van daardie groep.
Maar u kan die woorde glad nieonthou nie, in elk geval? -- Dit is kor-rek.
So u kan nie gaan betwis dat mnr.Wierenga wel daardie vraag gevra hetnie? -- Ek kan nie betwis dat hy so 'n vraag gevra het nie.
En u kan nie betwis wat die ant-woord daarop was nie? -- Ek kan betwisdat dit nie 'n oop antwoord was nie.
Maar /35
-35-
Maar meneer as u nie kan betwisdat die vraag gevra is nie, u sê u kannie onthou of dit toegelig is nie,hoe kan u dit betwis? -- Omdat daarsekere beginsels is wat ons toepasin die opneem van opsies en die sluitvan prospekteerkontrakte en ditwas een van die redes hoekom ek bydie vergadering was om te kyk of daariets gebeur wat ons basies bind totiets waartoe ons nie gebind wil weesnie.
Ja u sê daar behoort nie normaal-weg wanvoorstellings gemaak te wordnie, daarom is dit nie gemaak nie? Isdit wat dit op neerkom? -- Ek sê wanvoor-stellings sal nie opsetlik of nalatig-lik deur ons organisasie gemaak wordnie.
Behalwe vir hierdie rede is daargeen ander rede op grond waarvan u kanbetwis dat daardie vraag gevra sou ge-wees het en dat die antwoord daarop ge-gee is soos wat mnr., Wierenga getuig het?Is dit korrek? -- Herhaal dit net
asseblief? /36
-36-
asseblief?
Behalwe vir die rede wat u sopasgenoem het, is daar geen ander grondewaarop u kan betwis dat die antwoordop daardie vraag gegee is soos mnr.Wierénga getuig nie?
HOF: Ja hy weet nou nie presies hoemnr Wierenga getuig het nie; steldit aan hom wat mnr. Wierenga gesê het,anders, die getuie weet nou mos niepresies wat die mnr. Wierenga gesêhet nie.MNR. MARITZ: Mnr. Wierenga se ge-tuienis was dat hy die vraag gevrahet na aanleiding van die 'huil'antwoord en sy vraag was 'Dus niemandsal meer as R360 kry nie, dit is noujulle prys?' En die antwoord was be-vestigend. Nou u het reeds gesê ukan nie betwis dat die vraag gevrais nie, nou stel ek dit aan u klaar-blyklik, behalwe die rede wat u nougenoem het, kan u nie op enige andergronde betwis dat daardie antwoord be-vestigend gegee is nie. Is dit reg?
— Die /37
-37-
— Die antwoord is bevestigend ...laat ek myself hier net herstelasseblief: die antwoord kon so geluihet.Ja.HOF: U meen die antwoord kon so glui hetom te sê dat niemand gaan meer asR360 kry nie? — Dit is korrek maardie bedoeling daarvan was natuurlikdie groep met wie ons daar onderhandelhet. Hulle, niemand was ten opsigtevan daardie groep ten alle tye.
MNR MARITZ: Met die bedoeling klaar-blyklik is in 'n man se kop. Boerebedoel een ding en mnr. Lategan bedoel'n ander ding en u bedoel weer 'n derdeding nie waar nie? — Ek weet nie ofons hierso van drie dinge praat nie.HOF: Kyk laat ons die ding nou probeertog uitsorteer: eers aanvanklik,het mnr. Van der Merwe in sy getuienisgese dat daar is positief gesê opdaardie stadium niemand gaan meer asR360 per hektaar kry nie. Toe onderlang kruisverhoor het hy dit verander,
toe /38
-38-
toe het hy gesê hulle het dit niespesifiek gesê nie, hy het dit maarafgelei van die feit dat hulle gesêhet die mense gaan huil maar mnr.Wierenga, as my geheue reg is, hetgesê hy is die man wat die vraag gevrahet ten aansien van die weieraars, ofhulle nou gaan meer kry, en toe wasdie antwoord nee, hulle sal nie meerkry as R360 nie. Is dit korrek,dit is die getuienis wat voor my is?MNR.. MARITZ: Mag dit u behaag.HOF: Lyk dit nie vir u dat hierdiemense was ter sprake, die weieraars, endie hele doel was om te verseker datander mense nie meer kry as hulle nieen hulle het toe versekering daar gekrydat daardie mense sal nie meer kryas wat hulle kry nie, R360 nie? -- Ditwas nooit tot vandag toe was dit virmy enigsins duidelik of het ek die ver-moede gehad dat die doel van daardievergaderings was om 'n versekeringte kry dat ander mense buiten daardiegroep nie meer sal kry nie. Dieander mense buite daardie groep,
die /39
-39-
die onderhandelinge het nie.oor hullegegaan nie, hulle was later ingegooiby wyse van 'n ligte gesprek en ditkon toe, kon daar sulke woorde ge-besig gewees het soos mnr. Wierengabeweer maar ek kan dit glad nie onthounie.MNR. MARITZ: Nou of dit nou volgensu in 'n ligte gesprek was of nie,vrae is gevra en die antwoorde isgegee en in die lig van die antwoordewat gegee is, kon die boere daarondersekere dinge verstaan, of dit nouvolgens u in 'n ligte luim gegee isof nie, die boere het daaronder ietsverstaan. Die vraag word nie vernietgegee, gevra en 'n antwoord word nieverniet daarop gegee nie, nie waar nie?-- Indien so 'n vraag gevra was en so 'nantwoord daarna sou plaasgevind het,dan aanvaar ek dat die boere iets daar-onder verstaan het, dit is korrek.
En die antwoorde wat gegee is souklaarblyklik vir die boere van belanggewees het met betrekking tot die aspek
of /40
-40-
of hulle nou wil teken of nie, anderssou hulle nooit die vrae gevra hetnie! -- Ek glo nie en ek dink daardievraag was meer uit nuuskierigheid gevra."
Linning se getuienis, alhoewel geloofwaardig, dra in die
lig van bostaande oorwegings na my mening nie voldoende
oortuigingskrag om die eiser se getuienis ten effekte dat
die verweerder se amptenare wel die beweerde wanvoorstelling
gemaak het, effektief te weerspreek nie,
Laasgenoemde gevolgtrekking word gestaaf deur
gewigt.ige waarskynlikheid nl dat dit 'n onbetwiste feit is
dat die vergadering van 3 Julie 1979 aangevra is en plaas-
gevind het as gevolg van die ontevredenheid van die Rl50,00
groep boere. In die "petisie" wat onder dekking van die
brief /41
-41-
brief van 12 Junie 1979 aan verweerder se besturende direkteur
gerig is, word daar gekla dat daar "afgewyk" is van die
versekering dat "alle eienaars" Rl50,00 per hektaar betaal
sou word en dat dit 'n syfer is wat "vasstaan". Dit is
op hierdie grond wat die vergadering aangevra is. Dat
'n versekering van "gelyke behandeling" op aangedring sou
word is uiters waarskynlik. En waar die vergadering in 'n
gemoedelike atmosfeer ten einde geloop het, is dit in 'n
hoë mate waarskynlik dat die versekering inderdaad gegee
is en dat die boere verkry het wat hulle begeer het. Hier-
die waarskynlikheid ontleen verder steun uit 'n toegewing
van Linning, gedurende kruis-ondervraging, dat voor die
vergadering reeds aan hom gesê is dat
"hulle /42
-42-
"hulle glo dat daar 'n ondernemingaan hulle gegee was dat gelyke be-handeling sal plaasvind."
Soos reeds vermeld beskou ek hierdie as 'n gewigtige waar-
skynlikheid wat die waarskynlikhéid dat Linning, wat 'n
wakende oog moes hou dat opsies binne redelike perke bly,
op 3 Julie nie sou terugsit nie terwyl Lategan ondernemings
ten opsigte van toekomstige pryse maak, oorskadu,
Laasgenoemde is per slot van rekening die verweerder se
mynregtebestuurdër wat as woordvoerder opgetree het en wat
meer seggenskap oor geldelike sake sou hê as die raadgewende
senior geoloog.
My gevolgtrekking is dus dat MYBURGH, R tereg
beslis ./43
-43-
beslis het dat eiser op oorwig van waarskynlikheid bewys
het dat 'n wanvoorstelling van verweerder se gemoedstoestand
deur sy amptenare gemaak was dat R360,00 per hektaar, met
uitsondering slegs van die R400,00 groep, die hoogste
prys is wat die verweerder hoegenaamd in die Settlers gebied
sou aanbied en dat dit tot sluiting van die ooreenkomste
gelei het.
Ten slotte handel ek kortliks met die verweredat die eiser sy reg van kansellasie verloor het a g vafstanddoening of estoppel. Die gronde waarop die verweerdersigself beroep is as volg:
(a) Gedurende April 1980 en Mei 1982 het die eiser prospekteergelde van die verweerder aanvaar.
(b) OP /44
-44-
(b) Op 5 Junie en 14 Augustus 1980 onderskeidelik
het die eiser, met volle kennis van sy regte. die benoemingsooreenkomste notarieël verly en geregistreer.
(c) Verweerder het tot 17 Maart 1981, met die eiser
se volle kennis en toestemming, voortgegaan om
sy regte ooreenkomstig die ooreenkomste uit te oefen,
Afstanddoening wat (a) betref: Die aanvaarding van die
prospekteergelde gedurende April 1980 het, soos Lategan
geredelik toegegee het, betrekking gehad op die oorspronklike
(1976) ooreenkomste. Die aangevraagde regshulp. het slegs
betrekking op die wysigingsooreenkomste aangegaan gedurende
Julie 1979 /45
-45-
Julie 1979, verly op 5 Junie 1980 en geregistreer op 14
Augustus 1980. Gevolglik het die aanvaarding waarop die
verweerder sigself beroep geen toepassing in die onderhawige
geding nie. Die kansellasie het op 17 Maart 1981 plaasgevind
en het die aanvaarding van die prospekteergelde gedurende
Mei 1982 voorafgegaan. Toe was die opsegging van die
wysigingsooreenkomste deur die eiser reeds 'n voldonge feit.
Eiser se optrede gedurende Mei 1982 kon regtens nie gemelde
opsegging ongedaan maak nie.
Afstanddoening wat (b) betref: By afstanddoening moet dit
"duidelik blyk dat die betrokke persoonopgetree het met behoorlike kennisvan sy regte en dat sy optrede teen-
strydig /46
-46-
strydig is met die voortbestaan vansodanige regte of met die bedoelingom hulle af te dwing."
(Per CORBETT, Wn AR in Borstlap v Spangenburg en andere,1974(3) S A 695 (A) op 704 F-H). Die eiser het getuig,en dit is onbetwis, dat hy verlyding en registrasie niebelet het nie omdat hy vas geglo het 'n onderhoud gereëlsou word met dr. Wim de Villiers en dat die aangeleentheidin der minne geskik sou word. Toe verlyding en registrasieplaasgevind het was die eiser nie bewus daarvan nie.Volgens die getuienis van die eiser en Kuschke (die eiserse oorspronklike prokureur), welke getuienis MYBURGH, Raanvaar het, is dit duidelik dat al die wesentlike feiteen die omvang van die eiser se regte gedurende 1980 nie
aan /47
-47-
aan die eiser bekend was nie. Dit is onbetwis dat die eiser
eers vroeg in 1981 uitgevind het dat Groothof 'n aanbod van
R500,00 per hektaar ontvang het en dat hy slegs:
1. Ongeveer 'n week voor die aanvang van die geding
{op 25 Oktober 1982) verneem het dat R480,00 per hektaar aangebied is aan sekere boere.
2. Op 25 Oktober 1982 vasgestel het dat Lategan,
Becker en Linning reeds ten tye van die vergadering
op 3 Júlie 1979 bewus was daarvan dat R420,00 plus verbruikersprysindeks aan die R400,00 groep
namens die verweerder aangebied sou word.
3. Aan die begin van 1981 van prokureur Martin Brink
verneem /48
-48-
verneem het dat daar reeds voor die vergadering
(nl gedurende 1978) R500,00 per hektaar aan
Groothof aangebied is.
4. Gedurende Januarie of Februarie 1980 vasgestel
het dat van sekere van die "historiese weieraars"
opsies verkry is teen "R750,00 en meer" per hektaar
Bovermelde feite maak 'n belangrike deel uit van
die eiser se skuldoorsaak en sy gebrek aan kennis daarvan
gedurende Junie en Augustus 1980 verhinder 'n bevinding
dat hy afstand gedoen het van sy regte des te meer waar
Kuschke getuig het dat hy en die eiser
"nooit ooit ... die kwessie van kansel-
lasie /49
-49-
lasie of terugtrede uit die kontrakbespreek (het) nie."
Dit was, luidens die eiser se getuienis, eers aan die begin
van 1981 dat prokureur Martin Brink hom geadviseer het en dat
hy vasgestel het dat 'n reg van kansellasie tot sy beskikking
was.
Afstanddoening wat (c) betref: Verweerder het geen getuienis
hoegenaamd aangebied om die bewyslas in hierdie verband
te kwyt nie. Slegs die eiser het hiermee gehandel. Sy
getuienis was dat prospekteerwerk op sy grond deur verweerder
reeds ongeveer teen die middel van Maart 1979 ten einde
geloop het.
Die /50
-50-
Die verweer van estoppel berus op die bewering
dat die verweerder, as gevolg van die optrede van die eiser
soos in (a), (b) en (c) uiteengesit, daartoe oorgehaal
is om tot sy nadeel op te tree. Hierdie verweer kan nie
slaag nie en wel op die eenvoudige grond dat op Lategan
se eie getuienis geen bewys gelewer is dat die verweerder
enigsins anders sou opgetree het indien die eiser nie soos
beweer opgetree het nie. Eiser se optrede het dié van die
verweerder nie beinvloed nie soos blyk uit ondervermelde
uittreksel uit Lategan se kruis-ondervraging:
"Daar is by julle geen twyfel hoegenaamddat julle 'n goeie saak het, is ek reg?-- Dit is korrek.
Dat hierdie klagtes ongegrond
is /51
-51-
is? — KorrekEn dat julle hoegenaamd nie dieklagtes gaan probeer tegemoetkom nie?-- Dit is korrek.Is ek reg? -- Dit is korrek.Goed en daarna meneer, in die krono-logiese verloop van sake, het daar 'nvergadering plaasgevind? -- Dit iskorrek.Is dit korrek? En die vergader-ing is hoegenaamd nie belê om die boeretegemoet te kom nie. -- Nee dit isom 'n proposisie aan hulle te stel.Ja maar dit is nie belê omredejulle enige twyfel gehad het oor dieongegrondheid van hulle klagtesnie.— Ja. ...En julle het gevoel dat die klagtesin die brief van 12 Maart 1980 hoefjulle nie eers ernstig op te neem nie,eintlik, nie waar nie? -- Dit is korrekso.Julle gaan die klagtes en dieongegronde aantygings met hand entand beveg natuurlik? -- Maar dit is so.
Julle /52
-52-
Julle gaan nie hierdie klagtesjulle van stryk af laat sit nie, niewaar nie? -- Dit is so.Korrek. Nou dit staan vas nè datjulle nie bereid was om enigsins 'nsamesprekeing te reël tussen die boereen dr. Wim de Villiers? -- Dit is so.Dit was nie die moeite werd nie?Nie waar nie? -- Dit is korrek.Nou in Maart van 1981 het daartoe die kansellasiebrief gekom niewaar nie? -- Dit is korrek.
Onthou u dit? -- Ek onthou ja.
En julle houding omtrent hierdiekansellasie was dieselfde as jullehouding vantevore? -- Dit is korrek.Dat 'n mens dit nie eers ernstighoef op te neem nie? -- Dit is korrek.Hoef te beskou nie nè? Jy bevegdit hand en tand maar daar is nie dieminste kans dat hierdie mense enigsinsenige skade aan julle kan doen nie?-- Dit is korrek, dit was 'n bindendekontrak.Ja, jy het gehoor die prokureurshet vir mnr. Van der Merwe gesê hy
het /53
-53-
het nie 'n katkorrek.
kans nie? -- Dit is
En dit was julle houding deurgaans?
-- Dit is korrek.
So julle het nie toegelaat dat kansel-lasie julle enigsins van stryk af bring
nie? -- Dit is korrek ons het dit nie
beskou as 'n kansellasie nie.
Ja julle het dit as ongeldig beskouen julle het opgetree asof daar nooit
'n kansellasie was nie? -- Beslis.
Stem u saam? -- Dit is so.
Nou as die kansellasie gekom het meneer,gestel dit het in Februarie 1981 gekom inplaas van Maart, dan sou julle dit ook metminagting bejeën het? -- Beslis so.
As dit gekom het ses maande vantevore, soujulle dit ook met minagting bejeën het? — Korrek.
En 'n jaar vantevore en twee jaar vantevore?
-- Ons het 'n bindende kontrak gehad.
Ja en julle sou nie die kansellasie enigsinsas belangrik beskou het ten opsigte van die uit-voering van julle planne nie? -- Dit is so.
Want dit is 'n belangrike kansellasie?
-- Korrek.
Right. . . /54
-54-
Right. So die kansellasie, wanneerookal hy kom, het geen invloed hoege-naamd op die uitvoering van julleregte en julle planne nie? -- Dit is so."
Die appèl word met koste afgewys, insluitende
die koste van twee advokate
APPELREGTERCILLIÉ, AR ) stem saam