Heymans v Van Tonder (2) (406/83) [1985] ZASCA 44; [1985] 2 All SA 389 (A) (29 May 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 44
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Joubert, Viljoen, Hefer
- Case number
- 406/83
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Joubert, Viljoen, Hefer
- Case number
- 406/83
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the testamentary clause did not grant the appellant an immediate right to payment upon the remarriage of the surviving spouse. Instead, the surviving spouse was given a choice to either pay or secure the appellant's interest, with the timing of payment left to the spouse's discretion. The nature of the bequest was a conditional fideicommissum, and the appellant's entitlement to the estate would only arise upon the death of the surviving spouse unless the spouse opted to pay earlier. The requirement for security was intended to protect the appellant's interest, but did not necessitate that the security be interest-bearing. The testators' clear intention was to benefit the surviving spouse above all, with the appellant's interest being secondary and conditional.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The appellant is ordered to pay the costs of the appeal.
02
Material facts
Parties
Paul Jacobus Heymans
AppellantBeatrice Aletta van Tonder
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Lower Court Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the testamentary clause created a right for the appellant to immediate payment upon the remarriage of the surviving spouse.
- 02
Whether the surviving spouse had a choice to pay or merely secure the appellant's interest in the estate upon remarriage.
- 03
Whether the security provided to the appellant must be interest-bearing.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the testament should be interpreted to grant him an immediate right to payment of half the joint estate upon the remarriage of the surviving spouse. He contended that the clause requiring payment or security to the satisfaction of the Master of the High Court was intended to protect his interests, especially if he was still a minor at the time of remarriage. The appellant further argued that the security should be interest-bearing to ensure the value of his inheritance is preserved until he becomes entitled to it.
- Respondent
- The respondent maintained that the testament granted the surviving spouse discretion to either pay or secure the appellant's interest, and that payment was not necessarily immediate upon remarriage. The respondent argued that the testators intended to primarily benefit the surviving spouse, with the appellant's interest being conditional and secondary. The respondent further submitted that the security need not be interest-bearing, as the intention was for the appellant to inherit only upon the death of the surviving spouse, unless the spouse chose to pay earlier for convenience.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Wessels v The Master of the High Court 9 SC 18
A fideicommissum residui is created when a conditional bequest is made, allowing the surviving spouse discretion over the estate, subject to certain conditions.
- 02
Administration of Estates Act 24 of 1913 and 66 of 1965
The Master of the High Court is tasked with protecting the interests of all parties to an estate, including minors, creditors, and legatees.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the testamentary clause did not grant the appellant an immediate right to payment upon the remarriage of the surviving spouse. Instead, the surviving spouse was given a choice to either pay or secure the appellant's interest, with the timing of payment left to the spouse's discretion. The nature of the bequest was a conditional fideicommissum, and the appellant's entitlement to the estate would only arise upon the death of the surviving spouse unless the spouse opted to pay earlier. The requirement for security was intended to protect the appellant's interest, but did not necessitate that the security be interest-bearing. The testators' clear intention was to benefit the surviving spouse above all, with the appellant's interest being secondary and conditional.
Obiter and limits
- The repeated mention of the appellant's age in the testament does not alter the interpretation of the clause.
- The order of words in the testamentary condition is significant and does not support the appellant's interpretation.
- The inconvenience to the surviving spouse in liquidating half the estate upon remarriage was likely considered by the testators and justified the discretion granted.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs.
- The appeal is dismissed.
- The appellant is ordered to pay the costs of the appeal.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
406/83 /mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
PAUL JACOBUS HEYMANS APPELLANT
en
BEATRICE ALETTA VAN TONDER RESPONDENTE
Coram : RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, VILJOEN,
HEFER, ARR
Verhoordatum : 9 MEI 1985
Leweringsdatum : 29 MEI 1985
UITSPRAAK
VILJOEN, AR
Ek het die voorreg gehad om die uitspraak
van my kollega Joubert te lees. Ek stem egter nie
saam/ 2.saam dat die appèl moet slaag nie. Na my oordeel
misluk die appèl om die redes wat volg.Dit is af te lei uit die bepalings vandie testament dat die erflaters die langslewende vanhulle veel meer wou bevoordeel as hul aangenome seun,die appellant. Kragtens klousule 3 is die hoofbepalingdie aanstelling van die langslewende van hulle as dieenigste erfgenaam van hulle hele gesamentlike boedel.Die appellant erf slegs die gesamentlike boedel, as.albei van hulle gelyktydig te sterwe kom of as dielangslewende te sterwe kom sonder om 'n testament nate laat; in laasgenoemde geval erf hy slegs dit watvan die gesamentlike boedel oorbly (klousule 4).Dit is dus 'n voorwaardelike fideicommissum residui
wat geskep word, die voorwaarde synde dat die langs-
lewende, /
3.
lewende, mits hy of sy nie hertrou nie, by wyse
van testament die gehele gesamentlike boedel aan
iemand anders kan laat vererf. Dit word dus aan
die goeddunke van die langslewende oorgelaat of die
appellant sal erf al dan nie. Onderworpe hieraan
raoet die voorwaarde in klousule 3 vervat gelees
word naamlik indien die langslewende hertrou, moet
hy of sy 'n bedrag gelykstaande aan een helfte van
die waarde van die gesamentlike boedel uitbetaal
of versekureer tot bevrediging van die Meester van
die Hooggeregshof
Die bedoeling skyn dus te wees dat die
testateurs besliste voorkeure gehad het. Eerstens
is die langslewende bevoordeel, daarna die appellant
en is/
4.
en is die voorwaarde ingevoeg klaarblyklik met die
oogmerk dat diegene wat uit hoofde van die hertroue
van die langslewende in 'n intieme verhouding tot
hom of haar te staan sou kom, nie, ten aansien van
ten minste helfte van die boedel, die appellant sal
benadeel nie. Die volgorde van voorkeur skyn dus
te wees eers die langslewende, dan die appellant,en
laastens derdes wat as gevolg van die hertroue van
die langslewende 'n belang in die gesarnentlíke
boedel mag verkry. Die hertroue van die langslewende
bring nie mee dat die ander helfte van die boedel
vir die appellant verlore is nie. As die langs-
lewende buite gemeenskap van goedere trou en geen
testament nalaat nie, sal daardie helfte van die
boedel/ 5boedel kragtens die testament ook aan die appellant
gaan
In díe lig van die voorgaande moet die
voorwaarde in klousule 3 uitgelê word. Die geskil
punt is of die woorde: "uitbetaal of versekureer
tot bevrediging van die Meester van die Hooggeregs-
hof," 'n reg aan die appellant verleen om by hertroue
die helfte van die waarde van die gesamentlike boedel
uitbetaal te word dan wel of die langslewende 'n keuse
het om bf uit te betaal 6f slegs die belang van die
appellant te verseker vir realisering op 'n later
datum, en indien laasgenoemde, op watter datum.
Ek meen nie dat, aangenome dat die langs-
lewende 'n keusereg het en dat hy/sy sou verkies om
by/ 6.by hertroue liewer te verseker as om uit te betaal,
daar enige onsekerheid bestaan ten aansien van die
datum waarop die appellant op die laaste op helfte
van die boedel geregtig sou word nie. Die aard van
die erflating, onderworpe aan die keuse om uit te
betaal, bly nog dié van 'n fideicommissum. Indien
die keuse nie uitgeoefen word om vroeër uit te
betaal nie, sal die appellant op sy versekerde aan-
deel in die boedel by die dood van die langslewende
geregtig wees, Indien, soos ek hierbo daarop gewys
het, die langslewende buite gemeenskap van goedere
hertrou het, en geen latere testament gemaak het
nie, sal die appellant by die dood van die langslewen-
de geregtig wees op die gehele gesamentlike boedel
wat/
7.
wat sal bestaan uit sy versekerde helfte en wat
daar mag oor wees van die ander helfte.
Gesien die bedoeling van die testateurs
om die langslewende bo die appellant te bevoordeel,
meen ek dat die rnoontlike ongerief vir die langs-
lewende om die helfte van die boedel te gelde te
maak by hertroue ook by hul le 'n oorweging rnoes
gewees het en dat dit die rede is vir die keusereg
wat aan die langslewende gegee is. Dat die langs-
lewende, indien hy/sy sou verkies om te versekureer
liewer as om uit te betaal, te eniger tyd voor sy/haar
dood kan besluit om die sekuriteit af te los wanneer
dit gerieflik mag wees om dit te doen, is na my mening
nie strydig raet dxe voorwaarde nie.
Indien/........
8. Indien die appellant'se betoog reg is'moet
die woorde "uitbetaal of versekureer tot bevrediging
van die Meester van die Hooggeregshof" gelees word
om voorsi.ening te maak vír twee moontlike gebeurlik-
hede naarnlik, eerstens, as die hertroue sou plaasvind
terwyl die appellant nog minderjarig is moet die
uitbetaling verseker word totdat die appellant rneer-
derjarig word wanneer die uitbetaling moet geskied en,
tweedens, as die hertroae sou plaasvind nadat die
appellant reeds meerderjarig geword het moet die
uitbetaling onmiddellik geskied. Daar is betoog dat
so 'n uitleg aangedui word deur die vereiste wat
gestel word dat sekuriteit tot bevrediging van die
Meester gestel word, want, so is aangevoer, dit is
die/
9.
die Meester se funksie om na die belange van
minderjariges om te sien. Dit is sekerlik so dat
die Meester moet waak oor die belange van minder-
jariges maar dit is nie sy enigste funksie of
bevoegdheid nie. Aan hom is ook opgedra om, sover
dit die bereddering van boedels betref, die belange
van skuldeisers, erfgename, legatarisse en almal
wat 'n eis teen die boedel het, te beskerm. Kyk
Wessels v The Master of the High Court 9 SC 18 op 26
Die opeenvolgende Boedelwette 24 van 1913 en 66 van
1965 bevat uitvoerige bepalings in hierdie verband.
Ek meen nie dat die herhaling van die
ouderdom van die appellant in die testament enigiets
bedui nie. Waarom, indien hulle met die invoeging
van 'n/ ..........10.van 'n paar woorde in klousule 3 hulle bedoelingduidelik kon maak, sou hulle verkies om hullebedoeling by wyse van die vermelding, selfs al sou dit herhaal word, van die ouderdom van dieappellant te verskuil .Die orde van die woorde waarin dievoorwaarde gegiet is, is ook, na my oordeel, be-langrik. Indien dit die bedoeling was dat sekerheidgestel moes word wanneer die hertroue plaasvind terwyldie appellant nog minderjarig is, sou verwag word datvir so 'n gebeurlikheid eerste voorsiening gemaak souword want meerderjarigheid volg op minderjarigheiden dit sou meer logies wees om die alternatiewe moont-like gebeure kronologies te stel.
Die uitoefening van die keuse om te betaal
by/
11.
by hertroue is nie onbestaanbaar met hertroue
terwyl die seun nog minderjarig is nie. Waar die
langslewende kragtens klousule 5 sowel die voog
of voogdes as die eksekuteur of eksekutrise van
die testament en beredderaar of beredderaarster
van die boedel is, sou die Meester in die geval
van so 'n gebeurlikheid waarskynlik 'n inbetaling
van die betrokke bedrag in die Voogdyfonds gelas
het.
Wat die vraag betref of, indien die langs-
lewende sou verkies om by hertroue te verseker en nie
uit te betaal nie, die sekuriteit vrugtedraend moet
wees, stem ek met eerbied met die Hof a quo saam.
Dit was die wesentlike bedoeling van die erflaters
dat/
12.
dat die appellant alleen by die dood van die langs-
lewende sou erf. Die keuse aan die langslewende
om by hertroue (of enige tyd daarna voor sy/haar
dood) uit te betaal was na my mening ingevoeg vir
doeleindes van gerief van die langslewende. Die
keuse is aan hom of haar gelaat om die boedel te
bevry van die las wat andersinds daarop sou rus
tot by sy of haar dood - 'n las wat ongerieflik kon
wees uit die oogpunt van beskikking oor sy of haar
deel van die boedel tydens sy/haar leeftyd of by
sy/haar dood
Ek sou die appèl afwys, met koste.
APPèLREGTER
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.