Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (1) (245/83) [1985] ZASCA 25 (21 May 1985)
The Supreme Court of Appeal found that the respondent failed to prove that the alleged misrepresentation was made by the appellant's officials at the meeting of 3 July 1979. The evidence showed that no express assurance was given that R360 per hectare would be the maximum compensation offered in the future. The...
Source-derived case information.
- Citation
- [1985] ZASCA 25
- Parties
- Appellant: Trans-Natal Steenkoolkorporasie Beperk; Respondent: Christiaan Frederick van der Merwe
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 245/83
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Judgment of the Transvaal Provincial Division
- Outcome
- Appeal upheld; judgment of the court a quo set aside.
- Judges
- Kotzé, Trengove, Cillié, Botha, Vivier
- Legal Topics
- Misrepresentation, Mineral Rights, Contractual Amendment, Specific Performance
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Trans-Natal Steenkoolkorporasie Beperk
Appellant
Christiaan Frederick van der Merwe
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Judgment of the Transvaal Provincial Division
Legal Issues
- 1 Whether the alleged misrepresentation was made by the appellant's officials at the meeting of 3 July 1979.
- 2 Whether the respondent was entitled to cancel the amending agreements and seek rejection of their registration.
- 3 Whether the respondent and other landowners were assured that no higher compensation than R360 per hectare would be offered in the future.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the respondent failed to prove that the alleged misrepresentation was made by the appellant's officials at the meeting of 3 July 1979. The evidence showed that no express assurance was given that R360 per hectare would be the maximum compensation offered in the future. The respondent's belief was based on his own inference from statements made, not on any direct representation. The court held that, given the rising market prices and competitive pressures, it was unreasonable for the respondent to rely on such an inference. The appeal was upheld, and the judgment of the court a quo was set aside.
Court Disposition
Appeal upheld; judgment of the court a quo set aside.
Orders
- The appeal succeeds with costs, including the costs of two counsel.
- The order of the court a quo is set aside.
Full Case Text
Judgment text and source record
715 paragraphs
Saak Nr 245/83M C
TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK
- en -
CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE
VIVIER Wnd AR.
Saak nr 245/83M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussenTRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK
Appellant
(Verweerder in dieHof a quo)
- en -CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE
Respondent
(Eiser in die Hofa quo)
CORAM:KOTZé , TRENGOVE, CILLIé, BOTHA ARR etVIVIER WND AR.
Verhoor: 13 MAART 1985.
Gelewer: 21 MEI 1985.
UITSPRAAK
VIVIER / ........................
2.
VIVIER WND AR :-
Die respondent is die eienaar van twee plase
naby die dorpie Settlers in die distrik Warmbad. Gedurende
1976 was die appellant besig met 'n soektog na onedele
minerale op die sogenaamde Springbokvlakte, waarvan die
gebied waar eiser se plase geleë is, deel vorm. Op 2 Junie
1976 het die respondent, en die appellant, na wiê ek as die eiser en
verweerder onderskeidelik sal verwys, twee skriftelike benoemings=
kontrakte gesluit ingevolge waarvan eiser aan verweerder,
as sy benoemde, die reg verleen het om op sy onderskeie
plase na edelmetale en onedele minerale te prospekteer en
'n mynhuur oor die grond te verkry. Ingevolge die bepalings
van art 19 van die Wet op Mynregte, No 20 van 1967, is die
twee / ............................
3.
twee kontrakte op 28 Junie 1977 notarieël verly en daarna
behoorlik in die Mynbriewekantoor geregistreer. Die
kontrakte sou duur tot 7 Mei 1981
Op 23 Julie 1979 het die partye twee verdere skrif=
telike kontrakte gesluit ingevolge waarvan die oorspronklike-
kontrakte verleng is tot 6 Mei 1983. Die wysigende oor=
eenkomste is op 5 Junie 1980 notarieël verly en op 14
Augustus 1980 geregistreer.
In 'n geding wat hy teen verweerder in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel het, het die
eiser beweer dat hy tot die sluiting van die wysigende
ooreenkomste beweeg is deur sekere wanvoorstellings wat
verweerder se amptenare gemaak het by 'n vergadering van
3 Julie 1979. Eiser het gevolglik 'n bevel aangevra wat
verklaar / .............
4.verklaar dat hy geregtig was om die wysigende ooreenkomstete kanselleer (soos hy gedoen het in 'n brief van syprokureurs gedateer 17 Maart 1981) en dat gelas word datdie registrasie van die wysigende ooreenkomste rojeer word.Die aksie is deur die verweerder teengestaan, en na 'n langverhoor het MYBURG HR die eiser se eis gehandhaaf met koste,insluitende die koste van twee advokate. Met verlof vandie verhoorregter appelleer die verweerder nou na hierdieHof teen die hele uitspraak en bevel van MYBURG HR.Die wanvoorstellings waarop eiser steun is asvolg in die pleitstukke geformuleer :-
"5.1 Dat die gangbare vergoeding en/of markprysvir die betrokke gebied in die omgewingvan SETTLERS ten opsigte waarvan verweerdermynbou-aktiwiteite beoog het en ten opsigtewaarvan verweerder as deel van verweerder
se / ..............
5.
se projek besig was om minerale regtevan die boere te bekom, R360,00 perhektaar beloop en sal beloop;
5.2 Dat die beoogde vergoeding van R360,00 per hektaar die hoogste prys was wat verweerder aan boere in die betrokke gebied met betrekking tot die betrokke projek aanbied / of sal aanbied; 5.3 Dat alle boere in die betrokke gebied met betrekking tot die betrokke projek gelyke behandeling van verweerder ontvang en sal ontvang;
maar dat die voorgaande onderhewig sou wees aan enkele uitsonderings van boere met wie reeds kontrakte teen 'n vergoeding van R400,00 per hektaar gesluit was."
Die vergadering van 3 Julie 1979, waar die wan=voorstellings volgens eiser gemaak is, het teen die volgendeagtergrond plaasgevind. Ingevolge die oorspronklike
benoemingskontrakte /............
6.
benoemingskontrakte, het verweerder onderneem om aan
eiser vergoeding van Rl50,00 per ha te betaal sodra
verweerder 'n mynhuur oor die grond verkry het of sy reg
uitgeoefen het om die ooreenkoms tot 'n ewigdurende tydperk
te verleng. Daarbenewens was prospekteergelde betaal=
baar wat vanaf Rl,00 per ha in die eerste jaar tot R2,00
per ha in die vyfde en laaste jaar gestyg het. Voordat
die oorspronklike benoemingskontrakte notarieël verly
kon word, is verweerder deur die prokureur van een van die
ander boere oorreed om die vergoeding te koppel aan die
verbruikersprys-indeks, en verweerder het toe besluit om
in alle ander gevalle dieselfde te doen. Gevolglik is
met die notariële verlyding van die oorspronklike benoemings=
kontrakte / .......................
7.
kontrakte 'n wysiging aangebring om voorsiening te maak
vir 'n aanpassing in die vergoeding van R150,00 gebaseer
op die verbruikersprys-indeks. Behalwe die eiser, het
ongeveer 7 4 ander grondeienaars op soortgelyke terme met
verweerder gedurende die tydperk 1975T1976 in die
Settlers-gebied ooreengekom. In geen geval het
verweerder in daardie tydperk onderneem om 'n hoër ver=
goeding as R150,00 per ha, gekoppel aan. die verbruikersprys-
indeks, te betaal nie
Eiser se getuienis was dat tydens die onder=
handelings wat die sluiting van die oorspronklike
benoemingskontrakte voorafgegaan het, mnr Nimrod Lategan,
namens verweerder, aan hom gesê het "die minerale regte
behoort aan die staat en niemand sal meer as R150 per ha
in / ..................
8.
in die gebied ontvang nie". In Januarie 1978 het mnr
Willie Lategan, namens verweerder, hom gevra om sy invloed
te gebruik om die eienaars wat nog nie met verweerder
ooreengekom het nie, te oorreed om te teken, en Willie
Lategan het ook gesê dat niemand in die omgewing meer
as R150,00 per ha sou kry nie. Gedurende Mei of Junie
1978 het hy egter gehoor dat verweerder op vergoeding
van R400,00 per ha met sekere ander eienaars ooreengekom
het. Hy het gevolglik sy prokureur opdrag gegee om 'n
brief, gedateer 22 Maart 1979, aan verweerder se besturende
direkteur te skryf waarin beweer word dat eiser die
oorspronklike benoemingsooreenkomste geteken het op sterkte
van 'n voorstel ling dat dieselfde vergoeding vir alle
eienaars betaal word. In die brief word 'n persoonlike
onderhoud /............
9.
onderhoud aangevra, waarby verweerder se twee amptenare,
mnre Lategan en Vogelsang, teenwoordig moes wees.
Verweerder se antwoord is gedateer 18 April 1979. Omdat
die verhoorregter steun in hierdie brief vind vir sy
bevinding dat daar 'n wanvoorstelling gemaak is op die
vergadering van 3 Julie 1979, is dit nodig om die ter=
saaklike gedeelte van die brief volledig aan te haal:-
"Wat betref die agtergrond van die omstandighede
met betrekking tot die hoër terme en voorwaardes
van prospekteerkontrakte in die gebied, vermeld
ons graag die volgende aan u:
(i) Opposisie mynmaatskappye het teen die
laaste helfte van 1977 die gebied waarinhierdie maatskappy belangstel om eksplora=siewerk te doen, betree en met sekereeienaars onderhandel en hoër terme aan=gebied.
(ii) /
10.
(ii) Noodgedwonge was daar deur ons besluitom teen hoër terme met eienaars, pros=pekteerkontrakte te sluit om sodoendesover moontlik die gebied te konsolideer.
In sekere geïsoleerde gevalle het ons dan ookmet eienaars so ooreengekom. Indien ons niehierdie optrede gevolg het nie, het ons diegevaar geloop om beheer te verloor oor sekeremoontlike potensiële, belangrike mineralegebiede.
Dit is onverstaanbaar waarom u kliënte verontregvoel . Immers het hulle 'n gewone besigheids=transaksie gesluit, waarin hulle hul eie oordeelaan die dag kon lê. Die amptenaar van hierdiemaatskappy wat betrokke was by die onderhandelingehet sekerlik slegs bedoel dat alle eienaars wattot op daardie stadium geteken het, teen dieselfdeterme ooreengekom het as dié wat met u kliënteooreengekom is. Ons glo egter nie dat daaraan u kliënte voorgehou kon word dat daar metalle eienaars in die verre toekoms enersooreengekom sou word nie. Dit is tog begryplikdat dit onmoontlik is om te verwag dat soveelverskillende persone dieselfde sal dink enbesluit oor 'n transaksie van hierdie aard,veral na yerloop van 'n redelike tyd."
Eisér /
11
Eiser was nie met hierdie antwoord tevrede
nie en op 12 Junie 1979 het hy deur sy prokureur 'n brief
aan verweerder se besturende direkteur geskryf, waarby
aangeheg was 'n verklaring onderteken deur eiser en twaalf
ander eienaars, waarin die bewering herhaal word dat die
benoemingskontrakte aangegaan is op sterkte van 'n voor=
stelling dat "die mineraalregte aan die Staat behoort en
om dié rede word alle eienaars R150,00 per ha betaal"
Daarin word ook gesê dat, vertrouende op dié voorstel1ing,
die eienaars aanvaar het dat die vergoeding van Rl50,00
"vasstaan en nie oorskry sal word nie". Daar word daarop
gewys dat sekere kontrakte sedertdien teen R400,00 per ha
gesluit is. 'n Onderhoud word gevolglik aangevra "ten
einde regstelling te verkry".
Op /.......
12
Op 3 Julie 1979 is die vergadering gehou by
verweerder se kantore in Johannesburg. Dit is bygewoon
deur 8 boere, insluitende die eiser, en drie van verweerder
se amptenare, naamlik mnre Willie Lategan, Becker en
Linning. Die 8 boere het almal soortgelyke kontrakte
met verweerder gedurende 1976 aangegaan en eiser het
getuig dat hulle die eienaars aan wie vergoeding van
R150,00 per ha betaalbaar was, verteenwoordig het.
Eiser het by die vergadering as die eienaars se segsman
opgetree. Willie Lategan is verweerder se mynregte=
bestuurder, Linning sy raadgewende senior geoloog en
Becker is 'n senior mynregbeampte. By die vergadering
het Lategan as verweerder se woordvoerder opgetree.
Voordat / .............
13.
Voordat ek handel met die getuienis oor wat
op die vergadering gebeur het, is dit gepas om te
verwys na die vergoeding waarop verweerder intussen
met ander grondeienaars in die Settlers-gebied ooreen=
gekom het, na die aanbiedinge wat aan ander eienaars
gemaak is en na sekere interne memoranda wat vooraf
deur verweerder se gemelde drie amptenare opgestel is
met betrekking tot die verkryging van regte in die gebied,
Vier kontrakte is gedurende 1977 gesluit, almal teen
hoër vergoeding as Rl50,00 per ha, naamlik een teen
R175,OO per ha en drie teen R250,00 per ha. In elke
geval is voorsiening gemaak vir die nodige aanpassing.
gegrond op die verbruikersprys-indeks. Gedurende 1978
het / ........
14
het die vergoeding wat verweerder onderneem het om te
betaal, verder gestyg tot R300,00 per ha (twee gevalle),
en R400,00 per ha (ses gevalle). Daarbenewens het
verweerder gedurende 1978 onderneem om vergoeding van
R480,00 per ha te betaal in die geval van vyf mede-
eienaars van 'n stuk grond. Hieruit is dit duidelik dat
die vergoeding wat verweerder onderneem het om te betaal,
sedert die begin van 1977 deurgaans gestyg het. Aan
ander eienaars wat geweier het om met verweerder ooreen=
komste te sluit, is onsuksesvolle aanbiedinge gemaak wat
in sommige gevalle gedurende 1978 van R400,00 per ha tot
R500,00 per ha gestyg het. Die redes vir die styging
in pryse was nie in geskil nie, naamlik dat resultate van
toetsboorgate / ...........
15.
toetsboorgate in die jare tot 1981 'n al hoe gunstiger
aanduiding van steenkoolneerslae in die omgewing getoon
het, met die gevolg dat mense se verwagtinge en daarmee
die pryse gestyg het. Die gunstige resultate het ook
opposisie-maatskappye gelok wat aanbiedinge gemaak het
wat die pryse verder laat styg het. In die brief van
18 April 1979, waarna ek hierbo verwys het, maak ver=
weerder juis melding van die verskyning van sy konkurrente
In 'n memorandum gedateer 13 Junie 1979 wys
Linning daarop dat 'n aantal kontrakte, ingevolge waarvan
'n vergoeding van R400,00 betaalbaar was, voor einde
Junie 1980 verval en dat gepoog moet word om van die
eienaars 'n verlenging daarvan te verkry. Hy stel voor
dat die vergoeding met vyf persent, d w s tot R420 per
ha / .............
16.
ha, verhoog en aan die verbruikersprys-indeks gekoppelword. Nege eienaars, wat 'n totale area van 3187 ha besit,was by die voorstel betrokke. Becker wys egter in 'nmemorandum gedateer 19 Junie 1979 daarop dat, indien eersmet laasgemelde eienaars onderhandel word voordat onderhan=delings met die ongeveer 75 eienaars aan wie vergoeding vanR150,00 per ha betaalbaar is, aangeknoop word vir die verlengingvan hul kontrakte, dit sou beteken dat vergoeding vanminstens R420,00 per ha ook aan die 75 eienaars aangebiedsou moet word. Hierdie eienaars besit saam 21800 ha.Becker stel dus voor dat daar eers met die 75 eienaarsom 'n verlenging van hul kontrakte onderhandel word.Hy bereken dat sy voorstel die verweerder R4,6 m salbespaar. Becker se voorstel is deur Linning aanvaar,wat daarna, in 'n memorandum gedateer 27 Junie 1979,
voorstel /
17
voorstel dat eers met die eienaars aan wie vergoeding
van R150,00 per ha betaalbaar is, onderhandel word, en
wel om hul kontrakte met twee jaar te verleng teen
betaling van vergoeding van R360,00 per ha. Linning
meld in sy memorandum dat die Rl50,00 per ha eienaars
"bewus is van die R400,00 kontrakte en al petisies.
opgetrek het in 'n poging om ook hulle kontrakte na
R400,00 verhoog te kry".
Dit bring my by die vergadering van 3 Julie
1979. Namens eiser het hyself en twee van sy mede-
boere, mnre Wierenga en Pretorius, getuig oor wat daar
plaasgevind het. Namens verweerder het die gemelde
drie amptenare wat teenwoordig was, getuig
Volgens / ..........
18.
Volgens eiser het hy ter aanvang by die
vergadering gesê dat sy groep ontevrede is omdat hulle
nie gelyke behandeling kry nie, want sommige boere het
reeds vergoeding van R400,00 per ha beding. Hierop het
Lategan aangekondig dat verweerder begerig was om die
kontrakte van eiser en sy groep met twee jaar te verleng
met 'n verhoging van die vergoeding tot R360,00 per ha,
sonder aanpassings gekoppel aan die verbruikersprys-
indeks. Lategan het bygevoeg dat hierdie aanbod finaal
was. Die boere is 'n maand tot ses weke geleentheid
gegee om te besluit. Eiser en een van die ander boere
is hierop met 'n rekenaar na 'n ander vertrek om berekenings
te doen. Hulle het teruggekom en eiser het aan die boere
gesê dat hulle ongeveer R40,00 per ha beter daaraan toe
is /.........
19
is ingevolge die nuwe aanbod. Hierna het eiser aan
Lategan gevra wat met die eienaars sou gebeur aan wie
vergoeding van R400,00 per ha betaalbaar was, waarop
Lategan geantwoord het dat hy "nie hare moet kloof nie,hulle is maar net 'n paar, maar die ander mense sal opdie R360-kontrak vasstaan". Eiser het ook aan Lategangevra wat van die eienaars wat nog nie geteken het nie.Lategan het geantwoord: "Hierdie manne gaan nog huilen ons gaan hulle forseer om te teken".Eiser het getuig dat, as gevolg van wat Lateganaan hom gesê het, hy vas geglo het dat niemand in hulgebied meer as R360,00 per ha sou kry nie. Dit blyknie uit eiser se getuienis-in-hoof dat enige van ver=weerder se amptenare uitdruklik só aan hom gesê het nie.
Aanvanklik / ........
20.Aanvanklik het hy in kruisverhoor wel gesê dat die boereuitdruklik verseker is dat niemand in die Settlers-gebiedmeer as R360,00 per ha sou kry nie. Toe hy deur mnrCohen, namens verweerder, gevra is om te sê waaruit diewanvoorstelling bestaan het, het eiser as vólg geantwoord:-
"Daar is aan ons gesê dat niemand meer asR360,00 op die Springbokvlakte of dieSettlersgebied, wat ons dit ookal noem,sal aangebied word nie en daardie aanbodis nou finaal."
Met hierdie getuienis moet sy verdere getuienisonder kruisverhoor vergelyk word. Nadat hy met mnrCohen saamgestem het dat die samesprekings eintlik gegaanhet oor die eienaars wat op Rl50,00 per ha met verweerderooreengekom het, is hy gevra om te sê hoe dit gekom hetdat gesê is dat die prys van R360,00 ook sou geld vir
almal /
21.
almal in die gebied. Eiser het geantwoord dat dit tersprake gekom het toe hy gevra het wat van die mense watnog nie geteken het nie. Hy het toe uit die antwoord"hulle sal nog huil" afgelei dat niemand in die gebiedmeer as R360,00 per ha sou kry nie. Eiser het opdaardie stadium van sy getuienis uitdruklik en by herhalinggesê dat Lategan nie so gesê het nie, maar dat dit slegssy eie afleiding was, dat niemand in die gebied meer asR360,00 per ha sou kry nie. Die verhoorregter hettussenbei gekom en die eiser se getuienis het as volgverloop:-
"HOF: Maar dan sê u nou vir die advokaathy het nie grammatikaal die woorde gebruik
'niemand sal meer as R360 kry nie'?
Hy het dit nie, toe ek hom daardie vraaggevra het, wat nou van die Hollanders watnou nog nie geteken het nie of wat nog
weier /
22.
weier om te teken, wat ek nou bedoel,toe het hy gesê hulle sal nou huil of hullegaan nou huil en hulle gaan geforseer wordom te teken.
Wag nou daar. En u sê daarvan het utoe afgelei dat di.t beteken dat niemandsal meer as R360 kry nie? - Dit is korrek.
Dit was nou u afleiding? - U afleiding
en die mense ook van die vergadering want toeons nou klaar weg is toe het ons nog die dingbespreek, ek meen .... (Hof tussenbeide)
Nee maar ons praat nou nie as julle weg
is nie. - Ja goed. Dit is reg, dit was
my afleiding."
Eiser se getuienis verskil van dié van Wierenga
Laasgenoemde se weergawe van wat op die vergadering
gebeur het, was dat nadat Lategan op die eiser se vraag
oor die persone wat nog nie geteken het nie, gesê het:
"Dit is hulle wat gaan huil", daar deur die boere gevra
is "maar sal u meer gee vir enigeen op die vlakte"
Hierop /............
23.
Hierop het Lategan geantwoord: "Niemand gaan meer as
R360 kry nie". In kruisverhoor het Wierenga sy
getuienis verander toe hy gesê het dat dit eintlik sy
eie woorde was. Sy weergawe onder kruisverhoor was
dat, nadat Lategan te kenne gegee het dat diegene wat
nog nie geteken het nie, sou huil, hyself gevra het;
"Dus niemand gaan meer kry as R360 nie, dit is nou julle
prys". Hierop het Lategan bevestigend geantwoord.
Die weergawe van Pretorius verskil van dié van
beide eiser en Wierenga. Volgens Pretorius het eiser
op die vergadering gevra, net nadat die persone aan wie
vergoeding van R400,00 per ha ter sprake was, "gaan
niemand in die toekoms meer as R360 per ha kry nie".
waarop /........
24.
waarop die antwoord was: "Nee, dit is finaal, niemand
sal meer as R360 kry nie"
Mnr Willie Lategan het getuig dat dit nie
verweerder se beleid is om gehoor te gee aan klagtes
van eienaars met wie reeds ooreengekom is nie, en dat
indien verweerder nie begerig was om 'n verlenging van
hul kontrakte te verkry nie, die vergadering met die
boere nie belê sou gewees het nie. Hy het dit op die
vergadering uitdruklik gesê, asook dat, indien die
eienaars vergoeding van R360,00 per ha wou hê, hulle
die kontrakte met twee jaar moes verleng. Linning het
daarna verduidelik waarom verweerder meer tyd nodig het,
Op eiser se navraag omtrent die boere wat geteken het
vir R400,00 per ha, het Lategan geantwoord: "Hulle is
nie / ....
25.
nie baie nie, moenie hare kloof nie, ons aanbod isfinaal , R360 'n hektaar". Lategan het getuig dat hyslegs bedoel het om te verwys na die boere aan wievergoeding van Rl50,00 per ha betaalbaar was. Hy hetverder bevestig dat hy, verwysende na diegene wat nognie geteken het nie, gesê het dat van hulle nog kan huilMet die beweerde wanvoorstelling het Lategan as volggehandel:
"Mnr Lategan daar is 'n voorstel gemaak deurmnr Wierenga dat jy was gevra of meer asR360 sou betaal gewees het in die toekomsaan enige van dié wat nog nie geteken hetnie en dat jy 'n versekering gegee het datGeneral Mining of Trans-Natal nooit meer as
R360 aan enige van hulle sou betaal nie? -
Dit is absoluut onwaar.
Jy het wel gesê dat die prys van R360finaal was? - Dit is korrek.
En in /
26.
En in die konteks waarna het jy dan
verwys? - Ek het verwys na waarom dit
gegaan het, waarom die vergadering beroep was,was met die boere wat geteken het vir R150,'nhektaar plus V P I, dit was net op hulle vantoepassing.
En het julle ooit meer as R360 betaal aanenige van die boere wat vir R150 geteken het?- Nooit nie.,
Was jy gemagtig gewees om 'n voorstel temaak dat meer as R360 sou in die toekoms aan
niemand anders betaal gewees het nie? - Nie
alleenlik was ek nie gemagtig nie, maar ek konso 'n voorspelling nie maak nie."
Lategan het voorts getuig dat dit op daardie
stadium nie moontlik was om te sê watter vergoeding aange=
bied sou word aan diegene wat nog nie geteken het nie,
aangesien die vergoeding deur die geoloog en nie deur
hom nie, bepaal word. Hy het getuig dat ondervinding
(hy is reeds 16 jaar in diens van verweerder) hom geleer
het / ......
27.
het dat met 'n projek soos die waarmee verweerder besig
was in die Settlers-omgewing, pryse begin styg soos
die prospekteerwerk vorder en goeie resultate opgelewer
word. In die huidige geval is aanduidings van steen=
koolneerslae gevind en eienaars het daarna hul pryse
verhoog. Kompeterende mynmaatskappye het op die toneel
verskyn wat pryse verder laat styg het. Vanaf ongeveer
Augustus 1977 was vergoeding van R150,00 per ha nie
meer vir die eienaars aanvaarbaar nie. Op die vergadering
het hy nie geweet hoe die projek in die toekoms sou
vorder nie, en kon homself dus nie bind tot 'n voorstelling
dat niemand in die Settlers-omgewing 'n hoër vergoeding
as R360,00 per ha sou kry nie,
Linning / .............
28.
Linning het getuig dat die verweerder se
raadgewende geoloog, in konsultasie met die projek-
geoloë, die pryse wat ingevolge prospekteerkontrakte
betaalbaar is, vasstel. Destyds was wyle mnr van
den Berg verweerder se raadgewende geoloog en Linning
sy assistent. Volgens Linning het hulle siening
verskil oor die vergoeding wat vir hierdie projek betaal
moes word. Van den Berg se siening was dat hulle moes
konsolideer en dat aansienlik hoër pryse aangebied moes
word aan die eienaars met wie verweerder nog nie gekon=
trakteer het nie, terwyl Linning se benadering meer
konserwatief was. Linning het getuig dat die vergadering
van 3 Julie 1979 oor die R150-mense se verhoging gegaan
het en dat daar nie sprake was van pryse in die algemeen
nie / ..........
29.
nie. Daar is op geen stadium 'n spesifieke maksimum
prys genoem wat in die toekoms betaal sou word nie,
want daar bestaan nie so-iets nie. Verweerder kan ook
nie, wanneer almal weet dat steenkool gevind is, hom
verbind om aan almal die hoogste vergoeding te betaal nie,
aangesien die pryse van diegene wat dan nog nie geteken
het nie, geweldig styg. Linning het getuig dat daar in
die Settlers-omgewing 'n toenemende positiewe aanduiding
van steenkoolneerslae was tot 1981. Hy het uitdruklik
getuig dat geeneen van verweerder se amptenare kon gesê
het dat niemand, afgesien van die R150-eienaars, meer as
R360,00 per ha sou kry nie. Sy rede vir hierdie
stelling het hy in die volgende woorde gestel :-
"Omdat /.......
30
"Omdat daar sekere beginsels is wat onstoepas in die opneem van opsies en diesluit van prospekteerkontrakte en ditwas een van die redes hoekom ek by dievergadering was om te kyk of daar ietsgebeur wat ons basies bind tot ietswaartoe ons nie gebind wil wees nie."
Die beginsels waarna Linning hierbo verwys, hethy elders in sy getuienis baie duidelik gemaak in dievolgende woorde :-
"Dit sou ons besigheidsvoordele benadeel om
so 'n belofte te maak ons kan nie
wanneer ons 'n klomp geld spandeer het enalmal weet dat ons wel 'n fonds gemaak het,op daardie stadium ons verbind dat almalnou die hoogste prys kan kry nie want opdaardie stadium skiet die pryse natuurlikgeweldig op vir die mense wat nog 'n
belowende stuk grond het maar dit nog nieverbind het nie."Ek
keer later terug na Linning se getuienis,
wanneer /...........
31.
wanneer ek met sekere antwoorde wat hy onder kruisverhoorgegee het, handel.Becker het getuig dat hy vanaf 1977 gemoeid wasmet die verkryging van prospekteerkontrakte in dieSettlers-gebied en dat hy persoonlik onderhandelings metverskeie eienaars gevoer het. Hyself het hoegenaamdnie geglo dát die vergoeding van R150,00 wat aanvanklikbeding is, in die toekoms dieselfde sou bly nie.Mettertyd het boere begin weerstand bied en die toetredevan mededingendé maatskappye vanaf so vroeg as 1977 hetpryse verder verhoog. Becker het getuig dat hyselfof die veldbeamptes onder hom, beslis nie aan die boere 'n onderneming gegee het dat pryse nie sou styg nie.
Die boere was bewus daarvan dat die pryse waarteen hul'lë
geteken /
32.
geteken het, nie vir altyd dieselfde sou bly nie.
Daarom is in verweerder se brief van 18 April 1979,
wat deur homself opgestel is, gesê dat dit onverstaan=
baar is dat die eiser veronreg kon voel. Becker het
sy kollegas se getuienis bevestig dat geen voorstelling
op die vergadering gemaak is dat niemand in die omgewing
meer as R360,00 per ha sou kry nie.
Voordat ek met die Hof a quo se bevindings ten
opsigte van die vergadering van 3 Julie 1979 handel, is
dit wenslik om kortliks na die verdere verloop van die
gebeure te verwys. Ek het reeds genoem dat kort na die
vergadering, en wel op 23 Julie 1979, die partye die
wysigende ooreenkomste aangegaan het ingevolge waarvan
die vergoeding tot R360,00 per ha verhoog is, die pros=
pekteergelde/......
33.
pekteergelde ook verhoog is en die oorspronklike
kontrakte verleng is tot 6 Mei 1983.
Eiser het getuig dat hy gedurende Januarie
of Februarie 1980 gehoor het dat verweerder met eienaars
op vergoeding van so hoog as R750,00 per ha ooreengekom
het. Hy was ontevrede en het een van verweerder se
hoofbestuurders, mnr De Beer, daaroor gespreek, wat hom
versoek het om sy weergawe van die vergadering van
3 Julie 1979 op skrif te stel en dit aan hom te stuur.
Eiser het getuig dat die 8 boere wat by die vergadering
was, weer bymekaar gekom het en dat 'n brief aan verweerder
toe opgestel is wat hulle weergawe van wat daar gebeur
het, bevat. In die brief, gedateer 12 Maart 1980, word
verwys na die aanbod van R360,00 per ha en gesê:
34.
"Daar is aan ons die versekering gegee datdie aanbod finaal is en dat niemand meeras R360 per hektaar op die vlakte aangebiedsal word nie."
Die brief verwys voorts na die navraag bydie vergadering na die boere aan wie R400,00 per haaangebied is, en gaan as volg aan oor die eienaars watnog nie geteken het nie:
"Daar is ook gesê dat die boere wat nie nouwil teken nie, dat hulle nog gaan huil en dathulle by implikasie geforseer sal word om teenGeneral Mining se pryse te teken, wat onsaanvaar R360 per ha sal wees in die lig vandie versekering wat gegee is." (GeneralMining is die mynmaatskappy wat die beherendeaandele in verweerder hou).
Die brief verwys voorts na die vergoeding vanR750,00 per ha wat verweerder intussen onderneem het omte betaal en vervolg dan:
"Ons /
35.
"Ons die ondergetekendes wil nou graag weetof General Mining ook die nodige aanpassingsvan die bestaande kontrakte sal maak -hiermee wil ons verwys na die versekering vandie dag se samesprekings en dat daar geendiskriminasie sal wees wat betref die prysper hektaar nie."
Die brief eindig met 'n versoek om 'n persoonlike onderhoudmet verweerder se besturende direkteur, dr Wim de Villiers,wat hulle oortuig is "sal toesien dat gelyke beregtiginggeskied".Verweerder se houding, soos uiteengesit inbriewe gedateer 6 Junie 1980. en 21 Augustus 1980, wasdat die saak as afgehandel beskou moet word.
Dit was gemene saak dat verweerder op 16
November 1979 nege kontrakte met eienaars in die betrokkegebied aangegaan het ingevolge waarvan vergoeding van
R750,00 /
36.
R750,00 per ha (of R600,00 per ha plus 'n aanpassing
volgens die verbruikersprys-indeks) beding is, onder
andere met ene Groothof, wat die vorige jaar 'n aanbod
van R500,00 per ha van die hand gewys het. Daarna,
op 5 Desember 1979, het verweerder vier kontrakte gesluit,
drie ingevolge waarvan die vergoeding R800,00 per ha
of R650,00 per ha plus verbruikersprys-indeks was en
een ingevolge waarvan die vergoeding R750,00 per ha was
Minder as twee maande vantevore het Linning nog in 'n
memorandum gedateer 9 Oktober 1979 geskryf dat dit
dringend noodsaaklik geword het om dieselfde eienaars
weer te nader en aan hulle vergoeding van R500,00
per ha aan te bied. Hieruit is dit duidelik hoe skerp
die pryse teen die einde van 1979 gestyg het.
Ek /.......
37.
Ek handel vervolgens met die Hof a quo se
bevindings oor die beweerde wanvoorstellings wat op
die vergadering van 3 Julie 1979 gemaak is.
In sy oorweging van die eiser se getuienis
sê die verhoorregter ter aanvang dat die eiser getuig
het dat hy uitdruklik en spesifiek die versekering van
Lategan gekry het dat nie meer as R360 per ha betaal
sou word nie. Dit is duidelik dat die verhoorregter
hier verwys na 'n prys wat vir almal sou geld, dit wil
sê nie net vir die sogenaamde Rl50-mense nie. Soos
blyk uit my opsomming van die eiser se getuienis hierbo,
het hy dit nie in sy getuienis-in-hoof gesê nie. Hoewel
hy dit aanvanklik onder kruisverhoor gesê het, het hy
uiteindelik gesê dat Lategan nie uitdruklik so 'n ver=
sekering/......
38.
sekering gegee het nie. Toe het die eiser vir sy
afleiding gesteun op die woorde van Lategan: "hulle
sal nog huil". Hierdie woorde regverdig, na my
mening, nie die afleiding dat niemand meer as R360,00
per ha aangebied sou word nie.
Die verhoorregter wys wel in sy uitspraak
daarop dat eiser uiteindelik gesê het dat hy die wan=
voorstelling afgelei het uit die woorde "hulle gaan nog
huil". Die verhoorregter bevind dat "die eiser uit
bloot 'n toestand van desperaatheid die verandering gedoen
het in die getuienis wat hy afgelê het", omdat hy gevoel
het dat die kruisverhoorder nie sy antwoorde dat daar 'n
uitdruklike wanvoorstelling was, wou aanvaar nie, en
verder /........
39.verder omdat die eiser "nie verstandelik vinnig genoegkon bybly by die vrae nie". Ek kan geen aanduiding indie oorkonde vind om hierdie gevolgtrekking van dieverhoorregter te staaf nie. Die verhoorregter aanvaardie eiser se getuienis omdat dit "nie te betwyfel is dathy eerlik en opreg is nie". Die vraag wat die verhoor=regter eintlik moes oorweeg het was of eiser nie 'n wanindrukgekry het van wat gesê is nie, veral omdat daar verskillendegroepe boere by die vergadering ter sprake was en eiserop 'n afleiding van wat Lategan gesê het, steun.Die verhoorregter bevind dat Wierenga sygetuienis in alle opsigte bevredigend afgelê het, maarhandel gladnie met die verskil tussen die getuienis vanWierenga en die eiser nie. Dieselfde geld vir die
wanvoorstelling /
40.
wanvoorstelling waaroor Pretorius getuig het. Laas=
genoemde beweer dat die wanvoorstelling die vodgende was:
"dit is finaal, niemand sal meer as R360 kry nie".
Die woord "finaal" dui, na my mening, eerder daarop dat
die verwysing was na die aanbod aan die boere by die
vergadering en die Rl50-groep, want dit was hulle wat,
nadat die bedrag van R360,00 genoem is, nog meer wou hê
Die verhoorregter sê dat Wierenga "heeltemal as
'n aparte en onafhanklike persoon" getuig het. Dit is nie
juis nie. Wierenga het in sy getuienis erken dat hy,
soos eiser, 'n benoemingskontrak soortgelyk aan die huidige ,
met 'n derde gesluit het, ingevolge waarvan vergoeding van
R800,00 per ha beding is; dat hy ook 'n dagvaarding vir
soortgelyke regshulp teen verweerder uitgereik het en dat
hy /
41.
hy aanspreeklikheid vir eiser se regskoste in diehuidige saak met laasgenoemde deel. Wierenga het dus'n wesenlike belang by die uitslag van die huidige saak,en deur hom as 'n onafhanklike buitestaander te beskouhet die verhoorregter homself, na my mening, wanvoorgelig.Ten opsigte van Pretorius, wat 'n identiese belangby die huidige saak het as dié van Wierenga, volstaan dieverhoorregter in sy uitspraak met die volgende:-
"Pretorius se getuienis kan moeilik gekritiseerword. Hy het end uit voet by stuk gehou datdaar 'n mondelingse en werklike versekeringgegee is dat R360,00 die hoogste prys salwees."
Die feit dat Pretorius voet by stuk gehou het met syweergawe, dra nog nie veel by tot die beantwoording vandie vraag of die voorstelling waaroor hy getuig het, na
42.
almal in die gebied of slegs na die R150-groep verwys nie.
Soos ek reeds hierbo gesê het, dui die gebruik van die
woord "finaal" eerder op laasgenoemde konstruksie
Ook wat Pretorius se getuienis betref, het die verhoor=
regter gevolglik nie oorweging geskenk aan die moontlikheid
dat hy onder 'n wanindruk verkeer het oor waarna "verwys is
deur die amptenare nie.
Wat die verweerder se getuies betref, sê die
verhoorregter dat Lategan nie 'n gunstige indruk op hom
gemaak het nie en dat hy "vaag en glibberig" was. Linning
was 'n "baie versigtige getuie en duidelik 'n hoogs intel=
ligente persoon" wie se getuienis egter nie die verweerder
se saak verder neem nie. Oor Becker se getuienis hang 'n
donker wolk, omdat bevind word dat sy getuienis oor 'n
sekere /......
43.
sekere gesprek met eiser en sy vader op 'n ander geleentheid,'n blote versinsel is.Wat Lategan betref, verwys die verhoorregter natwee gedeeltes uit sy getuienis om aan te toon dat hy"vaag en glibberig" is: een gedeelte waar Lategan sougesê het dat hy onbewus is van die "R450-kontrak" en 'ntweede gedeelte waar hy volgens die verhoorregter 'nonrealistiese verduideliking gee van die memorandum vanBecker gedateer 19 Junie 1979. Wat die eerste gedeeltebetref, was daar nooit enige sprake van 'n kontrak virdie betaling van R450,00 per ha nie, en ek neem aan dieverhoorregter verwys na die kontrakte waarin die vyfmede-eienaars R480,00 per ha sou kry. Die verhoorregtersê dat Lategan se getuienis, dat hy onbewus was van
hierdie /
44
hierdie kontrakte, klaarblyklik onwaar is. Op die
stadium toe Lategan getuig het, was hierdie transaksie
gemene saak tussen die partye en besonderhede daarvan
verskyn op een van die lyste van transaksies wat voor die
verhoorhof geplaas is. Lategan het in sy getuienis gesê
dat hy ten tyde van die vergadering van 3 Julie 1979 bewus
was van die transaksies waarvolgens vergoeding van
R400,00 per ha betaalbaar was. Hy hët ook geweet dat
die groep boere daarvan bewus was. Hy het egter nie van
die kontrak van R480,00 per ha geweet nie. Later in sy
getuienis onder kruisverhoor het hy gesê dat laasgemelde
kontrak destyds onder sy aandag gebring is, maar dat hy
daarvan vergeet het. Dit was gemene saak by die verga=
dering dat, sedert verweerder met die boere daar teenwoordig
op /
45
op R150,00 per ha ooreengekom het, vergoeding daarna tot
soveel as R400,00 per ha gestyg het. Eiser se saak was
dat die klagte gegaan het oor die ongelyke behandeling,
en die feit dat pryse intussen tot R480,00 i p v
R400,00 per ha gestyg het, het hieraan niks verander nie,
Dit is dus nie duidelik waarom Lategan doelbewus sy kennis
van die R480-transaksies sou verswyg toe hy getuig het nie
Geeneen van eiser of sy getuies het getuig dat navrae oor
moontlike ander transaksies op die vergadering gedoen is
nie. Hulle sou ook nie, want kennis van die transaksies
teen R400,00 per ha was vir hulle genoeg. Daar moet
verder in gedagte gehou word dat baie transaksies deur
Lategan hanteer word, en hy kon baie maklik van een
vergeet het. Dat hy doelbewus gelieg het, soos die
verhoorregter/...........
46
verhoorregter bevind het, is, na my mening, nie
geregverdig nie.
Wat Lategan se verduideliking van Becker se
memorandum betref, neem ek aan dat die verhoorregter in
gedagte het Lategan se getuienis oor verweerder se
voornemens aangaande die kontrakte waarvolgens vergoeding
van R400,00 per ha betaalbaar was. Die verhoorregter
sê in sy uitspraak dat Lategan getuig het dat daar voor
die vergadering besluit is om nie met daardie kontrakte
voort te gaan nie, welke getuienis in stryd was met die
memorandum van 19 Junie 1979. Indien Lategan se
getuienis oor hierdie aspek in sy geheel gelees word, is
dit heeltemal duidelik, meen ek, dat al wat hy gesê het is
dat /.......
47.dat die amptenare besluit het om hul strategie te veranderdeur vir die huidige die kontrakte ingevolge waarvanR400,00 per ha betaalbaar was, links te laat lê. Daaris besluit om eers met die Rl50- eienaars te onderhandel,waarna die posisie t o v die R400-kontrakte heroorweegsou word. In hierdie verband was die hernuwing vanlaasgemelde kontrakte ten tyde van die vergadering "vandie baan af" soos Lategan getuig het. En dit is presieswat Becker in die memorandum van 19 Junie 1979 sê:onderhandel met die Rl50-eienaars en laat vireers dieR400-eienaars daar. Die verhoorregter se bevindingdat Lategan se getuienis was dat finaal besluit is om niemet die R400-kontrakte voort te gaan nie, is dus niegeregverdig nie. Dit was gemene saak dat, voor die
verstryking/.........
48.verstryking van die aanvanklike tydperk, die verweerdersy regte ingevolge hierdie kontrakte uitgeoefen hetteen die aanvanklik ooreengekome vergoeding van R400,00per ha. Dit is in ooreenstemming met Lategan segetuienis. Ook wat hierdie aspek betref, is ek dusvan mening dat die verhoorregter se kritiek nie kanstandhou nie.Wat Linning betref, stem ek nie met die verhoor=regter saam dat sy getuienis die saak ten opsigte van diebeweerde wanvoorstellings nie verder neem nie. Linningse getuienis dat die vergoeding wat deur verweerderingevolge kontrakte soos die onderhawige betaal word,deur die raadgewende geoloog vasgestel word, is niebetwis nie. As laasgenoemde se assistent was Linning
direk /
49.direk gemoeid met, en verantwoordelik vir wat op dievergadering oor vergoeding aan die boere gesê word.Sy uitdruklike getuienis dat geeneen van verweerder seamptenare die beweerde wanvoorstelling gemaak het nie,kan gevolglik nie eenvoudig opsygeskuif word, soos dieverhoorregter blykbaar gedoen het nie. Daar is namens die eiser betoog dat Linning onderkruisverhoor sou toegegee het dat die beweerde wanvoorstellingwel gemaak is. Nie alleen sou so 'n toegewing heeltemalin stryd wees met Linning se voorafgaande ondubbelsinnigeen duidelike getuienis dat die wanvoorstelling nie
*gemaak is nie, maar 'n ontleding van die passasie waarop
in hierdie verband gesteun is, toon duidelik, na my mening,dat geen toegewing van die aard inderdaad gemaak is nie.
Die "/
50.
Die volledige gedeelte van die kruisverhoor lees asvolg:-
"Nou as daar nou 'n boer kom en hy sê hyis nou maar 'n boer en hy het afgelei datniemand meer gaan kry nie, sê u hy praatdie onwaarheid? Ek praat nou nie van
redelikerwys nie. - Ek kan dit nie
bevraagteken nie, as iemand dit so sê danaanvaar ek dat hy so gevoel het.
Nou die eiser sê dat hy het in die ligvan die antwoorde weer op daardie vergaderingafgelei dat dit duidelik is dat niemand meeras R360 sou kry nie. Nou u sê u kan nie dit
bevraagteken nie? - Ek kan dit nie bevraag=
teken nie maar daar kon natuurlik baie anderredes gewees het hoekom hierdie motief nouopgewerp word.
Nou nadat die antwoord gegee is hulle gaanhuil, u het reeds aan Sy Edele gemeld datdaar kon 'n toeligting van gewees het wat u nou
nie kan onthou nie, is dit korrek? - Dit
is korrek.
U sien mnr Wierenga getuig dat hy net eenvraag op daardie vergadering gevra het en dievraag wat hy gevra het was na aanleiding van
die /
51.
die antwoord hulle gaan nog huil en dievraag wat hy gevra het was 'Dus niemand salmeer as R360 kry nie?' waarop dit bevestigend
beantwoord is deur mnr Lategan. - As daar
gepraat is van niemand dan was dit beperk totdaardie spesifieke groep waarmee ons onder=handel het. Dit het nie betrekking gehad openige wyer groep of wyer gebied nie.
Kon daar gepraat gewees het van 'niemand'?'Niemand sou meer kry nie', in enige konteks? --Nie in enige konteks nie.
Maar gee . u nou aan Sy Edele te kenne datelke woord op daardie vergadering gehoor het
en elke woord kan onthou wat daar gesê is? -
Ek het reeds erken dat ek nie elke woord involgorde daarvan kan onthou nie.
Nou wil ek weer vir u vra: was die woorde
gebruik, niemand kry meer nie? - Dit was nie
in enige konteks gebruik nie."
Na my mening is dit duidelik dat al wat Linningin die boaangehaalde passasie sê is dat as iemand sou sêhy het afgelei dat niemand meer as R360,00 sou kry nie,kan hy dit nie betwis nie. Dit beteken hy kan nie die
feit / ...
52
feit van die afleiding betwis nie. Dit beteken
natuurlik gladnie dat hy toegee dat die afleiding
gegrond of geregverdig is nie. Inderdaad gaan Linning
voort pm in die res van die aangehaalde gedeelte dit
duidelik te stel dat die wanvoorstelling nie gemaak is
nie.
Uit die eerste sin van die vraesteller in die
boaangehaalde passasie, blyk dit dat die vraag aan Linning
gestel is op die veronderstelling dat die afleiding nie
noodwendig 'n redelike afleiding is nie. Linning se
antwoord moet vergelyk word met sy antwoord toe hy gevra
is of Lategan se woorde "hulle gaan nog huil" nie die
boere kon laat dink het dat niemand meer as R360,00 sou
kry nie. Hy het toe as volg geantwoord :-
"Ek /........
53.
"Ek sal nie sê dit is 'n redelike afleidingnie want die boere het presies geweet vandie mense wat alreeds R400 gekry het en ekdink hulle moes redelikerwyse aanvaar hetdat die prys is darem nou nie 'n konstanteprys nie want dit het al van R150 gekom naR400 deur die jaar, hulle het geweet daarvan."
Dit is baie duidelik uit Linning se getuienis
(soos inderdaad ook uit sy twee kollegas se getuienis) dat
ondervinding hom geleer het dat pryse noodwendig styg
wanneer 'n projek gunstig verloop. Ek vind dit dus haas
ondenkbaar dat Linning sonder protes sou terugsit terwyl
Lategan ondernemings ten opsigte van toekomstige pryse
maak. Linning se getuienis dat die beweerde wanvoorstelling
nie gemaak is, en nie gemaak kon gewees het nie, moet baie
gewig dra, veral omdat die verhoorregter geen kritiek
teen /......
54.
teen sy getuienis uitgespreek het nie.
Becker se getuienis oor die gesprek wat hy
met eiser en sy vader gehad het, wat deur die verhoor=
regter as 'n versinsel verwerp is, is die volgende:
Becker het getuig dat hy op 17 Julie 1979 die dokumentasie
in verband met die wysigingsooreenkomste na die eiser en
sy vader op laasgenoemde se plaas geneem het. Laasge=
noemde het 2 plase besit ten opsigte waarvan benoemings=
kontrakte aangegaan is. Omdat een van die plase buite die
sogenaamde kerngebied geleë was, wou verweerder nie die
kontrak ten opsigte van hierdie plaas verleng nie. Eiser
se vader was teleurgesteld, en volgens Becker het eiser
toe aan sy pa gesê dat as die plaas dan nie nou vir
verweerder van belang is nie, sy pa dit later teen 'n hoër
prys / . . .
55.
prys kan beding. Becker het gesê dat hy nie die insidentvan genoeg belang geag het om verweerder se regsverteen=woordigers voorheen daarvan te" sê nie. Dit is aan hom deureiser se advokaat gestel dat die eiser die gesprek ontken.Dit blyk nie uit die uitspraak waarom Becker se getuienisoor die gesprek as 'n versinsel afgemaak word nie.
Eiser se aanmerking, soos deur Becker getuig, klink vir my 'n heel natuurlike aanmerking en een wat mens sou verwaghet om op daardie tydstip in die omgewing te hoor.
Vir die redes hierbo uiteengesit, is ek van
mening dat die verhoorregter se kritiek teen die getuienisvan Lategan en Becker nie geregverdig is nie, en dat hygevolglik onvoldoende gewig aan hulle getuienis geheg
het. Heelwat ander punte van kritiek teen hierdie getuies,sowel as teen Linning, is deur die advokaat namens die eiser
geopper. Ek vind dit onnodig om in besonderhede daarmeete handel omdat dit in sekere gevalle nie geregverdigis nie en in die ander gevalle nie wesenlik is nie.
Die /......
56.
Die verhoorregter bevind dat een van die redeswaarom die boere die vergadering van 3 Julie 1979 bygewoonhet, was om te verseker dat hulle vergoeding nie minder souwees as wat in die toekoms aan ander betaal sou word nie.Daarom vind die verhoorregter dit waarskynlik dat die wan=voorstelling gemaak is. Ek vind dit moeilik om te aanvaardat redelike mense met gesonde verstand, wat ek aanvaar eiseren sy groepie is, kon gedink het dat pryse altyd dieselfdespu bly, of dat dit binne verweerder se vermoë was om teonderneem om sy pryse altyd dieselfde te hou. Al kon hulnog miskien so gedink het toe hulle aanvanklik gedurende 1976met verweerder op vergoeding van R150,00 per ha ooreengekomhet, het hulle drie jaar later geweet dat die pryse deurgaansskerp gestyg het. Hulle moes besef het dat die stygingnie te wyte is aan die altruïsme of vrygewigheid van dieverweerder nie, maar aan die feit dat eienaars op hoërpryse aandring, en dat kompetisie die verweerder verpligom sy pryse te verhoog. Dit was gemene saak dat prysstygingsna die vergadering voortgeduur het totdat teen die einde van 1979 tot
soveel /
57.
soveel as R800,00 per ha deur verweerder betaal moes
word. Dat verweerder geen versekering kon gee dat die
vergoeding konstant sou bly nie, moes ook vir die eiser
duidelik gewees het uit die verweerder se brief van
18 April 1979 wat geskryf is in antwoord op 'n vorige
klagte van eiser in sy brief van 22 Maart 1979, dat daar
aan hom voorgehou is dat pryse konstant sal bly. In die
brief van 18 April 1979 word uitdruklik verwys na opposisie-
maatskappye wat verweerder verplig om sy pryse te verhoog
en word verweerder se standpunt oor die saak baie duidelik
gestel: pryse bly uit die aard van die saak nie konstant
nie en dit is nie moontlik om enige onderneming t o v
toekomstige pryse te gee nie. In die lig van wat in
verweerder se brief van 18 April 1979 gesê is, is dit
baie /.......
58.
baie onwaarskynlik dat dieselfde amptenare wat verantwoordelik wasvir die inhoud van die brief, kort daarna 'n direk teenoorgesteldestandpunt sou inneem op die vergadering van 3 Julie 1979. Eisermoes dus besef het dat die stygende neiging sou voortduur in dietoekoms, en dat dit nie moontlik was vir verweerder am pryse in dietoekoms tot R360,00 per ha te beperk nie.Die verhoorregter sê ten aanvang van sy bevindings tenopsigte van verweerder se getuies die volgende :-
"Lategan, Becker en Linning ontken in hul getuienisdat hulle 'n versekering gegee het dat niemandmeer as R360 betaal sou word nie. Dit sluitnatuurlik nie die groepie R400-eienaars in nie.Dit is egter heeltemal strydig met die hele doelvan die vergadering wat die eienaars betref."
Die verhoorregter het vroeër in sy uitspraakbevind dat die doel van die vergadering was om eerstens'n verhoging te kry en tweedens om te verseker dat hullenie minder sou kry as wat aan ander eienaars in dietoekoms aangebied word nie. Om die redes wat ek reeds
genoem /
59.
genoem het, kan ek nie saamstem dat die boere ooit kon
gedink het dat hulle so 'n onderneming van verweerder
kon kry nie,
Die verhoorregter bevind dat eiser en sy
groepie onbewus was van die verwagte prysstyging in die
toekoms, en dat dit die verweerder se hele strategie was
om met die boere "te onderhandel op die basis van beplande
geheimhouding". Daarom moes met die boere onderhandel
word solank hulle bewus was van die pryse van R400,00
per ha, maar onbewus van verdere stygings, en daarom, as
ek die uitspraak reg verstaan, is dit waarskynlik dat die
beweerde wanvoorstellings gemaak is - dit sou dan inpas
by verweerder se hele strategie. Die verhoorregter vind
steun / ........
60.
steun vir hierdie gevolgtrekking in Becker se memorandumvan 19 Junie 1979. Soos ek reeds gesê het, kan ek nieaanvaar dat eiser en sy mede-boere onbewus was van dieverwagte verdere styging in pryse nie. Hulle moes ditself geweet het, en hulle is in elk geval uitdruklikdaarop attent gemaak deur verweerder in die brief van18 April 1979. Van geheimhouding was daar gevolglikgeen sprake nie. Wat die memorandum betref, kan ekdaarin niks sinistêr of onbehoorlik sien nie. Al watBecker daarin voorstel, is dat die kontrakte ingevolgewaarvan laer vergoeding betaalbaar is, eers heronderhandelword. Daarmee is niks verkeerd nie. Verder moet ingedagte gehou word dat eiser en sy groep meer as 'n maandtyd gegee is om die aanbod van R360,00 per ha te oorweeg.
Hulle /
61.
Hulle het dus volop tyd gehad om uit te vind van die
aanbiedinge van hoër as R360,00 per ha. Dit dui
glad nie op 'n strategie van geheimhouding nie.
Ek vind dit baie onwaarskynlik dat ervare
sakemanne en onderhandelaars soos Lategan en Becker,
wel wetende dat pryse van vergoeding in die Settlers-
omgewing besig was om skerp te styg en dat aanbiedinge
van so hoog as R500,00 per ha reeds geweier is, en dat
hulle in die toekoms nog meer sou moes betaal , aan 'n
groepie boere 'n versekering sou gee dat nie meer dan
R360,00 per ha betaal sal word nie, en dan boonop aan
hulle meer as 'n maand tyd gee om te besluit. Wat
Lategan en Becker betref, moes hulle geweet het dat die
onwaarheid / ........
62.
onwaarheid van so 'n voorstellihg baie maklik vasgestel kon wbrd.
Die verhoorregter vind steun vir sy bevindingdat die wanvoorstelling gemaak is, in verweerder se briefvan 18 April 1979, wat hierbo aangehaal is, 'n verdere briefvan verweerder gedateer 6 Junie 1980, sowel as in verskeieander briewe wat deur die partye se onderskeie prokureursgeskryf is. Wat eersgenoemde brief betref, sê die verhoor=regter dat daar geen uitdruklike ontkenning van die wan=voorstelling is nie, maar slegs 'n argument. Die stellingin die brief is egter duidelik: geen voorstel dat niemandin die toekoms 'n hoër vergoeding sou kry, kon gemaakgewees het nie. Klaarblyklik is inbegrepe 'nontkenning dat so 'n voorstel inderdaad gemaak is. Watdie verweerder se brief van 6 Junie 1980 betref, wat
geskryf /
63.geskryf is in antwoord op eiser en sy mede-boere sebrief van 12 Maart 1980, waarna ek reeds hierbo verwyshet, is dit so dat die brief glad nie met die beweringsin die laasgemelde brief handel nie. Daar word slegsgesê dat nie aan die boere se versoek om 'n samesprekingmet dr de Villiers te hou, voldoen kan word nie, dat ditgeen doel sal dien om verder op die saak in te gaan nie endat dit as afgehandel beskou moet word. Nog in hierdiebrief, nóg in die ander briewe van verweerder se prokureurwaarna die verhoorregter verwys, kan ek enige steun vindvir die beweerde wanvoorstelling.Vir die redes wat ek hierbo uiteengesit het, hetek tot die gevolgtrekking gekom dat die eiser nie bewys hetdat die beweerde voorstelling gemaak is nie, en dat die
bevinding / ..
64.
evinding van die Hof a quo gevolgiik nie kan staan nie.
Dit is gevolglik nie nodig om te handel met die
spesiale vêrwere wat narnens verweerder: geopper is nie
Na my mening behoort die appèl met koste te
slaag.
W. VIVIER Wnd AR.
TRENGOVE, AR ) stem saam