S v Van der Horst (139/05) [2005] ZANCHC 36 (1 July 2005)
The court found that the sentence of 12 months' imprisonment was disproportionate to the nature and value of the goods involved, which were of minor value. The accused, a 36-year-old man with three previous convictions for stock theft, committed the present offence four and a half years after his last conviction....
Source-derived case information.
- Citation
- [2005] ZANCHC 36
- Parties
- Applicant: The State; Respondent: Benjamin van der Horst
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 139/05
- Procedural Posture
- Criminal Review / Review of Sentence
- Outcome
- Conviction confirmed; sentence reduced.
- Judges
- Williams, Goliath
- Legal Topics
- Possession of Stolen Property, Sentencing Principles, Review Procedure
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
The State
Applicant
Benjamin van der Horst
Respondent
Procedural Posture
Criminal Review / Review of Sentence
Legal Issues
- 1 Whether the sentence of 12 months' imprisonment for possession of stolen property was appropriate in the circumstances.
- 2 Whether the distinction between theft and possession/receipt of stolen goods should be reflected in sentencing.
- 3 Whether the inherent review jurisdiction should be exercised despite legal representation.
Ratio Decidendi
The court found that the sentence of 12 months' imprisonment was disproportionate to the nature and value of the goods involved, which were of minor value. The accused, a 36-year-old man with three previous convictions for stock theft, committed the present offence four and a half years after his last conviction. The goods received included items of little value, and the accused suspected they might be stolen after children brought them to him. The reviewing judge held that the sentence imposed was more appropriate for theft than for mere possession or receipt of stolen goods without reasonable grounds. Accordingly, the sentence was reduced to 6 months' imprisonment to reflect the lesser...
Court Disposition
Conviction confirmed; sentence reduced.
Orders
- The conviction is confirmed.
- The sentence of 12 months' imprisonment is set aside and replaced with 6 months' imprisonment.
Full Case Text
Judgment text and source record
32 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno: / Case number: 139/05
Datum gelewer: / Date delivered: 01/07/2005 (HOFRESES)
In die saak van:
DIE STAAT
teen
BENJAMIN VAN DER HORST
Coram: Williams R et Goliath WnR
UITSPRAAK OP HERSIENING
WILLIAMS R:
Die beskuldigde in hierdie aangeleentheid het skuldig gepleit op ân oortreding van artikel 37 (1) van Wet 62 van 1955, die ontvangs van gesteelde goed sonder redelike gronde, en is gevonnis tot 12 (twaalf) maande gevangenisstraf.
Alhoewel hierdie saak regstegnies gesproke nie op hersiening gestuur moes word nie aangesien die beskuldigde regsverteenwoordig was, het ek in elk geval ân navraag gerig aan die Landdros in verband met die vonnis wat as volg lui:
âDie beskuldigde is gevonnis op ân aanklag van besit/ontvangs van vermoedelik gesteelde goed to 12 (twaalf) maande gevangenisstraf. Ek is besorg dat daar so geredelik gevangenisstraf opgelê word vir âgeringeâ misdrywe, veral gesien in die lig van ons oorvol gevangenisse. Is direkte gevangenisstraf en vir so ân tydperk gepas in omstandighede van hierdie saak?â
Die Landdros het reageer op hierdie navraag en gee toe dat die vonnis ietwat swaar is en stel voor dat ân vonnis van 6 (ses) maande gevangenisstraf meer gepas is in die omstandighede van hierdie saak.
Ons ag dit dus gerade om hierdie saak op hersiening te hanteer ingevolge ons inherente hersieningsbevoegdheid.
Die beskuldigde is ân 36-jarige man. Hy het drie verwante vorige veroordelings, al drie daarvan is vir veediefstal, die laaste daarvan gepleeg gedurende 2000.
Hy maak hom eers vier en ân half jaar later skuldig aan die huidige misdryf. Die goedere wat hy in ontvangs geneem het volgens sy skriftelike skuldigpleit is âeen mes, vier biltonghakies, twee stukke biltong, ân pakkie chilli bites en ân tang asook ses potlode en drie rolle sellotapeâ. Alhoewel daar geen waarde aan hierdie goedere gekoppel is nie, dink ek daar kan redelikerwys aanvaar word dat dit nie van besondere hoë waarde kan wees nie.
Die beskuldigde meld verder in sy pleit dat kinders hierdie goed by hom aangebring en gegee het en hom ingelig het dat hulle dit by die slaghuis gekry het. Hy het toe vermoed dat dit dalk gesteel kon wees.
Na my mening moet daar ân onderskeid getref word tussen die daadwerklike dief, ân persoon wat skuldig bevind is aan besit van vermoedelik gesteelde goed en die persoon wat ontvangs neem van gesteelde goed sonder redelike gronde. Hierdie onderskeid behoort gereflekteer word in die vonnisse opgelê vir die verskillende misdrywe. (Sien S v Kaplin & Others 1964 (4) 355 TPD te 358).
Die vonnis wat in die huidige saak opgelê is sou na my mening meer gepas wees indien die beskuldigde aan diefstal skuldig bevind is.
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis van 12 (twaalf) maande gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â6 (ses) maande gevangenisstrafâ.
_________________________
CC Williams
REGTER
Ek stem saam.
PL Goliath
WAARNEMENDE-REGTER