United Greyhound Racing and Breeders Society (UGRABS) v Vrystaat Dobbel en Wreden Raad and Others (4095/2001) [2002] ZAFSHC 5; 2003 (2) SA 269 (O) (20 June 2002)
The court found that the applicant failed to establish any factual basis for the relief sought. Ordinance 11 of 1976 had not lapsed through non-use, as its provisions were periodically enforced and warnings issued to members of the applicant. The requirements for abrogation by disuse were not met. The Free State...
Source-derived case information.
- Citation
- [2002] ZAFSHC 5
- Parties
- Applicant: United Greyhound Racing and Breeders Society (UGRABS); Respondent: Vrystaat Dobbel en Wedren Raad; Respondent: Vrystaatse Lid van die Uitvoerende Raad vir Ekonomiese Sake Finansies en Uitgawe; Respondent: Direkteur van Openbare Vervolging; Respondent: Kommissaris van Polisie in die Vrystaat; Respondent: Hoof van die Dierebeskermingsvereniging in die Vrystaat
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 4095/2001
- Procedural Posture
- Review Application / First Instance Judgment
- Outcome
- Application dismissed with costs.
- Judges
- Hancke, R
- Legal Topics
- Statutory Abrogation by Disuse, Implied Repeal, Constitutional Right to Assembly, Equality Clause, Freedom of Occupation
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
United Greyhound Racing and Breeders Society (UGRABS)
Applicant
Vrystaat Dobbel en Wedren Raad
Respondent
Vrystaatse Lid van die Uitvoerende Raad vir Ekonomiese Sake Finansies en Uitgawe
Respondent
Direkteur van Openbare Vervolging
Respondent
Kommissaris van Polisie in die Vrystaat
Respondent
Hoof van die Dierebeskermingsvereniging in die Vrystaat
Respondent
Procedural Posture
Review Application / First Instance Judgment
Legal Issues
- 1 Whether Ordinance 11 of 1976 (OVS) has lapsed through non-use.
- 2 Whether the Free State Gambling and Racing Act 6 of 1996 impliedly repealed Ordinance 11 of 1976.
- 3 Whether Ordinance 11 of 1976 is unconstitutional for infringing rights to equality, assembly, and occupation.
Ratio Decidendi
The court found that the applicant failed to establish any factual basis for the relief sought. Ordinance 11 of 1976 had not lapsed through non-use, as its provisions were periodically enforced and warnings issued to members of the applicant. The requirements for abrogation by disuse were not met. The Free State Gambling and Racing Act 6 of 1996 did not impliedly repeal Ordinance 11 of 1976, as the statutes addressed different subjects and there was no clear legislative intent to repeal. The applicant did not provide sufficient facts to support the claim of unconstitutionality; the rights to assembly, equality, and occupation were not infringed in the manner alleged. The limitation...
Court Disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The application is dismissed.
- The applicant is ordered to pay the costs of the respondents.
Full Case Text
Judgment text and source record
101 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.:4095/2001
In die saak tussen:
THE UNITED GREYHOUND RACING Applikant
AND BREEDERS SOCIETY (UGRABS)
en
DIE VRYSTAAT DOBBEL EN WEDREN 1ste Respondent
RAAD
DIE VRYSTAATSE LID VAN DIE 2de Respondent
UITVOERENDE RAAD VIR
EKONOMIESE SAKE FINANSIES EN
UITGAWE
DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE 3de Respondent
VERVOLGING
DIE KOMMISSARIS VAN POLISIE IN DIE 4de Respondent
VRYSTAAT
DIE HOOF VAN DIE DIEREBESKERMINGS- 5de Respondent
VERENIGING IN DIE VRYSTAAT
CORAM: HANCKE, R
AANGEHOOR OP: 13 JUNIE 2002
GELEWER OP: 20 JUNIE 2002
Die verbintenis tussen mens en hond bestaan al duisende jare. Grottekeninge van honde te Altamira dateer terug tot 1200 voor Christus en die Lascaux 15,000 tot 10,000 voor Christus. ân Duidelike onderskeid tussen verskillende honderasse word gevind in Egipte ongeveer 1570 voor Christus. Die geskiedenis van die antieke beskawings toon dat die gesofistikeerde gemeenskappe van Egipte en die Verre-Ooste tyd en vernuf aangewend het om honde met verskillende eienskappe en voorkoms te teel. Dit het aanleiding gegee dat ân honderas, wat vinnig kan hardloop, geteel is waarvan die Saluki, Afgaansehond en Persiese Windhond voorbeelde van is. Hierdie ontwikkeling het uitgebrei na Frankryk en Suid Europa. ân Nuwe ras is ontwikkel om die jagter te help om wild te herwin.
Verskillende tipe honde is vir verskillende wildsoorte geteel - ân klein hond om die Europese haas te vang en ân groter en sterker hond om die wildebeer van Duitsland te jag. In alle gevalle was spoed belangrik gewees. In Brittanje, veral in Ierland, is die Windhond, en spesies daarvan, van die oudste honderasse wat geteel is met lang bene, skraal liggaam, geweldige spoed en met ân effense vegtersinstink. Hierdie hond is al beskryf as âswift as a ray of light, graceful as a swallow, and wise as a Solomonâ. Dit is gesien as ân simbool van aristokrasie en die eerste tekens van die Windhond is te vinde in die grafkelder van Amten in die Nylvallei ongeveer 3000 voor Christus. Die Windhond het ân aristokratiese agtergrond, is aangetref in koninklike huise van antieke Egipte en geteel in luukse huise.
Alhoewel dit aanvanklik as ân jaghond aangewend is, word dit mettertyd gebruik vir honderesies. (Weihann-verslag âLotteries and Gambling Boardâ - Julie 1995). Die huidige aansoek is daarop gerig om hierdie antieke sport ook in die Vrystaat te vestig. Applikant doen aansoek: 1. dat verklaar word dat Ordonnansie Nr.11 van 1976 (OVS) deur nie-aanwending sedert inwerkingtreding tot en met datum van hierdie aansoek in onbruik verval het; 2. alternatiewelik, dat die Vrystaatse Dobbel- en Wedrenwet, Nr. 6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11 van 1976 vervang het; en 3, verder in die alternatief dat Ordonnansie 11 van 1976 ongrondwetlik is. Mnr. Ploos van Amstel, wat namens eerste en tweede respondente optree, het betoog dat - 1. applikant geen jurisdiksionele feite in sy funderende eedsverklaring aangetoon het ten opsigte van die verlening van enige regshulp nie; 2. applikant nie aangetoon het dat hy locus standi het in die huidige aansoek nie; 3. daar ân wanvoeging was aangesien die Lid van die Uitvoerende Raad vir Veiligheid en Sekuriteit aangewys is vir die uitvoering van die betrokke Ordonnansie op die verbod op Hondewedrenne, Nr.11/1976, synde die ordonnansie wat nou in die spervuur is, terwyl gemelde party nie voor die Hof is nie; 4. daar ân wesenlike feitegeskil bestaan wat nie op die stukke besleg kan word nie, welke feitegeskil voorsienbaar was. Mnr. Roestorf, wat namens die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging optree, welke instansie amicus curiae namens alle diere in hierdie aangeleentheid as vyfde respondent optree, het hom versoen met bogemelde betoog. Die ander respondente opponeer nie die aansoek nie en berus by die beslissing van die Hof. Die eerste vraag wat na my mening beantwoord moet word is of applikant ân saak uitgemaak het vir die verlening van enige van die regshulp wat deur hom gevorder word in die kennisgewing van mosie. Gevolglik sal gehandel word met elkeen van die smeekbedes hierbo na verwys. 1. Het Ordonnansie Nr.11 van 1976 (OVS) deur nie-aanwending in onbruik verval? Applikant steun daarop dat dit genader is om op te tree by verskillende landboutentoonstellings sonder dat daar ooit ân klagte gelê of vervolging ingestel is. Hierdie bewering hou egter nie rekening met die bepalings van die Beskerming van Gedresseerde Diere Wet No.24 van 1935 nie. Artikel 2 van gemelde wet verleen bevoegdheid aan ân Landdros om ân lisensie uit te reik vir die vertoning en afrigting van sekere diere en vir gebruik van honde vir beveiliging, terwyl artikel 9 van gemelde wet soos volg lui: â9. Voorbehoud - Geen bepaling van hierdie Wet is van toepassing op die opsluiting of afrigting van diere vir militêre, polisie- of sportdoeleindes of vir landboutentoonstellingsdoeleindes of van toepassing op ân perde- of hondetentoonstelling of ân tentoonstelling van voëls in hokke of enige openbare soölogiese tuine, of op die vertoning van diere op ân militêre of polisietoernooi of ân gymkhana of op enige sodanige tentoonstelling of in enige sodanige tuine, of op die gebruik van ân hond vir beveiliging deur die Suid-Afrikaanse Weermag, Suid-Afrikaanse Polisie of die Gevangenisdiens nie.â Daar blyk dus geen substansie in hierdie bewerings te wees nie. Die bevoegdheid wat ân Hof het om te verklaar dat Wetgewing deur onbruik verval het, moet met die grootste mate van omsigtigheid benader word. In GREEN v FITZGERALD AND OTHERS 1914 AD 88 verklaar Innes, A.R. op 113 die volgende: âI am fully alive to the necessity for exercising the power which our Courts enjoy of declaring that a statute have been abrogated by disuse with the utmost caution.â Die betrokke Wetgewing moes nie net vir ân geruime tyd in onbruik gewees het nie, maar die beamptes wat in beheer is van die afdwing daarvan, asook die algemene publiek, moet saamstem dat die strafbepalings daarvan as vervalle en nie-bestaanbaar beskou word, weens die feit dat die openbare mening vir ân lang tyd reeds die wenslikheid besef het om die afdwinging daarvan tuis te bring onder die bestraffende effek van moraliteit en godsdiens, eerder dan die strafreg. Die basis waarop ân wet in onbruik kan verval geskied âthrough disuse by silent consent of the whole communityâ. (GREEN v FITZGERALD AND OTHERS (supra) te 110 - 111). Daar moet ook aangetoon word dat dit nie meer in pas is met die bestaande openbare opvattinge nie. (ZEILER v WEEBER (1887) Kotze 17; SPIES v LOMBARD 1950 (3) SA 469 (A) te 473; LTA ENGINEERING CO LTD v SEACAT INVESTMENTS (PTY) LTD 1974 (1) SA 747 (A)). Daar bestaan ook ân vermoede teen onbruik (SEAVILLE v COLLEY (1892) 9 SC 39). Uit die stukke is dit duidelik dat die bepalings van hierdie ordonnansie wel van tyd tot tyd toegepas word en dat lede van die applikant gewaarsku is om daaraan gehoor te gee, by gebreke waarvan kriminele stappe teen hulle geneem sou word. Geen feitebasis is gelê om aan te toon dat hierdie bepalings in onbruik verval het nie en het applikant hom nie van die bewyslas in hierdie verband gekwyt nie. 2. Het die Vrystaatse Dobbel- en Wedrenwet, Nr.6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11 van 1976 vervang? Die herroeping van ân vroeëre wet deur ân latere wet by implikasie word nie vermoed, veronderstel of ligtelik bevind nie. NEW MODDERFONTEIN GOLD MINING CO v TRANSVAAL PROVINCIAL ADMINISTRATION 1919 AD 367 te 400. Daar is ân vermoede dat die Parlement nie sodanige resultaat beoog het nie, sonder om dit uitdruklik aldus te stel nie. END CONSCRIPTION CAMPAIGN AND ANOTHER v MINISTER OF DEFENCE AND OTHERS 1993 (1) SA 589 (T). Die reël in hierdie verband word soos volg in R v GWANTSHU 1931 EDL 29 op 31 gestel: âThe general maxim is, generalia specialibus non derogant. When the Legislature has given attention to a separate subject and made provision for it the presumption is that a subsequent general enactment is not intended to interfere with the special provision, unless it manifests that intention very clearly.â Mnr. Van Heerden het namens die applikant betoog dat die omskrywing van artikel 1 wyd genoeg is om ook betrekking te hê op honde. âRace meetingsâ word soos volg in artikel 1 omskryf: âAny gathering of persons attending an animal race, whether or not such race is run, if the date and place of such race have been made known by public advertisement or private invitation.â Die verwysing na âanimal raceâ skep ân onduidelikheid. Dit is egter belangrik om te kyk na die res van die wet. Artikel 23 bepaal dat die Raad slegs sekere lisensies mag uitreik, terwyl artikel 35(2)(b) bepaal dat dit slegs ân lisensie sal uitreik na konsultasie van die verantwoordelike lid â..... if the Board is satisfied that the race course to which it will relate is suitable and complies with the requirements of the Jockey Club of Southern Africa.â Die verwysing in artikel 23 na âtotalizator licencesâ en âbookmakers licencesâ dui daarop dat Ordonnansie 6 van 1996 van toepassing is op casinoâs, dobbelmasjiene en perdewedrenne. Daarenteen handel Ordonnansie 11 van 1976 met die verbod op hondewedren-byeenkomste en het die twee wette niks met mekaar in gemeen nie. Verder is dit duidelik dat die wette wat herroep is deur Ordonnansie 6 van 1996 duidelik die wetgewing herroep en vervang wat verband hou met perdewedrenne en casinoâs soos van toepassing in die Vrystaat, Qwa-Qwa en Bophuthatswana. In Kellaway, Principles of Legal Interpretation of Statutes, Contracts and Wills (1995) word op p.368 die volgende verklaar: âEven where it can be shown that a new enactment is intended to cover the whole subject to which it relates and is directed at impliedly repealing all prior statutes on the same subject, the rebuttable presumption nevertheless persists that a later general enactment is not intended to repeal a conflicting earlier special enactment.â KHUMALO v DIRECTOR GENERAL OF CO-OPERATION AND DEVELOPMENT [1990] ZASCA 118; 1991 (1) SA 158 (A). In die lig van die voorgaande is ek van mening dat daar geen meriete is vir die verlening van die aangevraagde regshulp gevorder in bede 2 nie. 3. Is Ordonnansie 11 van 1976 (OVS) ongrondwetlik? Alvorens ân bevinding gemaak kan word dat ân sekere bepaling ongrondwetlik is, moet daar ân basis gelê word met vermelding van feite om sodanige bevinding te regverdig. Constitutional Law (Revised 2nd edition) deur I.M. Rautenbach & E.F.J. Malherbe p.291 para 3.3. Dit is geykte reg dat ân applikant sy saak moet uitmaak in sy funderende eedsverklaring en dat hy/sy moet staan of val by hierdie bewerings. DIRECTOR OF HOSPITAL SERVICES v MISTRY 1979 (1) SA 626 (A) te 635H-636B; HART v PINETOWN DRIVE-IN CINEMA (PTY) LTD 1972 (1) SA 464 (D) te 469C-E; PEARSON v MAGREP INVESTMENTS (PTY) LTD AND OTHERS 1975 (1) SA 186 (D). In die Reël 16A kennisgewing steun die applikant daarop dat sy reg om vreedsaam te vergader soos bepaal in artikel 17 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996 (hierinlater na verwys as die âGrondwetâ) aangestas word deur ân verbod op ân byeenkoms van mense om hondewedrenne te aanskou, te plaas. Verder dat sy reg op gelykheid soos bepaal in artikel 9 van die Grondwet aangetas word in soverre sub-artikel (2) oortree word deur die volle en gelyke genietinge van alle regte en vryhede ten opsigte van hondewedrenne ontneem word; asook sub-artikel (3) deurdat die hondewedrenbedryf die slagoffer van onbillike diskriminasie is deurdat ander diere wedrenne toegelaat word; verder dat artikel 22 van die Grondwet oortree word deurdat die beoefening van die hondewedrenbedryf belet word en die ordonnansie die beoefening van die bedryf bloot verbied sonder om dit te reguleer. Artikel 17 van die Grondwet handel oor âvergadering, betoging, linievorming en petisie en lui soos volg: âElkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ân betooglinie te vorm en petisies voor te lê.â Die bedoeling van hierdie artikel is klaarblyklik daarop gerig om die reg om te vergader te beskerm met die oog daarop om ân sekere mening na buite duidelik te maak of te kommunikeer en verskil om daardie rede van ân skare mense wat ân sportbyeenkoms bywoon hoofsaaklik met die doel om sportaktiwiteite dop te hou. In The Bill of Rights Handbook (2001 4de uitg.) deur De Waal, Currie en Erasmus word op p.334 die volgende verklaar: âThe purpose of the right is to protect assembly as a means of communicating opinion. In order to do so effectively, the rights extends to all activities associated with the holding of an assembly.â Die applikant se betoog kan dus nie opgaan in hierdie verband nie. Dit is dienstig om artikels 9 en 22 van die Grondwet saam te behandel. Laasgenoemde artikel handel met Vryheid van bedryf, beroep en professie en lui soos volg: âElke party het die reg om vrylik ân bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van ân bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.â In soverre dit die oogmerk van die applikant is dat lede hulle honde wil laat meeding ten einde die vermoëns van ân hond op die proef te stel op ân amateur-basis, is dit moeilik om te sien dat dit strydig is met die bepalings van artikel 22 van die Grondwet. Die oomblik wat honderesies, in die besonder Windhondresies op ân professionele basis plaasvind en dit gepaard gaan met wedenskappe, raak dit belangrik om dit te reguleer soos in die vooruitsig gestel is in die Howard-verslag. Applikant moet egter ân basis lê of feite aantoon dat daar ân aantassing van enige van sy regte was. Constitutional Law (2de uitg.) deur Rautenbach & Malherbe p.291 para 3.3. Ten opsigte van die toepassing van artikel 9 van die Grondwet word in HARKSEN v LANE N.O. AND OTHERS [1997] ZACC 12; 1998 (1) SA 300 (CC) word op 324H-325E die volgende verklaar: âAt the cost of repetition, it may be as well as tabulate the stages of enquiry which become necessary where an attack is made on a provision in reliance of s 8 of the interim Constitution. They are: (a) Does the provision differentiate between people or categories of people? If so, does the differentiation bear a rational connection to a legitimate government purpose? If it does not then there is a violation of s 8(1). Even if it does bear a rational connection, it might nevertheless amount to discrimination. (b) Does the differentiation amount to unfair discrimination? This requires a two-stage analysis: (i) Firstly, does the differentiation amount to âdiscriminationâ? If it is on a specified ground, the discrimination will have been established. If it is not on a specified ground, then whether or not there is discrimination will depend upon whether, objectively, the ground is based on attributes and characteristics which have the potential to impair the fundamental human dignity of persons as human beings or to affect them adversely in a comparably serious manner. (ii) If the differentiation amounts to âdiscriminationâ, does it amount to âunfair discriminationâ? If is has been found to have been on a specified ground, then unfairness will be presumed. If on an unspecified ground, unfairness will have to be established by the complainant. The test of unfairness focuses primarily on the impact of the discrimination on the complainant and others in his or her situation. If, at the end of this stage of the enquiry, the differentiation is found to not be unfair, then there will be no violation of s 8(2). (c) If the discrimination is found to be unfair then a determination will have to be made as to whether the provision can be justified under the limitations clause (s 33 of the interim Constitution).â In The Bill of Rights Handbook a.w. word op p.203-4 onder andere die volgende verklaar: âSection 9 can therefore be said to identify three ways in which a law or conduct might differentiate between people or categories of people. First, there is what the Constitutional Court terms âmere differentiationâ, which, while it does treat some people differently to others, does not amount to discrimination. Mere differentiation will fall foul of s 9(1) unless it has a rational connection to a legitimate government purpose. Second, there is differentiation which amounts to unfair discrimination (prohibited by s 9(3) and (4)). Even where there is a rational connection between a differentiation and a legitimate government purpose, the differentiation will still violate the equality clause if it amounts to unfair discrimination. Third, and somewhat difficult to conceptualise, is the category of law or conduct that can be called fair discrimination: Law or conduct that discriminates but which does not do so unfairly, taking into account âthe impact of the discrimination on the complainant and others in his or her situationâ.â Die verbod in Ordonnansie 11 van 1976 is nie gebaseer op ân spesifieke grond nie; gevolglik kan diskriminasie nie vermoed word nie. Applikant meld geen feite, of oorwegings in sy funderende eedsverklaring ter ondersteuning van die gevorderde regshulp wat dui op onbillike diskriminasie nie, of waarom die betrokke ordonnansie ongrondwetlik sou wees nie. Daar is slegs ân terloopse opmerking na die vergelyking met perdewedrenne wat vaag is en waarop moeilik sinvol geantwoord kon word. Die gronde waarop gemelde ordonnansie aangeveg word, word vir die eerste keer gemeld in die Reël 16A kennisgewing, wat buitentyds geliasseer is nadat die respondente op hierdie gebrek gewys het en nádát hulle geantwoord het op die bewerings gemaak in die applikant se eedsverklaring. Dit blyk dus dat applikant in sy stukke nie handel met die beweerde gronde van ongrondwetlikheid nie, daar is geen motivering daaromtrent verskaf en geen feitebasis gelê om ân bevinding te regverdig dat dit ongrondwetlik is nie. Die applikant verwys wel na die Howard-verslag, maar is dit van belang om daarop te let dat hierdie Kommissie nie die mandaat gehad het om te bepaal of honderesies steeds onwettig behoort te wees nie. Gemelde Kommissie spreek bloot ân opinie uit ten opsigte van ân onderwerp wat dit nie versoek was om ân mening te gee nie. Hierteenoor is die verslag van die Weihann-verslag (hierintevore na verwys), aangeheg tot die stukke, waarvolgens dit blyk dat die meerderheid se bevinding is dat honderesies nie toegelaat behoort te word nie. Verder is daar ân studie aangeheg tot vyfde respondent se stukke waarvan die slotsom is dat enige honderesies nie toegelaat behoort
te word nie. In soverre applikant aangetoon het dat daar ân beperking is van ân regsvoorskrif, blyk hierdie beperking redelik en regverdigbaar te wees in ân oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid soos bedoel in artikel 36(1) van die Grondwet. The Bill of Rights Handbook (2001, 4de Uitg.) deur De Waal & Andere, p.381 - 8; Constitutional Law, op cit p.292 para 4. In die lig van die slotsom waartoe gekom word, is dit nie nodig om te handel met die ander aspekte wat namens respondente tydens betoog geopper is nie. Dit volg dus dat applikant nie ân saak uitgemaak het vir die verlening van enige regshulp nie. Bygevolg word die aansoek van die hand gewys met koste. S.P.B. HANCKE, R Namens Applikant: Adv. F.J. van Heerden i.o.v. Kallis Prokureurs Namens 1ste & 2de Respondente: Adv. C. Ploos van Amstel SC i.o.v. Staatsprokureur Namens 5de Respondent: Adv. J.J. Roestorf i.o.v. Honey & Vennote /scd
Die verbintenis tussen mens en hond bestaan al duisende jare. Grottekeninge van honde te Altamira dateer terug tot 1200 voor Christus en die Lascaux 15,000 tot 10,000 voor Christus. ân Duidelike onderskeid tussen verskillende honderasse word gevind in Egipte ongeveer 1570 voor Christus. Die geskiedenis van die antieke beskawings toon dat die gesofistikeerde gemeenskappe van Egipte en die Verre-Ooste tyd en vernuf aangewend het om honde met verskillende eienskappe en voorkoms te teel. Dit het aanleiding gegee dat ân honderas, wat vinnig kan hardloop, geteel is waarvan die Saluki, Afgaansehond en Persiese Windhond voorbeelde van is.
Hierdie ontwikkeling het uitgebrei na Frankryk en Suid Europa. ân Nuwe ras is ontwikkel om die jagter te help om wild te herwin.
Verskillende tipe honde is vir verskillende wildsoorte geteel - ân klein hond om die Europese haas te vang en ân groter en sterker hond om die wildebeer van Duitsland te jag. In alle gevalle was spoed belangrik gewees. In Brittanje, veral in Ierland, is die Windhond, en spesies daarvan, van die oudste honderasse wat geteel is met lang bene, skraal liggaam, geweldige spoed en met ân effense vegtersinstink. Hierdie hond is al beskryf as âswift as a ray of light, graceful as a swallow, and wise as a Solomonâ. Dit is gesien as ân simbool van aristokrasie en die eerste tekens van die Windhond is te vinde in die grafkelder van Amten in die Nylvallei ongeveer 3000 voor Christus.
Die Windhond het ân aristokratiese agtergrond, is aangetref in koninklike huise van antieke Egipte en geteel in luukse huise.
Alhoewel dit aanvanklik as ân jaghond aangewend is, word dit mettertyd gebruik vir honderesies. (Weihann-verslag âLotteries and Gambling Boardâ - Julie 1995).
Die huidige aansoek is daarop gerig om hierdie antieke sport ook in die Vrystaat te vestig. Applikant doen aansoek:
1. dat verklaar word dat Ordonnansie Nr.11 van 1976 (OVS) deur nie-aanwending sedert inwerkingtreding tot en met datum van hierdie aansoek in onbruik verval het;
2. alternatiewelik, dat die Vrystaatse Dobbel- en Wedrenwet, Nr. 6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11 van 1976 vervang het; en
3, verder in die alternatief dat Ordonnansie 11 van 1976 ongrondwetlik is.
Mnr. Ploos van Amstel, wat namens eerste en tweede respondente optree, het betoog dat -
1. applikant geen jurisdiksionele feite in sy funderende eedsverklaring aangetoon het ten opsigte van die verlening van enige regshulp nie;
2. applikant nie aangetoon het dat hy locus standi het in die huidige aansoek nie;
3. daar ân wanvoeging was aangesien die Lid van die Uitvoerende Raad vir Veiligheid en Sekuriteit aangewys is vir die uitvoering van die betrokke Ordonnansie op die verbod op Hondewedrenne, Nr.11/1976, synde die ordonnansie wat nou in die spervuur is, terwyl gemelde party nie voor die Hof is nie;
4. daar ân wesenlike feitegeskil bestaan wat nie op die stukke besleg kan word nie, welke feitegeskil voorsienbaar was.
Mnr. Roestorf, wat namens die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging optree, welke instansie amicus curiae namens alle diere in hierdie aangeleentheid as vyfde respondent optree, het hom versoen met bogemelde betoog. Die ander respondente opponeer nie die aansoek nie en berus by die beslissing van die Hof.
Die eerste vraag wat na my mening beantwoord moet word is of applikant ân saak uitgemaak het vir die verlening van enige van die regshulp wat deur hom gevorder word in die kennisgewing van mosie. Gevolglik sal gehandel word met elkeen van die smeekbedes hierbo na verwys.
1. Het Ordonnansie Nr.11 van 1976 (OVS) deur nie-aanwending in onbruik verval?
Applikant steun daarop dat dit genader is om op te tree by verskillende landboutentoonstellings sonder dat daar ooit ân klagte gelê of vervolging ingestel is. Hierdie bewering hou egter nie rekening met die bepalings van die Beskerming van Gedresseerde Diere Wet No.24 van 1935 nie. Artikel 2 van gemelde wet verleen bevoegdheid aan ân Landdros om ân lisensie uit te reik vir die vertoning en afrigting van sekere diere en vir gebruik van honde vir beveiliging, terwyl artikel 9 van gemelde wet soos volg lui:
â9. Voorbehoud -
Geen bepaling van hierdie Wet is van toepassing op die opsluiting of afrigting van diere vir militêre, polisie- of sportdoeleindes of vir landboutentoonstellingsdoeleindes of van toepassing op ân perde- of hondetentoonstelling of ân tentoonstelling van voëls in hokke of enige openbare soölogiese tuine, of op die vertoning van diere op ân militêre of polisietoernooi of ân gymkhana of op enige sodanige tentoonstelling of in enige sodanige tuine, of op die gebruik van ân hond vir beveiliging deur die Suid-Afrikaanse Weermag, Suid-Afrikaanse Polisie of die Gevangenisdiens nie.â
Daar blyk dus geen substansie in hierdie bewerings te wees nie.
Die bevoegdheid wat ân Hof het om te verklaar dat Wetgewing deur onbruik verval het, moet met die grootste mate van omsigtigheid benader word. In GREEN v FITZGERALD AND OTHERS 1914 AD 88 verklaar Innes, A.R. op 113 die volgende:
âI am fully alive to the necessity for exercising the power which our Courts enjoy of declaring that a statute have been abrogated by disuse with the utmost caution.â
Die betrokke Wetgewing moes nie net vir ân geruime tyd in onbruik gewees het nie, maar die beamptes wat in beheer is van die afdwing daarvan, asook die algemene publiek, moet saamstem dat die strafbepalings daarvan as vervalle en nie-bestaanbaar beskou word, weens die feit dat die openbare mening vir ân lang tyd reeds die wenslikheid besef het om die afdwinging daarvan tuis te bring onder die bestraffende effek van moraliteit en godsdiens, eerder dan die strafreg. Die basis waarop ân wet in onbruik kan verval geskied âthrough disuse by silent consent of the whole communityâ. (GREEN v FITZGERALD AND OTHERS (supra) te 110 - 111).
Daar moet ook aangetoon word dat dit nie meer in pas is met die bestaande openbare opvattinge nie. (ZEILER v WEEBER (1887) Kotze 17; SPIES v LOMBARD 1950 (3) SA 469 (A) te 473; LTA ENGINEERING CO LTD v SEACAT INVESTMENTS (PTY) LTD 1974 (1) SA 747 (A)). Daar bestaan ook ân vermoede teen onbruik (SEAVILLE v COLLEY (1892) 9 SC 39).
Uit die stukke is dit duidelik dat die bepalings van hierdie ordonnansie wel van tyd tot tyd toegepas word en dat lede van die applikant gewaarsku is om daaraan gehoor te gee, by gebreke waarvan kriminele stappe teen hulle geneem sou word. Geen feitebasis is gelê om aan te toon dat hierdie bepalings in onbruik verval het nie en het applikant hom nie van die bewyslas in hierdie verband gekwyt nie.
2. Het die Vrystaatse Dobbel- en Wedrenwet, Nr.6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11 van 1976 vervang?
Die herroeping van ân vroeëre wet deur ân latere wet by implikasie word nie vermoed, veronderstel of ligtelik bevind nie. NEW MODDERFONTEIN GOLD MINING CO v TRANSVAAL PROVINCIAL ADMINISTRATION 1919 AD 367 te 400. Daar is ân vermoede dat die Parlement nie sodanige resultaat beoog het nie, sonder om dit uitdruklik aldus te stel nie. END CONSCRIPTION CAMPAIGN AND ANOTHER v MINISTER OF DEFENCE AND OTHERS 1993 (1) SA 589 (T).
Die reël in hierdie verband word soos volg in R v GWANTSHU 1931 EDL 29 op 31 gestel:
âThe general maxim is, generalia specialibus non derogant. When the Legislature has given attention to a separate subject and made provision for it the presumption is that a subsequent general enactment is not intended to interfere with the special provision, unless it manifests that intention very clearly.â
Mnr. Van Heerden het namens die applikant betoog dat die omskrywing van artikel 1 wyd genoeg is om ook betrekking te hê op honde. âRace meetingsâ word soos volg in artikel 1 omskryf:
âAny gathering of persons attending an animal race, whether or not such race is run, if the date and place of such race have been made known by public advertisement or private invitation.â
Die verwysing na âanimal raceâ skep ân onduidelikheid. Dit is egter belangrik om te kyk na die res van die wet. Artikel 23 bepaal dat die Raad slegs sekere lisensies mag uitreik, terwyl artikel 35(2)(b) bepaal dat dit slegs ân lisensie sal uitreik na konsultasie van die verantwoordelike lid
â..... if the Board is satisfied that the race course to which it will relate is suitable and complies with the requirements of the Jockey Club of Southern Africa.â
Die verwysing in artikel 23 na âtotalizator licencesâ en âbookmakers licencesâ dui daarop dat Ordonnansie 6 van 1996 van toepassing is op casinoâs, dobbelmasjiene en perdewedrenne. Daarenteen handel Ordonnansie 11 van 1976 met die verbod op hondewedren-byeenkomste en het die twee wette niks met mekaar in gemeen nie. Verder is dit duidelik dat die wette wat herroep is deur Ordonnansie 6 van 1996 duidelik die wetgewing herroep en vervang wat verband hou met perdewedrenne en casinoâs soos van toepassing in die Vrystaat, Qwa-Qwa en Bophuthatswana. In Kellaway, Principles of Legal Interpretation of Statutes, Contracts and Wills (1995) word op p.368 die volgende verklaar:
âEven where it can be shown that a new enactment is intended to cover the whole subject to which it relates and is directed at impliedly repealing all prior statutes on the same subject, the rebuttable presumption nevertheless persists that a later general enactment is not intended to repeal a conflicting earlier special enactment.â
KHUMALO v DIRECTOR GENERAL OF CO-OPERATION AND DEVELOPMENT [1990] ZASCA 118; 1991 (1) SA 158 (A).
In die lig van die voorgaande is ek van mening dat daar geen meriete is vir die verlening van die aangevraagde regshulp gevorder in bede 2 nie.
3. Is Ordonnansie 11 van 1976 (OVS) ongrondwetlik?
Alvorens ân bevinding gemaak kan word dat ân sekere bepaling ongrondwetlik is, moet daar ân basis gelê word met vermelding van feite om sodanige bevinding te regverdig. Constitutional Law (Revised 2nd edition) deur I.M. Rautenbach & E.F.J. Malherbe p.291 para 3.3.
Dit is geykte reg dat ân applikant sy saak moet uitmaak in sy funderende eedsverklaring en dat hy/sy moet staan of val by hierdie bewerings. DIRECTOR OF HOSPITAL SERVICES v MISTRY 1979 (1) SA 626 (A) te 635H-636B; HART v PINETOWN DRIVE-IN CINEMA (PTY) LTD 1972 (1) SA 464 (D) te 469C-E; PEARSON v MAGREP INVESTMENTS (PTY) LTD AND OTHERS 1975 (1) SA 186 (D).
In die Reël 16A kennisgewing steun die applikant daarop dat sy reg om vreedsaam te vergader soos bepaal in artikel 17 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996 (hierinlater na verwys as die âGrondwetâ) aangestas word deur ân verbod op ân byeenkoms van mense om hondewedrenne te aanskou, te plaas. Verder dat sy reg op gelykheid soos bepaal in artikel 9 van die Grondwet aangetas word in soverre sub-artikel (2) oortree word deur die volle en gelyke genietinge van alle regte en vryhede ten opsigte van hondewedrenne ontneem word; asook sub-artikel (3) deurdat die hondewedrenbedryf die slagoffer van onbillike diskriminasie is deurdat ander diere wedrenne toegelaat word; verder dat artikel 22 van die Grondwet oortree word deurdat die beoefening van die hondewedrenbedryf belet word en die ordonnansie die beoefening van die bedryf bloot verbied sonder om dit te reguleer. Artikel 17 van die Grondwet handel oor âvergadering, betoging, linievorming en petisie en lui soos volg:
âElkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ân betooglinie te vorm en petisies voor te lê.â
Die bedoeling van hierdie artikel is klaarblyklik daarop gerig om die reg om te vergader te beskerm met die oog daarop om ân sekere mening na buite duidelik te maak of te kommunikeer en verskil om daardie rede van ân skare mense wat ân sportbyeenkoms bywoon hoofsaaklik met die doel om sportaktiwiteite dop te hou. In The Bill of Rights Handbook (2001 4de uitg.) deur De Waal, Currie en Erasmus word op p.334 die volgende verklaar:
âThe purpose of the right is to protect assembly as a means of communicating opinion. In order to do so effectively, the rights extends to all activities associated with the holding of an assembly.â
Die applikant se betoog kan dus nie opgaan in hierdie verband nie.
Dit is dienstig om artikels 9 en 22 van die Grondwet saam te behandel. Laasgenoemde artikel handel met Vryheid van bedryf, beroep en professie en lui soos volg:
âElke party het die reg om vrylik ân bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van ân bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.â
In soverre dit die oogmerk van die applikant is dat lede hulle honde wil laat meeding ten einde die vermoëns van ân hond op die proef te stel op ân amateur-basis, is dit moeilik om te sien dat dit strydig is met die bepalings van artikel 22 van die Grondwet. Die oomblik wat honderesies, in die besonder Windhondresies op ân professionele basis plaasvind en dit gepaard gaan met wedenskappe, raak dit belangrik om dit te reguleer soos in die vooruitsig gestel is in die Howard-verslag.
Applikant moet egter ân basis lê of feite aantoon dat daar ân aantassing van enige van sy regte was. Constitutional Law (2de uitg.) deur Rautenbach & Malherbe p.291 para 3.3.
Ten opsigte van die toepassing van artikel 9 van die Grondwet word in HARKSEN v LANE N.O. AND OTHERS [1997] ZACC 12; 1998 (1) SA 300 (CC) word op 324H-325E die volgende verklaar:
âAt the cost of repetition, it may be as well as tabulate the stages of enquiry which become necessary where an attack is made on a provision in reliance of s 8 of the interim Constitution. They are:
(a) Does the provision differentiate between people or categories of people? If so, does the differentiation bear a rational connection to a legitimate government purpose? If it does not then there is a violation of s 8(1). Even if it does bear a rational connection, it might nevertheless amount to discrimination.
(b) Does the differentiation amount to unfair discrimination? This requires a two-stage analysis:
(i) Firstly, does the differentiation amount to âdiscriminationâ? If it is on a specified ground, the discrimination will have been established. If it is not on a specified ground, then whether or not there is discrimination will depend upon whether, objectively, the ground is based on attributes and characteristics which have the potential to impair the fundamental human dignity of persons as human beings or to affect them adversely in a comparably serious manner.
(ii) If the differentiation amounts to âdiscriminationâ, does it amount to âunfair discriminationâ? If is has been found to have been on a specified ground, then unfairness will be presumed. If on an unspecified ground, unfairness will have to be established by the complainant. The test of unfairness focuses primarily on the impact of the discrimination on the complainant and others in his or her situation.
If, at the end of this stage of the enquiry, the differentiation is found to not be unfair, then there will be no violation of s 8(2).
(c) If the discrimination is found to be unfair then a determination will have to be made as to whether the provision can be justified under the limitations clause (s 33 of the interim Constitution).â
In The Bill of Rights Handbook a.w. word op p.203-4 onder andere die volgende verklaar:
âSection 9 can therefore be said to identify three ways in which a law or conduct might differentiate between people or categories of people. First, there is what the Constitutional Court terms âmere differentiationâ, which, while it does treat some people differently to others, does not amount to discrimination. Mere differentiation will fall foul of s 9(1) unless it has a rational connection to a legitimate government purpose. Second, there is differentiation which amounts to unfair discrimination (prohibited by s 9(3) and (4)). Even where there is a rational connection between a differentiation and a legitimate government purpose, the differentiation will still violate the equality clause if it amounts to unfair discrimination. Third, and somewhat difficult to conceptualise, is the category of law or conduct that can be called fair discrimination: Law or conduct that discriminates but which does not do so unfairly, taking into account âthe impact of the discrimination on the complainant and others in his or her situationâ.â
Die verbod in Ordonnansie 11 van 1976 is nie gebaseer op ân spesifieke grond nie; gevolglik kan diskriminasie nie vermoed word nie.
Applikant meld geen feite, of oorwegings in sy funderende eedsverklaring ter ondersteuning van die gevorderde regshulp wat dui op onbillike diskriminasie nie, of waarom die betrokke ordonnansie ongrondwetlik sou wees nie. Daar is slegs ân terloopse opmerking na die vergelyking met perdewedrenne wat vaag is en waarop moeilik sinvol geantwoord kon word. Die gronde waarop gemelde ordonnansie aangeveg word, word vir die eerste keer gemeld in die Reël 16A kennisgewing, wat buitentyds geliasseer is nadat die respondente op hierdie gebrek gewys het en nádát hulle geantwoord het op die bewerings gemaak in die applikant se eedsverklaring.
Dit blyk dus dat applikant in sy stukke nie handel met die beweerde gronde van ongrondwetlikheid nie, daar is geen motivering daaromtrent verskaf en geen feitebasis gelê om ân bevinding te regverdig dat dit ongrondwetlik is nie. Die applikant verwys wel na die Howard-verslag, maar is dit van belang om daarop te let dat hierdie Kommissie nie die mandaat gehad het om te bepaal of honderesies steeds onwettig behoort te wees nie. Gemelde Kommissie spreek bloot ân opinie uit ten opsigte van ân onderwerp wat dit nie versoek was om ân mening te gee nie. Hierteenoor is die verslag van die Weihann-verslag (hierintevore na verwys), aangeheg tot die stukke, waarvolgens dit blyk dat die meerderheid se bevinding is dat honderesies nie toegelaat behoort te word nie. Verder is daar ân studie aangeheg tot vyfde respondent se stukke waarvan die slotsom is dat enige honderesies nie toegelaat behoort
te word nie. In soverre applikant aangetoon het dat daar ân beperking is van ân regsvoorskrif, blyk hierdie beperking redelik en regverdigbaar te wees in ân oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid soos bedoel in artikel 36(1) van die Grondwet. The Bill of Rights Handbook (2001, 4de Uitg.) deur De Waal & Andere, p.381 - 8; Constitutional Law, op cit p.292 para 4. In die lig van die slotsom waartoe gekom word, is dit nie nodig om te handel met die ander aspekte wat namens respondente tydens betoog geopper is nie.
Dit volg dus dat applikant nie ân saak uitgemaak het vir die verlening van enige regshulp nie.
Bygevolg word die aansoek van die hand gewys met koste.
S.P.B. HANCKE, R
Namens Applikant: Adv. F.J. van Heerden
i.o.v.
Kallis Prokureurs
Namens 1ste & 2de Respondente: Adv. C. Ploos van Amstel SC
Staatsprokureur
Namens 5de Respondent: Adv. J.J. Roestorf
Honey & Vennote
/scd