Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk. v Merwe (2) (245/83) [1985] ZASCA 26 (21 May 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the trial court was justified in accepting the respondent's version of events and in rejecting the evidence of the appellant's witnesses, particularly Lategan and Linning. The court held that the appellant's representatives knowingly made misleading statements to induce the respondent and other farmers to accept a lower price per hectare. These statements included both explicit assurances and implied representations about future payments to other farmers. The respondent was justified in relying on these representations, and the trial court's credibility findings were supported by the record. The appeal was dismissed, and the trial court's order was upheld.

Court disposition

Appeal dismissed; trial court's order confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The order of the trial court stands.

02

Material facts

Parties

Trans-Natal Steenkoolkorporasie Beperk

Appellant

Christiaan Frederick van der Merwe

Respondent

Amounts and remedies

  • Maximum Price Per Hectare Assured: ZAR 360

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Final Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that no binding assurance was given that no other farmer would receive more than R360 per hectare, and that any statements made were either misunderstood or not intended as contractual undertakings. The appellant contended that the respondent and his group could not reasonably have relied on such statements, especially in light of prior correspondence indicating that future prices could change. The appellant further maintained that its officials did not act dishonestly or with intent to mislead.
Respondent
The respondent maintained that the appellant's official, Lategan, gave an explicit assurance that no one in the relevant area would receive more than R360 per hectare, and that this assurance was reinforced by statements about other farmers who refused to sign. The respondent argued that these representations were intended to induce acceptance of the lower price and that he and his group relied on them in good faith. The respondent asserted that the trial court correctly found the appellant's witnesses to be unreliable and that the misrepresentation was material and actionable.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    South African law of contract; as discussed in the judgment.

    A misrepresentation regarding future events, made dishonestly and intended to induce another party to act, constitutes actionable fraud.

  2. 02

    General appellate principles; as referenced in the judgment.

    The credibility of witnesses and the trial court's findings thereon are of utmost importance and should not be lightly disturbed on appeal.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the trial court was justified in accepting the respondent's version of events and in rejecting the evidence of the appellant's witnesses, particularly Lategan and Linning. The court held that the appellant's representatives knowingly made misleading statements to induce the respondent and other farmers to accept a lower price per hectare. These statements included both explicit assurances and implied representations about future payments to other farmers. The respondent was justified in relying on these representations, and the trial court's credibility findings were supported by the record. The appeal was dismissed, and the trial court's order was upheld.

Obiter and limits

  • The court observed that businesspeople may not always appreciate the legal consequences of making predictions about future events, but the law distinguishes between honest speculation and deliberate misrepresentation.
  • The court noted that the strategy of secrecy adopted by the appellant's officials was designed to prevent the farmers from learning about higher future payments, which further supported the finding of intentional misrepresentation.

Court disposition

Appeal dismissed; trial court's order confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The order of the trial court stands.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 26

LL Saak No. 245/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK Appellant

en

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE Respondent

CORAM: KOTZe, TRENGOVE, CILLIe, BOTHA ARR

et VIVIER WN AR

VERHOORDATUM: 13 MAART 1985

LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1985

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-Ek het die voordeel daarvan gehad om die uit=sprake te lees van my kollegas KOTZé en VIVIER. Ekstem saam met my kollega KOTZe dat die appèl afgewysmoet word. Ek stem ook in elke opsig saam met die be=redenering wat in sy uitspraak uiteengesit word ter onder=steuning van sy gevolgtrekking. In my gedágtegang isdaar egter 'n paar bykomstige redes waarom ek met eerbiedverskil van die beredenering wat vervat is in die uit=spraak van my kollega VIVIER, en wat ek my verplig voelom kortliks te vermeld. Hierdie redes moet gelees wordas aansluitend by wat reeds gesê is in die uitspraak vanmy kollega KOTZé.

My kollega VIVIER se beoordeling van die eiserse getuienis en sy gepaardgaande kritiek op die Verhoor=regter se beskouing daarvan is na my mening nie te rymmet wat in die oorkonde verskyn nie. 'n Bestuderingvan die eiser se getuienis soos dit in die oorkonde

/verskyn ...

3.

verskyn, laat by my geen twyfel nie dat die eiser vanbegin tot einde deurgaans hom beroep het op twee afson=derlike dinge wat Lategan gesê het: eerstens, 'n uit=druklike versekering wat hy gegee het dat niemand indie betrokke gebied meer as R360 per ha sou kry nie, entweedens, 'n uitlating wat hy gemaak het dat "die Hol-landers" (dié boere wat geweier het om te teken) nogsou huil. Dit is in die samehang van laasgenoemdeuitlating dat die eiser gesê het dat hy die afleidinggemaak het dat niemand meer as R360 per ha sou kry nie.Hy het dit nie gesê asof hy daardeur sy vorige getuie=nis oor die uitdruklike versekering van Lategan ver=ander het nie; die oorkonde toon duidelik aan dat dieeiser ná sy getuienis oor die afleiding wat hy gemaak hetvan die uitlating dat die Hollanders nog sou huil, weereens in ondubbelsinnige en onomwonde terme bevestig het datLategan óók die uitdruklike versekering gegee het datniemand meer as R360 sou kry nie. In soverre dit blyk

/dat . . .

4.

dat die eiser in 'n mate verward geraak het tussen Late=gan se uitdruklike versekering en sy uitlating oor dieHollanders en die afleiding wat hy van laasgenoemde ge=maak het, toon 'n bestudering van die oorkonde aan datdie Verhoorregter se hantering van hierdie aspek vansy getuienis ten volle geregverdig was. Aan die handvan die oorkonde kan ek gevolglik met eerbied nie saam=stem met my kollega VIVIER se kritiek dat dit virdie Verhoorregter nie genoeg was om te bevind dat dieeiser "eerlik en opreg" was nie en dat hy eintlik moesoorweeg het of die eiser nie onder 'n wanindruk was vanwat gesê is nie. Wat Lategan se uitdruklike versekeringbetref, is daar in die eiser se getuienis, soos gestaafdeur die getuienis van Wierenga en Pretorius, geen ruimtevir 'n bevinding van 'n "wanindruk" nie, en gevolglik isdie Verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings van dieuiterste belang. In die oorkonde is daar geen gronde te

/vind ...

5.

vind om te dink dat die Verhoorregter in sy beoordelingvan die eerlikheid van die eiser en sy getuies gefouteerhet nie. Wat betref Lategan se uitlating oor die Hol=landers wat nog sou huil, kan ek nie met my kollegaVIVIER saamstem dat die eiser nie geregverdig was omdaaruit af te lei dat niemand meer as R360 sou ontvangnie. Dié afleiding strook nie alleen met die uitdruk=like versekering wat gegee is nie, maar ook met die heleagtergrond en oogmerk van die vergadering, gesien uit dieoogpunt van die eiser en sy mede-boere, soos ook bekendwas aan die verweerder se amptenare. Die korrektheidvan die eiser se afleiding word bowendien gestaaf deurdie treffende onvermoë van die verweerder se amptenare,Lategan en Linning, om in hulle getuienis 'n bevredigendeverklaring te gee van wat deur die betrokke uitlatingbedoel was. Lategan se getuienis was dat hy gesê het"van die Hollanders sal nog huil", en hy het voorgegeedat hy in werklikheid net één "Hollander" in gedagte

/gehad ...

6.

gehad het, ene Dykema, in wie se grond die verweerdernie belang gestel het nie. Lategan se getuienis inhierdie verband, soos dit voorkom in die oorkonde (vol5 pp 405-9) is onbevredigend en onaanvaarbaar. Linninghet volstrek geweier om toe te gee wat klaarblyklik on=vermydelik was, naamlik dat die woord "huil" daaropgedui het dat iets nadeligs die betrokke mense sou tref.Sy getuienis in hierdie verband, soos dit voorkom in dieoorkonde (vol 7 pp 579-584) is ewe-eens onbevredigend enonaanvaarbaar. Dit is na my oordeel duidelik dat dieverweerder se getuies doelbewus, maar onsuksesvol, pro=beer wegskram het van die feit dat Lategan se uitlatingbedoel was om die betekenis te dra wat die eiser daaruitafgelei het.My kollega VIVIER se sienswyse van die verweer=der se getuies Lategan, Linning en Becker, en sy gepaard=gaande kritiek op die Verhoorregter se beskouing vanhulle getuienis, is na my mening ook nie te rym met díe

/inhoud ....

7inhoud van die oorkonde nie. Dit blyk reeds uit wat.in my kollega KOTZe se uitspraak vervat is, waarby eknet die volgende opmerkings wil voeg. Wat Lateganbetref, het die Verhoorregter in sy uitspraak slegs bywyse van voorbeeld twee punte van kritiek genoem tertoeligting van sy ongunstige indruk van Lategan as 'ngetuie. Dié twee punte word genoem in die uitspraakvan my kollega VIVIER en een daarvan word volledig be=handel in die uitspraak van my kollega KOTZé. Ditis egter geensins die enigste geldige gronde van kri=tiek teen Lategan se getuienis nie. Die Verhoorregtersê in sy uitspraak dat die eiser se advokaat 'n hele aan=tal onbevredigende aspekte van Lategan se getuienis op=gesom het en dat hy met die meeste van die advokaatse submissies saamstem. Daardie submissies is voorhierdie Hof herhaal, en aan die hand van 'n bestuderingvan die oorkonde stem ek, soos die Verhoorregter, metdie meeste daarvan saam. My kollega VIVIER bevind

/dat ...

8dat die punte van kritiek óf nie geregverdig óf niewesenlik is nie. Ek stem met eerbied nie daarmeesaam nie. Ek volstaan met die gevolgtrekking dat 'nbestudering van die oorkonde ten duidelikste aantoondat die Verhoorregter ten volle geregverdig was omLategan se getuienis as onaanvaarbaar te verwerp. Ins=gelyks is die verwerping van Becker se getuienis na mymening ook onaanvegbaar. Wat Linning betref, het dieVerhoorregter gesê sy getuienis "neem die direkte puntnie veel verder nie". Klaarblyklik het die Verhoor=regter hier verwys na die feit dat Linning nie posítiefkon betwis dat Lategan wel die woorde gebesig het waar=van die eiser en sy getuies getuig het nie en dat hymaar net sy eie, subjektiewe vertolking van sulke woordeverstrek het. In daardie opsigte was die Verhoorregterse opmerking 'n geregverdigde beskouing van die effek vanLinning se getuienis.

Ten slotte wil ek verwys na my kollega VIVIER

/se ...

9.

se beskouing van die waarskynlikhede teen die eiser seweergawe van die gebeure op die vergadering van 3 Julie1979. Kortliks kom dit daarop neer dat dit onwaarskyn=lik is, enersyds, dat die eiser en sy groepie kon gedinkhet dat pryse in die toekoms dieselfde sou bly en datdit binne die vermoë van die verweerder was om 'n onder=neming in dié verband te gee, veral in die lig van dieverweerder se brief van 18 April 1979, en, andersyds,dat die verweerder se amptenare inderdaad so 'n onder=neming sou gegee het, veral in die lig van die feit dathulle geweet het dat hoër pryse in die toekoms betaalsou moes word en dat die eiser en sy mede-boere daarvante hore sou kom.

Waarskynlikhede kan natuurlik nie in isolasiebeoordeel word, bloot aan die hand van objektiewe maat=stawwe nie. Die waardebepaling van waarskynlikhede hangten nouste saam met die aard en inhoud van die getuieniswat dienaangaande afgelê word deur die persone wat by

/die ...

10.die tersaaklike gebeure betrokke was.

Wat die eiser en sy mede-boere betref, moeteerstens in ag geneem word wat die hele agtergrond endie oogmerk was van die vergadering, uit hulle oogpuntgesien. Dit is reeds in die uitspraak van my kollegaKOTZe behandel. Tweedens moet daarop gelet word datdie eiser pertinent onder kruisondervraging geneem isoor die inhoud van die verweerder se brief van 18 April1979 en die uitwerking daarvan op die boere se bereid=willigheid om weer 'n versekering te aanvaar oor geenhoër pryse in die toekoms nie. Die eiser het voet bystuk gehou dat hulle so 'n versekering wou gehad het endat hulle dit aanvaar het toe dit gegee is. In dieloop van sy getuienis het die eiser verduidelik dat ditnou die tweede keer was dat die kwessie van gelyke be=handeling ter sprake gekom het en dat hulle nou met dietop bestuur van die verweerder te doen gehad het - hullewas "in die leeu se bek". Daarby moet in gedagte gehou

/word ...

11.

word dat die vorige versekering reeds 3 jaar vantevore -gegee is,deur iemand wat maar net 'n beampte in die veldwas, en in 'n stadium toe die hele projek nog maar in sybegin-stadium was. ' Intussen was daar heelwat verdereverwikkelinge en sou dit nie onredelik gewees het vandie boere om te aanvaar dat die posisie so verander hetdat die top bestuur in staat was om op daardie tydstipte bepaal wat die maksimum-pryse is wat daarna betaalsou word en om 'n versekering te gee in hierdie verbandnie.

Wat die verweerder se amptenare betref, is ditbelangrik om ter aanvang daarop te wys dat die wanvoor=stellings waaroor dit hier gaan van 'n besondere aard is.

Dit is nie valse stellings van bestaande feite nie, maar

stellings van dinge wat in die toekoms sou gebeur. Regs=geleerdes weet dat iemand wat 'n voorspelling van 'n toe=komstige gebeurtenis maak terwyl hy nie self die waar=heid van sy voorspelling glo nie, skuldig is aan 'n wan=

/voorstelling ...

12.

voorstelling ten aansien van sy eie gemoedstoestand.Ek wil my voorstel dat daar weinig leke is wat bewusis van hierdie subtiele regsbenadering, en dat daar be=sigheidsmense is wat bespiegelings oor die toekomstigeverloop van sake as geoorloofde besigheidstaktiek salbeskou waaraan geen regsgevolge vasgeknoop kan word nie.Om te bepaal wat die houding van die verweerder se amp=tenare in hierdie verband was, is dit nodig om 'n paaraspekte van hulle optrede in oënskou te neem.

Daar kan na my mening geen twyfel wees datdie verweerder se amptenare die vergadering benader hetmet die opset van geheimhouding van die vooruitsig dathoër pryse in die toekoms aan ander boere betaal soumoes word nie. Dit was die hele strategie wat voort=gespruit het uit die memoranda wat voor die vergaderingopgestel is. Ten tyde van die vergadering was dit in

die hoogste mate waarskynlik, eerstens, dat indien daar

'n verlenging van die kontrakte van die R400 - boere verkry

/sou .. .

13.

sou word, aan hulle meer as R400 betaal sou moes word,en tweedens, dat daar aan ander boere, insluitende een"Hollander" (Groothof), nog meer betaal sou moes wordom kontrakte van hulle te verkry. Ten spyte van ken=nis van hierdie vooruitsigte, stel Lategan dit aan dieboere dat hulle nie moet kibbel oor die R400-mense nieen dat (van) di'e Hollanders nog gaan huil. Beide vanhierdie stellings was klaarblyklik, op hulle minste,halwe waarhede; die ander, versweë helfte, was onwaar,En in beide opsigte het Lategan getuienis afgelê watvérwerp moet word: dat die verlenging van die R400-mense se kontrakte nie meer in die prentjie was nie, endat hy aan net één Hollander gedink het. Hieruit isVï erg nadelige afleiding teen die verweerder se helesaak geregverdig.

Die trefkrag van die voorgaande oorwegings

iis dat dit lei tot die onvermydelike gevolgtrekking dat

Lategan nie geskroom het om bewustelik op 'n oneerlike

/wyse ...

14.

wyse die boere te mislei ten einde hulle instemming met'n bédrag van R360 te verkry nie. Dit synde die posisie,kan ek geen onwaarskynlikheid daarin bespeur dat Lateganeen stappie verder sou gegaan het en aan die boere dieuitdruklike versekering sou gegee het (wat alreeds byimplikasie opgesluit was in sy halwe waarhede) dat nie=mand anders daarna meer as R360 sou kry nie.

Die feit dat aan die eiser en sy groepie tydgegun is om hulle posisie te oorweeg, doen geen afbreukaan die voorgaande oorwegings nie, omdat daar geenaanduiding is dat daar in daardie tydjie iets verder sougebeur wat die boere die ware toedrag van sake sou laatagterkom het nie. Dat hulle uiteindelik tog sou hoordat ander boere inderdaad meer gekry het, het Lateganklaarblyklik nie gehinder nie, soos blyk uit sy oneer=like optrede waarna ek reeds verwys het. Die afleidingis geregverdig dat die verweerder se amptenare se houdingwas dat as die boere eers die verlengingskontrakte onder=

/teken ...

15.

teken het, hulle maar later kon kla omdat ander boeremeer gekry het, maar dat daar geen nadelige regsgevolgevir die verweerder daaruit sou kon voortspruit nie.

Ek stem dus saam met die bevel gemaak deur mykollega KOTZe.

A.S. BOTHA AR

CILLIe AR STEM SAAM

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

No structured authorities are available for this judgment.

Refer to the full judgment and official source for citations that have not yet been extracted.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.