Van den Heerven v Boland Bank (A306/2004) [2005] ZAFSHC 106 (29 September 2005)
- Citation
- [2005] ZAFSHC 106
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. van Coppenhagen, J.P. Malherbe
- Case number
- A306/2004
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. van Coppenhagen, J.P. Malherbe
- Case number
- A306/2004
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant failed to prove that the respondent was party to the original sale agreement and thus could not claim an implied warranty against eviction. The cession document only transferred rights, not obligations, and there was no evidence of a delegation of duties to the respondent. Regarding the written undertaking to pay the value of the vehicle, the court held that no binding agreement arose because the appellant did not communicate acceptance of the offer to the respondent. The appellant's attorney's mistaken belief regarding the necessity of providing security for costs was not attributable to the appellant, and condonation for that procedural failure was granted. However, on the merits, the appellant failed to establish any contractual or delictual liability on the part of the respondent. The appeal was dismissed with costs.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Anna Magrietha van den Heever
Appellant Counsel: C.A. HumanBoland Bank
Respondent Counsel: P.C.F. van RooyenAmounts and remedies
- Claimed Principal Debt (vehicle Purchase Price): ZAR 30,000
- Stamp Duties: ZAR 20
- Finance Charges: ZAR 11,305.71
- Credit Insurance: ZAR 1,277.68
- Total Amount Claimed: ZAR 42,603.39
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court Judgment; Condonation Applications for Procedural Non Compliance
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant is entitled to condonation for late prosecution of the appeal and late filing of the record.
- 02
Whether the appellant's failure to provide security for costs should be condoned.
- 03
Whether the respondent was party to the original sale agreement and liable for implied warranty against eviction.
- 04
Whether the respondent undertook to pay the value of the vehicle to the appellant upon Bankfin's successful claim.
- 05
Whether a binding agreement arose from the respondent's written undertaking.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that delays in prosecuting the appeal and filing the record were due to unavoidable circumstances, specifically the time required for transcription and record preparation. She contended that her attorney's failure to provide security for costs was based on a mistaken belief that such security was no longer required or was unconstitutional. On the merits, the appellant claimed entitlement to payment from the respondent either on the basis of an implied warranty against eviction under the sale agreement or, alternatively, based on a written undertaking by the respondent to pay the value of the vehicle if Bankfin's claim succeeded.
- Respondent
- The respondent opposed condonation for failure to provide security for costs, arguing that the rule is clear and the appellant's attorney's misunderstanding does not excuse non-compliance. On the merits, the respondent denied being party to the original sale agreement and denied any liability for implied warranty against eviction. The respondent further argued that the written undertaking was not accepted by the appellant and thus no binding agreement arose. The respondent maintained that only rights, not obligations, were ceded to it, and no contractual liability to the appellant existed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
HNR Properties CC and Another v Standard Bank of SA Ltd 2004 (4) SA 471 (SCA) 477 H para 14
When interpreting contracts and documents, effect must be given to the clear wording unless the parties agree otherwise.
- 02
Milner v Union Dominions Corporation (SA) Ltd and Another 1959 (3) SA 674 (KPA) 677
A cession of rights does not imply a delegation of obligations unless expressly stated or intended by the parties.
- 03
Volkskas Spaarbank Bpk v Van Aswegen [1990] ZASCA 57; 1990 (3) SA 978 (A) 986 G-H
A contractual undertaking requires acceptance and communication thereof to the offeror before a binding agreement arises.
- 04
Aussenkehr Farms (Pty) Ltd v Trio Transport CC 2002 (4) SA 483 (SCA) 493 para 25 G-H
Where parties agree on the meaning of a contractual term, the court should give effect to their shared intention rather than the literal wording.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant failed to prove that the respondent was party to the original sale agreement and thus could not claim an implied warranty against eviction. The cession document only transferred rights, not obligations, and there was no evidence of a delegation of duties to the respondent. Regarding the written undertaking to pay the value of the vehicle, the court held that no binding agreement arose because the appellant did not communicate acceptance of the offer to the respondent. The appellant's attorney's mistaken belief regarding the necessity of providing security for costs was not attributable to the appellant, and condonation for that procedural failure was granted. However, on the merits, the appellant failed to establish any contractual or delictual liability on the part of the respondent. The appeal was dismissed with costs.
Obiter and limits
- The court noted that the likelihood of a vehicle increasing in value over two years is virtually nil, undermining the appellant's calculation of damages.
- The court emphasized that procedural errors by attorneys should not always be attributed to their clients, especially where the client acted in good faith.
- The court reiterated that the interpretation of cession documents must focus on the actual wording and intention of the parties, not on general assumptions about the transfer of obligations.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
- The appeal is dismissed with costs.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A306/2004
In die appèl van:
ANNA MAGRIETHA VAN DEN HEEVER Appellante
en
BOLAND BANK Respondent
_____________
CORAM: MALHERBE RP et
VAN
COPPENHAGEN R
AANGEHOOR OP: 29 AUGUSTUS 2005
UITSPRAAK DEUR: VAN
COPPENHAGEN R
GELEWER OP: 29 SEPTEMBER 2005
[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a quo) van respondent (verweerder in die hof a quo)
â(a) Betaling van die bedrag van R42 603,39
Koste van geding
Verdere en/of alternatiewe regshulp.â
Dié vordering word gebaseer, so word in die dagvaarding beweer, op respondent se versuim om appellante as koper teen uitwinning te vrywaar, met as alternatief nakoming van respondent se verpligting ingevolge ân ooreenkoms aangegaan op 25 Oktober 1996.
Tydens die verhoor was die landdros versoek om die geskilpunte ten aansien van die meriete en die vasstelling van die quantum van die vordering afsonderlik te beslis. Dit was aldus gelas.
Die landdros se bevinding op 19 April 2004 ten aansien van die geskille wat hy moes bereg, was kort en kragtig:
âEiseres se eis word van die hand gewys met koste.â
Die landdros het weliswaar later redes vir sy gevolgtrekking soos bedoel in Landdroshofreël 51(1) met aanvullende redes soos bedoel in Landdroshofreël 51(8) verskaf.
[2] Dit is teen voormelde bevel wat appellante nou wens te appelleer. Om dit te kan doen, moet appellante egter kondonasie kry vir verskeie versuime.
[3] In die eerste aansoek om kondonasie, aansoek nr. C115/05, beteken op 3 Augustus 2005 vra appellante kondonasie vir
â(a) Die laat voortsetting van die appèl, en
Die laat indiening van die rekord.â
In die steunende verklaring vir laasgenoemde aansoek om kondonasie verduidelik appellante se plaaslike prokureur dat
â(d)ie appèl kon nie binne die voorgeskrewe tydperk voortgesit word nie, aangesien die transkribering van die getuienis sowel as die voorbereiding van die rekord meer tyd in beslag geneem het as wat toegelaat word en gevolglik kon die rekord eers op 23 September 2004 ingedien word en kon die appèl eers op daardie datum behoorlik voortgesit word.â
Met voortsetting van appèl is die eerste stap ân aansoek aan die Griffier, met kennisgewing aan alle partye, om ân verhoordatum (Hooggeregshofreël 50(4)(a)).
Ingevolge Hooggeregshofreël 50(7) moet afskrifte van die oorkonde egter gelyktydig met die aansoek om ân verhoordatum ingedien word. In die onderhawige geval was dit gewoon vir appellante, soos ook deur die plaaslike prokureur verduidelik, ân saak van onmoontlikheid.
Dit is dan ook te verstane, dat respondent geen beswaar teen dié aansoek opper nie.
Die versuim om betyds die rekord in te dien en die appèl voort te sit, word om voormelde rede kondoneer.
[5] Appellante het ook versuim om sekuriteit van R1 000,00 soos bedoel in Reël 51(4) van die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944, te verskaf.
Appellante se aansoek om kondonasie, aansoek nr. C130/2005, vir voormelde versuim wat beteken was op 18 Augustus 2005, word deur respondent opponeer.
[6] Dit word aanvaar dat appellante se prokureurs redes vir die landdros se uitspraak aangevra het, want sulke redes, soos bedoel in Landdroshofreël 51(1) was verskaf op 20 April 2004.
Appèl ingevolge Landdroshofreël 51(3), en daarmee gepaardgaande sekuriteit van R1 000,00 ingevolge Landdroshofreël 51(4) moes dus binne 20 dae na 20 April 2004 deur appellante aangeteken en afgelewer word.
Appellante se kennisgewing van appèl was beteken op 18 Mei 2004, maar die vereiste sekuriteit van R1 000,00 soos bedoel in Landdroshofreël 51(4) was nie verskaf nie.
In die steunende verklaring tot die aansoek om kondonasie verduidelik appellante se plattelandse prokureur die versuim om sekuriteit te stel as volg:
â4 .......... Ek het egter nagelaat om gelyktydig met die indiening van die die kennisgewing van appèl soos voornoemd sekerheid te stel soos bedoel in Reël 51(4) van die Reëls op Landdroshowe, aangesien ek op daardie stadium (18 Mei 2004) onder die indruk was dat dit nie meer nodig is vir appellante om sekuriteit te stel nie en was ek ook verkeerdelik onder die indruk dat die bepaling ongrondwetlik sou wees. (My invoeging.)â
Dit is nie duidelik wat appellante se prokureur onder dié indruk gebring het dat die verskaffing van sekuriteit nie langer vereis word nie; die reël is immers duidelik.
Wat erger verontrustend is, is die feit dat appellante se plattelandse prokureur nadat hy in Februarie 2005 bewus geword het van sy versuim hy tot so laat as 18 Augustus 2005 gewag het om kondonasie vir die versuim aan te vra. Op gemelde datum was die appèl reeds ter rolle geplaas en het respondent se advokaat in sy betoogshoofde, beteken op 12 Augustus 2005, na die versuim verwys.
Vir gemelde versuim is daar geen verduideliking nie. Appellante se plattelandse prokureur se versuim kan egter nie appellante toegereken word nie, en behoort die versuim om gemelde rede alleen kondoneer te word.
[7] Appellante steun in haar dagvaarding, so wil dit voorkom, op twee skuldgronde.
Eerstens op ân vrywaring teen uitwinning geïmpliseer in ân skriftelike koopkontrak aangegaan op 2 Desember 1994 tussen haar as koper en respondent as verkoper. Immers, in paragraaf 3 van die besonderhede van vordering word dié bewering pertinent gemaak.
Tweedens steun appellante op ân onderneming, deur respondent op 25 Oktober 1996 gegee, om die waarde van die appellante se voertuig aan haar te betaal indien Bankfin se aanspraak op die voertuig deur ân bevoegde hof erken sou word.
[8] Respondent het pertinent die bewering dat die ooreenkoms, soos beweer, aangegaan is, ontken. Appellante moes dus indien sy wou steun op die geïmpliseerde vrywaring teen uitwinning, bewys dat respondent as âverkoperâ kontraksparty tot die âskriftelike afbetalingsverkoopsooreenkomsâ gedateer 2 Desember 1994, aanhangsel âBâ tot die dagvaarding, was.
[9] In aanhangsel âBâ, die skriftelike dokumente waarop appellante steun as synde die boekstawing van die afbetalingsverkoopsooreenkoms, word die verkoper egter as ene Magdalena Dorothea Herbst aangegee.
Appellante het ook by herhaling in haar getuienis in hoof sowel as tydens kruisverhoor bevestig dat sy die BMW voertuig, wat die koopgoed was in die afbetalingsverkoopsooreenkoms, van haar skoonsuster voormelde Herbst, wat in Oudtshoorn woon, gekoop het en die voertuig aldaar in ontvangs geneem het.
Appellante het dus nie bewys dat respondent as verkoper party tot die koopkontrak waarop sy, appellante, vir ân vrywaring teen uitwinning steun, was nie.
Haar aksie op voormelde skuldgrond gebaseer kan dus nie slaag nie.
[10] In ân argument op appèl word voorgehou dat ten opsigte van die eis gegrond op uitwinning
â(d)ie enigste vraag wat vir beregting van hierdie gedeelte van die appellant se eis relevant was, was of die appellant in lig van die sessie tussen respondent en Herbst oor enige vordering teen die respondent beskik.â
Dié argument word dan uitgebou met die submissie dat omdat respondent nie gepleit het dat kragtens ân dokument getiteld âsessie individue afbetalingsverkoopsooreenkomsâ, appellante nie teen uitwinning gevrywaar word nie, die landdros verkeerdelik voormelde dokument inaggeneem het.
[11] Dit was uit die staanspoor, reeds in appellante se besonderhede van vordering, appellante se saak dat Magdalena Dorothea Herbst âal haar reg, titel en belang in terme van die ooreenkoms aan verweerder sedeerâ het.
Dit was ook appellante wat die dokument getiteld âSessie Individu Afbetalingsverkoopsooreenkomsâ blootgelê het en as bewysstuk âGâ tydens die verhoor ingehandig het.
In gemelde dokument, bewysstuk âGâ, dra Magdalena Dorothea Herbst oor âal my reg, titel en belang in en tot ân afbetalingsverkoopsooreenkoms/huurooreenkoms aan Boland Bank Beperkâ.
Appellante was nie party tot voormelde sessie nie en net so was respondent nie ân party tot die afbetalingsverkoopsooreenkoms nie.
Die enigste band, regsband, tussen respondent en appellant was dus die sessie, bewysstuk âGâ, ingevolge waarvan respondent al Herbst se regte insluitende haar voorbehoud van eiendomsreg ontvang het, en appellante weens haar kennis van die sessie verplig was om aan respondent te presteer.
Die beginsel is geyk; by die interpretasie van dokumente en kontrakte moet effek gegee word aan die woorde soos dit uitgedruk word, indien dit duidelik is. (HNR PROPERTIES CC AND ANOTHER v STANDARD BANK OF SA LTD 2004 (4) SA 471 (SCA) 477 H paragraaf 14)
Daardie sessie is duidelik; dit behels slegs die oordrag van reg, titel en belang, geen melding word gemaak van enige verpligtinge wat op respondent oorgaan nie.
[12] Dit was op geen stadium appellante se saak op die pleitstukke dat respondent die verpligtinge van Herbst oorgeneem het nie, ergo dat delegasie plaasgevind het nie en daar is ook nie bewys dat dit die bedoeling van die respondent en Herbst was dat daardie verpligtinge oorgeneem word nie.
[13] In ân argument was namens appellante gesteun op die dictum in die gewysde GENERAL FINANCE CO (PVT) LTD v ROBERTSON 1980 (4) SA 122 (ZAD), ân saak waarin die geleerde Regter oorweging geskenk het aan die interpretasie van ân spesifieke ooreenkoms wat voor die hof gedien het. By daardie interpretasie het die geleerde Regter na verskeie gewysdes verwys om interpretasie en uitdrukking te gee aan die woord âcessionâ en uiteindelik tot die gevolgtrekking geraak dat die sessie in daardie geval ook ân delegasie van verpligtinge behels het.
Die feite in voormelde saak verskil egter ten aansien van deurslaggewende aspekte van die onderhawige.
Die sessie in daardie saak ter sprake was ân sessie van
âcession of this agreement and the ownership of the goodsâ.
In die onderhawige geval was die sessie slegs ten aansien van reg, titel en belang en nie van die gehele ooreenkoms nie.
In voormelde saak was die bepalings in die ooreenkoms dat die verkoper ook sou insluit enige sessionaris van die oorspronklike verkoper terwyl in die onderhawige geval in die afbetalingsverkoopsooreenkoms bepaal word dat âenige verwysings in hierdie ooreenkoms na die verkoper sal tensy uit die samehang anders blyk, geag word ân verwysing na Boland Bank Bpk te wees,â d.w.s nadat sessie aan Boland Bank gegee is.
Dit is dus duidelik dat die verwysing na Bolank Bank as verkoper slegs sal geld waar die samehang van die ooreenkoms nie anders aandui nie.
[14] In
MILNER v UNION DOMINIONS CORPORATION (SA) LTD AND ANOTHER 1959 (3) SA 674 (KPA) te 677 het Watermeyer R, myns insiens met respek tereg die geskil in daardie saak, soos dit voorgedoen het, en dan ook bykans meteen ook in die onderhawige saak, as volg bygelê:
âBut whatever possible meaning can be given to loose expressions like 'ceding a lease' or 'ceding a contract', it is clear that here the pleader used more precise language in para.
6. What was ceded was stated to be all the second defendant's 'right, title and interest in and to the said agreement and to the said motor-car'. Giving to these words their ordinary meaning, and having regard to the fact that the word 'cede' is the appropriate word to use in relation to rights and an inappropriate word to use in relation to obligations, I have come to the conclusion that all that is alleged in para. 6 is a cession of rights and not a delegation of obligations.â
Dit is duidelik uit appellante se besonderhede van vordering tot haar dagvaarding sowel as die sessie, bewysstuk âGâ, dat regte sedeer was en verpligtinge nie oorgeneem was nie.
[15] Appellante se vordering gebaseer op ooreenkoms word in die dagvaarding as volg geformuleer:
â8. Op of omtrent 25 Oktober 1996 het die verweerder onderneem om die waarde van die voertuig aan die eiser te betaal indien Bankfin se aanspraak op die voertuig deur ân bevoegde hof erken sou word.â
[16] Die getuienis wat betref die totstandkoming van die onderneming, wat gemeensaak is, is kortliks die volgende. Nadat appellante reeds voldoen het aan haar verpligtinge ingevolge die afbetalingsverkoopsooreenkoms het sy gedurende 1996 kennis gekry dat Bankfin as eienaar van die voertuig die merx in die afbetalingsverkoopsooreenkoms, opeis. Sy, appellante, het met verweerder se Mnr. Maree ân gesprek gevoer. Appellante se getuienis aangaande gemelde gesprek tydens kruisverhoor is insiggewend:
âNou, toe u en mnr. Maree met mekaar oor die foon gepraat het, is daar enige stadium ân bedrag genoem? ..... Hy het ân bedrag aan my genoem.
Wat is dit? ..... Hy het vir my gesê R17 000,00 of R20 000,00 waarop ek toe vir hom geantwoord het ek kan dit nie aanvaar nie, my prokureur is nie hier nie en ek moet eers met hom dit onderhandel.
En die aanbod van R17 000,00 of R20 000,00 het u van die handgewys u is nie bereid om dit te aanvaar nie? ..... Nee ek het vir hom gesê ek sal dit aanvaar as dit reg is met my prokureur maar hy was in Amerika en ek wou gehad het hy moet eers met my dit bevestig dat dit reg is.â
asook
âJa, nou, het u nooit die aanbod van R17 000,00 of R20 000,00 of aanvaar of van die hand gewys nie? ..... Net daardie dag het ek vir hom gesê ek kan dit nie nou aanvaar nie, ek kan nie vir hom sê wat ek moet doen nie, dit is daarom wat ek gevra het hy moet dit vir my op skrif stel wat ..... (tussenbei).
En tot vandag toe het u nog nie die aanbod van R17 000,00 of R20 000,00 aanvaar nie? ..... Ek het dit nie aanvaar nie, maar ek het dit ook nie afgewys nie.
So, ek wil dit net baie duidelik kry, tot vandag toe het u dit nog nooit aanvaar nie? ..... Hy het dit nog nie weer dit vir my aangebied nadat ek met hom gepraat het en vir hom gesê hy moet dit vir my op skrif stel nie.â
Die getuienis is voorts dat Maree inderdaad op 25 Oktober 1996 sy onderneming op skrif gestel het en aan appellante laat toekom het.
Dié brief, bewysstuk âKâ, lees as volg:
âSONDER
BENADELING VAN REGTE
I/S HUURKOOP VAN DEN HEEVER / HERBST / BOLAND BANK / BANKFIN
Bovermelde verwys en bevestig ons soos ooreengekom dat die bank onderneem om u die waarde van die voertuig te betaal sou Bankfin se aanspraak op die voertuig deur ân bevoegde hof erken word. Sou betaling deur die bank gemaak moet word sal dit in volle vereffening van aanspreeklikheid wees.
Groete,
P. Maree
KREDIETBEHEERâ
Dit is duidelik dat appellante self nie aanvaarding van die onderneming aan respondent gekommunikeer het nie; trouens haar getuienis was telkens dat sy eers met haar prokureur wou praat of dat laasgenoemde die onderneming moes oorweeg.
[17] Appellante het dan ook haar prokureur, Mnr. R. van Wyk, na sy terugkeer van Amerika op 3 November 1996, gespreek.
Tydens hierdie konsultasie was bewysstuk âKâ, verweerder se brief, met onderneming gedateer 25 Oktober 1996 aan gemelde Van Wyk oorhandig.
Van Wyk het Maree dan ook op 5 November 1996 telefonies gekontak. Oor hierdie gesprek getuig Van Wyk self as volg:
âWat is tydens die gesprek gesê? ..... Die doel van my gesprek was Edelagbare om te kyk of ons nie die waarde kan vasstel nie, want op daardie stadium het ek alreeds kennis gehad dat hierdie voertuig in beslag geneem sou word en ek het ook aan Mnr Maree gesê dat hulle het gepraat van tussen R17 000,00 en R20 000,00 as die waarde van die voertuig, wat hy toe aan my bevestig het en ek wou toe net kyk of ons nie ân ooreenkoms kon bereik oor wat die waarde sou wees nie.â
Aan Mnr. van Wyk was gestel dat hy, tydens gemelde gesprek, sou gesê het dat die aanbod om die waarde van die voertuig te betaal nie aanvaar was nie. Hy, Van Wyk, het die stelling betwis.
[18] Maree, voormeld, die enigste getuie namens respondent, het getuig dat tydens die gesprek met Van Wyk laasgenoemde gesê het dat die aanbod nie aanvaarbaar is nie.
[19] Namens appellante, was sterk gesteun op bewysstuk âKâ, die brief van 25 Oktober 1996, en aangevoer dat blykens voormelde brief die partye reeds ooreengekom het dat die respondent se onderneming om die waarde van die voertuig te betaal aanvaar was.
Soos reeds hierbo uit die aanhalings uit appellante se getuienis blyk, was appellante tydens die telefoniese gesprek met Maree, wat die enigste gesprek was wat sy met hom gehad het, en ook die enigste gesprek is waarna bewyssuk âKâ kon verwys, nie geneë om die aanbod te aanvaar sonder om met haar prokureur te beraadslaag nie.
Maree se getuienis was tot dieselfde effek.
Appellante en respondent was dus wat betref die bedoeling van bewysstuk âKâ dit eens; naamlik dat die brief vir oorweging voorgelê moes word. Aan daardie bedoeling, en nié die letterlike uitleg van bewysstuk âKâ nie, moet gevolg gegee word. Waarnemende Appèlregter Lewis soos sy toe nog was bevestig bogemelde beginsel in AUSSENKEHR FARMS (PTY) LTD v TRIO TRANSPORT CC 2002 (4) SA 483 (SCA) te 493 paragraaf 25 G â H:
â[25] Where the parties dispute the meaning of a term then a court must necessarily look to the wording of the provision itself to determine its correct construction. But where they agree on its meaning, even though the provision appears objectively to reflect a different understanding, it would be absurd to insist on binding them to a term upon which neither agrees only because of a third party's insistence on reliance on the apparent meaning of the provision.â
Bewysstuk âKâ was dus slegs bevestiging van die onderneming wat respondent gegee het en nie bevestiging van ân ooreenkoms nie.
[20] Die onderneming in bewysstuk âKâ gegee, het aanvaarding geverg alvorens ân afdwingbare ooreenkoms tot stand kon kom. In
VOLKSKAS SPAARBANK BPK v VAN ASWEGEN [1990] ZASCA 57; 1990 (3) SA 978 (A) te 986 G â H verduidelik M T Steyn AR ân bykans analoge geval:
âSo 'n ooreenkoms sou uiteraard konsensueel moes wees. 'n Onderneming deur verweerder, 'n aanvaarding deur eiser en mededeling daarvan aan verweerder, is gevolglik noodsaaklik vir die totstandkoming van so 'n nuwe aanspreeklikheid. Aanvaarding van verweerder se onderneming van 26 Mei 1982 en mededeling daarvan aan verweerder moes derhalwe deur eiser bewys word.â
[21] Appellante moes dus in die onderhawige geval bewys dat betaling van die waarde van die voertuig aanvaar was en ook dat sy kragtens bevel van ân bevoegde hof deur Bankfin uitgewin was.
Ek wil beklemtoon dat die aanvaarding van die onderneming moes behels dat appellante die waarde van die voertuig as prestasie aanvaar en nie vrywaring teen uitwinning of soos gebruiklik terugbetaling van die koopsom en skade gely as gevolg van die uitwinning nie. Vergelyk
LAMMERS AND LAMMERS v GIOVANNONI 1955 (3) SA 385 A te 390.
[22] Die hof a quo moes, en so sal op appèl ook beslis moet word of Van Wyk aanvaarding van die onderneming aan Maree tydens sy enigste telefoniese gesprek met hom meegedeel het, en of die onderneming van die hand gewys was soos wat Maree getuig het.
[23] Myns insiens weerlê die waarskynlikhede Van Wyk se getuienis dat hy, tydens die gesprek met Maree die onderneming namens appellante aanvaar het en wel om die volgende redes:
(a) Van Wyk getuig dat appellante aan hom oorgedra het dat sy ân ooreenkoms gehad het dat respondent die waarde van die voertuig sou betaal. Sy doel met die gesprek met Maree was dus soos hy self getuig het âom te kyk of ons nie die waarde kan vasstel nieâ. Daar was dus geen âaanvaardingâ van die onderneming ter sprake nie, en wel omdat wat hom betref daar reeds ân ooreenkoms was.
(b) Indien die onderneming om die waarde van die voertuig by uitwinning te betaal aanvaar was, sou verwag word dat Van Wyk by die eerste die beste geleentheid daarna in korrespondensie sou verwys na óf die aanspraak op die waarde van die voertuig óf die aanvaarding van die onderneming. Die eerste korrespondensie op rekord na die gesprek met Maree, bewysstuk âDâ gedateer 15 November 1996, deur Van Wyk aan respondent gerig lees:
âDie Bestuurder,
Regsafdeling
Boland Bank
SILVERTON
PRETORIA
PER FAKS : 012 â 804 5105
PER GEREGISTREERDE POS
Meneer
INSAKE ; HUURKOOP VAN DEN HEEVER / HERBST / BOLAND BANK / BANKFIN
Ons verwys na ons skrywe van 6 deser en bevestig dat BANKFIN nou beslag gelè het op die betrokke voertuig.
Ons heg hierby aan vir u aandag:-
Hofbevel van Landdros Mosselbaai gedateer 13 November 1996;
Relaas van adjunk-balju Kroonstad.
U word hiermee versoek om ons kliënt te beskerm in haar aanspraak op die voertuig en verneem graag dringend van u watter stappe u gaan neem.
Geliewe daarop te let dat die keerdatum 12 Desember 1996 is.
Ons stuur ân afskrif hierin aan u Kroonstadtak.
Die uwe
DU RANDT & LOUW
(My onderstreping.)â
Indien appellante wel ân skikking bereik het en die onderneming aanvaar was, kan daar geen sprake wees van âbeskermingâ deur respondent aan appellante op haar âaanspraakâ op die voertuig nie.
In appellante se dagvaarding vorder sy R42 603,39 welke bedrag as volg saamgestel word
- Hoofskuld (wat die koopsom
van die voertuig was) R30000.00
- Seëlregte 20.00
- Finansieringskoste 11305.71
- Kredietversekering
1277.68
R42603.39
(Die invoeging is myne.)
Die samestelling van die gevorderde bedrag is die presiese bedrag wat as skuld in die afbetalingsverkoopsooreenkoms aangetoon word.
Appellante vorder dus dit wat sy vir die merx moes betaal as haar verliese. So ân formulering spreek teen enige suggestie dat sy âdie waarde van die voertuigâ vorder, trouens dit is onteenseglik formuleer op grond van uitwinning, en nie die lewende ooreenkoms nie.
Van Wyk was tydens kruisverhoor gekonfronteer met die samestelling van die gevorderde bedrag. Die suggestie van die kruisverhoorder was duidelik dat die dagvaarding nie die waarde van die voertuig reflekteer nie, en dan uiteraard ook dat die onderneming deur respondent nie aanvaar was nie.
Van Wyk se antwoorde en reaksie op die vrae naamlik dat hy, nadat hy navraag gedoen het aangaande die sogenaamde âboekiewaardeâ van die voertuig, van mening was dat die waarde van die voertuig dieselfde was as die koopsom plus die koste van finansiering en versekering is op waarskynlikhede onsinnig; die waarskynlikhede dat ân voertuig wat geen versamelaarsitem is nie, se waarde na twee jaar sal verhoog, is bykans nul.
Dit is dan ook opvallend dat Maree se getuienis dat hy in sy aanbod aan appellante toe hy haar tussen R17 000,00 en R20 000,00 aangebied het, hom by die waardebepaling van die voertuig deur die âgewone boekiesâ laat lei het, en wat dui op die onsinnigheid in Van Wyk se getuienis, nie in geskil geplaas was nie.
[24] Die feite, wat die afleiding dat die weergawe van Van Wyk, dat die onderneming aanvaar was, onwaarskynlik is, regverdig, dien meteen ook as stawing vir Maree se getuienis dat Van Wyk nie die onderneming wou aanvaar nie en ook nie aanvaar het nie.
Dit was gemeensaak dat Maree wel aan applikante ân bedrag van tussen R17 000,00 en R20 000,00 aangebied het. Daardie bedrag was baseer op die waarde in die âgewone boekiesâ aangegee, wat volgens Maree die benaderde waarde van die voertuig, met uitsluiting van rentes en koste aangegaan, weerspieël, was nie deur Van Wyk aanvaar nie. Die afwysing van die voorgestelde waardebepaling het tot gevolg gehad dat geen ooreenkoms tot stand gekom het nie. Vergelyk KOTZè v SUIDWESTELIKE TRANSVAALSE LANDBOUKOöPERASIE 2005 (2) ALL SA 232 (SCA) paragraaf 24 p. 238.
[25] Op die voorafgaande vooropstelling het die appellante nie bewys dat sy hetsy op ân uitdruklike hetsy geïmpliseerde vrywaring teen uitwinning deur respondent kon aanspraak maak nie, en ook nie dat sy ân afdwingbare onderneming om te betaal, aanvaar het nie. Die bevel van die landdros kan dus nie fouteer word nie.
Die volgende bevel moet volg:
Die appèl word afgewys met koste.
_______
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek stem saam.
_____
J.P. MALHERBE, RP
In opdrag van appellante: Adv. C.A. Human
In opdrag van:
Rosendorff Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
In opdrag van respondent: Adv. P.C.F. van Rooyen
Symington & De Kok
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.