Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Uys v Uys (22059/09) [2010] ZAWCHC 48 (19 March 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found overwhelming evidence that the respondent's unstable living conditions and psychiatric issues negatively affected her ability to provide adequate care and stability for the minor child. Reports from the family counsellor and psychiatrist confirmed the respondent's psychiatric condition required treatment and additional support, and that her lack of insight into the child's needs and her own limitations posed risks to the child's development. The child had adapted well to living with the applicant, who provided a stable home environment and support network. The court held that the best interests of the child required that the applicant be appointed as the primary caregiver, with the respondent's contact to be supervised pending psychiatric treatment and further review. The court also found no basis for a costs order given the circumstances.

Court disposition

Application granted. The applicant is appointed as the primary caregiver of the minor child. The respondent's contact is to be supervised and subject to review.

Orders

  • The interim order dated 28 January 2010 is confirmed with amendments as set out in the judgment.
  • Paragraph 1.2.5 of the previous order is deleted and replaced to require agreement on a supervisor for the respondent's contact; failing agreement, the applicant will supervise contact at his residence.
  • Paragraph 1.2.6 is inserted, providing that the respondent's supervised contact will be reviewed by the court no later than Friday, 24 September 2010, upon submission of psychiatric and family advocate reports three weeks prior to the hearing.
  • No order as to costs.

02

Material facts

Parties

Nicolaas Johannes Uys

Applicant Counsel: Heese

Adriana Elizabeth Uys

Respondent Counsel: Coetzee

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Final Determination of Application to Amend Divorce Order Regarding Custody and Parental Rights.

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant, the child's father, argued that the respondent's living conditions were unstable, having moved approximately eight times in two years, including periods living in a vehicle. He asserted that the respondent failed to provide adequate schooling, resulting in academic and emotional setbacks for the child. The applicant claimed the child was overweight, poorly cared for, and lacked social discipline. He maintained that his own stable home, employment, and support network were in the child's best interests. He sought joint parental rights, primary residence for the child with him, and suspension of his maintenance obligation while the child resided with him.
Respondent
The respondent denied instability, stating she always maintained a fixed address after leaving the marital home. She justified relocations as necessary due to work and the applicant's actions. She claimed homeschooling was appropriate due to the child's adjustment issues in state schools and allergies. The respondent denied allegations of poor care and emotional problems, asserting the child was well-adjusted and disciplined. She opposed the applicant's appointment as primary caregiver, citing past inappropriate conduct by the applicant towards their other child, and argued that supervised contact was unnecessary.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Children's Act 38 of 2005

    The best interests of the child are paramount in all matters concerning the care, contact, and guardianship of children.

  2. 02

    Report of Dr. D. Chait, Psychiatrist

    Where there is evidence of psychiatric impairment affecting parental capacity, supervised contact may be ordered to safeguard the child's welfare.

  3. 03

    Report of Family Advocate and Me. Stander, Family Counsellor

    Joint parental rights and responsibilities may be granted where both parents are capable, but primary residence should be with the parent best able to provide stability and care.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found overwhelming evidence that the respondent's unstable living conditions and psychiatric issues negatively affected her ability to provide adequate care and stability for the minor child. Reports from the family counsellor and psychiatrist confirmed the respondent's psychiatric condition required treatment and additional support, and that her lack of insight into the child's needs and her own limitations posed risks to the child's development. The child had adapted well to living with the applicant, who provided a stable home environment and support network. The court held that the best interests of the child required that the applicant be appointed as the primary caregiver, with the respondent's contact to be supervised pending psychiatric treatment and further review. The court also found no basis for a costs order given the circumstances.

Obiter and limits

  • The court noted that the respondent's psychiatric condition, while treatable, necessitated ongoing evaluation and support to ensure her parental functioning.
  • It was observed that the applicant's stable employment and residence contributed positively to the child's adjustment and development.
  • The court remarked that the absence of evidence of risk from the applicant regarding sexual misconduct was significant in determining the child's placement.

Court disposition

Application granted. The applicant is appointed as the primary caregiver of the minor child. The respondent's contact is to be supervised and subject to review.

  • The interim order dated 28 January 2010 is confirmed with amendments as set out in the judgment.
  • Paragraph 1.2.5 of the previous order is deleted and replaced to require agreement on a supervisor for the respondent's contact; failing agreement, the applicant will supervise contact at his residence.
  • Paragraph 1.2.6 is inserted, providing that the respondent's supervised contact will be reviewed by the court no later than Friday, 24 September 2010, upon submission of psychiatric and family advocate reports three weeks prior to the hearing.
  • No order as to costs.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2010] ZAWCHC 48

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD

Saaknommer: 22059/09

in die saak tussen:

NICOLAAS JOHANNES UYS Applikant

en

ADRIANA ELIZABETH UYS Respondent

UITSPRAAK: 19 MAART 2010

Schippers Wn.R.:

[1] Hierdie is 'n aansoek om die wysiging van 'n egskeidingsbevel waarvolgens die respondent toesig en beheer van die partye se

minderjarige dogter, Janie ("die kind"), verkry het onderhewig aan 'n ouerplan.

[2] Die applikant is die vader van die kind. Hy versoek 'n finale bevel ingevolge waarvan die partye gesamentlike houers van ouerlike regte en verpligtinge ten opsigte van die kind sal wees, ooreenkomstig die Kinderwet 38 van 2005 ("die Kinderwet"). In wese verlang hy die volgende regshulp:

Dat die partye medevoogdyskap oor die kind sal uitoefen.

Dat die kind primer by horn woon onderhewig aan die respondent se reg van redelike toegang wat insluit onder andere, elke alternatiewe

naweek; die helfte van die Desember / Januarie skoolvakansie; elke alternatiewe kort skoolvakansie; alternatiewe Junie / Julie

skoolvakansies; om die kind vir die helfte van die dag op haar verjaarsdag te verkry; Vadersdag saam met die applikant en Moedersdag saam met die respondent; redelike telefoniese kontak; en dat die respondent met die uitoefening van haar kontak behoorlike behuising aan die kind voorsien gedurende kontak periodes.

Dat gesamentlike besluite oor die volgende aspekte rakende die kind geneem word en na konsultasie met mekaar, naamlik skoolopvoeding,

buitemuurse aktiwiteite, ekstra lesse en tersiere onderrig; mediese en sielkundige behandeling; geloofsopvoeding; besluite rakende

kontak met die kind; en enige besluit wat die kind se lewensomstandighede en welstand wesenlik sal raak.

Dat geskille tussen die partye aangaande die kind na 'n fasiliteerder verwys word vir 'n bindende aanbeveling.

(5) Dat die Gesinsadvokaat 'n dringende ondersoek rakende die ouerlike regte en pligte en kontak ten opsigte van die kind instel en 'n aanbeveling ten opsigte van hierdie aspekte in 'n verslag aan hierdie Hot beskikbaar maak. Hierdie verslag is aan die Hof voorgele.

(6) Dat die applikant se onderhoudspligtigheid opgeskort word vir so lank as wat die kind by horn woonagtig is.

[3] Die aansoek is beweeg uit 'n besorgdheid vir die kind se welstand wat insluit haar woon omstandighede, fisiese versorgdheid; skoolopvoeding haar emosionele ontwikkeling en sosiale aanpassing.

[4] Die applikant beweer dat die respondent se woon omstandighede uiters onstabiel is. In die afgelope twee jaar het sy ongeveer agt keer van woonplek verwissel en het sy al meermale duidelik gemaak dat sy nie daarvan hou om op een plek lank te woon nie. Op 'n stadium het die respondent sedert begin Augustus 2009 in 'n bussie (motorvoertuig) gewoon waarin die kind oomag het. Sy het maar onlangs 'n huurkontrak geteken vir 'n woning in Bloubergstrand vir ses maande. Dft gee nie vir die applikant enige gemoedsrus nie vanwee die respondent se rondtrek geskiedenis. Die respondent was uiteindelik oortuig dat dit onveiljg is vir die kind om in 'n motorvoertuig te slaap. Sy het gevolglik ingestem om die kind in die applikant se sorg te laat waar sy tans nog is. Hy vrees egter dat die respondent sal poog om die kind weer uit sy sorg te verwyder wat nie in die kind se beste belange sal wees nie.

[5] Die respondent laat die kind se skoolonderrig agterwee as gevolg van die verwisselfng in skole en die onderrig wyse. In 2007 was die kind slegs vir twee kwartale in Eversdal Laerskool. Met haar verhuising na Melkbosstrand net sy blykbaar die kind met tuisonderrig laat begin. Die applikant kon egter geen bevestiging daarvoor vind nie. Hierna het die respondent na Vishoek verhuis en die kind by Paul Greyling Laerskool ingeskryf waar sy in Graad 2 aanvaar is. Die applikant het vir die kind se addisionele naskoolse klasse en huiswerk hulp betaal. Die kind het toe Graad 2 geslaag. Ter ondersteuning van sy bewering het die applikant 'n skrywe van die klasonderwyseres by Paul Greyling Laerskool aangeheg. Hieruit blyk dit dat die kind 'n groot akademiese agterstand aan die begin van 2008 getoon het, maar dat sy met die nodige hulp goeie vordering gemaak het. Die skrywe meld verder dat die kind vir ongeveer 40 dae afwesig was en nie haar inhaalwerk tuis voltooi het nie en dat die respondent glo dat die kind nie skoolwerk tuis moet doen nie - dit moet 'n ontspanne speel atmosfeer wees. Die kind was ook baie keer laat in die oggend. Volgens die klasonderwyseres het dit die kind se emosionele ontwikkeling baie benadeel en was sy dan onseker en baie huilerig.

[6] Net voor die kind met Graad 3 moes begin, het die respondent weer besluit om tuisonderrig te doen en toe na Fisantekraal verhuis. Twee tot drie maaijide later het sy terug verhuis na Vishoek. Dit het egter gou geblyk dat geen werklike aanvaarbare onderrig plaasgevind het nie. Die respondent kon nie aantoon waar die kind vir tuisonderrig geregistreer is nie of watter kontroles daar is om seker te maak dat sy aan die akademie^e vereistes voldoen.

[7] Volgens 'rt assessering deur 'n kliniese sielkundige, Dr. S. P. Potgieter, in September 2009, blyk dit daar sekere tekortkominge is ten opsigte van die kind se fynksionering en word dit aanbeveel dat sy baat sal vind by formele ojiderrig en sal dit tot haar voordeel wees om terug in die skoolsiste^m te kom.

[8] Die applikant meld dat die kind is oorgewig. Sy is kieskeurig wat haar eetgewoorjtes betref. Voorts is sy vuil en haar kleure dikwels stukkend die tye wajineer sy vanaf die respondent na horn kom. Ten opsigte van die kind s$ sosiale aanpassing is haar interaksie met ander kinders nie normaal nie en ken sy nie dissipline nie. Sy word ook nie aan enige struktuur of roetine blootgestel nie.

[9] Die applikant meld dat dit in die belang van die kind sal wees om in sy sorg gepla^s te word. Hy woon die afgelope 12-13 jaar in dieselfde woning. Dfe kind is bekend met sy huis en het haar eie kamer. Voorts het die kind 'n (negte band met haar ouer suster wat tans 20 jaar oud is en wat ook by die applikant bly. Verder het die kind ook 'n goeie verhouding met die applikant se saamleef maat. Laastens, die applikant het 'n stabiele werk. Hy werk alreeds 27 jaar vir Sanlam en bly in 'n omgewing waar daar goeie skole is.

[10] Die respondent ontken dat die applikant geregtig is op die regshulp soos aangevra. Sy ontken ook dat haar woon omstandighede onstabiel is en meld dat vandat sy die gemeenskaplike woning verlaat het, het sy nog altyd 'n vaste woonadres gehad. Tans is sy woonagtig in Bloubergstrand. Sy beweer verder dat sy en die kind verplig was om te verhuis nadat die applikant haar aandeel in die gemeenskaplike woning vir feitlik niks gekoop het. Aangaande haar rondtrek se die respondent dat sy na Vishoek verhuis het na ses maande vanwee werk. Daar het sy en die kind in een woonstel gebly terwyl hulle vir 'n ander woonstel gewag het. Terwyl hulle in Vishoek gewoon het, het sy en die kind vir ongeveer twee maande tydelik op 'n plaas te Klipheuwel, Durbanville gewoon. Die tye wanneer sy en die kind in die bussie oornag het, was toe hulle toere onderneem het met die bussie. Sy meld dat aangesien die kind tuisonderrig ontvang het, was hulle redelik vry om te gaan waar hulle wou.

[11] Die respondent erken dat die kind 'n akademiese agterstand in die begin van 2008 (jjehad het, maar ontken sy dat dit so groot was soos aangevoer deur die klasonderwyser by Paul Greyling Laerskool. Sy erken ook dat die kind vif ongeveer 40 dae nie skool bygewoon het nie en probeer dit regverdig Soos volg. Die kind het gesukkel om by 'n Staatskool aan te pas omdai sy bang is vir groot groepe mense. Vanwee die applikant se aanranding op haar was die kind oorbeskermend teenoor die respondent. Die kind ils allergies vir gras, stof nete en boom sade en was baie dae afwesig as gevolg hiervan. In 'n neutedop voer sy aan dat vanwee die kind se aanpassings probleme in 'n Staatskool, het sy besluit om haar weer tuisonderrig te gee aan die begin van 2009.

[12] Behalwe om te erken dat die kind kieskeurig was met haar eetgewoontes en dat sy soms 'n bietjie onversorg is, ontken die respondent dat die kind 'n fisiese versorging probleem het. Die respondent ontken dat die kind emosionele ontwikkeling en aanpassings probleme het. Inteendeel voer sy aan dat die kind se emosionele ontwikkeling ver bo die van ander kinders van haar ouderdom is. Voorts voer die respondent aan dat die kind se interaksie met ander kinders baie goed is en ken sy dissipline.

[13] Die respondent ontken dat die kind 'n goeie verhouding met die applikant het en voer aan dat dit nie in die kind se beste belange

sou wees indien hy as die primere versorger aangestel word nie, vanwee die volgende redes. Die applikant het hul ander kind, Liza, op 13 jarige ouderdom blootgestel aan seksuele praatjies en haar aanbeveel om blou films te kyk. Hy self het na die films gekyk en ook ontklee klubs besoek. In sy repliserende eedsverklaring het die applikant hierdie bewerings ontken. Hy het egter teenoor die gesins beraadgewer erken dat hy blou films met Liza bespreek het in die verlede en dat hy haar onbehoorlik betas het. Volgens horn was dit egter 'n eenmalige insident.

[14] Die Gesinsadvokaat het 'n verslag van 'n gesins beraadgewer, Me. Stander bekom. In 'n omvattende en deeglike verslag is Me. Stander se evaluering kortliks as volg:

(1) Die kind is tans op 'n ouderdom waar haar perspektiewe, norme en standaarde in die ontwikkelingsfase is. Ouers, onderwysers en haar gelyke het 'n sterk invloed op die kind se ontwikkeling. Die respondent se onstabiliteit wat haar woon omstandighede betref sal die kind se stabiliteit negatief bemvloed.

(2) Die respondent toon 'n onvermoe om die veiligheidsrisiko waaraan sy die kind blootstel deur met haar in die bussie te oornag, te waardeer.

(3) Sy is bekommerd oor die respondent se onvermoe om te verseker dat die kind behoorlike onderrig ontvang.

(4) Die respondent se gebrekkige insig oor wat gesamentlike houers van ouerlike regte en verpligtinge ten opsigte van die kind beteken, is 'n bron van kommer vir Me. Stander vorentoe.

(5) Me[ Stander is ook besorgd oor die effek wat die respondent se psigiatriese status kan he op haar vermoe om in die kind se berioeftes te voorsien.

(6) DaAr is geen bewys dat die applikant vir die kind 'n risiko inhou wat sek^uele gedrag betref nie. Sy het nie die indruk gekry dat die kind bar^g is vir die applikant nie. Sy is wel bekommerd oor die applikant se gedrag in die verlede maar voer aan dat daar geen beWys of verslag beskikbaar is wat aandui dat die kind blootgestel was^ aan onbehoorlike gedrag nie.

(7) Me. Stander beveel aan dat die applikant primere versorger van die kind moet wees; dat die respondent toegang onder supervisie moet verkry; dat die kind by 'n skool ingeskryf moet word sodat sy forrr^eel onderrig kan ontvang; dat die partye na 'n ouer sentrum vervj/ys word om gesamentlike ouerlike regte effektief te laat geskied; en dat 'n fasiliteerder aangestel word om geskille aan£|aande hulle ouerlike regte te fasiliteer.

[15] Die saak js dringend aangehoor op 28 Januarie 2010. Me. Heese wat namens die applikant verskyn het asook die Gesinsadvokaat het aangevoer dat Me. Stander se aanbeveling aanvaar word en dat daar dienooreerjkomstig 'n bevel uitgereik word. Mnr. Coetzee namens die respondent, se enigste beswaar teen die aanbeveling van die Gesinsadvokaat was dat kontak nie onder supervisie moet geskied nie. Na behoojrlike oorweging van die stukke en aanhoor van die betoe, het ek 'n bevel! uitgereik wat in essensie daarop neerkom dat die partye gesamentjik die houers van ouerlike regte en verpligtinge ten opsigte van die kind s|al wees en dat sy primer by die applikant sal woon onderhewig aan die [respondent se reg van redelike kontak, welke kontak onder supervise sal geskied. Die saak is uitgestel na 19 Februarie 2010.

[16] Op 19 Fejbruarie 2010 is die saak verder uitgestel tot 19 Maart 2010. Die applikant en die respondent was beveel om die verslag van Dr. D. Chait, 'n psigiatfer, aan die Hof te lewer aangaande hulle psigiese welsyn. Die Gesinsadyokaat is ook versoek om 'n aanvullende verslag rakende die kind se ppsisie sedert verlening van die tussentydse bevel op 28 Januarie 2010 aarl die Hof voor te le.

[17] Ek het die verslag van Dr. Chait rakende die partye se psigiese welsyn onder oet gehad. Volgens Dr. Chait het die applikant geen geskiedenis van enige psigiatriese gebrek nie. Daar is ook geen getuienis van geestesojngesteldheid nie en is daar in sy opinie geen rede hoekom die applikant nie normale toegang tot die kind mag he nie. Dieselfde geld ongelukkig nie vir die respondent nie. Dr. Chait is van mening dat daar getuienis; is dat die respondent wel aan 'n geestesgebrek ly maar dat haar toestand met psigiatriese hulp behandelbaar is. Gevolglik beveel Dr. Chait aa|n dat die respondent vir psigiatriese behandeling en opvolging verwys word wat haar ouerlike funksionering sal bevoordeel. Voorts meld Dr. Chait dat die respondent se toestand haar nie op sjgself verhoed om vir die kind te sorg nie, maar dat sy wel addisionele ondersteuning sal benodig veral terwyl sy behandeling

ontvang. Hierdie ondersteuning mag wel inhou dat die kind vir verskeie periodes by die applikant sal moet bly. Dr. Chait stel voor

dat die respondent se psigiatriese toestand binne drie maande hersien word en daarna weer binne ses maande na ontvangs van die aanvanklike behandelingsfase. Dr. Chait is ook van mening dat dit belangrik is dat die respondent beraadgewing met betrekking tot sy verslag ontvang en dat sy sterk aangemoedig moet word om verdere psigiatriese evaluering en behandeling te ondergaan.

[18] Daar is geen rede om die bevindings van Dr. Chait in twyfel te trek nie. Myns insiens bied dit 'n verduideliking aan vir die respondent se gebrek aan insig ten opsigte van haar woon omstandighede; haar onvermoe om te verseker dat die kind behoorlike onderrig ontvang; en haar gebrekkige insig aangaande die kind se emosionele ontwikkeling en aanpassings probleme. Dr. Chait se bevindings maak dit egter duidelik dat dit tans nie in die belange van die kind is dat die respondent die primere versorger moet wees nie.

[19] Me. Stander se evaluasie en aanbevelings in haar aanvullende verslag, welke aanbevelings deur die Gesinsadvokaat ondersteun word, is as volg.

(1) Die kind het goed by die applikant aangepas in sy nuwe rol as primere versorger. Dit blyk dat die kind gelukkig is om met haar ouer suster, die applikant en sy saamleef maat te woon. Die kind is in 'n posisie om haar verhouding met haar suster te laat groei op 'n daaglikse basis. Die ouer suster, die applikant en sy saamleef maat help haar met haar skoolwerk en gaan haal haar om die beurt by die skool. Me. Stander beskou dit alles as positief vir die kind se ontwikkeling.

(2) Me. Stander erken dat die kind wel 'n band met haar moeder het en dat sy laasgenoemde mis. Dit blyk egter dat die respondent nog steeds rondswerf wat die stabiliteit van die kind en haar betrokkenheid in formele opvoeding negatief sal be'invloed. Me. Stander bevestig dat dit blyk dat die respondent wel onsuksesvol was om die kind op te voed met haar tuisonderrig gedurende 2009.

(3) Me. Stander is dit eens met Dr. Chait dat die applikant voordeel sal baat met psigiatriese behandeling. Dit sal ook haar ouerlike vermoens verbeter. Sy beveel aan dat die applikant die primere versorger van die kind moet wees en dat die respondent psigiatriese behandeling moet ontvang soos voorgestel deur Dr. Chait. Sy stel ook voor dat die respondent toegang onder supervisie moet verkry wat binne ses maande hersien moet word; en dat 'n fasiliteerder aangestel word om die kontak onder supervisie te monitor, hangende bevestiging van die respondent se diagnose en haar vordering.

[20] Die oorweldigende getuienis voor die Hot is dus dat dit in die belang van die kind is om haar aan die applikant as primere toesighouer en versorger toe te vertrou. Gegewe die aard en besondere omstandighede van hierdie aansoek is ek van mening dat die kostebevel soos deur die applikant versoek onvanpas is.

[21] Gevolglik word die volgende bevel gemaak:

(1) Die tussentydse bevel gedateer 28 Januarie 2010 word bekragtig maar met die volgende wysiging:

Paragraaf 1.2.5 van die bevel word deurgehaal en vervang.

Paragraaf 1.2.6 word ingevoeg.

"1.2.5 Die partye sal ooreenkom oor die persoon wat die respondent se kontak met die minderjarige kind, Jani, sal oorsien en monitor. Die applikant sal in goeie trou horn beywer om 'n ooreenkoms met die respondent vir hierdie doel te bereik. By gebrek aan sodanige ooreenkoms, sal die applikant as oorsiener optree, in welke geval die respondent se kontak onder supervisie by die applikant se woonplek sal geskied.

1.2.6 Die respondent se reg van redelike kontak onder supervisie soos vervat in paragraaf 1.2 hierbo sal nie later as Vrydag 24 September 2010 deur hierdie Hof hersien word. By sodanige hersiening sal 'n verslag van 'n psigiater asook 'n verslag van die Gesinsadvokaat aan die Hof drie (3) weke voor die verhoor datum voorgele word, aangaande die wenslikheid al dan nie van die respondent se reg van redelike kontak met die minderjarige kind, Jani, sonder supervisie."

(2) Daar is geen bevel ten opsigte van koste.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Children's Act 38 of 2005

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.