Sasfin (Pty) Ltd v Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (Transmed) (155/87) [1988] ZASCA 97 (19 September 1988)
- Citation
- [1988] ZASCA 97
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Van Heerden, Smalberger, Nestadt
- Case number
- 155/87
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Van Heerden, Smalberger, Nestadt
- Case number
- 155/87
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the respondent did not rely on the ground that the doctors lacked enforceable claims against it in its application, and the court a quo erred in deciding on that basis. The assignment agreements were not invalid as a whole, and the respondent's arguments regarding the necessity of its consent for payment were not properly raised in the pleadings. The appeal was upheld, and the application was dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Court disposition
Appeal upheld; application dismissed with costs, including costs of two counsel.
Orders
- The application is dismissed with costs, including the costs of two counsel.
02
Material facts
Parties
Sasfin (Proprietary) Limited
AppellantSuid-Afrikaanse Vervoerdienste (Transmed)
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Court a Quo
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the assignment agreements between the doctors and the appellant were invalid as contra bonos mores.
- 02
Whether the doctors had enforceable claims against the respondent for services rendered to its members.
- 03
Whether the respondent was entitled to rely on grounds not pleaded in its application.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the respondent did not rely on the ground that the doctors lacked enforceable claims against the respondent in its application, and thus the court a quo could not decide on that basis. The appellant maintained that the assignment agreements were valid and conferred rights against the respondent.
- Respondent
- The respondent contended that the assignment agreements were invalid as contra bonos mores and that, even if valid, the doctors did not have claims against the respondent for the benefits under its medical scheme. The respondent further argued that any payment to the doctors required its consent.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Sasfin (Proprietary) Limited v Beukes (Appèl No 149/1987)
A court should not decide a case on a ground not pleaded or relied upon by the parties in their application.
- 02
General principles of South African contract law
Assignment of claims is valid unless it is contrary to public policy (contra bonos mores).
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the respondent did not rely on the ground that the doctors lacked enforceable claims against it in its application, and the court a quo erred in deciding on that basis. The assignment agreements were not invalid as a whole, and the respondent's arguments regarding the necessity of its consent for payment were not properly raised in the pleadings. The appeal was upheld, and the application was dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Obiter and limits
- The possibility exists that the appellant could have presented facts to counter the new cause of action, such as showing that provisions for the benefit of the doctors existed and were accepted by them.
- Other grounds relied upon by the respondent in its application were not sustainable and were not specifically considered by the court a quo.
Court disposition
Appeal upheld; application dismissed with costs, including costs of two counsel.
- The application is dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 155/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
SASFIN (PROPRIETARY) LIMITED Appellant
teen
SUID-AFRIKAANSE VERVOERDIENSTE (TRANSMED) Respondent
CORAM: RABIE WND HR, JANSEN, VAN HEERDEN,
SMALBERGER et NESTADT ARRVERHOORDATUM: 8 MAART 1988LEWERINGSDATUM: 19 SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR ...
2.
VAN HEERDEN AR:
Soos blyk uit die uitspraak van my kollega, Smalberger, is een van die gronde waarop die respondent in die hof a quo gesteun het vir die regshulp deur hom aangevra, die ongeldigheid van die sessie-ooreenkomste. Op daardie grond het die hof a quo dan ook die respondent gelyk gegee. Om die redes wat blyk uit my uitspraak in Sasfin (Proprietary) Limited v Beukes (appèl no 149/ 1987), meen ek egter nie dat die ooreenkomste as geheel nietig is nie.
Die hof a quo het ook op 'n verdere grond in die guns van die respondent beslis, nl dat hoewel die respondent volgens regulasie onder bepaalde omstandighede die voordeel wat 'n lid ingevolge die respondent se mediese skema toekom, direk aan die verskaffer van die dienste (in casu drie geneeshere) moet betaal, die verskaffer nie 'n vorderingsreg ten opsigte van sodanige voordeel teen die respondent het nie. Die sessie-ooreenkomste
/wat ...
3.
wat die drie geneeshere met die appellant aangegaan het, het derhalwe, aldus die hof a quo, nie meegebring dat die appellant as.sessionaris enige regte teen die respon-dent verkry het nie. (Die appellant was een van drie sessionarisse maar om herhaling tevermy, verwys ek slegs na hom.)
In beide die hof a quo en in hierdie hof is namens die appellant betoog dat die respondent nie in sy aansoek op bogenoemde grond gesteun het nie en dat dit dus nie oorweeg kon word nie. Na my mening is hier-die betoog gegrond.
Die respondent se tersaaklike smeekbedes, vervat in sy kennisgewing van mosie, lui soos volg:
"1. 'n Verklarende bevel dat die sessies van
regte, wat deur dokters Beukes, du Plessis en Klopper ten gunste van die Respondent aangegaan is, en waarvan aanhangsel 'A' tot hierdíe aansoek 'n voorbeeld is, contra bonos mores en onafdwingbaar is;
2. Alternatiewelik tot paragraaf 1:
'n Verklarende bevel dat die gesegde sessies
/onafdwingbaar ...
4.
onafdwingbaar is, tensy die Applikant
daartoe ingestem het;
3. Alternatiewelik tot paragrawe 1 en 2:
'n Verklarende bevel dat die Applikant nie verplig is om ingevolge die gesegde sessies enige gelde, wat die genoemde dokters toekom, aan die Respondent uit te betaal nie;"
(Die applikant en die respondent na wie verwys word, is onderskeidelik die huidige respondent en appel-lant.)
Die eerste smeekbede berus klaarblyklik slegs op die beweerde ongeldigheid van die sessie-ooreenkomste, terwyl die tweede smeekbede gegrond is op die premisse dat sessie van die geneeshere se vorderings teenoor die respondent nie sonder laasgenoemde se toestemming kon geskied nie. Die tweede bede voorveronderstel dus dat die drie geneeshere wel vorderingsregte teen die respondent het. So ook die derde smeekbede wat dit in soveel woorde het oor "gelde wat die genoemde dokters toekom", klaarblyklik vanaf die respondent.
/In ...
5.
In die aansoek self is daar geen suggestie dat die sessie-ooreenkomste, indien geldig, nie tot ge-volg kon gehad het dat die appellant vorderings teen die respondent verkry het nie, In besonder word nòg uitdruklik nóg stilswyend aan die hand gedoen dat die drie geneeshere nie skuldeisers van die respondent was nie ten opsigte van dienste verskaf aan laasgenoemde se lede, en dat die ooreenkomste dus onder geen omstandig-hede aan die appellant as sessionaris regte teen die respondent kon verleen nie. Inteendeel word by her-haling melding gemaak van gelde wat die geneeshere toe-kom, gelde betaalbaar (deur die respondent) aan die ge-neeshere, en van 'n verpligting van die respondent om betalings aan die geneeshere te maak. Dit is dan ook oorvloediglik duidelik dat dit een van die respondent se uitgangspunte was dat die geneeshere onder die om-standighede hierbo uiteengesit vorderings teen die respon-dent verkry het. Dit was eers by die verhoor van die aan-soek in die hof a quo dat geargumenteer is dat, al sou
/die ...
6.
die ooreenkomste geldig wees, die appellánt nie 'n skuld-eiser van die respondent kon geword het nie.
Die appellant het nie 'n bestrydende verklaring ingedien nie maar slegs aangedui dat hy op regsgronde die aansoek sou teenstaan. Deur die tweede grond te oorweeg, het die hof a quo dus in effek die respondent toegelaat om op 'n addisionele skuldoorsaak, wat die ap-pellant nie geroepe was om te beantwoord nie, staat te maak. En hoewel ek dit moeilik vind om te dink aan feite wat die appellant ter bestryding van so 'n skuldoor-saak sou kon aangevoer het, kan ek nie die moontlikheid uitsluit nie dat hy dit wel sou kon gedoen het (bv deur aan te toon dat bedinge tot voordeel van die geneeshere tussen die respondent en sy lede tot stand gekom het en dat die geneeshere die voordele aanvaar het). Der-halwe moes die hof a quo nie op die tweede grond ten gunste van die respondent beslis het nie.
In die aansoek is op 'n aantal ander gronde ter /bewilliging ...
7.
bewilliging van die smeekbedes gesteun. Die respondent was nie by die verhoor van die appèl verteenwoordig nie en gevolglik is nie betoë ter onderskraging van bedoelde gronde gelewer nie. (Hulle is ook nie pertinent deur die hof a quo oorweeg nie.) Ek volstaan dus deur te sê dat hulle na my mening nie houdbaar is nie.
Ek sou dus die appèl met koste handhaaf, in-sluitende die koste van twee advokate, en die bevel ver-leen deur die hof a quo wysig om te lui:
"The application is dismissed with costs, including the costs of two counsel." H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE WND HR
STEM SAAM
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.