Triotrade Gauteng CC v Grainco (Edms) Bpk (10375/2012) [2015] ZAGPPHC 930 (14 December 2015)
- Citation
- [2015] ZAGPPHC 930
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C.P. Rabie
- Case number
- 10375/2012
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C.P. Rabie
- Case number
- 10375/2012
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the plaintiff's late delivery of expert notice and documents was the primary cause of the postponement, placing the defendant in an untenable position. Accordingly, the plaintiff was ordered to pay the reserved costs. Regarding the application for leave to appeal, the court applied the statutory test and concluded that there was no reasonable prospect that another court would reach a different conclusion. The evidence at trial was consistent with the pleaded case, particularly on delivery terms, and the objective evidence and correspondence supported the plaintiff's version. The defendant's witness was found to be unreliable, and the argument that the parties intended to be bound only upon execution of a written agreement was rejected. The application for leave to appeal was dismissed with costs, including those of senior counsel.
Court disposition
Application for leave to appeal dismissed with costs; reserved costs awarded against the plaintiff.
Orders
- The previously reserved costs are to be paid by the plaintiff, including the costs of senior counsel.
- The application for leave to appeal is dismissed with costs, including the costs of senior counsel.
02
Material facts
Parties
Triotrade Gauteng CC
PlaintiffGrainco (Edms) Bpk
DefendantAmounts and remedies
- Claimed Replacement Price for Groundnuts: ZAR 11,000
03
Procedural history
Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal and Determination of Reserved Costs
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Who should bear the reserved costs from the previous postponement of the trial.
- 02
Whether leave to appeal should be granted against the judgment and order of 22 June 2015.
- 03
Whether a binding contract was concluded between the parties.
- 04
Whether the evidence presented by the plaintiff was consistent with the pleaded case.
- 05
Whether the parties intended to be bound only upon execution of a written agreement.
Party arguments
- Applicant
- The defendant argued that the plaintiff's late delivery of expert notice and documents necessitated the postponement, and that the evidence at trial was inconsistent with the particulars of claim. The defendant submitted that the court erred in finding agreement on delivery terms, that the plaintiff's evidence was unsatisfactory, and that essential terms remained unresolved, indicating no binding contract. The defendant further contended that the parties did not intend to be bound until a written and signed agreement was executed.
- Respondent
- The plaintiff argued that neither party was blameless for the postponement, but the defendant was not prejudiced by any late disclosure. The plaintiff maintained that the evidence at trial matched the pleaded case, particularly regarding delivery timelines, and that the contract was sufficiently certain and binding. The plaintiff asserted that the defendant selectively relied on parts of the evidence and that the defendant's witness was unreliable. The plaintiff contended that the objective evidence and correspondence supported its version and that no reasonable court would reach a different conclusion.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 17(1)(a)(i) of the Superior Courts Act 10 of 2013
Leave to appeal may be granted only if there is a reasonable prospect that another court would come to a different conclusion.
- 02
Van Heerden v Cronwright and Others 1985 (2) SA 342 (T); Janit v Van Den Heever and Another NNO (No 2) 2001 (1) SA 1062 (W)
The test for granting leave to appeal is whether there is a reasonable prospect of success in the intended appeal.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the plaintiff's late delivery of expert notice and documents was the primary cause of the postponement, placing the defendant in an untenable position. Accordingly, the plaintiff was ordered to pay the reserved costs. Regarding the application for leave to appeal, the court applied the statutory test and concluded that there was no reasonable prospect that another court would reach a different conclusion. The evidence at trial was consistent with the pleaded case, particularly on delivery terms, and the objective evidence and correspondence supported the plaintiff's version. The defendant's witness was found to be unreliable, and the argument that the parties intended to be bound only upon execution of a written agreement was rejected. The application for leave to appeal was dismissed with costs, including those of senior counsel.
Obiter and limits
- The court noted that neither party was entirely blameless for the postponement, but the plaintiff's conduct was decisive in causing it.
- The defendant's selective reliance on parts of the evidence was criticized, and the importance of assessing the totality of the evidence was emphasized.
- The reliability of witnesses, particularly the defendant's witness, was questioned, reinforcing the court's findings on credibility.
Court disposition
Application for leave to appeal dismissed with costs; reserved costs awarded against the plaintiff.
- The previously reserved costs are to be paid by the plaintiff, including the costs of senior counsel.
- The application for leave to appeal is dismissed with costs, including the costs of senior counsel.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA
(GAUTENG AFDELING, PRETORIA)
14/12/2015
Saak nr. 10375/2012
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO
OTHER JUDGES
REVISED
In die saak tussen:
TRIOTRADE GAUTENG CC Eiser
en
GRAINCO (EDMS)BPK Verweerder
UITSPRAAK
RABIE, R
1. In hierdie uitspraak handel ek met twee aparte aspekte. Die eerste aspek is die van koste wat voorheen voorbehou is en ten aansien waarvan ek in paragraaf 4 van die hoof uitspraak geleentheid aan die partye gegun het om weer die aangeleentheid van voorbehoue koste terrolle te plaas indien geen skikking daaromtrent bereik word nie. Geen skikking kon bereik word nie en die partye het die geleentheid gebruik om daardie kwessie te argumenteer gelyktydig met die aansoek om verlof om te appelleer deur die verweerder. Die tweede aspek is die aansoek om verlof om le appelleer teen die geheel van die uitspraak en vonnis van hierdie hof op 22 Junie 2015. Geriefshalwe sal ek na die partye verwys soos wat hulle tydens die verhoor bekend gestaan het.
2. Ek verwys eerstens na die kwessie van voorbehoue koste. Die verhoor was vir die eerste keer geplaas op 9 April 2013 maar is by ooreenkoms
tussen die partye sine die uitgestel met koste van die uitstel voorbehou.
3. Die partye het vir doeleindes van hierdie koste argument op 'n stel feite ooreengekom. Dit is nie nodig om na al hierdie feite te verwys nie en ek verwys slegs na sekere van die relevante feite.
4. Volgens paragraaf 9 van die Besonderhede van Vordering het die eiser gepleit dat die redelike en billike prys waarteen grondbone aangekoop kon word in die plek van die grondbone wat die verweerder versuim het omle lewer, R11 000,00 was. Geen stawende dokumentasie is aangebied nie en niks is ook daaromtrent blootgele in die blootleggingsverklari ng van 19 Julie 2012 nie.
5. Tydens die voorverhoorkonferensi e van 12 Maart 2013 is geen woord gerep van deskundige getuienis wat die eiser sou aanbied nie.
6. Op 4 April 2013, twee hofdae voor die verhoor, lewer die verweerder dokumente aan die eiser af wat nie voorheen blootgele was nie. Op dieselfde dag lewer die eiser 'n deskundige kennisgewing af tesame met 'n faktuur van grondbone aangekoop. 'n Afskrif van die onderliggende kontrak word ook van die eiser aangevra.
7. Op die dag van die verhoor dui die verweerder aan dat hy om 'n uitstel gaan vra vanwee die laat aflewering van die deskundige verklaring
asook vanwee die laat aflewering van sekere dokumente en die versuim om ander beskibaar te stel. Soos voormeld het die partye ooreengekom
om die saak uit te stel.
8. Namens die eiser is argumenteer dat nie een van die partye blaamloos was in die veroorsaking van die uitstel nie. Volgens die verweerder het die eiser egter te alle lye aangedui dat hy gereed is om aan te gaan en dat hy derhalwe nie benadeel was deur enige laat blootlegging deur die verweerder nie.
9. Aan die ander kant het die eiser se laat kennisgewing van sy deskundige getuienis veroorsaak dat die verweerder nie in staat was om daardie getuienis behoorlik te ontleed en te oorweeg nie en boonop addisionele dokumente sou moes aanvra wat relevant geword het.
10. Ek is tevrede dat in al die omstandighede die eiser se versuim om tydig kennis van deskundige getuienis te gee asook die versuim om relevante dokumente betyds bloat te le, die oorsaak van die uitstel was. Hierdie laat optrede deur die eiser het die verweerder in 'n onhoudbare posisie geplaas. Die eiser behoort derhalwe die voorbehoue koste te betaal.
11. Ek verwys vervolgens na die aansoek om verlof om te appelleer. 'n Aansoek van hierdie aard moet bereg word in die lig van die bepalings van artikel 17 van die Wet op die Hooggeregshof, Wet 10 van 2013. Artikel 17 bepaal die omstandighede waarin verlof tot appel gegee kan word. Vir huidige doeleindes is dit die bepalings van artikel 17(1)(a)(i) wat oorweeg moet word. Hierdie subartikel behou die bekende toets vir 'n aansoek van hierdie aard naamlik of daar 'n redelike vooruitsig op sukses in die voorgenome appel is. (Cf. Van Heerden v Cronwright and Others 1985 (2) SA 342 (T); Janit v Van Den Heever and Another NNO (No 2) 2001 (1) SA 1062 (W)). In die oorweging van die vraag of daar 'n redelike vooruitsig op sukses is, moet ek beoordeel of daar 'n redelike vooruitsig is dat 'n ander hof mag bevind dat ek verkeerd was in my bevindings, of, anders gestel, ek moet oorweeg of daar 'n redelike vooruitsig is dat 'n ander hof tot 'n ander bevinding mag kom as die bevindings waartoe ek gekom het.
12. Die relevante vraag wat die hof moes bevind was of daar 'n bindende kontrak tussen die partye tot stand gekom het of nie. Die aansoek om verlof tot appel is in die betrokke kennisgewing in vyf hoof gronde vervat.
13. Die eerste grond was dat die hof fouteer het dat die partye op "lewering" ooreengekom het. Volgens die tweede grond is betoog dat die getuienis van die eiser in stryd was met die weergawe gepleit in die besonderhede van vordering. Derdens is betoog dat die getuienis in daardie verband in elk geval nie bevredigend was nie en verwerp behoort te gewees het. Die vierdie grond was dat die hof fouteer het deur te nie te bevind dat daar weselike terme is waarop die partye nie ooreengekom het nie en dat 'n kontrak derhalwe nie tot stand gekom heT nie. Die vyfde grand was dat die getuienis daarop gedui het dat die partye nie beoog het dat 'n
kontrak tussen hulle tot stand sou kom alvorens 'n geskrewe en ondertekende akte nie die lig gesien het nie.
14. Al die gronde waarop die huidige aansoek baseer is, was tydens die verhoor ter sprake en aan die einde daarvan betoog en tot 'n groat mate in die hof se uitspraak behandel. Ek ag dit nie nodig om na elkeen van die aspekte waarna die verweerder in hierdie aansoek verwys he! ter ondersteuning van die genoemde gronde, weer te verwys nie. Ek sal slegs na sekeres daarvan in die algemeen
verwys.
15. Ten aansien van die submissie dat die getuienis ten aansien van lewering van die grondbone verskil van die eiser se besonderhede van vordering is my gevolgtrekking dat daar geen meriete in hierdie betoog is nie en dat geen ander hof redelikerwys tot 'n ander bevinding kan kom nie. In paragraaf 5 van die besonderhede van vordering he! die eiser gepleit dat die verweerder die grondbone
binne 'n redelike tyd, naamlik binne drie maande van sluiting van die kontrak, sou lewer. Hierdie bewering het geklop met die getuienis.
Daarvolgens was dit nie moontlik om die presiese dag van lewering te bepaal nie aangesien die grondbone vanuit Malawi aangekoop is deur die verweerder, oor drie grensposte vervoer moes word en dat elke vrag tussen sewe en lien dae sou neem om hulle bestemming in Johannesburg te bereik. Gedagtig hieraan en aan die hoeveelheid vragte wat gelewer moes word, sou dit ongeveer drie maande neem om die hele besending te lewer. Die partye was di! volgens die getuienis eens dat die eerste vragte so gou as moontlik gelewer moes word en die ooreenkoms was verder dat na betaling met lewering die volgende vragte telkens sonder versuim gelaai en versend sou word. Uit die getuienis van die verweerder self, asook soos geblyk het uit die korrespondensie tussen die partye, was daar geen onduidelikheid oor wanneer die grondbone gelewer moes word nie. Die weergawe gepleit is dus nie in stryd met die getuienis wat gelewer is nie en die ooreenkoms tussen die partye oor hierdie aspek was duidelik.
16. Die verdere submissie in hierdie verband het berus op kritiek van die getuienis van Mnr van Zyl wat namens die eiser getuig het. In die hof se uitspraak is daar op sekere weersprekings in van Zyl se getuienis gewys en sy getuienis is ontleed. Daardie getuienis, saamgeneem met die ander objektiewe getuienis in die saak sowel as die getuienis van die ander getuies, was sodanig dat dit die eiser se saak op 'n oorwig van waarskynli khede bewys het. Ek ag dit nie nodig om weer die besprekings van die getuienis in die hof se vorige uitspraak te herhaal nie en beklemtoon slegs dat geen ander hof redelikerwys tot 'n ander bevinding sal kom nie.
17. Namens die eiser is betoog dat die verweerder vir doeleindes van hierdie aansoek selektief grepies uit die getuienis haal om die aansoek te ondersteun en versuim om die geheel van die getuienis te beoordeel. Daarbenewens is betoog dat die verweerder se getuie, Me Nogueira, 'n swak en leuenagtige getuie was wat haar weergawe aangepas het soos dit haar gepas het en dat geen pyl op haar getuienis getrek kan word behalwe waar dit met ander aanvaarbare getuienis ooreenstem nie. Ek stem met beide hierdie submissies saam en na my mening sal geen ander hof redelikerwys 'n ander gevolgtrekking handhaaf nie.
18. Die kwessie dat daar nog deur die partye op ander terme ooreengekom moes word is ook in die vorige uitspraak aangespreek. lndien die getuienis in geheel beoordeel word is daar geen sprake van enige meriete in hierdie grand nie. Die eiser se getuienis is sterk ondersteun deur die objektiewe getuienis en Me Nogueira se getuienis in hierdie opsig is totaal aan die kaak gestel.
19. Laastens wat betref die betoog dat daar geen animus contrahendi tussen die partye bestaan het nie, is daar ook geen meriete nie. Die verskillende eposse tussen die partye het hierdie getuienis van die eiser totaal weerle en was sterk ondersteunend vir die modelinge getuienis namens die eiser. Selfs die getuienis rakende Me Nogueira se pogings om die grondbone na Suid Afrika te vervoer, soos vervat in haar eposse, ondersteun die eiser se weergawe.
20. Alles inaggenome is ek van mening dat geen ander hof redelikerwys tot 'n ander bevinding sal kom as die een waartoe hierdie hof gekom het nie en moet die aansoek dehalwe van die hand gewys word.
21. Wat betref die kwessie van koste is die partye dit eens dat koste die uitslag behoort te volg en dat dit sal insluit die koste van Senior Advokaat. Ek stem saam.
22. Bygevolg word die volgende bevel gemaak:
1. Die koste voorheen voorbehou moet deur die eiser betaal word en dit sluit in die koste van Senior Advokaat.
2. Die aansoek om verlof om te appelleer word van die hand gewys met koste welke koste die koste van Senior Advokaat sal insluit.
____
C.P. RABIE
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.