Venter N.O and Another v Coetzee (2268/2004) [2006] ZAFSHC 137 (2 February 2006)
The court held that the Taxing Master's approach in allowing approximately half of the reading fee as wasted costs was reasonable, given the uncertainty of whether the same advocate would be available for the postponed date and the likelihood that some of the work would need to be repeated. The heads of argument...
Source-derived case information.
- Citation
- [2006] ZAFSHC 137
- Parties
- Applicant: C.J. Venter N.O.; Applicant: J.H. Janse van Rensburg N.O.; Respondent: B.B. (Ben) Coetzee
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 2268/2004
- Procedural Posture
- Review Application / Review of Taxation Under Rule 48
- Outcome
- The application for review of taxation is dismissed.
- Judges
- Kruger R
- Legal Topics
- Taxation of Costs, Wasted Costs, Review of Taxing Master, Costs in the Cause
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
C.J. Venter N.O.
Applicant
J.H. Janse van Rensburg N.O.
Applicant
B.B. (Ben) Coetzee
Respondent
Procedural Posture
Review Application / Review of Taxation Under Rule 48
Legal Issues
- 1 Whether the Taxing Master's allocation of wasted costs was correct.
- 2 Which items on the cost account constitute wasted costs due to postponement.
- 3 Whether the reading of documents and preparation fees should be allowed as wasted costs.
Ratio Decidendi
The court held that the Taxing Master's approach in allowing approximately half of the reading fee as wasted costs was reasonable, given the uncertainty of whether the same advocate would be available for the postponed date and the likelihood that some of the work would need to be repeated. The heads of argument were not wasted, as they would be used later in the proceedings, and thus were properly disallowed as wasted costs. The cancellation fee was correctly allowed. The review was dismissed as there was no error in the Taxing Master's allocation.
Court Disposition
The application for review of taxation is dismissed.
Orders
- The review of the Taxing Master's allocation of wasted costs is dismissed.
- No order as to costs is made.
Full Case Text
Judgment text and source record
38 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2268/2004
In die saak tussen:
C.J. VENTER N.O. 1ste Applikant
J.H. JANSE VAN RENSBURG N.O. 2de Applikant
en
B.B. (BEN) COETZEE Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: KRUGER R
GELEWER OP: 2 FEBRUARIE 2006
HERSIENING VAN TAKSASIE
[1] Hierdie is ân hersiening van taksasie kragtens reël 48 van die Eenvormige Hofreëls.
[2] ân Verspilde kosterekening van advokaat is op 4 Junie 2004 getakseer.
[3] Rekening:
Rekening Afgetakseer Toegelaat (1) Nalees stukke (5 dae) 32 500 16 800 15 700 (2) Betooghoofde 13 000 13 000 0 (3) Gekanselleer 23/1 vir 29/1 4 300 0 4 300
[4] Mnr. Maree maak beswaar by taksasie, sê dat slegs item (3) toegelaat behoort te word.
[5] Mnr. Scheepers het saamgestem dat die volle fooi nie op ân verspilde laaste rekening toelaatbaar is nie, maar meen dat item (1) nie in die geheel afgetakseer kan word nie.
[6] Die Takseermeester takseer soos in derde kolom.
[7] Mnr. Maree teken beswaar teen taksasie aan op 28 Junie 2004. Gestelde saak is op 5 April 2005 uit na prokureurs. Geen submissies van prokureurs is ontvang nie.
[8] Verspilde koste is die bykomende koste wat deur die uitstel veroorsaak word â CARLIS v HAY 1903 TS 317. Dit is koste wat voorheen aangegaan is wat nutteloos geword het as gevolg van die teenparty se optrede â MBEKENI v JIKA 1995 (1) SA 423 (Tk) te 424 F â G.
[9] Ten einde te bepaal of sekere koste as verspilde koste beskou moet word, kan gevra word of dit, as gevolg van die uitstel, nodig sou wees om weer die besondere koste aan te gaan. Indien wel, is die koste verspilde koste.
[10] Koste aangegaan vir optrede wat reeds in die litigasie gebruik is, bv. waar sekere getuies reeds getuig het, of betooghoofde reeds voltooi is, word koste in die geding. Aan die einde van die saak beslis die hof wie dit moet betaal (tensy daar spesiale omstandighede is wat ân ander optrede verg).
[11] Waar ân saak voor die aanvang van die verhoor geskik of uitgestel word, moet die takseermeester die advokaat se fooie met betrekking tot kansellasies en voorbereiding wat apart gemaak is, evalueer â PRETORIUS v SANTAM BPK 2000 (2) SA 858 (T) te 862 E â H.
[12] Wat punt (2) van die kosterekening betref, die betooghoofde, is dit ân voorbeeld van koste wat koste in die geding sal word. Die koste is nie verspil nie. Die betooghoofde sal later gebruik word. Dus is item (2) afgetakseer.
[13] Wat punt (3) op die kosterekening betref: Die koste van advokaat op verhoor sal weer aangegaan moet word, dus is die advokaat se gemerkte â
verhoorfooi toelaatbaar.
[14] Wat punt (1) betref: Daardie advokaat het reeds die oorkonde gelees. Hy sal moontlik voor die uitsteldatum weer na die oorkonde moet kyk, maar hy sal dit nie in die geheel hoef te bestudeer nie.
[15] Moontlik sal daardie advokaat nie beskikbaar wees op die uitsteldatum nie, en sal ân ander advokaat die rekord moet lees (hy sou wel nie weer betooghoofde hoef op te stel nie, en sy voorganger sân gebruik). In so ân geval sal die koste verbonde aan die lees van die rekord ten minste gedeeltelik wel verspilde koste wees. Dit is met daardie onsekere situasie in die oog dat die takseermeester nagenoeg ½ toegelaat het.
[16] Die leeswerk was nie heeltemal nutteloos nie, maar ook nie in die geheel benut nie. Op daardie basis het die takseermeester nagenoeg helfte toegelaat. Daardie benadering kan nie gefouteer word nie.
[17] Ek sien geen rede waarom enige kostebevel toegestaan moet word nie.
[18] Die hersiening word afgewys.
____________
KRUGER, R
Prokureur vir applikant in taksasie: Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Prokureur vir respondent in taksasie: Naudes Prokureurs
/sp